# Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2013 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2013-afr/80cc5e89-069c-4e39-99cb-d19195a7306a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2013-afr/80cc5e89-069c-4e39-99cb-d19195a7306a)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                             VISUELE KUNSTE V2

                                   PRAKTIES

                         22 JULIE–25 OKTOBER 2013

PUNTE: 50

TYD: AFDELING A moet gedurende die derde kwartaal gedoen word. AFDELING B
     moet gedurende die vierde kwartaal gedoen word, onder gekontroleerde toesig,
     SLEGS by die skool, 18 uur.

          Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 2 bladsy-addendum.
                    Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           2                            DBE/November 2013
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

         AFDELING A: BRONBOEK/WERKBOEK/JOERNAAL
         AFDELING B: DIE KUNSWERK

2.       Beantwoord AL die vrae in AFDELING A en AFDELING B.

3.       Jou onderwyser moet hierdie eksamen bekendstel en fasiliteer.

4.       In hierdie eksamen word daar van jou verwag om die volgende vaardighede
         te demonstreer:

         •    Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe en genereer
              idees in reaksie op 'n projekopdrag.
         •    Demonstreer 'n gevorderde mate van tegniese vaardigheid deur 'n reeks
              materiale en tegnieke te gebruik.
         •    Los visuele en konseptuele probleme op in die skep van verbeeldingryke
              en innoverende kunswerke, deur 'n persoonlike, ekspressiewe visuele
              taal te gebruik.
         •    Bestuur tyd en die werkproses effektief en bied eie werk op 'n
              professionele manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele impak
              van die werk versterk.

5.       Jou finale kuns- praktiese eksamen vir graad 12 verteenwoordig die
         hoogtepunt van jou kunsstudies hierdie jaar. Jou kreatiwiteit, oorspronklikheid
         en vaardigheid sal ten toon gestel word. Mag jy dit geniet om hierdie
         kunswerk te skep en mag dit vars en oorspronklik wees en persoonlike
         ervaring uitdruk.

6.       Lees die ADDENDUM met inligting oor jou werkproses aan die einde van
         hierdie vraestel.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                            3                            DBE/November 2013
                                            NSS

AFDELING A: BRONBOEK/WERKBOEK/JOERNAAL

Die bronboek maak 'n belangrike deel van hierdie eksamen uit. Daar is geen
beperkings op grootte nie en dit kan in enige vorm aangebied word. Jy mag by die
skool en by die huis daaraan werk. Dit bied insig in die manier waarop jy idees vorm,
hoeveel alternatiewe jy ondersoek het, asook ander prosesse wat tot die finale werk
lei. Jou bronboek moet jou denkprosesse duidelik kommunikeer.

Jy MOET hierdie bronboek duidelik as eksamenwerk merk en dit saam met jou
finale kunswerk aanbied.

Direkte kopiëring uit tydskrifte, die Internet, ensovoorts, word NIE toegelaat NIE.
Direkte kopiëring van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, sal gepenaliseer word. Dit
is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar.

Groot klem word op die proses van transformasie (verandering) van die bronmateriaal
geplaas.

As jy geskikte, ontleende beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie, oorspronklike
beelde kombineer om jou eie interpretasie te ontwikkel.

In jou bronboek moet jy VISUEEL die 'storie' vertel van hoe jou finale kunswerk
UITGEDINK, ONTWIKKEL en GESKEP is. Dit moet gedoen word deur teken,
skryf, eksperimenteer, plak, ensovoorts. Hierdie reis deur tyd moet jou
INDIVIDUALITEIT en KREATIWITEIT as 'n kunsleerder weerspieël.

