# Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2019-afr/584306b9-9c01-4fe2-97fe-f956ca7a1538
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2019-afr/584306b9-9c01-4fe2-97fe-f956ca7a1538)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                VISUELE KUNSTE V2

                                      (PRAKTIES)

                            15 JULIE–18 OKTOBER 2019

PUNTE: 100

TYD:    ONDERWERP 1:         Moet gedurende die 3de kwartaal by die skool en/of by die
                             huis gedoen word. [50]
        ONDERWERP 2:         Moet gedurende die 4de kwartaal onder gekontroleerde
                             omstandighede SLEGS by die skool gedoen word:
                             'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur. [50]

                         Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           2                           DBE/November 2019
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

         ONDERWERP 1:        BRONBOEK
         ONDERWERP 2:        KUNSWERK

2.       Beantwoord AL die vrae in ONDERWERP 1 en ONDERWERP 2.

3.       Jou onderwyser moet hierdie eksamen inlei en fasiliteer.

4.       In hierdie eksamen word daar van jou verwag om die volgende vaardighede
         te toon:

             Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe en genereer
              idees in reaksie op 'n projek-opdrag.
             Toon 'n gevorderde graad van tegniese vaardigheid met die gebruik van
              'n verskeidenheid materiaal en tegnieke.
             Los visuele en konseptuele probleme op met die skep van
              verbeeldingryke en innoverende kunswerke deur 'n persoonlike,
              ekspressiewe visuele taal te gebruik.
             Bestuur tyd en die werkproses doeltreffend en bied eie werk op 'n
              professionele manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele impak
              van die werk versterk.

5.       Jou finale praktiese eksamen in graad 12 verteenwoordig die hoogtepunt van
         jou kunsstudies hierdie jaar. Jou kreatiwiteit, oorspronklikheid en vaardigheid
         sal ten toon gestel word. Mag jy dit geniet om hierdie kunswerk te skep en
         mag dit vars en oorspronklik wees en persoonlike ervaring oordra.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                          3                          DBE/November 2019
                                          NSS

ONDERWERP 1:          BRONBOEK (Gekonseptualiseer deur die ontwikkeling en
                      verwesenliking van kreatiewe idees)

Die bronboek bied insig van hoe jy idees gevorm het, hoeveel alternatiewe jy
ondersoek het, asook ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek
moet al die denkprosesse wat tot die skep van die kunswerk gelei het, duidelik oordra.

Jy moet visueel die 'storie' vertel van hoe jou kunswerk uitgedink, ontwikkel en
geskep is deur tekenwerk, eksperimentering en skryfwerk. Dit moet jou
individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele Kunste-kandidaat weerspieël.

Die bronboek maak 'n belangrike deel van hierdie eksamen uit. Jy mag by die skool
en/of by die huis daaraan werk.

Merk hierdie bronboek duidelik as eksamenwerk en bied dit saam met jou finale
kunswerk, ONDERWERP 2, aan.

Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens. word NIE toegelaat NIE. Direkte
kopiëring van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, SAL GEPENALISEER WORD.
Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar.

Die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die bronmateriaal is uiters
belangrik.

As jy geskikte ontleende visuele beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie,
oorspronklike visuele beelde kombineer om JOU EIE INTERPRETASIE TE
ONTWIKKEL.

Die bronboek is deel van jou kreatiewe reis om die finale kunswerk te ontwikkel. Dit
moet jou kreatiwiteit as 'n kunskandidaat weerspieël deur esteties opwindend en
kreatief in die aanbieding daarvan te wees.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           4                         DBE/November 2019
                                           NSS

ONDERWERP 2:          DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die
                      bestuur van die proses en aanbieding deur veilige praktyk
                      te volg)

Die eksamenwerk moet binne 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van
24 uur, in die teenwoordigheid van die Visuele Kunste-onderwyser, in die
kunslokaal gedoen word.

ALGEMENE RIGLYNE

1.      Daar word van jou verwag om EEN kunswerk te skep in die praktiese
        dissipline wat jy hierdie jaar gekies het.

2.      Jy kan jou kunswerk aanbied as 'n enkele stuk of moontlik in die vorm van 'n
        diptiek, triptiek of 'n reeks werke wat as een kunswerk gelees word.

3.      Jy mag NIE die kunswerk uit die eksamenlokaal verwyder NIE. Dit word
        as 'n eksamenonreëlmatigheid beskou.

4.      Jy moet die vraestel met jou Visuele Kunste-onderwyser bespreek VOORDAT
        jy met die finale kunswerk begin.

5.      Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar
        en duursaam wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien die
        provinsie dit vereis.

6.      Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns, soos lyn,
        vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding en
        komposisie.

