# Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2023 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-mg-afr/d1cf1fbc-784e-4025-8cae-f13c26c24ac2
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2023 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-mg-afr/d1cf1fbc-784e-4025-8cae-f13c26c24ac2)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               VISUELE KUNSTE V1

                                  NOVEMBER 2023

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           2                         DBE/November 2023
                                    NSS – Nasienriglyne

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:
1.       Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige VYF
         vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord. Merkers mag SLEGS die eerste
         vyf antwoorde merk.
2.       Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
3.       Kolpunte ('Bullets') dien as riglyne om kandidate te help om hul antwoorde te
         struktureer, maar die vrae kan in 'n holistiese wyse beantwoord word.
         Kandidate moet VOLSINNE gebruik om paragrawe te konstrueer. Antwoorde
         wat puntsgewys geskryf is kan nie volpunte kry nie.

4.       EEN punt moet afgetrek word as daar geen vergelyking gemaak is nie in 'n
         vraag wat kandidate versoek om te vergelyk.

5        Kandidate MOET hulle eie bestudeerde kunswerke in die tweede deel van
         elke vraag gebruik.
          Hulle MAG NIE kunswerke wat in die vraestel verskyn as hulle
             voorbeelde van bestudeerde kunswerke gebruik nie.
          Hulle MAG NIE dieselfde bestudeerde kunswerke in verskillende vrae
             gebruik nie.

6        Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
         noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar
         en titel van die werk toegeken. Volpunte kan nie toegeken word as die titel
         of kunstenaar inkorrek is nie.
7.       Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
         as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
         kunswerke is toelaatbaar.

8.       Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord
         bespreek, waar van toepassing.

9.       Dit is BAIE BELANGRIK vir merkers om die volgende te oorweeg:
            Baie kandidate sal hierdie voorbeelde bespreek alhoewel hulle dit nog
             nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese
             inligting verwag nie.
            Kandidate kan uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die
             kunswerke put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet kandidate
             krediet kry vir hulle eie menings en idees waar van toepassing.
            Nasieners moet onbevooroordeeld en buigsaam in die nasienproses
             wees. Krediet moet aan laterale denke gegee word.
            Dit is belangrik dat argumente beredeneer/gemotiveer/gestaaf en
             gekwalifiseer word deur verwysing na bronne/kunswerke.
            Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle weet,
             eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                                    3                               DBE/November 2023
                                                    NSS

10.      Hierdie nasienriglyne kan ook as 'n onderrigmiddel dien. Daarom is die
         nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as
         onderrigmiddel gebruik kan word.

11.      Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys
         vir 'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer.

Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer

  PRESTASIE-
                                      ONDERWERP 3: VISUELE KULTUUR-STUDIES
     KODE
        7              Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
   Uitstekend           politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
    80–100%            Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                       Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                        kuns.
                       Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
       6               Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
 Verdienstelik          sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
   70–79%               lewer.
                       Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                       Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                       Toon uitstekende insig en begrip.
       5               Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
   Aansienlik           politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
    60–69%             Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                       Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                       Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
       4               Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
   Gemiddeld            politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
    50–59%             Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                       Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                       Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
       3               Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
  Bevredigend           politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
    40–49%             Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                       Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                       Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.
       2               Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
   Elementêr            politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
    30–39%             Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                       Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                       Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.
       1               Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
 Nie behaal nie         sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
     0–29%              lewer.
                       Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
                        terminologie.
                       Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                       Toon min of geen begrip of insig nie.

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                        4                         DBE/November 2023
                                        NSS

MARKERS MUST ONLY MARK THE FIRST FIVE QUESTIONS ANSWERED AND IF A
CANDIDATE DOES MORE THAN THE REQUIRED NUMBER OF QUESTIONS ONLY
THE FIRST FIVE WILL BE CREDITED.

KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.

Die volgende puntetoekenning moet nagekom word wanneer slegs EEN
kunswerk/kunstenaar bespreek is in plaas van twee.

6 punte     (maks 3)
8 punte     (maks 5)
10 punte    (maks 6)
12 punte    (maks 7)
14 punte    (maks 8)
20 punte    (maks 12)

As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle van verskillende provinsies,
moet die provinsies die nasienersriglyne vir interpretasie aanpas.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           5                           DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

 Die skilderye van die Impressionistiese kunstenaar Pierre-Auguste Renoir (FIGUUR 1a), en
 die Suid-Afrikaanse kunstenaar Dada Khanyisa (FIGUUR 1b), wys mense wat omgaan met
 mekaar.

FIGUUR 1a: Pierre-Auguste Renoir, Middagete van die Bootpartytjie (Luncheon of the
Boating Party), olie op doek, 1880-1881.

FIGUUR 1b: Dada Khanyisa, Khaw'phinde um'trye ('Probeer weer' in isiXhosa), akriel en
gemengde media, 2018.

1.1      Kandidate moet die skilderye in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b deur die volgende
         as riglyne te gebruik:

         Woordelys: Impressionisme is 'n 19de-eeuse kunsbeweging wat in Frankryk
         ontstaan het.

         FIGUUR 1a:
          Verskillende aksies tussen mense
         Daar is 'n informele sosiale byeenkoms tussen middelklas mans en vroue, wat
         mekaar se geselskap rondom 'n middagete-tafel geniet. Daar is
         verskillende/aparte groepe mense, van wie sommige toeskouers is, terwyl die
         mense in die groep in die regterkant onder in die skildery, naby aanmekaar is
         en verdiep is in 'n gesprek.
          Gesigsuitdrukkings
         Die gesigsuitdrukkings is ontspanne en toon betrokkenheid bv. die vrou by die
         tafel neem die aandag op van die twee mans aan die regterkant, terwyl die
         ander met haar hond speel.
          Lig en skadu wat 'n stemming en atmosfeer skep
         Daar is 'n tussenspel van lig en skadu regdeur die skildery met gradering van
         toonwaardes wat tussenin gebruik word. Die sonlig word beklemtoon in wit
         ligkolle wat sigbaar is op die glasware en die tafeldoek. Skadu's is gebruik om
         die voue op die servette en tafeldoek te skep. Daar is subtiele tonale graderings
         tussen die ligkolle en skadu's, wat vorm skep. Renoir het gebruik gemaak van
         donker koel skakerings van groen en blou as skaduwees in die agtergrond
         eerder as suiwer swart. ‘n Vlietende oomblik word vasgevang.
          Fokuspunt
         Die tafel kan gesien word as fokuspunt aangesien dit in die middel van die
         geleentheid is. Die wit tafeldoek staan ook uit teenoor die donker klere van die
         figure wat rondom dit vergader. Die kandidate se antwoorde vir fokuspunt kan
         verskillend wees, maar moet gestaaf word. Die fokuspunt kan ook die vrou
         wees wat met die hond speel, aangesien die skildery deur mense oorheers
         word,en die hond is die enigste dier in die skildery.
          Styl van die skildery
         Die figure is uitgebeeld in naturalistiese vorm aangesien die kunstenaar die
         proporsies en volume versigtig waargeneem het. Daar is los, sigbare
         kwasmerke wat tekstuur op die oppervlak skep. Daar is suiwer kleure wat
         ongemeng gelaat is soos die pers op die vrou se kraag en die wit op die glase.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             6                            DBE/November 2023
                                             NSS

