# Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 27 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 27

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               VISUELE KUNSTE V2

                                     (PRAKTIES)

                          (15 JULIE–14 OKTOBER 2024)

PUNTE: 100

TYD:    ONDERWERP 1: Moet gedurende die 3de kwartaal by die skool en/of by die
                     huis gedoen word [50]
        ONDERWERP 2: Moet gedurende die 4de kwartaal onder gekontroleerde
                     omstandighede SLEGS by die skool gedoen word:
                     'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van 24 uur [50]

                        Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Visuele Kunste/V2                            2                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

         ONDERWERP 1:         BRONBOEK
         ONDERWERP 2:         KUNSWERK

2.       Beantwoord AL die vrae in ONDERWERP 1 en ONDERWERP 2.

3.       Jou onderwyser moet hierdie eksamen inlei en fasiliteer.

4.       In hierdie eksamen word daar van jou verwag om die volgende vaardighede
         te toon:

          Pas gevorderde benaderings onafhanklik en kreatief toe om idees in
           reaksie op 'n projek-opdrag te genereer.
          Toon 'n gevorderde graad van tegniese vaardigheid met die gebruik van 'n
           verskeidenheid materiale en tegnieke.
          Los visuele en konseptuele probleme op met die skep van
           verbeeldingryke en innoverende kunswerke deur 'n persoonlike,
           ekspressiewe visuele taal te gebruik.
          Bestuur tyd en die werkproses doeltreffend en bied eie werk op 'n
           professionele manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele impak van
           die werk versterk.

5.        Jou finale praktiese kunseksamen vir graad 12 verteenwoordig die
          hoogtepunt van jou kunsstudies hierdie jaar. Jou kreatiwiteit, oorspronklikheid
          en vaardigheid sal ten toon gestel word. Mag jy dit geniet om hierdie
          kunswerk te skep en mag dit vars en oorspronklik wees en persoonlike
          ervaring weerspieël.

             Die visuele beelde wat in die kunswerk gebruik word, moet aan die
             skool se gedragskode volgens die Suid-Afrikaanse Skolewet voldoen.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Visuele Kunste/V2                            3                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

ONDERWERP 1: BRONBOEK (Gekonseptualiseer deur die ontwikkeling en
             verwesenliking van kreatiewe idees)          Nov

      Die bronboek bied insig oor hoe jy idees gevorm het, hoeveel alternatiewe jy
       ondersoek het, asook ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die
       bronboek moet al die denkprosesse wat tot die skep van die kunswerk gelei het,
       duidelik oordra.

      Jy moet visueel die 'storie' vertel van hoe jou kunswerk deur tekenwerk,
       eksperimentering en skryfwerk uitgedink, ontwikkel en geskep is. Dit moet
       jou individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele Kunste-leerder weerspieël.

      'n Minimum van 30 persent moet tekeninge wees (van eenvoudige
       lyntekeninge/sketse tot tonale tekeninge) om konsep-ontwikkeling te verduidelik.
       Daar moet 'n duidelike verband tussen die bronboek, die oorspronklike konsep en
       die finale kunswerk wees.

      Die bronboek maak 'n belangrike deel van hierdie eksamen uit. Jy mag by die
       skool en by die huis daaraan werk. Jy MOET hierdie bronboek duidelik as
       eksamenwerk merk en dit saam met jou finale kunswerk, ONDERWERP 2,
       aanbied.

      Die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die bronmateriaal is
       uiters belangrik.

      As jy geskikte ontleende visuele beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie,
       oorspronklike visuele beelde kombineer of die visuele beelde betekenisvol
       verander om JOU EIE INTERPRETASIE TE ONTWIKKEL.

    Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens. word NIE toegelaat NIE.
    Direkte kopiëring van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, SAL
    GEPENALISEER WORD. Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar.

      Jou onderwyser moet die aanvanklike dinkskrum fasiliteer en vir jou leiding met
       die kreatiewe proses gee.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Visuele Kunste/V2                           4                          DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

ONDERWERP 2:         DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die
                     bestuur van die proses en aanbieding deur veilige praktyk te volg)

    Die eksamenwerk moet binne 'n minimum van 12 uur en 'n maksimum van
    24 uur in die teenwoordigheid van 'n toesighouer in die kunslokaal gedoen
    word. Die Visuele Kunste-onderwyser moet beskikbaar wees om met enige
    tegniese kwessies te help.

ALGEMENE RIGLYNE

     Daar word van jou verwag om EEN kunswerk te skep in die praktiese
      dissipline(s) waarmee jy die gemaklikste voel.

     Jy kan jou kunswerk aanbied as 'n enkele stuk of moontlik in die vorm van 'n
      diptiek, triptiek of 'n reeks werke wat as een kunswerk gelees word.

