# Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-final-memo-afr/683479bf-b33a-4721-ad54-c96efd0e1cb0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-final-memo-afr/683479bf-b33a-4721-ad54-c96efd0e1cb0)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Memorandum, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                VISUELE KUNSTE V1

                                   NOVEMBER 2018

                                   NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 26 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           2                          DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:
1.       Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige VYF
         vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord. Hierdie is ‘n vraestel met
         keusevrae. Wanneer ‘n kandidaat meer as vyf vrae beantwoord sal slegs die
         eerste vyf nagesien word.
2.       Dit is BAIE BELANGRIK dat daar in die volgende gevalle vir die kandidate
         voorsiening gemaak word:
         •    Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
              antwoorde gee.
         •    Gee krediet vir laterale denke.
         •    Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
              na spesifieke faktore te verwys.
3.       Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
         Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
         antwoorde te struktureer.
4.       Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
         as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
         kunswerke is toelaatbaar.
5.       Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
         noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar
         en titel van die werk toegeken.
6.       Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord
         bespreek, waar van toepassing.
7.       Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel
         hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
         akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
         kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van
         die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigsaam in
         die nasienproses wees.
ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
•    Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners en 'n onderrigmiddel dien.
     Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die
     materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne
     kan slegs 'n voorgestelde gids wees.
•    LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
     weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
•    Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
     opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
•    Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
     vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie.
     Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.
•     Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir
     'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                                  3                                 DBE/November 2018
                                           NSS – Nasienriglyne

Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer

  PRESTASIE-
                                       ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES                                   
     KODE
        7            •   Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
   Uitstekend            politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
    80–100%          •   Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                     •   Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                         kuns.
                     •   Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.

        6            •   Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
  Verdienstelik          sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    70–79%               lewer.
                     •   Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                     •   Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     •   Toon uitstekende insig en begrip.

       5             •   Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
   Aansienlik            politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
    60–69%           •   Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                     •   Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     •   Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.

       4             •   Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
   Gemiddeld             politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
    50–59%           •   Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                     •   Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     •   Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.

       3             •   Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
  Bevredigend            politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
    40–49%          •    Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                    •    Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •    Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.

       2             •   Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
   Elementêr             sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    30–39%               lewer.
                     •   Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                     •   Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     •   Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.

       1             •   Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
 Nie behaal nie          sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
     0–29%               lewer.
                     •   Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
                         terminologie.
                     •   Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     •   Toon min of geen begrip of insig nie.

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           4                           DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

                KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.
Bly by die volgende puntetoekenning wanneer slegs EEN kunswerk/kunstenaar
bespreek word in plaas van TWEE:
6 punte (maks 3)
8 punte (maks 5)
10 punte (maks 6)
12 punte (maks 7)
14 punte (maks 8)
20 punte (maks 12)
As gevolg van kleurverskille in die gedrukte vraestelle van die verskillende provinsies
moet die provinsies die nasienriglyne vir interpretasie aanpas.
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
George Pemba en Tony Gum gebruik 'n narratiewe (verhalende) benadering in hulle
werke om die kern van wat dit beteken om 'n Afrika-Xhosa-vrou te wees, vas te vang
en te vier. Gum is 'n jong Xhosa-fotograaf, model en YouTube-vlogger. Gum se
uitstalling, genoem Ode to She (Ode tot Haar), word gekenmerk deur 'n reeks
selfportrette waar sy in tradisionele Xhosa-drag, genoem Umbacho, gefotografeer is.
1.1      Kandidate moet 'n paragraaf skryf waarin hulle die volgende in ag neem:
         Onderrigmiddel:
         Tony Gum is bekend vir haar reeks selfportrette waar sy gefotografeer is in
         tradisionele Xhosa-klere, genoem, Umbacho. Sy aanvaar die tradisies sonder
         om hulle te verloor in 'n tydperk van moderne tegnologie. Om hierdie reeks
         foto's te kon skep, het sy op 'n pelgrimstog na die Oos-Kaap gegaan, wat
         haar voorvader tuisland is waar sy geleer het van die rituele van vrouwees in
         die Xhosa-kultuur. Ode to She is 'n uitnodiging om die narratiewe van
         oorgang en transformasie te ondervind. Albei figure is getroud.
          •  Die voorwerpe/bykomstighede/versierings wat die kunstenaar
             gebruik in FIGUUR 1b, om aan te dui dat sy van Xhosa-afkoms is
         Sy is versier met tradisionele krale, armbande, klere en tradisionele
         liggaamsklei/geverfde gesig (imbaola). Deur hierdie elemente saam te voeg,
         oorvleuel Gum die tweeledigheid van landelike en stedelike lewenstyl.
         Sy gebruik moderne gereedskap om tradisionele grimering aan te wend. Albei
         het soortgelyke kopversierings. Bondels vuurmaakhout word ‘n daaglikse
         ritueel (simbolisering en selektering van die korrekte stukke). Wit krale
         beteken spiritualiteit. Vuurmaakhout en grimering dui op ou en nuwe praktyke
         en die voorskoot volwassenheid. Die aanwending van grimering mag ook dui
         op aangetrokkendheid tot die teenoorgestelde geslag.
         • Die ooreenkomste en verskille tussen kleure in FIGUUR 1a en 1b
         FIGUUR 1a:
         Die kunstenaar het helder, kontrasterende kleure gebruik, deur primêre en
         sekondêre kleure te kombineer met wit en geel okers wat 'n soliede en
         eenvoudige gevoel gee. Daar het 'n meer tradisionele/aardse gevoel.
         Die gebruik van komplementêre kleure kan gesien word in blou kopdoek en
         geel agtergrond. Haar gebruik van kleur het 'n glimmende effek. Die geeloker
         skep ‘n stralekrans effek. Rooi-oker kan verskillend na verwys word
         afhangende van die kind waar die leerder van daan kom.(kulturele verskille).
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            5                             DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

         Die gebruik van blou kan verwys na adelikheid. ‘n Skadu word gesien aan die
         linkerkant van die vraestel. Die pyp wat gerook word dui op haar rang as ouer
         vrou wat haar middeljare bereik het.

         FIGUUR 1b:
         Die kunstenaar het helder, glimmende, kontrasterende kleure gebruik. Gum
         gebruik pienk tinte in die agtergrond en bruine, okers en oranjes vir die figuur.
         Die hout is gebind met 'n stukke blou materiaal wat komplementêr is tot die
         oranje areas in haar rok. Wit areas is bygevoeg by die wolke en vel van die
         figuur. Die gebruik van blou word gesien in die materiaal wat die
         vuurmaakhout saambind. Pienk verwys na jong,vroulike,ligsinnige in
         vergelyking met 1a waar die figure ouer is. Portrette(gesigte) is wit geverf en
         dit verteenwoordig imbaola.

