# Visual Arts Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-afr/1f8dfdd3-27f3-43ab-a863-eb10bb492c79
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-afr/1f8dfdd3-27f3-43ab-a863-eb10bb492c79)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                     GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                VISUELE KUNSTE V1

                                  NOVEMBER 2024

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Visuele Kunste/V1                              2                           DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING
In hierdie eksamen sal jy die volgende vaardighede toon:
     Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
     Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
     Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n historiese en kulturele konteks
     Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
     'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style
Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord:

1.         Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.
2.         Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.
3.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.
4.         Vrae verskyn op die linkerkantste bladsye, met visuele bronne op die
           regterkantste bladsye.
5.         Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
           dit vereis word.
6.         Jy MOET kunswerke wat jy self bestudeer het in die tweede deel van elke
           vraag gebruik.
              Jy mag NIE kunswerke wat in hierdie vraestel voorkom, as jou voorbeelde
               van bestudeerde kunswerke gebruik NIE.
              Jy mag NIE dieselfde kunswerke wat jy bestudeer het, in verskillende
               vrae herhaal NIE.
7.         Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde
           bespreek vir die kunswerk wat jy bestudeer het. Onderstreep die titel van 'n
           kunswerk of die naam van 'n gebou/struktuur.
8.         Gebruik volsinne en paragrawe. 'n Lys met feite/tabelle is NIE aanvaarbaar
           NIE.
9.         Beantwoord die vrae op 'n holistiese manier. Die kolpunte stem nie ooreen
           met 'n spesifieke punt nie, maar jy moet dit as riglyne in jou antwoorde op die
           vrae gebruik.
10.        Wanneer jy 'n analise moet doen, moet jy 'n gedetailleerde bespreking
           verskaf wat 'n keuse van die volgende kriteria gebruik:
              Formele kunselemente, soos lyn, kleur, tekstuur, fatsoen/vorm en
               toonwaarde
              Komposisie, fokuspunt en balans, ens.
              Styl en media
              Tegniek
              Invloede
              Betekenis en interpretasie
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Visuele Kunste/V1                                3                     DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

11.      Indien 'n vergelyking gevra word en daar is GEEN vergelyking in die antwoord
         NIE, sal jy gepenaliseer word.

12.      Tydbestuur en lengte van antwoorde:

             Jy moet ongeveer 36 minute per vraag aan jou gekose VYF vrae bestee.
             Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
              puntetoekenning.

              o      6–8 punte:   'n minimum van ½–¾ bladsy
              o      10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e)
              o      20 punte:    'n minimum van 2 bladsye

13.      Skryf netjies en leesbaar.   Nov

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Visuele Kunste/V1                             4                         DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

             KUNSWERKE BEELD DIKWELS BELANGRIKE GEBEURE IN
                      KUNSTENAARS SE LEWENS UIT

Gustave Courbet (FIGUUR 1a), 'n Franse skilder wat die Realisme-beweging gelei het,
het gebeure uit die werklike lewe en eerlike uitbeeldings van die alledaagse lewe in die
19de eeu geskilder.

George Pemba (FIGUUR 1b) het die alledaagse lewe van sy gemeenskap in
Suid-Afrika vasgevang en verdien met reg om die 'skilder van die mense' genoem te
word.

1.1      Courbet en Pemba het die realiteit van begrafnistonele in hulle skilderye
         getoon. Bespreek hoe die kunstenaars die emosie van die geleentheid
         oorgedra het.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Uitbeelding van die mense en hulle omgewings
             Gebruik van kleur
             Wat is die fokuspunt? Gee redes vir jou antwoord.                                 (8)

1.2      Analiseer TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar)
         wat gebeure uit die kunstenaars se daaglikse lewens uitbeeld.

         Gebruik die volgende as riglyne vir jou antwoord:

             Beskrywing van die kunswerke en die gebeurtenisse wat uitgebeeld word
             Kleur
             Fatsoen/Vorm
             Ruimte en perspektief (oogpunt)
             Betekenis/Boodskap                                                                (12)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Visuele Kunste/V1                         5                       DBE/November 2024
                                     NSS Vertroulik

         FIGUUR 1a: Gustave Courbet, A Burial at Ornans ('n Begrafnis by Ornans),
                              olieverf op doek, 1849–1850.

