# Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2021-mg-afr/166697d6-8252-4080-a053-7bd8e72f3f46
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2021-mg-afr/166697d6-8252-4080-a053-7bd8e72f3f46)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                VISUELE KUNSTE V1

                                   NOVEMBER 2021

                                   NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           2                          DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:
 1.        Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige
           VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord.
 2.        Dit is BAIE BELANGRIK dat daar in die volgende gevalle vir die kandidate
           voorsiening gemaak word:
               Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
                antwoorde gee.
               Gee krediet vir laterale denke.
               Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
                na spesifieke faktore te verwys.
 3.        Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
           Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
           antwoorde te struktureer.
 4.        Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
           as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
           kunswerke is toelaatbaar.
 5.        Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
           noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte
           kunstenaar en titel van die werk toegeken. Een punt word afgetrek as daar
           geen vergelyking plaasgevind het nie.
 6.
           Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige
           antwoord bespreek, waar van toepassing.
 7.
           Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel
           hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
           akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
           kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van
           die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigsaam in
           die nasienproses wees.
 ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
     Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners en 'n onderrigmiddel dien.
      Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die
      materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne
      kan slegs 'n voorgestelde gids wees.
     LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
      weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
     Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
      opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
     Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens
      die vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal
      nie. Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.
     Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir
      'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               3                                DBE/November 2021
                                        NSS – Nasienriglyne

Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer

PRESTASIE-KODE                           ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES

                        Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
          7              politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
     Uitstekend         Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
      80–100%           Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                         kuns.
                        Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.

                        Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
          6              sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    Verdienstelik        lewer.
      70–79%            Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                        Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                        Toon uitstekende insig en begrip.

                        Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
         5               politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
     Aansienlik         Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
      60–69%             terminologie.
                        Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                        Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.

                        Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
         4               politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
     Gemiddeld          Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
      50–59%            Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                        Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.

                          Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
         3                 sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
    Bevredigend            te lewer.
      40–49%              Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
                           terminologie.
                          Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                          Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.

                          Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
          2                sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
      Elementêr            te lewer.
       30–39%             Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                          Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                          Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.

                          Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
          1                sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
    Nie behaal nie         te lewer.
        0–29%             Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
                           terminologie.
                          Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                          Toon min of geen begrip of insig nie.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                                4                     DBE/November 2021
                                         NSS – Nasienriglyne

                    KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.

 Die volgende puntetoekenning moet nagekom word wanneer slegs EEN
 kunswerk/kunstenaar in plaas van twee bespreek is .

 6 punte (maks 3)
 8 punte (maks 5)
 10 punte (maks 6)
 12 punte (maks 7)
 14 punte (maks 8)
 20 punte (maks 12)

As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle in die verskillende provinsies,
moet die provinsies die nasienersriglyne vir interpretasie aanpas.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
1.1      Kandidate moet FIGUUR 1a en FIGUUR 1b vergelyk deur te verwys na die
         volgende: Geen vergelyking -1 punt
                   Narratiewe/Stories

         FIGUUR 1a: Die storie is 'n intieme raadpleging tussen 'n moeder en 'n kind
         en die iSangoma (Xhosa kultuur). Die komposisie is geplaas in die binnekant
         van 'n kamer/tradisionele kamer wat privaat en konfidensieël voorkom.”n
         Tradisionele huislike gevoel. (Diervelle op mure, vloere lyk soos modder, sit
         op die vloer). Sibisi fokus op oorvloed.
         FIGURE 1b: Die storie is 'n groep iSangomas(Zoeloe) wat 'n fees van
         verskeidenheid kosse geniet (hoender,pap en bier,) Die komposisie reflekteer
         die interaksie/gesprekke tussen vyf sittende iSangomas op die vloer van 'n
         moderne huis en 'n figuur wat in die deur staan.
          In albei kunswerke is die Sangoma teenwoordig en is ook gesete op die vloer
         in     die   teenwoordigheid      van    die   hoofkarakter.Die   fees     vir
         inisiasie/verwelkoming van „n nuwe iSangoma tot die groep(jong man wat
         tradisionele seremoniële bier in bierhouer inbring in die deuropening). Die
         feesmaal bestaan uit heel hoender gaargemaak met slegs sout en „pap‟. Die
         groen emalje kom is gebruik vir reinigingseremonie. Albei werke is
         eenvoudige illustratiewe narratiewe style met onderliggende morele stories.
                Visuele leidrade wat die 25 jaar tydverskil aandui
         Die komplimentêre kleure van pers en geel in FIGUUR 1a verskil van die
         helder rooi en groen in FIGUUR 1b. Die uitbeelding van die figure in FIGUUR
         1a is formeel in die raadpleging van die iSangoma deur die vrou. In FIGUUR
         1b is 'n informele fees gehou deur 'n groep iSangomas met 'n verskeidenheid
         kosse en moderne bier(kan ook muti of drank wees) in 'n krat wat gemerk is
         met die SAB logo. Hulle kleredrag is meer modern maar steeds tradisioneel,
         terwyl in FIGUUR 1a dra die iSangoma klere wat totaal van natuurlike
         organiese material gemaak is. Die moderne items is die pallet/tafel op die
         vloer, gordyn en rakke met bottels in die agtergrond asook die oop deur. In
         FIGUUR 1a sit mense op die vloer van „n tradisionele hut uit die verlede. Die
         Sangoma in Pemba se werk is manlik waar meer vroue hierdie professie in
         onlangste tye opgeneem het.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            5                            DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

              Formele kunselemente: Kandidate             kan    enige    kunselemente
         bespreek, soos kleur, lyn, vorm ens.

         Kleur: FIGUUR 1a: Daar is 'n verskeidenheid aardse kleure gebruik soos
         bruine, okers en gele wat die kunswerk domineer. Komplimentêre kleure
         soos perse en gele is in die voor- en agtergrond. Die oranje kombers wat die
         baba toemaak kontrasteer en komplimenteer die blou suiwer kleure van die
         ma se hooftooisel. Die koeler kleure in die agtergrond skep perspektief. Die
         gebruik van wit in die klere en in die kralewerk van die iSangoma/geneser se
         kleredrag trek die aandag na die figure. Die vrou en kind is effens groter as
         die iSangoma regs. Die vertikale lyn van die muur agter die iSangoma en die
         gordyn agter die ma en kind skep diepte en skei die agtergrond van die
         voorgrond. Die agtergrond is in ligter en sagter toonwaardes geverf om diepte
         te skep. Die diagonale lyne van die iSangoma se bene trek die oog in die
         prentvlak in en skep diepte.Die Sangoma se uitgestrekte hand in die rigting
         van die moeder en kind dui sy erken van haar aan. Sy kyk af en hy kyk na die
         toeskouer. Herhalende sirkelvorms in die komposisie. Kop van die moeder,
         kind, sangomas en kopstukke en ook sirkelvorms in die agtergrond. Dieselfde
         herhaling van sirkelvorms in FIGUUR 1b. Die koppe van die mans, die
         komme op die tafel en die dromme. 1a en 1b het „n horisontale effek met die
         mense wat amper in „n ry sit terwyl 1b ook vertikale lyne in die gordyne, deur
         en dromme aan die regterkant het. 1a is „n meer informele respekvolle
         uitbeelding.