     Jy mag NIE die kunswerk uit die klaskamer/eksamenlokaal verwyder NIE.
      Dit word as 'n eksamen-onreëlmatigheid beskou.

     Jy mag die vraestel met jou Visuele Kunste-onderwyser bespreek VOORDAT jy
      met die finale kunswerk begin.

     Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar en
      duursaam wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien die
      provinsie dit vereis.

     Daar is geen spesifieke voorskrifte ten opsigte van die styl van die werk nie.
      Dit kan naturalisties, ekspressionisties, dekoratief, ens. wees.

     Jy kan ander media insluit om gemengdemedia-werk in enige van die praktiese
      dissiplines te skep.

     Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns soos lyn, vorm,
      kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding en komposisie.

     Jy moet voortdurend in jou bronboek werk en aantekeninge maak, tot aan
      die einde van die 24-uur-eksamen, wat ruimte skep vir finale veranderinge en
      idees. Die proses is belangrik aangesien dit jou in staat sal stel om jou
      sukses en tekortkominge tydens die eksamen te verduidelik en aan te teken.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Visuele Kunste/V2                                5                            DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

INSTRUKSIES

Hierdie prikkelwoorde kan in enige volgorde gebruik word om jou met die ontwikkeling
van jou bronboek te help. Elke kunstenaar volg 'n verskillende pad in die
skeppingsproses. Nietemin kan elkeen van die stadiums jou help om jou navorsing te
verdiep en verskillende benaderings te probeer.

Jy mag die bladsy fotokopieer en die prikkels individueel uitknip. Plak dit in jou
bronboek as opskrifte in enige volgorde wat verband hou met jou skeppingsproses.

VRA                  VIND DIE PROBLEEM               KYK                     VERKRY DIE KENNIS

Ondersoek die tema van die opdrag.                   Kyk rondom jou: doen navorsing en versamel.
                                                     Navorsing oor kunswerke. Versamel materiaal
                                                     wat jou inspireer.

LEER                                                 SPEEL
VERSAMEL INLIGTING WAT VERBAND                       ONTWIKKELING
HOU                                                  Eksperimenteer met media. Oefen jou tegnieke.
Dink na oor die dinge wat jy met die tema            Neem risiko's deur nuwe dinge met jou tegnieke
assosieer.                                           te probeer.
Dinkskrum. Persoonlike nadenke.

                       ONTWIKKEL IDEES
DINK                         Neem foto's.             INTEGREER
                          Maak tekeninge.
                                                     KOMBINEER IDEES
                                                     Speel rond met idees. Soek na onverwagte
                                                     kombinasies. Skakel sommige idees uit en voeg
                                                     ander by.
                                                     Eksperimenteer verder om nuwe moontlikhede te
                                                     ondersoek.

                              KIES
                              KIES DIE BESTE IDEES
                              Maak finale komposisietekeninge en
                              besluite rakende die media wat jy
                              gekies het.
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Visuele Kunste/V2           6           DBE/November 2024
                       NSS Vertroulik

                     BRUG

'N BRUG IS 'N STRUKTUUR
EN HET OOK ANDER '
BETEKENISSE: OM DIT

WAT GESKEI IS, TE VERBIND

EDVARD MUNCH, THE SCREAM (DIE GIL)

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 7

Visuele Kunste/V2                             7                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

                                        Brug
  'n Brug is 'n fisiese struktuur wat twee plekke verbind, bv. 'n
  brug oor 'n rivier.

  'n Brug kan ook ander betekenisse hê:

  Ons bou brûe in ons verbintenisse met ander mense.

  'n Brug kan ook die verskillende stadiums van ons lewens
  verbind en op daardie manier kan dit as 'n reis deur die
  verskillende stadiums van die lewe gesien word.

  Jy is nou aan die begin van 'n reis waar jy graad 12 binnekort
  voltooi. Stel jou voor daar is 'n brug tussen jou skoollewe en
  die buitewêreld wat jy gaan betree.

Ons begin met die kunswerk van Edvard Munch om te wys hoe hy sy persoonlike
ervarings, sy kunssinnige invloede en sy verkenning van kunselemente en tegnieke
oorbrug het om sy skildery van The Scream (Die Gil) te ontwikkel.

                     Edvard Munch, The Scream (Die Gil), olie, tempera,
                              pastel en kryt op karton, 1893.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Visuele Kunste/V2                        8                         DBE/November 2024
                                    NSS Vertroulik

                 EDVARD MUNCH, The Scream (Die Gil)

Dit is die storie van hoe Edvard Munch met 'n persoonlike ervaring gewerk het.
Sy kunssinnige proses word getoon om te demonstreer hoe ons betekenisvolle ervarings
in ons alledaagse lewe kan neem en in kunswerke kan transformeer.

