# Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2021-afr/7f219bc0-3117-44ba-a2c7-78d846ae92ef
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2021-afr/7f219bc0-3117-44ba-a2c7-78d846ae92ef)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                      GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                 VISUELE KUNSTE V1

                                   NOVEMBER 2021

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            2                         DBE/November 2021
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:

     Gebruik van die korrekte kunsterminologie
     Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
     Skryf- en navorsingsvaardighede in 'n geskiedkundige en kulturele konteks
     Plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
     Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.        Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

4.        Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
          regterkantse bladsye.

5.        Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
          dit vereis word.

6.        GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
          in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
          toelaatbaar.

7.        Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde
          bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n
          gebou/struktuur.

8.        Kandidate mag NIE beelde wat alreeds in ander vrae gebruik is, bespreek
          NIE.

9.        Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
          volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
          feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.

10.       Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
          puntetoekenning.

              6–8 punte:   'n minimum van ½–¾ bladsy
              10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e)
              20 punte:    'n minimum van 2 bladsye

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Copyright reserved                                                         Please turn over

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                 3           DBE/November 2021
                                 NSS

           LAAT HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            4                       DBE/November 2021
                                            NSS

BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Pemba en Sibisi beeld die belangrike rol van die iSangoma as 'n tradisionele geneser
tydens verskillende tydperke in Suid-Afrika uit.

1.1      Vergelyk FIGUUR 1a en FIGUUR 1b met verwysing na die volgende:

             Narratiewe/Stories
             Visuele leidrade wat die 25 jaar-verskil aandui
             Formele kunselemente
             Fokuspunt
             Stemming/Atmosfeer                                                            (10)

1.2      Bespreek die kunswerk van enige TWEE kunstenaars (EEN werk per
         kunstenaar) wat interessante temas uitbeeld. Gee die name van die
         kunstenaars en die titels van die kunswerke.

         Oorweeg die volgende in jou opstel:

             Onderwerp
             Invloede
             Formele kunselemente
             Media en tegniek
             Boodskap/Betekenis van die kunswerk.                                          (10)
                                                                                            [20]

iSangoma: 'n Hoogs gerespekteerde geneser onder die mense van Suid-Afrika, wat
          diagnoseer, voorskryf en dikwels rituele uitvoer om 'n persoon fisies,
          geestelik, emosioneel of spiritueel te genees

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           5                       DBE/November 2021
                                           NSS

                     FIGUUR 1a: George Pemba, iSangoma, olie op bord, 1980.

         FIGUUR 1b: Sithembiso Sibisi, The Sangoma's Feast (Die Sangoma se Fees),
                                      olie op doek, 2005.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            6                         DBE/November 2021
                                            NSS

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Sokker is een van die gewildste sportsoorte wat deur baie mense wêreldwyd geniet
word. FIGUUR 2c is 'n voorbeeld van 'n futuristiese kunstenaar se interpretasie van die
energie van die spel. FIGUUR 2a en 2b toon 'n unieke Afrika-weergawe.

2.1      Bespreek die interpretasie van die sokkertema deur die volgende te oorweeg:

             Hoe die tweedimensionele en driedimensionele gebruik van media die
              uitbeelding van die tema beïnvloed
             Energie/Ritme/Beweging wat in die styl en tegniek van die werke
              uitgebeeld word
             Afrika- en/of Westerse invloede                                                  (10)

2.2      Beskryf die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars (EEN
         kunswerk per kunstenaar) wie se werk inheemse en/of Afrika-simbole
         en -kunsvorms weerspieël. Noem die kunstenaars en titels van die
         kunswerke.

         Jy kan van die volgende gebruik:

             Onderwerp
             Invloede
             Formele kunselemente
             Styl
             Boodskap en/of betekenis                                                         (10)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                        7                        DBE/November 2021
                                        NSS

  FIGUUR 2a: Zamani Romeo Makhanya,              FIGUUR 2b: Jackson Hlungwane,
  Soccer's Rhythm (Ritme van Sokker),         Christ Playing Soccer (Christus Speel
      inkdruk op katoenpapier, 2010.          Sokker), gesnede hout, datum onbekend.

