# Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2022-mg-afr-1/a2432a78-f445-44ab-bac8-99c979c81828
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2022-mg-afr-1/a2432a78-f445-44ab-bac8-99c979c81828)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                 VISUELE KUNSTE V1

                                   NOVEMBER 2022

                                   NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           2                         DBE/November 2022
                                    NSS – Nasienriglyne

INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:
1.       Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige
         VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord.
2.       Dit is BAIE BELANGRIK dat daar in die volgende gevalle vir die kandidate
         voorsiening gemaak word:
             Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
              antwoorde gee.
             Gee krediet vir laterale denke.
             Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
              na spesifieke faktore te verwys.
3.       Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
         Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
         antwoorde te struktureer.
4.       Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
         as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
         kunswerke is toelaatbaar.
5.       Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
         noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar
         en titel van die werk toegeken. Een punt word afgetrek as daar geen
         vergelyking plaasgevind het nie.
6.       Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord
         bespreek, waar van toepassing.
7.       Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel
         hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
         akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
         kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van
         die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigsaam in
         die nasienproses wees.
ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
    Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners en 'n onderrigmiddel dien.
     Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die
     materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne
     kan slegs 'n voorgestelde gids wees.
    LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
     weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
    Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
     opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
    Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
     vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie.
     Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.
    Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir
     'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               3                                DBE/November 2022
                                        NSS – Nasienriglyne

Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer

PRESTASIE-KODE                           ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES

                        Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
     Uitstekend          politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
      80–100%           Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                        Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                         kuns.
                        Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.

                        Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
    Verdienstelik        sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
      70–79%             lewer.
                        Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                        Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                        Toon uitstekende insig en begrip.

                        Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
     Aansienlik          politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
      60–69%            Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
                         terminologie.
                        Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                        Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.

                        Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
     Gemiddeld           politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
      50–59%            Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                        Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                        Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.

                          Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
    Bevredigend            sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
      40–49%               te lewer.
                          Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
                           terminologie.
                          Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                          Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.

                          Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
      Elementêr            sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
       30–39%              te lewer.
                          Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                          Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                          Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.

                          Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
    Nie behaal nie         sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
        0–29%              te lewer.
                          Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
                           terminologie.
                          Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                          Toon min of geen begrip of insig nie.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                       4                       DBE/November 2022
                                NSS – Nasienriglyne

NASIENERS MOET SLEGS DIE EERSTE VYF VRAE WAT BEANTWOORD IS MERK
EN AS DIE KANDIDAAT MEER AS DIE VEREISTE AANTAL VRAE BEANTWOORD
HET, SAL SAAR SLEGS KREDIET GEGEE WORD VIR DIE EERSTE VYF.

KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE IN ENIGE VOLGORDE BEANTWOORD.

 Die volgende puntetoekenning moet ingedagte gehou word wanneer slegs EEN
 kunswerk/kunstenaar bespreek word in plaas van TWEE.

 6 punte (maks 3)
 8 punte (maks 5)
 10 punte (maks 6)
 12 punte (maks 7)
 14 punte (maks 8)
 20 punte (maks 12)

As geen vergelyking: -1

BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle in die verskillende
provinsies, moet die provinsies die nasienersriglyne aanpas vir interpretasie.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            5                           DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Kunstenaars doen meer as om net die tye te weerspieël. Hulle beeld die verskillende
aktiwiteite uit van die gemeenskap waarin hulle leef.

FIGUUR 1a: Koboka Welcome Mandla, Mense wat water kry, (People collecting
water), olie op bord, datum onbekend.

FIGUUR 1b: Ian Mwesiga, Mense en Hoenders,(People and Chicken), olie op doek,
2020.

1.1      Kandidate moet FIGUUR 1a en FIGUUR 1b bestudeer en die volgende
         bespreek:
               Die gebruik van lyn:
         FIGUUR 1a: Die kunstenaar werk in 'n gestileerde wyse en gebruik hoekige,
         gebroke lyne. Die diagonale/gekurfde lyne skep beweging en kontrasteer met
         die vertikale lyne van die gebou, kraan en figure. Die vorms is omlyn met
         donkerder kontoerlyne wat 'n 2-d effek skep. Die gebroke hoekige diagonale
         lyne gesien in die figure, die kraan en die geboue kontrasteer met die
         horisontale lyne van die dakke, die emmer, boks en dak in die middelgrond.
         Diagonale lyne word herhaal om tekstuur in die sinkdakke van die geboue te
         skep. Diagonale lyne kan ook gesien word in die elektriese/telefoon-kabels in
         die agtergrond en in die voorgrond om die kraan te anker.
         FIGUUR 1b: Die vertikale lyne van die figure en padteken kontrasteer met die
         geel horisontale lyn op die pad en skep balans in die kunswerk. Die diagonale
         en horisontale lyne in die velde lei die oog in die prentvlak in en skep diepte.
         Diagonale lyne kan ook gesien word in die arms en bene wat loop van die
         mense wat loop wat „n sin van beweging veroorsaak. In FIGUUR 1b kan die
         geel lyne ook gesien word as „n teken van gevaar. Die figure en hoenders
         staan by „n gevaarlike plek, spesifiek wanneer die konteks van die padteken
         agter die figure in ag geneem word.

             Gebruik van ruimte en diepte:
         FIGUUR 1a: Die figure in die middel is kleiner as die figure op die voorgrond
         en dit skep diepte en perspektief soos wat daar na die prentvlak beweeg
         word. Die figuur links in die komposisie is groter as die ander twee figure in
         die middel. Die geel fatsoene skei die figure en geboue van mekaar. Die
         verdwyningspunt is verby die dak van die huis regs geplaas wat ruimte skep.

         FIGUUR 1b: In die voorgrond is vyf figure lukraak geplaas op 'n geteerde pad
         met kleiner hoenders wat uit die prentvlak beweeg. Diepte is geskep deur die
         insluiting van behuising in die agtergrond en die helder blou lug wat die helfte
         van die komposisie vul. Groen landbougrond vorm die middelgrond van die
         kunswerk wat kleiner as die figure is om 'n diep ruimte te skep. Die manlike
         figuur regs is afgesny en lei die oog buite die prentvlak. Die diagonale lyne
         van die plaaslanderye lei die oog na die behuising op die horisonlyn om.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               6                         DBE/November 2022
                                        NSS – Nasienriglyne

                    Beide werke maak gebruik van geel en blou. Wat is die effekte van
                     die keuse in elk van die werke?

