# Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2018-afr/11cffbc9-1723-4489-a999-54945471f602
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2018-afr/11cffbc9-1723-4489-a999-54945471f602)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                VISUELE KUNSTE V2

                                      (PRAKTIES)

                            20 JULIE–19 OKTOBER 2018

PUNTE: 100

TYD:    ONDERWERP 1:         Moet gedurende die 3de kwartaal by die skool en/of tuis
                             gedoen word. [50]
        ONDERWERP 2:         Moet gedurende die 4de kwartaal onder gekontroleerde
                             omstandighede SLEGS by die skool gedoen word: 'n
                             minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur. [50]

                         Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           2                           DBE/November 2018
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

         ONDERWERP 1:        BRONBOEK
         ONDERWERP 2:        DIE KUNSWERK

2.       Beantwoord AL die vrae in ONDERWERP 1 en ONDERWERP 2.

3.       Jou onderwyser moet hierdie eksamen inlei en fasiliteer.

4.       In hierdie eksamen word daar van jou verwag om die volgende vaardighede
         te toon:

         •    Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe en genereer
              idees in reaksie op 'n projek-opdrag.
         •    Toon 'n gevorderde graad van tegniese vaardigheid met die gebruik van
              'n verskeidenheid materiaal en tegnieke.
         •    Los visuele en konseptuele probleme op met die skep van
              verbeeldingryke en innoverende kunswerke deur 'n persoonlike en
              ekspressiewe visuele taal te gebruik.
         •    Bestuur tyd en die werkproses doeltreffend en bied eie werk op 'n
              professionele manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele impak
              van die werk versterk.

5.       Jou finale praktiese eksamen in graad 12 verteenwoordig die hoogtepunt van
         jou kunsstudies hierdie jaar. Jou kreatiwiteit, oorspronklikheid en vaardigheid
         sal ten toon gestel word. Mag jy dit geniet om hierdie kunswerk te skep en
         mag dit vars en oorspronklik wees en persoonlike ervaring oordra.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                          3                          DBE/November 2018
                                          NSS

ONDERWERP 1:          BRONBOEK (Gekonseptualiseer deur die ontwikkeling en
                      verwesenliking van kreatiewe idees)

Die bronboek bied insig oor hoe jy idees gevorm het, hoeveel alternatiewe jy
ondersoek het, asook ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek
moet al die denkprosesse wat tot die skep van die kunswerk gelei het, duidelik oordra.

Jy moet visueel die 'storie' vertel van hoe jou kunswerk uitgedink, ontwikkel en
geskep is deur tekenwerk, eksperimentering en skryfwerk. Dit moet jou
individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele Kunste-kandidaat weerspieël.

Die bronboek maak 'n belangrike deel van hierdie eksamen uit. Jy mag by die skool en
by die huis daaraan werk.

Merk hierdie bronboek duidelik as eksamenwerk en bied dit saam met jou finale
kunswerk, ONDERWERP 2, aan.

Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens. word NIE toegelaat NIE. Direkte
kopiëring van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, SAL GEPENALISEER WORD.
Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar.

Die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die bronmateriaal is uiters
belangrik.

As jy geskikte ontleende visuele beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie,
oorspronklike visuele beelde kombineer om JOU EIE INTERPRETASIE TE
ONTWIKKEL.

Die bronboek is deel van jou kreatiewe reis om die finale kunswerk te ontwikkel. Dit
moet jou kreatiwiteit as 'n kunskandidaat weerspieël deur esteties opwindend en
kreatief in die aanbieding daarvan te wees.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                            4                           DBE/November 2018
                                            NSS

ONDERWERP 2:          DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die
                      bestuur van die proses en aanbieding deur veilige praktyk
                      te volg)

Die eksamenwerk moet met gebruik van 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum
van 24 uur, in die teenwoordigheid van die Visuele Kunste-onderwyser, in die
kunslokaal, gedoen word.

ALGEMENE RIGLYNE

1.      Daar word van jou verwag om EEN kunswerk te skep in die praktiese
        dissipline wat jy hierdie jaar gekies het.

2.      Jy kan jou werk aanbied as 'n enkele stuk of moontlik in die vorm van 'n diptiek,
        triptiek of 'n reeks werke wat as een kunswerk gelees word.

3.      Jy mag NIE die kunswerk uit die eksamenlokaal verwyder NIE. Dit word
        as 'n eksamenonreëlmatigheid beskou.

4.      Jy moet die vraestel met jou Visuele Kunste-onderwyser bespreek VOORDAT
        jy met die finale kunswerk begin.

5.      Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar
        en duursaam wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien die
        provinsie dit vereis.

6.      Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns, soos lyn,
        vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding en
        komposisie.

7.      Daar is geen spesifieke voorskrifte ten opsigte van die styl van die werk nie.
        Dit kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, ens. wees.

8.      Kies verbeeldingryke onderwerpe, temas, simbole en metafore om 'n
        ekspressiewe, emosionele, konseptuele of perseptuele kunswerk te skep.

