# Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-afr/6b4f0711-45ef-4801-bdd4-986ad7e70d58
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-afr/6b4f0711-45ef-4801-bdd4-986ad7e70d58)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                VISUELE KUNSTE V1

                                  NOVEMBER 2023

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              2                           DBE/November 2023
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen sal jy die volgende vaardighede toon:

     Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
     Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
     Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks
     Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
     'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.         Beantwoord ENIGE VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

3.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

4.         Vrae verskyn op die linkerkantste bladsye, met visuele bronne op die
           regterkantste bladsye.

5.         Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
           dit vereis word.

6.         Jy MOET kunswerke wat jy self bestudeer het in die tweede deel van elke
           vraag gebruik.
            Jy MAG NIE kunswerke wat in hierdie vraestel voorkom, as jou
               voorbeelde van bestudeerde kunswerke gebruik NIE.
            Jy MAG NIE dieselfde kunswerke wat jy bestudeer het, in verskillende
               vrae herhaal NIE.

7.         Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde
           bespreek vir die kunswerk wat jy bestudeer het. Onderstreep die titel van 'n
           kunswerk of die naam van 'n gebou/struktuur.

8.         Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
           volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
           feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.

9.         Tydbestuur en lengte van antwoorde:

              Jy moet ongeveer 36 minute per VRAAG aan jou gekose VYF vrae
               bestee.
              Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
               puntetoekenning.
               o     6–8 punte:     'n minimum van ½–¾ bladsy
               o     10–14 punte:   'n minimum van 1–1½ bladsy(e)
               o     20 punte:      'n minimum van 2 bladsye

10.        Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1            3           DBE/November 2023
                            NSS

           LAAT HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          4                        DBE/November 2023
                                          NSS

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Die skilderye van die Impressionistiese kunstenaar Pierre-Auguste Renoir
(FIGUUR 1a) en die Suid-Afrikaanse kunstenaar Dada Khanyisa (FIGUUR 1b) toon
mense wat met mekaar omgaan.

1.1      Bespreek die skilderye in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Verskillende aksies tussen mense
             Gesigsuitdrukkings
             Lig en skadu wat 'n stemming en atmosfeer skep
             Fokuspunt
             Styl van die skilderye                                                      (10)

1.2      Skryf 'n opstel waarin jy die kunswerke van enige TWEE Suid-Afrikaanse
         kunstenaars wat jy bestudeer het, bespreek (EEN kunswerk per kunstenaar).
         Bespreek die verhoudings tussen mense of tussen mense en hulle
         omgewing.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Onderwerp
             Invloede
             Formele kunselemente
             Media en tegniek
             Betekenis/Boodskap van die kunswerk                                         (10)
                                                                                          [20]

Impressionisme: 19de-eeuse kunsbeweging wat in Frankryk ontstaan het

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                        5                         DBE/November 2023
                                        NSS

             FIGUUR 1a: Pierre-Auguste Renoir, Luncheon of the Boating Party
             (Middagete van die Bootgeselskap), olieverf op doek, 1880–1881.

      FIGUUR 1b: Dada Khanyisa, Khaw'phinde um'trye ('Probeer Weer' in isiXhosa),
                            akriel en gemengde media, 2018.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            6                         DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Die kunstenaar, Lina Iris Viktor, is in Europa gebore. Haar ouers was van Liberië
in Wes-Afrika. Haar selfportret in FIGUUR 2a is deur beide Afrika- en Europese
kunswerke beïnvloed.

2.1       Dink jy FIGUUR 2a is deur FIGURE 2b en 2c beïnvloed?

          Gebruik die volgende riglyne in jou antwoord:

              Kleur
              Liggaamshouding of gesigsuitdrukking
              Herhaling en patroon
              Betekenis/Boodskappe                                                          (10)

2.2       Skryf 'n opstel waarin jy TWEE kunswerke deur Suid-Afrikaanse kunstenaars
          wat jy bestudeer het (EEN kunswerk per kunstenaar), bespreek. Bespreek die
          invloed(e) van Afrika- of inheemse kunsvorms in hierdie werke.

