# Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2023 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Visual Arts Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-mg-afr/25018393-0a94-4ab2-8963-524fcd103f4a
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2023 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-mg-afr/25018393-0a94-4ab2-8963-524fcd103f4a)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               VISUELE KUNSTE V2

                                     (PRAKTIES)

                           21 JULIE–20 OKTOBER 2023

                                 NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

TYD:    ONDERWERP 1: Moet gedurende die 3de kwartaal by die skool en/of by die
                     huis gedoen word [50]
        ONDERWERP 2: Moet gedurende die 4de kwartaal onder gekontroleerde
                     omstandighede SLEGS by die skool gedoen word:
                     'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur [50]

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           2                          DBE/November 2023
                                    NSS – Nasienriglyne

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

         ONDERWERP 1:       BRONBOEK
         ONDERWERP 2:       KUNSWERK

2.       Kandidate moet AL die vrae in ONDERWERP 1 en ONDERWERP 2
         beantwoord.

3.       In hierdie eksamen word daar van kandidate verwag om die volgende
         vaardighede te demonstreer:

             Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe en genereer
              idees in reaksie op 'n projek-opdrag.
             Toon 'n gevorderde graad van tegniese vaardigheid met die gebruik van
              'n verskeidenheid materiaal en tegnieke.
             Los visuele en konseptuele probleme op met die skep van
              verbeeldingryke en innoverende kunswerke deur 'n persoonlike,
              ekspressiewe visuele taal te gebruik.
             Bestuur tyd en die werkproses doeltreffend en bied eie werk op 'n
              professionele manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele impak
              van die werk versterk.

4.       Die finale kuns- praktiese eksamen in graad 12 verteenwoordig die
         hoogtepunt van 'n kandidaat se kunsstudies hierdie jaar. Hulle kreatiwiteit,
         oorspronklikheid en vaardigheid sal ten toon gestel en nagesien word.

5.       Elke kandidaat moet 'n assesseringsrubriek ontvang. Nasieners moet die
         eksamennommer insluit en die kandidaat se punt op hierdie rubriek aanteken.
         Alle rubrieke moet vir eksterne moderering beskikbaar wees, indien vereis.

Kopiereg voorbehou

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                              3                                 DBE/November 2023
                                       NSS – Nasienriglyne

ONDERWERP 1:          BRONBOEK
In die bronboek moet die kandidaat VISUEEL die 'storie' vertel van hoe die finale
kunswerk UITGEDINK, ONTWIKKEL en GESKEP is. Dit moet gedoen word deur
teken, skryf, plak, foto's, ens. Hierdie reis in die bronboek moet individualiteit en
kreatiwiteit weerspieël.
NASIENRIGLYNE:
   Die bronboek gee insig oor die manier waarop die kandidate idees gevorm het,
    hoeveel alternatiewe hulle ondersoek het, asook ander prosesse wat tot die finale
    werk gelei het.
   Die bronboek moet die kandidate se denkprosesse, wat tot die konseptualisering van
    hulle finale kunswerk gelei het, duidelik oordra.
   Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens. word NIE toegelaat NIE. Direkte
    kopiëring van 'n visuele beeld wat nie hulle eie is nie, sal gepenaliseer word. Dit is 'n
    vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar. Volpunte vir konsep-ontwikkeling kan nie
    toegeken word as daar bewyse is van direkte kopiëring nie.
   Die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die bronmateriaal is uiters
    belangrik.
   As kandidate gepaste ontleende beelde gebruik het, moet hulle dit transformeer en dit
    met hulle eie oorspronklike beelde kombineer om hulle eie interpretasie te ontwikkel.
   Ten minste 30% moet tekeninge wees (van eenvoudige lyntekeninge/sketse tot tonale
    tekeninge) om konsep-ontwikkeling te verduidelik.
   Daar moet 'n duidelike verband tussen die bronboek, die oorspronklike konsep en die
    finale kunswerk wees.
   Die bronboek kan A3, A4 of enige ander grootte wees.
   Netheid in die bronboek is nie 'n kriterium nie; die klem is eerder op kreatiwiteit en
    innovering in konseptualisering.