         FIGUUR 1a: 'n Gelukkige, kalm, vreedsame en rustige toneel is uitgebeeld
         deur die gebruik van gedempte bloue en turkoois. Die pastelgeel in die
         agtergrond toon dat dit 'n aktiwiteit in die laatmiddag is. Die geel kleur kan die
         son wat op die mure skyn reflekteer. Dit koel blou kleure kontrasteer met die
         heldergeel reg deur die prentvlak.

         FIGUUR 1b: Die gebruik van 'n verskeidenheid van bloue in die klere, asook
         in die lug, skep 'n helder en gelukkige toneel. Die helder geel en oranje kleure
         sigbaar in die landerye kontrasteer met die blou in die lug om diepte te skep.

                    Styl en tegniek:

         FIGUUR 1a: Ekspressionisties en gestileerd. Die kunstenaar het die olieverf
         met 'n paletmes aangewend (impasto). Hoekige lyne en vorms skep 'n
         gefragmenteerde kunswerk wat 'n kubistiese styl skep.

         FIGUUR 1b: Die kunstenaar het olieverf met 'n kwas met geen sigbare
         kwashale aangewend . Die naturalistiese kunswerk is amper soos 'n
         fotobeeld ('snapshot').

                   Die interaksie tussen die figure en die stemming en atmosfeer wat
                    dit skep.

         In beide FIGUUR 1a en FIGUUR 1b domineer die figure die komposisie
         alhoewel daar nie interaksie tussen hulle is nie. Hulle kom voor asof hulle
         verdiep is in hulle eie gedagtes en aktiwiteitete. Die drie figure in FIGUUR 1a
         staan hulle beurt en afwag om water te kry. Dit skep 'n vreedsame
         atmosfeer. Die figure in FIGUUR 1b beweeg in verskillende rigtings wat die
         oog uit die prentvlak lei. Daar is geen interaksie tussen die figure nie en geen
         oogkontak met die kyker nie. Dit skep 'n stemming van spanning en
         afwagting.                                                                               (10)

1.2      Kandidate moet die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars
         (EEN kunswerk per kunstenaar) bespreek wat die aktiwiteite van hulle
         gemeenskappe weerspieël.

         Gebruik die volgende riglyne:

                          Onderwerp
                          Kunselemente
                          Moontlike invloede
                          Media en tegniek
                          Moontlike betekenis/boodskappe                                         (10)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                                7                           DBE/November 2022
                                         NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

 Tamar Mason het 'n Suid-Afrikaanse landskap geskep wat invloede van ons Afrika-
 kultuur/-erfenis/-omgewing toon.

FIGUUR 2a-c: Tamar Mason, Suid-Afrikaanse landskap, (South                           African
landscape, borduur- en kralewerk op materiaal, 2 x 1.5 m, datum onbekend

2.1      Kandidate moet die beeldgebruik in FIGUUR 2a en die gedetailleerde
         vergrote dele in Figuur 2b en 2c bespreek, deur te verwys na die volgende:

                   Kunselemente (lyn, kleur en tekstuur)
                    Lyn: Geboë lyne is die mees dominante lyne gebruik in hierdie
                    kunswerk. Die gekurfde geel lyn op die horison lyn stel 'n bergreeks
                    voor wat versmelt met 'n doring tak. Diagonale lyne is gebruik in die
                    nek van die kameelperd sowel as in die bergreeks. Die blou lyne in
                    die bergreeks skep diepte. Die diagonale gespikkelde lyne kan reën
                    verteenwoordig wat die oog lei tot by die hand afdrukke in die lug.
                    Organiese en geboë lyne kan gesien word in die patrone, aalwyn en
                    dier motiewe. Die diagonale lyne skep beweging Dit herinner ons ook
                    aan voetpaadjies en die kraal uitleg van die Afrika landskap. Dit lyk ook
                    soos DNA stringe en dalk ook „n konneksie aan die verlede. Die
                    getekstureerde gare staan uit en aksentueer die lyn. Die dorings van
                    die tak verander na vorms wat lyk na vroue wat op landerye werk.
                    Hande rys op van die lande soos „n seën en dit bly in kontak met die
                    land.Die swart agtergrond illumineer/verhelder die ligte gare.

                    Kleur: Die kunswerk is baie kleurvol wat kontrasteer met die swart lap
                    wat vir die agtergrond gebruik is. Die dominante kleur is swart en
                    natuurlike kleure. Die kunswerk bestaan uit primêre en sekondêre
                    kleure. Natuurlike sepia (bruin) en oker is gebruik om die landskap, die
                    diere en die kameelperd uit te beeld. Die helder gele, pienke, oranjes,
                    perse en bloue kontrasteer met die natuurlike oker kleure van die
                    landskap. Gedempte analogiese kleure (wit, pers en blou) is gebruik in
                    die handafdrukke, figure en bokke. Die gebruik van groen is herhaal in
                    die groen aalwyn plant en die groen blare aan die regterkant van die
                    komposisie. Die gebruik van oranje/rooi in die aalwyn en rooi patrone
                    is komplimentêr tot die gebruik van groen. Die gebruik van koeler
                    kleure in die agtergrond skep diepte.

                    Tekstuur: Ware tekstuur word geskep deur die borduursteke en
                    kralewerk. Die borduurwerk word reliëf teksture teen die gladde swart
                    agtergrond.   Die verskeie steke skep verskeie teksture op die
                    kameelperdvel , plante en dekoratiewe patrone.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               8                         DBE/November 2022
                                        NSS – Nasienriglyne

                   Komposisie:
                    Die komposisie is asimmetries. Die kameelperd links in die komposisie
                    is groter as die plante, simbole en hibriede wat dit die hooffokuspunt
                    maak. Die gekompliseerde komposisie is gevul met plante, simbole en
                    hibriede diere in 'n horisontale formaat. Daar is 'n groep
                    hibried/kombinasie van dierlike koppe met menslike bene aand die
                    regterkant van die werk. Die ligter hand afdrukke en sterre word
                    uitgebeeld in die lug agter die kameelperd. Kleiner diere (bokke) is
                    geplaas in die middelgrond agter die kameelperd wat diepte skep. 'n
                    Semi-sirkelvormige mandala ontwerp is in die middel van die
                    voorgrond geplaas.