         FIGUUR 1b:
          Verskillende interaksies tussen die mense
         Alhoewel die figure rondom 'n tafel byeenkom, is hulle afgesonder van mekaar.
         Slegs die sentrale manlike volwassene lyk asof hy kyk in die rigting van die jong
         seun in rooi geklee, wat die foon het. Die oudste figuur aan die verste linkerkant
         is heeltemal apart van die res van die familiegroep. Daar is geen kommunikasie
         nie, en mense is in hul eie ruimtes al sit hulle saam. Menslike gesigte lyk soos
         maskers.

          Gesigsuitdrukkings
         Die figure se oë is almal na onder gerig en hulle lyk uitgeput. Die toeskouer kan
         nie die gesigsuitdrukking van die volwasse man aan die tafel, bepaal nie
         aangesien hy sy mond met sy hand bedek terwyl sy oë gefokus is op die seun
         se aktiwiteit. Die ander kinders aan die tafel lyk asof hulle nadink en
         konsentreer op wat hulle besig is om te doen. Die figuur aan die verste
         linkerkant hou almal dop.

          Lig en skadu wat stemming en atmosfeer skep
         Die kers op die tafel is die ligbron wat die figure verlig en veroorsaak
         dramatiese skadu's in die ruimte in die agtergrond. Daar is 'n sterk kontras
         tussen die ligter areas en die skadu's op die figure wat by die tafel sit. Die figuur
         aan die verste linkerkant is omtrent heeltemal in skadu gehul.

          Fokuspunt
         Die skerp wit van die kersvlam trek die aandag aangesien dit die ligste kleur
         gedeelte van die skildery. Die figure sit rondom die kers. Die kandidaat se
         antwoord vir die fokuspunt mag verskil, maar moet gestaaf word.

          Styl van die skildery
         Die skildery is gestileerd aangesien die figure uitgebeeld is met oordrewe
         gelaatstrekke, gesien in die uitpeulende ronde oë en geronde neuse. Die verf is
         aangewend in glad vermengde kwasmerke wat soliede vorms skep. Die kleure
         is ondeursigtig en gedemp. Die primêre kleure, geel en rooi is ook gedemp
         aangesien dit binne die dowwe kerslig uitgebeeld is.                                      (10)

1.2      Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die kunswerke van enige TWEE
         Suid-Afrikaanse kunstenaars, wat hulle bestudeer het, bespreek. Die
         kunstenaars se werke moet die interaksies tussen mense of tussen mense en
         hul omgewing uitbeeld. Verskaf die name van die kunstenaars en die titels van
         die kunswerke. Kandidate moet EEN kunswerk per kunstenaar bespreek.

         Hulle mag die volgende in hul opstel gebruik:

             Onderwerp
             Invloede
             Formele kunselemente
             Media en tegniek
             Boodskap/betekenis van die kunswerk                                                  (10)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            7                           DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 2:       SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA
               EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

 Die kunstenaar, Lina Iris Viktor is gebore in Europa. Haar ouers was van Liberië in Wes-
 Afrika. Haar selfportret in FIGUUR 2a is beïnvloed deur beide Afrika- en Europese
 kunswerke.
Woordelys:

Syzygy: 'n Paar verwante of kontrasterende voorwerpe (FIGUUR 2a).

Bisantyns: Kuns gemaak in die Oos-Romeinse ryk van ongeveer die 300's tot en met die
1400's. Die kunswerke beeld hoofsaaklik Christelike onderwerpe en leiers uit.
(FIGUUR 2b).

Mosaïek: Beeldmateriaal gemaak uit klein stukkies gekleurde klippies, glas of keramiek.
(FIGUUR 2b).

Die Dan mense is 'n etniese groep uit Wes-Afrika (FIGUUR 2c).

FIGUUR 2a: Lina Iris Viktor, Syzygy, goud, akriel, fotografiese afdruk op doek, 2015

FIGURE 2b: Bisantynse kunstenaar, Keiserin Theodora en Dienaars (detail),
mosaïek, 6de eeu.

FIGUUR 2c: Dan mense van Liberië, Gesigmasker, hout, datum onbekend.

2.1       Dink jy FIGUUR 2a is beïnvloed deur FIGURE 2b en 2c?

          Kandidate mag hul antwoord motiveer deur na die volgende te verwys:

          ●       Kleur
          In FIGUUR 2a het Viktor goud, blou en blou in die klere en die agtergrond
          gebruik. Haar hare is blou, gesig is swart geverf en die goue sirkel agter haar
          kop verteenwoordig 'n stralekrans. Die wit van die kleding veroorsaak dat die
          figuur uitstaan teenoor die donker agtergrond. Die wit van die materiaal laat die
          figuur uitstaan teen die donker agtergrond. Die blou hooftooisel: Koningsblou is
          'n tipiese koninklike kleur in die Europese kultuur. Die gebruik van goud herinner
          aan Bisantium en vroeë Christelike kuns, om transendente, goddelike lig te
          simboliseer wat die onsigbare, geestelike wêreld beliggaam. Goud kon gevind
          word in die agtergrond van ikone, mosaïek, (sien 2c) drieluikpanele en
          argitektoniese instellings.

          Die goue sirkel skyf lyk soos die stralekrans in FIGUUR 2b wat ook wit ligte
          areas op haar rok het.
          Die geverfde swart masker op Viktor se gesig stem ooreen met die swart masker
          van FIGUUR 2c. In FIGUUR 2c sien ons ligter hout wat deurskyn op die punt
          van die neus en lippe. Dit lyk asof dit gepolitoer is.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            8                           DBE/November 2023
                                            NSS

          ● Liggaamshouding of gesigsuitdrukking
          In FIGUUR 2a is die figuur regop met haar kop in 'n driekwart aansig terwyl sy
          oogkontak maak, om so aandag te trek. Sy lyk selfversekerd en koninklik.