    ASSESSERINGS-                         Dit sluit die volgende in:                    Voorgestelde
       KRITERIA                                                                            punte-
                                                                                         toekenning
Konsep-ontwikkeling           Breinkaarte, benoemde sketse en tekeninge om
                                                                                            25%
                               konsep-ontwikkeling te toon
Navorsing, ondersoek,         Dit moet sommige of al die volgende insluit:                 25%
eksperimentering, ens.         o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde,
                                    versamelde gedigte, lirieke en enige ander
                                    materiaal wat die kandidaat inspireer
                               o Navorsing oor kunstenaars wat die kandidaat
                                    geïnspireer het
                               o Eksperimentering met media en/of verskillende
                                    tegnieke
                               o Alle materiaal moet verband hou met die
                                    ontwikkeling van die werk en moet besluite
                                    ondersteun.
Prosestekeninge               Ten minste 30% moet tekeninge wees om konsep-                25%
                               ontwikkeling te verduidelik.
Aanbieding en algehele        Dit moet visueel interessant wees en 'n persoonlike          25%
voorkoms                       benadering toon.
                              Die bronboek moet uit gemiddeld 8 tot 10 bladsye
                               bestaan.
                                                                           TOTAAL            50

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           4                            DBE/November 2023
                                    NSS – Nasienriglyne

ONDERWERP 2: KUNSWERK

NASIENRIGLYNE:

    Die eksamenwerk moet in die teenwoordigheid van die toesighouer in die
     kunslokaal voltooi word, deur 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur
     te gebruik. Die Visuele Kunste-onderwyser moet beskikbaar wees om met
     enige tegniese kwessies te help.
    Daar word van die kandidaat verwag om EEN kunswerk te skep in
     die PRAKTIESE DISSIPLINE WAT HY/SY HIERDIE JAAR GEKIES HET.
     (Sien ADDENDUM A.)
    Hierdie tema is oop vir baie interpretasies. Dit kan beskrywend, simbolies of meer
     metafories wees.
    Kandidate kan hulle werk aanbied as 'n enkele stuk of moontlik in die vorm van 'n
     diptiek, triptiek of 'n reeks werke wat as een kunswerk gelees word.
    Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar en
     duursaam wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien die
     provinsie dit vereis.
    Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns, soos lyn, vorm,
     kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, proporsie en komposisie.
    Volpunte kan nie vir die algemene indruk van die werk, oorspronklikheid,
     kreatiwiteit, innovering en interpretasie en praktiese implementering van
     navorsing toegeken word as daar bewyse van direkte kopiëring is nie.
    Daar is geen spesifieke voorskrifte ten opsigte van die styl van die werk nie. Dit
     kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, abstrak, konseptueel, ens. wees.
    Kandidate mag ander media insluit om gemengdemedia-werk in enige van die
     praktiese dissiplines te skep.
    Onthou die kandidaat is 18–19 jaar oud en die kunswerk moet 'n uitdrukking van
     sy/haar belangstellings/idees en onsekerhede op daardie vlak wees.
    Kreatiwiteit en individualiteit moet beloon word. Klem moet op oorspronklikheid,
     die estetiese eienskappe, 'varsheid' en energie van die kunswerk geplaas word.
    Die kunswerk moet op 'n holistiese wyse nagesien word.

Die kandidaat kan enige benadering, medium, tegniek, ens. kies wat vir sy/haar
bedoeling geskik is, terwyl die aard en omvang van die assesseringskriteria nagekom
word. Die NSS-kriteria vereis van 'n kandidaat om kunswerke te konseptualiseer en te
skep. Dit behels dat die kandidaat moet streef na 'n balans tussen tegniese (vorm) en
konseptuele (inhoud) aspekte binne die gekose benadering. Die kandidaat se
bedoeling en benadering tot beide die tegniese en konseptuele aspekte van die werk
moet in ag geneem word wanneer die kunswerk(e) geassesseer word. Kandidate kan
werk skep met 'n perseptuele, ekspressiewe of konseptuele fokus of 'n kombinasie
van hierdie benaderings.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                                5                                  DBE/November 2023
                                         NSS – Nasienriglyne

