# Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-afr/502d9c13-bde6-44b5-990d-82f85a241723
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-afr/502d9c13-bde6-44b5-990d-82f85a241723)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                      GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                 VISUELE KUNSTE V1

                                   NOVEMBER 2019

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            2                         DBE/November 2019
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:

     Gebruik van die korrekte kunsterminologie
     Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
     Skryf en navorsingsvaardighede in 'n geskiedkundige en kulturele konteks
     Plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
     Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.        Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

4.        Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
          regterkantse bladsye.

5.        Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
          dit vereis word.

6.        GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
          in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
          toelaatbaar.

7.        Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde
          bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.

8.        Kandidate mag NIE beelde wat alreeds in ander vrae gebruik is, bespreek
          NIE.

9.        Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
          volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
          feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.

10.       Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
          puntetoekenning.

              6–8 punte:   'n minimum van ½–¾ bladsy
              10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e)
              20 punte:    'n minimum van 2 bladsye

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                 3           DBE/November 2019
                                 NSS

           LAAT HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            4                         DBE/November 2019
                                            NSS

BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Die Amerikaanse kunstenaar, John Biggers, en die Suid-Afrikaanse kunstenaar,
Helen Sebidi, toon albei die geswoeg en swaarkry in die alledaagse worsteling om te
oorleef.

1.1      Vergelyk die moontlike betekenisse en boodskappe in FIGUUR 1a en 1b.

         Verwys na die volgende:

             Plasing van die figure in hulle spesifieke agtergronde
             Kleur, vorm en lyn
             Komposisie
             Perspektief                                                                     (10)

1.2      Bespreek TWEE kunswerke deur enige Suid-Afrikaanse kunstenaar(s) wat
         deur hulle omgewing beïnvloed is.

         Sluit die volgende by jou antwoord in:

             Onderwerp
             Gebruik van lyn, vorm en kleur
             Sosiale/Kulturele invloede
             Styl
             Moontlike boodskappe/betekenisse                                                (10)
                                                                                              [20]

Onteiendes:          Ontneem van grond, eiendom of besittings
Versamelaars:        Mense wat bymekaarmaak/versamel

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                        5                        DBE/November 2019
                                        NSS

    FIGUUR 1a: John Biggers, The Gleaners (Die Versamelaars), olie op doek, 1943.

FIGUUR 1b: Helen Sebidi, The Dispossessed (Die Onteiendes), akrielverf op doek, 2011.
Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             6                         DBE/November 2019
                                             NSS

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Helen Sebidi en Wangechi Mutu het albei kunswerke geskep wat kenmerkend van
Afrika is.

2.1       Stem jy saam met die stelling hierbo of verskil jy daarvan?

          Verduidelik jou antwoord deur na die volgende te verwys:

             Spesifieke Afrika-invloede
             Antieke en/of futuristiese siening van Afrika
             Kunselemente
             Materiaal en tegnieke
             Styl                                                                             (10)

2.2       Bespreek TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke deur verskillende kunstenaars
          wie se werke Afrika- visuele beelde en/of -simbole insluit.

          Gebruik die volgende riglyne in jou opstel:

             Die invloede van inheemse Afrika-kunsvorme en/of -simbole
             Onderwerp
             Lyn, vorm en kleur
             Styl
             Tegnieke/Materiaal
             Moontlike boodskappe/betekenisse                                                 (10)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         7                        DBE/November 2019
                                         NSS

             FIGUUR 2a: Helen Sebidi, The Spirit Guides Her towards Marriage
                 (Die Gees Lei Haar na Die Huwelik), olie op doek, 2015.

          FIGUUR 2b: Wangechi Mutu, In Killing Fields Sweet Butterfly Ascends
            (In Moordvelde Styg Soete Skoenlapper), ink, collage, papier, 2003.
Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             8                        DBE/November 2019
                                             NSS

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
         1980's INGESLUIT

In FIGUUR 3a en 3b gee die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Willie Bester, 'n narratiewe
siening van die onregte wat aan die mense in informele nedersettings gedoen word.

3.1      Verwys na die stelling hierbo en skryf 'n paragraaf waarin jy jou persoonlike
         interpretasie van FIGUUR 3a OF FIGUUR 3b gee.                                         (6)

3.2      Bespreek die kunswerk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat jy
         bestudeer het wat sosiale en/of politieke kwessies weerspieël.

         Skryf 'n opstel waarin jy op die volgende reageer:

               Kunselemente
               Visuele beelde gebruik
               Media en tegniek
               Styl
               Moontlike boodskappe/betekenisse                                               (14)
                                                                                               [20]

Interpreteer:       Analiseer ('n gedetailleerde en logiese bespreking van die formele
                    elemente van kuns) en evalueer (om 'n ingeligte opinie te gee)
Narratief:          Storielyn

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                       9                         DBE/November 2019
                                       NSS

  FIGUUR 3a: Willie Bester, Necklace Murder (Halssnoermoord), ink-was-collage, 1989.