9.      Jy kan ander media insluit om gemengdemedia-werk in enige van die praktiese
        dissiplines te skep.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                              5                             DBE/November 2018
                                              NSS

                                           Tema

                                    Bagasie/Las
  Alles wat ek gedoen het wat belangrik is, kan in 'n klein tassie gepak word.
                                                                      – Marcel Duchamp 1952

 FIGUUR 1: Zoe Leonard, 1961, 2002 –                FIGUUR 2: Karen Cronje, Burden (Las),
   Ongoing Suitcases (1961, 2002 –                           olie op doek, 2017.
Onafgehandelde Tasse), ou tasse vir elke
 jaar van die kunstenaar se lewe, 2002.
Elkeen van die tasse in die ry in Zoe Leonard se kunswerk, stel 'n jaar van haar lewe voor. Elke
jaar voeg sy nog 'n tas, volgepak met herinneringe en nostalgie, by die kunswerk. Die tasse is 'n
unieke driedimensionele selfportret van die kunstenaar en verwys ook na haar persoonlike
geskiedenis. Zoe Leonard is die kind van vlugtelinge wat van Pole tot Italië rondgetrek het en
uiteindelik in Amerika beland het.

  bagasie; tasse; koffers; sakke; trommels; besittings; gereedskapsakke;
               toerusting; goed; uitrusting; gerei; toestelle
Hierdie tema is bedoel om jou te inspireer en uit te daag. Dit is oop vir 'n wye reeks
vertolkings binne jou spesifieke dissipline. Jou vertolking moet die hoogtepunt van die
kreatiewe proses wees waarmee jy in graad 10 begin het.
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                          6                              DBE/November 2018
                                          NSS

                      BAGASIE (SELFSTANDIGE NAAMWOORD)
•    Tasse, koffers en trommels wat persoonlike besittings bevat; ingepakte reisgoed;
     bagasie
•    Voorrade en uitrusting (vervoerbaar), veral wat 'n leër saamneem vir sy gebruik
•    Ontasbare dinge (soos gevoelens, omstandighede of oortuigings) wat vir ons
     'n las is
•    Emosionele bagasie

      FIGUUR 3: Betontasse, gemerk John Smith, is deel van 'n kunsversameling
               in Estland (Oos-Europa) deur Jaan Manitski versamel.
Die tasse herinner ons aan diegene wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog uit Estland
moes vlug.

Ons almal dra bagasie saam met ons, nie net fisies nie, maar ook figuurlik en
emosioneel. Dit kan positief of negatief wees. Dit sal ons persoonlike en
familiegeskiedenisse, herinneringe en ervarings insluit. Watter bagasie dra jy?
Hoe dra jy dit?

                                            Sakke is sedert die vroegste tye van die
                                            beskawing gebruik om persoonlike artikels in
                                            rond te dra en daar was 'n verskeidenheid
                                            ontwerpe vir 'n paar gebruike, soos sakke
                                            met knippe, leersakke en beursies met lang
                                            toetrekkoorde. Die tas as 'n funksionele
                                            voorwerp is 'n simbool van mobiliteit en laat 'n
                                            mens aan verskillende tipes reise dink: van
                                            die betowerende wegbreekvakansies van
                                            stralerjakkers of die gewone gemak van die
                                            familievakansie tot die gedwonge verskuiwing
                                            van bannelinge en vlugtelinge.
    FIGUUR 4: He Xun, Empty Baggage
     (Leë Bagasie), olie op doek, 2013.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                          7                          DBE/November 2018
                                          NSS

                       LAS (SELFSTANDIGE NAAMWOORD)

'n Las is wanneer iemand iets wat swaar is, vashou of dra of wanneer iemand iets wat
moeilik of onaangenaam is, moet aanvaar of hanteer.

•   Iets wat gedra word
•   Iets onderdrukkend of kommerwekkend
•   'n Las dra
•   Die kapasiteit/vermoë om 'n vrag te dra

Die handsak het uit 'n verskeidenheid praktiese behoeftes ontwikkel. Daar is sakke vir
spesifieke doeleindes, soos leeraktetasse vir die kantoor en praktiese leer- en
plastieksakke vir daaglikse gebruik wanneer daar gestap of gekuier word. Daar is ook
elegante, blink handsakkies en palmhandsakkies vir gebruik in die aand.
Handelsmerke het in die 20ste eeu belangrik geword en modeontwerpers, soos Louis
Vuitton, Gucci en Prada, het die handsak as 'n belangrike bykomstigheid beskou.