7.      Daar is geen spesifieke voorskrifte ten opsigte van die styl van die werk nie.
        Dit kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, ens. wees.

8.      Kies verbeeldingryke onderwerpe, temas, simbole en metafore om 'n
        ekspressiewe, emosionele, konseptuele of perseptuele kunswerk te skep.

9.      Jy kan ander media insluit om gemengdemedia-werk in enige van die praktiese
        dissiplines te skep.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                             5                            DBE/November 2019
                                             NSS

                                          TEMA

                                       Rituele
Wat is jou daaglikse rituele en gewoontes? Gaan skool toe, borsel jou tande, gaan stap,
joga, meditasie, lees, jel of vleg jou hare, sit grimering aan, gaan jou in-mandjie ('inbox') na
en ontmoet jou vriende by die skaatspark. Wat is jou familie se rituele: gaan kyk na 'n
sokkerwedstryd, speel Xbox, nuttig Sondagmiddagete of hou 'n piekniek in die park?

  FIGUUR 1: Kenne Gregoire, Meisje            FIGUUR 2: George Fischer, Ritual (Ritueel),
  aan Tafel (Meisie aan Tafel), akriel            gemengde media op houtpanele,
           op paneel, 2011.                              datum onbekend.

 FIGUUR 3: Marlene Steyn, Braided             FIGUUR 4: Heikki Leis skep hiperrealistiese
Bonding (Gevlegte Verbintenis), olie        sketse van oggendrituele uit die reeks Everyday
 en gemengde media op doek, 2013.               Reflection (Daaglikse Weerkaatsing),
                                                      grafietpotlood, 2007–2009.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           6                          DBE/November 2019
                                           NSS

Hierdie tema is bedoel om jou te inspireer en uit te daag. Dit is oop vir 'n wye reeks
vertolkings binne jou spesifieke dissipline. Jou vertolking moet die hoogtepunt van die
kreatiewe proses wees waarmee jy in graad 10 begin het.

   FIGUUR 5: San-mense, Rotskuns, Botswana. Foto deur die Universiteit van die
                      Witwatersrand, datum onbekend.

Rituele was nog altyd deel van die mensdom. Die San-mense glo dat siekte die gevolg
van sosiale worstelinge/konflik is. Die opvoer van medisynedanse beklemtoon
verhoudings en bevry mense van siekte en negatiewe magte. Die medisyneliedere wat
tydens die danse opvoer word, word geaktiveer deur die vrouens wat sing en hande
klap en die mans wat dans. Gedurende die opvoering dans 'n man agter die persoon
met wie hy in konflik is. Die ritmiese eenheid van hulle liggame laat hulle in 'n
beswyming gaan wat goedgesindheid herbou en help met spoorsny, jag en die deel
van die vleis.

                                     SINONIEME

       seremonie, rite, seremonieel, waarneming,
spiritueel/geestelik, misterie, heilig, versiering, geloof,
   viering, diens, sakrament, liturgie, lofprysing/
aanbidding, amp, opvoering, toneelspel, praktyk, orde,
 gebruik, tradisie, konvensie, instelling, formaliteit,
             prosedure, protokol, gewoonte
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                          7                           DBE/November 2019
                                          NSS

Maskers word dikwels met rituele geassosieer. Afrika-maskers word as deel van
'n seremoniële kostuum beskou. Hulle word by godsdienstige en sosiale
gebeurtenisse gebruik om die voorvadergeeste te verteenwoordig of om die goeie en
bose magte in die gemeenskap te beheer. Party kombineer menslike en dierlike
eienskappe om die mens met sy natuurlike omgewing te verenig.

  FIGUUR 6: Henry Moore, Mask (Masker),            FIGUUR 7: Chokwe, Dance Mask
          gegote sement, 1929.                    (Dansmasker), Koninklike Museum
                                                Sentraal-Afrika, klei, krale en gevonde
                                                     voorwerpe, 17de tot 19de eeu.

   FIGUUR 8: 'n Ritueel kan ook verwys na kulturele aktiwiteite of tradisies wat in
   die alledaagse lewe plaasvind. Die Kaapse Klopse of Cape Minstrel Carnival
   kom bymekaar om die nuwe jaar te vier. Ander karnavalle sluit die Mardi Gras
                in New Orleans en die Karnaval in Rio de Janeiro in.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                         8                         DBE/November 2019
                                         NSS

Die woord 'ritueel' word dikwels met kulturele en godsdienstige seremonies, soos
gradeplegtighede, doop of optogte verbind. Dit sluit lofprysingseremonies,
deurgangsrites en reinigingseremonies in. Soos wat kinders ouer word, is daar 'n
spesiale puberteitsdeurgangsrite, inisiasie, wat hulle moet help om maklik van
kindertyd na volwassenheid te beweeg. Deur inisiasie leer jong volwassenes oor die
tradisies en gebruike van hulle gemeenskap. Deurgangsrites is belangrik by nasiebou
en identiteitsvorming.