         FIGUUR 1b: George Pemba, The Funeral (Die Begrafnis), olie op bord, 1980.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Visuele Kunste/V1                           6                         DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

VRAAG 2:      SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
              EN/OF INHEEMSE KUNSVORME

Die Sapo Mask (Sapo-masker) (FIGUUR 2a) is gebruik om die identiteite van die
dansers te vermom sodat hulle tydens seremoniële rituele met die geestelike/spirituele
wêreld kon verbind.

Cyrus Kabiru (FIGUUR 2b) en Romuald Hazoumè (FIGUUR 2c) het kunswerke geskep
wat soos maskers lyk.

2.1      Tradisionele maskers, soos FIGUUR 2a, het inspirasie vir kontemporêre
         kunswerke verskaf, soos wat in FIGUUR 2b en 2c uitgebeeld word.

         Bespreek deur die riglyne hieronder te gebruik.

             Hoe het FIGUUR 2a die vereenvoudiging en verwringing in FIGUUR 2b
              en 2c beïnvloed?
             Tekstuur en herhaling in FIGUUR 2b en 2c
             Balans in FIGUUR 2b en 2c
             Hoe verskil die materiale en die funksie van FIGUUR 2b en FIGUUR 2c
              van dié wat in FIGUUR 2a gebruik is?                                            (10)

2.2       Suid-Afrikaanse kunstenaars is op verskillende maniere deur inheemse
          kunsvorme beïnvloed. Analiseer TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat jy
          bestudeer het (EEN kunswerk per kunstenaar) wat die invloed van inheemse
          kunsvorme/Afrika-kuns toon.

          Gebruik die volgende as riglyne vir jou antwoord:

             Onderwerp
             Invloede van Afrika-/inheemse kunsvorme
             Styl en tegniek
             Komposisie                                                                      (10)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Visuele Kunste/V1                           7                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

        FIGUUR 2a: Sapo-kunstenaar, Sapo Mask (Sapo-masker), hout, metaal,
        kauriskulp, kaolien, dieretande, bok- en duikerhoring, wildevarkslagtande,
                   plantvesels, tekstiel, modder, keramiek, c. 20ste eeu.

FIGUUR 2b: Cyrus Kabiru, Macho Nne 09              FIGUUR 2c: Romuald Hazoumè, Algoma,
 (Caribbean Peacock) (Karibiese Pou),                 plastiek en raffia, petrolkan, 2018.
       pigmentink op HP-premium-
          satynfotopapier, 2014.
 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Visuele Kunste/V1                           8                         DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

VRAAG 3:      SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
              1980's INGESLUIT

'My tekeninge en skilderye is as 'n daad van protes gedoen; ek het probeer om die
wêreld te oortuig dat dit lelik en siek is.'
                                                                   – George Grosz

George Grosz was 'n belangrike kunstenaar in Duitsland nadat hulle die Eerste
Wêreldoorlog verloor het. Daar was baie korrupsie in die regering van daardie tyd.

3.1      Hoe besin Grosz oor die korrupsie van sy tyd in FIGUUR 3a?

         Verwys na die volgende:

             Jou interpretasie van die liggaamshoudings, plasing en kleredrag van die
              figure rondom die tafel
             Die simboliek van die wapens, die donkie, die koplose figure en die
              geraamte
             Hoekom het Grosz 'n diagonale komposisie gebruik?
             Styl                                                                            (8)

3.2       Skryf 'n opstel waarin jy die kunswerke van TWEE Suid-Afrikaanse
          kunstenaars analiseer wat hulle kuns gebruik om hulle teen ongeregtighede
          in die samelewing te verset (te protesteer) (EEN kunswerk per kunstenaar).