          Gebruik die volgende riglyne:

              Invloed(e)
              Formele kunselemente
              Komposisie
              Styl
              Betekenis/Boodskappe                                                          (10)
                                                                                             [20]

Syzygy:       'n paar verwante of kontrasterende dinge (FIGUUR 2a)

Bisantyns: kuns geskep in die Oos-Romeinse Ryk van ongeveer die 300's tot en met
           die 1400's. Die kunswerke beeld hoofsaaklik Christelike onderwerpe en
           belangrike leiers uit (FIGUUR 2b)

Mosaïek: visuele beeld gemaak uit klein stukkies gekleurde klippies, glas of keramiek
         (FIGUUR 2b)

Die Dan-mense is 'n etniese groep uit Wes-Afrika (FIGUUR 2c).

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           7                            DBE/November 2023
                                           NSS

     FIGUUR 2a: Lina Iris Viktor, Syzygy, goud, akriel, fotografiese afdruk op doek, 2015.

   FIGUUR 2b: Bisantynse kunstenaar, Keiserin          FIGUUR 2c: Dan-mense van Liberië,
        Theodora en Dienaars (detail),                 Gesigmasker, hout, datum onbekend.
               mosaïek, 6de eeu.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             8                        DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
         1980's INGESLUIT

Armoede is 'n sosiopolitieke bekommernis regoor die wêreld. Mense ervaar
hongersnood, beperkte toegang tot opvoeding, verminderde basiese dienste en
diskriminasie as gevolg van armoede.

3.1        Bespreek hoe armoede in die kunswerke in FIGURE 3a en 3b uitgebeeld
           word deur die volgende te oorweeg:

              Die simboliek van die rotte, kruis en musikante in FIGUUR 3a
              Die houding, klere en omgewing in FIGUUR 3b
              Hoe beïnvloed die gekose mediums en style in FIGURE 3a en 3b die
               boodskap?                                                                     (8)

3.2        Skryf 'n opstel waarin jy die kunswerke van enige TWEE kunstenaars wat jy
           bestudeer het, bespreek (EEN werk per kunstenaar). Bespreek hoe hierdie
           kunstenaars sosiopolitieke kwessies in hulle werk blootlê.

           Verwys na die volgende riglyne:

              Onderwerp
              Gebruik van medium(s) en tegnieke
              Komposisie
              Verduidelik die sosiopolitieke kwessies wat in die kunswerke aangeraak
               word.
              Dink jy dat die kwessies suksesvol aan die kyker oorgedra word?
               Motiveer jou antwoord.                                                        (12)
                                                                                             [20]

Bowery: 'n woongebied in Laer Manhattan in die stad New York

Verstotelinge ('Derelicts'): agtergelate of verwaarlooste mense; uitgeworpenes

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            9                        DBE/November 2023
                                            NSS

                    FIGUUR 3a: Ronnie Goodman, No More Homeless Deaths
                       (Geen Hawelose Sterftes Meer Nie), linosnee, 2011.

        FIGUUR 3b: Duane Hanson, Bowery Derelicts (Bowery Verstotelinge),
 lewensgrootte afgietsels van liggame van hars ('resin') gemaak en geskilder, 1969–1970.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           10                          DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

Samuel Makoanyane het tradisionele musikante van Lesotho gedokumenteer, terwyl
Collen Maswanganyi die ritme van kontemporêre musikante in Limpopo uitbeeld.

4.1      Bespreek hoe die beeldhouers in FIGURE 4a en 4b musikante uitbeeld.

         Verwys na die volgende riglyne:

             Beskryf die klere, musiekinstrumente en houdings.
             Die effek van kleur
             Bespreek die verskille in tegniek tussen werk met klei en werk met hout.
             Verduidelik waarom FIGUUR 4a as naturalisties en FIGUUR 4b as
              gestileerd beskryf kan word.                                                    (10)

4.2      Skryf 'n opstel oor die kunswerke van enige TWEE kunstenaars/
         kunsvlytkunstenaars wat jy bestudeer het (EEN kunswerk per kunstenaar).
         Bespreek hoe hierdie kunstenaars hulle persoonlike stories, kunsvlyt en/of
         geestelikheid in hulle werk uitbeeld.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Invloede en inspirasie
             Media en tegniek
             Formele kunselemente
             Moontlike betekenis/doel/funksie                                                (10)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         11                         DBE/November 2023
                                         NSS

      FIGUUR 4a: Samuel Makoanyane, Series of Musicians (Reeks Musikante),
                              kleifigure, c. 1930's.