Die volgende is slegs 'n riglyn van dinge wat jy in jou bronboek moet insluit:

Plak hierdie eksamenopdrag voor in jou eksamenbronboek.
Voorstel/idee, wat breinkaarte, dinkskrums, ensovoorts kan insluit.
Ondersoek, eksperimentering en navorsing oor benaderings en/of idees, wat
bronmateriaal soos sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde, versamelde gedigte,
lirieke en navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer het, kan insluit. Alle materiaal
moet verband hou met die ontwikkeling van jou werk en moet jou besluite staaf.
Verpersoonlik en skep oorspronklike voorbereidings-/komposisiesketse en -tekeninge
wat op jou bronne gebaseer is.
Prosestekeninge
As jou werk meer prosesgeoriënteerd is, moet jy bewyse van die kreatiewe proses
insluit deur middel van dokumentasie deur oorspronklike foto's, eksperimente en/of
tekeninge en bygaande teks.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           4                           DBE/November 2013
                                           NSS

AFDELING B: DIE KUNSWERK

Die eksamenwerk moet in die teenwoordigheid van die Visuele Kunste-onderwyser
in die kunslokaal voltooi word, deur 'n minimum van 6 uur en 'n maksimum van 18 uur
te gebruik.

ALGEMENE RIGLYNE

1.       Daar word van jou verwag om EEN kunswerk te skep in die praktiese
         dissipline wat jy hierdie jaar gekies het.

2.       Jy kan jou werk aanbied as 'n enkele stuk of moontlik in die vorm van 'n
         diptiek, triptiek of 'n reeks werke wat as een kunswerk gelees word.

3.       Jy mag NIE die kunswerk uit die eksamenlokaal neem NIE. Dit word as 'n
         eksamenongerymdheid beskou.

4.       Jy mag die vraestel voor die begin van die eksamen met jou Visuele Kunste-
         onderwyser bespreek, maar geen bespreking van werk mag gedurende die
         eksamentydperk plaasvind nie.

5.       Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar
         en duursaam wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien
         die provinsie dit vereis.

6.       Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns soos lyn,
         vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding en
         komposisie.

7.       Daar is geen spesifieke voorskrifte ten opsigte van die styl van die werk nie.
         Dit kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, ensovoorts wees.

8.       Jy mag ander media insluit om gemengdemedia-werk in enige van die
         praktiese dissiplines te skep.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           5                        DBE/November 2013
                                           NSS

ASSESSERINGSKRITERIA

NASIENERS/EKSAMINATORE KAN DIE VOLGENDE KRITERIA AS 'N RIGLYN
GEBRUIK WANNEER NAGESIEN WORD:

AFDELING A: BRONBOEK/WERKBOEK/JOERNAAL

KRITERIA
Konsepontwikkeling                                                                10
Navorsing, ondersoek, eksperimentering, ensovoorts                                15
Prosestekeninge                                                                   15
Aanbieding en algehele voorkoms                                                   10
TOTAAL                                                                            50

AFDELING B: DIE KUNSWERK

KRITERIA
Keuse en gebruik van materiale/tegnieke                                           10
Gebruik van formele kunselemente                                                  10
Geheelindruk van werk – oorspronklikheid, kreatiwiteit, innovering                10
Interpretasie en praktiese toepassing van navorsing                               10
Voltooiing en aanbieding van kunswerk                                             10
TOTAAL                                                                            50

FINALE PUNT: AFDELING A (50) + AFDELING B (50) = 100 (verwerk na 50)              50

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                             6                             DBE/November 2013
                                             NSS

                     ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK (VOO)

Uitstaande            90–100   Uitsonderlike vermoë; ryk; insigryk; vloeiend; hoë vaardigheid;
                               waarneming en kennis kragtig uitgedruk; ondersteun deur 'n
                               oorspronklike of ongewone keuse van relevante visuele bronne;
                               uitstaande en oorspronklike aanbieding.

Uitstekend            80–89    Treffende impak; meestal soos hierbo; gedetailleerd; goed
                               georganiseer en samehangend; afgewerk; vaardigheid sigbaar;
                               ondersteun deur oorspronklike/ongewone/relevante visuele bronne;
                               aanbieding oorspronklik en deurdink; 'n paar klein gebreke sigbaar.