         FIGUUR 1b: Die warm rooie domineer in die komposisie wat gekontrasteer
         word deur die swart en wit tradisionele kleredrag van die iSangomas. Die
         bruin gedrukte diermotief op die hooftooisel en die drom verteenwoordig die
         Afrika tradisie. Die groen skottel met water komplimenteer die rooi omgewing.
         Die groen word ook herhaal op die deur wat 'n sin van balans in die skildery
         skep. Diepte word geskep deur die rangskikking van die groen skottel, tafel
         en bierkrat in die voorgrond en die vyf figure in die middelgrond teen die rooi
         muur in die agtergrond. Dit word verder verhoog deur die figuur in die deur
         insluitende die landskap agter hom. Diepte/perspektief word geskep deur die
         diagonale lyn by die deur sowel as die lyn wat die vloer en die rooi muur skei.
         Die helder kleure en die besige interaksie van die iSangomas teen die
         eenvoudige donkerder rooi muur skep ook diepte.
                   Fokuspunt:

         FIGUUR 1a:
         Die iSangoma se traditionele dekoratiewe kleredrag en handgebare maak
         hom die fokuspunt. Kandidate kan enige ander elemente bespreek solank
         hulle net hulle antwoorde staaf. Fokus word geplaas op die vrou met die baba
         (wit hemp en sirkelbeweging van die rooi toedraaikombers om die baba en
         die arm van die vrou) wat die oog lei na die iSangoma. Langs die Sangoma is
         diervelle en „n kopbeen wat nadruk op hom plaas.

         FIGUUR 1b:
         Die sittende figuur (vrou), wat vorentoe kyk, in die middel is die fokuspunt. Sy
         is die enigste een wat 'n eenvoudige wit bostuk dra. Kandidate kan enige
         ander elemente bespreek solank hulle net hulle antwoorde staaf. Die fokus is
         op die kos(wit „pap‟ balle). Die ligbron skyn daarop met hande wat uitreik.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             6                           DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

               Stemming/atmosfeer
         FIGUUR 1a:
         Die stemming is donker, spiritueel, intiem en kultureel in 'n tradisionele toneel.
         Die vrou se liggaamshouding en gesigsuitdrukkings dra 'n gevoel oor van
         kommer, omgee, beskerming, onderdanigheid, respek, aanvaarding,
         weerhouding en stilte. Die iSangoma word voorgestel as magtig, energiek,
         selfversekerd en lewendig. Die ma en die iSangoma het kontrasterende
         emosies/uitdrukkings. Die atmosfeer van die skildery toon 'n ekspressiewe,
         intieme, privaat, warm, snoesige toneel toegeskryf aan die kleure en styl wat
         gebruik is sowel as die rangskikking van die figure in die skildery. Die vrou
         skep 'n kalm, beskermende atmosfeer met haar hand op die baba se kop,
         terwyl die iSangoma lewendiger vertoon as gevolg van sy ekspressiewe
         gebare en gesigsuitdrukking.

         FIGUUR 1b:
         Die skildery het 'n vierende en feestelike atmosfeer. Die stemming is ernstig
         en die iSangomas is besig om te eet en die fees te geniet. Die stemming is
         een van eenheid en verbinding met mekaar.                                                (10)

1.2      Kandidate moet 'n opstel skryf waarin die kunswerke van enige TWEE
         kunstenaars (EEN werk per kunstenaar) beskryf wat interessante temas
         vasvang. Verskaf die name van die kunstenaars en die titels van die
         kunswerke.
         Hulle moet die volgende in hulle opstel oorweeg:
              Onderwerp
              Invloede
              Formele kunselemente
              Media en tegniek
              Die boodskap/betekenis van die kunswerk                                            (10)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             7                         DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2:             SUID AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA
                     EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

2.1      Kandidate moet die interpretasie van die sokkertema bespreek deur die
         volgende te oorweeg:

         FIGUUR 2a: Zamani Romeo Makhanya, Ritme van Sokker (Soccer's
         Rhythm), inkdruk op katoenpapier, 2010.

         FIGUUR 2b: Jackson Hlungwane, Christus Speel Sokker (Christ Playing
         Soccer) gesnede hout, datum onbekend.
         FIGUUR 2c: Umberto Boccioni, Dinamiek van 'n Sokkerspeler (Dynamism
         of a Soccer Player ) olie op doek,1913.

                   Hoe die twee-dimensioneele en drie-dimensionele gebruik van
                    media die uitbeelding van die tema beïnvloed.

         FIGUUR 2a: Vibrerende kleure is op katoenpapier gedruk wat visueel genot
         verskaf en skep die opwindende atmosfeer teenwoordig by 'n sokker
         wedstryd. Vir die kyker lyk dit asof die toeskouers sowel as die spelers
         tegelykertyd op een vlak uitgebeeld word, en lyk amper asof hulle oorvleuel.
         Die fragmentering van die gesigte, lywe en klere deur die gebruik van skerp,
         vertikale lyne, skep 'n besige atmosfeer en dra by tot die energieke speel van
         die spel. Die figure is geskilder in 'n gestilleerde, figuratiewe en verwronge
         manier en is amper kubisties wat gesien is in die gefragmenteerde,
         vereenvoudigde gesigte en figure. Is verdeel in die helfte met „n baie sterk
         vertikale lyn en twee kontrasterende kleure rooi en groen. Dui dag en nag
         aan-sokker wat „n groot deel is van Afrika leefstyl asook twee opponerende
         spanne. Voetspore is sigbaar. 2D werk vang die gees en energie van sokker
         vas.