          • Die gebruik van lyn en perspektief
         FIGUUR 1a:
         Daar is kromlynige lyne in die armband, kopdoek sowel as in die figuur se
         klere wat beweging skep. Diagonale lyne is sigbaar in die pyp. Dowwe
         vertikale en horisontale lyne word gesien agter die figuur. Vlak perspektief en
         'n gebrek aan illusie van ruimte. Daar is geen beelde agter die portret om
         afstand en perspektief te skep nie. Organiese en geronde lyne.
         FIGUUR 1b:
         Daar is oorheersende diagonale lyne in die agtergrond en in die
         vuurmaakhout. Die kleredrag, halssnoer en armbande bestaan uit kromlynige
         lyne. Vertikale lyne is sigbaar in die vensters en bome. Perspektief is geskep
         deur 'n landskap in die agtergrond in te sluit wat diepte gee. Die beelde in die
         agtergrond is baie kleiner as die sentrale figuur, wat die idee van illusie van
         ruimte versterk.Skerp, vertikale en digonale lyne word gebruik. Haar
         liggaamshouding vorm ‘n S-vorm. Sterk gebruik van perspektief en herhaling
         van horisontale lyne. Die verdwynpunt is buite die prentoppervlak.
         • Die fokuspunt in beide FIGURE 1a en 1b. Motiveer.
         FIGUUR 1a:                                                                               (10)
         Die portret van 'n ouer dame wat in die middel van die komposisie geplaas is.
         FIGUUR 1b:
         Die figuur van die dame wat lyk asof sy sweef in die middel van die
         komposisie.Sterk herhaling van van horisontale lyne.

          •  Die atmosfeer/gevoel wat elke kunstenaar in sy werk bewerkstellig
             en hoe dit verkry word
         FIGUUR 1a:
         Ontspanne, tevrede atmosfeer van 'n figuur wat pyp rook, wat gewoonlik
         geassosieer word met ontspanning. Sy het 'n peinsende uitdrukking en dit lyk
         asof sy diep in gedagte is. Pemba se werk is geloofwaardig, ongekunsteld en
         eerlik. Volwassene/iemand met outoriteit.
         FIGUUR 1b:
         Elegant, selfversekerd, ontspanne en vreedsame atmosfeer soos wat die
         bewegende/dansende/swewende figuur gesien word wat besig is om
         grimering aan haar gesig aan te wend. Daar is ‘n sin van verwagting. Die
         aanwending van grimering is deel van ‘n ritueel. Daar is ‘n kontras tussen
         moderne grimering en tradisionele drag.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           6                     DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

1.2      Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars wat ons land se
         erfenis vasvang en vier, bespreek.

         Hulle moet die volgende by hulle antwoorde insluit:

          •   Kunselemente
          •   Sosiale/Kulturele invloede
          •   Media en tegniek
          •   Styl
          •   Moontlike boodskappe /betekenisse                                          (10)
                                                                                         [20]

YouTube-vlogger:       'n Persoon wat video's op YouTube plaas.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             7                              DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

'n Soeke na ware identiteit is wanneer 'n persoon of 'n kunstenaar na sy/haar kulturele
'wortels' deur visuele kunsvorme soek.
                                                                       – Walter Battiss
'Riel' (of 'Rieldans') is 'n Khoi-San-woord vir 'n antieke feestelike dans wat deur die
Khoi-San uitgevoer word. Dit word as een van die oudste dansstyle in inheemse Suid-
Afrika beskou. Dit word teen 'n energieke pas gedans en vereis baie ingewikkelde
voetwerk.

2.1      Kandidate moet FIGUUR 2a en 2b analiseer deur na die volgende te verwys:
          • Verskille en ooreenkomste tussen die dansbewegings
         FIGUUR 2a:
         Daar is drie pare mense wat dans. Die figure is in groepe van twee verdeel.
         Die dansbewegings sal baie meer nougeset wees as in FIGUUR 2b.
         FIGUUR 2b:
         Daar is nege mense wat in 'n sirkel dans. Hulle is nie met hulle hande met
         mekaar verbind nie, hulle dans alleen. Hulle dansbewegings is subtiel en dit
         lyk amper asof hulle loop.
          • Die verskil tussen die skaal en plasing van die figure
         FIGUUR 2a:
         De figure is groot en domineer die middel van die prentvlak. 'n Suggestie van
         'n skare is sigbaar in die agtergrond.
         FIGUUR 2b:
         Die figure is klein en is in die regterkantste onderste hoek geplaas. Die
         gemors/afval is groter as hierdie klein figuurtjies. Die sirkel kan ook as ‘n kollig
         gesien word. Die figure blyk uit die sirkel te beweeg.
          • Invloede in die uitbeelding van die figure in FIGUUR 2b
         Khoi-Khoi/San-skilderye of gravures/palimpseste. Walter Battiss kan ook 'n
         invloed wees. Helder, glimmende kleure is deur Zylla gebruik. Die kleur rooi
         domineer die figure in die skilderye en groen aan die kante van die drom skep
         ‘n kontrasterende en lei die oog in die kunswerk in.(Moontlike
         Afrika/Fauvisme(Dans van Matisse) invloed. Daar is spore van swart, geel
         oker, blou en geel met wit ligpunte (chiaroscuro).
          •  Hoekom die figure in 'n afvalhouer/vullishouer in FIGUUR 2b getoon
             word en die moontlike betekenis daarvan
         Hy kontrasteer die afval wat met die verbruikersgemeenskap geassosieer
         word met die vroeëre jagter-versamelaarsamelewings soos die Khoi-
         Khoi/San.     'n Vergete kultuur. Dit kan die verlies of uitgestorwe San-mense
         van Suid-Afrika verteenwoordig en hoe die moderne mensdom hulle uitgebuit
         het.
          • Die stemming geskep in beide werke
         FIGUUR 2a:
         'n Gelukkige, lewendige en genotvolle stemming as gevolg van die helder
         kleure en dansbewegings.                                                                    (10)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           8                           DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

         FIGUUR 2b:
         Hartseer, eensame en depressiewe atmosfeer as gevolg van die figure wat in
         'n vullishouer/afvalhouer geplaas is. Die figure is met pyl en boog gewapen en
         is gereed om te jag.