           Kyk                            Foto's uit Munch se konteks
Munch onthou hoe hy
tydens ʹn
sonsondergang op ʹn
paadjie saam met twee
vriende geloop het toe
die lug bloedrooi
geword het. Munch het
gesê: 'Ek het stilgestaan
en het uitgeput gevoel.     Dit is die ligging van die    Munch het die seldsame
Ek het daar gestaan en      skildery op 'n heuwel bo       perlemoenagtige wolke
van angs gebewe. Ek              Oslo, Noorweë.           gesien wat lig ná 'n sons-
het 'n oneindige gil                                     ondergang gereflekteer het.
gevoel wat deur die
natuur getrek het.'
          Dink                   Tekeninge wat sy onderwerp ondersoek het
Munch het nie kennis
van perlemoenagtige
wolke gehad nie. Hy is
gelaat met 'n gevoel van
afgryse en angs wat hy
vir jare in sy kunswerke
probeer manifesteer
het. Hy het probeer om
die gevoel van
desperaatheid wat hy
teëgekom het, uit te
beeld deur die mens
geïsoleerd en                           Edvard Munch, The Path of Death
verwyderd op brûe in                   (Die Pad van die Dood), pen, 1890.
die natuur te teken.
          Speel                              Aanvoorwerk van kleur
Munch het 'n obsessie
met die herinnering aan
'n sonsondergang, so
rooi soos bloed, gehad.
Hy het oor sy tekeninge
geverf om die
langwerpige rooi wolke,
                            Edvard Munch, Despair
wat die sterk gevoel van
                              (Wanhoop), olie en
angstigheid wat gevolg
het, uit te beeld.             houtskool, 1892.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Visuele Kunste/V2                       9                           DBE/November 2024
                                   NSS Vertroulik

          Leer                       Navorsing oor ander kunstenaars
Die rooi was nie genoeg
nie. Munch moes                                           'n Peruviaanse mummie by
veranderinge aan die                                         La Specola, Florence
styl van die figuur maak
om die afgryse uit te                                         Die geraamteagtige
beeld. In latere                                          kreatuur op die voorgrond is
weergawes het hy
                                                               geïnspireer deur 'n
verwronge figure
                                                           Peruviaanse mummie, wat
aangeneem. Hierdie
figure het 'n verskil aan                                  Munch waarskynlik by die
die skildery gemaak.                                      1889 Exposition Universelle
                                                              in Parys gesien het.

          Dink                                      Komposisie
Munch het die gevoel
van angst deur die
skuinsplasing van die
komposisie verhoog. Hy
het die hoek van die
reling met 'n sterk
diagonaal vergroot om
'n gevoel van
onstabiliteit in die
skildery te skep.

          Speel                         Eksperimentering met media
Munch het nie van teken
na skilder gespring nie.
Voor hy sy finale
skildery gemaak het, het
hy met kleur en verf
geëksperimenteer. Hy
het die gebruik van
merke maak verken tot
ekspressiewe effek in
verf om die energie en
angst van die landskap      The Scream (Die Gil),         The Scream (Die Gil), olie,
vas te vang.                pastel op karton, 1893.         tempera en pastel op
                                                                karton, 1893.

Hierdie storie toon die proses van transformasie van Munch se onderwerp. Hy het
begin met die beeld van die werklike brug waarop hy gestaan het, en deur
inspirasie van ander kunstenaars en gefokusde eksperimentering, het hy 'n
skildery geskep wat verder as sy onmiddellike tyd en plek gegaan het om 'n
simbool van die pyn en angstigheid van die vroeë 20ste eeu te word. In hierdie
praktiese eksamen moet jy jou eie persoonlike interpretasie van die tema Brug wat
met jou lewe, jou denke en idees verband hou, ontwikkel.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Visuele Kunste/V2                             10                            DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

                                   Brug as 'n reis
'n Brug is 'n fisiese struktuur wat opgerig is om rigting aan 'n reis te gee.

              Leonard French, The Bridge (Die Brug), muurskildery, 1984.

Hierdie muurskildery is in opdrag van die Brenthurst-biblioteek in Johannesburg
gemaak. Die ineenstorting van 'n brug dui op chaos en menslike broosheid.

       William Kentridge, Arc/Procession: Develop, Catch Up, Even Surpass
               (Boog/Prosessie: Ontwikkel, Opvang, Oortref Selfs),
                         houtskool en pastel op papier, 1990.

Dit is 'n groot tekening op 'n reeks van elf velle papier. Dit beeld 'n prosessie van
mense uit.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Visuele Kunste/V2                          11                        DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

      Peter Clarke, For Some the Pathway to Education Lies Between Thorns
    (Vir Sommige Loop die Pad na Opvoeding tussen Dorings), linosnee, 1994.