         FIGUUR 2b: 'n Driedimensionele beeldhouwerk van inheemse hout, beeld
         Christus wat sokker speel uit. Die arms is gevou om die liggaam om
         beweging te skep. Aan die voete is sokkerskoene en die bal is perfek
         gebalanseer tussen hulle. Ingesny in die hout is kerfwerk wat 'n embleem op
         die trui/hemp uitbeeld. Die kunstenaar het 'n subtraktiewe metode gebruik toe
         hy die houtbeeld gekerf het. Hout is 'n duursame, harde stewige medium. Die
         hout se kleur verander met tyd. Die natuurlike grein van die hout is sigbaar en
         skep tekstuur. Die oppervlak is gepoleer en het 'n blink voorkoms. Gekurfte
         lyne word gebruik. „n Moment in die speel van sokker vasgevang, gebruik die
         vloei van die grein van die hout om die posisie van die arm,been, voet en bal
         te suggereer en fokus te plaas op die bal.

         FIGUUR 2c: As 'n mens naby kyk kan die afbeelding van 'n kuitspier
         waargeneem word in die middel van die skildery. Voete is amper die
         belangrikste faktor in die speel van sokker en deur middel van die dinamiese
         diagonale lyne lyne en vorms het die kunstenaar daarin geslaag om 'n
         geannimeerde beweging te skep. Fragmentering, ligstrale, herhaling van die
         vorms en die stippel kwasmerke suggereer beweging.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              8                        DBE/November 2021
                                       NSS – Nasienriglyne

                   Energie/ritme/beweging uitgebeeld in die styl en tegniek van die
                    werke

         FIGUUR 2a: Die maskeragtige gesigte is tipies Afrika. In die middel van die
          komposisie sowel as aan die regterkant van die drukwerk, kan hande gesien
          word wat 'n drom speel. Dit kan vrolikheid, geluk, opgewondenheid en
          beweging simboliseer. Die herhaling van die patrone op die kleredrag beeld
          tradisionele Afrika motiewe uit. Die herhaling van die voete simboliseer die
         fisiese energieke skopaksies van 'n sokkerspeler. 'n Sokkerbal as die son
         word 'n metafooor vir sokker as die lig van hulle lewe in Afrika. Drie ander
         ronde vorms is sigbaar wat die beweging van 'n bonsende bal voorstel. Ritme
         word geskep in die herhaling van die voete, die speel van dromme, en die
         klank van die vuvuzelas. Die portretstudies word voorgestel met oop monde
         wat of sing of aktief in die spel betrokke is. Ritme word ook geskep deur die
         herhaling van kleure, bonsende balle en baie voete.
         FIGUUR 2b: Die beeldhouwerk is 'n figuratiewe, verwringde vereenvoudigde
         figuur gekerf uit hout. 'n Ekspressionisties, naiewe benadering is sigbaar in
         die harde gelaatstrekke, groot kop en verkorte bene. Potensiële beweging
         kan gesien word in die kinetiese energie van die arms en bene. Ritme word
         geskep deur die arms wat om die liggaam van die sokkerspeler gevou is. Die
         bene van die figuur is staties en die sokkerbal word tussen die twee voete
         vasgehou. Die figuur is gereed om te beweeg of om die bal te dribbel.
         FIGUUR 2c: In hierdie Futuristiese werk, wou Boccioni beweging en energie
         vasvang. Die kunstenaar het gefragmenteerde vorms in vibrerende
         kontrasterende bloue en oranjes geverf. Dit dra by tot die energie en
         beweging in die skildery. Diagonale lyne lyk asof dit uitstraal van die
         middelpunt en dit skep 'n beeld van 'n ontploffing.
                   Afrika en/of Westerse invloede
         FIGUUR 2a: In die middel van die drukwerk is 'n groot eier wat broosheid,
         nuwe lewe en hoop skep deur 'n spel, wat mense bymekaar bring, voorstel.
         Die beelde van die twee vuvuzelas, wat gewoonlik by 'n sokkerwedstryd
         gebruik word is tipiese Suid-Afrikaanse beelde. Helder kleure, Afrika
         tekstielpatrone op die klere/swart velkleur/moderne Afrika haarstyle/
         maskeragtige gesigte.
         FIGUUR 2b: Die beeldhouer gebruik inheemse hout van Suid-Afrika om 'n
         moderne sokkerspeler in sokkerdrag uit te beeld. Die metode is tipiese Afrika
         kerfwerk wat 'n naiewe verwringing van die liggaam uitbeeld. Tipiese Afrika
         houtkerfwerk tegnieke/ Westerse styl sokkerklere.
         FIGUUR 2c: Die invloed van Kubisme en Pointilisme op Futurisme kan gesien
         word in die fragmentering van die vorms wat beweging en vibrasie skep. Dit
         stel die energie van 'n sokkerspel voor. Westerse Futurisme beweging
         tegnieke. Ekspressionisme.                                                            (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              9                             DBE/November 2021
                                       NSS – Nasienriglyne

2.2      Kandidate moet die werk van enige TWEE Suid-Afrikaansde kunstenaars
         bespreek wie se werk inheemse en/of Afrika simbole en kunsvorms reflekteer.
         Hulle moet die name van die kunstenaars en die titels van die kunswerke
         noem.

            Hulle mag sommige van die volgende in hulle opstel gebruik:

                   Onderwerp
                   Invloede
                   Formele kunselemente
                   Styl
                   Boodskap en/of betekenis                                                        (10)
                                                                                                    [20]

VRAAG 3: SOSIO-POLITIEKE KUNS, INSLUITEND WEERSTANDSKUNS
         VAN DIE 1970s EN 1980s

3.1       Kandidate moet enge TWEE kunswerke van FIGURE 3a, 3b en 3c vergelyk deur
          na die volgende riglyne te verwys:

           FIGUUR 3a: Willie         Bester,   Speelman      (Play   man),    gemengdemedia-
           beeldhouwerk, 1995.

           FIGUUR 3b: Ayanda Mabulu, Kinderdemokrasie (Infant Democracy), olie en
           bladgoud op doek, 2017.

           FIGUUR 3c: Khaya Witbooi, Handdruk met geweer (Gun Shake), gemengde
           media, 2017.