2.2      Kandidate moet TWEE kunswerke deur verskillende kunstenaars bespreek
         wie se werk as gevolg van die invloed van inheemse Afrika-kunsvorme, aan
         hulle Afrika-identiteit uitdrukking gee.

         Hulle moet die volgende riglyne gebruik:

         •    Die invloede van inheemse Afrika-kunsvorme en -simbole
         •    Onderwerp
         •    Kunselemente
         •    Styl en tegniek
         •    Moontlike boodskappe/betekenisse                                                  (10)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            9                            DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
         1980's INGESLUIT

3.1        Beide werke verteenwoordig die onregverdighede van die wêreld.
           Kandidate moet in die vorm van 'n paragraaf verwys na die volgende:

           •  Elemente van kuns in FIGUUR 3a wat die konsep van krake in ons
              samelewing ondersteun. Kandidate moet hulle antwoorde staaf.
           Lyn. Daar is verskeie diagonale en kromlynige lyne wat die werk domineer.
           Diagonale lyne verteenwoordig onstabiliteit en beweging. Lyne kerf die
           oppervlak.

           •   Simbole/Konsepte gebruik in FIGUUR 3b wat aandui dat hierdie
               werke 'n sosiopolitieke toneel verteenwoordig
           Die geweer, koerantuitknipsels van politici, die teks 'peace', 'heritage',
           'culture', 'musiek' en 'SA Police Service' en spatsels rooi verf wat bloed kan
           beteken. P.W.Botha kan gesien word in die afbeelding. Dekolonisasie is ‘n
           tema wat in hierdie werk gesien word.

            • Hoe kleur bydra tot die betekenis van die kunswerke. Motiveer.
           FIGUUR 3a:
           Die kleure is oorheersend koel bloue en swart met 'n titsel rooi en geel. Die
           somber kleur dra by tot die ongeërgde houding van die karakters in pakke
           klere. Grys kleure dra by tot die siellose besigheidsmans. Die geel lyk soos
           ‘n tafel. Die rooi das beteken “ek praat die waarheid”.
           FIGUUR 3b:
           Die diptiek bestaan uit sterk primêre kleure, wit en swart. Die komposisie is
           oorheersend geel met 'n band van rooi en blou aan die onderkant van die
           komposisie. 'n Helder, vrolike geel is gebruik om die boodskap en visuele
           impak van die skildery, wat die idee van oorlog en die ongeregtighede van
           die sosiopolitieke landskap in Suid Afrika, aanroer/aanpak. Die ou Suid-
           Afrikaanse vlag word gesien in die agtergrond. ’n Geel glans oor die
           kunswerk kan ‘n ou geskroeide aarde effek voorstel.

           •   Moontlike betekenis(se) van die handgebare/afdrukke in FIGUUR 3a
               en 3b
           FIGUUR 3a:
           Sommige van die karakters geklee in pakke maak handgebare en steek
           hulle hande in die lug wat aggressie of ondersteuning wys, of om aandag te
           trek. Verskille in mening. Sommige is passief/gevou(figure in die
           agtergrond). Handgebare tipies met protes. Die geamputeerde hande kan
           kan die verlies aan mag verteenwoordig. Dit kan beteken dat die kunstenaar
           iets wat onmiskenbaar aanwesig is maar wat almal kies om nie raak te sien
           nie, aanspreek.(“addressing the elephant in the room”).

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            10                              DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

           FIGUUR 3b:
           Die hande kan die nasie verteenwoordig wat hulle merk maak en hulle
           ondersteuning wys vir die regering of die algemene gemeenskap. Die wit
           handafdrukke is amper soos graffiti, en net onder elke afdruk is 'n naam
           bygevoeg wat die feit versterk dat hulle hul merk laat. Wit hande dui
           vreedsaamheid aan. Die name langs die hande kan aandui dat ooreenkoms
           bereik is. Die hande om die gewere is groter as die ander hande wat die
           politieke protes versterk.

            • Komposisie, perspektief en diepte
           FIGUUR 3a:
           Daar is 10 figure wat die prentvlak domineer, en 'n chaotiese, dramatiese en
           besige gevoel skep. Baie van die figure is verwronge met hulle
           gesigte/portrette wat versplinter voorkom. Vlak perspektief met gebrek aan
           negatiewe ruimte.
           FIGUUR 3b:
           Die diptiek bestaan uit twee geskilderde panele. Die komposisie van twee
           panele kan die hede en die verlede aandui. Elke paneel het 'n enkel figuur
           wat omring is deur lewendige geel/oranje. Die agtergrond agter die boonste
           gedeelte van die figuur is minder chaoties as agter die bene en voete. Die
           bene en voete van die vryheidsvegters is nie sigbaar nie. Die figuur aan die
           linkerkant het nie 'n geweer soos die een aan die regterkant nie. Vlak
           perspektief is sigbaar. Die kleur in die agtergrond is nie ligter as in die figuur
           nie. Die figure smelt saam met die agtergrond en kom plat en
           tweedimensioneel voor. Dit lyk soos ‘n graffiti stuk(plat).

           • Die geskiktheid van woorde en teks in FIGUUR 3b
           Die teks boaan die skilderye 'Peace before anything' en 'This our culture our
           music our heritage' is positief, maar die teks aan die onderkant van die
           skildery beteken 'skiet die boer' (Sidubul'ibulu) wat ver van positief of
           besielend is Dit kan ook ‘n negatiewe konnotasie wees. Die woord ‘Police
           service’ skei die diptiek. Name van persone en die woord ‘fragile’ word
           gebruik. Die koerantpapier in die agtergrond kan simbolies wees van
           huidige en sake uit die verlede.

           •  Hoekom die kunstenaar gekies het om nie 'n gesig in die
              linkerpaneel van die diptiek in FIGUUR 3b te verf nie
           Hy wil die persoon uitbeeld sonder identiteit, moontlik met geen sê in die
           land se toekomstige besluite of gebeure nie. Die figuur is ook sonder hande
           en bene geskilder.(kragloos) Gesig is uitgevee en verwring(kolonialisme).   (10)

3.2        Kandidate moet vergelyk hoe enige TWEE kunswerke wat hulle bestudeer
           het sosiopolitieke kwessies van die verlede/hede aanpak/aanroer.Geen (10)
           vergelyking-maksimum van 9 punte.
                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           11                            DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

Ardmore is 'n keramiekateljee in KwaZulu-Natal. Hulle skeppings fokus op die vertel
van stories van die Zulu-volk, hulle kultuur en hulle verbeelding. Hulle word ook
geïnspireer deur 'n begeerte om bewustheid van die uitwissing van diere in Afrika
te skep.