  FIGUUR 3b: Willie Bester, Laws on Co-operation and Development II (Wette oor
             Samewerking en Ontwikkeling II), waterverf en collage, 2009.
Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            10                       DBE/November 2019
                                            NSS

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

Suid-Afrika is 'n baie oorvloedige en kleurvolle land ten opsigte van kuns en kunsvlyt
en is gedurig besig om homself te herskep.

4.1      Kies enige TWEE kunswerke (FIGURE 4a tot 4d) en bespreek hoe hierdie
         kunsvlyte herskep is deur na die volgende te verwys:

             Patroon en kleur
             Tegnieke
             Funksie van die kunswerk                                                        (8)

4.2      Bespreek TWEE kunswerke deur verskillende kunsvlytkunstenaars en/of
         geestelike kunstenaars wat deur hulle kultuur en verbeelding geïnspireer is.

         Gebruik 'n paar van die volgende riglyne in jou opstel:

             Invloede en inspirasie
             Kunselemente
             Gebruik van materiaal en tegnieke
             Funksie en/of boodskap                                                          (12)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         11                        DBE/November 2019
                                         NSS

     FIGUUR 4a: Die Afrika-kunssentrum,        FIGUUR 4b: Die Afrika-kunssentrum, Appliek
 Ilalapalm-mandjies, palm, gras en kleursel    (geborduurde paneel) van Ukugqula Umbila
 (gemaak om Zoeloe-bier in te stoor), datum            (stamp van mielies/koring)
                onbekend.                             deur die Ntokozo-groep, 2004.

   FIGUUR 4c: Die Afrika-kunssentrum,           FIGUUR 4d: Laduma Ngxokolo, Mother
Telefoondraadmandjiewerk, draad. Hierdie        Tongue (Moedertaal), foto van gebreide
  vlyt het waarskynlik sy oorsprong in die     mansdrag deur MAXHOSA, deur tradisionele
      1950's in KwaZulu-Natal gehad.                 Xhosa-kralewerk geïnspireer,
                                                          datum onbekend.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              12                        DBE/November 2019
                                              NSS

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA

Die kunstenaar, Haroon Gunn-Salie, wat in Kaapstad gebore is, het 'n installasie van
17 figure geskep deur gemengde media te gebruik. Dit het 'n gepaardgaande
klankbaan, wat hy Songs for Sabotage (Liedere vir Sabotasie) noem. Die figure
verteenwoordig die stakende mynwerkers wat op 16 Augustus 2012 deur die polisie
tydens die eerste gewelddadige botsing by die Lonmin-myn in Marikana geskiet is.
Hulle het begin om Senzenia te sing net voordat die skietery begin het.

Die Poolse kunstenaar, Magdalena Abakanowicz, het 'n installasie van 106 drie meter
hoë 'liggame' geskep wat die gruwels gedurende die Tweede Wêreldoorlog uitbeeld.
Deur dit in 'n openbare ruimte te plaas, kan gewone mense daarmee kontak hê.

5.1      Vergelyk FIGUUR 5a met 5b deur die volgende in aanmerking te neem:

             Waarom, dink jy, het die kunstenaar gekies om die onvoltooide figure uit
              te beeld?
             Waarom het die kunstenaars in beide installasies gekies om herhalende
              figure te gebruik?
             Hoe sou jy die styl van die figure en die impak wat hulle op die kykers
              het, beskryf?
             Dink jy dat die kunstenaars hulle boodskap suksesvol oorgedra het? Gee
              redes vir jou antwoord.                                                           (7)

5.2      Watter kunswerk is meer suksesvol in die oordrag van sy boodskap? Gee
         redes vir jou antwoord.                                                                (3)

5.3      Analiseer enige TWEE multimedia en/of nuwemedia-kunswerke.                             (10)
                                                                                                [20]

Analiseer:          'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele elemente van
                    kuns
Senzenina:          'Wat het ons gedoen?' in Xhosa en Zoeloe
Agora:              'Plek van samekoms' in Grieks

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            13                      DBE/November 2019
                                            NSS

    FIGUUR 5a: Haroon Gunn-Salie, Senzenina, installasie in gemengde media, 2018.

                     FIGUUR 5b: Magdalena Abakanowicz, Agora, gietyster,
                              Grant Park, Chicago, VSA, 2016.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         14                         DBE/November 2019
                                         NSS

VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

Ons almal dra maskers wat van ons identiteit deel word.