    FIGUUR 5: Antieke            FIGUUR 6: Die Wêreld se          FIGUUR 7: Dior, 'n Pienk,
 Assiriese Reliëfkerfwerk      Oudste Beursie is gevind wat      Geel en Blou Handsak met
 van 'n handsak, moontlike     met 'n 100 hondetande versier      Silwermetaalware, 2014.
voorstelling van die kosmos,      is. Opgrawers by 'n terrein
        Nimrud, 883.             naby Leipzig het meer as 'n
                                100 hondetande, wat baie na
                               aan mekaar gerangskik was, in
                                 'n graf wat tussen 2500 en
                                     2200 v.C. gedateer is,
                                    opgegrawe. Die leer of
                                    materiaal het mettertyd
                                 verdwyn en al wat oorgebly
                                       het, is die tande.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           8                        DBE/November 2018
                                           NSS

     WAT SOU JY IN EEN SAK PAK AS JY VOOR 'N RAMP MOES UITVLUG?
Byna 100 000 mans, vroue en kinders het in 2017 uit hulle oorlogsgeteisterde
tuislande gevlug. Hulle het op rubberbote oor die Egeïese See na die Griekse eiland,
Lesbos, gereis. Die Internasionale Reddingskomitee en die fotograaf, Tyler Jump, het
foto's vir die reeks, 'What's in my bag?' ('Wat is in my sak?') gedokumenteer. Die
visuele beelde hieronder toon die inhoud van een persoon se bagasie, wat die verhale
van sy geskiedenis, familie en sy hoop vir die toekoms verpersoonlik.

FIGUUR 8: 'n Tiener met die naam Iqbal het honderde myle gereis en koeëls ontduik
om uit Afganistan te ontsnap. Sy rugsak het tandepasta, room om jou gesig wit
te maak, 'n kam, 'n naelknipper, verbande, 100 Amerikaanse dollar, 130 Turkse lira,
'n slimfoon en 'n bystandselfoon bevat.
                              Leaving on a Jet Plane
                                  deur John Denver
                                 All my bags are packed
                                      I'm ready to go
                           I'm standin' here outside your door
                         I hate to wake you up to say goodbye
                                 But the dawn is breakin'
                                       It's early morn
                                     The taxi's waitin'
                                  He's blowin' his horn
                                Already I'm so lonesome
                                          I could die

                                                  FIGUUR 9: Jan van der Merwe,
                                                  Baggage Arrival (Bagasie-
                                                  aankoms), gemengde media,
                                                  geroeste metaal, 2001.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                             9                           DBE/November 2018
                                             NSS

         KUNSTENAARS WAT BAGASIE/LAS AS 'N TEMA ONDERSOEK HET
Talle kunstenaars het deur die jare die tas vir groot simboliese effek gebruik. 'n Tas kan 'n
mens aan 'n hele reeks reisende/rondtrekkende tipes laat dink, of hulle nou professioneel
of meer vry van gees is. 'n Las is wanneer iemand iets wat swaar is, vashou of dra of
wanneer iemand iets wat moeilik of onaangenaam is, moet aanvaar of hanteer.

  FIGUUR 10: Greg Drasler, Flight to Egypt             FIGUUR 11: Honore Daumier,
    (Vlug na Egipte), olie op doek, 1988.            The Burden (Die Las), olie op doek,
                                                                  1853.

     FIGUUR 12: Clara Lieu, Self-Portrait            FIGUUR 13: Marcel Dzama, Untitled
     from Falling Project (Selfportret uit               (Suitcase with Three Heads)
       Falling-projek), houtskool, 2013.             (Ongetiteld [Tas met Drie Koppe]),
                                                      tas, handgemaakte gipsmaskers en
                                                               handpoppe, 2007.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                        10                            DBE/November 2018
                                        NSS

                                              Dieter Roth het 37 tasse vol oopgemaakte
                                              blokke camembert- en cheddarkaas
                                              gepak. Sy installasie is in rye gerangskik
                                              asof die tasse vir hulle eienaars gewag het
                                              wat      die   glans    van    die   makro-
                                              stralerjakkerstydperk oorgedra het. Maar
                                              die reukie van middelklasaansien was net
                                              'n dwaalspoor tot die inhoud wat binne
                                              besig was om te verrot. As deel van die
                                              aanbieding is 'n tas elke dag oopgemaak,
                                              wat die stank wat deur die galery gesweef
                                              het, vererger het. Die tasse was
                                              naderhand verrottende poele wurms en
                                              uiteindelik het gesondheidsbeamptes die
                                              uitstalling toegemaak.

   FIGUUR 14: Dieter Roth, Staple Cheese
   (A Race)(Stapelkaas ['n Resies]), tasse
       en gemengde soorte kaas, 1970.

