# Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2021-afr/42348f84-51a9-4a35-9913-8f964bf40dd2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2021-afr/42348f84-51a9-4a35-9913-8f964bf40dd2)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                VISUELE KUNSTE V2

                     (PRAKTIES 26 JULIE – 22 OKTOBER 2021)

PUNTE: 100

TYD:    ONDERWERP 1:         Moet gedurende die 3de kwartaal by die skool en/of by die
                             huis gedoen word. [50]
        ONDERWERP 2:         Moet gedurende die 4de kwartaal onder gekontroleerde
                             omstandighede SLEGS by die skool gedoen word:
                             'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur. [50]

                         Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           2                            DBE/November 2021
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

         ONDERWERP 1:        BRONBOEK
         ONDERWERP 2:        KUNSWERK

2.       Beantwoord AL die vrae in ONDERWERP 1 en ONDERWERP 2.

3.       Jou onderwyser moet hierdie eksamen inlei en fasiliteer.

4.       In hierdie eksamen word daar van jou verwag om die volgende vaardighede
         te toon:

             Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe en genereer
              idees in reaksie op 'n projek-opdrag.
             Toon 'n gevorderde graad van tegniese vaardigheid met die gebruik van
              'n verskeidenheid materiaal en tegnieke.
             Los visuele en konseptuele probleme op met die skep van
              verbeeldingryke en innoverende kunswerke deur 'n persoonlike,
              ekspressiewe visuele taal te gebruik.
             Bestuur tyd en die werkproses doeltreffend en bied eie werk op 'n
              professionele manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele impak
              van die werk versterk.

5.       Jou finale praktiese eksamen in graad 12 verteenwoordig die hoogtepunt van
         jou kunsstudies hierdie jaar. Jou kreatiwiteit, oorspronklikheid en vaardigheid
         sal ten toon gestel word. Mag jy dit geniet om hierdie kunswerk te skep en
         mag dit vars en oorspronklik wees en persoonlike ervaring oordra.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                          3                          DBE/November 2021
                                          NSS

ONDERWERP 1:          BRONBOEK (Gekonseptualiseer deur die ontwikkeling en
                      verwesenliking van kreatiewe idees)

Die bronboek bied insig oor hoe jy idees gevorm het, hoeveel alternatiewe jy
ondersoek het, asook ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek
moet al die denkprosesse wat tot die skep van die kunswerk gelei het, duidelik oordra.

Jy moet visueel die 'storie' vertel van hoe jou kunswerk deur tekenwerk,
eksperimentering en skryfwerk uitgedink, ontwikkel en geskep is. Dit moet jou
individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele Kunste-kandidaat weerspieël.

Die bronboek maak 'n belangrike deel van hierdie eksamen uit. Jy mag by die skool
en/of by die huis daaraan werk. Dit bied insig oor hoe jy idees gevorm het, hoeveel
alternatiewe jy ondersoek het, asook ander prosesse wat tot die finale werk gelei het.

Merk hierdie bronboek duidelik as eksamenwerk en bied dit saam met jou finale
kunswerk, ONDERWERP 2, aan.

Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens. word NIE toegelaat NIE. Direkte
kopiëring van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, SAL GEPENALISEER WORD.
Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar.

Die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die bronmateriaal is uiters
belangrik.

As jy geskikte ontleende visuele beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie,
oorspronklike visuele beelde kombineer om JOU EIE INTERPRETASIE TE
ONTWIKKEL.

Die bronboek is deel van jou kreatiewe reis om die finale kunswerk te ontwikkel.
Dit moet jou kreatiwiteit as 'n kunskandidaat weerspieël deur esteties opwindend en
kreatief in die aanbieding daarvan te wees.

Jou onderwyser moet die aanvanklike dinkskrum fasiliteer en vir jou leiding met die
kreatiewe proses gee.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                          4                          DBE/November 2021
                                          NSS

ONDERWERP 2:          DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die
                      bestuur van die proses en aanbieding deur veilige praktyk
                      te volg)

Die eksamenwerk moet binne 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van
24 uur in die teenwoordigheid van die Visuele Kunste-onderwyser, in die
kunslokaal, gedoen word.