                 Lyn, kleur, vorm, patroon
           FIGURE 3a: Die figure hou 'n geweer in 'n diagonale lyn wat na die grond toe
           wys, vas. Die vertikale lyn van die staander wat die drip bottel vashou vorm 'n
           kontras met die soliede vorm van die figuur. Kleur kan gesien word in die
           turkoois, oranje en groen spuitverf op die metaal beeld wat die gekamoefleerde
           klere wat soldate gewoonlik dra, naboots. Die driedimensionaliteit van die beeld
           het 'n lewensgetroue vorm. Patroon en tekstuur word geskep deur die klein
           individuele deeltjies van metaalobjekte wat gebruik is om die beeld te skep.
           Geen gevoel/onderdrukker gereed om enige oproer teen te staan. Metaal koud
           en ontoeganklik.
           FIGUUR 3b: Die afwisselende rooi en goue strale skep patroon. Dit skep 'n
           vorteks van strale, vorm patrone en kontrasteer met die geboë lyne van die
           draperings van die moederfiguur. Die sterk vertikale lyn van die geweer
           simboliseer krag en sterkte van die ma-figuur. Die rooi vorms/linte is omlyn met
           'n dun swart lyn.
           Die treffende rooi kleur kan dood simboliseer of geweld, liefde, woede, passie of
           gevaar. Vertikale lyn in die komposisie is geskep deur die moeder figuur wat 'n
           masjiengeweer in haar regterhand vashou, terwyl sy die baba borsvoed. Die
           sagte syerige klere en bykomstighede, wat gedra word deur die ma, kan rykdom
           of koninklikheid of haar kulturele/tradisionele herkoms weerspieël.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           10                          DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

           Die moeder en baba-figuur is geverf in 'n reeks van bruine. Rooi/magenta is
           sigbaar in die hooftooisel en klere van die moeder figuur. Die turkoois en oranje
           in die klere word herhaal in die halsnoer. Donker groen is in die geweer gebruik
           en herhaal in die voue van die materiaal/klere. Middeleeuse ikoonkuns Pieta
           met goudblad/Madonna-agtige Afrika vrouefiguur in Sjinese propaganda
           plakaatstyl.

           FIGUUR 3c: Daar is 'n verskeidenheid van geboë lyne te sien in die hande, die
           ontploffing en die gesigte. Diagonale lyne boots 'n ontploffing na. Die
           aaneenlopende horisontale lyne verdeel die prentvlak. Kontoerlyne definieer en
           omlyn die hande, gewere ontploffing en die gesigte. Daar is 'n dominante
           gebruik van warm rooi, geel en oranje deur die hele kunswerk behalwe vir die
           kontrasterende ultramaryn blou geweer/hand. Die kleure word arbitrêr gebruik
           en is nie verteenwoordigend nie. Die helder geel in die agtergrond beklemtoon
           die handdruk wat die fokuspunt is.

                 Styl en media:
           FIGUUR 3a: Die gebruik van gemenge media soos die metaal objekte wat
           gekombineer is met werklike objekte soos die bottels en weermag hoed, gee die
           beeldhouwerk 'n meganiese, amper robotagtige voorkoms. Die media skep 'n
           tasbare tekstuur en die beeldhouwerk nooi die kyker uit vir interaksie met die
           werk.
           FIGUUR 3b: Die styl is naturalisties. Die plat aanwending van kleur in die
           agtergrond verplat die komposisie. Die gebruik van goud is simbolies van
           heiligheid wat herinner aan die Vroeë Renaissance kunswerke.
           FIGUUR 3c: Dit kom ooreen met die 60's se styl van Popkuns en tipiese Post-
           Modernisme in die kombinasie van beelde. Gedurende die 1960's het plakkate,
           pamflette en strokiesprente, memphis ontwerpe, Ben Day kolle, patrone en
           strokies karikature ingesluit. Die gemengde media kunswerk is illustratief.
           Helder, plat kleur is aangewend in 'n gladde meganiese manier. Die fokuspunt
           bestaan uit 'n rooi gekleurde hand wat 'n blou gekleurde hand skud wat 'n
           pistool as een van die vingers het.
                 Die uitbeelding van die geweer in elke kunswerk en die rol daarvan
                  in verband met die ander beeldgebruik in die kunswerk
           Die geweer wat deur die soldaat vasgehou word, wys na die grond toe. Dit maak
           dit minder geweldadig aangesien dit nie op iemand gerig is nie. Die masker op
           die gesig dui aan dat daar chemiese stowwe dalk in die lug mag wees. Die
           geweer word 'n simbool van verdediging en nie aanval nie. Die soldaat word
           gevoed of word lewend gehou deur die bottels wat aan sy rug vasgemaak is.
           Die geweer dui aan dat hy iemand is wat in 'n oorlog veg of deel is van 'n
           verdedigingsmag.
           FIGUUR 3b: Die moeder wat die geweer vashou is simbolies van beskerming,
           sekuriteit, mag, krag en selversekerdheid. Die baba verteenwoordig onskuld,
           kwesbaarheid, hulpeloosheid, liefde, hoop en die toekomstige generasie.
           FIGUUR 3c: Die beeld van die geweer gekombineer met die hand in die
           handdruk kan oneerlikheid, bedrog, misleiding, verkulling, valsheid en bedrog
           voorstel. Die handdruk wat in die middel van die vierkantige formaat geplaas is
           word die fokuspunt. Haai-agtige ammunisie/patrone is geplaas regs onder. Die
           portrette in die kunswerk kan mense in konflik voorstel.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           11                           DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

                  Hoe spreek hierdie werke sosio-politieke kwessies in Suid-Afrika
                   aan?
           FIGUUR 3a: 'Speelman' mag verwys na gewapende mans wat 'n spel speel in 'n
           onstabiele samelewing. Die kunstenaar beeld 'n figuur uit wat gewapen en
           gemasker is en wat op sy rug goedere dra as 'n lewensmiddel wat mag aandui
           dat dit die manier is hoe 'n mens in 'n geweldadige land oorleef.
           FIGUUR 3b: Die titel “Kinderdemokrasie” verwys na 'n klein kindjie/baba en 'n
           Demokrasie verwys na 'n regeverdige, gelyke land. Dit kan beteken dat 'n ouer
           in 'n jong demokrasie moet veg vir die regte van 'n kind. Dit kan ook verwys na
           ons demokrasie wat nog jonk en nuut is en nodig het om gekoester en beskerm
           te word soos 'n jong kind. Hierdie beeld lê ook die pad neer vir toekomstige
           generasies en tema van vryheid en bevryding.
           FIGUUR 3c: Daar is beeldgebruik van haai-agtige ammunisie aan die onderkant
           van die komposisie wat simbolies is van misleiding en verkulling. Die agtergrond
           het watermerke van gesigte wat strek van mense in die geskiedenis tot komiese
           karakters. Daar is 'n gestilleerde beeld van 'n 'n ontploffing of geweerskoot wat
           simbolies is van spanning, haat, misleiding en oorlog.