4.1      Kandidate moet enige TWEE kunswerke uit FIGURE 4a tot 4d kies en die
         volgende bespreek:
         Onderrigmiddel:
         Ardmore Keramiekkuns is gestig deur Fée Halsted op Ardmore Farm in die
         Drakensberge in KwaZulu-Natal. Hier het sy Bonnie Ntshalintshali ontmoet. In
         1990 het Fée en Bonnie gesamentlik die gesogte Standardbank Jong
         Kunstenaar-toekenning ontvang. Met hierdie sukses het die vereiste gekom
         om keramiek vir hulle uitstalling te skep en dus het Fée ander plaaslike vroue
         die geleentheid gebied om by Armore te leer, om werke te produseer om 'n
         inkomste vir die ateljee te genereer.
         Die Bonnie Ntshalintshali-museum is geskep om Fée se medekunstenaar en
         vriend te eer na haar tragiese dood aan MIV/Vigs in 1999.
         'n Paar jaar later het Fée en haar gesin na die Caversham-vallei verhuis, en
         het die ateljee en museum hervestig en 'n ruim galery en kantore gebou. Dit
         het 'n huis vir Ardmore geskep en in 2009 het sy die Berg- en Rosetta-
         ateljees hier saamgesmelt.
         Die kunstenaars van die Ardmore-ateljee kry opleiding, materiaal, 'n ateljee
         en 'n gewaarborgde mark vir hulle werk, ondersteun deur 'n opgeleide
         bemarkings- en administrasiespan. Ardmore kunstenaars het met die jare
         verskeie toekennings ontvang en het oral versprei in Suid-Afrika uitgestal en
         ook oral in die wêreld. Ardmore-kunswerke kom voor in vooraanstaande
         galerye en versamelings, insluitend die Museum van Kuns en Ontwerp in
         Basel, Switserland, en die Tatham-kunsgalery in Pietermaritzburg, Suid-
         Afrika. Die bekende afslaers, Christie's, het Ardmore se kunswerke erken as
         'hedendaagse versamelstukke'.
          • Uitbeelding van visuele beelde
         Die keramiekkunstenaars word beïnvloed deur die fauna en flora van Suid-
         Afrika. Hulle gebruik hoogs versierde diere, plante, ranke, blare en figuurtjies
         in hulle kunswerke. Sommige versierings word geverf met glasuur direk op
         die houer of voorwerp terwyl 3D-diere, -blomme en ander voorwerpe oral op
         die kunswerke geplaas word in verskillende en dekoratiewe komposisies.
          •  Hoe die formele kunselemente gebruik is om die kunswerke te
             versier. Motiveer jou antwoord.
         FIGUUR 4a:
         Die houers in FIGUUR 4a is versier met pienk blomme, blare en vlakvarke om
         die wyer deel van die bak en 'n vlakvark is gebruik vir die handvatsel van die
         deksel. Die agtergrond is room-wit. Die vlakvarke is in natuurlike kleure
         geverf. Lyne is gebruik om die blare, ranke en omlynde blomme te verf.
         'n Donkergrys rand is geverf om die rand van die deksel en die staander van
         die houer.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           12                             DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

         FIGUUR 4b:
         Drie swart figure ry op die rug van 'n roomkleurige/wit renoster. Die renoster
         staan. Die vel van 'n Afrika gevlekte wilde kat is geplaas op die rug van die
         renoster. Die drie figure sit op die vel. Twee apies is geplaas op die voorkant
         van die renoster se kop terwyl een apie ook op die rug ry saam met die
         mense.
         Die figuur aan die agterkant ry sy-saal en wieg 'n baba vlakvark. Die figuur in
         die middel hou 'n sambreel met 'n lang handvatsel vas. 'n Babarenoster is bo-
         op die sambreel geplaas. Die figuur voor op die renoster is aangetrek in
         tradisionele hoed en romp. Die renosterhorings is versier met stroke in
         sirkelvormige kol-patrone. Die kyker word bewus gemaak van die uitwissing
         van diere in Afrika.
         FIGUUR 4c:
         FIGUUR 4c is in die vorm van 'n bakkie met 'n deksel. 'n Driedimensionele
         buffel is bo-op geplaas om as 'n handvatsel vir die deksel te dien. Buffels en
         luiperds is gerangskik om die wyer deel van die bak. Die agtergrondkleur van
         die bak is swart met die aalwyn plant as versiering. Sommige blare en
         blomme is geverf en glasuur as oppervlakversiering terwyl driedimensionele
         blare gerangskik is bo-op die deksel onder die buffel. Naturalistiese kleure is
         gebruik vir die buffels terwyl die aalwynplant geglasuur is in groene, oranjes
         en gele.
         FIGUUR 4d:
         FIGUUR 4d is 'n funksionele teepot versier in luiperdkolle, frangipani-blomme
         en blare. Die agtergrondkleur is oorheersend swart met spore van groen, geel
         en wit. Die luiperde, blomme en blare is naturalisties geverf. Die handvatsel
         van die teepot lyk soos luiperdkolle. Die tuit van die teepot is geglasuur in 'n
         plat swart kleur. Die luiperdkoppe wat uit die pot kom word driedimensioneel.

         • Invloede/inspirasies/stories wat vertel word
         Keramiekkunstenaars word beïnvloed deur wilde diere, landelike omgewings,
         mense, plante en blomme van Suidelike Afrika. Hulle beeld ook die bewaring
         van skaars diere. Indiese invloede gesien by persone wat op die rug van die
         renoster ry.