      Dumile Feni, Train Crash (Treinbotsing), blou balpuntpen op papier, 1966.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Visuele Kunste/V2                          12                         DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

                             Brug met die natuur
 Brûe laat mense toe om ruimtes in die natuur oor te steek. Kunstenaars het brûe as 'n
 simbool van die verhouding tussen mense en die omgewing in omgewingsbewuste
 kunswerke gebruik.

          Yoshio Makino, Battersea Bridge (Battersea-brug), houtblokdruk,
                          ink en kleur op papier, c. 1930.

  Ilan Averbuch, The Bridge (Die Brug), herwinde materiale, onafgehandelde werk.

Averbuch het staal van die 100 jaar-oue historiese Rodgers-brug herwin, wat vir meer
as 'n eeu as 'n vervoerskakel gedien het.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Visuele Kunste/V2                            13                            DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

                               Brug as verbinding
 Die brug is 'n metafoor vir uitreik na ander om 'n verbintenis te maak.

 Simon en Garfunkel se lied, Bridge over Troubled Water, gaan oor vriendskap en
 verbintenis: 'Oh, if you need a friend / I'm sailing right behind / Like a bridge over
 troubled water / I will ease your mind …'

                                              Beili Liu het 'n antieke Chinese legende
                                              oor rooi gare geïnterpreteer. Daar word
                                              geglo dat elke persoon tydens geboorte
                                              met onsigbare rooi gare aan 'n ander
                                              persoon verbind word.

  Beili Liu, Lure (Lok), liggingspesifieke
              installasie, 2012.

 Lorenzo Quinn, Building Bridges (Bou Brûe), installasie (Venesië Biënnale), 2019.

Die saamgevoude hande oor 'n kanaal is 'n uitnodiging om brûe met ander regoor die
wêreld te bou, eerder as om versperrings te skep.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Visuele Kunste/V2                          14                          DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

                          Brug as 'n deurgangsrite
Brûe is aan beide kante van 'n grens geposisioneer, soos tussen die verlede en die
hede, tussen lewe en dood en tussen die fisiese wêreld en die wêreld van die
voorvaders.

        'There are endings and there are beginnings, and the two always meet.'
           (Daar is eindes en daar is beginpunte, en die twee ontmoet altyd.)
                                                                  – Della Hicks-Wilson

               Sithembiso Sibisi, Baptism – Spiritual Healing in the Sea
             (Doop – Geestelike Genesing in die See), olie op doek, 2005.

 Sethembile Msezane, Sebashilo Ukuthi Basilinde 1 (Hulle Het Gesê dat Hulle vir
                  Ons Wag), fotografiese druk op spieël, 2018.

Msezane kanaliseer haar voorvaders om boodskappe aan die lewendes oor te dra.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Visuele Kunste/V2                          15                        DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

             Edvard Munch, The Dance of Life (Die Dans van die Lewe),
                           olieverf op doek, 1899–1900.

Die boog van die lewe strek vanaf die jong maagd in wit tot by die ou weduwee
in swart.

        Paula Rego, The Dance (Die Dans), akrielverf op papier op doek, 1988.

Die skildery ondersoek 'n verskeidenheid maniere om 'n vrou te wees regoor die
skildery se oppervlak: kind, ma, ouma – 'n volledige siklus van vroulikheid.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Visuele Kunste/V2                             16                            DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

                               Brug as materialiteit
 Die idee van 'n brug kan ook 'n lens wees om na kunsaktiwiteite te kyk; ons kan dink
 aan die materiale wat gebruik word om 'n kunswerk te skep. Baie kunstenaars bind
 verskillende materiale/visuele beelde saam om multimediakunswerke te skep.

         Elliot Hundley, Siren (Sirene) (detail), tydskrifte wat opgesny is, foto's,
         plastiek, materiaal, spelde, hout, olie en akrielverf, houtskool, pastelle,
                         tou, keramiekskulpe. Datum onbekend.

Hundley oorvleuel en skep lae met die verskillende beelde om die dele te verbind.

 Gabriella Kruger, Overgrowth 1 (Oorgroeiing 1) en Overgrowth 1 (Oorgroeiing 1)
                           (detail), akriel op doek, 2018.

Kruger droog akrielverf in verharde stroke wat sy dan saamweef.
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Visuele Kunste/V2                              17                            DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

     Neo Matloga, Dikarata (Kaarte), foto-collage, houtskool, vloeibare houtskool,
                     ink, sagte pastel en akriel op doek, 2021.

'n Brug kan ons ook laat dink aan suspensie of kunswerke wat nie aan die grond
raak nie.

                     Glenn Kaino, Bridge (Raise Your Voice in Silence)
                    (Brug (Verhef Jou Stem in Stilte)), installasie, 2022.