ONDERWERP 2: KUNSWERK

    ASSESSERINGS-                           Dit sluit die volgende in:
        KRITERIA
Keuse en gebruik van            Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die
materiaal/tegnieke               konsep
                                Veilig en hanteerbaar
                                Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele             Die belangrikheid van kunselemente en
kunselemente                     kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur,
                                 ruimte, ritme, balans, harmonie, proporsie en
                                 komposisie
Geheelindruk van werk –         Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone
oorspronklikheid,                reaksies/oplossings
kreatiwiteit, innovering
Interpretasie en praktiese      'n Persoonlike interpretasie van 'n tema
implementering van              Eksperimentering
navorsing                       Pak nuwe uitdagings aan
Voltooiing en aanbieding        Aandag aan detail
van kunswerk                    Taak in aangewese tyd voltooi
                                Aanbieding volgens taak
                                                                            TOTAAL          50

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 Visuele Kunste/V2                                6                                    DBE/November 2023
                                          NSS – Nasienriglyne

                        ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK
                        Assesserings-/Modereringsrubrieke/-instrumente

Uitstaande     90–100        Die kandidaat het baie idees ontwikkel; het ongewone kombinasies of
                              veranderinge probeer voor een finale idee gekies is; het verbindings met vorige
                              kennis gemaak; bemeester probleemoplossingsvaardighede.
                             Poging is veel meer as wat vereis was.
                             Die 'WOW'-faktor is duidelik.
                             Werk toon groot mate van innovering. Die werk as 'n geheel is vol selfvertroue
                              en spreek tot 'n mens; dit vang die kyker vas met die uitstaande visuele
                              eienskappe.
                             Die werk toon duidelik 'n oorspronklike visie, 'n verskeidenheid innoverende
                              idees en/of die neem van risiko's en vindingryke artikulasie van 'n wye reeks
                              elemente en beginsels.
                             Inhoud/Konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.
                             Uitstaande en oorspronklike aanbieding; buitengewone vermoë; kreatiewe
                              rykheid; insiggewend; vlot; hoë vaardigheid; waarneming en kennis kragtig
                              uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone keuse van relevante
                              visuele verwysings.
Uitstekend     80–89         Treffende impak; gedetailleerd; goed georganiseerd en samehangend;
                              afgerond; vaardigheid duidelik; ondersteun deur oorspronklike/ongewone/
                              relevante visuele verwysings; aanbieding oorspronklik en oorwoë; minder
                              beslis; 'n paar geringe foute sigbaar.
                             Die meeste van die bostaande, maar sonder die 'WOW'-faktor.
                             Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend nie OF baie
                              innoverend, maar 'n gebrek aan tegniese rykheid.
Baie goed      70–79         Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'n gebrek aan die 'glans en sprankel'
                              (minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en innovering);
                              goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud; ondersteun deur 'n goeie
                              keuse van relevante visuele verwysings; duidelike sorg en moeite gedoen met
                              oorspronklike aanbieding; 'n paar ooglopende teenstrydighede/tekortkominge
                              sigbaar.
                             Goeie bewyse van moeite en toewyding.
                             Interessant/Innoverend/Kreatief, maar nie tegnies afgerond nie.
                             Tegnies goed, maar gebrek aan konseptuele rykheid of andersom.
Goed           60–69         Die werk toon 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling; oortuigend;
                              eenvoudige direkte gebruik van medium; toon begrip, maar neig soms na die
                              alledaagse en stereotiepe reaksie; voldoende keuse van relevante visuele
                              verwysings; redelik moeite gedoen met aanbieding; steurende/ooglopende
                              teenstrydighede.
                             Goeie vlak van bevoegdheid.
Gemiddeld      50–59         Voldoende; voel meganies; nageboots of gekopieer; min insig.
                             Verbeeldingloos; enkele visuele verwysings nie altyd duidelik geïdentifiseer nie.
                             Billike aanbieding; baie steurende teenstrydighede.
                             Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid; moontlik beperkte betrokkenheid
                              met betrekking tot tyd en moeite.
                             Beelde is uit 'n ander bron gekopieer, met min transformasie van beelde.
                             Min bewyse dat iets ongewoons probeer is.
                             Die omvang van die werk is eng en/of herhalend.

 Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                              7                                  DBE/November 2023
                                       NSS – Nasienriglyne

Ondergemiddeld       40–49      Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie.
                                Beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede en/of gebrek
                                 aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees.
                                Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding; benodig
                                 ondersteuning/motivering om te slaag.
                                Beelde is uit 'n ander bron gekopieer met baie min transformasie.
                                Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van beplanning nie,
                                 of onvolledige beplanning.
Swak                 30–39      Net genoeg materiaal/werke om te slaag.
                                Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese vaardighede
                                 gebruik.
                                Min moeite gedoen om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te bied;
                                 min of geen visuele inligting/verwysings nie.
                                Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/ motivering
                                 om te slaag.
                                Onvoldoende tyd aan taak gewy; standaard onder dit wat aanvaarbaar
                                 is.
                                Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en oppervlakkig;
                                 geen bewyse van oorspronklike denke nie.
Baie swak            20–29      Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie; weinig
Druip                            of irrelevante werk/visuele inligting.
                                Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te bied
                                 nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.
                                Baie swak vaardigheidsvlak.
                                Projek is baie swak of onvoltooid.
                                Swak artistiese besluitneming; kandidaat lewer min insette.
                                Klasse is misgeloop en kandidaat het nie die tyd ingehaal nie.
Onaanvaarbaar        0–19       Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek aan
Druip                            selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking nie.
                                Werk onvoltooid.
                                Swak artistiese besluitneming; kandidaat het geen moeite gedoen nie.
                                Die meeste klasse is misgeloop en die kandidaat het nie die tyd
                                 ingehaal nie.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                            8                          DBE/November 2023
                                     NSS – Nasienriglyne

ADDENDUM A

1.   Daar word van die kandidaat verwag om EEN kunswerk in die PRAKTIESE
     OPSIE te maak wat hy/sy HIERDIE JAAR GEKIES HET. Gespesialiseerde
     opsies sluit teken, skilder, beeldhouwerk, drukkuns, multimedia-werk, fotografie,
     installasies, nuwe media, ens. in.

2.   Sommige kandidate het die vryheid nodig om oor dissiplines heen te werk. Dit is
     in ooreenstemming met kontemporêre kunspraktyke. 'n Gespesialiseerde fokus
     op skilder kan die verkenning van driedimensionele werk en nuwe media insluit.

3.   Kandidate se kunswerke word volgens die kriteria vir die vak, Visuele Kunste,
     nagesien en nie volgens die gespesialiseerde opsie nie, bv. skilder en fotografie.
     In alle gespesialiseerde opsies moet daar 'n balans wees tussen tegniese (vorm)
     en konseptuele (inhoud) aspekte binne die benadering wat gekies is. Die
     kandidaat se bedoeling met en benadering tot beide die tegniese en konseptuele
     aspekte van die werk moet in aanmerking geneem word wanneer die
     kunswerk(e) geassesseer word.

4.   Kontemporêre kunstenaars ontleen uit 'n oneindige verskeidenheid materiaal,
     bronne en style om kuns te skep. Kontemporêre kunstenaars wat binne die
     Postmoderne era werk, aanvaar die idee van 'kunssinnige pluralisme', die
     aanvaarding van 'n verskeidenheid kunsbedoelings en -style.

5.   Vandag se kontemporêre kunswêreld toon 'n oorkruising/integrasie van
     media/tegnieke, wat beteken dat ons vooropgestelde idees van tegnieke
     voortdurend verander. Praktiese werk moet altyd deur kontemporêre
     kunspraktyk ingelig word. Dit moet tydens die nasien van eksamenwerk in
     ag geneem word.

6.   Kreatiwiteit en individualiteit moet beklemtoon word.

7.   Volg die skool se gedragskode vir die bestuur van die eksamen.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           9                           DBE/November 2023
                                    NSS – Nasienriglyne

ADDENDUM B: RIGLYNE VIR NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.

Volgens die Kurrikulum-en-Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) moet onderwysers
nie voorskriftelik wees oor gespesialiseerde dissiplines, soos donkerkamerfotografie,
drukkuns, teken en beeldhou nie. Onderwysers moet die KABV-dokument vir riglyne
raadpleeg, en ook na tradisionele gebruik en praktyke in kontemporêre skone kuns in
hierdie dissiplines verwys. Hieronder is algemene riglyne vir die grys areas in
kontemporêre dissiplines: nuwe-media-/multimedia-/digitale kuns, ens.

Om in nuwe-media-/multimedia-/digitale kuns te werk, waarborg NIE hoë
punte NIE.

NUWE-MEDIA-/MULTIMEDIA-/DIGITALE KUNS, ENS.