                   Invloede:
                       o Inheemse en/of Afrika kunsvorms en visuele beelde
                       o Spesifieke materiaal en tegnieke gebruik in hierdie werk en
                          die effek op die styl en voorkoms van die werk

                    Die werk herinner aan die Khoi-san beelde, wat in Batiss se 'Symbols
                    of Life' reflekteer. Die dekoratiewe simbole, stippels, lyne en vorms
                    kan verwys na visioene (hallusinasies, drome) van die Shaman. Die
                    doring bos en die aalwyn is tipies Suid-Afrikaanse inheemse plante.
                    Die plat metaforiese beelde van diere en menslike figure is baie soos
                    die Khoi-San skilderye wat in grotte in Suid-Afrika verkry word. Die
                    kameelperd is 'n inheemse dier van Suid-Afrika. Die hand drukke is
                    gebruik om die menslike element te verteenwoordig sowel as 'n
                    spirituele element te simboliseer
                    Gestippelde diagonale lyne kan reën of trane simboliseer met semi-
                    sirkelvormige lyne in die lug wat 'n son skep. Die dig gewerkte steke
                    en die wat wyer uitmekaar is skep tonale waarde in die onderste deel
                    van die kunswerk. Verskeie stik-tegnieke en diktes is gebruik om die
                    vorms in die kameelperd se nek, mandala en plantegroei te skep wat
                    ooreenkom met die San tekeninge op rotswande. Borduurwerk
                    vereenvoudig objekte en word dekoratief.                                      (8)

2.2      Kandidate moet TWEE kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) bespreek
         wat 'n Afrika-invloed verken.

                   Onderwerp
                   Kunselemente
                   Media/tegniek
                   Invloed van Afrika en/of inheemse kunsvorme                                   (12)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               9                          DBE/November 2022
                                        NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3:        SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
                1980's INGESLUIT

 Kunstenaars gebruik kuns as 'n manier om kommentaar te lewer en te besin oor
 sosiopolitieke kwessies.

      FIGUUR 3a: Loyiso Mkize, 'Die armistokraat, (The pooristocrat), olie op doek,
      2013.
      Aristokraat: 'n Individu wat deel is van 'n geselekteerde groep magtige mense wat of
      beroemd, ryk, van 'n hoë klas of die hoogste sosiale klas is.

3.1         Kandidate moet die kunswerk in FIGUUR 3a bespreek deur die volgende te
            gebruik as 'n riglyn:

               Boodskap: blou gekleurde uniform – verwys na die blou kleur van die
                „overalls‟ wat die werkers dra – die werkers wat die ekonomie dra.
               Vernieteging: werkers is gewillig om die siteem te vernietig om
                verandering vir die mynwerker aan te bring.
               Fokus punt: „n strategiese portret geverf teen „n besige,
                agtergrond.(kontrasterend)
               Simbole: hande verteenwoordig die fiesiese veeleisende hande werk.

                    Kandidate moet drie redes verduidelik waarom die man die
                     fokuspunt in die komposisie is
                     Hy is uitgebeeld as 'n groot dominante portret in die middel van die
                     komposisie. Hy het direkte oogkontak met die kyker. Dit wil voorkom
                     asof hy verwurg word met 'n metaal ratmeganisme. Die getande rat
                     lei die oog na die gesig toe. Daar is ook 'n pyp wat 'n semi-sirkel om
                     die kop vorm, wat 'n stralekrans mimiek. Die portret vorm deel van
                     die simmetriese komposisie. Alle ander objekte is baie kleiner en is
                     gerangskik om die groot gesig. Die groot blou hemp in die voorgrond
                     kontrasteer skerp met die geel en oker agtergrond.
                    Identifiseer die beelde/objekte wat verband hou met myn
                     Gereedskap vir die myn van grondstowwe, soos grawe, vurke, pikke
                     skoffels en hamers is gerangskik om die area van die sentrale portret.
                     'n Beeld van 'n trein, wat was en nog steeds die hoof vervoer
                     meganisme is vir mynwerkers, is uitgebeeld aan die regterkant van
                     die komposisie. 'n Olieboor en mynskag kan in die agtergrond,
                     weerskante van die portret gesien word.
                     Die rat, wat algemeen gebruik word in swaardiens masjienerie, kan
                     uitbeeld dat hierdie man geen alternatief het as om in 'n myn te werk
                     nie. Met die rat wat hy as 'n las gedurig moet saamdra. 'n Paar
                     gereedskap is vasgeheg aan die metal rat wat die gereedskap
                     verteenwoordig wat deur mynwerkers gebruik word. 'n Sirkelvormige
                     struktuur wat 'n pyplyn of brug naboots, raam die groot portret met
                     vlae en vlagpale aan weerskante van die hande.
                       'n Geel band wat word oral in die komposisie gebruik is, word
                      gewoonlik gebruik om 'n plek van gevaar af te kordon. Dit versterk
                      die idee van al die gevare op 'n myn.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              10                          DBE/November 2022
                                        NSS – Nasienriglyne