Die werk bestaan uit 'n reeks herhalende afgietsels van Tommie Smith se arm en
verewig die historiese menseregte-saluut wat hy gemaak het nadat hy die goue
medalje in die 200 meter-mansnaelloop by die 1968 Olimpiese Spele gewen het.
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Visuele Kunste/V2                           18                          DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

                     Brug as 'n komposisionele element
              'Goeie komposisie is soos 'n hangbrug; elke stuk tou dra krag
                              by en neem niks weg nie.'
                                                                        – Robert Henri
 Kunstenaars dink aan komposisionele lyne, fokuspunte en interessante gesigspunte
 as maniere om die verskillende elemente van hulle onderwerpe saam te bring en die
 kyker deur 'n kunswerk te lei.

                                                Hundley gebruik 'n donker swart lyn
                                                om al die klein dele in die kunswerk
                                                saam te bring en die oog terug te lei na
                                                die twee persone wat die fokuspunt is.

                                                In Bruegel se skildery (hieronder) vorm
                                                die figure 'n sterk diagonale
                                                komposisie om 'n gevoel van beweging
                                                in die skildery te skep. Dit kontrasteer
                                                met die horisontale lyn van die
                                                landskap.
     Elliot Hundley, String Figures VII
 (Toutjiefigure VII), die maak van afdrukke
   met digitale fotografiese beelde, 2021.

 Pieter Bruegel die Oue, The Blind Leading the Blind (Die Blinde Lei die Blindes),
                               olieverf op linne, 1568.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Visuele Kunste/V2                         19                        DBE/November 2024
                                     NSS Vertroulik

                           Brug as kunsinvloed
Kunstenaars word deur kunstenaars van die verlede beïnvloed om so 'n brug tussen
die kuns van die verlede en die hede te skep.

                                           Kirchner was deel van die Duitse
                                           Ekspressionistiese Beweging, Die Brücke
                                           (Die Brug). Die naam is gekies om die
                                           verbintenis met ander kunsbewegings van
                                           die verlede te beklemtoon.

Ernst Ludwig Kirchner, Moonrise, Soldier
and Maiden (Maanopkoms, Soldaat en
       Meisie), olie op bord, 1905.

   Utagawa Hiroshige, Yahagi Bridge
   (Yahagi-brug), houtblokdruk, ink en          Claude Monet, Water Lilies and
         kleur op papier, 1833.                Japanese Bridge (Waterlelies en
                                            Japannese brug), olieverf op doek, 1899.

Die Impressionistiese kunstenaar, Claude Monet, is deur Japannese brûe beïnvloed
toe hy die bruggie in sy tuin in Giverny, Frankryk, gebou het.
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 20

Visuele Kunste/V2                    20                  DBE/November 2024
                                NSS Vertroulik

                             BRUG
                     Hoe sal jy die tema interpreteer?

                      Jy kan die volgende oorweeg:

                               Persoonlik
                               Verbintenis
                                  Reis
                              Deurgangsrite
                                Materiale

  Jou reaksie moet persoonlik en oorspronklik wees om jou denke,
        idees en emosies se verbintenis tot die tema te kan wys.

                                                 Bloukransbrug,
                                                 Die Tuinroete

Kopiereg voorbehou                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Visuele Kunste/V2                            21                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

WOORDELYS:

Metafoor: 'n stylfiguur wat 'n objek of aksie beskryf wat nie letterlik waar is nie, maar
help om 'n idee te verduidelik of 'n vergelyking te maak

Angst: 'n gevoel van diepe angs of vrees

Transformasie: 'n merkbare verandering in vorm, natuur/aard of voorkoms

Simbool: 'n voorstelling van 'n objek of 'n idee

Deurgangsrite: 'n seremonie of gebeurtenis wat 'n belangrike stadium in iemand se
lewe aandui, veral geboorte, die oorgang van kind na volwassene, huwelik en dood

Materialiteit: in kuns verwys materialiteit na 'n belangstelling in die medium, tekstuur
of oppervlak van die kunswerk

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Visuele Kunste/V2                               22                                  DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

ASSESSERING
ONDERWERP 1: BRONBOEK
 ASSESSERINGSKRITERIA                       Dit sluit die volgende in:                    Voorgestelde
                                                                                             punte-
                                                                                           toekenning
Konsep-ontwikkeling             Breinkaarte, benoemde sketse en tekeninge om
                                                                                              25%
                                 konsep-ontwikkeling te toon
Navorsing, ondersoek,           Dit moet sommige of al die volgende insluit:
eksperimentering, ens.           o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde,
                                      versamelde gedigte, lirieke en enige ander
                                      materiaal wat jou inspireer
                                 o Navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer
                                      het                                                     25%
                                 o Eksperimentering met media en/of verskillende
                                      tegnieke
                                 o Alle materiaal moet verband hou met die
                                      ontwikkeling van jou werk en jou besluite
                                      ondersteun.
Prosestekeninge                 Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou
                                                                                              25%
                                 konsep-ontwikkeling te verduidelik.
Aanbieding en algehele          Dit moet visueel interessant wees en 'n persoonlike
voorkoms                         benadering toon.
                                                                                              25%
                                Jou bronboek moet uit gemiddeld 8 tot 10 bladsye
                                 bestaan.
                                                                            TOTAAL             50