          In FIGUUR 2b kyk die figuur voor haar uit en het 'n statiese liggaamsposisie. Sy
          kyk effens weg maar sy dwing steeds respek af of trek aandag. Die plasing van
          die lippe is soortgelyk as in FIGUUR 2a. Daar is 'n ernstige introspektiewe
          uitdrukking in die masker in FIGUUR 2c waar die ooglede toe is en die mond
          afwaarts getrek.

          ● Herhaling en patroon
          In FIGUUR 2a word groot geometriese patrone in die agtergrond gesien. Dit is
          vertikale, verlengde reghoeke en driehoeke. Sommige van die reghoeke is gevul
          in soliede goud of swart terwyl ander, spesifiek aan die linkerkant, eenvoudige
          goue buitelyne het. Die materiaal waarin die figuur gehul is, bestaan uit stroke
          van nou herhalende patrone. Geometriese vorms is sigbaar in die materiaal en
          dit herinner aan 'n tradisionele Afrika patroon kledingstuk wat by die groter
          vorms van die agtergrond aansluit. Daar is herhaling in die bronsringe rondom
          die rondom die nek.

          Herhaling kan gesien word op die Bisantynse dekoratiewe juweliersware rondom
          die nek en die stringe krale wat hang vanaf haar kroon. Daar is 'n herhaling van
          sirkels op haar kroon wat 'n verwysing kan wees na die edelgesteentes.
          Die patroon in die agtergrond herinner ook aan 20ste eeuse Europese kuns
          soos 'The Stijl'

          FIGUUR 2c het ook sirkelvormige gate aan die bokant van die masker se
          voorkop. Dit kan wees dat daar hare ingeweef was. Die gate is in eweredige
          afstand herhaal in 'n halfsirkel wat oor die bokant van die kop strek. Daar is ook
          sirkels in die vorm van die oorbelle. Die gesuggereerde vorm van die ooglede
          word herhaal aan die onderkant van die neus en in die vorms van die lippe.

          ● Betekenis/boodskappe
          FIGUUR 2a kombineer Afrika en Europese invloede wat wys op Viktor se
          hibriede identiteit as Europese persoon wat gebore is aan ouers vanuit Afrika.
          Haar selfversekerde liggaamshouding vertoon haar trots in haar herkoms. Sy
          neem 'n koninklike posisie in wat van te vore ingeneem is deur die Madonna,
          keiserinne of koninginne in Westerse kuns. Sy bereik dit deur haar
          liggaamshouding, die stralekrans en die gebruik van donker blou. Sy kan ook
          gesien word as 'n bruid wat 'n tradisionele kombers dra.

          FIGUUR 2b wys die Keiserin Theodora van die Bisantynse tydperk. Sy is versier
          met ingewikkelde bykomstighede en is geplaas in die middel van die komposisie
          wat haar belangrikheid wys. Sy is 'n sekulêre figuur wat as heilig verklaar is as
          gevolg van die stralekrans. Sy kyk na die toeskouer met outoriteit.

          FIGUUR 2c kan 'n simbool van skoonheid wees in die Dan kultuur. Die masker
          kon gedra word as deel van rituele seremonies in die stamlewe van die Dan
          kultuur.                                                                   (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           9                         DBE/November 2023
                                           NSS

2.2       Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE kunswerke deur Suid-
          Afrikaanse kunstenaars, wat hulle bestudeer het bespreek, (EEN kunswerk per
          kunstenaar). Hulle moet die invloede van Afrika of inheemse kunsvorms in die
          werke bespreek.

          Gebruik die volgende riglyne:

               Invloede
               Formele kunselemente
               Komposisie
               Styl
               Betekenis/boodskappe                                                          (10)
                                                                                              [20]

VRAAG 3:       SOSIO-POLITIESE KUNS, INSLUITEND WEERSTANDSKUNS VAN DIE
               1970's EN 1980's

Armoede is 'n sosio-politiese bekommernis regoor die wêreld. Mense ervaar
hongersnood, beperkte toegang tot opvoeding, verminderde toegang tot basiese dienste
en diskriminasie as gevolg van armoede.

FIGUUR 3a: Ronnie Goodman, No More Homeless Deaths (Geen Meer Hawelose
Sterftes), linosneë, 2011.

FIGURE 3b: Duane Hanson, Bowery Derelicts (Bowery Agtergeblewenes),
lewensgrootte afgietsels van liggame gemaak van hars ('resin') en geskilder, 1969-
1970.

Woordelys:
Bowery: 'n Woongebied in Laer Manhattan in die New York Stad.

Agtergeblewenes (Derelicts): Agtergelate of verwaarlooste mense, uitgeworpenes.

3.1       Kandidate moet bespreek hoe armoede uitgebeeld is in die kunswerke in
          FIGURE 3a en 3b deur die volgende te oorweeg:

             Die simboliek van die rotte, kruisiging en musikante in FIGUUR 3a
              Bo die Wit Huis is 'n gekruisigde figuur wat lyk asof hy aan die kruis
              vasgebind is. Bokant sy kop is die woord 'homeless' met doringdraad
              rondom dit. Die figuur is verwant aan die Bybelse uitbeelding van Christus
              wat gesterf het vir ander se sondes wat suggereer dat die haweloses lei as
              gevolg van die sondes en buitensporigheid van die rykes. Die doringdraad
              suggereer die pogings om die haweloses uit sekere ruimtes te hou. Die
              gebruik van die kruis is ironies aangesien daar 'n afwesigheid van genade
              vir arm mense is. Om aan armoede te sterf is dieselfde as om vir ander se
              sondes te sterf, die Regering gee nie aandag daaraan nie, maar verryk
              eerder hulself.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             10                           DBE/November 2023
                                             NSS

              Daar is ‘n gekruisigte geraamte aan die linkerkant van die werk met die
              byskrif ‘Homeless”, terwyl ‘n figuur gekruisig word aan die regterkant met
              die byskrif ‘Mental. Hierdie opskrifte neem die kwessies van haweloosheid
              verder as net hongersnood en werp lig op die dieper kwessies wat deur
              haweloses ervaar word. Musikante verkondig die onreg wat gebeur soos in
              die Bybel met trompette Dixie-groepe het dikwels 'When the saints come
              marching in' gespeel na en van begrafnisse (Amerika).