ALGEMENE RIGLYNE

1.      Daar word van jou verwag om EEN kunswerk te skep in die praktiese
        dissipline wat jy hierdie jaar gekies het.

2.      Jy kan jou kunswerk aanbied as 'n enkele stuk of moontlik in die vorm van 'n
        diptiek, triptiek of 'n reeks werke wat as een kunswerk gelees word.

3.      Jy mag NIE die kunswerk uit die eksamenlokaal verwyder NIE. Dit word
        as 'n eksamenonreëlmatigheid beskou.

4.      Jy moet die vraestel met jou Visuele Kunste-onderwyser bespreek VOORDAT
        jy met die finale kunswerk begin.

5.      Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar
        en duursaam wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien die
        provinsie dit vereis.

6.      Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns, soos lyn,
        vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding en
        komposisie.

7.      Daar is geen spesifieke voorskrifte ten opsigte van die styl van die werk nie.
        Dit kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, ens. wees.

8.      Kies verbeeldingryke onderwerpe, temas, simbole en metafore om 'n
        ekspressiewe, emosionele, konseptuele of perseptuele kunswerk te skep.

9.      Jy kan ander media insluit om gemengdemedia-werk in enige van die praktiese
        dissiplines te skep.

10.     Gaan voort om finale veranderinge en idees tot aan die einde van die
        24-uur-eksamen in jou bronboek te doen en aan te teken. Die proses is
        belangrik aangesien dit jou in staat sal stel om jou sukses en
        tekortkominge tydens die eksamen te verduidelik en aan te teken.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                 5            DBE/November 2021
                                 NSS

                                TEMA

                          VOETSPOOR

                         Ons voetspoor het
                             nog altyd op
                        verskillende maniere
                           'n impak op die
                            natuur gehad.

                               FIGUUR 1
Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                          6                          DBE/November 2021
                                          NSS

        ONS VOETSPOOR HET NOG ALTYD OP VERSKILLENDE MANIERE
                   'N IMPAK OP DIE NATUUR GEHAD
Ons word deur die natuur omring en is daagliks in interaksie daarmee. Die biosfeer, 'n
koevert wat die aarde, sy grondlaag en enigiets anders wat lewe omring, is die
intiemste deel van die natuur in verhouding tot die mens.
Ons is altyd bewus van die invloed van die natuur in die vorm van die lug wat ons
inasem, die water wat ons drink en die voedsel wat ons eet. Ons probleme en
moeilikhede word deur ons inmenging by die natuurlike prosesse en
klimaatveranderinge veroorsaak.
Kunstenaars word oor die eeue heen deur die uitbeelding van die natuur en
landskappe gefassineer.

FIGUUR 2: William Turner, Reën, Stoom en Spoed – Die Groot Westerse Spoorlyn
   ('Rain, Steam and Speed – The Great Western Railway'), olie op doek, 1844.

 FIGUUR 3: Wassily Kandinsky, Landskap, olie op doek, 1913. Hy het die natuur as
   vertrekpunt vir sy skilderye, wat op die geestelike in kuns gefokus het, gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                          7                          DBE/November 2021
                                          NSS

                     FIGUUR 4: David Hockney, iPad-digitale kunswerk, 2020.

       FIGUUR 5: David Hockney, 'n Groter Prentjie, iPad-digitale kunswerk, 2020.
   Hockney het verskeie iPad-tekeninge en plein air van die oostelike Yorkshire-landskappe
                    gemaak wat die oorgang van winter na somer wys.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                         8                          DBE/November 2021
                                         NSS

             FIGUUR 6: Jody Thomas, Muurskildery van Greta Thunberg, foto deur
                             Andrew Matthews, datum onbekend.