                    Bespreek die balans in hierdie komposisie
                     Simmetriese balans: Griekse pilare en biddende manlike beelde is
                     geplaas bokant die portret wat die skildery balanseer en dit verdeel in
                     twee gelyke dele. Twee hande wat 'n angsvolle, skreeuende gesig
                     vashou, is sigbaar net bokant die kop, en is omring met stukke
                     goud/erts. Aan die regterkant van die komposisie is 'n groep
                     gewapende soldate wat in en uit die prentvlak hardloop wat 'n protes
                     kan verteenwoordig. Dit vorm 'n balans tussen die orde aan die
                     regterkant en die chaos links.
                    Moontlike betekenis/boodskap deur te verwys na die werk en die
                     titel en die teks 'Under destruction'
                      Die woord aristokraat is 'n individu wat deel is van uitgesoekte groep
                     magtige mense wat bekend, ryk, van 'n hoë klas is of die hoogste
                     sosiale klas is. In kontras is hierdie kunswerk getiteld Die
                     'pooristocrat' , wat beteken dat hierdie arme arbeider ook deel is van
                     'n belangrike samelewing maar net belangrik is vir 'n land se
                     ekonomie maar arm is as 'n individu wat rykdom vir ander skep. Die
                     myne kan nie voortbestaan sonder die arbeiders nie. Die portret
                     konfronteer die kyker met 'n gesigsuitdrukking van hartseer, pyn,
                     moegheid en verlorenheid. Die harde lyne om die mond en oë dui op
                     swaarkry en oud word. Die hele portret vertel die verhaal van iemand
                     wat vasgevang is in 'n gekontroleerde kringloop van harde werk
                     waarvan daar geen ontsnapping is nie.
                     Die groot gesig kan ook die onregverdighede/pyn van die mynwerker
                     weergee, wat rykdom vir 'n uitgesoekte groep mense van die
                     samelewing bymekaar maak. In kontras kan dit die mag van
                     outoriteit weerspieël. Die definitiewe kontras in skaal van die groot
                     portret en die kleiner een simboliseer dat net 'n klein groepie is in
                     beheer en die meerderheid is arbeiders. 'n Perderuiter is geplaas
                     aan die linkerkant in die middel van die komposisie en net onder hom
                     is 'n groep mans wat hardloop met hande en vuiste in die lug. Onder
                     hulle is 'n ou man met 'n top-hat. Hy kan die ryk mense van die
                     samelewing voorstel. 'n Vroulike naak figuur is sigbaar aan die
                     regterkant van die komposisie, wat Lady Justice voorstel wat die
                     mynwerkers beskerm. Net onder haar is die beeld van 'n trein.
                    Die teks: 'UNDER DESTRUCTION'
                     Geel band , (tape) is dwarsdeur die werk sigbaar wat
                     gevaar/oppas/wees versigtig/ geen toegang aandui. Gewoonlik lees
                     die teks 'under construction', wat beteken dat daar 'n bouproses aan
                     die gang is en dat versigtigheid aan die dag gelê moet word as jy die
                     lyn verbysteek.       Die kunstenaar gebruik die woorde 'under
                     destruction' wat beteken dat die myne nie alleen die natuur vernietig
                     nie, maar ook die lewens van mense. Die geel band is ook om die
                     mond van Lady Justice geweef asof die waarheid nie gepraat mag
                     word nie.      Daar is verskeie figure in die kunswerk van verskeie
                     idees/konsepte verteenwoordig, soos oorlog, chaos, orde, wanorde,
                     myn, rykdom gebed en vervoer.                                           (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            11                        DBE/November 2022
                                      NSS – Nasienriglyne

3.2        Kandidate moet die werk van TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars (EEN
           werk per kunstenaar) bespreek wat hulle bestudeer het wat kommentaar
           lewer op sosiale- en/of politieke kwessies.

           Hulle moet die volgende riglyne gebruik: in hulle opstel:

              Onderwerp
              Media en tegniek
              Styl
              Boodskap/betekenis                                                         (12)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               12                          DBE/November 2022
                                         NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4:         KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
                 LANDELIKE SUID-AFRIKA

 Kunswerke gee vir ons 'n kykie in die lewens van ander.

FIGUUR 4a: Marion Boehm( Muinda se gebed),(Muinda's Pray), gemengde media
collage, 2017.

FIGUUR 4b: Trevor Makhoba, Inguyazane (Caucas) (vat dit rustig), olie op bord,
1995.

4.1      Kandidate moet FIGUUR 4a en 4b bespreek deur die volgende te
         beantwoord: Bespreek FIGUUR 4a en 4b deur die volgende te beantwoord:

                   Gee 'n kortlikse beskrywing van elke kunswerk.

                    FIGUUR 4a- Hierdie beeld het beide 'n spirituele en emosionele
                    gevoel. 'n Kind wat bid word uitgebeeld terwyl sy kniel voor 'n kruis
                    wat simbolies is van die Christelike geloof. Die dogter is die
                    dominante figuur omdat sy grooter is en is in die voorgrond geplaas.
                    As die kanidaat na die kruis verwys as die fokuspunt moet hulle keuse
                    verduidelik word. Die dogter se hare is meer tradisioneel in
                    vergelyking met die Westerse bloes was sy dra. Die pêrels op die
                    bloes simboliseer reinheid, passie, en vrede sowel as die af-wit kleur.
                    The druiwe verwys na die wyn en die bloed van Christus sowel as die
                    koringaar wat verwys na die brood in die Christelike geloof. Die
                    koerant/ woorde gesien op die hande en gesig kan na sosiale media
                    verwys.

                    FIGUUR 4b- Hierdie is 'n gemeenskaplike bymekaar kom van 'n
                    groep mense. Hulle is sittende in ''n sirkel met 'n groot boom in die
                    agtergrond. Dit wil voorkom asof hulle besprekings het of 'n
                    vergadering. Sommige mans is aangetrek in tradisionele klere en
                    ander in meer moderne kleredrag. Chiaroscuro is gebruik om die
                    fokus punt te beklemtoon. Die figure aan die regterkant is ten volle
                    geklee met tradisionele diervel oor die skouer en sy hande is op die
                    rug van die figuur in die middel. Dit kan ook gesien word as „n fokus
                    punt.

                   Identifiseer die dominante visuele beeld in elke kunswerk. Gee
                    redes vir jou antwoord deur te verwys na die komposisie en
                    moontlike betekenis/boodskap.