Baie goed             70–79    Goed georganiseer, soos hierbo, maar sonder 'lewendigheid en
                               sprankel'; goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud;
                               ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele bronne;
                               duidelike sorg en moeite gedoen met oorspronklike aanbieding; 'n
                               paar duidelike teenstrydighede/foute sigbaar.

Goed                  60–69    Interessante visuele aanbieding; duidelike oogmerk/doel; oortuigend;
                               eenvoudige, direkte gebruik van medium; toon begrip, maar neig
                               somtyds na die gewone en stereotiepe reaksie; genoegsame keuse
                               van relevante visuele bronne; redelike moeite gedoen met
                               aanbieding; steurende/duidelike teenstrydighede.

Gemiddeld             50–59    Toereikend; voel meganies; afgelei of gekopieer; min insig;
                               verbeeldingloos; 'n paar visuele bronne, maar nie altyd duidelik
                               geïdentifiseer nie; aanvaarbare aanbieding; baie steurende
                               teenstrydighede.

Ondergemiddeld        40–49    Genoeg materiaal/werke om te slaag; nie logies gekonstrueer nie; 'n
                               paar flitse van insig; beperkte keuse van inligting; swak tegniese
                               vaardighede kan 'n bydraende faktor wees; min gebruik van visuele
                               inligting; lomp of nalatige aanbieding; het ondersteuning/
                               motivering nodig om te slaag.

Swak                  30–39    Visueel   oninteressant;   onkreatief;  beperkte/swak      tegniese
                               vaardigheid gebruik; min poging om inligting op 'n aanvaarbare
                               manier aan te bied; min of geen visuele inligting/bronne; algemene
                               gebrek aan toewyding; het ondersteuning/motivering nodig om te
                               slaag.

Baie swak             20–29    Baie min inligting; deurmekaar; nie maklik om na te kyk nie; min of
Druip                          irrelevante werk/visuele inligting; geen poging aangewend om
                               werk op 'n aanvaarbare manier aan te bied nie; algemene gebrek
                               aan toewyding/samewerking.

Onaanvaarbaar          0–19    Onsamehangend; irrelevant, baie min of geen werk nie; gebrek
Druip                          aan selfs beperkte vaardighede toegepas; geen toewyding/
                               samewerking nie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                            7                            DBE/November 2013
                                            NSS

TEMA

Hierdie tema is bedoel om jou te inspireer en uit te daag. Dit is oop vir 'n wye spektrum
interpretasies binne jou spesifieke dissipline. Jou interpretasie moet 'n hoogtepunt
vorm van die kreatiewe proses waarmee jy in graad 10 begin het.

                                         TYD

Salvador Dali, The Persistence of Memory (Die Hardnekkigheid van die Geheue),
                             olieverf op doek, 1931.

Tyd is 'n meetstelsel wat gebruik word om gebeure van die verlede deur die hede tot in
die toekoms in volgorde te plaas. Periodieke gebeure en periodieke beweging het vir
eeue gedien as tydeenhede. Voorbeelde sluit in die beweging van die son deur die lug,
die fases van die maan, die swaai van 'n pendulum, uurglase, kerse in 'n kerk en die
klop van 'n hart. Twee meetinstrumente van tyd is die almanak, 'n wiskundige
abstraksie om lang periodes tyd te bereken, en die klok (horlosie), 'n konkrete
meganisme wat die verloop van tyd meet. Nog 'n vorm van meting is om historiese
gebeure in chronologiese volgorde te plaas.

Tyd is 'n belangrike onderwerp in godsdiens, mitologie en wetenskap. Die idee van tyd
is lineêr met 'n begin (skepping) en einde (die wederkoms van Christus). Baie ander
godsdienste soos Hindoeïsme en Boeddhisme sien tyd as siklies – 'n silindriese wiel.
Die lewe gaan deur siklusse van skepping, vernietiging en hergeboorte.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                                      8                            DBE/November 2013
                                                      NSS

Tyd vra vrae oor die 'wanneer'.