Greta Thunberg, 'n klimaataktivis het 'Vrydae vir die Toekoms' ('Fridays for Future'
(School Strike for Climate in 2018) begin waar sy begin staak het en op optrede teen
klimaatsverandering aangedring het.

Baie dinge in die natuur sal as gevolg van klimaatsverandering beïnvloed word,
naamlik 'n warmer planeet, verandering in weerpartrone, suurvorming in oseane,
stygende seevlakke, orkane, vloede, donderstorms en hewige sneeustorms wat tot die
uitwissing van spesies waarop die mens vir voedsel staatmaak, kan lei.

                                    FIGUUR 7
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                          9                          DBE/November 2021
                                          NSS

                                                          Klimaatsverandering is een van die
                                                              grootste bedreigings vir die
                                                          samelewing. Issac Cordal se plek-
                                                           spesifieke straatkuns gee ons 'n
                                                              nuwe perspektief op hierdie
                                                           kwessies deur sy uitdagende en
                                                                uittartende reeks klein
                                                         sementbeeldjies wat ons standpunte
                                                             van die samelewing uitdaag.

        FIGUUR 8: Isaac Cordal, Politici wat Aardverwarming debatteer, plek-spesifieke
                                 beeldhouwerk, sement, 2011.

        FIGURE 9: Federico Uribe se Persoonlike Strukture, 2019, is deur bewaring en
       plastiekbesoedeling geïnspireer. Uribe het ongewone voorwerpe en materiaal, soos
   patroondoppies, gekleurde skoenveters, spelde, potlode, elektriese drade, dasse en boeke
  hergebruik om 'n koraalrifinstallasie te skep. Op 'n afstand lyk die assemblages soos 'n mooi,
kleurvolle onderwaterwêreld, wat ons aan die broosheid van die lewe herinner. Die vervaardiging
     van plastiek is onomkeerbaar en volgens die Wêreld Ekonomiese Forum produseer die
     wêreld nou meer as 300 miljoen ton plastiek elke jaar. Slegs 40 persent word een keer
             gebruik en meer as 8 miljoen ton plastiek word jaarliks in die see gestort.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           10                        DBE/November 2021
                                           NSS

Jy moet 'n kunswerk skep waarin jy jou persoonlike siening(s) van Voetspoor
deel.
In jou bronboek moet jy die storie VISUEEL vertel oor hoe die finale kunswerk
UITGEDINK, ONTWIKKEL en VERVAARDIG is. Dit moet deur tekenwerk, skryf,
inplak, foto's, ens. gedoen word. Hierdie reis in die bronboek moet individualiteit
en kreatiwiteit weerspieël.
Met die finale kunswerk sal jy in staat wees om idees, emosies en gedagtes van jou
individuele interpretasie van die tema te toon:

                                     Voetspoor
Oorweeg die volgende as inspirasie/idee vir jou finale kunswerk:
    Ons voetspoor en verhouding met die natuur
    Ons verhouding met skoonheid in die natuur
    Hoe ons die natuur kan beskerm en koester
    Hoe ons die natuur manipuleer en beheer
    Hoe ons die natuur tot ons voordeel gebruik het
    Hoe ons die natuur uitgebuit het
    Die belangrikheid van 'n tuin as beide 'n fisiese en simboliese plek van ontvlugting
    Jou interpretasies van hoe die mens die natuur bewaar/behou of vernietig het
    Hoe ons ons planeet vir toekomstige generasies bewaar en beskerm
    Besoedeling en die uitwerking daarvan op ons planeet
    Hoe industrialisasie ons landskap deur die eeue heen verander het
    Wat ons kan doen om bewustheid van die gevare van besoedeling/aardverwarming
     te kweek
    Hoe ons materiaal hernu, herwin, hergebruik en manipuleer om vir 'n nuwe doel te
     gebruik
    Hoe het ons nuwe gevonde/ongewone materiaal gebruik om innoverende
     oplossings/produkte/beeldhouwerke te skep, bv. plastieksakke word gebruik om
     skilderye en sakke te skep
    Jy mag na die elemente in die natuur, naamlik lug, wind, water, vuur en aarde,
     verwys
Raadpleeg jou onderwyser indien jy onseker oor kontroversiële beeldgebruik is:
    Alle visuele beelde/kunswerke moet volgens jou skool se gedragskode wees
    Wees bewus van sensitiewe beelde en kwessies by alle kulturele gebruike
ONDERWERP 1:          BRONBOEK/WERKBOEK             (Konseptualisering      deur       die
                      ontwikkeling en realisering van kreatiewe idees)
    Die assesseringskriteriabeskrywings sal jou lei met die beskrywing van jou idee.
     Maak seker dat jy 'n PERSOONLIKE terugvoering gee en bly weg van geykte idees.
    Jou bronboek moet met jou finale werk verband hou.
ONDERWERP 2:          DIE KUNSWERK
    Dit is belangrik om 'n kunswerk te skep wat opwindend, oorspronklik, relevant en
     eerlik is.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 Visuele Kunste/V2                              11                             DBE/November 2021
                                               NSS