    FIGUUR 15: Vitamorte, Apparatus for           FIGUUR 16: Nausheen Saeed,
     (Negative) Thinking (Apparaat vir          Females as Baggage or Luggage
  (Negatiewe) Denke), was en leertas, 2017.      (Vroue as Bagasie), materiaal,
                                                  veselglas, ritssluiers, bande en
                                                        handvatsels, 2013.
                                              Die kunstenaar impliseer dat vroue 'n 'las'
                                              is wat so gou as moontlik in 'n huwelik
                                              weggepak moet word. Sy beskou bagasie
                                              as 'n besitting en dat vroue, in hulle rolle as
                                              moeders, vroue, susters en dogters, altyd
                                              aan ander behoort. Wat binne gebêre is, is
                                              baie persoonlik.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                          11                           DBE/November 2018
                                          NSS

FIGUUR 17: Alex Moscoso Española, Excess             FIGUUR 18: Yinka Shonibare,
     Baggage (Migrant White number 1)              Homeless Child (Hawelose Kind),
      (Oortollige Bagasie [Migrant Wit              materiaal, tasse, voorwerpe wat
 nommer 1]), akriel op gebruikte klere, tou en             gevind is, 2013.
   'n gebruikte boks wat die kunstenaar se
                                                 Shonibare ondersoek, deur parodie en
    persoonlike besittings en waardevolle        ironie, vraagstukke oor identiteit, sosiale
              items bevat, 2010.                 hiërargie en die kolonisasie van Afrika.

FIGUUR 19: Gerard Sekoto, The Train Crowd             FIGUUR 20: Agim Sulaj, Refugees
    (Die Treinskare), olie op doek, 1945.            (Vlugtelinge), grafiet op papier, 2016.
                                                 Hierdie werk is aan die vlugtelingtragedie
                                                 opgedra; die mense wat na 'n beter lewe soek,
                                                 maar wat dikwels 'n tragiese einde het. Hulle
                                                 drome verdrink in die groot immigrasiedraaikolk.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           12                            DBE/November 2018
                                           NSS

                FIGUUR 21: Matthew Hindley, Kalypso, olie op doek, 2008/9.

                                                 'Umaskhenkethe' is die Xhosa-woord vir die
                                                 plastiekmaassak wat in China gemaak word.
                                                 'Unomgcana' beteken 'die een met strepe' en
                                                 'Umaskhenkethe' beteken 'die reisiger'.
                                                 In Suid-Afrika is die sak algemeen as die
                                                 China-sak, Zimbabwe-sak, Khumbulekhaya-
                                                 sak of Mashangaan-sak bekend. Hierdie sakke
                                                 staan bekend as die Ghana-moet-huis-toe-
                                                 gaan-sak in Nigerië, die Bangladeshi-sak in die
                                                 VK, Turkse sakke in Duitsland, Meksikaanse
                                                 sakke in Amerika en die 'Guyanese Samsonite'
                                                 in die Karibiese Eilande. Hierdie sakke het
                                                 wêreldwye simbole van migrasie geword, nie
                                                 net oor grense nie, maar ook binne lande.
                                                 Hierdie sakke is voorwerpe wat 'n huis/tuiste
                                                 dra en is die middel tot oorlewing vir 'n mens
                                                 wat nie baie het nie.

     FIGUUR 22: Nobukho Nqaba,
 Umaskhenkethe likhaya lam, foto, 2012.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                              13                      DBE/November 2018
                                              NSS

   FIGUUR 23: Francesco Sambo, My             FIGUUR 24: Mona Hatoum, Traffic (Verkeer),
   Head in a Bag (My Kop in 'n Sak),                 tasse en mensehare, 2002.
       digitale fotografie, 2014.
Sambo beweer: 'Die werklike wêreld is te
klein vir my. Ek ontdek in 'n papiersak dat
my verbeelding geen perke het nie.'

                FIGUUR 25: Gan Chin Lee, Lebuh Pudu, olie op doek, 2013.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                         14                        DBE/November 2018
                                         NSS

Voordat jy met jou kunswerk begin, is dit belangrik om PERSOONLIK te reageer en
van afgesaagde visuele beelde weg te skram.

Onderwysers moet die aanvanklike dinkskrum/navorsingsproses fasiliteer.

Begin deur die tema BAGASIE/LAS in die vorm van 'n breinkaart in jou bronboek te
konseptualiseer.

Gebruik die riglyne hieronder om 'n kunswerk te skep waarin jy idees, emosies
en gedagtes oor BAGASIE/LAS deel. Jou onderwyser moet hierdie proses
fasiliteer.

•   Bedoelings, doelwitte of idees wat jy graag wil oordra
•   Visuele beelde wat jou bedoelings die beste sal uitdruk
•   Verkenning van en eksperimentering met materiaal en tegnieke, wat ten minste
    EEN tonale tekening relevant tot die tema moet insluit
•   Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou konsepontwikkeling te verduidelik,
    wat ten minste EEN tonale tekening moet insluit
•   Media wat hierdie idees suksesvol kan oordra
•   Tegnieke wat die geskikste sal wees om te gebruik om jou media en jou idees uit
    te druk
•   Grootte, formaat en aanbieding wat jou idees die beste sal pas
•   Sien die assesseringskriteria op bladsy 15 en 16.

LET WEL:      Jy kan ÓF Bagasie ÓF Las as aparte temas interpreteer ÓF jy kan 'n
              kombinasie daarvan interpreteer.