              Aan die bokant van die komposisie/kunswerk is twee musikante, een swart
              en een wit, een bespeel 'n trompet en 'n klarinet. Hulle kan gesien word as
              verteenwoordigend van die goeie dinge in die lewe soos musiek en hulle lyk
              asof hulle die lyding van die armes ignoreer. Alternatiewelik kan hulle besig
              wees om liedjies omtrent haweloosheid te maak om so die aandag op die
              las van haweloses te vestig.

              Die visuele beeld is geraam aan beide kante met 'n rantpatroon wat
              bestaan uit die beeldmateriaal van rotte. Dit verteenwoordig die
              onhigiëniese omgewing waarin die hawelose mense leef asook die maniere
              waarop mense hulle behandel as 'n bedreiging of as 'n plaag. Daar is ook 'n
              verbintenis tussen rotte en die haweloses as aasdiere. Die rotte kan die
              manier verteenwoordig van hoe die arm hawelose mense 'soos rotte'
              behandel word. Mense word deur die regering as giftige rotte beskou. Die
              dood van mense - 'Hulle sterf soos rotte'.

             Die houding, kleredrag en omgewing in FIGUUR 3b
              Die figure lyk asof hulle dronk is en nie by hulle volle bewussyn is nie. Dit is
              sigbaar in die figuur in die agtergrond wat sit met sy kop wat na eenkant toe
              val. Dwelmmisbruik is deel van hul daaglikse oorlewingsmeganisme.

              Die bleek, gekneusde gesig en vuil dun hand en die liggaam van die figuur
              in die voorgrond wys op hulle daaglikse blootstelling aan gevare en
              hongerte van die lewe op straat. Hulle klere is vuil as gevolg van
              blootstelling aan die elemente wanneer hulle slaap in die straat. Hulle het
              nie geld om nuwe klere te koop nie en het beperkte toegang tot basiese
              dienste soos water om hul klere mee te was.

              Daar is afvalstukke van papier of vuilgoed wat rondgestrooi lê rondom die
              figure wat bydra tot die gevoel van morsigheid waarin hulle slaap. Hulle het
              nie beddegoed nie en het geïmproviseer deur gebruik te maak van papier
              onder hulle koppe.
              Die uitgeworpe mense lyk verlate en verwaarloos. Die plasing van
              lewensgrootte figure konfronteer jou, dit lyk of dit op openbare trappe is
              waar jy moet verbygaan en dit in die gesig staar. Dit lyk asof hulle in
              uniform geklee is en hulle kan vergete soldate wees.

             Hoe het die gekose mediums en style in FIGURE 3a en 3b die
              boodskap beïnvloed?
              FIGUUR 3a: Die linosnee in FIGUUR 3a lyk soos 'n proteskunsplakkaat as
              gevolg van die grafiese gebruik van swart en wit. Die vereenvoudigde
              vorms en die gebruik van teks skep 'n visuele beeld wat helder en duidelik
              is. Die simmetries gebalanseerde raam beklemtoon die idee van die
              protesplakkaat.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           11                         DBE/November 2023
                                           NSS

              FIGUUR 3b is realisties as gevolg van die beeldhouproses om 'n afgietsel
              van 'n menslike figuur te maak. Die lewensgrootte skaal dra ook by tot die
              geloofwaardige visuele beeld asook die versigtige skilderwerk op die figure
              en klere wat gekneusheid en vuilheid suggereer. Hulle konfronteer die
              toeskouer as gevolg van hulle skaal en grootte en lewensgetroue
              voorkoms. Die beeldhouwerk is pynlik en skokkend vanweë die realisme en (8)
              realistiese grootte.

3.2       Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die kunswerke van enige TWEE
          kunstenaars wat hulle bestudeer het bespreek (EEN werk per kunstenaar).
          Hulle moet bespreek hoe hierdie kunstenaars sosio-politiese kwessies in hul
          werk blootlê. Kandidate moet die volgende as 'n riglyn gebruik:

             Onderwerp
             Gebruik van medium(s) en tegnieke
             Komposisie
             Verduidelik die sosiopolitiese kwessies wat in die kunswerke aangeraak
              word.
             Dink jy dat die kwessies suksesvol oorgedra word aan die toeskouer?
              Motiveer jou antwoord.                                                          (12)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            12                           DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK VAN
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

 Samuel Makoanyane het tradisionele musikante van Lesotho gedokumenteer, terwyl
 Collen Maswanganyi die ritme van kontemporêre musikante in Limpopo uitbeeld.

FIGUUR 4a: Samuel Makoanyane, Reeks van Musikante, kleifigure, c.1930s.

FIGUUR 4b: Collen Maswanganyi, In Business with our Husbands (In Besigheid met
ons Eggenote (Mans)), dennehout en akrielverf, 2013.

4.1       Kandidate moet bespreek hoe die beeldhouers in FIGURE 4a en 4b musikante
          uitbeeld deur te verwys na die volgende riglyne:

             Beskryf die klere, musiekinstrumente en liggaamshoudings

          FIGUUR 4a:
          Die figure dra tradisionele kleredrag terwyl hulle speel op handgemaakte
          musiekinstrumente. Die vrou dra 'n lang romp wat haar bene tot by haar enkels
          bedek. Sy dra 'n sjaal wat haar skouers bedek. Haar kleredrag is versier met 'n
          dekoratiewe patroon. Sy sit met haar bene onder haar ingevou effens na die
          een kant van haar liggaam. Sy bespeel die trom met een hand effens gelig en
          die ander hand op die trom, wat leun op haar skoot. Die man dra 'n
          skouermantel met 'n klein lendebedekking. Hy dra 'n tipiese geweefde Sotho
          hoed wat gepunt is met 'n sirkelvormige geweefde versiering op die punt. Hy
          blaas in 'n stringinstrument wat hy vashou in sy linkerhand terwyl hy dit bespeel
          met sy regterhand. Hy sit regop op 'n bankie met sy bene na regs en sy voete
          wat op die grond rus. Die instrumente is 'n klein trom en 'n boog-instrument.
          Albei figure het kaalvoete. Albei is sit en staties (lyk in 'n oomblik gevries) met
          net 'n voorstel van beweging van die hande.