        FIGUUR 9: Rasheed Araeen, Bismullah, vyf kleurfoto's op papier,
                       akriel en goue verf op doeke, 1988.
  Kunstenaars verwys dikwels na rituele deur objekte, soos gesien word in Araeen
  se Bismullah. Araeen verken sy identiteit as 'n Moslem in die Britse samelewing
                   deur foto's wat na Islamitiese rituele verwys.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                         9                        DBE/November 2019
                                         NSS

          KUNSTENAARS WAT RITUELE AS 'N TEMA ONDERSOEK HET

           FIGUUR 10: Linnea Strid, Daily Routines (Daaglikse Roetines),
                              olie op laaghout, 2010.

         FIGUUR 11: Keith Dietrich, Charles Lwanga, Anna Maswanganyi en
                 Prester John, triptiek, krytpastel op papier, 1988.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                         10                      DBE/November 2019
                                         NSS

               FIGUUR 12: Tracey Rose, MAQUEII, lambda-afdruk, 2002.

     FIGUUR 13: Paula Rego, The Dance (Die Dans), akrielverf op doek, 1988.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                         11                       DBE/November 2019
                                         NSS

   FIGUUR 14: El Greco, The Burial of the Count of Orgaz (Die Begrafnis van die
                      Graaf van Orgaz), olie op doek, 1588.

FIGUUR 15: Cecil Collins, The Artist and His Wife      FIGUUR 16: Keith Dietrich,
(Die Kunstenaar en Sy Vrou), olie op doek, 1939.     Sunbeam, krytpastel op papier,
    Die skildery beeld die ritueel van daaglikse           datum onbekend.
 middagtee uit met die paartjie wat teenoor mekaar
               soos hoë priesters sit.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                         12                         DBE/November 2019
                                         NSS

  FIGUUR 17: Igshaan Adams, Crawl (Kruip), tuinheinings en katoengare, 2018.
  Die kunstenaar skep 'n veelsensoriese, grootskaalse installasie, wat aspekte van
    tekstiele, beeldhou, gevonde voorwerpe en toneelopvoering bymekaarbring.

      FIGUUR 18: John Murray, Flotsam and Jetsam (Wrakhout en Uitskot),
                              olie op doek, 2012.
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                        13                      DBE/November 2019
                                        NSS

FIGUUR 19: Phillemon Hlungwani, Ku Xonga Ka Nwansati I mi Ntirho Leyi Nene II
            (Vroue Wys Hulle Skoonheid Deur Wat Hulle Doen),
                      gemengde media op papier, 2015.

         FIGUUR 20: Kate Gottgens, Family Fragments (Familie-fragmente),
                               olie op doek, 2013.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                        14                       DBE/November 2019
                                        NSS

      FIGUUR 21: Hanneke Benade, Skyedive (Vryval), pastel op katoenpapier, 2008.

                                                       FIGUUR 22: Die Nuna-volk
                                                       doen die Bosvarkmasker-
                                                       opvoering in die dorpie Tierko,
                                                       Burkina Faso, 1985. Foto deur
                                                       Christopher D Roy.
                                                       Die Nuna-volk voer 'n jaarlikse
                                                       hernuwingsviering op om die
                                                       gemeenskap van negatiewe,
                                                       antisosiale of gevaarlike magte
                                                       te reinig. Gedurende hierdie
                                                       rites verskyn daar gemaskerde
                                                       dansers vanuit die wildernis wat
                                                       die dorpie en velde omring.
                                                       Gedurende die opvoering speel
                                                       tromspelers liedere wat uniek
                                                       aan elke maskerade is. Die
                                                       bosvarkmasker van die Nuna-
                                                       dorpie dans en skud sy kop, wat
                                                       die eienskappe/gedrag van die
                                                       dier naboots.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                        15                        DBE/November 2019
                                        NSS

           FIGUUR 23: Mona Hatoum, Performance Still Photograph
                         (Uitvoering-stillewefoto), 1985.
Kunstenaars se opvoerings het dikwels 'n ritualistiese gevoel. Kunstenaars skep en
  gebruik hulle eie persoonlike mitologieë om daardeur hulle identiteit te verken.
 Mona Hatoum verken die broosheid van die menslike toestand wat bedreig word.
     Hatoum het vir amper 'n uur kaalvoet deur Londen se strate geloop, met
Doc Marten-stewels, wat gewoonlik deur die polisie gedra word, wat met die veters
   aan haar enkels vasgemaak is. Hierdie daad, wat in die Performance Still
   Photograph (Uitvoering-stillewefoto) in 1985 vasgevang is, herinner ons
    aan godsdienstige pelgrimstogte waar pelgrims uiterste swaarkry verduur
                       om hulle geloof en godsdiens te toon.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           16                          DBE/November 2019
                                           NSS