            FIGUUR 2c: Umberto Boccioni, Dynamism of a Soccer Player
                (Dinamiek van 'n Sokkerspeler), olie op doek, 1913.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          8                        DBE/November 2021
                                          NSS

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
         1980's INGESLUIT

3.1      Vergelyk enige TWEE kunswerke in FIGUUR 3a, 3b en 3c deur na die
         volgende riglyne te verwys:

             Lyn, kleur, vorm en patroon
             Styl en media
             Die uitbeelding van die geweer in elke kunswerk en die rol daarvan in
              verhouding tot die ander beelde in die kunswerk.
             Hoe word sosiopolitieke kwessies in Suid-Afrika in hierdie werke
              hanteer?                                                                     (10)

3.2      Skryf 'n kritiese analise oor TWEE kunswerke deur TWEE verskillende
         kunstenaars (EEN kunswerk per kunstenaar) wie se temas sosiopolitieke
         kwessies weerspieël. Noem die kunstenaars en die titels van die kunswerke.

         Oorweeg die volgende:

             Onderwerp
             Formele kunselemente
             Boodskap/Betekenis                                                           (10)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           9                     DBE/November 2021
                                           NSS

     FIGUUR 3a: Willie Bester, Speelman,                FIGUUR 3b: Ayanda Mabulu,
     gemengdemedia-beeldhouwerk, 1995.           Infant Democracy (Kinderdemokrasie),
                                                    olieverf en bladgoud op doek, 2017.

   FIGUUR 3c: Khaya Witbooi, Gun Shake (Handdruk met Geweer), gemengde media, 2017.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           10                       DBE/November 2021
                                           NSS

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

Afdrukke wat deur kunstenaars in landelike gebiede gedoen word, vertel dikwels 'n
storie oor die lewe in die gemeenskap.

4.1      Bespreek die stories wat in FIGUUR 4a en 4b vertel word deur die volgende
         te vergelyk:

             Formaat
             Fokuspunt
             Lyn en tekstuur
             Diepte en perspektief
             Styl                                                                          (10)

4.2      Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat kuns, kunsvlyt en/of
         geestelike werke van landelike Afrika skep.

         Verwys na die volgende riglyne:

             Invloede
             Media en tegniek
             Moontlike betekenis/Doel/Funksie
             Hoe dra hierdie kunswerke/kunsvlyt/geestelike werke tot die samelewing
              by? Skryf jou antwoord breedvoerig neer.                                      (10)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            11                        DBE/November 2021
                                            NSS

                     FIGUUR 4a: Lucky Sibiya, Warrior (Kryger), houtsnee, 1977.

                     FIGUUR 4b: Judus Mahlangu, Baptism (Doop), etswerk, 1975.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             12                           DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA

Fiona Kirkwood het 'n unieke manier waarop onkonvensionele materiaal gemeng word
om 'n beeld/installasie te skep, soos in Spirit Coat (Geestesjas) gesien kan word. Die
materiaal word as 'n metafoor vir die beskerming van individue, die samelewing,
kultuur en geskiedenis gebruik.

5.1      Bespreek die Spirit Coat (Geestesjas) (FIGUUR 5a–c) met verwysing na die
         volgende:

               Die moontlike betekenis van die uitgesnyde figure wat in 'n sirkel
                uitgepak met klippies is op die vloer geplaas is
               Simbole in die werk, bv. kruise en die betekenis daarvan
               Die gebruik van 'n verskeidenheid onkonvensionele en herwinde
                materiaal en die rol wat dit in die skepping van tekstuur, kleur en
                stemming speel
               Betekenis van die titel: Dink jy die werk is 'n suksesvolle uitdrukking van
                'n Geestesjas en hoekom? Waarom sou die kunstenaar in ons moderne
                wêreld 'n geestesjas wil skep?                                                    (10)