          FIGUUR 4b:
          Die figure is in beweging uitgebeeld. Die man se bolyf leun na agter terwyl hy
          op die kitaar speel en kyk na die groep vroue wat lyk asof hulle hul bolywe
          beweeg terwyl hulle in die mikrofone in sing. Die elektriese kitaar en die
          mikrofone is moderne instrumente. Hulle lyk soos 'n moderne musiekgroep,
          aangetrek in helderkleurige informele uitrustings. Die vrouens dra kort rompe en
          seilskoene met bypassende rooi hemde en sweetbande om die arms en hulle
          haarstyl is dieselfde. Hul hare is vasgemaak in groot bollas bo-op hulle koppe.
          Die man dra jeans en sy hare en baard is goed versorg. Hy dra tweekleurige
          skoene.

             Die effek van kleur

          FIGUUR 4a:
          Die terracotta kleur is in die natuurlike kleur van die klei gelaat. Die terracotta
          kleur gee 'n aardse gevoel aan die kunswerke. Die gebrande vlekke wat deel is
          van die vuurproses is sigbaar op die figure. Die tekstuurpatroon bied 'n
          donkerder toonwaarde in kontras met die res van die kleur.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              13                      DBE/November 2023
                                              NSS

          FIGUUR 4b:
          Dit het helder kleure wat bydra tot die moderne gevoel van die beeldhouwerk.
          Daar is helder rooi wat op die rompe, naels en lippe van die vroue figure geverf
          is en dit kontrasteer met die blou van die hemde en wit seilskoene. Die
          kleurgebruik van die vrouefigure verenig hulle as groep. Die gelaatskleure is
          dieselfde as die kleur van die hout wat gebruik is vir die beeldhouwerk en kon
          ongeverf gelaat wees of is lig gekleur.

              Bespreek die verskille in tegniek tussen om te werk met klei en om te
               werk met hout.

          FIGUUR 4a is beeldhouwerke gemaak uit klei. Die tekstuur van die hare en
          instrumente asook die patrone op die klere is ingekrap en gegraveer in die klei.
          Die figure se vel toon tekstuur en wys die proses van hoe die kunstenaar
          gewerk het terwyl die klei sag was. Die kleimodelleringstegniek vereis die
          manipulasie van vorm en die byvoeging van klei om vorm te vind, versiering
          word gedoen met insnyding en gravering.
          FIGUUR 4b is anders aangesien die kunstenaar die figure en die vorms van hul
          gelaatstrekke uit hout gekerf het. Die kunstenaar moes ook patrone kerf in die
          kitaar, rompe en sokkies. Houtsneetegnieke impliseer om weg te sny en weg te
          neem om die vorm te vind.

              Verduidelik waarom FIGUUR 4a as naturalisties en FIGUUR 4b as
               gestileerd beskryf kan word.

          In FIGUUR 4a het die kunstenaar die figure versigtig waargeneem en herskep.
          Hy het aandag gegee aan die vorms van die gelaatstrekke, die proporsies en
          die posisie van die liggaam. Hy het die aktiwiteite en hoe mense hul
          musiekinstrumente vashou terwyl hulle dit bespeel fyn waargeneem om dit
          lewensgetrou uit te beeld.

          FIGUUR 4b is gestileerd as gevolg van die herhaling van die vrouefigure. Die
          kunstenaar het hulle bolywe gedistorsieër na bonkige vorms met verlengde
          uitgestrekte arms. Die gesigte vertoon as vereenvoudigde soos 'n strokiesprent
          as gevolg van die vorms van die oë, die donker wenkbroue en die rooi lippe.
          Die proporsies is oordrewe en dit lyk soos geanimeerde figure.

                                                                                               (10)
4.2       Skryf 'n opstel oor die werk van enige TWEE kunstenaars /kunsvlytkunstenaars
          (EEN kunswerk per kunstenaar) wie se werke hul persoonlike stories,
          kunsvlyt en/ of geestelikheid uitbeeld.

                   Invloede en inspirasie
                   Media en tegnieke
                   Formele kunselemente
                   Moontlike betekenis/doel/funksie                                           (10)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           14                          DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 5:       MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
               EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

Kunstenaars het op verskillende tye ongewone nie-kunsmateriale omskep in kunswerke. Die
kunswerke in FIGURE 5a, 5b en 5c maak van fietsonderdele of die rubber van buitebande op
ongewone maniere gebruik.

FIGUUR 5a: Pablo Picasso, Bull's Head (Bul se kop), fietsonderdele, 1942.

FIGUUR 5b: Marcel Duchamp, Bicycle Wheel (Fietswiel), metaalwiel gemonteer op
'n geverfde hout stoel, 1913.

FIGUUR 5c: Patrick Bongoy, Killing time (Conversations in Limbo) (Tydmors
(Gesprekke in Limbus), herwinde rubber, glasvesel afgietsel, gevonde houtstomp,
lewensgroot, 2017.

Woordelys:

Limbo: 'n Onsekere toestand, tussen-in

5.1      Kandidate moet die verhoudings tussen die kunswerke oorweeg soos verskaf
         in FIGURE 5a, 5b en 5c.

         Gebruik die volgende riglyne:

          ●     Hoe het die fiets in FIGUUR 5a'n bul se kop geword? Beskryf die
                kreatiewe proses

         In FIGUUR 5a het Picasso die verhouding tussen die vorms van die
         fietsonderdele en die vorm van die bul se kop raakgesien. Die fietssitplek
         word die bul se kop en die stuurstang word horings. Die sitplek en die
         stuurstang is bymekaargevoeg deur te kyk na die suggestiewe aard van die
         vorms eerder as na die funksie en dit is aangebied as 'n statiese vorm teen
         die muur.

               Waarom dink jy het Duchamp in FIGUUR 5b 'n fietswiel en 'n stoel
                gekombineer?