BRONBOEK
   Konsep-ontwikkeling en -uitvoering moet 'n belangrike rol in alle nuwe-media-/
    multimedia-/digitale werk speel. Bewyse van die kandidaat se denkprosesse wat
    tot die finale uitvoering van die konsep in sy/haar werk gelei het, moet visueel
    sigbaar wees.
   Die bronboek moet bewys toon van:
    o Relevante bronmateriaal – eie bronne geskep met gebruik van sagteware of
        met die hand geskep en deur verskeie toevoertoestelle gedigitaliseer
    o Konsep-ontwikkeling (duimnaelsketse, skryfwerk en/of 'n storiebord)
    o Navorsing oor kunstenaars wat soortgelyke benaderings volg
    o Dokumentering van programme wat gebruik is, bv. skermskote
    o Ten minste 30% moet tekeninge wees om konsep-ontwikkeling te verduidelik.

KUNSWERK
   Alle nuwe-media-kuns moet kunssinnigheid bo tegniese vaardighede
    beklemtoon. Met ander woorde, dit is nie die kandidaat se vaardigheid in 'n
    spesifieke rekenaarprogram wat geassesseer word nie, maar die estetiese gebruik
    daarvan. Daarom is navorsing oor kontemporêre kunstenaars noodsaaklik om 'n
    eie kunswerk te skep. (Kandidate moet onderskei tussen die gebruik van nuwe
    media om kuns te skep, teenoor ontwerp, bv. musiekvideo's.)
   Die gebruik van rekenaartoepassings as 'n hulpmiddel om konsep, ekspressiewe
    en formele kwessies te realiseer (soortgelyk aan hoe 'n skilder sy kwas en verf sou
    gebruik)
   Kandidate moet konseptuele, estetiese, ekspressiewe en formele kwessies as
    fundamenteel tot die benadering beskou, kontekssensitiwiteit ingesluit.
   Persoonlike kontrole en uitvoer van werk

AANBIEDING
   Aanbieding is belangrik.
   Videokuns en animasies word gewoonlik in kunsgalerye en -museums in groot
    formaat aangebied om die kyker met 'n totale sensoriese ervaring te oorweldig.
    Alhoewel dit in die meeste skole nie moontlik is nie, moet die kandidaat die impak
    van die werk op 'n rekenaarskerm oorweeg.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                           10                            DBE/November 2023
                                     NSS – Nasienriglyne

   In tweedimensionele digitale werk kan die finale kunswerk nie slegs 'n A4-afdruk
    wees nie. Dit moet 'n reeks van ten minste DRIE A4-werke wees wat narratief
    verbind is OF in A2 (of groter) gedruk en gemonteer wees.
   In animasie-/videokuns moet ruimte, tyd, beweging, narratief, chronologie, interaksie
    van beeld en klank in ag geneem word.
   Kandidate moet die klankbaan in animasie-/videokuns sorgvuldig oorweeg. Die
    klankbaan verleen dikwels 'n 'musiekvideo'-gevoel aan die werk en weerspreek die
    boodskap. Kandidate kan hulle eie klanke skep.

FOTOGRAFIE

BRONBOEK
   Die ontwikkeling van 'n sterk konsep is uiters belangrik in fotografie.
   Kandidate wat hierdie opsie kies, moet hulleself vergewis van kontemporêre
    ontwikkelings in digitale fotografie in skone kuns.
   Eksperimenteer met beelde en speel met tegnieke deur ander materiaal te
    inkorporeer, bv. collage of stik/hegting ('stitching').
   Ten minste 30 persent van die bronboek moet tekeninge wees.
   Indien die kandidaat digitale fotografie gebruik, moet die bronboek die volgende
    insluit:
    o Die program wat gebruik is
    o Alle digitale sagtewareprosedures. Die kandidaat moet rekord hou van
        skermskote wat alle redigeringsbesluite wat geneem is, illustreer.
    o Die hulpmiddels wat die kandidaat gebruik het om sy/haar beelde te manipuleer,
        met ander woorde verstellings gemaak, filters gebruik (verwringing, geraas,
        vertolking, skets), ens.