Begin deur jou werk in jou bronboek te konseptualiseer deur die tema RITUELE te gebruik.
Dit is belangrik om 'n PERSOONLIKE reaksie te gee en van alledaagse beeldgebruik weg
te beweeg. Dit kan beskrywend, simbolies of metafories wees. Gebruik jou navorsings-
materiaal en vind 'n oorspronklike, kreatiewe oplossing om 'n ware individuele interpretasie
van RITUELE te skep.
Gebruik die riglyne hieronder om 'n kunswerk te skep waarin jy idees, emosies en
gedagtes oor RITUELE deel. LET WEL: Jou onderwyser moet hierdie proses fasiliteer.
   Bedoelings, doelwitte of idees wat jy graag wil oordra
   Visuele beelde wat jou bedoelings die beste sal uitdruk
   Verkenning van en eksperimentering met materiaal en tegnieke
   Ten minste 30% moet tekeninge wees wat jou konsepontwikkeling verduidelik
   Tegnieke wat die geskikste sal wees om jou media en idees uit te druk
   Grootte, formaat en aanbieding wat jou idees die beste sal pas
   Sien die assesseringskriteria op bladsy 17 en 18.
TEKEN IN BRONBOEK
Tekenwerk kan geïnterpreteer word as die visualisering van waarnemings, gevoelens en
idees deur die maak van merke. Handvaardigheid moet gedemonstreer word en kan wissel
van eenvoudige lyntekeninge om idees te verduidelik tot volledige tonale tekeninge.
Verskillende media, style en tegnieke kan gebruik word om aan idees en konsepte uiting te
gee.

Dit uiters belangrik dat die bronboek met die kunswerk verband hou en visueel die
storie vertel van hoe dit uitgedink, ontwikkel en vervaardig is. DAAR MOET 'N
DUIDELIKE VERBAND TUSSEN DIE BRONBOEK EN DIE KUNSWERK WEES.

Jy kan die volgende in gedagte hou met betrekking tot die idee van RITUELE:
   Jou daaglikse rituele
   Persoonlike rituele en gewoontes
   Familie- en groeprituele
   Godsdienstige rituele, d.w.s. huwelike, feeste, karnavalle, versoening, ens.
   Wêreldse rituele, d.w.s. verjaarsdae, gradeplegtigheid, doop, afsprake, ens.
   Identiteitsrituele, d.w.s. taal, kultuur, ens.
LET WEL: Skep 'n kunswerk wat op RITUELE gebaseer is; nie net 'n illustrasie van
         die tema nie.
Oorweeg die volgende in jou finale kunswerk:
   Simbole en metafore
   Formele elemente
   Narratief
   Styl
   Boodskappe/Betekenisse
   Die gebruik van media en tegniek
   Wees kreatief en innoverend
ONDERWERP
Vermy die volgende en/of raadpleeg jou onderwyser indien jy onseker is:
   Alle visuele beelde/kunswerke moet met die skool se gedragskode ooreenkom.
   Let op/Wees sensitief vir alle kultuurpraktyke.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
 Visuele Kunste/V2                              17                            DBE/November 2019
                                               NSS