         Daar is kontras tussen die twee gevonde voorwerpe, wat met Dada verbind
         is, wat gekombineer is in FIGUUR 5b. 'n Fietswiel kan beweeg en 'n stoel
         staan stil. Duchamp plaas die wiel bo-op die stoel, sodat dit steeds kan draai,
         maar die eintlike beeldhouwerk kan nie beweeg nie. Duchamp was minder
         geïnteresseerd daarin om 'n estetiese vorm te skep en wou eerder
         bevraagteken wat kuns is deur voorwerpe te gebruik wat nie tradisioneel as
         media in kuns gebruik is nie

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            15                           DBE/November 2023
                                            NSS

         ●       Hoe is die materiale in FIGUUR 5c getransformeer? Oorweeg die
                 tekstuur van die materiale
         In FIGUUR 5c is die rubber van die binnebande herwin en omskep na die vel
         van die lewensgrootte figure en die voorwerpe waaroor dit getrek is. Die rubber
         is geweef om gepantserde drag te skep wat die bors, bene en arms bedek. Die
         geometriese vorms wat die geweefde rubber maak laat die figure lyk asof dit
         'pixelated' is of soos futuristiese strukture lyk. Hierdie idee word ondersteun deur
         die man se gesig wat lyk soos 'n robot of 'n winkelpop lyk. Die rubber is gevorm
         om kettings te maak wat die twee figure aanmekaar verbind. Die rubber is ook
         geplooi en aanmekaar gewerk met ligkleurige omsoming om 'n bedekking te
         skep wat die tweede figuur se gesig verberg. Daar is ook gladde blink metal
         antennas wat uitsteek vanuit die ore en die ruggraat van die figure. Daar is 'n
         kontras tussen die gladde, mensgemaakte rubber en die growwe teksture van
         die natuurlike hout. Dit kontrasteer ook soos rommel wat op die strand
         uitgespoel is, plastiek verstrengel met dryfhout.

          ●         Hoe dra die titel in FIGUUR 5c tot die betekenis van die kunswerk
                    by?

         Die figure in FIGUUR 5c lyk asof hulle getransformeer is na iets mensgemaak
         en futuristies. Die idee van tyd word ook genoem in die titel. Die titel lei ook ons
         aandag na die gesprek, maar die figure lyk nie asof hulle in gesprek is met
         mekaar nie. Die antennas laat dit lyk asof die beeldhouagtige figure wel met
         mekaar kommunikeer en verbind met iemand of iets buite hulle onmiddellike
         omgewing.

         Wanneer die idees in die titel saamgevoeg is met die herwinde materiale lei dit
         ons aandag na omgewingskwessies. Die figure 'tyd omkry' (kill time) terwyl hulle
         sit en wag vir verandering in ons bewussyn en aksies wat te doen het met
         omgewingskwessies, maar hulle is ook vasgevang binne 'n staat van limbus
         omdat hulle letterlik vasgeketting is en gemummifiseer is deur die rubber.       (10)

5.2      Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE kunswerke bespreek (EEN
         kunswerk per kunstenaar). Hulle moet bespreek hoe alternatiewe
         kunsvorms of multimedia gebruik is in die kunswerke.

         Hulle moet die volgende as riglyne gebruik:

          ●   Invloede
          ●   Kort beskrywing
          ●   Gebruik van materiale en tegnieke
          ●   Moontlike boodskappe/betekenis                                                     (10)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            16                           DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 6:       POST-1994 DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA

                         Wat is 'n Suid-Afrikaanse identiteit?

Ons soek voortdurend daarna om te definieer wie ons as Suid-Afrikaners is. Ons
Identiteit word gevorm deur waardes, herkoms, geslag, ras, taal en ervarings. Populêre
kultuur en verbruikersprodukte dra ook by tot ons identiteit.

FIGUUR 6a: Brett Murray, Afrika, geverfde gegote brons, 2000.

FIGUUR 6b: Brett Murray, Afrika (detail), geverfde gegote brons, 2000.

FIGUUR 6c: Richard Smith, Afrika, gemengde media op papier, datum onbekend.

Woordelys:
Bart Simpson: 'n Fiktiewe karakter in 'n Amerikaanse animasie televisiereeks, 'The Simpsons'.
Hy was 'n stout, rebelse en misverstaande 10-jaar oue seun.

6.1      Kandidate moet die impak van populêre kultuur en verbruikersprodukte op
         identiteit soos uitgebeeld in FIGURE 6a en 6c bespreek deur van die volgende
         riglyne gebruik te maak.

          Die verhouding tussen die Bart Simpson- en die Afrika figuur

         Die twee kulture wat hulle verteenwoordig vermeng nie, maar die Amerikaanse
         kultuur lyk eerder asof dit afgedwing word op die Afrika figuur op 'n manier wat
         nie respek betoon teenoor die Afrika figuur nie, amper soos kougom wat
         vasgeplak is onderaan 'n tafel. Die herhaling van die helder Bart Simpson koppe
         beklemtoon die karakter se populariteit en tree op as 'n afleiding vanaf die Afrika
         figuur. Die Afrika figuur is egter nie onaangedaan deur die teenwoordigheid van
         die Bart Simpson koppe nie en is steeds dominant in grootte.
         Daar is ironie in die verhouding tussen die Bart Simpson-koppe wat op die
         tradisionele Afrika-beeldhouwerk geplaas is. Dit is amper asof Bart Simpson die
         erns van die tradisionele Afrika-bronsbeeldhouwerk bespot. Die geel kleur was
         gekoppel aan 'n Pop Art-invloed en kommersiële produkte.

          Die verhouding tussen die 'Lion' vuurhoutjieboksies en die portret van
             die man in FIGUUR 6c
         Die kop en skouerportret van die man in FIGUUR 6a kom voor asof hy homself
         laat geld en kyk direk voor hom uit. Hy is staties terwyl die vuurhoutjieboksies lyk
         asof dit val voor sy gesig, met elkeen teen 'n ander hoek. Die 'Lion'
         vuurhoutjieboksie is 'n bekende en wydgebruikte Suid-Afrikaanse handelsmerk
         en dit bedek dele van sy gesig wat sy portret verbind aan 'n Suid-Afrikaanse
         identiteit. Die leeu op die vuurhoutjieboksie het groot maanhare en lê regop, wat
         'n teken van sy kragtigheid is. Hierdie kenmerke is herhalend in die hare en
         liggaamsposisie van die portret.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           17                         DBE/November 2023
                                           NSS

         Daar is 'n verband tussen die gesig van die man met dreadlocks en die
         vuurhoutjies met die rook van dagga en Rastafarianisme. Die leeu op die
         vuurhoutjiedosies kan teruggeskakel word met die Groot 5. Die leeu is
         gereduseer tot 'n handelsmerk of logo op verbruikersprodukte.