          •   Identifiseer hoe die gebruik van materiaal en tegnieke verskillend is
              van dié van tradisionele keramiek-/pottebakkerkunstenaars
         FIGURE 4a, 4b, 4c and 4d is deur klei gevorm. Die driedimensionele diere,
         blare en blomme is gemoduleer met klei en gebak in 'n pottebakkersoond.
         Sodra die klei geverf is met helder en lewendige kleure, patrone en vorms,
         word dit geglasuur. Die kunswerk word dan gebak. Die teepotte kan of met 'n
         keramiekwiel gedraai word of in 'n gietvorm gemaak word. Die renoster kan
         met 'n gietvorm gemaak wees of dit is met die hand gevorm. Die potte word
         gedoop in 'n wit/helder glasuur en in die oond gebak, waar meer tradisionele
         potte nie met glasuur bedek word nie, maar in 'n oop vuur gebak word.
         Tradisionele kleipotte word soms met politoer behandel om 'n blink voorkoms
         te gee en word met patrone versier. Raku is ook 'n tegniek wat tradisionele
         kunstenaars vandag gebruik as hulle nie toegang tot 'n pottebakkersoond het
         nie. Dit wil voorkom of bogenoemde kunstenaars wit klei gebruik het waar die
         meer tradisionele kunstenaar erdeklei (rooi of bruin) gebruik of klei direk uit 'n
         rivierbedding.                                                                     (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          13                     DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

4.2      Kandidate moet die werk van TWEE handwerkkunstenaars en/of geestelike
         kunstenaars wat hulle kultuur en verbeelding geïnspireer is, bespreek.

         Hulle moet die volgende riglyne gebruik:

         Kandidate kan Westerse Kuns bespreek. Dit kan ‘n tapeserie of selfs ‘n
         gebrandskilderde glasvenster wees onder andere as voorbeelde.

         •    Invloede en inspirasie
         •    Kunselemente
         •    Gebruik van materiaal en tegnieke
         •    Temas en onderwerp
         •    Betekenis en boodskappe                                               (12)
                                                                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           14                              DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

In FIGUUR 5a word Athi-Patra Ruga geïnspireer deur die modewêreld en beeld 'n
figuur uit wat met blomme en juwele bedek is, terwyl Wim Botha, in FIGUUR 5b, twee
figure kombineer wat uit boeke, ensiklopedieë en Bybels gemaak is.

5.1      Kandidate moet FIGUUR 5a en 5b vergelyk en kommentaar lewer op die
         verskille en ooreenkomste tussen die twee werke met gebruik van die
         volgende kriteria. Beide kunswerke is installasies/konseptuele kunswerke.
         Beide figure wat voorgestel word, is naak. Tsego Simon Nkoli was ‘n
         homoseksue aktivis en sterf van Vigs.
          • Onderwerp
         FIGUUR 5a:
         'n Horisontale figuur, wat agteroor lê, is geplaas op 'n reghoekige, spieëlbasis
         met ligte wat die figuur omring. Die hele figuur is versier met verskillende klein
         blommetjies en juwele. Daar is ‘n geimpliseerde seksualiteit van die figuur. ‘n
         Rooi mat gevoel word geskep met die glans(invloed van mode).
         FIGUUR 5b:
         Twee groot figure wat óf baklei óf dans hang vanaf die plafon. Die figure is
         gemaak van boeke en metaalstawe beïnvloed deur religie en sosiale
         kommentaar. Ledemate wat uitmekaar breek en onherkenbaar is. Simboliseer
         religieuse spanning of morele agteruitgang of geweld wat kan herhaal in Suid-
         Afrika. Botha se kunswerk bind aan Futurisme op ‘n robuuste manier.
         • Simboliese betekenis van die materiaal in beide FIGUUR 5a en 5b.
         FIGUUR 5a:
         Die gebruik van weerkaatsende materiaal dui rykdom of status aan. Dit kan
         ook koninklikheid, vroulikheid en klas aandui.
         FIGUUR 5b:
         Die gebruik van boeke kan opvoeding, geskiedenis en kennis aandui en kan
         verwys na dinge wat in die verlede gebeur het. Die gebruik van
         geskiedenisboeke, Bybels en ensiklopedieë herinner ons aan ons erfenis en
         agtergrondinvloede. Die gebruik van skroewe en moere simboliseer dat ons
         aanmekaar gehou en gevorm word deur vorige kennis en ondervindinge in
         die verlede.
          • Die houding/posisie van die figure
         FIGUUR 5a:
         Die enkel figuur leun in 'n horisontale posisie(ontspanne op een elmboog) met
         een knie opgetrek asof sy/hy vir 'n foto poseer. Die beeldhouwerk is rondom
         sigbaar. Die figuur wat agteroor lê, is geplaas op die weerkaatsende spieël
         asof in ‘n toneelspeel op 'n verhoog in 'n dramaproduksie. Die kyker word
         gekonfronteer met die weerkaatsing van blink materiaal en helder ligte. Die
         leunende figuur kan androgeen wees. Die spasie rondom die figuur is
         tradisioneel. Kandidate kan ook Jeff Koons-Michael Jackson,Dying Gaul,
         Manet se “Luncheon on the Grass” en Michelangelo se “Creation of Adam”
         bespreek.

                                                                                                   (8)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          15                            DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

         FIGUUR 5b:
         Die foto van die beeldhouwerk is “cropped”.Twee gekonstrueerde figure hang
         in die lug in 'n dubbelsinnige posisie. Hulle baklei of dans dalk. Daar vind
         interaksie plaas op 'n onsekere manier. Ruimte is deel van die kunswerk met
         ‘n futuristiese /robotagtige gevoel as gevolg van die gefragmenteerde vorm.
         • Die kandidaat se interpretasie en betekenis van die kunswerke
         FIGUUR 5a:
         Die figuur is selfvoldaan en vorstelik. Dit spog of poseer as 'n model. Dit kan
         ook verwys na materialisme of die invloed van mode en versiering op die
         status van mense. Rococo gevoel.
         FIGUUR 5b:
         Die twee figure wat op mekaar inwerk kan verwys na die konflik wat ons of
         ander mense dikwels op met ons verlede en grootword het. Konflik en
         misverstand is 'n direkte gevolg van mense wat nie dieselfde erfenis,
         godsdiens en opvoeding het nie.
         Geen vergelyking trek 1 punt af.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         16                    DBE/November 2018
                                   NSS – Nasienriglyne

5.2      Kandidate moet TWEE kunswerke deur Suid-Afrikaanse kunstenaar(s) wat
         ongewone materiaal en tegnieke gebruik om hulle kunswerke te skep,
         bespreek.

         Verwys na die volgende riglyne:

         •    Invloede
         •    Onderwerp
         •    Materiaal en tegnieke
         •    Kunselemente
         •    Moontlike betekenisse en boodskappe                                      (12)
                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            17                             DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

Kunstenaars in demokratiese Suid-Afrika na 1994 bevraagteken hulle identiteit en
nalatenskap. Dit skep 'n proses waar daar oor identiteit besin word en dit
hergedefinieer/herskep word.