Jy kan die volgende in verband met die idee van BAGASIE en/of LAS in ag neem:

•   Wat is in die sak?
•   Fisiese bagasie
•   Fisiese laste
•   Emosionele laste
•   Intellektuele bagasie
•   Beskadigde bagasie/onnodige bagasie
•   Persoonlike emosionele bagasie, die gevoelens wat jy oor jou verlede het en die
    dinge wat met jou gebeur het, wat dikwels 'n negatiewe effek op jou gedrag en
    houding/ingesteldheid het
•   Bagasie-ondersoek
•   Kajuitbagasie op 'n vliegtuig
•   Artillerie-bagasie
•   'Bagasie', soos jou familiegeskiedenis en ervarings
•   Trek/Verhuis/Migrasie
•   Eie ondersoek

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 Visuele Kunste/V2                              15                            DBE/November 2018
                                               NSS

                       ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK

Uitstaande    90–100    •   Die kandidaat het baie idees ontwikkel; het ongewone kombinasies
                            of veranderinge probeer voor een finale idee gekies is; het
                            verbindings met vorige kennis gemaak; bemeester probleem-
                            oplossingsvaardighede.
                        •   Poging is veel meer as wat vereis was.
                        •   Die 'WOW'-faktor is duidelik.
                        •   Werk toon groot mate van innovering. Die werk as 'n geheel is vol
                            selfvertroue en spreek tot 'n mens; dit vang die kyker vas met die
                            uitstaande visuele eienskappe.
                        •   Die werk toon duidelik 'n oorspronklike visie, 'n verskeidenheid
                            innoverende idees en/of die neem van risiko's en vindingryke artikulasie
                            van 'n wye reeks elemente en beginsels.
                        •   Inhoud/Konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.
                        •   Uitstaande en oorspronklike aanbieding; buitengewone vermoë;
                            kreatiewe rykheid; insiggewend; vlot; hoë vaardigheid; waarneming en
                            kennis kragtig uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone
                            keuse van relevante visuele verwysings.
Uitstekend     80–89    •   Treffende impak; gedetailleerd; goed georganiseerd en samehangend;
                            afgerond; vaardigheid duidelik; ondersteun deur oorspronklike/
                            ongewone/relevante visuele verwysings; aanbieding oorspronklik en
                            oorwoë; minder beslis; 'n paar geringe foute sigbaar.
                        •   Die meeste van die bostaande, maar sonder die 'WOW'-faktor.
                        •   Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend nie
                            OF baie innoverend, maar 'n gebrek aan tegniese rykheid.
Baie goed      70–79    •   Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'n gebrek aan die 'glans en
                            sprankel' (minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en
                            innovering); goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud;
                            ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele verwysings;
                            duidelike sorg en moeite gedoen met oorspronklike aanbieding; 'n paar
                            ooglopende teenstrydighede/tekortkominge sigbaar.
                        •   Goeie bewyse van moeite en toewyding.
                        •   Interessant/Innoverend/Kreatief, maar nie tegnies afgerond nie.
                        •   Tegnies goed, maar gebrek aan konseptuele rykheid of andersom.
Goed           60–69    •   Die werk toon 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling;
                            oortuigend; eenvoudige direkte gebruik van medium; toon begrip, maar
                            neig soms na die alledaagse en stereotiepe reaksie; voldoende keuse
                            van relevante visuele verwysings; redelik moeite gedoen met
                            aanbieding; steurende/ooglopende teenstrydighede.
                        •   Goeie vlak van bevoegdheid.
Gemiddeld      50–59    •   Voldoende; voel meganies; nageboots of gekopieer; min insig.
                        •   Verbeeldingloos; enkele visuele verwysings nie altyd duidelik
                            geïdentifiseer nie.
                        •   Billike aanbieding; baie steurende teenstrydighede.
                        •   Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid; moontlik beperkte
                            betrokkenheid met betrekking tot tyd en moeite.
                        •   Beelde is uit 'n ander bron gekopieer, met min transformasie van
                            beelde.
                        •   Min bewyse dat iets ongewoons probeer is.
                        •   Die omvang van die werk is eng en/of herhalend.

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 Visuele Kunste/V2                             16                           DBE/November 2018
                                              NSS