5.2      Bespreek enige TWEE kontemporêre kunswerke wat nuwe/alternatiewe
         media gebruik om 'n kragtige boodskap te skep. Noem die kunstenaar(s) en
         die titels van die kunswerke.                                                            (10)
                                                                                                  [20]

Onkonvensioneel: Gebruik nie tradisionele materiaal nie

Metafoor:             Iets wat as 'n voorstelling of simbolies van iets anders beskou
                      word

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            13                          DBE/November 2021
                                            NSS

      FIGUUR 5a: Fiona Kirkwood, Spirit Coat (Geestesjas), klippies, papieruitknipsels,
 1 000 koeldrankblikringetjies, plastiek, katoengare, staal, draad en ander herwinde materiaal,
                                         installasie, 2001.

         FIGUUR 5b en 5c: Fiona Kirkwood, Spirit Coat (Geestesjas), (detail) klippies,
   papieruitknipsels, 1 000 koeldrankblikringetjies, plastiek, katoengare, staal, draad en ander
                              herwinde materiaal, installasie, 2001.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           14                         DBE/November 2021
                                           NSS

VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

Ons leef in 'n wêreld waar sosiale media 'n diepgaande effek op die identiteitspolitiek
van Suid-Afrika het. Wat is die identiteitskwessies waarmee jy en/of jou vriende op die
oomblik worstel?

6.1      Debatteer die stelling deur na DRIE van FIGURE 6a–e te verwys.                        (10)

6.2      Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat identiteit in 'n
         demokratiese Suid-Afrikaanse samelewing ondersoek. Noem die kunstenaars
         en titels van die kunswerke. Moet NIE die kunswerke wat in VRAAG 6.1
         gegee word, herhaal NIE.

         Jy kan na die volgende riglyne verwys:

             Beeldgebruik
             Identiteitspolitiek
             Styl en tegnieke
             Betekenis/Boodskappe                                                             (10)
                                                                                               [20]

Identiteitspolitiek: Verwys na die verbintenis en debat rondom 'n mens se identiteit in
                     terme van geloof, ras, sosiale agtergrond, klas en geslag, ens.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                        15                         DBE/November 2021
                                        NSS

       FIGUUR 6a: Mustafa Maluka,              FIGUUR 6b: Pierre Fouche, Lace Portrait
#flashback/prodigal son (#terugflits/verlore    (Portret van Kant), poliëstergare, datum
         seun), datum onbekend.                               onbekend.

  FIGUUR 6c: Norman O'Flynn, detail van           FIGUUR 6d: Claudette Schreuder,
Timekeeper 35-King (Tydhouer 35-Koning),        Three Sisters (Drie Susters), hout en
    gemengde media in 'n ligkas, 2017.                emalje, datum onbekend.

       FIGUUR 6e: Hasan en Husain Essop, Fast food (Kitskos), fotomontage, 2008.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           16                        DBE/November 2021
                                           NSS

VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Daar is nie minder nie as 21 vroue en kinders in die afgelope paar weke vermoor.
Hulle moordenaars het gedink dat hulle hulle kon stilmaak. Maar ons sal hulle nie
vergeet nie en ons sal vir hulle praat waar hulle nie kan nie.

                                                               Cyril Ramaphosa, 2020

Toe Penny Siopis Die Skandereeks (The Shame Series) in 2002–2005 geskep het,
het sy op kwessies van mishandeling van vroue en kinders lig gewerp. Dit is deesdae
steeds 'n ernstige kwessie in ons samelewing en daar is verskillende maniere waarop
kunstenaars die publiek van hierdie kwessies bewus maak.