                      ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK

Uitstaande    90–100        Die kandidaat het baie idees ontwikkel; het ongewone kombinasies
                             of veranderinge probeer voor een finale idee gekies is; het
                             verbindings met vorige kennis gemaak; bemeester probleem-
                             oplossingsvaardighede.
                            Poging is veel meer as wat vereis was.
                            Die 'WOW'-faktor is duidelik.
                            Werk toon groot mate van innovering. Die werk as 'n geheel is vol
                             selfvertroue en spreek tot 'n mens; dit vang die kyker vas met die
                             uitstaande visuele eienskappe.
                            Die werk toon duidelik 'n oorspronklike visie, 'n verskeidenheid
                             innoverende idees en/of die neem van risiko's en vindingryke artikulasie
                             van 'n wye reeks elemente en beginsels.
                            Inhoud/Konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.
                            Uitstaande en oorspronklike aanbieding; buitengewone vermoë;
                             kreatiewe rykheid; insiggewend; vlot; hoë vaardigheid; waarneming en
                             kennis kragtig uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone
                             keuse van relevante visuele verwysings.
Uitstekend     80–89        Treffende impak; gedetailleerd; goed georganiseerd en samehangend;
                             afgerond; vaardigheid duidelik; ondersteun deur oorspronklike/
                             ongewone/relevante visuele verwysings; aanbieding oorspronklik en
                             oorwoë; minder beslis; 'n paar geringe foute sigbaar.
                            Die meeste van die bostaande, maar sonder die 'WOW'-faktor.
                            Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend nie
                             OF baie innoverend, maar 'n gebrek aan tegniese rykheid.
Baie goed      70–79        Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'n gebrek aan die 'glans en
                             sprankel' (minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en
                             innovering); goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud;
                             ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele verwysings;
                             duidelike sorg en moeite gedoen met oorspronklike aanbieding; 'n paar
                             ooglopende teenstrydighede/tekortkominge sigbaar.
                            Goeie bewyse van moeite en toewyding.
                            Interessant/Innoverend/Kreatief, maar nie tegnies afgerond nie.
                            Tegnies goed, maar gebrek aan konseptuele rykheid of andersom.
Goed           60–69        Die werk toon 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling;
                             oortuigend; eenvoudige direkte gebruik van medium; toon begrip, maar
                             neig soms na die alledaagse en stereotiepe reaksie; voldoende keuse
                             van relevante visuele verwysings; redelik moeite gedoen met
                             aanbieding; steurende/ooglopende teenstrydighede.
                            Goeie vlak van bevoegdheid.
Gemiddeld      50–59        Voldoende; voel meganies; nageboots of gekopieer; min insig.
                            Verbeeldingloos; enkele visuele verwysings nie altyd duidelik
                             geïdentifiseer nie.
                            Billike aanbieding; baie steurende teenstrydighede.
                            Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid; moontlik beperkte
                             betrokkenheid met betrekking tot tyd en moeite.
                            Beelde is uit 'n ander bron gekopieer, met min transformasie van
                             beelde.
                            Min bewyse dat iets ongewoons probeer is.
                            Die omvang van die werk is eng en/of herhalend.