       BESKRYWENDE RUBRIEK: ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK

Uitstaande    90–100       Die kandidaat het baie idees ontwikkel; het ongewone kombinasies
                            of veranderinge probeer voor een finale idee gekies is; het
                            verbindings met vorige kennis gemaak; bemeester probleem-
                            oplossingsvaardighede.
                           Poging is veel meer as wat vereis word.
                           Die 'WOW'-faktor is duidelik.
                           Werk toon groot mate van innovering.
                           Die werk as 'n geheel is vol selfvertroue en spreek tot 'n mens; dit vang
                            die kyker vas met die uitstaande visuele eienskappe.
                           Die werk toon duidelik 'n oorspronklike visie, 'n verskeidenheid
                            innoverende idees en/of die neem van risiko's en vindingryke artikulasie
                            van 'n wye reeks elemente en beginsels.
                           Inhoud/Konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.
                           Uitstaande en oorspronklike aanbieding; buitengewone vermoë;
                            kreatiewe rykheid; insiggewend; vlot; hoë vaardigheid; waarneming en
                            kennis kragtig uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone
                            keuse van relevante visuele verwysings.
Uitstekend     80–89       Treffende impak; gedetailleerd; goed georganiseerd en samehangend;
                            afgerond; vaardigheid duidelik; ondersteun deur oorspronklike/
                            ongewone/relevante visuele verwysings; aanbieding oorspronklik en
                            oorwoë; minder beslis; 'n paar geringe foute sigbaar.
                           Die meeste van eienskappe hierbo, maar sonder die 'WOW'-faktor.
                           Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend nie
                            OF baie innoverend, maar 'n gebrek aan tegniese rykheid.
Baie goed      70–79       Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'n gebrek aan die 'glans en
                            sprankel' (minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en
                            innovering); goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud;
                            ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele verwysings;
                            duidelike sorg en moeite gedoen met oorspronklike aanbieding; 'n paar
                            ooglopende teenstrydighede/tekortkominge sigbaar.
                           Goeie bewyse van moeite en toewyding.
                           Interessant/Innoverend/Kreatief, maar nie tegnies afgerond nie.
                           Tegnies goed, maar ontbreek aan konseptuele rykheid of andersom.
Goed           60–69       Die werk toon 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling;
                            oortuigend; eenvoudige direkte gebruik van medium; toon begrip, maar
                            neig soms na die alledaagse en stereotiepe reaksie; voldoende keuse
                            van relevante visuele verwysings; redelik moeite gedoen met
                            aanbieding; steurende/ooglopende teenstrydighede.
                           Goeie vlak van bevoegdheid.
Gemiddeld      50–59       Voldoende; voel meganies; nageboots of gekopieer; min insig.
                           Verbeeldingloos; enkele visuele verwysings nie altyd duidelik
                            geïdentifiseer nie.
                           Billike aanbieding; baie steurende teenstrydighede.
                           Gemiddelde vlak van tegniese bevoegdheid; moontlik beperkte
                            betrokkenheid met betrekking tot tyd en moeite.
                           Beelde is uit 'n ander bron gekopieer, met min transformasie van
                            beelde.
                           Min bewyse dat iets ongewoons probeer is.
                           Die omvang van die werk is eng en/of herhalend.

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                             18                           DBE/November 2019
                                             NSS

Ondergemiddeld       40–49      Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie.
                                Beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede en/of
                                 gebrek aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees.
                                Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding;
                                 benodig ondersteuning/motivering om te slaag.
                                Beelde is uit 'n ander bron gekopieer met baie min
                                 transformasie.
                                Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van
                                 beplanning nie, of onvolledige beplanning.
Swak                 30–39      Net genoeg materiaal/werke om te slaag.
                                Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese
                                 vaardighede gebruik.
                                Min moeite gedoen om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te
                                 bied; min of geen visuele inligting/verwysings nie.
                                Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/
                                 motivering om te slaag.
                                Onvoldoende tyd aan taak gewy; standaard onder dit wat
                                 aanvaarbaar is.
                                Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en
                                 oppervlakkig; geen bewyse van oorspronklike denke nie.
Baie swak            20–29      Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie;
Druip                            weinig of irrelevante werk/visuele inligting.
                                Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te
                                 bied nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.
                                Baie swak vaardigheidsvlak.
                                Projek is baie swak of onvoltooid.
                                Swak artistiese besluitneming; kandidaat lewer min insette.
                                Klasse is misgeloop en kandidaat het nie die tyd ingehaal nie.
Onaanvaarbaar         0–19      Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek
Druip                            aan selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking
                                 nie.
                                Werk onvoltooid.
                                Swak artistiese besluitneming; kandidaat het geen moeite
                                 gedoen nie.
                                Die meeste klasse is misgeloop en die kandidaat het nie die tyd
                                 ingehaal nie.

ASSESSERINGSINSTRUKSIES

Bronboek: Die vier assesseringskriteria dra ewe veel gewig. Elke assesseringskriterium
moet as 'n persentasie nagesien word. Die vier punte moet bymekaargetel word om 'n
totale punt uit 400 te wees en dan deur 8 gedeel word om 'n punt uit 50 te kry.