7.1       Bespreek die stelling hierbo met verwysing na FIGURE 7a–7d.

          Noem die volgende in ag:

               Die betekenis van:
                o Die hande op die gesig
                o Onderklere op die sypaadjie
                o Skoene, ens.
               Kleur
               Stemming/Emosie, atmosfeer, bv. kommunikasie deur die oë, materiaal,
                media en tegniek
               Watter van hierdie voorbeelde, voel jy, het die grootste impak om die
                publiek se aandag na hierdie geslagsgebaseerde geweld te trek. Gee
                redes vir jou antwoord.                                                      (10)

7.2       Skryf 'n opstel oor TWEE kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) wat jy
          bestudeer het wat geslagskwessies in die samelewing hanteer. Noem die
          kunstenaars en die titels van die kunswerke.                                       (10)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              17                        DBE/November 2021
                                              NSS

                     FIGUUR 7a: Straatkuns in Amerika, vroueonderklere en foto's,
                                         datum onbekend.

   FIGUUR 7b: Penny Siopis, Shame Series              FIGUUR 7c: Penny Siopis, Shame Series
  (Skandereeks), gemengde media op papier            (Skandereeks), gemengde media op papier
      (ink met gom gemeng), 2002–2005.                   (ink met gom gemeng), 2002–2005.

         FIGUUR 7d: She leaves him. He kills her (Sy los hom. Hy vermoor haar),
       duisende betogers het buite 'n hofsaal in Brussel betoog en geëis dat geweld teen
                              vroue beëindig moet word, 2015.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            18                        DBE/November 2021
                                            NSS

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Argitektuur moet beide binne en buite die landskap wees.

                                                                    Frank Lloyd Wright

Die toekoms van konstruksie/argitektuur gaan waarskynlik baie ekovriendelik word
soos wat mense meer bewus word van die verwoestende impak wat ons op die
omgewing het.

8.1      Skryf 'n paragraaf waarin jy FIGUUR 8a en 8b bespreek met verwysing na
         sommige van die volgende:

               Hoe is Frank Lloyd Wright se stelling op elke voorbeeld van toepassing?
               Verwys na FIGUUR 8a en bespreek hoe tyd en lig 'n effek op die
                buitekant van die gebou kan hê. Antwoord breedvoerig.
               Hoe het Aitken in FIGUUR 8a sy materiaal/media op 'n innoverende
                manier gebruik? Antwoord breedvoerig.
               Verwys na FIGUUR 8b en bespreek die voordele daarvan om hierdie
                gebou vooraf te vervaardig.
               Elke huis het 'n verskillende dakstruktuur. Bespreek die voordele en
                nadele van elk.                                                                (8)

8.2      Bespreek enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue wat op 'n interessante manier
         by hulle omgewing pas. Noem die argitek(te) en titels van die geboue.

         Neem sommige van die volgende riglyne in ag:

               Invloed van ligging/bouterrein op die ontwerp
               Funksie/Doel
               Invloede
               Materiaal
               Ontwerp en styl                                                                (12)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             19                          DBE/November 2021
                                             NSS

FIGUUR 8a: Doug Aitken, Mirage Gstaad (Lugspieëling, Gstaad), gedeelte van Elevation 1049:
                 Frequencies, huis met spieëls oortrek, Switserland, 2019.

        FIGUUR 8b: Pietro Russo, Eco Home (Ekohuis), Franschhoek, Suid-Afrika, 2014.
       Verskillende aansigte van dieselfde huis. Vooraf in 'n fabriek in Suid-Afrika vervaardig
                                 en daarna na sy ligging vervoer.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2021-eng/daf80e06-f100-4a60-9691-5a9e93ca93a5) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2021-eng/461887ca-0e54-4465-b287-544137760c61) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2021-afr/42348f84-51a9-4a35-9913-8f964bf40dd2) — Visual Arts · QP · 2021 · Afr
- [Visual Arts P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2019-eng/9f154c43-9140-4379-af31-fcdaf444b8fa) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-eng/bad22f4f-5320-4e95-ba28-99a4822fe65c) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-afr/6b4f0711-45ef-4801-bdd4-986ad7e70d58) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