                    FIGUUR 4a: Beide die jong meisie en die kruis is die fokuspunt. Die
                    kruis met teksture is groter as die klein dogtertjie wat dit meer
                    dominant maak. Die geborduurde kruis kan ook 'n grafsteen van 'n
                    geliefde verteenwoordig wat deur die voorletters aangedui word. Die
                    vertikale lyn van die kruis skep krag en spiritualiteit.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              13                         DBE/November 2022
                                        NSS – Nasienriglyne

                    FIGUUR 4b: Die boom domineer die komposisie en vorm 'n oorhang
                    oor die sittende figure. Tradisioneel vergader mans onder bome vir
                    belangrike besluitneming of besprekings. Die sterk vertikale lyne van
                    die bome skep krag en spiritualiteit en die boom herinner aan die
                    simbool/logo van die Konstitusionele Hof. 'Geregtigheid onder 'n
                    boom'. Die wapen kan verwys na die voorbereiding om na die
                    gevegsfront te gaan. Die vergadering word in die nag gehou wat
                    verwys daarna dat dit in die geheim gehou word.

                   Watter rol speel kleur in die skepping van die spesifieke
                    stemming/atmosfeer in elke kunswerk?

                    FIGUUR 4a: Die kleur palet van die kunswerk is hoofsaaklik
                    monochromaties met 'n verskeidenheid van wit, room, goud, swart en
                    bruin. Die kunstenaar het goud in die werk ingesluit wat geassosieer
                    kan word met koninklikheid, rykdom, spiritualiteit en heiligheid. Die
                    gebruik van dowwe beperkte kleure kan verwys na 'n ou foto wat
                    'n plegtige, spirituele en rustige atmosfeer skep.

                    FIGUUR 4b: Die oranje en geel van die vlamme word op die stam
                    van die boom sowel as die gesigte van die figure weerspieël. Dit skep
                    'n warm, uitnodigende en vredevolle atmosfeer. Die sagte blou in die
                    voorgrond kontrasteer met die warm oranje wat 'n kalm spirituele
                    toneel skep.

                   Watter werk verkies jy? Gee redes vir jou antwoord.
                    Kandidate gee 'n respons met redes                                       (10)

4.2      Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars bespreek (EEN werk
         per kunstenaar) wie kuns, kunsvlyt en/of spirituele werk skep.

         Hulle moet die volgende riglyne gebruik:

              Onderwerp en/of funksie
              Visuele beelde en simbole
              Kunselemente
              Media en tegniek
              Moontlike betekenis en boodskap
         Internasionale kunswerke sal/kan aanvaar word soos bv. Michelangelo se
         “Pieta” “David”                                                                     (10)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           14                           DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5:            MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE
                    KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA

  Kuns word dikwels deur die gebruik van tradisionele metodes en materiale
  geëvalueer. Kontemporêre kunstenaars daag dit dikwels uit deur alternatiewe media
  en tegnieke te gebruik.

FIGUUR 5a: AdejokeTugbiyele, Hawelose Honger Homo,( Homeless Hungry Homo,)
palm
stele, draad, metaal, hout, Amerikaanse dollar note (geld),2014.

FIGUUR 5b: Wangechi Mutu, Masker, (Mask), gemengde media en collage, 2006.
.
5.1  Kandidate moet saamstem of nie saamstem met bogenoemde stelling deur hulle eie
     verduideliking te gee.                                                     (2)

5.2   Kandidate moet 'n paragraaf skryf waarin hulle verwys na Figure 5a en 5b
      rakende die volgende:

           o Die spesifieke gebruik van gevonde materiale en tegnieke,
             byvoorbeeld collage, stikwerk, weefwerk in die skepping van hierdie
             kunswerke en die funksie/rol in die kunswerke.

       FIGUUR 5a: Die gebruik van palm stele saam met draad verteenwoordig
       natuurlike- en mensgemaakte bronne, wat ons skakel met die natuur. Dit kan
       ook verwys na 'n skakel tussen die verlede en die hede. Die gebruik van nuwe
       alternatiewe media soos gevonde voorwerpe, metaal, draad en natuurlike
       vesels en die toepassing daarvan in stikwerk en collage, die kunstenaar skep 'n
       nuwe persoonlike en egte kunswerke. Die “skakel tussen die verlede en
       hede”:die masker is gekonstrueer van dollernote wat die invloed van die Weste/
       VSA op die Afrika kultuur aandui. Die gebruik van draad dien as „n raamwerk
       wat struktuur soos „n geraamte verskaf.

       FIGUUR 5b: Die kunswerk is 'n kombinasie van 'n foto van 'n tradisionele 3-
       dimensionele Afrika masker, saam met 'n beeld in collage van 'n vroulike figuur.
       Die uitgesnyde dele van die masker skep die liggaam van die figuur. Dit lyk
       asof die bladsy uit 'n tydskrif geskeur is wat die masker oorvleuel. Gedrukte
       tydskrif uitknipsels is gebruik om die hare/horings wat uit die kop van die vroue
       figuur uitsteek, te skep. Die fotografiese effek op haar vel is “pixilated” en lyk
       soos slangvel, asof die kunstenaar dit met opset gekies het, wat toevoeg tot die
       teksturele variasie.

           o Die invloed van Picasso/Duchamp of enige ander 20ste Eeu
             kunstenaars op hierdie kunswerke

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          15                          DBE/November 2022
                                    NSS – Nasienriglyne

       FIGUUR 5a: Die lêende figuur (positiewe ruimte) is geplaas teen 'n wit
       agtergrond in die galery spasie (negatiewe ruimte). Die figuur verteenwoordig 'n
       hawelose persoon in die straat. Die plasing en posisie van die kop en skouers
       kom ooreen met Olympia deur Manet. Die vereenvoudigde, kubistiese gesig
       kom ooreen met die maskeragtige gesigte van Les Demoiselle d'Avignon van
       Picasso. Daar is „n versameling van driehoekige vorms wat lyk soos Kubistiese
       fasette. Die gebruik van gekleurde draad rondom die stamme van die palms lyk
       soos die “Gay Pride” vlag se kleure, wat dit bind aan die titel van
       homoseksualiteit.