Kunswerk: Die kunswerk moet holisties nagesien word met geen spesifieke
puntetoekennings vir verskillende kriteria nie. Verwys na die beskrywende rubriek met
assesseringskriteria vir die kunswerk op bladsy 17 en 18. Alle kriteria MOET gedurende die
nasienproses in ag geneem word.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                             19                              DBE/November 2019
                                             NSS

ONDERWERP 1: BRONBOEK

   ASSESSERINGS-                 Dit sluit die volgende in:            Gewigs-        Punte-
      KRITERIA                                                       toekenning     toekenning
Konsepontwikkeling          Breinkaarte, benoemde sketse en
                             tekeninge om konsepontwikkeling            25%             100
                             te toon
Navorsing, ondersoek,       Sommige of al die volgende:
eksperimentering, ens.       o Sketse, tekeninge, foto's,
                                  visuele beelde, versamelde
                                  gedigte, lirieke en enige ander
                                  materiaal wat jou inspireer
                             o Navorsing oor kunstenaars wat
                                                                        25%             100
                                  jou geïnspireer het
                             o Eksperimentering met media
                                  en/of verskillende tegnieke
                            Alle materiaal moet verband hou
                             met die ontwikkeling van jou werk
                             en jou besluite ondersteun.
Prosestekeninge             Ten minste 30% moet tekeninge
                             wees om jou konsepontwikkeling
                                                                        25%             100
                             te verduidelik. (Prosestekeninge,
                             krabbels, visuele bewyse, ens.)
Aanbieding en algehele      Dit moet visueel interessant wees
voorkoms                     en 'n persoonlike benadering toon.
                                                                        25%             100
                            Jou bronboek moet uit gemiddeld
                             8–10 bladsye bestaan.
                                                         TOTAAL         100%         400/8 = 50

ONDERWERP 2: KUNSWERK

   ASSESSERINGS-                        Dit sluit die volgende in:                    Punte-
       KRITERIA                                                                     toekenning
Keuse en gebruik van        Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die
materiaal/tegnieke           konsep
                            Veilig en hanteerbaar
                            Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele         Die belangrikheid van kunselemente en
kunselemente                 kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur,
                             ruimte, ritme, balans, harmonie, proporsie en
                             komposisie
Geheelindruk van werk       Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone
– oorspronklikheid,          reaksies/oplossings
kreatiwiteit, innovering
Interpretasie en            'n Persoonlike interpretasie van 'n tema
praktiese                   Eksperimentering
implementering van          Pak nuwe uitdagings aan
navorsing
Voltooiing en               Aandag aan detail
aanbieding van              Taak in aangewese tyd voltooi
kunswerk                    Aanbieding volgens taak
                                                                        TOTAAL           50

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                                           20                                   DBE/November 2019
                                                           NSS

VERKLARING VAN EGTHEID

                                     VERKLARING VAN EGTHEID

Hierdie verklaring moet deur die kandidaat voltooi en geteken word. Dit moet ook
deur die onderwyser geteken word en dek alle bewyse voorgelê.

Kandidaat se naam:                                                           Datum:

Ek verklaar dat die aangehegte NSS praktiese eksamen alles my eie, oorspronklike
werk is en nie enige werk deur iemand anders as ek insluit nie. Ek het die eksamen
volgens die instruksies en tydsbeperkinge voltooi.

Kandidaat se handtekening:                                                   Datum:

Onderwyser se naam:                                                          Datum:

Namens ....................................................................................................... (sentrumnaam)
bevestig ek dat, volgens my kennis, die voltooide, aangehegte werk die
oorspronklike werk van die kandidaat hierbo is en dat dit onder die vereiste
toestande voltooi is.

Onderwyser se handtekening:                                                  Datum:

Skoolhoof se handtekening:                                                   Datum:

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           21                          DBE/November 2019
                                           NSS

BYLAE A: ALGEMENE RIGLYNE

1.   Daar word van die kandidaat verwag om EEN kunswerk in die PRAKTIESE
     DISSIPLINE te maak wat hy/sy HIERDIE JAAR GEKIES HET. Gespesialiseerde
     keuses sluit teken, skilder, beeldhouwerk, drukkuns, multimediawerk, fotografie,
     installasies, nuwe media, ens. in.
2.   Party kandidate het die vryheid nodig om oor dissiplines te werk. Dit is in
     ooreenstemming met kontemporêre kunspraktyke. 'n Gespesialiseerde fokus op
     skilder kan die verkenning van driedimensionele werk en nuwe media insluit.
3.   Kandidate se kunswerke word volgens die kriteria vir die vak Visuele Kunste
     nagesien en nie volgens die gespesialiseerde dissipline, bv. skilder en fotografie,
     nie. In alle gespesialiseerde dissiplines moet daar 'n balans wees tussen
     tegniese (vorm) en konseptuele (inhoud) aspekte binne die benadering wat
     gekies is. Die kandidaat se bedoeling met en benadering tot beide die tegniese
     en konseptuele aspekte van die werk moet in aanmerking geneem word wanneer
     die kunswerk(e) geassesseer word.
4.   Kontemporêre kunstenaars ontleen uit 'n oneindige verskeidenheid materiaal,
     bronne en style om kuns te skep. Kontemporêre kunstenaars wat binne die
     Postmoderne Tydperk werk, aanvaar die idee van 'kunssinnige pluralisme', die
     aanvaarding van 'n verskeidenheid kunsbedoelings en -style.
5.   Die hedendaagse kontemporêre kunswêreld toon 'n oorkruising/integrasie van
     media/tegnieke, wat beteken dat ons vooropgestelde idees en tegnieke
     voortdurend verander. Praktiese werk moet altyd deur kontemporêre kunspraktyk
     ingelig word. Dit moet tydens die nasien van eksamenwerk in gedagte gehou
     word.
6.   Kreatiwiteit, innovering en individualiteit moet beklemtoon word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           22                          DBE/November 2019
                                           NSS