To everything – turn, turn, turn
There is a season – turn, turn, turn
And a time for every purpose under heaven

A time to be born, a time to die
A time to plant, a time to reap
A time to kill, a time to heal
A time to laugh, a time to weep

To everything – turn, turn, turn
There is a season – turn, turn, turn
And a time for every purpose under heaven

A time to build up, a time to break down
A time to dance, a time to mourn
A time to cast away stones
A time to gather stones together
                                                            Reproduksie gebaseer op The Time
To everything – turn, turn, turn                             Machine (Die Tydmasjien) deur
There is a season – turn, turn, turn                                    HG Wells.
And a time for every purpose under heaven
                                                          Reis deur tyd ('Time travel')
A time of war, a time of peace                            Die begrip 'reis deur tyd' is deur
A time of love, a time of hate                            HG Wells in sy boek, The Time Machine,
A time you may embrace                                    in 1895 gewild gemaak. In hierdie boek
A time to refrain from embracing                          is 'n tydmasjien gebruik om na die
                                                          verlede en toekoms te reis. 'Reis deur
To everything – turn, turn, turn                          tyd' is 'n konsep wat jou in staat stel
There is a season – turn, turn, turn                      om vorentoe en agtertoe in tyd te
And a time for every purpose under heaven                 beweeg. Dit het 'n gewilde tema in die
                                                          letterkunde en rolprente geword.
A time to gain, a time to lose
A time to rend, a time to sew                             'n Mens sou kon vra of die 'reis deur tyd'
A time to love, a time to hate                            teoreties moontlik is.
A time of peace, I swear it's not too late!

Oorspronklike lirieke van die liedjie Turn, Turn, Turn.
Aanpassing van die woorde uit
Prediker 3:1–8.
Musiek deur Pete Seger, 1966.
(Sien die vrye vertaling van die liedjie aan die einde
van die vraestel.)

  Het jy al ooit gewonder hoe dit sou wees om in 'n ander tydperk wakker te word?
     Hoekom vasgevang wees deur Newton se wette en lineêre waarnemings?
                      Gryp kwantumfisika aan en reis deur tyd.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                          9                          DBE/November 2013
                                          NSS

                                                 Vader Tyd is die antropomorfiese
                                                 uitbeelding van tyd, wat gewoonlik as
                                                 'n ou man met 'n baard uitgebeeld
                                                 word, met 'n sekel en uurglas in die
                                                 hand.

                                                 (Antropomorfisme is wanneer 'n
                                                 menslike vorm, eienskappe of gedrag
                                                 aan lewelose voorwerpe of natuurlike
                                                 verskynsels gegee word.)

  Simon Vouet, Time Vanquished by Love,
 Hope and Beauty (Tyd Oorwin deur Liefde,
 Hoop en Skoonheid), olieverf op doek, 1627.

  Hans Holbein, The Ambassadors         Harmen Steenwyck, Still Life of the Vanities of
  (Die Ambassadeurs), olieverf op       Human Life (Stillewe van die Ydelheid van die
          eikehout, 1533.                  Menslike Lewe), olieverf op doek, 1640.

Die tafel agter die ambassadeurs is     Die Hollandse Barok stillewes was algemeen
belaai    met     instrumente   soos    bekend as Vanitas. Voorwerpe wat die
sonwysers en kwadrante/hoekmeters,      kortstondigheid van die lewe gesimboliseer het,
wat gebruik is om tyd te bepaal. Die    was baie gewild. In hierdie werk is die skedel
verwronge skedel tussen die figure is   simbolies van die dood, die chronometer (die
'n herinnering aan die dood.            voorwerp wat soos 'n sakhorlosie lyk) en die
                                        gebluste goue olielamp dui op die lengte en
                                        verloop van die lewe. Hierdie werke was 'n
                                        herinnering dat mense nie aardse rykdomme
                                        moet aanbid nie.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                            10                          DBE/November 2013
                                            NSS

Tyd is 'n onteenseglike feit van die menslike lewe. Baie kunstenaars het die verskillende
fases van die menslike lewe en die verloop van tyd vasgevang.