KUNSWERK
   Fotografie, beide tradisioneel en digitaal, is nie net 'n tegniese oefening nie, maar
    sluit ook vrae oor estetika, bedoeling, inhoud, ens. by die assesseringskriteria in.
   Om die oorspronklikheid van die fotografie te verseker, moet alle foto's op die
    terrein onder toesig gedurende hierdie eksamen geneem word.
   Donkerkamer-, digitale of gemengdemedia-fotografie mag gebruik word.
   Die SD-kaart moet vir die duur van die eksamen by die skool bly.

AANBIEDING
   Die foto's moet as EEN kunswerk gekonseptualiseer en aangebied word, bv.
    deur 'n narratief te volg.
   Kandidate moet die aanbieding van die werk deeglik in ag neem.
   Alle manipulasies en veranderinge moet binne die 24-uur-eksamen gedoen word.
   Aanbieding moet binne die 24 uur afgerond word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                         11                          DBE/November 2023
                                   NSS – Nasienriglyne

INSTALLASIE

   Installasies breek weg van tradisionele skilder- en beeldhouwerk deur
    driedimensionele ruimtes te skep wat kykers kan betree en deur 'n kunstenaar se
    prosesse en visies omring word. 'n Omgewing word geskep deur voorwerpe te
    rangskik in ruimte en omgewings wat die ruimte self verander of versterk.
   Dit moet ooreenkom met kontemporêre ontwikkelings in skonekuns-praktyke.
   Twee- en driedimensionele elemente binne 'n omgewing.
   Kandidate kan klaargemaakte items ('ready-mades') gebruik.
   Die kyker se interaksie met ruimte is belangrik.
   Sensitiwiteit vir kykerontvangs en interaksie op veelvuldige sensoriese vlakke.
   Installasiekunswerke moet beide tegnies en konseptueel in die eksamenlokaal
    onder toesig volledig afgerond word. Daar moet uitgebreide navorsing en konsep-
    ontwikkeling in die bronboek wees om die kunswerk te regverdig.

UITVOERENDE KUNS ('PERFORMANCE ART')

   Beplan, dokumenteer en repeteer uitvoerendekuns-stukke deeglik.
   Maak tekeninge deur die hele konseptualiseringsproses van die uitvoering.
   Dokumenteer die uitvoering fotografies, videografies en met tekeninge en woorde.
   Gee sorgvuldig aandag aan die subtiele verskille tussen Uitvoerende Kuns
    ('Performance Art') as Visuele Kuns en Uitvoerende Kuns ('Performance Art') as
    Dramatiese Kuns.
   Vir die finale eksamen sal die dokumentering van die opvoering geassesseer word
    en nie die werklike uitvoering nie, weens die aard van die eksamen- en
    modereringsproses.
   Alle beeldgebruik/kunswerke moet ooreenkom met jou skool se gedragskode. Dink
    aan sensitiewe beelde en kwessies in alle kulturele praktyke.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V2                                       12                                         DBE/November 2023
                                                 NSS – Nasienriglyne

                                     VERKLARING VAN EGTHEID

Hierdie verklaring moet deur die kandidaat voltooi en geteken word. Dit moet ook
deur die onderwyser geteken word en dek alle bewyse voorgelê.

Kandidaat se naam:                                                           Datum:

Ek verklaar dat die aangehegte NSS praktiese eksamen alles my eie, oorspronklike
werk is en nie enige werk deur iemand anders as ek insluit nie. Ek het die eksamen
volgens die instruksies en tydsbeperkinge voltooi.

Kandidaat se handtekening:                                                   Datum:

Onderwyser se naam:                                                          Datum:

Namens ....................................................................................................... (sentrumnaam)
bevestig ek dat, volgens my kennis, die kandidaat hierbo die enigste outeur van die
voltooide aangehegte eksamen is en dat dit onder die vereiste toestande voltooi is.

Onderwyser se handtekening:                                                  Datum:

Skoolhoof se handtekening:                                                   Datum:

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-afr/1a710b38-b260-471c-aeef-1d89fb57a04e) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-eng/8bf81d1e-c7c6-446c-bc70-8dd8d8206b92) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-eng/bad22f4f-5320-4e95-ba28-99a4822fe65c) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-afr/6b4f0711-45ef-4801-bdd4-986ad7e70d58) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — Visual Arts · QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2021-eng/461887ca-0e54-4465-b287-544137760c61) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-afr/1f8dfdd3-27f3-43ab-a863-eb10bb492c79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