Ondergemiddeld        40–49   •   Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie.
                              •   Beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede en/of
                                  gebrek aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees.
                              •   Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding;
                                  benodig ondersteuning/motivering om te slaag.
                              •   Beelde is uit 'n ander bron gekopieer met baie min transformasie.
                              •   Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van
                                  beplanning nie, of onvolledige beplanning.
Swak                  30–39   •   Net genoeg materiaal/werke om te slaag.
                              •   Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese
                                  vaardighede gebruik.
                              •   Min moeite gedoen om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te
                                  bied; min of geen visuele inligting/verwysings nie.
                              •   Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/
                                  motivering om te slaag.
                              •   Onvoldoende tyd aan taak gewy; standaard onder dit wat
                                  aanvaarbaar is.
                              •   Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en
                                  oppervlakkig; geen bewyse van oorspronklike denke nie.
Baie swak             20–29   •   Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie;
Druip                             weinig of irrelevante werk/visuele inligting.
                              •   Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te
                                  bied nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.
                              •   Baie swak vaardigheidsvlak.
                              •   Projek is baie swak of onvoltooid.
                              •   Swak artistiese besluitneming; kandidaat lewer min insette.
                              •   Klasse is misgeloop en kandidaat het nie die tyd ingehaal nie.
Onaanvaarbaar         0–19    •   Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek
Druip                             aan selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking
                                  nie.
                              •   Werk onvoltooid.
                              •   Swak artistiese besluitneming; kandidaat het geen moeite gedoen
                                  nie.
                              •   Die meeste klasse is misgeloop en die kandidaat het nie die tyd
                                  ingehaal nie.

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                              17                           DBE/November 2018
                                              NSS

ONDERWERP 1: BRONBOEK

ASSESSERINGSKRITERIA                         Dit sluit die volgende in:                Punte-
                                                                                     toekenning
Konsepontwikkeling                • Breinkaarte, benoemde sketse en tekeninge
                                    om konsepontwikkeling te toon.
Navorsing, ondersoek,             • Dit moet sommige of al die volgende insluit:
eksperimentering, ens.              o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde,
                                         versamelde gedigte, lirieke en enige
                                         ander materiaal wat jou inspireer
                                    o Navorsing oor kunstenaars wat jou
                                         geïnspireer het
                                    o Eksperimentering met media en/of
                                         verskillende tegnieke
                                  • Alle materiaal moet verband hou met die
                                    ontwikkeling van jou werk en jou besluite
                                    ondersteun.
Prosestekeninge                   • Ten minste 30% moet tekeninge wees om
                                    jou konsepontwikkeling te verduidelik.
Aanbieding en algehele            • Dit moet visueel interessant wees en 'n
voorkoms                            persoonlike benadering toon.
                                  • Jou     bronboek     moet     uit   gemiddeld
                                    8–10 bladsye bestaan.
                                                                         TOTAAL          50

ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK

ASSESSERINGSKRITERIA                          Dit sluit die volgende in:               Punte-
                                                                                     toekenning
Keuse en gebruik van               • Geskiktheid van materiaal en tegniek
materiaal/tegnieke                   volgens die konsep
                                   • Veilig en hanteerbaar
                                   • Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele                • Die belangrikheid van kunselemente en
kunselemente                         kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur,
                                     tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie,
                                     proporsie en komposisie
Geheelindruk van werk –            • Ontwikkeling van nuwe, unieke en
oorspronklikheid, kreatiwiteit,      ongewone reaksies/oplossings
innovering
Interpretasie en praktiese         •   'n Persoonlike interpretasie van 'n tema
implementering van navorsing       •   Eksperimentering
                                   •   Pak nuwe uitdagings aan
Voltooiing en aanbieding van       •   Aandag aan detail
kunswerk                           •   Taak in aangewese tyd voltooi
                                   •   Aanbieding volgens taak
                                                                            TOTAAL       50

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                                           18                                   DBE/November 2018
                                                           NSS

VERKLARING VAN EGTHEID

                                     VERKLARING VAN EGTHEID

Hierdie verklaring moet deur die kandidaat voltooi en geteken word. Die
onderwyser/toesighouer moet ook teken en dit dek alle bewyse voorgelê.

Kandidaat:                                                                   Datum:

Ek verklaar dat die aangehegte NSS praktiese eksamen my eie, oorspronklike werk
is en nie enige werk deur iemand anders as ek insluit nie. Ek het die eksamen
volgens die instruksies en tydsbeperkinge voltooi.

Kandidaat se handtekening:                                                   Datum:

Onderwyser:                                                                  Datum:

Namens ....................................................................................................... (sentrumnaam)
bevestig ek dat, volgens my kennis, die voltooide, aangehegte werk die
oorspronklike werk van die kandidaat hierbo is en dat dit onder die vereiste
toestande voltooi is.

Onderwyser se handtekening:                                                  Datum:

Skoolhoof se handtekening:                                                   Datum:

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                          19                         DBE/November 2018
                                          NSS