BYLAE B: RIGLYNE VIR NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
Volgens die Kurrikulum-en-Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) is daar geen
voorskrifte oor gespesialiseerde dissiplines, soos donkerkamerfotografie, die maak van
afdrukke, teken en beeldhou nie. Onderwysers moet die KABV-dokument raadpleeg vir
riglyne en verwysing na tradisionele gebruik en kontemporêre skone kunste-praktyke
in hierdie dissiplines. Hieronder is algemene riglyne vir die grys areas in kontemporêre
dissiplines: nuwe-media-/multimedia-/digitale kuns, ens.
Om in nuwe-media-/multimedia-/digitale kuns te werk, waarborg NIE hoë punte
NIE.
BRONBOEK: NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
   Konsepontwikkeling en -uitvoering moet 'n belangrike rol in alle nuwe-media-/
    multimedia-/digitale werk speel. Bewys van die kandidaat se denkprosesse wat tot
    die finale uitvoering van die konsep in sy/haar werk gelei het, moet visueel sigbaar
    wees.
   Die bronboek moet bewys toon van:
    o Relevante bronmateriaal – eie bronne geskep met die gebruik van sagteware
        of met die hand geskep en met verskeie digitale prosesse ingevoer
    o Konsepontwikkeling (duimnaelsketse, skryfwerk en/of 'n storiebord)
    o Navorsing oor kunstenaars wat soortgelyke benaderings volg
    o Dokumentering van programme wat gebruik is, bv. Skermskote
    o Ten minste 30% moet tekeninge wees om konsepontwikkeling te verduidelik.
        Dit moet bewys van handvaardighede toon.
KUNSWERK: NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
   Alle nuwe-media-kuns moet kunssinnigheid eerder as tegniese vaardighede
    beklemtoon. Met ander woorde, dit is nie die kandidaat se vaardigheid in 'n
    spesifieke rekenaarprogram wat geassesseer word nie, maar die estetiese gebruik
    daarvan. Daarom is navorsing oor kontemporêre kunstenaars noodsaaklik om 'n eie
    kunswerk te skep. (Kandidate moet onderskei tussen die gebruik van hierdie nuwe
    tipes media om kuns te skep, in teenstelling met ontwerp, bv. musiekvideo's.)
   Die gebruik van rekenaartoepassings as 'n hulpmiddel om konsep, ekspressiewe en
    formele kwessies te realiseer (soortgelyk aan hoe 'n skilder sy kwas en verf sou
    gebruik)
   Kandidate moet konseptuele, estetiese, ekspressiewe en formele kwessies as
    fundamenteel tot die benadering beskou, asook kontekssensitiwiteit.
   Persoonlike kontrole en uitvoer van werk
   Aanbieding is belangrik:
    o Videokuns en animasies word gewoonlik in kunsgalerye en -museums in groot
        formaat aangebied om die kyker met 'n totale sensoriese ervaring te oorweldig.
        Alhoewel dit nie in die meeste skole moontlik is nie, moet die kandidaat die impak
        van die werk op 'n rekenaarskerm oorweeg.
    o In tweedimensionele digitale werk kan die finale kunswerk nie slegs 'n A4-afdruk
        wees nie. Dit moet 'n reeks van ten minste DRIE A4-werke wees wat narratief
        verbind is OF in A2 gedruk en gemonteer wees.
   In animasie-/videokuns moet ruimte, tyd, beweging, narratief, chronologie, interaksie
    van beeld en klank in ag geneem word.
   Kandidate moet die klankbaan in animasie-/videokuns sorgvuldig oorweeg.
    Dikwels verleen die klankbaan 'n 'musiekvideo'-gevoel aan die werk en weerspreek
    die boodskap. Kandidate kan hulle eie klanke skep.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                            23                         DBE/November 2019
                                            NSS