            FIGUUR 4b: Collen Maswanganyi, In Business with Our Husbands
        (In Besigheid met Ons Eggenote (Mans)), dennehout en akrielverf, 2013.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           12                       DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

Kunstenaars het op verskillende tye ongewone nie-kunsmateriaal in kunswerke
omskep. Die kunswerke in FIGURE 5a, 5b en 5c maak op ongewone maniere van
fietsonderdele of die rubber van buitebande gebruik.

5.1      Beskou die verhoudings tussen die kunswerke wat in FIGURE 5a, 5b en 5c
         verskaf word.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Hoe het die fiets in FIGUUR 5a 'n bul se kop geword? Beskryf die
              kreatiewe proses.
             Waarom, dink jy, het Duchamp in FIGUUR 5b 'n fietswiel en 'n stoel
              gekombineer?
             Hoe is die materiale in FIGUUR 5c omskep? Oorweeg die tekstuur van
              die materiale.
             Hoe dra die titel in FIGUUR 5c tot die betekenis van die kunswerk by?        (10)

5.2      Skryf 'n opstel waarin jy TWEE kunswerke wat jy bestudeer het, bespreek
         (EEN kunswerk per kunstenaar). Bespreek hoe alternatiewe kunsvorms of
         multimedia in die kunswerke gebruik is.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Invloede
             Kort beskrywing
             Gebruik van materiale en tegnieke
             Moontlike boodskap/betekenis                                                 (10)
                                                                                           [20]

Limbo: 'n onsekere toestand; tussen-in

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           13                         DBE/November 2023
                                           NSS

 FIGUUR 5a: Pablo Picasso, Bull's Head (Bul        FIGUUR 5b: Marcel Duchamp, Bicycle
      se Kop), fietsonderdele, 1942.             Wheel (Fietswiel), metaalwiel op 'n geverfde
                                                         houtstoel gemonteer, 1913.

             FIGUUR 5c: Patrick Bongoy, Killing Time (Conversations in Limbo),
           (Tydverdryf (Gesprekke in Limbo)), herwinde rubber, glasvesel-afgietsel,
                          gevonde houtstomp, lewensgroot, 2017.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             14                           DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

                     WAT IS 'N SUID-AFRIKAANSE IDENTITEIT?

Ons soek voortdurend daarna om te definieer wie ons as Suid-Afrikaners is. Ons
identiteit word deur waardes, herkoms, geslag, ras, taal en ervarings gevorm. Populêre
kultuur en verbruikersprodukte dra ook tot ons identiteit by.

6.1      Bespreek die impak van populêre kultuur en verbruikersprodukte op identiteit,
         soos in FIGURE 6a en 6c uitgebeeld.

         Gebruik die volgende as riglyne:

             Die verhouding tussen die Bart Simpson- en die Afrika-figuur
             Die verhouding tussen die Lion-vuurhoutjieboksies en die portret van die
              man in FIGUUR 6c
             Gebruik van die kleur geel
             Verskille in styl tussen FIGURE 6a en 6c
             Watter kunswerk, dink jy, beeld 'n Suid-Afrikaanse identiteit die beste uit?
              Gee redes vir jou antwoord.                                                        (8)

6.2      Skryf 'n opstel waarin jy TWEE Suid-Afrikaanse demokratiese kunswerke ná
         1994 wat jy bestudeer het, bespreek (EEN kunswerk per kunstenaar).
         Bespreek hoe die kunswerke Suid-Afrikaanse identiteit weerspieël.                       (12)
                                                                                                 [20]

Bart Simpson: 'n Fiktiewe karakter in 'n Amerikaanse animasietelevisiereeks, The
              Simpsons. Hy was 'n stout en misverstane 10-jarige seun.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         15                          DBE/November 2023
                                         NSS

    FIGUUR 6a: Brett Murray, Afrika,           FIGUUR 6b: Brett Murray, Afrika (detail),
      geverfde gegote brons, 2000.                 geverfde gegote brons, 2000.

           FIGUUR 6c: Richard Smith, Afrika, gemengde media op papier, datum onbekend.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           16                          DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Toksiese manlikheid verwys na die wanopvatting van 'manlikheid' wat deur aggressie
en dominansie gedefinieer word.