       FIGUUR 5b: Picasso was bekend vir sy uitvinding van collage gedurende die
       Kubistiese periode.   Duchamp was bekend met die bekendstelling van die
       'ready-mades' in die Dada beweging. Dada was ook verantwoordelik vir die
       bekendstelling van foto-montage, bv. Hanna Höch en die gebruik van kans
       ('chance') in die colages van Hans Arp. Enige ander relevante 20 eeuse
       kunstenaar met relevante invloed kan gekrediteer word.                (6)

5.3   Kandidate moet evalueer watter werk is meer suksesvol in die gebruik van
      materiale. Hulle moet redes gee vir hulle antwoord.                          (2)

5.4    Kandidate moet TWEE kunswerke wat hulle bestudeer het bespreek wat die
       gebruik van nuwe/alternatiewe media toon.

       Hulle moet na die volgende riglyne verwys:

             Tegnieke
             Invloede
             Media/alternatiewe media
             Boodskap en/of betekenis van die kunswerk

       Twee kunswerke van die kunstenaar kan bespreek word, dit hoef nie een
       kunswerk van kunstenaars te wees nie.                                                   (10)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           16                            DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6:              DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

 Bewaarder ('Custodian'): Iemand wat na dinge omsien of dit bewaar

FIGUUR 6a: Fadiel Hermans, Die Klein Bewaarder (The Little Custodian) olie en
houtskool op doek, 2020.

6.1   Fadiel Hermans gebruik verskeie kragtige historiese en fiktiewe karakters.
      Hierdie karakters speel 'n rol in die vorming van die jong seun se identiteit.

            Stem jy saam dat speelgoed 'n rol speel in die skepping van jou
             identiteit? Gee redes deur te verwys na Figuur 6a.
            Verwys na figure en objekte in die komposisie en hulle moontlike
             betekenis
            Kandidate moet die gebruik van spesifieke kleur en fatsoene in die
             agtergrond bespreek.
            Kandidate moet die stemming wat geskep is deur die liggaamshouding
             van die seuntjie, beelde en kleur bespreek.
            Sou jy sê dat die titel relevant is? As jy 'n kunstenaar was, wat sou jy die
             kunswerk genoem het en hoekom?

       Kandidate moet identifiseer hoe die rol van speelgoed in hulle grootmaakproses
       hulle identiteit geskep/gedefinieer het. Die figuurtjies en ikone is in „n boks gepak
       wat met „Aicon´gemerk is- wat beteken „pak op/preserveer geskiedenis‟-daarom die
       titel- “ The little Custodian”. Sommige kandidate mag noem dat hulle nie speelgoed
       gehad het nie. 'n Jong seun wat voorkom asof hy met sy speelgoed buite in die
       sand speel, domineer die prentvlak. Hy raak aan die groen plastiese
       speelgoedsoldaatjie wat ooreenkom met die Darth Vader figuurtjie van Star Wars. 'n
       Klein geel speelgoed eendjie, gewoonlik geassosieer met bad speelgoed, is onder
       sy voet geplaas. Dit impliseer dat die jong seun „n peuter is. Dia atmosfeer is
       ontspanne en die klein seuntjie is in sy eie wêreld , onbewus van die aanskouer ,
       onskuldig en speels.

       Ander objekte op die vloer bestaan uit die koppe van twee leiers, (Dalai Lama en
       Marthin Luther King) wat geskei word deur 'n dosie Lion vuurhoutjies. Vier
       figuurtjies, waarvan drie regop staan, is in 'n groot oop doos in die agtergrond van
       die skildery. Die figure verteenwoordig Mandela met sy arm gelig, 'n beeldjie van
       Mahatma Ghandi, Superman en die klein geel kop van die strokiesverhaal karakter,
       Homer Simpson. Die agtergrond is gevul met kleurvolle vertikale lyne en sirkels. Die
       sirkels kan skietteikens verteenwoordig. Beide primêre en sekondêre kleure is
       gebruik deur die hele skildery om 'n gelukkige vreugdevolle stemming te skep. Die
       skildery bestaan uit helder, glimmende pienke en gele. Die pienk en blou
       muurpapier kan „n geslagsskeiding impliseer. Die regterkant van die komposisie is
       pienk(vroulik). Die boksie wat gemerk is AICONA beteken nee. Die rolmodelle in die
       boks is almal manlik. Dit mag suggereer dat daar nie vroulike rolmodelle vir die
       seuntjie is nie. Die Lions vuurhoutjies(regs) is ook aan die pienk kant van die
       komposisie geplaas. Dit kan ook die gevaar van die speelgoed aandui. Al die
       rolmodelle/speelgoed is „n vermenging van verskillende kulture en eras.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           17                          DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

       Die klein seuntjie is geklee in 'n blou denim en 'n rooi gestreepte hemp wat
       ooreenkom met die kleure wat gebruik is in die kostuum van Superman. Dit is asof
       die kunstenaar die idee van eerbetoon aan super helde wou beklemtoon. Die muur
       in die agtergrond is versier met vertikale lyne in rooi, blou en wit, wat muurpapier
       naboots. Konsentriese sirkels in rooi, blou en geel is bo-oor die vertikale lyne
       aangebring. Die kleur geel wat gesien kan word in die belt van die superman figuur,
       is herhaal in die vuurhoutjiedosie, sowel as op die vloer van die speelkamer en in
       die sirkels op die muurpapier. Hierdie warm geel kan die betekenis gee van 'n
       vreugdevolle, gelukkige aard van 'n kind wat met sy speelgoed speel.
       Komplimentêre kleure kan gesien word in die groen speelgoed soldaat en die rooi
       portret, en die blou kortbroek en oranje vloer. Die vibrerende kleure skep 'n speelse
       atmosfeer, wat 'n sterk kontras vorm met die somber karakters wat oorlede of
       verbeeldingskarakters is.