  Rembrandt, Self-portrait      Rembrandt, Self-portrait      Rembrandt, Self-portrait
      with Lace Collar          (Selfportret), olieverf op    (Selfportret), olieverf op
      (Selfportret met                doek, 1659.                   doek, 1669.
         Kantkraag),
 olieverf op doek, ca. 1629.

      Rembrandt beeld die uitwerking van tyd uit, soos gesien in sy Selfportrette.

           Claude Monet, Rouen Cathedral-reeks (Rouen-katedraalreeks),
                           olieverf op doek, 1892–1894.

Die Rouen-katedraalreeks-skilderye bestaan uit meer as dertig skilderye wat Monet
tussen 1892 en 1893 geskep het, en toe in 1894 in sy ateljee oorgedoen het. Monet
was beïndruk met die manier waarop lig 'n kenmerkende ander karakter aan die
onderwerp gee op verskillende tye van die dag en jaar soos wat atmosferiese toestande
verander. Hy het besef dat lig en intensiteit amper elke sekonde van die dag verander.
Hy het dieselfde toneel oor en oor op verskillende tye van die dag geskilder om die
veranderende atmosferiese toestande aan te toon.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                          11                          DBE/November 2013
                                          NSS

   Eadweard Muybridge, Animal Locomotion (Dierlike Beweging), fototipie, 1887.

Eadweard Muybridge is bekend vir sy baanbrekerswerk oor beweging, waarin
veelvuldige kameras gebruik is om die verloop van tyd in stop-aksie-foto's vas te vang.

Giacoma Balla, The Flight of the Swallows (Die Vlug          René Magritte, Time
       van die Swaeltjies), tempera, 1913.               Transfixed (Tyd Deurboor),
                                                            olieverf op doek, 1939.
Futuriste het daarin belang gestel om beweging en die
verloop van tyd vas te vang.                          'n Surrealistiese interpretasie
                                                      van tyd.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 Visuele Kunste/V2                           12                         DBE/November 2013
                                            NSS

 Die heel basiese verdeling van tyd is die verlede, hede en toekoms.

                                         Verlede
         'Geskiedenis is 'n stel leuens waaroor mense saamstem.' – Napoleon uit sy
                                       Memoirs in 1823.

                       Hoe sou jy die geskiedenis herinterpreteer?

     Tony Scherman,                Tony Scherman,                  Tony Scherman,
  Bonaparte Dreaming of          Bonaparte: Waterloo          Napoleon's Last Shave:
   Napoleon (Bonaparte               18.6.1815,               St. Helena (Napoleon se
  Droom van Napoleon),         brandskilderkuns op doek,     Laaste Skeer: St. Helena),
 brandskilderkuns op doek,           1995–1997.               brandskilderkuns op doek,
       1998–1999.                                                    1995–1997.

Hierdie drie werke vorm deel van 'n reeks enorme portrette van die belangrike stadiums in
Napoleon Bonaparte se lewe. Napoleon het voor die era van fotografie geleef, en
Scherman teken metafories die lewe van Napoleon op deur slegs die beeld van sy gesig te
gebruik.

      Peter Buggenhout, The Blind Leading the Blind (Die Blinde Lei die Blinde),
                  huisstof, hare, hout, poli-uretaan, spons, aluminium,
                              poliëster en polistireen, 2007.

 Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                             13                            DBE/November 2013
                                             NSS

                                             Hede
                      Dit is die enigste tyd waarvan ons volkome deel is.

                                   Hoe sien jy die hede?

Churchill Madikida, Virus, foto's gedruk uit video met pigment-ink op veselpapier, 2004.