          Gebruik die volgende as riglyne vir jou antwoord:

             Die sosiopolitieke kwessies wat aangepak is en hoe die kunstenaars hulle
              bekommernisse deur visuele beeldgebruik oorgedra het
             Materiale en tegnieke
             Formele kunselemente
             Skaal                                                                           (12)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Visuele Kunste/V1                        9                          DBE/November 2024
                                     NSS Vertroulik

FIGUUR 3a: George Grosz, Eclipse of the Sun (Sonsverduistering), olieverf op doek, 1926.

Sonsverduistering ('Eclipse'): Sonsverduistering vind plaas wanneer 'n hemelliggaam,
                               soos die maan of 'n ander planeet, in die skaduwee van 'n
                               ander hemelliggaam inbeweeg.

 Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Visuele Kunste/V1                           10                         DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

VRAAG 4:      KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
              LANDELIKE SUID-AFRIKA

Baie jong seuns is veewagters in die landelike areas in Suid-Afrika.

John Muafangejo (FIGUUR 4b) dokumenteer 'n veewagter wat beeste oppas wat hy in
die landelike omgewing gesien het waar hy vir die meeste van sy lewe gewoon het.
Andile Dyalvane (FIGUUR 4c en FIGUUR 4d) het gesê dat hierdie ervaring as 'n jong
veewagter sy diepe verbintenis met die land en sy kultuur ontwikkel het.

4.1      Bespreek hoe die visuele beelde van beeste in die kunswerke in FIGUUR 4b
         en FIGUUR 4c verander is.

         Gebruik die volgende as riglyne vir jou antwoord:

             Vorm/Fatsoen
             Skaal
             Kleur en kontras
             Die gebruik van verskillende linosnee- en kleimediums
             Wat die kunswerke in FIGUUR 4b en FIGUUR 4c ons oor die
              kunstenaars se interpretasie van beeste vertel                                  (10)

4.2      Bespreek die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars of
         vlytkunstenaars wat besin/nadink oor hulle landelike grootwordjare en/of
         geestelike geloofstelsel (EEN kunswerk per kunstenaar wat jy bestudeer het).

         Gebruik die volgende as riglyne vir jou antwoord:

             Gebruik van medium
             Fatsoen/Vorm
             Die storie wat die kunswerk oor die kunstenaars of vlytkunstenaars se
              landelike en/of geestelike ervaring vertel
                                                                                              (10)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Visuele Kunste/V1                      11                        DBE/November 2024
                                  NSS Vertroulik

   FIGUUR 4a: Jong Kind wat Beeste       FIGUUR 4b: John Muafangejo, Shepherd is
     Oppas, foto, datum onbekend.          Moving the Cattle to a Good Place for
                                        Grassing (Veewagter Verskuif Beeste na 'n
                                        Goeie Plek om te Wei), linosnee-afdruk, 1980.

 FIGUUR 4c: Andile Dyalvane, iThongo-    FIGUUR 4d: Andile Dyalvane wat op 'n kleistoel
    reeks (voorouerdroomlandskap),           uit die iThongo-reeks sit, foto, 2021.
          gevuurde klei, 2021.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Visuele Kunste/V1                           12                        DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

VRAAG 5:      MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
              EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA

Rembrandt het gedurende sy leeftyd 'n reeks selfportrette geskep wat die tekens van
veroudering in sy gesig uitgebeeld het. Hy was sestig toe hy FIGUUR 5a geskilder het.

Marc Quinn (FIGUUR 5b) het Self geskep deur sy eie bloed te gebruik. Sy bloed is in
fases ingesamel soortgelyk aan die proses van bloed skenk. Hy het toe 'n afgietsel van
sy kop gemaak wat met sy bloed gevul is. Die beeldhouwerk is solied gevries en word
verkoel gehou.

5.1      Bespreek jou begrip van multimedia/nuwe media in teenstelling met
         sogenaamde tradisionele kunsmedia in hierdie TWEE kunswerke
         (FIGUUR 5a en FIGUUR 5b).