           Die strokiesverhaal gesigte, Ben Day kolle en die Memphis ontwerp kan massa
           produksie uitbeeld. Die swart, wit en grys beeld van 'n ontploffing is geillustreer
           in die boonste linkerkantste hoek. Die titel 'Handdruk met geweer' beteken dat
           terwyl hulle hande skud in goeie vertroue , is die geweer simbolies van
           misleiding/bedrog. Die geweer het 'n kwaadwillige betekenis.Helder
           Popkunsagtige hande op tipiese supermark advertensies wat handel en geld
           aandui/ dui ook die skadubeeld van Jan van Riebeeck aan wat op Suid-
           Afrikaanse geldnote was in die verlede. Die blou en pienk hande kan na
           geslagsrolle verwys deur manlik of vroulik te wees. Die helder kleure kan aandui
           dat daar geen spyt by die oortreder is nie, hul voel nie skuldig/verantwoordelik
           nie. Al die kunswerke handel met sosio-politiese kwessies deur middel van
           geweld. Die spotprent gesig in 3c kan na die dood dui omdat die oë kruise is.       (10)

3.2        Kandidate moet 'n kritiese analise skryf oor TWEE kunswerke (een per
           kunstenaar) wie se temas sosio-politieke kwessies reflekteer. Hulle moet die
           kunstenaars en die titels van die kunswerke noem.

           Hulle moet die volgende oorweeg:
                 Onderwerp
                 Formele elemente van kuns
                 Boodskap/betekenis                                                            (10)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           12                           DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4:             KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
                     LANDELIKE AFRIKA

4.1       Kandidate moet die stories bespreek wat vertel word in FIGURE 4a en 4b by
          deur die volgende te vergelyk:

          FIGUUR 4a: Lucky Sibiya, Kryger, houtsnee, 1977.
          FIGUUR 4b: Judus Mahlangu, Doop, etswerk, 1975.

                Formaat
          FIGURE 4a: Sibiya maak gebruik van 'n vertikale/portret formaat wat by die
          beeldgebruik pas. Die groot figuur in die voorgrond domineer die vertikale
          formaat deur „n groot verlengde liggaam met uitgestrekte hande. Agter is 'n
          gevoel van resessie/diepte met die groot groep mense wat geleidelik kleiner
          word na agter en dit beweeg na agter na die natuurlike landskap formaat van
          beeste en geronde hutte.
          FIGUUR 4b: Die lang horisontale formaat is suksesvol gebruik om 'n naby
          aansig te wys van 'n saamgedromde groep mense wat 'n doop aanskou. Die
          afgesnyde aansig van die figure in hierdie formaat maak die kyker deel van die
          aktiwiteit, en gee ons 'n begrip van die godsdienstige geesdrif van die mense
          wat in die water staan.
                Fokuspunt
          FIGUUR 4a: Die fokuspunt is die groot figuur in die voorgrond met uitgestrekte
          arms aangesien dit baie groter is as die ander figure in die agtergrond en dit vul
          'n groot deel van die komposisie.

          FIGUUR 4b: Die fokuspunt is die prediker in die voorgrond wie die persoon
          doop aan die onderkant van die toneel. Hy is geplaas in die middel van die
          komposisie, sy kop is gelig en hy staar opwaarts en hy dra 'n hemp met
          kontrasterende wit en swart patrone.

                Lyn en tekstuur
          FIGUUR 4a: Geboë lyne skep die hutte in die agtergrond en die lyne van die
          landskap. Vertikale lyne kan gesien word in die vorms van die figure. Kort,
          vertikale en horisontale insnydings skep tekstuur in die agtergrond. Die
          diagonal lyne van die uitgestrekte arms skep beweging en spanning in die
          negatiewe ruimte. Vertikale lyne in die middelgrond stel die gras in die veld
          voor. Die gebruik van lyn is gestilleerd en eenvoudig. Wit lyne word gebruik om
          die vorms en figure te omlyn waar 4b donker buitelyne het. Gladde teksture van
          die figure kontrasteer met die rowwe merke op die veld.

          FIGUUR 4b: Horisontale en vertikale lyne op die klere skep tekstuur en
          patroon. Organiese lyne vorm die vorms van die figure. Die lyne help om die
          kyker se oog in 'n ritmiese beweging te lei en dit skep beweging in die figure en
          in die rippels op die water. Die swart ge-etsde buitelyne rondom al die vorms.
          Lyne suggereer verskillende getekstureerde tekstiele (geruite/lyne/kolletjies/
          geblomde) van die klere van die mense.                                            (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             13                       DBE/November 2021
                                       NSS – Nasienriglyne

               Diepte en perspektief
          FIGUUR 4a: Diepte en perspektief word geskep deur die verkleining van die
          figure wat verdwyn na 'n verdwynpunt. Oorvleueling/ groot figure voor met
          kleiner figure in die agtergrond.
          FIGUUR 4b: Soortgelyke uitbeelding van diepte word gebruik in FIGUUR 4b.
          Die oorvleuling van figure skep ook ŉ gevoel van diepte en perspektief.

                Styl
          FIGUUR 4a: Sibiya gebruik opsetlike distorsie en oordrywing in sy gestilleerde
          weergawe van die figure en die beeste. Daar is „n groot figuur voor en minder
          detail na agter. Klein speldekop figure.
          FIGUUR 4b: Die ekspressiewe styl van Mahlangu se werk word gebruik om die
          emosionele liggaamstale/gebare van die gemeenskap uit te beeld.

4.2       Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars bespreek (EEN werk
          per kunstenaar) wie kuns, vlyt, en/of spirituele werke van landelike Suid-Afrika
          skep.

          Hulle mag verwys na die volgende riglyne:

                   Invloede
                   Media and tegniek
                   Moontlike betekenis/doel/funksie
                   Hoe dra hierdie kunswerke by tot die samelewing?
                    Staaf jou antwoord                                                         (10)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           14                           DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5:             MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE
                     KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

FIGUUR 5a: Fiona Kirkwood, Geestesjas, klippies, papieruitknipsels, 1000
koeldrankblikringetjies, plastiek, katoengare, staal, draad, en ander herwinde materiaal,
installasie, 2001.