Maskers het 'n lang geskiedenis vir beide seremoniële en praktiese doeleindes.
'n Masker vermom 'n mens se identiteit om 'n nuwe persoonlikheid of rol aan te neem.

Interpreteer hoe die masker identiteit vermom in FIGUUR 6a (stilfoto uit 'n
opvoeringstuk) deur na die volgende te verwys:

   Komposisie
   Agtergrond/Plasing
   Verwantskap/Skakel met identiteit
   Kostuums/Kleur
   Moontlike boodskap/betekenis
   Bespreek TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke ná 1994 wat 'n spesifieke identiteit
    vermom of blootstel.                                                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Visuele Kunste/V1
Kopiereg voorbehou

                                                                                                               15
                                                                                                              NSS

                                                                                                                                   Downloaded from hlayiso.com

                     FIGUUR 6a: Kudzani Chiurai, We Live in Silence 1 (Ons Leef in Stilte 1), foto/stillewe
Blaai om asseblief                                                                                             DBE/November 2019

                                           van die multimedia-opvoering, 2017.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           16                    DBE/November 2019
                                           NSS

VRAAG 7:      GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Geslagsrolle wat deur die samelewing gedefinieer word, word deur die Meksikaanse
kunstenaars, Fabián Cháirez en La Suerte, bevraagteken.

7.1      Dink jy dat FIGUUR 7a en 7b tipiese voorstellings van manlikheid en
         vroulikheid is? Motiveer jou opinie deur die TWEE kunswerke te bespreek.

         Verwys na die volgende:

             Uitbeelding van die figure
             Kleur
             Styl en tegniek                                                             (8)

7.2      Bespreek TWEE kunswerke deur verskillende kunstenaars wat in hulle werke
         op manlikheid en vroulikheid kommentaar lewer.                                   (12)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          17                         DBE/November 2019
                                          NSS

       FIGUUR 7a: La Suerte, titel onbekend, muurskildery in 'n agterbuurt, 2015.

   FIGUUR 7b: Fabián Chairéz, El Jardin De Las Delicias, (uit die reeks Die Tuin van
                                  Genot), olie op doek, 2015.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          18                         DBE/November 2019
                                          NSS

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Patricia Piyani se gebrek aan opleiding het haar geïnspireer om 'n geleentheid te skep
vir behoorlike opleiding vir die kinders in haar gebied. Sy het die Silindokuhle
Preschool (Voorskool) in Port Elizabeth gestig wat met herwonne en teruggewonne
materiaal gebou is. Dit is deur die gemeenskap met plaaslike materiaal, soos
kartonhouers, wynbottels, houtpalette, skaatsplanke en geriffelde plastiekvelle gebou,
en het 'n SAIA-toekenning vir innoverende bouwerk vir volhoubare argitektuur ontvang.

8.1      Regverdig waarom die SAIA-toekenning vir innoverende bouwerk vir
         volhoubare argitektuur aan die Silindokuhle Preschool toegeken is deur die
         volgende te bespreek:

             Gebruik van materiaal
             Volhoubaarheid
             Funksionaliteit
             Ontwerp
             Innoverende bouwerk                                                             (8)

8.2      Analiseer TWEE Suid-Afrikaanse argitektoniese geboue/strukture wat jy
         bestudeer het deur die volgende te bespreek:

             Invloede
             Innoverende ontwerp
             Boumateriaal en konstruksiemetodes
             Volhoubaarheid
             Impak op die omgewing
             Funksionaliteit                                                                 (12)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         19                         DBE/November 2019
                                         NSS

FIGUUR 8a: Collectif Saga, Silindokuhle Preschool, Port Elizabeth, Suid-Afrika, 2018.

 FIGUUR 8b: Collectif Saga, bouproses       FIGUUR 8c: Collectif Saga, 'n blik op die
    van Silindokuhle Preschool.                  interieur van die klaskamer.

                                                                           TOTAAL:       100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-eng/535af4f5-be40-406d-b99e-77f88980a499) — Visual Arts · QP · 2019 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-memo-afr/0359327e-421b-454e-846a-06383b1ccbb5) — Visual Arts · Memo · 2019 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-memo-eng/3a9fe7a1-d953-4484-9926-c85d0e9d1fec) — Visual Arts · Memo · 2019 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2019-afr/584306b9-9c01-4fe2-97fe-f956ca7a1538) — Visual Arts · QP · 2019 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2019-eng/79fe9695-2028-49f1-839f-de3d4ea766a9) — Visual Arts · QP · 2019 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2021-afr/4fa17c42-c4f9-4fea-8c66-228aa72e2513) — Visual Arts · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