Die kunswerk moet uit die bronboek ontwikkel en daar moet 'n duidelike verband
tussen die bronboek en die kunswerk wees.
   'n Idee is slegs so goed soos die uitvoering en aandag aan detail daarvan.
   Laat die kunswerk 'n uitdrukking van jou eie ervarings, idees, gevoelens, ens. wees.
   Werk met jou sterk punte.
ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK
 ASSESSERINGSKRITERIA                       Dit sluit die volgende in:

Keuse en gebruik van            Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die
materiaal/tegnieke               konsep
                                Veilig en hanteerbaar
                                Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele             Die belangrikheid van kunselemente en
kunselemente                     kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur,
                                 ruimte, ritme, balans, harmonie, proporsie en
                                 komposisie
Geheelindruk van werk –         Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone
oorspronklikheid,                reaksies/oplossings
kreatiwiteit, innovering
Interpretasie en praktiese      'n Persoonlike interpretasie van 'n tema
implementering van              Eksperimentering
navorsing                       Pak nuwe uitdagings aan
Voltooiing en aanbieding        Aandag aan detail
van kunswerk                    Taak in aangewese tyd voltooi
                                Aanbieding volgens taak
                                                                            TOTAAL             50

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 23

Visuele Kunste/V2                                23                                 DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

                        ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK
                        Assesserings-/Modereringsrubrieke/-instrumente

Uitstaande     90–100        Die kandidaat het baie idees ontwikkel; het ongewone kombinasies of
                              veranderinge probeer voor een finale idee gekies is; het verbindings met vorige
                              kennis gemaak; bemeester probleemoplossingsvaardighede.
                             Poging is veel meer as wat vereis was.
                             Die 'WOW'-faktor is duidelik.
                             Werk toon groot mate van innovering.
                             Die werk as 'n geheel is vol selfvertroue en spreek tot 'n mens; dit vang die
                              kyker vas met die uitstaande visuele eienskappe.
                             Die werk toon duidelik 'n oorspronklike visie, 'n verskeidenheid innoverende
                              idees en/of die neem van risiko's en vindingryke artikulasie van 'n wye reeks
                              elemente en beginsels.
                             Inhoud/Konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.
                             Uitstaande en oorspronklike aanbieding; buitengewone vermoë; kreatiewe
                              rykheid; insiggewend; vlot; hoë vaardigheid; waarneming en kennis kragtig
                              uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone keuse van relevante
                              visuele verwysings.
Uitstekend     80–89         Treffende impak; gedetailleerd; goed georganiseerd en samehangend;
                              afgerond; vaardigheid duidelik; ondersteun deur oorspronklike/ongewone/
                              relevante visuele verwysings; aanbieding oorspronklik en oorwoë; minder
                              beslis; 'n paar geringe foute sigbaar.
                             Die meeste van die bostaande, maar sonder die 'WOW'-faktor.
                             Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend nie OF baie
                              innoverend, maar 'n gebrek aan tegniese rykheid.
Baie goed      70–79         Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'n gebrek aan die 'glans en sprankel'
                              (minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en innovering);
                              goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud; ondersteun deur 'n goeie
                              keuse van relevante visuele verwysings; duidelike sorg en moeite gedoen met
                              oorspronklike aanbieding; 'n paar ooglopende teenstrydighede/tekortkominge
                              sigbaar.
                             Goeie bewyse van moeite en toewyding.
                             Interessant/Innoverend/Kreatief, maar nie tegnies afgerond nie.
                             Tegnies goed, maar gebrek aan konseptuele rykheid of andersom.
Goed           60–69         Die werk toon 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling; oortuigend;
                              eenvoudige direkte gebruik van medium; toon begrip, maar neig soms na die
                              alledaagse en stereotiepe reaksie; voldoende keuse van relevante visuele
                              verwysings; redelik moeite gedoen met aanbieding; steurende/ooglopende
                              teenstrydighede.
                             Goeie vlak van bevoegdheid.
Gemiddeld      50–59         Voldoende; voel meganies; nageboots of gekopieer; min insig.
                             Verbeeldingloos; enkele visuele verwysings nie altyd duidelik geïdentifiseer nie.
                             Billike aanbieding; baie steurende teenstrydighede.
                             Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid; moontlik beperkte betrokkenheid
                              met betrekking tot tyd en moeite.
                             Beelde is uit 'n ander bron gekopieer, met min transformasie van beelde.
                             Min bewyse dat iets ongewoons probeer is.
                             Die omvang van die werk is eng en/of herhalend.

 Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 24

Visuele Kunste/V2                             24                                DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

Ondergemiddeld       40–49      Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie.
                                Beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede en/of gebrek
                                 aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees.
                                Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding; benodig
                                 ondersteuning/motivering om te slaag.
                                Beelde is uit 'n ander bron gekopieer met baie min transformasie.
                                Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van beplanning nie,
                                 of onvolledige beplanning.
Swak                 30–39      Net genoeg materiaal/werke om te slaag.
                                Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese vaardighede
                                 gebruik.
                                Min moeite gedoen om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te bied;
                                 min of geen visuele inligting/verwysings nie.
                                Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/motivering
                                 om te slaag.
                                Onvoldoende tyd aan taak gewy; standaard onder dit wat aanvaarbaar
                                 is.
                                Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en oppervlakkig;
                                 geen bewyse van oorspronklike denke nie.
Baie swak            20–29      Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie; weinig
Druip                            of irrelevante werk/visuele inligting.
                                Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te bied
                                 nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.
                                Baie swak vaardigheidsvlak.
                                Projek is baie swak of onvoltooid.
                                Swak artistiese besluitneming; kandidaat lewer min insette.
                                Klasse is misgeloop en kandidaat het nie die tyd ingehaal nie.
Onaanvaarbaar        0–19       Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek aan
Druip                            selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking nie.
                                Werk onvoltooid.
                                Swak artistiese besluitneming; kandidaat het geen moeite gedoen nie.
                                Die meeste klasse is misgeloop en die kandidaat het nie die tyd
                                 ingehaal nie.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 25

Visuele Kunste/V2                            25                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

ALGEMENE RIGLYNE

1.      Daar word van jou verwag om EEN kunswerk in die PRAKTIESE OPSIE wat jy
        HIERDIE JAAR GEKIES HET, te voltooi. Gespesialiseerde opsies sluit teken,
        skilder, beeldhouwerk, drukkuns, multimedia-werk, fotografie, installasies, nuwe
        media, gemengde media, ens. in.

2.      Jy het die vryheid om oor dissiplines te werk. Dit hou tred met kontemporêre
        kunspraktyke wat voortdurend ontwikkel. 'n Gespesialiseerde fokus in skilder
        kan die eksplorasie van drie-dimensionele werk en nuwe media insluit.

3.      Jy kry punte volgens die kriteria vir die vak, Visuele Kunste, en nie volgens die
        gespesialiseerde opsie, bv. skilder of fotografie, nie. In alle gespesialiseerde
        opsies moet daar 'n balans tussen die tegniese (vorm) en konseptuele (inhoud)
        aspekte binne die benadering wat jy gekies het, wees. Jou bedoeling en
        benadering tot beide die tegniese en konseptuele aspekte van die werk sal
        oorweeg word wanneer die kunswerk(e) geassesseer word.

4.      Kreatiwiteit en individualiteit moet beklemtoon word.

BRONBOEK VIR NUWE MEDIA/MULTIMEDIA/DIGITALE KUNS/FOTOGRAFIE

Die ontwikkeling van 'n sterk konsep is van uiterste belang in alle nuwe
media/multimedia en fotografiese kunswerke. Bewyse van jou denkprosesse wat tot
die finale uitdrukking van die konsep gelei het, moet visueel in die bronboek gewys
word:

    Relevante bronmateriaal – eie foto's en visuele beelde
    Navorsing oor kontemporêre kunstenaars deur soortgelyke benaderings te gebruik
     om begrip van ontwikkelings in die relevante veld te wys
    'n Minimum van 30 persent moet tekeninge wees/handvaardighede demonstreer
    Eksperimentering met visuele beelde en tegnieke, die insluiting van ander
     materiale bv. collage of stikwerk, of digitale collage-beelde
    Konsep-ontwikkeling (duimnaelsketse, skryf en/of 'n storiebord)
    Dokumentering van prosesstappe: skermskote van die redigeringsbesluite wat
     gemaak is; die gereedskap wat gebruik is om beelde te manipuleer; enige woorde;
     aanpassings gemaak; filters wat gebruik is (distorsie, geraas, afdruk, skets) ens.

KUNSWERK VIR NUWE MEDIA/MULTIMEDIA/DIGITALE KUNS/FOTOGRAFIE

Die kunswerk moet 'n oorkoepelende konsep met 'n helder kunssinnige stem
beklemtoon.