BYLAE A: ALGEMEEN

1.   Daar word van die kandidaat verwag om EEN kunswerk in die PRAKTIESE
     DISSIPLINE te kies wat hy/sy HIERDIE JAAR GEKIES HET. Gespesialiseerde
     keuses sluit teken, skilder, beeldhouwerk, drukkuns, multimediawerk, fotografie,
     installasies, nuwe media, ens. in.
2.   Party kandidate het die vryheid nodig om oor dissiplines te werk. Dit is in
     ooreenstemming met kontemporêre kunspraktyke. 'n Gespesialiseerde fokus in
     skilder kan die verkenning van driedimensionele werk en nuwe media insluit.
3.   Kandidate se kunswerke word nagesien volgens die kriteria vir die vak, Visuele
     Kunste, en nie volgens die gespesialiseerde dissipline nie, bv. skilder en
     fotografie nie. In alle gespesialiseerde dissiplines moet daar 'n balans tussen
     tegniese (vorm) en konseptuele (inhoud) aspekte binne die benadering gekies,
     wees. Die kandidaat se bedoeling en benadering tot beide die tegniese en
     konseptuele aspekte van die werk, moet in aanmerking geneem word wanneer
     kunswerke geassesseer word.
4.   Kontemporêre kunstenaars ontleen uit 'n oneindige verskeidenheid materiaal,
     bronne en style om kuns te skep. Kontemporêre kunstenaars wat binne die
     Postmoderne Tydperk werk, aanvaar die idee van 'kunssinnige pluralisme', die
     aanvaarding van 'n verskeidenheid kunsbedoelings en -style.
5.   Vandag se kontemporêre kunswêreld toon 'n oorkruising/integrasie van
     media/tegnieke, wat beteken dat ons vooropgestelde idees en tegnieke
     voortdurend verander. Praktiese werk moet altyd deur kontemporêre kunspraktyk
     ingelig word. Dit moet tydens die nasien van eksamenwerk in gedagte gehou
     word.
6.   Kreatiwiteit en individualiteit moet beklemtoon word.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                          20                         DBE/November 2018
                                          NSS

BYLAE B: NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.

Volgens die Kurrikulum-en-Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) is daar geen voorskrifte
oor gespesialiseerde dissiplines, soos donkerkamerfotografie, die maak van afdrukke, teken
en beeldhoukuns nie. Onderwysers moet die KABV-dokument raadpleeg vir riglyne oor
tradisionele gebruik en praktyke in kontemporêre skone kuns in hierdie dissiplines.
Hieronder is algemene riglyne vir die grys areas in kontemporêre dissiplines: nuwe-media-/
multimedia-/digitale kuns, ens.

Om in nuwe-media-/multimedia-/digitale kuns te werk, waarborg NIE hoë punte NIE.

BRONBOEK: NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
•   Konsepontwikkeling en -uitvoering moet 'n belangrike rol in alle nuwe-media-/
    multimedia-/digitale werk speel. Bewys van die kandidaat se denkprosesse wat tot die
    finale uitvoering van die konsep in sy/haar werk gelei het, moet visueel sigbaar wees.
•   Die bronboek moet bewys toon van:
    o Relevante bronmateriaal – eie bronne geskep met gebruik van sagteware of met
         die hand geskep en met verskeie digitale prosesse ingevoer
    o Konsepontwikkeling (duimnaelsketse, skryfwerk en/of 'n storiebord)
    o Navorsing oor kunstenaars wat soortgelyke benaderings volg
    o Dokumentering van programme wat gebruik is, bv. skermskote
    o Ten minste 30% moet tekeninge wees om konsepontwikkeling te verduidelik.

KUNSWERK: NUWE-MEDIA-/MULTI-MEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
•   Alle nuwe-media-kuns moet kunssinnigheid bo tegniese vaardighede beklemtoon.
    Met ander woorde, dit is nie die kandidaat se vaardigheid in 'n spesifieke
    rekenaarprogram wat geassesseer word nie, maar die estetiese uitvoering daarvan.
    Daarom is navorsing oor kontemporêre kunstenaars noodsaaklik om 'n eie kunswerk
    te skep. (Kandidate moet onderskei tussen die gebruik van hierdie nuwe media vir
    Visuele Kuns of Ontwerp, bv. musiekvideo's.)
•   Die gebruik van rekenaartoepassings as hulpmiddels om konsep, ekspressiewe en
    formele kwessies te realiseer (soortgelyk aan hoe 'n skilder sy/haar kwas en verf sou
    gebruik)
•   Kandidate moet konseptuele, estetiese, ekspressiewe en formele kwessies as
    fundamenteel tot die benadering beskou, kontekssensitiwiteit ingesluit.
•   Persoonlike kontrole en uitvoer van werk
•   Aanbieding is belangrik:
    o Videokuns en animasies word gewoonlik in kunsgalerye en -museums op 'n groot
        oppervlak geprojekteer om die kyker te oorweldig met 'n totale sensoriese
        ervaring. Alhoewel dit meestal nie by 'n skool moontlik is nie, moet die kandidaat
        die impak van die werk op 'n rekenaarskerm oorweeg.
    o In tweedimensionele digitale werk kan die finale kunswerk nie slegs 'n A4-afdruk
        wees nie. Dit moet 'n reeks van ten minste DRIE A4-werke wees wat narratief
        verbind is OF in ten minste A2 gedruk en gemonteer wees.
•   In animasie-/videokuns moet ruimte, tyd, beweging, narratief, chronologie, interaksie
    van beeld en klank in ag geneem word.
•   Kandidate moet die klankbaan in animasie-/videokuns sorgvuldig oorweeg. Dikwels
    verleen die klankbaan 'n 'musiekvideo'-gevoel aan die werk en weerspreek die
    boodskap. Kandidate kan hulle eie klanke skep.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           21                          DBE/November 2018
                                           NSS