Tradisionele Westerse kunstenaars het dikwels sterk en militante manlike figure
uitgebeeld, terwyl kontemporêre kunstenaars hierdie verouderde idees oor 'manlikheid'
uitdaag.

7.1       Vergelyk die uitbeelding van manlikheid in FIGURE 7a en 7b.

          Gebruik die volgende riglyne:

             Die manlike figure se liggame en aksies
             Komposisie
             Kleur
             Hoe word manlikheid uitgebeeld?                                                 (10)

7.2       Skryf 'n opstel waarin jy TWEE kunswerke wat jy bestudeer het, bespreek
          (EEN kunswerk per kunstenaar). Bespreek hoe manlikheid en/of vroulikheid
          in hierdie werke uitgebeeld word.

          Gebruik die volgende riglyne:

             Keuse van visuele beelde
             Kleur
             Medium en tegnieke
             Geslagskwessies wat aangeraak word                                              (10)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         17                         DBE/November 2023
                                         NSS

    FIGUUR 7a: Peter Paul Rubens, The Lion Hunt (Die Leeujag), olie op doek, 1621.

   FIGUUR 7b: Justin Brett, Series from Out of Site (Reeks van 'Buite die Perseel'),
               waterverf en bleikmiddel op papier, lewensgroot, 2009.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           18                       DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Die Garden Café (Tuinkafee) in FIGUUR 8a is geïnspireer deur die hutte (mathuise)
van die Khoisan, wat die eerste mense was wat die Breedekloof Vallei in die
Wes-Kaap bewoon het.

Die argitektuur van die Garden Café bring inheemse en kontemporêre invloede
bymekaar. Dit kombineer ook die natuur met die bou-omgewing.

8.1       Verwys na FIGURE 8a, 8b en 8c en beantwoord die volgende vrae:

             Lewer kommentaar op die funksie van TWEE argitektoniese
              boumateriale wat in die Garden Café gebruik is. Verwys na die visuele
              beelde in FIGURE 8a en 8b.
             Hoe het die Khoisan-mathuis (FIGUUR 8c) die ingang tot die Garden
              Café (FIGUUR 8b) beïnvloed?
             Watter uitwerking sal die ingang op die besoeker hê?
             Hoe skakel die gebou in FIGUUR 8a met die omliggende natuur?
             Lewer kommentaar op TWEE kontemporêre invloede wat in FIGUUR 8b
              sigbaar is.                                                                  (8)

8.2       Skryf 'n opstel waarin jy enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue of strukture
          wat jy bestudeer het, bespreek.

          Verwys na die volgende in jou opstel:

             Funksie(s)
             Gebruik van materiale en tegnieke
             Stilistiese kenmerke
             Omgewingsinvloede
             Wat beskou/sien die argitek as belangrike kwessies of oorwegings in
              sy/haar projek?                                                              (12)
                                                                                           [20]

Mathuis: Die mathuis was 'n draagbare en gekromde struktuur wat bedek was met
         geweefde matte wat die Khoisan gebruik het wanneer hulle seisoenaal met
         hulle beeste getrek het. FIGUUR 8c toon die struktuur sonder die geweefde
         matte.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           19                       DBE/November 2023
                                           NSS

                     FIGUUR 8a: Steyn Studio, Garden Café (Tuinkafee),
                        gekromde eikehoutbalke, glas en beton, 2020.

   FIGUUR 8b: Steyn Studio, ingang van           FIGUUR 8c: Khoisan-mense, Struktuur van
    Garden Café (Tuinkafee), gekromde               die mathuis, takke, datum onbekend.
     eikehoutbalke, glas en beton, 2020.

                                                                          TOTAAL:        100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-eng/bad22f4f-5320-4e95-ba28-99a4822fe65c) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-afr/1a710b38-b260-471c-aeef-1d89fb57a04e) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-eng/8bf81d1e-c7c6-446c-bc70-8dd8d8206b92) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-afr/c7029211-f88d-4a06-9973-c3939102b64b) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-eng/2b786a81-cd87-4e37-95d3-59499fa78365) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2022-eng/26bb5f23-65f5-4599-8bcc-9c5cae341385) — Visual Arts · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