       Die magsfigure is verteenwoordigend van sterk leiers wat vir geregtigheid en vrede
       staan.     Superman, 'n fiktiewe karakter wat gebruik is in kinders se
       strokiesprentboeke en films, verteenwoordig 'n held wat 'n normale man is met
       super kragte wat die mense van die wêreld red. Homer Simpson is 'n joviale
       onskuldige karakter wat aanklank vind by alle mense van alle ouderdomme. Hy
       word verteenwoordig as 'n sagte speelding en het ook dieselfde posisie as die
       ander super helde. Die koppe van twee vergete helde op die vloer is nie so goed
       opgepas soos die ander wat in die speelgoedboks is nie.                  Die klein
       speelgoedsoldaatjie kom voor asof hy deur die kind beheer word en is gereed om
       aan te val. Kinders word van 'n vroeë ouderdom beïnvloed deur magsfigure en
       wanneer hulle met figure speel manipuleer hulle die aksie en domineer die toneel
       waar in die werklike lewe word die kind (en die wêreld) gemanipuleer deur
       magsfigure.

       Die leiers van die verlede het helde geword as gevolg van die manier waarop hulle
       verandering in die samelewing teweeggebring het. Kinders is die leiers van more
       en beroemde fiktiewe karakters soos superman sal altyd deel wees van hulle
       lewens, Die politieke beeldjies van Mandela en Ghandi verteenwoordig die werklike
       helde van ons wêreldgeskiedenis. Hulle nagedagtenis en leringe moet gekoester
       en bewaar word deur die jeug van die wêreld. Die klein bewaarder is 'n kind of jong
       persoon wat omgee vir historiese figure, kultuur, erfenis en tradisie. Die vraag
       ontstaan: word alle mense in magsposisies net herinneringe wat deur kinders
       gehou word? Moet die helde van gister onthou word? Is die klein bewaarder die
       enigste een wat die herinneringe lewend hou deur die replikas as speelgoed te
       gebruik? Of verteenwoordig die klein bewaarder die toekoms. Kandidate moet die
       kunswerk herdoop met hulle eie interpretasie.                                       (10)

6.2    Kandidate moet 'n opstel skryf oor TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat identiteit
       in ons demokratiese samelewing aanspreek.                                        (10)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            18                           DBE/November 2022
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 7:            GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

         Little boxes on the hillside                 Klein boksies op die heuwel
     Little boxes made of ticky-tacky            Klein boksies gemaak van optelgoed
         Little boxes on the hillside                 Klein boksies op die heuwel
          Little boxes all the same                 Klein boksies  almal dieselfde
   There's a green one and a pink one             Daar's 'n groen een en 'n pienk een
    And a blue one and a yellow one                  En 'n blou een en 'n geel een
  And they're all made out of ticky-tacky       En hulle is almal van optelgoed gemaak
     And they all look just the same.               En hulle lyk almal net dieselfde.

                                                                    (Afrikaanse vertaling)
               – Lied deur Malvina Reynolds (1962) en gesing deur Pete Seeger (1963)

Die samelewing is geneig om mense in kassies te kategoriseer.

FIGUUR 7a: Angela Banks, Verborge drome, (Hidden Dreams), olie op doek, 2019

FIGUUR 7b: Angela Banks, Diep in die Stilte, ( Deep in the Quiet), olie op doek,
           2019.

7.1      Dink jy dat mense volgens geslag in kassies/boksies gesit word? Kandidate
         moet FIGUUR 7a en 7b vergelyk waarin die volgende oorweeg word:
              Die betekenis van die hout krat/boks in beide kunswerke
               Die kunstenaar gebruik 'n klein wêreld binne in 'n krat waar sy haar
               onderwerpe beperk en bewaar. Die krat word die houer van skatte, feite
               en idees. Die onderwerpe kan wegkruip in die krat en veilig gehou word.
               Kratte/bokse word ook gebruik om trofeë en items weg te bêre wat nie
               gebruik word nie. Dit kan ook as 'n houer gebruik word om as 'n
               doodskis te dien of vir menslike handeldryf. In FIGUUR 7a en 7b word
               die kratte gebruik as uitstalkabinette vir die uitbeelding van 'n klein
               seuntjie en sy objekte/speelgoed van belang en 'n klein dogtertjie met
               haar objekte/speelgoed van belang. Die skarniere van die krat in
               FIGUUR 7a is baie eenvoudig in vergelyking met die dekoratiewe,
               vroulike skarniere van die krat in FIGUUR 7b. Vlugtelinge dra hulle
               wêreldse besittings in bokse/kratte. Beide die kinders kan as slagoffers
               gesien word omdat hulle ingeboks is. Die seun se boks is grof met
               growwe skarniere, terwyl die dogtertjies‟n glad en dekoratief is.
              Stereotipiese uitbeelding van die manlike en vroulike kind
               FIGUUR 7a: Die netjiese en uitgevatte manlike kind is uitgebeeld in 'n
               staande posisie in die krat en dra 'n paar rooi bokshandskoene. Hy
               staar na die kyker asof hy poseer vir 'n foto. Hy lyk oortuig,
               selfversekerd, koel, kalm en beheers.
               FIGUUR 7b: Die vroulike kind is uitgebeeld met voete naby mekaar in
               'n staande posisie in die krat, wat 'n sakkie vasklem, met haar gesig
               effens na regs gedraai. Sy lyk bang, ongemaklik en onseker van
               haarself, asof sy afgerig is. Haar hare is netjies in 'n bolla gedraai en sy
               is afgerond en dra grimering. Volwasse vroue dra gewoonlik grimering.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             19                            DBE/November 2022
                                       NSS – Nasienriglyne

              Kleredrag
               FIGUUR 7a: Die seun is geklee in 'n denim kortbroek, 'n wit gholf
               T-hemp met wit sokkies en tekkies. Hy dra ook 'n swart strikdas en swart
               outydse kruisbande om sy broek bo te hou. Hy het rooi boks-
               handskoene aan. Hy is nie geklee volgens die tradisionele bokser nie.
               FIGUUR 7b: Die meisie is geklee in 'n koningsblou, geblomde oosterse
               rok met kontrasterende warm rooi stewels en handsakkie. Sy dra
               helderrooi lipstiffie en grimering op haar gesig.