         Verwys na die volgende riglyne:

             Keuse en gebruik van media en tekstuur
             Kleur
             Tekens van veroudering
             Die impak van ELKE kunswerk op die kyker                                        (10)

5.2      Analiseer TWEE kunswerke wat jy bestudeer het (EEN kunswerk per
         kunstenaar) om te wys hoe kunstenaars tradisionele media uitgedaag het of
         daarvan wegbeweeg het.

         Gebruik die volgende as riglyne vir jou antwoord:

             Beskrywing
             Gebruik van materiale en tegnieke
             Hoe die materiaal tot die betekenis of boodskap van die kunswerk bydra
             Hoe die kunswerk van 'n tradisionele kunswerk verskil                           (10)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Visuele Kunste/V1                          13                     DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

   FIGUUR 5a: Rembrandt van Rijn, Self-portrait with         Nabyskoot van FIGUUR 5a
   Beret and Turned-up Collar (Selfportret met Mus en
         Omslaankraag), olieverf op doek, 1659.

  FIGUUR 5b: Marc Quinn, Self, die kunstenaar se bloed,      Nabyskoot van FIGUUR 5b
   vlekvrye staal, Perspex en verkoelingstoerusting, 1991.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Visuele Kunste/V1                            14                        DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

VRAAG 6:      DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

In 'n uitstalling genoem uBuhle boKhokho (Skoonheid van ons Voorouers), het
Zizipho Poswa Afrika-haarstyle met tradisionele houers gemeng om brons- en
keramiekbeeldhouwerke te skep.

FIGUUR 6a en FIGUUR 6b gee 'n uitsig oor die uitstalling. Poswa het grootskaalse
beeldhouwerke saam met twaalf foto's van haarstyle uitgestal. Elke beeldhouwerk het
'n ander mens voorgestel.

6.1      Bespreek hoe Poswa haar Afrika-identiteit deur hare in FIGUUR 6a,
         FIGUUR 6b en FIGUUR 6c vier.

         Gebruik die volgende as riglyne:

             Beskryf sommige van die haarstyle wat jy in die uitstalling sien.
             Hoe beïnvloed die haarstyle in die foto's die beeldhouwerke?
             Beskryf die vereenvoudiging van die vroulike liggaam in die beeldhouwerk
              van FIGUUR 6c.
             Beskryf die tekstuur van en die glasuur op die beeldhouwerke.
             Hoe vier Poswa kontemporêre swart vroue se identiteit?                          (7)

6.2      Hoe versterk die uitstalling die kyker se ervaring?

         Gebruik die volgende as riglyne:

             Hoe die ruimte gebruik is
             Plasing van kunswerke en die verhoudings tussen die kunswerke                   (3)

6.3      Skryf 'n opstel oor TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat hulle identiteit in
         die nuwe Suid-Afrika uitbeeld (EEN kunswerk per kunstenaar).                         (10)
                                                                                              [20]

Glasuur: 'n Keramiekglasuur is 'n laag wat op die kleioppervlak geverf word.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Visuele Kunste/V1                        15                       DBE/November 2024
                                    NSS Vertroulik

FIGUUR 6a: Zizipho Poswa, uBuhle boKhokho (Skoonheid van ons Voorouers), uitsig
   oor uitstalling met die kunstenaar wat voor haar beeldhouwerke poseer, 2022/2023.

 FIGUUR 6b: Zizipho Poswa, uBuhle boKhokho (Skoonheid        FIGUUR 6c: Zizipho Poswa,
    van ons Voorouers), uitsig oor uitstalling, 2022/2023.        Natalie Leumaleu,
                                                             geglasuurde erdewerk, brons,
                                                                        2022.
Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 16

Visuele Kunste/V1                              16                     DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Die Amerikaanse akteur en sanger, Billy Porter (FIGUUR 7b), het koppe laat draai toe
hy met 'n rok by die 2021-Oscar-toekenningseremonie aangekom het.

King Henry VIII (Koning Henrik VIII) (FIGUUR 7a), koning van Engeland, is tydens
die Renaissance deur Hans Holbein geskilder. Hy was 'n magtige, opgevoede leier wat
spandabelrig was en daarvoor bekend was dat hy ses vroue gehad het.