Virus is 'n videowerk wat 'n man uitbeeld wat in 'n fetale posisie gehurk is. Hy is in die
middel van 'n MIV-sel. Soos die video verloop, verander en disintegreer sy beeld totdat
daar niks behalwe abstraksies oorbly nie. Die klankbaan is 'n lied gesing deur Madikida
se oorlede suster. Dit vertel nostalgies van 'n verlore plek wat onthou word en waarna
gehunker word. Wanneer die video klaar is, gaan dit terug na die begin en begin weer
van voor af. Die optiese effekte hou die aandag vasgevang en die video is pragtig om
na te kyk met die ryk rooie en dekoratiewe patrone. Dit is misleidend, want Vigs is nie
bedoel om mooi te wees nie. Die werk toon die eindelose mutasies van die Vigs-virus
en hoe dit die liggaam van die menslike gasheer verander. Teen die einde van die
projeksie word die ontstellende spoed van die verspreiding van die virus in 'n menslike
liggaam weerspieël deur 'n reuse, polsende muur met siek neonkolle.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                            14                          DBE/November 2013
                                            NSS

                                      Toekoms
                              Die toekoms is die onbekende.

                           Wat is jou visie van die toekoms?

             Adam Letch, Leaving the Body (Om die Liggaam te Verlaat),
                         fotografiese emulsie op papier, 2002.

Ander interessante interpretasies van tyd sluit die volgende werke in:

Tim Hawkinson, Wall Chart of World
 History from Earliest Times to the
      Present (Muurkaart van
Wêreldgeskiedenis van die Vroegste
  Tye tot die Hede), ink, grafiet op
         lompepapier, 1997.

Hawkinson het verskeie maniere
uitgedink om tyd te meet. Hierdie
skynbaar absurde kartering van die
opkoms en val van ryke is gebaseer op
die spysverteringstelsel van die
liggaam.

Dit lyk asof die kunswerk 'n
breedvoerige improviserende tekening
van      derms,     Pre-Columbiaanse
motiewe en 'n doolhof van binne- en
buitenste ruimte is. Die tekening is
soortgelyk aan 'n tydlyn sonder begin
of einde.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                            15                          DBE/November 2013
                                            NSS

    William Kentridge, The Main Complaint (Die Hoofklag), produksietekeninge
                                uit animasie, 1996.

                     Dink aan die volgende om jou te help om te begin:

                       Watter reuk neem jou terug in tyd?
                           Ek sou graag ... wou beleef.
                   Watter tydperk sou jy graag wou besoek?
                   Wat sou jy saamneem op 'n reis deur tyd?
             Watter futuristiese toestel, wens jy, het jy nou gehad?
  Watter moderne gerief sou jy as 'n geskenk tydens 'n besoek aan jou voorouers
                                    saamneem?

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           16                           DBE/November 2013
                                           NSS

Hierdie tema is oop vir baie interpretasies. Dit kan beskrywend, simbolies, konseptueel
of meer metafories wees. Deur jou navorsingsmateriaal te gebruik, vind 'n
oorspronklike en kreatiewe oplossing om 'n werklik individualistiese interpretasie van
TYD te skep.

Onderwysers moet die aanvanklike dinkskrum/navorsingsproses fasiliteer.

1.       Begin by konseptualisering in die vorm van 'n breinkaart en gebruik die woord
         TYD in jou bronboek/werkboek/joernaal.

2.       Dink aan die volgende met betrekking tot die idee van TYD:

          •     'n Geleentheid, 'n tydstip, 'n oomblik in tyd, 'n oomblik, era of fase
          •     Herinterpretasie van geskiedenis
          •     Verlede, hede en/of toekoms
          •     Die verskillende geslagte – grootouers, ouers, kinders
          •     Vier seisoene
          •     Die afmerk van tyd in verskillende kulture
          •     Die skade van tyd – veroudering, verval, ensovoorts
          •     Tyd as die vierde dimensie
          •     Die spore wat tyd agterlaat – voeg goed by of neem dit weg
          •     Simbole met betrekking tot tyd
          •     Tyd is geld
          •     Tyd en ruimte
          •     Agter die tyd
          •     'n Tydbom, reis deur tyd
          •     Daar is 'n tyd vir alles
          •     'n Opvolgende benadering tot tyd
          •     Gebruik fragmentasie en/of 'n kombinasie van visuele beelde om tyd uit
                te druk
          •     'n Persoonlike benadering tot die betekenis van tyd