              Simboliek van die objekte wat in die krat geplaas is
               FIGUUR 7a: Geblaarde patroon papier is geplaas reg agter die figuur
               van die seun. Die krat wat bestaan uit speelgoed wat tipies geassosieer
               word met seuns sluit in: speelgoed soldaatjies, perd figuurtjie, spin tolle
               en 'n speelgoed vliegtuig. Daar word van seuns verwag om sterk en taai
               te wees om hulle families te beskerm of om bakleiers of beskermers te
               word. Lyn is geweef deur klein gaatjies in die regterkantse paneel van
               die krat wat moontlike die gekarteerde roetes van vliegtuie simboliseer.
               In die verlede is vliegtuie gevlieg deur mans en nie deur vroue nie. Die
               vliegtuig is baie keer geassosieer met gevegte of oorlog en nie met 'n
               reis nie. Agter die vliegtuig is 'n prent van 'n landskap met 'n figuur in die
               agtergrond. Dit wil voorkom asof dit 'n vroulike figuur is wat die
               band/verhouding tussen 'n ma en seun kan voorstel. Die vroulike figuur
               kan ook gesien word as 'n beskermer. Die insluiting van 'n meerkat kan
               simboliseer dat seuntjies stout is of dat hulle gewoonlik met troeteldiere
               assosieer. Die speelgoedperd op wieletjies kan die Trojaanse perd
               simboliseer wat verraad/voorgee/voorhou kan toon. Die netheid van die
               seun se voorkoms toon dat hy figuurlik netjies gemaak is om aan te pas
               by die verwagtinge van die samelewing. Die groot spin tol is 'n outydse
               speelding wat die verlede met die hede verbind.
               FIGUUR 7b: 'n Dowwe grys en wit patroon muurpapier is geverf agter
               die figuur van die klein dogtertjie. 'n Rooi ketel, sopbakkies en
               verestowwer is simbolies van die tradisionele huislike verwagtinge van 'n
               vrou. Tradisioneel was daar van vroue verwag om die rol van versorgers
               en huishoudsters te vervul vanaf 'n baie vroeë ouderdom. Die klein
               outydse beursie/handsakkie kan heenwys na die feit dat vroue nie geld
               verdien het nie aangesien hulle die heeldag by die huis gebly het. Die
               linkerkant van die krat is verdeel in 2, met 'n rak in die middel. Die
               objekte op die boonste rak lyk soos trofeë van diere, gewoonlik
               geassosieer met mans en die jag tradisie, tog kan dit ook sinspeel dat
               die klein dogtertjie die trofeë word en voorkom asof sy te koop is. 'n
               Prent/foto kan gesien word aan die onderste deel van die krat. Dit is 'n
               beeld van 'n manlike figuur wat wegloop van die kyker met sy rug na
               ons. Die figuur kan haar pa of toekomstige eggenoot voorstel. Tipies het
               dogters 'n beter verhouding met hulle pa en dit kan ook verwerping van
               'n ouer voorstel aangesien die figuur wegstap. Die hobbelperd kan
               onskuld voorstel en word geassosieer met speelgoed vir 'n dogtertjie.
               Die rooi appel kan verwys na versoeking, verleiding of dit kan die eet
               van verbode vrugte voorstel. Die appel kan verbind word met stories van
               Adam en Eva en Sneeuwitjie. Die objekte in die krat word
               versamelstukke. In beide werke kom die troeteldiere nie oulik en lieftallig
               voor nie. Die meeste kinders word groot met troeteldiere wat simbolies is
               van lojaliteit, getrouheid en onvoorwaardelike liefde.
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           20                          DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

              Moontlike betekenisse van die titels
               Hierdie is narratiewe werke. Die kunstenaar beoog om bloot te stel dat
               'all the world is a stage' (Shakespeare aanhaling) en ons is die
               marionette/akteurs wat moet aanpas by 'n vooroordeelde samelewing.

               FIGUUR 7a: :'Verborge Drome': Hierdie kunswerk kan te kenne gee
               dat die seun nie regtig kan wees wat hy wil nie as gevolg van wat die
               samelewing verwag van 'n seun. Dit wil voorkom asof sy verborge
               drome uitgebeeld word aan die regterkant van die krat wat wild en vry is.
               Die tou teen die agterkant van die krat verteenwoordig sy drome om
               verskillende plekke te verken en die diere kan 'n wilde sorgvrye lewe
               voorstel.    Aan die linkerkant van die krat word die seun as
               vegter/bokser/soldaat voorgestel wat die verwagting van die samelewing
               is van mans
              FIGUUR 7B: 'Diep in die stilte' kan beteken dat dit die ongesproke
              verwagting is vir meisies om te kook, skoon te maak en vroulik/mooi te
              lyk. Dit kan ook beteken dat meisies/vroue stil moet bly en net aangaan
              met hulle werk. 'Diep in die Stilte' kan ook beteken dat sy as 'n trofee
              aangehou word. Dit kan ook verwys na geslagsgebaseerde geweld ,
              kinderprostitusie, menslike handel of om stil gemaak te word en nie 'n
              stem te besit nie. Predatore en jagters is gewoonlik stil wanneer hulle
              hulle prooi jag.                                                                  (10)

7.2      Kandidate moet 'n opstel skryf oor TWEE kunswerke (EEN per kunstenaar)
         wat kommentaar lewer oor geslagskwessies.                                              (10)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Visual Arts P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2022-eng/26bb5f23-65f5-4599-8bcc-9c5cae341385) — Visual Arts · QP · 2022 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2020-memo-afr/9ab64cab-f381-4897-92e5-9e5f0c5afd1b) — Visual Arts · Memo · 2020 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-memo-afr/0359327e-421b-454e-846a-06383b1ccbb5) — Visual Arts · Memo · 2019 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-memo-eng/3a9fe7a1-d953-4484-9926-c85d0e9d1fec) — Visual Arts · Memo · 2019 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-final-memo-eng/f8b23e8c-b990-4025-a958-051e75d2a57b) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-final-memo-afr/683479bf-b33a-4721-ad54-c96efd0e1cb0) — Visual Arts · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