    In digitale kuns, video en fotografie moet jy nie te veel staatmaak op sagteware en
     digitale prosesse om visuele effekte te skep nie, maar moet jy jou
     medium/tegnologie bewustelik gebruik om beelde te transformeer. Die medium is
     gereedskap om verbeeldingryke, konseptuele en kunssinnige elemente te
     realiseer.
    In video moet jy die klankbaan sorgvuldig oorweeg om 'n musiekvideo-gevoel in
     die werk, wat die boodskap kan weerspreek, te vermy. Jy kan jou eie klanke skep.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 26

Visuele Kunste/V2                           26                           DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

   In installasie is kykerinteraksie met die ruimte belangrik. Installasiekunswerke moet
    onder toesig tegnies en konseptueel in die eksamenarea ten volle opgelos word.
   In uitvoerende kuns ('performance art') moet kandidate sorgvuldig aandag skenk
    aan die subtiele verskille tussen Uitvoerende Kuns ('Performance Art') as Visuele
    Kuns en Uitvoerende Kuns ('Performance Art') as Dramatiese Kuns. Vir die finale
    eksamen sal die dokumentering van die opvoering geassesseer word en nie die
    werklike opvoering nie, weens die aard van die eksamen- en modereringsproses.
   Alle visuele beelde/kunswerke moet ooreenkomstig die skool se gedragskode
    wees. Dink aan sensitiewe beelde en kwessies in alle kulturele praktyke.

LET WEL:      ALLE KUNSWERKE in ENIGE MEDIA moet onder toesig tydens die
              24-uur-eksamen gedoen word.
              Die SD-, geheuekaart of enige ander bergingstoestelle moet vir die
              tydperk van die eksamen by die skool bly.

AANBIEDING VIR NUWE MEDIA/MULTIMEDIA/DIGITALE KUNS/FOTOGRAFIE

   Aanbieding is belangrik.
   Videokuns en animasies word gewoonlik in kunsgalerye en kunsmuseums in groot
    formaat aangebied om die kyker met 'n totale sensoriese ervaring te oorweldig.
    Alhoewel dit in die meeste skole nie moontlik is nie, moet die impak van die werk
    op 'n rekenaarskerm oorweeg word.
   In twee-dimensionele digitale werke of fotografie kan die finale kunswerk nie slegs
    'n A4-afdruk wees nie. Dit moet óf 'n reeks van minstens drie A4-werke wat 'n
    storie uitbeeld óf in A2 of groter gedruk wees en met selfstandige narratief
    gemonteer wees.
   Verseker dat toestemming verleen is vir die digitale deel van kunswerke.

ERKENNING

Egan, B. (geen datum nie). The Scream (verskillende media 1893–1910) deur Edvard
Munch. Painting location: Oslo, Norway. Beskikbaar: https://popspotsnyc.com

Pettersen, P. 2022. Edvard Munch – The             Scream.    International    Journal     of
Conservation Science, 13, bl. 1405–1420.

Prata, F, Robock, A, & Hamblyn, R. 2018. The Sky In Edvard Munch's The Scream.
Bulletin of the American Meteorological Society, 99(7), bl. 1377–1390.

The Princeton Art Museum. 2023. Not Just a Bridge: Works from the Museum
Collections. Beskikbaar: https://artmuseum.princeton.edu/learn/explore/collections-
themes/not-just-bridge-works-museum-collection

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 27

Visuele Kunste/V2                                         27                                     DBE/November 2024
                                                     NSS Vertroulik

                                     VERKLARING VAN EGTHEID

Hierdie verklaring moet deur die kandidaat voltooi en geteken word. Dit moet ook
deur die onderwyser geteken word en dek alle bewyse voorgelê.

Kandidaat se naam:                                                           Datum:

Ek verklaar dat die aangehegte NSS praktiese eksamen alles my eie, oorspronklike
werk is en nie enige werk deur iemand anders as ek insluit nie. Ek het die eksamen
volgens die instruksies en tydsbeperkinge voltooi.

Kandidaat se handtekening:                                                   Datum:

Onderwyser se naam:                                                          Datum:

Namens ....................................................................................................... (sentrumnaam)
bevestig ek dat, volgens my kennis, die kandidaat hierbo die enigste outeur van die
voltooide aangehegte eksamen is en dat dit onder die vereiste toestande voltooi is.

Onderwyser se handtekening:                                                  Datum:

Skoolhoof se handtekening:                                                   Datum:

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — Visual Arts · QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P1 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-english/3773db74-7b96-411d-aed1-c6c49557d990) — Visual Arts · QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-afr/1a710b38-b260-471c-aeef-1d89fb57a04e) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2023-eng/8bf81d1e-c7c6-446c-bc70-8dd8d8206b92) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2021-eng/461887ca-0e54-4465-b287-544137760c61) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2021-afr/42348f84-51a9-4a35-9913-8f964bf40dd2) — Visual Arts · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng
- [Visual Arts P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-afr/c7029211-f88d-4a06-9973-c3939102b64b) — QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-eng/2b786a81-cd87-4e37-95d3-59499fa78365) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