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                             12                           DBE/November 2021
                                             NSS

Ondergemiddeld       40–49      Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie.
                                Beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede en/of
                                 gebrek aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees.
                                Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding;
                                 benodig ondersteuning/motivering om te slaag.
                                Beelde is uit 'n ander bron gekopieer met baie min
                                 transformasie.
                                Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van
                                 beplanning nie, of onvolledige beplanning.
Swak                 30–39      Net genoeg materiaal/werke om te slaag.
                                Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese
                                 vaardighede gebruik.
                                Min moeite gedoen om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te
                                 bied; min of geen visuele inligting/verwysings nie.
                                Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/
                                 motivering om te slaag.
                                Onvoldoende tyd aan taak gewy; standaard onder dit wat
                                 aanvaarbaar is.
                                Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en
                                 oppervlakkig; geen bewyse van oorspronklike denke nie.
Baie swak            20–29      Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie;
Druip                            weinig of irrelevante werk/visuele inligting.
                                Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te
                                 bied nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.
                                Baie swak vaardigheidsvlak.
                                Projek is baie swak of onvoltooid.
                                Swak artistiese besluitneming; kandidaat lewer min insette.
                                Klasse is misgeloop en kandidaat het nie die tyd ingehaal nie.
Onaanvaarbaar         0–19      Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek
Druip                            aan selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking
                                 nie.
                                Werk onvoltooid.
                                Swak artistiese besluitneming; kandidaat het geen moeite
                                 gedoen nie.
                                Die meeste klasse is misgeloop en die kandidaat het nie die tyd
                                 ingehaal nie.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                             13                           DBE/November 2021
                                             NSS

ONDERWERP 1: BRONBOEK

    ASSESSERINGS-                      Dit sluit die volgende in:                Voorgestelde
       KRITERIA                                                                     punte-
                                                                                  toekenning
Konsepontwikkeling          Breinkaarte, benoemde sketse en tekeninge om
                                                                                      25%
                             konsepontwikkeling te toon
Navorsing, ondersoek,       Dit moet sommige of al die volgende insluit:
eksperimentering, ens.       o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde,
                                  versamelde gedigte, lirieke en enige ander
                                  materiaal wat jou inspireer
                             o Navorsing oor kunstenaars wat jou
                                  geïnspireer het                                     25%
                             o Eksperimentering met media en/of
                                  verskillende tegnieke
                             o Alle materiaal moet verband hou met die
                                  ontwikkeling van jou werk en jou besluite
                                  ondersteun.
Prosestekeninge             Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou
                                                                                      25%
                             konsepontwikkeling te verduidelik.
Aanbieding en algehele      Dit moet visueel interessant wees en 'n
voorkoms                     persoonlike benadering toon.
                                                                                      25%
                            Jou bronboek moet uit gemiddeld
                             8 tot 10 bladsye bestaan.
                                                                     TOTAAL            50

ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK

    ASSESSERINGS-                      Dit sluit die volgende in:                Voorgestelde
       KRITERIA                                                                     punte-
                                                                                  toekenning
Keuse en gebruik van        Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens
materiaal/tegnieke           die konsep
                            Veilig en hanteerbaar
                            Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele         Die belangrikheid van kunselemente en
kunselemente                 kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur,
                             ruimte, ritme, balans, harmonie, proporsie en
                             komposisie
Geheelindruk van werk       Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone
– oorspronklikheid,          reaksies/oplossings
kreatiwiteit, innovering
Interpretasie en            'n Persoonlike interpretasie van 'n tema
praktiese                   Eksperimentering
implementering van          Pak nuwe uitdagings aan
navorsing
Voltooiing en               Aandag aan detail
aanbieding van              Taak in aangewese tyd voltooi
kunswerk                    Aanbieding volgens taak
                                                                     TOTAAL            50

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                                          14                                    DBE/November 2021
                                                          NSS

                                     VERKLARING VAN EGTHEID

Hierdie verklaring moet deur die kandidaat voltooi en geteken word. Dit moet ook
deur die onderwyser geteken word en dek alle bewyse voorgelê.