3.       Gebruik die riglyne hieronder en skep 'n kunswerk waarin jy jou stories, idees,
         emosies, visies en gedagtes wat met die tema TYD verband hou, deel. Jou
         onderwyser kan hierdie proses fasiliteer:

          •     Bedoelings, doelwitte of idees wat jy graag wil oordra
          •     Visuele beelde wat jou bedoelings die beste sal uitdruk
          •     Verkenning van en eksperimentering met materiale en tegnieke
          •     Prosestekeninge soos voorbereidings-/komposisiesketse en -tekeninge
                wat op jou bronne gebaseer is
          •     Media wat hierdie idees suksesvol kan oordra
          •     Tegnieke wat die geskikste sal wees vir gebruik in die uitdrukking van
                jou media en jou idees
          •     Grootte, formaat en aanbieding wat die beste by jou idees sal pas

Op hierdie stadium is tyd nog aan jou kant, maar begin onmiddellik, want die tyd
stap aan.
                                                                 TOTAAL (100 :               50

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                             1                            DBE/November 2013
                                             NSS

ADDENDUM

AFDELING A: BRONBOEK

•     Daar is geen spesifieke riglyne vir die grootte, formaat, uitleg, voorkoms en
      gevoel van die bronboek nie. Individualiteit en kreatiwiteit moet te alle tye
      beklemtoon word.
•     Die bronboek moet die proses van die begin tot die einde dokumenteer en
      aantoon. 'n Duidelike verband tussen die finale kunswerk en die visuele/
      geskrewe inligting in die bronboek moet sigbaar wees. Plaas meer klem op
      voorbereidende sketse, tekeninge en eksperimentering met tegnieke en
      materiale wat in die finale kunswerk gebruik is. Vir inspirasie, verwys na die
      sketsboeke van Leonardo da Vinci, Eugène Delacroix, Vincent van Gogh,
      Marlene Dumas, ensovoorts. Oppas vir oppervlakkige versierings wat nie van
      toepassing is nie.

AFDELING B: DIE KUNSWERK

•     Aangesien hierdie 'n eksamen is, MAG DIE KANDIDAAT GEEN WERK UIT DIE
      EKSAMENLOKAAL VERWYDER NIE. Alle materiaal wat vir die eksamen
      benodig word, moet in die eksamenlokaal ingebring word, maar let daarop dat
      GEEN werk hierdie lokaal mag verlaat nie. Versuim om onder eksamentoestande
      te werk, sal as 'n ongerymdheid beskou word.
•     Die kandidaat word aangemoedig om 'n kunswerk te skep, gebaseer op die
      medium wat hy/sy in sy/haar graad 12-jaar ondersoek het.
•     Kreatiwiteit en individualiteit moet beklemtoon word. Die kunswerk moet 'n
      uitdrukking wees van die kandidaat se belangstellings/idees en kwellings op die
      vlak van 'n 18/19-jarige.
•     'n Suksesvolle kunswerk is 'n kombinasie van konsep en verwesenliking. Oppas
      vir illustratiewe werk. Klem moet op die estetiese kwaliteite, 'varsheid' en energie
      van die kunswerk geplaas word.
•     Die kunswerk hoef nie slegs naturalisties te wees nie. Daar is ander style, soos
      ekspressionisme, abstraksie, dekoratief, stilering, abstrahering, ensovoorts.
•     Konsepontwikkeling en -realisering moet 'n belangrike rol speel in alle digitale/
      multimedia-/nuwe media werk. Bewyse van die kandidaat se denkprosesse wat
      tot die finale realisering van die konsep gelei het, moet visueel duidelik wees
      tydens nasien.