          Gebruik van die kleur geel
         In FIGUUR 6a word geel gebruik as die kleur van Bart Simpson se kop. Dit is 'n
         sterk versadigde kleur wat geassosieer word met strokiesprente en met Bart
         Simpson. Die helderheid van die geel koppe kontrasteer met die donkerheid van
         die swart Afrika figuur. Die geel koppe verbreek die erns van die tradisionele
         Afrika figuur. In FIGUUR 6b staan die herhaling van die geel vuurhoutjieboksies
         uit teenoor die monochromatiese tonale portret. Die geel gekombineer met die
         rooi op die vuurhoutjieboksies verwys na die vuur wat met vuurhoutjies
         geassosieer word. Die gebruik van geel kan die warmte van vuur voorstel.

           Verskille in styl tussen FIGURE 6a en 6c
         FIGUUR 6a is gestileerd. Die liggaam van die Afrika figuur is nie in proporsie
         nie. Die arms is dun en kort. Die gesig is swaar en groot in verhouding met die
         res van die liggaam. Die gelaatstrekke word gevorm deur vereenvoudigde vorms
         soos die ronde wenkbroue, die reghoekige neus en die boksagtige mond. Die oë
         van die Afrika figuur is gekerf as gleuwe wat kontrasteer met die uitpeul oë van
         Bart Simpson wie se kop ook vereenvoudig is.
         In kontras hiermee is FIGUUR 6b 'n naturalistiese portret. Die kunstenaar het
         die vorms van die gelaatstrekke versigtig waargeneem en het toonwaardes
         gebruik om volume en tekstuur in die gesig uit te beeld. Die vallende
         vuurhoutjieboksies is ook naturalisties en is uitgebeeld teen verskillende hoeke.

          Watter kunswerk dink jy beeld 'n Suid-Afrikaanse identiteit die beste
           uit? Gee redes vir jou antwoord

         Kandidate kan hulle antwoord motiveer deur die gekose kunswerk te gebruik om
         dit te staaf.                                                                (8)

6.2      Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE Suid-Afrikaanse post-1994
         demokratiese kunswerk na 1994 bespreek wat hulle bestudeer het (EEN
         kunswerk per kunstenaar). Hulle moet bespreek hoe die kunswerke Suid-
         Afrikaanse identiteit weerspieël.                                          (12)
                                                                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             18                          DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 7:       GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Toksiese manlikheid verwys na die wanopvatting van ‘manlikheid’ wat gedefinieer word
deur aggressie en dominansie gedefinieer word.

Tradisionele Westerse kunstenaars het sterk en militante manlike figure uitgebeeld, terwyl
kontemporêre kunstenaars hierdie verouderde idees omtrent ‘manlikheid’ uitdaag.

FIGUUR 7a: Peter Paul Rubens, The Lion Hunt (Die Leeujagtog), olie op doek, 1621.

FIGUUR 7b: Justin Brett, Series from Out of Site (Reeks van 'Buite die Perseel'),
waterverf en bleikmiddel op papier, lewensgrootte, 2009.

7.1       Kandidate moet die uitbeelding van manlikheid in FIGURE 7a en 7b vergelyk
          deur gebruik te maak van die volgende riglyne:

          ●   Die manlike figure se liggame en aksies

          In FIGUUR 7a is die manlike figure uitgebeeld in gewelddadige aksie deurdat
          hulle liggame verdraai is terwyl hulle die aanvallende leeus doodmaak. Die figuur
          in wit word van sy perd afgetrek deur 'n brutale leeu. Die drama van sy val word
          beklemtoon deur die posisie van sy liggaam as 'n diagonale lyn. Die drie mans
          aan die bokant van die skildery lig hulle gespierde arms om die leeus met hul
          wapens dood te maak. Die mans is almal fisies sterk en heroïes in hul
          meedoënlose geveg om hul lewens.

          In kontras is die figure in FIGUUR 7b vertikaal en staties. Hulle poseer vir 'n foto
          eerder as wat hulle betrokke is in aksie. Die figure staan in 'n contrapposto
          posisie met een been effens gebuig terwyl die ander been die gewig dra. Hulle
          bolywe is effens skuins met hul arms wat langs hul liggame afhang. Hulle is nie
          baie gespierd nie en hul liggame vertoon nogal kwesbaar as gevolg van die
          sagtheid van die ligte kleurgebruik en die aanwending van die verf. Hulle is
          kwesbaar aangesien hulle uitgebeeld is in hul onderbroeke.

          ● Komposisie

          FIGUUR 7a
          Die fokuspunt is die sentrale figuur in wit wat die aandag trek as gevolg van die
          witheid van sy klere en die plasing van sy liggaam teen 'n diagonale hoek. Die
          skildery is ongebalanseerd aangesien die regterkant van die skildery donkerder
          is met meer ineengestrengelde figure wat daarin voorkom. Dit is ‘n dinamiese
          komposisie wat met Barokkuns geassosieer word. Die figuur in Figuur 7a in wit
          vorm 'n diagonale lyn, wat konflik kan aandui.

          FIGUUR 7b
          In kontras word beide figure sentraal geplaas in gebalanseerde komposisies. Die
          figure is nou afgebaken met die rante van die skilderye net bokant hulle koppe
          en net onder die knieë. Die figure is die fokuspunte aangesien daar baie min in
          die agtergrond uitgebeeld is. Die kandidaat se antwoord vir fokuspunt mag
          verskil, maar moet gestaaf word.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            19                          DBE/November 2023
                                            NSS

          ● Kleur
          Daar is sterk primêre kleure gebruik in FIGUUR 7a, soos die rooi en blou in die
          kleredrag en die goudgeel in die leeus. Daar is ook skerp witte en donker bruine
          en grys gebruik. Naturalistiese kleure is gebruik in die vleeskleurige toonwaardes
          van die figure. Die figure het volume as gevolg van die graduering van ligte
          areas tot dieper skaduwees. In teenstelling hiermee is daar nie baie kontras in
          die figure in FIGUUR 7b nie. Daar is 'n klein verskeidenheid toonwaardes en die
          kunstenaar het nie 'n groot verskeidenheid kleur op die liggame gebruik nie. Die
          eerste skildery is hoofsaaklik pienk, wit en bruin. Die pienk is verskerp aangesien
          dit 'n songebrande vel suggereer. Die tweede skildery is amper monochromaties
          en is uitgebeeld in subtiele toonwaardes van bruin of oranje in die oë en dye. Die
          wit onderbroek trek aandag en verbind met die oop ruimte in die agtergrond.