DIGITALE FOTOGRAFIE
   Die minimum vereiste is VIER A4-verwante digitale afdrukke OF iets soortgelyks in
    grootte, bv. DRIE A3-afdrukke of EEN A2-afdruk, of groter.
   Die foto's moet as EEN kunswerk gekonseptualiseer en aangebied word, bv. deur
    'n narratief te volg.
   Plaas die digitale beelde op 'n CD en plaas dit voor in die bronboek. Alle digitale
    sagtewareprosedures moet deeglik in die bronboek aangeteken word. Die kandidaat
    moet rekord hou van skermskote wat al die redigeringsbesluite wat geneem is,
    illustreer. Dit is die enigste manier om digitale werk as eg te verklaar, aangesien so
    baie digitale kunswerk op die internet vir aflaai beskikbaar is. Onderwysers moet die
    ontwikkeling van die kandidaat se digitale proses moniteer.
   Die bronboek moet die volgende insluit:
    o Die program wat gebruik is (bv. Adobe Photoshop 7)
    o Alle digitale sagtewareprosedures. Die kandidaat moet rekord hou van
         skermskote wat alle redigeringsbesluite wat geneem is, illustreer.
    o Die hulpmiddels wat die kandidaat gebruik het om sy/haar beelde te manipuleer,
         met ander woorde verstellings gemaak, filters gebruik (verwringing, geraas,
         vertolking, skets), ens.
   Kandidate moet die aanbieding van die werk deeglik in ag neem.
   Kandidate wat hierdie opsie kies, moet hulself vertroud maak met kontemporêre
    ontwikkelings in digitale fotografie in skone kuns.
   Fotografie, beide tradisioneel en digitaal, is nie net 'n tegniese oefening nie, maar
    sluit ook vrae oor estetika, bedoeling, inhoud, ens. by die assesseringskriteria in.
   Doen alle manipulasie en veranderings aan die foto's gedurende die 24 uur van die
    eksamen.

Assessering van fotografie
 Interpretasie en kommunikasie van die tema. Kandidate moet in staat wees om
   verhoudinge tussen beelde saam te stel en te vorm.
 Die werk moet 'n hoë mate van oorspronklikheid en sterk kreatiewe eienskappe
   weerspieël. Dit moet as skone kuns lees, daarom is konseptualisering in die
   bronboek noodsaaklik.
 Beelde moet met mekaar en die tema verband hou. Geen lukrake keuse nie.
 Formele elemente en beginsels.
 Fotografie kan met ander media gekombineer word.

INSTALLASIE
   Installasies breek weg van tradisionele skilder- en beeldhouwerk deur
    driedimensionele ruimtes te skep wat kykers kan betree en deur 'n kunstenaar se
    prosesse en visies omring word. 'n Omgewing word geskep deur voorwerpe in
    ruimte te rangskik en omgewings wat die ruimte self verander of versterk.
   Dit moet ooreenkom met kontemporêre ontwikkelings in skonekuns-praktyke.
   Twee- en driedimensionele elemente in 'n omgewing.
   Kandidate kan klaargemaakte items ('ready-mades') gebruik.
   Kykerinteraksie met ruimte is belangrik.
   Sensitiwiteit vir kykerontvangs en interaksie op veelvuldige sensoriese vlakke.
   Installasiekunswerke moet beide tegnies en konseptueel volledig afgerond word.
    Daar moet uitgebreide navorsing en konsepontwikkeling in die bronboek wees om
    die kunswerk te regverdig.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                         24                         DBE/November 2019
                                         NSS

UITVOERENDE KUNS ('PERFORMANCE ART')
   Beplan, dokumenteer en repeteer uitvoerendekuns-stukke deeglik.
   Maak tekeninge deur die hele konseptualiseringsproses van die uitvoering.
   Dokumenteer die uitvoering fotografies, videografies en met tekeninge en woorde.
   Gee sorgvuldig aandag aan die subtiele verskille tussen Uitvoerende Kuns
    ('Performance Art') as Visuele Kuns en Uitvoerende Kuns ('Performance Art') as
    Dramatiese Kuns.
   Vir die finale eksamen sal die dokumentasie van die opvoering geassesseer word
    en nie die werklike opvoering nie weens die aard van die eksamen- en
    modereringsproses.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2019-eng/79fe9695-2028-49f1-839f-de3d4ea766a9) — Visual Arts · QP · 2019 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-eng/535af4f5-be40-406d-b99e-77f88980a499) — Visual Arts · QP · 2019 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-afr/502d9c13-bde6-44b5-990d-82f85a241723) — Visual Arts · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Visual Arts P2 2019 (English) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-visual-arts-p2-2019-english-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/5bdc103f-eeed-4782-b998-7efa38ad1914) — Visual Arts · QP · 2019 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-afr/1a710b38-b260-471c-aeef-1d89fb57a04e) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-eng/8bf81d1e-c7c6-446c-bc70-8dd8d8206b92) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
