# Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2020-afr/f451f435-564a-46d8-a00b-2a4dd949368f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2020-afr/f451f435-564a-46d8-a00b-2a4dd949368f)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             SENIOR SERTIFIKAAT/
                        NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                        VLSA.1

                                  VISUELE KUNSTE V1

                                    NOVEMBER 2020

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

                     OGGENDSESSIE

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            2                         DBE/November 2020
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:

     Gebruik van die korrekte kunsterminologie
     Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
     Skryf- en navorsingsvaardighede in 'n geskiedkundige en kulturele konteks
     Plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
     Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.        Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

4.        Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
          regterkantse bladsye.

5.        Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
          dit vereis word.

6.        GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
          in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
          toelaatbaar.

7.        Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde
          bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.

8.        Kandidate mag NIE beelde wat alreeds in ander vrae gebruik is, bespreek
          NIE.

9.        Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
          volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
          feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.

10.       Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
          puntetoekenning.

              6–8 punte:   'n minimum van ½–¾ bladsy
              10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e)
              20 punte:    'n minimum van 2 bladsye

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                  3          DBE/November 2020
                                SS/NSS

           LAAT HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           4                    DBE/November 2020
                                         SS/NSS

BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

1.1      Bespreek die verskille in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Onderwerp
             Kleur en lyn
             Fokuspunt
             Perspektief
             Stemming/Atmosfeer
             Styl                                                                      (10)

1.2      Skryf 'n opstel oor enige TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat aan hulle
         onmiddellike omgewing uitdrukking gee.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Beskrywing van die spesifieke plek/omgewing van die toneel en die
              komposisionele aspekte
             Kunselemente
             Tegniek en media
             Invloede
             Styl                                                                      (10)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         5                      DBE/November 2020
                                       SS/NSS

      FIGUUR 1a: Jacob Hendrik Pierneef, The Bush Camp of Anton van Wouw,
      Rooiplaat (Die Boskamp van Anton van Wouw, Rooiplaat), olie op doek,
                                datum onbekend.

          FIGUUR 1b: Siyabonga Skhosana, Urban Living (Stedelike Lewe),
                         akriel op doek, datum onbekend.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             6                     DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Olaf Hajek, 'n Duitse kunstenaar, word deur sy reise na Suid-Afrika beïnvloed. Hy
gebruik sy indrukke van Afrika as 'n vertrekpunt en kombineer dit met 'n gevoel van
verwondering wat deur Afrika se natuurlike en kulturele skoonheid geïnspireer word.

2.1      Bespreek hoe Hajek 'n gevoel van verwondering oor die natuurlike en
         kulturele skoonheid van Afrika uitdruk.

         Verwys na die volgende:

             Natuurlike/Kulturele invloede
             Komposisie
             Perspektief
             Kleur
             Of sy indrukke van Afrika suksesvol is, of nie                               (10)

2.2      Bespreek TWEE kunswerke deur verskillende Suid-Afrikaanse kunstenaars
         (EEN werk per kunstenaar) wat die invloed van Afrika-simbole en kunsvorms
         in hulle werk uitbeeld.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Onderwerp
             Invloede van inheemse kunsvorms en simbole
             Kunselemente
             Styl en tegniek
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                             (10)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

DBE/November 2020
                                                                                                                                                              Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

                                 7
                              SS/NSS
                              Visuele Kunste/V1                                                                                                               Kopiereg voorbehou

                                                  FIGUUR 2a: Olaf Hajek, The Big Collector (Die Groot Versamelaar), akrielverf en oliepastel op bord, 2016.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            8                          DBE/November 2020
                                          SS/NSS

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
         1980's INGESLUIT

Kunstenaars wat emosioneel deur 'n voorval geraak word, voel dikwels die behoefte
om hierdie ervaringe visueel te dokumenteer. Pablo Picasso was geskok oor die
bomaanval op Guernica, 'n plattelandse dorpie in noordelike Spanje, gedurende die
Spaanse Burgeroorlog. Baie onskuldige vroue en kinders het in hierdie oorlog hulle
lewens verloor.

Ayanda Mabula beeld baie jare later die weduwees uit van die mynwerkers wat tydens
'n staking by Marikana in Noordwes in Suid-Afrika doodgemaak is. Die Suid-Afrikaanse
Polisiediens het op 16 Augustus 2012 op 'n groep stakende mynwerkers by Marikana
begin skiet en 34 mynwerkers gedood en nog 78 ernstig gewond.

3.1      Neem die stelling hierbo in ag en skryf 'n paragraaf waarin jy bespreek hoe die
         kunstenaars in FIGUUR 3a en FIGUUR 3b hulle protes teen die ongeregtighede
         van die mensdom uitgebeeld het.