DIGITALE FOTOGRAFIE
•   Die minimum vereiste is VIER A4-verwante digitale afdrukke OF iets soortgelyks in
    grootte, bv. DRIE A3-afdrukke of EEN A2- of groter afdruk.
•   Die foto's moet as EEN kunswerk gekonseptualiseer en aangebied word, bv. deur
    'n narratief te volg.
•   Plaas die digitale beelde op 'n CD en plaas die CD voor in die bronboek.
    Alle digitale sagtewareprosedures moet deeglik in die bronboek aangeteken word.
    Die kandidaat moet rekord hou van skermskote wat al die redigeringsbesluite wat
    geneem is, illustreer. Dit is die enigste manier om digitale werk as eg te verklaar,
    aangesien so baie digitale kunswerk op die internet vir aflaai beskikbaar is.
    Onderwysers moet die ontwikkeling van die kandidaat se digitale proses moniteer.
•   Die bronboek moet die volgende insluit:
    o Die program wat gebruik is (bv. Adobe Photoshop 7)
    o Alle digitale sagtewareprosedures. Die kandidaat moet rekord hou van
         skermskote wat alle redigeringsbesluite illustreer.
    o Die hulpmiddels wat die kandidaat gebruik het om sy/haar beelde te manipuleer,
         met ander woorde verstellings gemaak, filters gebruik (verwringing, geraas,
         vertolking, skets), ens.
•   Kandidate moet die aanbieding van die werk deeglik in ag neem.
•   Kandidate wat hierdie opsie kies, moet hulself vertroud maak met kontemporêre
    ontwikkelings in digitale fotografie skone kuns.
•   Fotografie, beide tradisioneel en digitaal, is nie net 'n tegniese oefening nie, maar
    sluit ook vrae oor estetika, bedoeling, inhoud, ens. by die assesseringskriteria in.

Assessering van fotografie:
• Interpretasie en kommunikasie van die tema. Kandidate moet in staat wees om
   verhoudinge/konneksies tussen beelde te vorm.
• Werk moet 'n hoë mate van oorspronklikheid en sterk kreatiewe eienskappe
   weerspieël. Dit moet as skone kuns lees, daarom is konseptualisering in die
   bronboek noodsaaklik.
• Beelde moet met mekaar en die tema verband hou. Geen lukrake keuse nie.
• Formele elemente en beginsels.
• Fotografie kan met ander media gekombineer word.

INSTALLASIE
•   Installasies breek weg van tradisionele skilder- en beeldhouwerk deur
    driedimensionele ruimtes te skep wat kykers kan betree en deur 'n kunstenaar se
    prosesse en visies omring word. 'n Omgewing word geskep deur voorwerpe in die
    ruimte te rangskik, en omgewings wat die ruimte self verander of versterk.
•   Dit moet ooreenkom met kontemporêre ontwikkelings in skonekuns-praktyke.
•   Twee- en driedimensionele elemente in 'n omgewing.
•   Kandidate kan klaargemaakte items ('ready-mades') gebruik.
•   Kykerinteraksie met ruimte is belangrik.
•   Sensitiwiteit vir kykerontvangs en interaksie op veelvuldige sensoriese vlakke.
•   Installasiekunswerke moet beide tegnies en konseptueel volledig afgerond word.
    Daar moet uitgebreide navorsing en konsepontwikkeling in die bronboek wees om
    die kunswerk te regverdig.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                        22                        DBE/November 2018
                                        NSS

UITVOERENDE KUNS ('PERFORMANCE ART')
•   Beplan, dokumenteer en repeteer uitvoerende-kuns-stukke deeglik.
•   Maak tekeninge deur die hele konseptualiseringsproses van die uitvoering.
•   Dokumenteer uitvoerende kuns fotografies, videografies en met tekeninge en
    woorde.
•   Gee noukeurig aandag aan die subtiele verskille tussen Uitvoerende Kuns
    ('Performance Art') as Visuele Kuns en Uitvoerende Kuns ('Performance Art') as
    Dramatiese Kuns.
•   Vir die finale eksamen sal die dokumentasie van die opvoering geassesseer word
    en nie die werklike opvoering nie weens die aard van die eksamen- en
    modereringsproses.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2018-eng/121e47f8-c758-4730-96b6-0a85ebb31d50) — Visual Arts · QP · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-eng/a98eafaa-4050-4a91-a59f-ecfbd8973a4c) — Visual Arts · QP · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-afr/a33b97cb-5c0a-4bac-8d02-c7288b30c526) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-afr/1a710b38-b260-471c-aeef-1d89fb57a04e) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-eng/8bf81d1e-c7c6-446c-bc70-8dd8d8206b92) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2021-eng/461887ca-0e54-4465-b287-544137760c61) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