FIGUUR 5b: Fiona Kirkwood, Geestesjas (Spirit Coat), (detail) klippies,
papieruitknipsels, 1000 koeldrankblikringetjies, plastiek, katoengare, staal, draad en
ander herwinde materiaal, installasie, 2001.

5.1      Kandidate moet die Geestesjas bespreek (FIGURE 5a-c) deur te verwys na die
         volgende:

         Onderwysers hulpbron: Kirkwood se werk reflekteer haar gewaarwordinge van
         die gees van Suid-Afrika en die energie, lewendigheid, 'n post-apartheid
         demokrasie, HIV/AIDSen omgewingskwessies. Die onderliggende boodskap is
         'n drang om alle vorms van lewe te beskerm.

              Die moontlike betekenis van die uitgesnyde figure wat geplaas is in
               'n sirkel van klippe op die vloer
         Die papieruitknipsels van die liggame kan lyke voorstel sowel as verskillende
         rasse groepe. Die uitknipsels is op die vloer geplaas in 'n sirkelvormige patroon.
         Dit kan die bymekaarkom van verskillende rassegroepe in die spirituele wêreld
         voorstel.

               Simbole in die werk, bv. Kruise ens. en die betekenis daarvan
         Die jas is 'n simbool van spirituele beskerming. Daar is 'n geborduurde liniêre
         buitelyn van die kaart van Afrika wat al die mense van die kontinent
         verteenwoordig. Die kunstenaar gebruik kralewerk sowel as plastiese
         kruisvormige objekte om die spirituele tema te versterk. Die kralewerk aan die
         agterkant van die kledingstuk vorm 'n groot kruis. Die klippe in die sirkel is
         simbolies van 'n tradisionele/rituele seremonie.

                 Die gebruik van 'n verskeidenheid van onkonvensionele en
          herwinde materiaal en die rol wat dit speel in die skepping van tekstuur,
          kleur en stemming
         'n Lewensgrootte drabare jas is gemaak deur gebruik te maak van tradisionele
          kralewerktegnieke en herwinde materiale. Die blink, metaal koeldrankblik
          ringetjies stel 'n ridder in sy blink pantserklere voor. Die kunstenaar gebruik
          verskeie herwinde en weggooibare objekte in haar kunswerk wat dit 'n nuwe
          doel gee wat 'n pragtige kunswerk tot gevolg het. Die verskeie afvalmateriaal
          skep 'n geestesjas teenoor 'n hoop afvalprodukte. Die onkonvensionele
          materiaal word inmekaar geweef, baie soos tradisionele weeftegnieke.
         Dit kan die voorvadergeeste verbind met 'n moderne jas wat in die dag gedra
          kan word. Die verskeie materiale dra by tot die tasbare kwaliteit van die jas. Die
          plasing van die klippe op die omtrek skep 'n versperring om die jas. Dit kan 'n
          veiligheidsomgewing voorstel vir die wat in die sirkel is.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             15                             DBE/November 2021
                                       NSS – Nasienriglyne

              Betekenis van die titel: dink jy die werk is 'n suksesvolle uitdrukking
         van 'n Geestesjas, en hoekom? Waarom sou die kunstenaar in ons
         moderne wêreld, 'n geestesjas wil skep?

         'Geestesjas ('Spirit Coat'): impliseer dat die jas gedra kan word na 'n spirituele
          samekoms/kan ook meer persoonlik wees. Dit simboliseer dat alle Afrikane van
          die Afrika kontinent gedrapeer en beskerm kan word met hierdie jas. Dit kan ook
          die samekoms van verskillende rassegroepe in 'n spirituele omgewing voorstel.
          In ons moderne wêreld met al die gelowe, verskille en spanning wat ondervind
          word in gemeenskappe en kulture, wou die kunstenaar een spesifieke
          geestesjas skep wat aandui dat een gees alle mense onder een spirituele
          kledingstuk sal lei. Die leerders se eie mening/benadering of die kunswerk
          suksesvol is of nie sal verskil.
          Die sirkel dui aan en verwys na die sirkel van die lewe wat almal insluit. Mense
           (figure) wat doodgaan sal „n spirituele vorm aanneem. Spirituele beskerming
           (ringetjies lyk soos Middeleeuse kettingpos) soos in die Bybel beskryf/watte
           simboliseer die onskuldige lam van die Bybel-beskerming en eer. Spreek die
           hunkering na Spiritualisme en die wegbeweeg van verbruikers- en weggooi
           kultuur aan(ook gesien in die gebruik van gevonde voorwerpe om die kunswerk
           te maak). Die lig wat van die jas kom in FIGUUR 5a ondersteun die idee van
           spiritualiteit/geestelikheid. Die sirkel op die vloer kan ook „n bidsirkel aandui. Die
           swart en wit uitgeknipte papier figure van verskillende rassegroepe hou hande
           vas. Die vertikale plasing van die jas kan vergelyk word met „n Christus tipe
           figuur/heilige figuur. Klipsirkels is tipies van Afrika kulture. „n Sirkel is „n simbool
           van ewigheid of „n volledige sirkel-lewenssirkel. Die wit kleur verteenwoordig
           spiritualiteit en lyk ook soos „n wolk. Herwinde materiale kan simbolies wees
           van die hergeboorte van die oue.                                                         (10)

5.2      Kandidate moet enige TWEE kontemporêre kunswerke bespreek wat
         nuwe/alternatiewe media gebruik om 'n kragtige boodskap oor te dra. Hulle moet
         die name van die kunstenaars en titels van die kunswerke noem.                 (10)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            16                            DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6:       POST-1994 DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA

6.1       Kandidate moet hulle argumente regverdig deur na die stelling te verwys en
          enige DRIE van die FIGURE 6a-6e.
          FIGUUR 6a: Maluka skep 'n kontemporêre en dekoratiewe kunswerk wat ons
          almal herinner aan graffitikuns, strokiesprente, Popkuns en kontemporêre
          grafiese ontwerp. Die portret van 'n jong vrou word uitgebeeld met vreemde
          deurdringende oë wat 'n hipnotiese effek het asof sy nie haar staar kan stop nie.
          Sy is geplaas in die middel van 'n duidelike dekoratiewe agtergrond met helder
          kleure en patrone. Sy verteenwoordig die straatkultuur van Suid-Afrika met haar
          pienk hare en dra moderne klere met patrone op. Dit kan ook „n trans persoon
          wees nie noodwendig „n vrou wanneer na die titel van die werk wat na die
          verlore seun verwys. Dit verwys ook na die selfie kultuur in sosiale media in die
          gesigsuitdrukking en verteenwoordig „n geposeerde beeld. Die figuur het pienk
          hare, vroulike verlore seun(titel) suggereer gay/trans/transvestiet man wat nie
          aanvaarbaar of welkom in sy familie/gemeenskap is nie.