         Jy kan na sommige van die volgende riglyne verwys:

             Beeldgebruik en simboliek
             Ooreenkomste en verskille
             Styl
             Betekenis en boodskappe
             Die kunswerk wat die sterkste emosie ontlok. Motiveer jou antwoord.              (8)

3.2      Skryf 'n opstel waarin jy die kunswerk bespreek van enige TWEE
         Suid-Afrikaanse kunstenaars wat jy bestudeer het, wat oor sosiale en/of
         politieke kwessies besin.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Kunselemente
             Komposisie
             Beeldgebruik en inhoud
             Styl                                                                             (12)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            9                       DBE/November 2020
                                          SS/NSS

                     FIGUUR 3a: Pablo Picasso, Guernica, olie op doek, 1937.

             FIGUUR 3b: Ayanda Mabulu, Marikana Widows (Marikana-weduwees),
                              gemengde media op doek, 2012.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          10                     DBE/November 2020
                                         SS/NSS

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

4.1      Kies FIGUUR 4a OF FIGUUR 4b en skryf 'n paragraaf deur die volgende
         riglyne te gebruik:

             Uitbeelding van figure
             Formele kunselemente
             Gebruik van perspektief
             Gebruik van patroon en simbole                                              (8)

4.2      Skryf 'n opstel waarin jy TWEE voorbeelde deur Suid-Afrikaanse kunsvlyt-
         kunstenaars en/of geestelike/spirituele kunstenaars bespreek.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Onderwerp/Inhoud
             Invloede en inspirasie
             Kunselemente
             Gebruik van materiaal en tegnieke
             Funksie en/of boodskap                                                      (12)
                                                                                          [12]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            11                       DBE/November 2020
                                           SS/NSS

                    FIGUUR 4a: Sibusiso Duma, Zionist Baptism (Zionistiese Doop),
                                 akrielverf op bord, datum onbekend.

            FIGUUR 4b: Sibusiso Duma, When We Were Young (Toe Ons Jonk Was),
                              akrielverf op bord, datum onbekend.
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           12                        DBE/November 2020
                                          SS/NSS

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA

Heinings, skeidings, versperrings, mure, grense en hindernisse beperk ons
vryheid van beweging.

Toe die Berlynse Muur in 1989 geval het, was daar nog 11 ander lande in die wêreld
met grensheinings en mure. Teen 2016 het 70 lande nog grensheinings en
mure gebou. Ai Weiwei pak hierdie kwessie in sy interaktiewe 300 stuk- openbare
kunswerk aan, wat op verskeie plekke in die stad New York, Amerika, geïnstalleer is.

Die installasies in FIGUUR 5a en 5b maak deel uit van die uitstalling, Good Fences
Make Good Neighbours, in New York.

5.1      Bespreek hoe Ai Weiwei die internasionale migrasiekrisis en die huidige
         globale politieke landskap aanpak deur die gebruik van nuwe media met
         verwysing na die volgende:

             Interpretasie en keuse van die plek/ligging
             Keuse van strukture
             Skaal van die kunswerke
             Dink jy dat hierdie installasies sy boodskap suksesvol oorgedra het? Gee
              redes vir jou antwoord.                                                         (8)

5.2      Vergelyk enige TWEE multimediakunswerke wat 'n sterk boodskap aan die
         publiek oordra en/of wat nuwe en onkonvensionele media gebruik om hulle
         betekenis oor te dra.
                                                                                              (12)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                        13                        DBE/November 2020
                                       SS/NSS

       FIGUUR 5a: Ai Weiwei, Gilded Cage (Vergulde Hok), ingang na Central Park,
                      New York, 2017. Verguld (met goud oortrek).

           FIGUUR 5b: Ai Weiwei, Arch (Boog), Washington Square Park, 2017.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           14                       DBE/November 2020
                                          SS/NSS

VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

FIGUUR 6a en 6b is twee tonele uit die William Kentridge film, More Sweetly Play the
Dance (Speel die Dans Nog Meer Soetsappig). Die kyker is omring deur 'n vloer-tot-
plafon-ervaring van bewegende beelde, tekeninge en klank.

6.1      Bespreek die verskillende Suid-Afrikaanse kwessies wat in beide kunswerke
         in FIGUUR 6a en 6b gesien word deur na die volgende te verwys:

             Visuele voorkoms
             Plasing/Aksies/Simbolisme van die figure
             Styl en keuse van medium                                                      (6)

6.2      Skryf 'n opstel oor TWEE kunswerke deur Suid-Afrikaanse kunstenaars wat
         identiteit in 'n demokratiese samelewing hanteer.

         Jy kan die volgende riglyne gebruik:

             Formele kunselemente
             Styl en tegnieke
             Beeldgebruik
             Uitbeelding van identiteit
             Media
             Moontlike betekenis en boodskappe                                             (14)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         15                         DBE/November 2020
                                        SS/NSS

    FIGUUR 6a: William Kentridge, More Sweetly Play The Dance (Speel Die Dans Nog
     Meer Soetsappig), 8-skerm-filminstallasie met vier megafone, 15 minute lank, 2015.