6.1       Kandidate moet die stelling hierbo asook die kunswerke in FIGUUR 6a en 6b
          in aanmerking neem en uitbrei oor hoe die kunstenaars oor hulle identiteite
          besin.

          Kandidate moet enige VYF van die volgende kies om hulle besprekings te lei:

           • Inhoud en komposisie
          FIGUUR 6a:
          Agt gesiglose manlike figure geklee in pakke en hoede domineer die
          komposisie. Die manlike en vroulike figure hou septers of kieries vas. Aan die
          linkerkant van die komposisie is 'n vroulike figuur geklee in 'n kort broek met 'n
          geweefde romp wat lyk of dit haar hele kop bedek. Dit lyk asof sy lang hare
          het en word uitgebeeld waar sy in 'n poel water staan met 'n blomplant voor
          haar. Haar bene en voete is afgesny wat kan beteken dat sy nêrens heen kan
          gaan nie. 'n Manlike figuur, in wit geverf, domineer die regterkant van die
          komposisie. Hy word uitgebeeld met 'n hoed, das en handskoene wat hom
          baie belangrik laat voorkom. In die middelgrond van die komposisie is 'n
          rankerige dekoratiewe groen mat geverf. Die geel oker/oranje lug in die
          agtergrond is verwyderd van die groen mat met 'n duidelike horisontale lyn.
          FIGUUR 6b:
          'n Manlike getatoeëerde figuur domineer die middel van die prentvlak. Die
          agtergrond word weergegee met 'n ronde groen vorm met ontploffende
          uitstralende diagonale lyne. Sy liggaam is versier met beelde van 'n leeu,
          'n kwaai vuis, vintage pin-up-meisies, twee hande wat rewolwers vashou,
          'n skets van 'n vroulike oog, vliegtuigbomme wat uit die lug val, 'n tier, 'n
          skaap, 'n ruimtetuig en die woorde 'Game Over'. ‘Gaming’ as ‘n sub-kultuur
          kan verskaf word.

           • Kleur
          FIGUUR 6a:
          Die mans is almal in pakke van verskillende kleure aangetrek, dit wissel
          tussen geel, blou en skakerings van pienk. Die figuur geklee in die donkerder
          pak neig om die fokuspunt te wees. Die groen in die agtergrond kontrasteer
          met die rooi in die baadjie, die pienk pak en die pienk blomme. Die heldergeel
          pak in die agtergrond lei die oog in die prentvlak in en skep diepte. Die groen
          das van die groter figuur balanseer die groen broek van die figuur ver links in
          die skildery. Die wit geverfde gesig, wit handskoene en wit hemp beklemtoon
          die groot figuur in die voorgrond. Die kleur wit word herhaal in die broek van
          die figuur ver regs. Die middelgrond van die skildery het 'n groen rankagtige
          oppervlak en kan 'n voorstelling van die see of 'n leë rivier wees.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           18                            DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

          FIGUUR 6b:
          Die manlike figuur dra 'n pienk hoed, wat gewoonlik met vroue geassosieer
          word. Spatsels liggeel, pienk en blou is aangewend op sy gesig. Die tatoes is
          gegraveer met swart lyne. 'n Groot groen sirkel, geraam met pienk
          dekoratiewe kant, kan agter die kop van die figuur gesien word. Grys en geel
          onreëlmatige vorms is in die middel van die groot sirkel geplaas. Heldergeel
          strale versprei vanaf die middel van die sirkel wat die son se strale voorstel.
          'n Dekoratiewe groen en okergeel lap word oor sy mond gedra. Die bleek
          kleure op die liggaam het 'n kamoefleereffek.

           • Lewer kommentaar op die kleredrag:
          FIGUUR 6a:
          Drie van die agt mans dra pakke met hoede, terwyl die ander sportbaadjies en
          broeke dra. Sakdoeke steek by die sakke van die baadjies uit wat die
          formaliteit van die geleentheid beklemtoon. Die vroulike figuur is aangetrek in
          'n kortbroek en hou 'n septer vas. Hy/sy is kaalvoet. Dit kan ook verwys na 'n
          Hollandse pionier wat nou kaalvoet is en omring word deur die inheemse
          volke wat die here ('gentlemen') word.
          FIGUUR 6b:
          Die manlike figuur het 'n kaal bolyf en dra slegs 'n pienk en grys hoed. Daar is
          'n doek om sy mond en neus gebind wat aandui dat die gesproke woord
          onnodig is aangesien die tatoeëermerke vir hulleself praat. Sy bolyf is oortrek
          met tatoeëermerke wat sy naaktheid wegsteek. Sy tatoeëermerke word die
          kledingstukke soos 'n koerant vir almal om te lees.

          •  Waarom het die kunstenaar nie gelaatstrekke in FIGUUR 6a
             uitgebeeld nie. Motiveer jou antwoord.
          FIGUUR 6a:
          Die gelaatstrekke is weggelaat om aan te dui dat kleredrag die identiteit van
          die individu geword het. Dit kan ook aandui dat baie mense deur die
          samelewing beoordeel word deur wat hulle aantrek. Soms kan ons uiterlike
          voorkoms definieer wie ons is en hierdeur word ons deur mense geoordeel.

           • Wat stel die sirkelagtige vorm in die agtergrond moontlik voor
          FIGUUR 6b:
          Die sirkelagtige vorm in die agtergrond simboliseer 'n heilige krans, soos wat
          in vroeë Christen-kunswerke gesien kan word. Dit kan wees dat die
          Timekeeper (Tydhouer) homself as 'n priester of heilige beskou. Die sirkel
          kan 'n venster of portaal verteenwoordig.