          FIGUUR 6b: Die portret is van 'n jong persoon wat skaam vir die toeskouer
          glimlag. Die gebruik van gare wat in die gesig geweef is skep tekstuur en stel
          die pixels van 'n foto voor. Dit wil voorkom asof die prent uit fokus is en die
          identiteit van die persoon verberg. Die gesig kan die van 'n man wees. Die
          gebruik van die gare impliseer vroulikheid kwesbaarheid weens die delikaatheid
          wat nie gewoonlik met manlikheid geassossieer word nie en skep 'n kanterige
          drapering en patroon in die agtergrond. Identiteit word soms uitgebeeld soos
          wat ons lyk en wat ons aantrek en hoe ander mense ons goedkeur. Die huidige
          probleme wat deur jongmense ondervind word, is die onvoorwaardelike
          aanvaarding deur ander op sosiale media en dat hul enige iets sal doen om
          hulle werklike voorkoms weg te steek of die realitieit te versag. Vroulike kant
          portret,a-tipies om gebruik te word om „n man voor te stel. Lewende refleksie
          van ons samelewing nou waar alle grense vervaag word.

          FIGUUR 6c: Flynn skep 'n portret van 'n kontemporêre man uitgebeeld teen 'n
          kleurvolle graffiti agtergrond. Plat, helder kleure is gebruik in die figuur en
          agtergrond wat 'n kontemporêre/graffiti-effek skep. Die manlike persoon dra 'n
          masker wat versier is met kleurvolle rye van patrone wat kan verwys na die
          maskers wat gedra is tydens die Covid-10 pandemie, alhoewel dit in 2017
          gemaak is. Die figuur is ook gekroon wat kan beteken dat hy 'n belangrike
          persoon is of die sleutelfiguur is in 'n straat bende. Die dekoratiewe vorms en
          vorms op sy lyf kan verwys na die tattoos of kodering die invloed van tegnologie
          op die moderne mens. Populêre kultuur ikonografie d.i.graffiti-
          agtige/superhelde(gekroonde)1011011-tweeledige kode/tatoeërmerke/religieuse
          simbole/maskers simbolies van beskerming-soms van onsself.

          FIGUUR 6d: Claudette Shreuder gebruik haar familiefotos en haar herinneringe
          om miniatuur beeldhouwerkies van hulle te skep. Sommige mense identifiseer
          of identifiseer nie met hulle families nie en voel dat hulle nie inpas nie. Die figure
          lyk ernstig en stug en staar sonder uitdrukking. Die beeldhouwerke kom baie
          dieselfde voor as speelgoed of poppe waarmee gespeel kan word. Die
          kunswerk is beïnvloed deur Afrika beeldhoukuns soos van bv. Benin. Drie vroue
          met man/man-kind/baba-seun-dui die rol van die vrou as versorger van die man
          vir ewig aan( soms nie willig nie).                                                    (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              17                       DBE/November 2021
                                        NSS – Nasienriglyne

         FIGUUR 6e: Die Essop broers beeld hulleself uit dwarsoor die hele
         komposisie in beide tradisionele en moderne kleredrag. Hulle beeld hulleself
         uit waar hulle die vas breek met kitskos (MacDonald's and Coke) wat
         ongewoon is in hulle kultuur. Dit verwys na die vermenging van hulle tradisie
         met Westerse kulture deur die vas te verbreek op die strand en nie by die
         huis met hulle families nie. Die fotomontage het 'n ongewone voorstelling van
         die gebedsmat by die strand wat ook nie voldoen aan die tradisionele
         gewoontes nie. Die broers bevraagteken hulle identiteit as Moslem individue
         in vandag se wêreld.
6.2      Kandidate enige TWEE kunswerke bespreek wat identiteit in 'n demokratiese
         Suid-Afrikaanse samelewing aanspreek. Hulle moet die name van die
         kunstenaars en die titels van die kunswerke noem.

         Hulle mag verwys na die volgende riglyne:

                   Beeldgebruik
                   Identiteitspolitiek
                   Styl en tegnieke
                   Betekenis/boodskappe                                                       (10)
                                                                                               [20]

VRAAG 7:          GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
7.1       Kandidate moet die bogenoemde stelling bepreek deur te verwys na FIGURE
          7a-7d. Hulle mag die volgende oorweeg:
          FIGUUR 7a
                  Die betekenis van:

          Die hande op die gesig
          Die kunstenaar kies om die kyker te konfronteer en te skok deur die rooi
          handafdrukke oor die monde van die slagoffers te gebruik wat hulle dwing om
          stil te bly. Die handafdrukke kan bloed of geweld voorstel of simboliseer. Die
          rooi handafdrukke oor die mond simboliseer die fisiese geweld wat vroue op
          'n daaglikse basis ervaar of 'n bevel om stil te bly en nie te praat oor
          verkragting en mishandeling nie. Die fotos is monumentale skaal gedoen. Dit
          laat ons dink aan die Super-Realistiese portrette van Chuck Close. Die rooi
          hande is so groot soos die gesig. Dit forseer die kyker om daarna te kyk. Die
          skaal van mishandeling is veel groter as wat ons besef of omgee om te
          erken.

          Onderklere op die sypaadjie
          Onderklere word universeel geassosieer met vroue en word deur alle vroue
          uit verskillende vlakke van die samelewing gedra. Die onderklere is in twee
          rye gerangskik onder die fotos op die sypaadjie. Dit vorm amper 'n patroon
          wat verwys na huishoudelike geweld en mishandeling wat 'n gedragspatroon
          kan word. Dit kan reflekteer hoe vroue weggegooi word deur die onderklere
          oor die sypaadjie te strooi. Dit beperk die beweging van die publiek en
          forseer die voetgangers om hul weg om die werk te navigeer. Dit forseer die
          kyker om die kwessie van mishandeling te konfronteer.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               18                      DBE/November 2021
                                         NSS – Nasienriglyne

             Kleur
          Die protesteerders het grootskaalse kleur fotos van vroue met
          hartseer/betraande gesigte uitgestal. Elke foto is verteenwoordigend van 'n
          werklike persoon. Deur dit in kleur aan te bied dui dit die verskillende
          nasionaliteite en rassegroepe aan van mense wat slagoffers is van
          gelagsgebaseerde geweld. Alle tipes mense wat hierdie fotos sien kan met
          die boodskap identifiseer. Rooi hande wat die monde toemaak verwys direk
          na die vroue wat geviktimiseer en stilgemaak word. Die rooi kleur kan na
          bloed verwys en die pyn/lyding van die vroue. Die kunstenaar het rooi en wit
          onderklere onderaan die lewensgrootte fotos, op die sypaadjie geplaas, wat
          'n direkte, duidelike boodskap oordra na die samelewing. Die kleur rooi
          kontrasteer met die ligte kleure van die portrette. Die byvoeging van die wit
          onderklere kan sinspeel op reinheid en onskuld terwyl die rooi na geweld,
          mishandeling en dood kan verwys.