    FIGUUR 6b: William Kentridge, More Sweetly Play The Dance (Speel Die Dans Nog
     Meer Soetsappig), 8-skerm-filminstallasie met vier megafone, 15 minute lank, 2015.
             Hierdie video kombineer lewende aksie en animasiefilmmateriaal.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             16                        DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Osborne Macharia, 'n fotograaf van Kenia, het 'n reeks foto's, genoem 'All Women',
geskep. In hierdie reeks, I am Idol, I am Nurturer and I am Warrior (Ek is Afgod,
Ek is Versorger en Ek is Kryger) stel hy vrouebemagtiging voor.

7.1       Dink jy dat die titels suksesvol in die werke (FIGUUR 7a, 7b en 7c) uitgebeeld
          word?

          Ondersteun jou antwoord deur na die volgende te verwys:

              Styl, rekwisiete ('props') en agtergrond
              Kleur
              Kleredrag en liggaamstaal                                                       (6)

7.2       Analiseer die werke van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het wat
          geslagskwessies uitbeeld.

          Jy kan die volgende in jou antwoord gebruik:

              Invloede
              Beeldgebruik
              Onderwerp/Inhoud
              Medium
              Styl en tegnieke
              Betekenis en boodskappe                                                         (14)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         17                         DBE/November 2020
                                        SS/NSS

             FIGUUR 7a: Osborne Macharia, I am Idol (Ek is Afgod), foto, 2018.

         FIGUUR 7b: Osborne Macharia, I am Nuturer (Ek is Versorger), foto, 2018.

           FIGUUR 7c: Osborne Macharia, I am Warrior (Ek is Kryger), foto, 2018.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           18                         DBE/November 2020
                                          SS/NSS

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Die Zeitz Museum van Kontemporêre Kuns Afrika (Zeitz MOCAA) is by die Victoria &
Alfred Waterfront in Kaapstad gebou, die grootste museum van kontemporêre
Afrika-kuns in die wêreld. Heartherwick Studios, VDMMA- en RBA-vennote het 'n ou
historiese graansilo omskep en dit in 'n reeks galerye verander. Die museum het ses
vloere en die Royal Portfolio Hotel beslaan die gedeelte wat eens die graanhysbak-
gedeelte was, sowel as die vloere bokant die museum. Die vorm van 'n vergrote
mieliepit of graankorrel was ook die inspirasie vir die interieur van die gebou.

8.1      Verwys na FIGUUR 8a en FIGUUR 8b en beantwoord die volgende vrae:

             Hoekom dink jy is die argitek geïnspireer om 'n ou, leë, historiese
              graansilo vir 'n moderne kunsmuseum te gebruik?

             Die ruimte van die interieur is op 'n unieke wyse geaktiveer. Hoe reageer
              jy op die ruimte/skaal soos in FIGUUR 8b gesien word?

             Gee redes waarom jy dink die argitek besluit het om ook 'n hotel as deel
              van die algehele ontwerpplan in te sluit.                                        (8)

8.2      Bespreek enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue/strukture wat jy bestudeer
         het.

         Verwys na die volgende in jou opstel:

             Funksie
             Gebruik van materiaal en tegniek
             Stilistiese kenmerke/Dekoratiewe kenmerke
             Moontlike invloede
             Omgewingskwessies                                                                (12)
                                                                                               [20]

Silo:    Groot industriële silindriese betonstruktuur waarin graan gestoor word

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         19                       DBE/November 2020
                                        SS/NSS

        FIGUUR 8a: Buite-aansig van die Museum van Kontemporêre Kuns Afrika
       (Zeitz MOCAA), Heatherwick Studios, Van Der Merwe Miszewski- (VDMMA) en
                      Rick Brown-vennote (RBA), Kaapstad, 2017.

              FIGUUR 8b: Interieur-aansigte van die Zeitz (MOCAA) Kunsmuseum.

                                                                        TOTAAL:        100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2020-memo-eng/d5e89b02-0d59-4c7b-8f01-dfabe72b30ff) — Visual Arts · Memo · 2020 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2020-memo-afr/9ab64cab-f381-4897-92e5-9e5f0c5afd1b) — Visual Arts · Memo · 2020 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-eng/bad22f4f-5320-4e95-ba28-99a4822fe65c) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-afr/6b4f0711-45ef-4801-bdd4-986ad7e70d58) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2022-eng/26bb5f23-65f5-4599-8bcc-9c5cae341385) — Visual Arts · QP · 2022 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2021-eng/daf80e06-f100-4a60-9691-5a9e93ca93a5) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