          • Moontlike interpretasie van die titels van FIGUUR 6a en 6b
          FIGUUR 6a:
          Die naam 'Sarah' kan verwys na Saartjie Baardman, die Khoi-Khoi/San-vrou
          wat uitgebuit is deur die Engelse koloniste. 'Some gentlemen' ('Party here'),
          kan verwys na die Engelse here wat Saartjie beskou het as 'n sekssimbool.
          Na inisiasie trek die seuns deftige klere aan.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            19                              DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

          FIGUUR 6b:
          Timekeeper (Tydhouer) kan verwys na 'n persoon wat gebeure in die
          geskiedenis as tatoes neerskryf. Hy maak 'n stelling deur sy liggaam te wys
          vir almal om te 'lees'. Hy hou tyd van alles wat in verlede en hede gebeur. Die
          woorde 'Game Over', kan beteken dat 'n nuwe era, fase of identiteit bereik is.
          Die nommer 43 kan verwys na ‘n bende of die nommer 43 kan beteken om
          inwaarts te kyk.
           • Hoe die kunstenaars van FIGUUR 6a en 6b oor hulle identiteite in 'n
               die demokratiese era na 1994 besin
          FIGUUR 6a:
          Die here(kofifi) word 'n nuwe identiteit gegee aangesien hulle nou in staat is
          om pakke klere en dasse te dra, waar in die verlede die meeste mense gesien
          is as werkers met klere wat nie geskik is vir spesiale geleenthede nie. Die
          Saartjie/koloniste-beeld verteenwoordig 'n identiteit voor demokrasie. Die
          eensame figuur dra 'n septer wat 'n leidende rol aandui, tog is haar voete van
          haar liggaam afgekap wat haar verhinder om vorentoe te beweeg.
          FIGUUR 6b:
          ‘Timekeeper 43’ is die naam van ‘n speletjie. Die kandidaat kan dit sien as ‘n
          bende kultuur/hy kan ‘n sluipmoordenaar wees. Die 43 bendelede is die wyse
          lede. Hierdie figuur is selfvoldaan en het selfvertroue. Hy dra die merke van
          geskiedenis en die verlede op sy vel. Die woorde 'Game Over' beklemtoon die
          feit dat die tyd is om die bakleiery te stop of dit kan oorlog en die einde van die
          wêreld uitbeeld. Hy beklemtoon die feit dat hy 'n spesiale identiteit het met die
          stralekrans om sy kop. Dit kan aandui dat in 'n demokratiese land jy die
          toekoms kan bou deur te onthou of rekord te hou van geskiedenis.                          (12)

6.2      Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars wat hulle bestudeer
         het bespreek wat identiteit in 'n demokratiese Suid Afrikaanse samelewing
         aanpak/aanroer.

         Hulle kan die volgende riglyne gebruik:

         •    Beeldgebruik
         •    Uitbeelding van identiteit
         •    Styl en tegnieke
         •    Media
         •    Moontlike betekenis en boodskappe                                                     (8)
                                                                                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           20                            DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 7:       GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Selfs in vandag se samelewing wat geslagsgelykheid ondersteun, word 'n vrou se
vaardighede en eienskappe dikwels as trofeë beskou, asof hulle ornamente is.

7.1       Kandidate moet verwys na enige TWEE van die visuele bronne
          (FIGURE 7a tot 7d) en bespreek hoe die kunstenaars kommentaar lewer op
          die idee van 'n vrou as 'n trofee.
          Hulle moet die volgende riglyne gebruik:
           • Fokuspunt, motiveer
          FIGUUR 7a:
          'n Naakte jong meisie, wat staan teen 'n wit gekalkte baksteenmuur, vorm die
          fokuspunt. Haar hande/polse word stewig vasgeklem deur die hande van
          twee manlike figure, geklee in uniform. Hulle liggame is afgesny deur die
          prentvlak. Die privaatdele van die vroulike figuur is bedek deur twee swart
          reghoeke asof gesensor deur die gedrukte media.
          FIGUUR 7b:
          'n Vrou in 'n wit rok poseer vir die kamera in 'n tipiese feministiese gebaar.
          Sy vertoon haar kantrok soos wat 'n model sou doen. 'n Duidelike, lewendige
          agtergrond is geskep deur 'n Oosterse mat wat 'n pienk rand het.
          FIGUUR 7c:
          'n Jong meisie, geklee in 'n wit rok, word sittend uitgebeeld. 'n Trofee van 'n
          bok/hert is op haar skoot. Sy dra plat skoene en sy het 'n kussing onder haar
          voete. Regs in die agtergrond is 'n vroulike figuur wat kniel op die vloer.
          FIGUUR 7d:
          'n Jong meisie, geklee in 'n sagte wit rok word uitgebeeld waar sy op 'n wolk
          sit. Sy dra 'n tiara/kroon asof sy gekroon is as 'n skoonheidskoningin.
           • Kleur
          FIGUUR 7a:
          'n Ekspressionistiese gevoel word gekenmerk deur die vereenvoudiging van
          die figure. Emosie is sigbaar in die hartseer uitdrukking op die meisie se
          gesig en die harde gesigsuitdrukkings van die mans. Die gebruik van
          monochroom in die agtergrond vorm 'n kontras met die natuurlike kleur van
          die meisie se vel. Dit verhoog die melankoliese atmosfeer en versterk die
          konsep van uitbuiting van vroue in die strate.
          FIGUUR 7b:
          Die vrou is uitgebeeld in 'n wit rok en geplaas teen 'n bedrukte groen mat.
          Die wit rok vorm 'n skerp kontras teen die groen en pienk agtergrond. Swart
          buitelyne word gebruik om patrone op die groen mat te vorm en die vorms is
          gevul met skakerings van pienk. Klein wit blommetjies kan in die middel van
          die mat gesien word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            21                              DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

          FIGUUR 7c:
          Dit is 'n ekspressionisties/figuratiewe werk met die gebruik van sterk kleure.
          Die wit van die rok beeld vroulikheid uit. Die sagte, vroulike, wit satynrok en
          die kantversiersels is in teenstelling met die dowwe bruin trofee geplaas. Die
          vloer en omliggende agtergrond is hoofsaaklik bruin en rooi.
          FIGUUR 7d:
          'n Vroulike figuur is geskilder op 'n realistiese wyse. Die feit dat sy op 'n wolk
          geplaas is versterk 'n engelagtige voorkoms. Die wit rok kan reinheid of
          maagdelikheid simboliseer.