Kandidaat se naam:                                                           Datum:

Ek verklaar dat die aangehegte NSS praktiese eksamen alles my eie, oorspronklike
werk is en nie enige werk deur iemand anders as ek insluit nie. Ek het die eksamen
volgens die instruksies en tydsbeperkinge voltooi.

Kandidaat se handtekening:                                                   Datum:

Onderwyser se naam:                                                          Datum:

Namens ....................................................................................................... (sentrumnaam)
bevestig ek dat, volgens my kennis, die voltooide, aangehegte werk die
oorspronklike werk van die kandidaat hierbo is en dat dit onder die vereiste
toestande voltooi is.

Onderwyser se handtekening:                                                  Datum:

Skoolhoof se handtekening:                                                   Datum:

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           15                          DBE/November 2021
                                           NSS

ADDENDUM A

1.   Daar word van die kandidaat verwag om EEN kunswerk in die PRAKTIESE
     OPSIE te maak wat hy/sy HIERDIE JAAR GEKIES HET. Gespesialiseerde
     opsies sluit teken, skilder, beeldhouwerk, drukkuns, multimediawerk, fotografie,
     installasies, nuwe media, ens. in.
2.   Party kandidate het die vryheid nodig om oor dissiplines te werk. Dit is in
     ooreenstemming met kontemporêre kunspraktyke. 'n Gespesialiseerde fokus op
     skilder kan die verkenning van driedimensionele werk en nuwe media insluit.
3.   Kandidate se kunswerke word volgens die kriteria vir die vak, Visuele Kunste,
     nagesien en nie volgens die gespesialiseerde dissipline, bv. skilder en fotografie,
     nie. By alle gespesialiseerde dissiplines moet daar 'n balans wees tussen
     tegniese (vorm) en konseptuele (inhoud) aspekte binne die benadering wat
     gekies is. Die kandidaat se bedoeling met en benadering tot beide die tegniese
     en konseptuele aspekte van die werk moet in aanmerking geneem word wanneer
     die kunswerk(e) geassesseer word.
4.   Kontemporêre kunstenaars ontleen uit 'n oneindige verskeidenheid materiaal,
     bronne en style om kuns te skep. Kontemporêre kunstenaars wat binne die
     Postmoderne Tydperk werk, aanvaar die idee van 'kunssinnige pluralisme', die
     aanvaarding van 'n verskeidenheid kunsbedoelings en -style.
5.   Vandag se kontemporêre kunswêreld toon 'n oorkruising/integrasie van
     media/tegnieke, wat beteken dat ons vooropgestelde idees en tegnieke
     voortdurend verander. Praktiese werk moet altyd deur kontemporêre
     kunspraktyk ingelig word. Dit moet tydens die nasien van eksamenwerk in
     gedagte gehou word.
6.   Kreatiwiteit, innovering en individualiteit moet beklemtoon word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           16                         DBE/November 2021
                                           NSS