Let op die volgende kriteria as jy met fotografie werk:

DONKERKAMER-FOTOGRAFIE
•  Maak 'n stel van ten minste VYF verwante foto's.
•  Die kandidaat moet al die ontwikkeling van beide die film en die negatiewe by die
   skool onder toesig van die onderwyser doen.
•  Plaas al die kontakstate/-blaaie, toetsstrokies en rekords van die prosesse in die
   bronboek.
•  Oorweeg die aanbieding van hierdie werk sorgvuldig.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                             2                               DBE/November 2013
                                             NSS

DIGITALE FOTOGRAFIE
•    Maak 'n stel van ten minste VYF verwante digitale afdrukke. Die kandidaat mag
     slegs by die skool weer hieraan werk en/of aanpassings doen.
•    Die digitale grootte moet ten minste A4-grootte wees.
•    Plaas die digitale beelde op 'n skyf (CD) en plaas die skyf voor in die bronboek.
•    Lewer die bronboek, met ondersteunende inligting, saam met die finale
     kunswerk(e) in. Die bronboek moet die volgende insluit:
    o       Die program wat gebruik is (byvoorbeeld Adobe Photoshop 7)
    o       Alle digitale programmatuurprosedures. Die kandidaat moet 'n rekord van
            skermkopieë hou wat al die redigeringsbesluite wat geneem is, illustreer.
    o       Die hulpmiddels/nutsprogramme wat die kandidaat gebruik het om sy/haar
            beelde te manipuleer, met ander woorde aanpassings wat gemaak is,
            filters wat gebruik is ('distort', 'noise', 'render', 'sketch'), ensovoorts.
•    Oorweeg die aanbieding van hierdie werk sorgvuldig.

                     Vrye vertaling van die lirieke van Turn, Turn, Turn

Vir alles – draai, draai, draai               'n Tyd om te kry, 'n tyd om te verloor
Is daar 'n seisoen – draai, draai, draai      'n Tyd om te skeur, 'n tyd om toe te werk
En 'n tyd vir elke doel onder die hemel       'n Tyd om lief te hê, 'n tyd om te haat
                                              'n Tyd van vrede, ek sweer dis nie te laat
'n Tyd om gebore te word, 'n tyd om te        nie!
sterwe
'n Tyd om te plant, 'n tyd om te oes          Vrye vertaling
'n Tyd om dood te maak, 'n tyd om te          Lirieke van die liedjie Turn, Turn, Turn.
                                              Aanpassing van die woorde uit Prediker 3:1–8.
genees                                        Musiek deur Pete Seger, 1966.
'n Tyd om te lag, 'n tyd om te huil

Vir alles – draai, draai, draai
Is daar 'n seisoen – draai, draai, draai
En 'n tyd vir elke doel onder die hemel

'n Tyd om op te bou, 'n tyd om af te breek
'n Tyd om te dans, 'n tyd om te rou
'n Tyd om klippe weg te gooi
'n Tyd om klippe bymekaar te maak

Vir alles – draai, draai, draai
Is daar 'n seisoen – draai, draai, draai
En 'n tyd vir elke doel onder die hemel

'n Tyd van oorlog, 'n tyd van vrede
'n Tyd van liefde, 'n tyd van haat
'n Tyd wat jy mag omhels
'n Tyd om weg te bly van omhelsing af

Vir alles – draai, draai, draai
Is daar 'n seisoen – draai, draai, draai
En 'n tyd vir elke doel onder die hemel

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P2 Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2013-eng/5ff0ad81-d251-4e8f-a49d-e7543c8e5080) — Visual Arts · QP · 2013 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2013-eng/738d20dd-8a91-4eee-b59b-fc70bdb67441) — Visual Arts · QP · 2013 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2013-afr/87321592-f096-4506-9856-3a4b09488210) — Visual Arts · QP · 2013 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-afr/1a710b38-b260-471c-aeef-1d89fb57a04e) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-eng/8bf81d1e-c7c6-446c-bc70-8dd8d8206b92) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2021-eng/461887ca-0e54-4465-b287-544137760c61) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