           • Houding van die figure en die betekenis van die klere
          FIGUUR 7a:
          'n Weerlose, naakte jong meisie domineer die prentvlak. Haar naaktheid is
          bedek met die swart reghoeke (gesensor). Sy word gevange gehou deur
          twee manlike soldate soos 'n trofee, of dier wat gevang is. Die soldate se
          liggame is deur die prentvlak afgesny, wat dit moeilik maak om hulle gesigte
          en gesigsuitdrukkings te sien, wat verborge identiteite tot gevolg het.
          Die naakte meisie kan 'n kinderprostituut/ jong vrou/ oorlogsgevangene
          verteenwoordig. Haar naaktheid wat weggesteek word deur swart reghoeke
          (gesensor) is om haar skaamte weg te steek. Die twee mans aan weerskante
          dra uniforms wat kan aandui dat hulle soldate/polisiemanne is, en figure van
          mag/outoriteit is.
          FIGUUR 7b:
          Die vrou se figuur domineer die middel van die prentvlak. Die vrou se
          houding is tipies van hoe 'n model 'n rok sou dra. Sy kom selfversekerd voor
          en kyk na regs wat kan beteken dat sy wag vir goedkeuring van haar
          bewonderaars. Haar hare is netjies gekam en vasgemaak in 'n los vlegsel.
          Die vrou is geklee in deftige wit kantrok, en sy dra delikate deursigtige
          skoene. Sy vertoon die rok om bewonder te word.
          FIGUUR 7c:
          Die vroulike figuur is effe oorgewig en onaantreklik. Sy kyk oor haar skouer
          asof sy nie oogkontak met die kyker wil maak nie. Sy sit nie op 'n baie
          vroulike manier nie, aangesien haar bene effens uitmekaar is en haar voete
          op 'n kussing rus. Sy het 'n manlike voorkoms. Die groot trofee op haar skoot
          word die fokuspunt wat die manlikheid van haar pa, die jagter, simboliseer.
          'n Bedeesde, knielende vroulike figuur kan gesien word in die agtergrond van
          die skildery. Dit wil voorkom asof sy 'n bediende is of deel kan wees van haar
          pa se trofeë.
          Die meisie wat in die stoel sit is geklee in 'n wit rok wat gemaak is van
          goedkoop, blink materiaal. Die pienk strik in haar hare laat haar kinderlik lyk.
          Die klein knielende figuurtjie in die agtergrond is geklee in 'n formele swart
          rok wat aandui dat dit 'n bediende kan wees, of 'n skaam familielid.
          FIGUUR 7d:
          Die meisie op die wolk word uitgebeeld as 'n engel of 'n skoonheidskoningin.
          Sy is geplaas op 'n wit wolk asof sy uitgestal word vir almal om te sien.
          Omdat sy 'n kroon dra, klassifiseer dit haar as 'n kommoditeit vir almal om te
          sien.
          Die meisie is uitgebeeld as 'n skoonheidskoningin en is geklee in 'n kort
          geplooide kaalskouerrok. Sy dra 'n tiara/kroon wat gewoonlik geassosieer
          word met bruide, skoonheidskoninginne, prinsesse of feetjies.
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           22                             DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

          • Plasing/agtergrond
          FIGUUR 7a:
          Die naakte meisie is geplaas teen 'n muwwe, vuil, wit gekalkte
          baksteenmuur. Dit kan 'n tronk voorstel, of 'n muur in 'n obskure stegie.
          FIGUUR 7b:
          Die foto van die vroulike figuur is op 'n dekoratiewe groen en pienk Oosterse
          mat geplaas.
          FIGUUR 7c:
          Hierdie vroulike figuur sit op 'n sitkamerstoel met haar voete wat rus op 'n
          kussing. Die bruin agtergrond is baie leeg met net 'n gordyn links en 'n klein
          figuurtjie regs.
          FIGUUR 7d:
          Die gekroonde meisie sweef op 'n wolk. Sy hou vas aan die kante van die
          wolk asof dit beweeg.

           • Moontlike betekenis en boodskappe met verwysing na die titels van
              die kunswerke
          FIGUUR 7a:
          Die meisie wat in hierdie werk uitgebeeld word, is dalk gearresteer vir
          verskeie redes. Sy word beskou as 'n trofee wat deur die gereg gevang is of
          sy kan net 'n meisie wees wat deur mans in uniform misbruik word. Die titel
          kan verwys na die meisie wat as gevolg van 'n onwettige daad gevange
          geneem is en nou beskou word as die trofee van die mans in uniform.Daar
          kan verskeie interpretasies van hierdie afbeelding wees (alle kommentaar
          moet gemotiveer wees).
          FIGUUR 7b:
          Die meisie wat vir die foto poseer wil die kyker beïndruk. Die wit, vroulike rok
          waarmee gespog word, dui aan dat meisies versier en uitgestal word soos
          trofeë vir bewondering en versiering. Die wit rok kan ook verwys na onskuld.
          Sy vergelyk haarself met die pop, Barbie. Barbie is bekend vir haar maer lyfie
          en mooi gesiggie. Die houding van die figuur is baie dieselfde as die van 'n
          Barbie-pop.
          FIGUUR 7c:
          Die jong meisie, wat haar pa se vreugde en trots is, speel met sy jagtrofeë,
          asof sy dan meer gewaardeer sal word. Omdat sy onaantreklik is en
          oordrewe geklee is in 'n kitsch satynrok, beklemtoon dit die feit dat sy probeer
          om vroulik te wees en om as haar pa se trofee beskou te word. Dit lyk asof
          die jong, onaansienlike meisie net as mooi beskou kan word as sy uitgestal
          word saam net haar pa se jagtrofeë.
          FIGUUR 7d:
          Die naam Beatrice beteken om blydskap te gee. Hierdie realistiese
          uitbeelding van skoonheid en vroulikheid skep 'n melankoliese atmosfeer.
          Geplaas op 'n wolk wat lyk soos spookasem, is dit asof mooi vroue vergelyk
          word met engele wat soos spookasem lyk. Hulle word gekroon, geplaas op 'n
          voetstuk en erkenning word gegee as 'n trofee om uitgestal te word. Soms
          word skoonheidskoninginne op 'n troon geplaas en beskou as 'n trofee om
          deur almal bewonder te word. Vroue kan dikwels 'n goedkoop kommoditeit
          word. 'Beatrice' kan verwys na die figuur se naam.                                      (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Visual Arts P1 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-final-memo-eng/f8b23e8c-b990-4025-a958-051e75d2a57b) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-eng/a98eafaa-4050-4a91-a59f-ecfbd8973a4c) — Visual Arts · QP · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-afr/a33b97cb-5c0a-4bac-8d02-c7288b30c526) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO AFR SEPT 2018 AFR](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-afr-sept-2018-afr/6f6c86d4-cea2-4eca-a351-3b95fc8c5f3f) — Visual Arts · Memo · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO ENG SEPT 2018](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-eng-sept-2018/97e18af8-f831-4f4d-bad9-f48e2f25cab8) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-memo-eng/20f856db-4b7c-4b98-9f25-1387f29e9379) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