ADDENDUM B: RIGLYNE VIR NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
Volgens die Kurrikulum-en-Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) is daar geen
voorskrifte oor gespesialiseerde dissiplines, soos donkerkamerfotografie, die maak van
afdrukke, teken en beeldhou nie. Onderwysers moet die KABV-dokument raadpleeg vir
riglyne oor tradisionele gebruik en ook na tradisionele gebruik en praktyke in
kontemporêre skone kuns in hierdie dissiplines verwys. Hieronder is algemene riglyne vir
die grys areas in kontemporêre dissiplines: nuwe-media-/multimedia-/digitale kuns, ens.
Om in nuwe-media-/multimedia-/digitale kuns te werk, waarborg NIE hoë punte NIE.
BRONBOEK: NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
   Konsepontwikkeling en -uitvoering moet 'n belangrike rol in alle nuwe-media-/
    multimedia-/digitale werk speel. Bewys van die kandidaat se denkprosesse wat tot
    die finale uitvoering van die konsep in sy/haar werk gelei het, moet visueel sigbaar
    wees.
   Die bronboek moet bewys toon van:
    o Relevante bronmateriaal – eie bronne geskep met die gebruik van sagteware of
        met die hand geskep en met verskeie digitale prosesse ingevoer
    o Konsepontwikkeling (duimnaelsketse, skryfwerk en/of 'n storiebord)
    o Navorsing oor kunstenaars wat soortgelyke benaderings volg
    o Dokumentering van programme wat gebruik is, bv. skermskote
    o Ten minste 30% moet tekeninge wees om konsepontwikkeling te verduidelik. Dit
        moet bewys van handvaardighede toon.
KUNSWERK: NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.
   Alle nuwe-media-kuns moet kunssinnigheid bo tegniese vaardighede
    beklemtoon. Met ander woorde, dit is nie die kandidaat se vaardigheid in 'n
    spesifieke rekenaarprogram wat geassesseer word nie, maar die estetiese gebruik
    daarvan. Daarom is navorsing oor kontemporêre kunstenaars noodsaaklik om 'n eie
    kunswerk te skep. (Kandidate moet onderskei tussen die gebruik van hierdie nuwe
    tipes media om kuns te skep, in teenstelling met ontwerp, bv. musiekvideo's.)
   Die gebruik van rekenaartoepassings as 'n hulpmiddel om konsep, ekspressiewe en
    formele kwessies te realiseer (soortgelyk aan hoe 'n skilder sy kwas en verf sou
    gebruik)
   Kandidate moet konseptuele, estetiese, ekspressiewe en formele kwessies as
    fundamenteel tot die benadering beskou, kontekssensitiwiteit ingesluit.
   Persoonlike kontrole en uitvoer van werk
   Aanbieding is belangrik:
    o Videokuns en animasies word gewoonlik in kunsgalerye en -museums in groot
        formaat aangebied om die kyker met 'n totale sensoriese ervaring te oorweldig.
        Alhoewel dit nie in die meeste skole moontlik is nie, moet die kandidaat die impak
        van die werk op 'n rekenaarskerm in ag neem.
    o In tweedimensionele digitale werk kan die finale kunswerk nie slegs 'n A4-afdruk
        wees nie. Dit moet 'n reeks van ten minste DRIE A4-werke wees wat narratief
        verband hou OF in A2 gedruk en gemonteer is.
   In animasie-/videokuns moet ruimte, tyd, beweging, narratief, chronologie, interaksie
    van beeld en klank in ag geneem word.
   Kandidate moet die klankbaan in animasie-/videokuns sorgvuldig in ag neem.
    Dikwels verleen die klankbaan 'n 'musiekvideo'-gevoel aan die werk en weerspreek
    die boodskap. Kandidate kan hulle eie klanke skep.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           17                          DBE/November 2021
                                           NSS