Luke Rudman (FIGUUR 7c) is 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar en 'n omgewingsaktivis
wat met verskillende media werk wat optrede en skilder insluit.

7.1       Hoe het verhoudings tussen kleredrag en geslag met tyd verander, soos in
          FIGUUR 7a, FIGUUR 7b en FIGUUR 7c uitgebeeld word?

          Gebruik die volgende riglyne:

             Die stelling wat die rok, liggaamshouding en die omgewing maak
             Kleur van die rok
             Die funksie van die kunswerk en foto's
             Hoe laat die kunswerke/visuele beelde in FIGUUR 7a, FIGUUR 7b en
              FIGUUR 7c jou dink oor mans in rokke in verskillende tydperke?                  (10)

7.2      Bespreek hoe kunstenaars aandag gegee het aan idees oor geslag deur
         TWEE spesifieke kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) te analiseer.

         Gebruik die volgende as riglyne vir jou antwoord:

             Geslagskwessies waaraan aandag gegee word
             Formele kunselemente
             Materiale en tegnieke
             Hoe die kunstenaars probeer om die kyker te laat nadink oor die kwessies
              deur hulle keuse van visuele beelde                                             (10)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Visuele Kunste/V1                           17                       DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 FIGUUR 7a: Hans Holbein die Jonge,              FIGUUR 7b: Foto van Billy Porter by die
King Henry VIII (Koning Hendrik VIII),              Oscar-toekenningseremonie, 2021.
      olieverf op doek, c. 1530.

         FIGUUR 7c: Luke Rudman, Eden and Luke (Eden en Luke), kombinasie van
                             skilder en optrede, foto, 2022.

  Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Visuele Kunste/V1                            18                     DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

VRAAG 8:      ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

'Die huis moet 'n masjien wees om in te leef.'
                                                                     – Le Corbusier

Die modernistiese gebou, Villa Savoye (FIGUUR 8a), is as 'n delikate drywende boks
beskryf. Dit is funksioneel as 'n huis, maar dit kan ook as 'n beeldhouwerk waardeer
word.

'n Argitektuursfirma (FIGUUR 8b) in Kaapstad het 'n kontemporêre boomhuis geskep
vir 'n kliënt wat 'n wegkruipplek as 'n huis wou hê.

Beide huise bied ontsnapping uit die stampvol stad.

8.1      Vergelyk FIGUUR 8a en FIGUUR 8b deur die volgende riglyne te gebruik:

             Fatsoen/Vorm en patroon
             Ligbron(ne)
             Boumateriale
             Terrein en omgewing                                                           (10)

8.2      Analiseer TWEE Suid-Afrikaanse geboue wat innoverende materiale gebruik
         het.

         Gebruik die volgende as riglyne vir jou antwoord:

             Gebruik van materiale/tegnieke
             Die ontwerp van die struktuur
             Omgewingsinvloede
             Die verhouding tussen die gebou en die omgewing                               (10)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 19

Visuele Kunste/V1                         19                       DBE/November 2024
                                     NSS Vertroulik

   FIGUUR 8a: Le Corbusier, Villa Savoye, Frankryk, gewapende beton en glas, 1929.

   FIGURE 8b: Malan Vorster Architecture Interior Design, Tree House (Boomhuis),
                      Kaapstad, staal, hout en glas, 2016.
                                                                        TOTAAL:        100
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — Visual Arts · QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-english/3773db74-7b96-411d-aed1-c6c49557d990) — Visual Arts · QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Visual Arts · Memo · 2024 · Eng
- [Visual Arts P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-afr/c7029211-f88d-4a06-9973-c3939102b64b) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-eng/2b786a81-cd87-4e37-95d3-59499fa78365) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-eng/bad22f4f-5320-4e95-ba28-99a4822fe65c) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-afr/6b4f0711-45ef-4801-bdd4-986ad7e70d58) — QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-afr/1a710b38-b260-471c-aeef-1d89fb57a04e) — QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-eng/8bf81d1e-c7c6-446c-bc70-8dd8d8206b92) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