          FIGUUR 7b:

                   Die betekenis van:

          Die hande op die gesig
          Die hande beskerm die gesig. Die figuur is in „n verdedigende en
          onderdanige posisie. Die oortreder probeer om die slagoffer stil te maak.

          Kleur
          Die bloedrooi gesig en hande simboliseer vrees, pyn en woede. Die helder
          turkoois blou albaster oë kan die onskuld van 'n kind voorstel. Die goue skrif
          'BE MINE',('WEES MYNE') is woorde wat deur die kind geskreeu of gesê
          word en is duidelik sigbaar teen die effe eenvoudige wit agtergrond. Die
          bloed spatsels wat in die voorgrond voorkom word die fokuspunt. Dit
          suggereer dat die insident van mishandeling onlangs plaasgevind het.

          FIGUUR 7c:

               Kleur
          Die kunstenaar gebruik beperkte kleure soos 'n verskeidenheid van rooi op
          die figure en 'n horisontale band van skrif teen die wit agtergrond/muur. Die
          ligter rooi van die baba staan uit teenoor die groter bloedrooi/maroen figuur.
          Die groen, bang oë van die kind daag die kyker uit tot interaksie. Die rooi
          geskrewe deel in die agtergrond kan verwys na kalligrafie geskryf met bloed/
          'n gesnyde vinger. Die verskillende skakerings van rooi skei die beelde wat
          diepte skep. Ironies verwys die 'Happy Father's day' (Gelukkige Vadersdag)
          stempel na 'n liefdevolle ouer wat in hierdie geval dalk die mishandelaar kan
          wees.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               19                       DBE/November 2021
                                         NSS – Nasienriglyne

          FIGUUR 7d:

                   Die betekenis van:
          Skoene
          Die protesteerders in Brussels het „n optog gehou om hulle misnoë teenoor
          die mishandeling van vroue ten toongestel. Hulle het verskeie skakerings van
          pare rooi skoene gekies wat die verskillende status, ouderdomme en
          beroepe van die vroue verteenwoordig wat aandui dat alle vroue geaffekteer
          word. 'n Enkele rooi stewel is simbolies van die gestoei en geweld wat lei tot
          die verlies van lewe. Die naam van die persoon en die datum van haar dood
          is aangeteken op die stewel ter nagedagtenis van haar lewe. Die skoen word
          amper 'n grafsteen. Hierdie uitgetrapte skoene wys die worsteling en leiding
          van hierdie vroue wat skynbaar hard gewerk het vir hulle families. Die rooi
          skoene is die vroulike slagoffers se persoonlike items wat alle tipes vroue oor
          die wêreld verteenwoordig.
          Kleur
          Die rooi skoene simboliseer dood, bloed en geweld. Gewoonlik word die
          kleur rooi geassosieer met liefde en passie wat hier weerlê word.

          Stemming/emosie, atmosfeer bv. Kommunikasie deur die oë, materiaal,
          media en tegniek

          FIGUUR 7a
          Die stemming is hartseer, ontstellend, dit onssluit diep emosies by die kyker.
          Die oë is deurdringend wat pyn en leiding van hierdie vroue tentoonstel. Die
          oë ver regs is deurdringend wat woede toon. Die eerste portret beeld seer uit.
          Die hoëdefinisie fotos verwys na werklike mense met werklike emosies. Die
          gebruik van regte onderklere maak die boodskap duidelik en onvermydelik,
          wat die kyker skok.

          FIGUUR 7b
          Die klein dogterjie is kwesbaar, bang en verslae. Dit word aangedui deur die
          handgebare en die oë. Die hande is opgelig met die palms uitwaarts soos
          iemand wat opgegee het, oorgee of onderdanig is. Die oë kyk links af, bang
          om oogkontak te maak en emosioneel na binne gekeer. Die spatsels bloed
          verwys na die geweldadige daad van mishandeling. Die bloed om die mond
          kan die aanval of mishandeling aandui wat sy ondervind het. Die bleek vel
          verwys na die bloedverlies en doodsheid. Die gebruik van ink, houtgom op
          papier dra by tot die realistiese effek van die kunswerk.

          FIGUUR 7c
          Die klein dogtertjie kom emosieloos en leweloos voor. Dit word aangedui
          deur die verwronge nek, die lam hande sowel as die plat lyn (hartlyn wat
          gewoonlik dood aandui) wat horisontaal in die agtergrond voorkom. Die oë is
          agteroor gerol en sy kom dood voor. Die bloedspatsels en -smeersels in die
          agtergrond verteenwoordig die ernstige daad van geweld wat sy moes
          deurmaak. Die atmosfeer wys 'n mishandelde omgewing met die skrif teen
          die muur 'Happy Father's Day'. Die beeld weerspiëel die boodskap op die
          muur. Sy is alleen, geïsoleerd, breekbaar, swak en het 'n gevoel van
          leegheid.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Visual Arts P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2021-eng/daf80e06-f100-4a60-9691-5a9e93ca93a5) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2021-afr/7f219bc0-3117-44ba-a2c7-78d846ae92ef) — Visual Arts · QP · 2021 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2020-memo-afr/9ab64cab-f381-4897-92e5-9e5f0c5afd1b) — Visual Arts · Memo · 2020 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-memo-afr/0359327e-421b-454e-846a-06383b1ccbb5) — Visual Arts · Memo · 2019 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-memo-eng/3a9fe7a1-d953-4484-9926-c85d0e9d1fec) — Visual Arts · Memo · 2019 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-final-memo-eng/f8b23e8c-b990-4025-a958-051e75d2a57b) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