          ● Hoe is manlikheid uitgebeeld?
          In FIGUUR 7a is die mans uitgebeeld met die idee van 'n spesifieke ideaal van
          manlikheid in gedagte, waar mans beskou word as braaf, sterk, kragtig en as die
          beskermers. In kontras het die kunstenaar in FIGUUR 7b die konvensionele
          idees van manlikheid bestry deur die manlike onderwerpe as kwesbaar, sag en
          sensitief uit te beeld. Hy beeld fisiese skoonheid uit in hul sagtheid eerder as in
          geïdealiseerde gespierde liggame. Figuur 7b se oë is toe asof hy droom of
          skaam is omdat hy net in 'n onderbroek geklee is.                                   (10)

7.2       Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE kunswerke wat hulle
          bestudeer het bespreek (EEN kunswerk per kunstenaar). Hulle moet bespreek
          hoe manlikheid en/of vroulikheid uitgebeeld is in hierdie werke.

          Hulle moet die volgende as riglyne gebruik:

              Keuse van visuele beelde
              Kleur
              Medium en tegnieke
              Geslagskwessies wat aangespreek word                                              (10)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             20                          DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 8:       ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Garden Café in FIGUUR 8a is geïnspireer deur die hutte (mat huise) van die Khoisan, wie die
eerste mense was wat die Breedekloof vallei in die Wes-Kaap bewoon het.

Die argitektuur van Garden Café bring inheemse en kontemporêre invloede bymekaar. Dit
kombineer ook die natuur met die geboude omgewing.

FIGUUR 8a: Steyn Studio, Garden Café, gekurfde eike balke, glas en beton, 2020.

FIGUUR 8b: Steyn Studio, Garden Café, gekurfde eike balke, glas en beton, 2020.

FIGUUR 8c: Khoisan mense, Struktuur van die mathuis, takke, datum onbekend.

Woordelys:

Mathuis: Die mathuis was 'n draagbare en gekromde struktuur wat gedek was met geweefde
matte wat die Khoisan gebruik het wanneer hulle seisoenaal getrek het met hulle beeste.
FIGUUR 8b wys die struktuur sonder die geweefde matte.

8.1       Kandidate moet verwys na FIGURE 8a, 8b en 8c deur die volgende vrae te
          beantwoord:

              Kandidate moet kommentaar lewer op die funksie van TWEE
               argitekturele boumateriale wat gebruik is in die Garden Café. Verwys
               na die visuele beelde in FIGURE 8a en 8b.

           Die lineêre kruis en dwars houtstruktuur in FIGUUR 8a skep 'n heining en 'n
           omheinde area vir die tuin-area. Die negatiewe diamantvormige ruimtes tussen
           die balke verminder die gewig van die struktuur en verander die heining na 'n
           ontwerpkenmerk. Die betonmure omvou die ingang in FIGUUR 8b en verskaf
           skuiling. Vanuit 'n estetiese oogpunt bied die beton 'n soliditeit as teenstelling
           vir die ligtheid en deurskynende effek van die glas en die houtstruktuur.

             Hoe het die Khoisan mat huis (FIGUUR 8c) die ingang tot Garden Café
              beïnvloed? (FIGUUR 8b)
           Die raamwerk van die tradisionele mathuis bestaan uit 'n halfsirkel koepelvorm.
           Dit word nageboots in die struktuur wat die ingang na die Garden Café
           omsluit, alhoewel die geronde vorm by die ingang nie simmetries is nie. Die
           koepelstruktuur van die mathuis bestaan uit 'n netwerk van oorvleuelende
           stokke wat die gewig van die matte kan dra en is soortgelyk aan die eikehout
           balke wat eweredig by die ingang gerangskik is.

            Watter effek sal die ingang op die besoeker hê?
           Dit is 'n indrukwekkende ingang wat die besoeker uitnooi na binne met die
           spiraalvorm wat lei van die buitekant na die ingang. Die aaneenlopende
           netwerk van balke is groter aan die buitekant en verklein na die binnekant van
           die toe. Dit lok die oog en nooi die besoeker na die ingang. Die besoeker sal
           deur die lig oorweldig word. Die ingang verwys na 'n skulp of Fibonacci-
           volgorde ('sequence').

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             21                           DBE/November 2023
                                       NSS – Nasienriglyne

             Hoe skakel die gebou in FIGUUR 8b met die omliggende natuur?
           Die kruis en dwars heining skei die uitgelegde tuin van die Garden Café van
           die ongetemde natuur van buite. Die negatiewe ruimte laat egter toe dat daar
           'n verbintenis is tussen die twee. Die groot glas vensters en die netwerk van
           eikehout balke in FIGUUR 8b verbind die buitekant met die binnekant van die
           gebou deur die sonlig in te laat. Dit laat ook die toeskouer toe om van buite af
           die binnekant van die gebou te sien.
       
               Lewer kommentaar op TWEE kontemporêre invloede wat sigbaar is
                in FIGUUR 8b
           Die argitekte kombineer materiale deur gebruik te maak van glas, hout en
           beton. Die mengsel van materiale is 'n kontemporêre kenmerk. Die argitekte
           verwys terselfdertyd na ou en nuwe argitekturele style. Die kombinasie van
           verskillende style vanuit verskillende tye en plekke is 'n postmoderne
           kenmerk van argitektuur. Daar is ‘n herinterpretasie van inheemse historiese
           style vier erfenis en eis eienaarskap van wat ons eie is, in plaas daarvan om
           Europese en Amerikaanse styl in ons omgewings te probeer gebruik.
                                                                                               (8)

8.2        Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle enige TWEE Suid-Afrikaanse
           geboue of strukture wat hulle bestudeer het bespreek deur te verwys na die
           volgende:

              Funksie/s
              Gebruik van materiale en tegnieke
              Stylistiese kenmerke
              Omgewingsinvloede
              Wat het die argitek as belangrike kwessies of oorwegings in die projek
               beskou?                                                                         (12)
                                                                                               [20]

                                                                                 TOTAAL:       100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-eng/bad22f4f-5320-4e95-ba28-99a4822fe65c) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-afr/6b4f0711-45ef-4801-bdd4-986ad7e70d58) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2020-memo-afr/9ab64cab-f381-4897-92e5-9e5f0c5afd1b) — Visual Arts · Memo · 2020 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-memo-afr/0359327e-421b-454e-846a-06383b1ccbb5) — Visual Arts · Memo · 2019 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-memo-eng/3a9fe7a1-d953-4484-9926-c85d0e9d1fec) — Visual Arts · Memo · 2019 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-final-memo-eng/f8b23e8c-b990-4025-a958-051e75d2a57b) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