DIGITALE FOTOGRAFIE
   Die minimum vereiste is VIER A4-verwante digitale afdrukke OF iets soortgelyks in
    grootte, bv. DRIE A3-afdrukke of EEN A2-afdruk, of groter.
   Die foto's moet as EEN kunswerk gekonseptualiseer en aangebied word, bv. deur
    'n narratief te volg.
   Plaas die digitale beelde op 'n CD en plaas dit voor in die bronboek. Alle digitale
    sagtewareprosedures moet deeglik in die bronboek aangeteken word. Die kandidaat
    moet rekord hou van skermskote wat al die redigeringsbesluite wat geneem is,
    illustreer. Dit is die enigste manier om digitale werk as eg te verklaar, aangesien so
    baie digitale kunswerk op die internet vir aflaai beskikbaar is. Onderwysers moet die
    ontwikkeling van die kandidaat se digitale proses moniteer.
   Die bronboek moet die volgende insluit:
    o Die program wat gebruik is (bv. Adobe Photoshop 7©)
    o Alle digitale sagtewareprosedures. Die kandidaat moet rekord hou van
         skermskote wat alle redigeringsbesluite wat geneem is, illustreer.
    o Die hulpmiddels wat die kandidaat gebruik het om sy/haar beelde te manipuleer,
         met ander woorde verstellings gemaak, filters gebruik (verwringing, geraas,
         vertolking, skets), ens.
   Kandidate moet die aanbieding van die werk deeglik in ag neem.
   Kandidate wat hierdie opsie kies, moet hulself vertroud maak met kontemporêre
    ontwikkelings in digitale fotografie in skone kuns.
   Fotografie, beide tradisioneel en digitaal, is nie net 'n tegniese oefening nie, maar
    sluit ook vrae oor estetika, bedoeling, inhoud, ens. by die assesseringskriteria in.
   Doen alle manipulasie en veranderings aan die foto's gedurende die 24 uur van die
    eksamen.
Assessering van fotografie:
 Interpretasie en kommunikasie van die tema is belangrik. Kandidate moet in staat
   wees om verhoudings tussen beelde saam te stel en te vorm.
 Die werk moet 'n hoë mate van oorspronklikheid en sterk kreatiewe eienskappe
   weerspieël. Dit moet as skone kuns lees, daarom is konseptualisering in die
   bronboek noodsaaklik.
 Beelde moet met mekaar en die tema verband hou. Geen lukrake keuse nie.
 Formele elemente en beginsels.
 Fotografie kan met ander media gekombineer word.
 Neem die aanbieding van jou foto's in ag.
INSTALLASIE
   Installasies breek weg van tradisionele skilder- en beeldhouwerk deur
    driedimensionele ruimtes te skep wat kykers kan betree en deur 'n kunstenaar se
    prosesse en visies omring word. 'n Omgewing word geskep deur voorwerpe in
    ruimte te rangskik en omgewings wat die ruimte self verander of versterk.
   Dit moet ooreenkom met kontemporêre ontwikkelings in skonekuns-praktyke.
   Twee- en driedimensionele elemente in 'n omgewing.
   Kandidate kan klaargemaakte items ('ready-mades') gebruik.
   Kykerinteraksie met ruimte is belangrik.
   Sensitiwiteit vir kykerontvangs en interaksie op veelvuldige sensoriese vlakke.
   Installasiekunswerke moet beide tegnies en konseptueel volledig afgerond word.
    Daar moet uitgebreide navorsing en konsepontwikkeling in die bronboek wees om
    die kunswerk te regverdig.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V2                           18                         DBE/November 2021
                                         NSS

UITVOERENDE KUNS ('PERFORMANCE ART')
   Beplan, dokumenteer en repeteer uitvoerende-kuns-stukke deeglik.
   Maak tekeninge deur die hele konseptualiseringsproses van die uitvoering.
   Dokumenteer die uitvoering fotografies, videografies en met tekeninge en woorde.
   Gee sorgvuldig aandag aan die subtiele verskille tussen Uitvoerende Kuns
    ('Performance Art') as Visuele Kuns en Uitvoerende Kuns ('Performance Art') as
    Dramatiese Kuns.
   Vir die finale eksamen sal die dokumentasie van die opvoering geassesseer word
    en nie die werklike opvoering nie weens die aard van die eksamen- en
    modereringsproses.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P2 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2021-eng/461887ca-0e54-4465-b287-544137760c61) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2021-eng/daf80e06-f100-4a60-9691-5a9e93ca93a5) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2021-afr/7f219bc0-3117-44ba-a2c7-78d846ae92ef) — Visual Arts · QP · 2021 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-afr/1a710b38-b260-471c-aeef-1d89fb57a04e) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-eng/8bf81d1e-c7c6-446c-bc70-8dd8d8206b92) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2019-afr/584306b9-9c01-4fe2-97fe-f956ca7a1538) — Visual Arts · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
