# Visual Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 Question Paper

> Grade 12 Visual Arts question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012, 23 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visuele-kunste-v1-gr12-qp-sept2012/d6bf7971-3896-42cb-91b3-2d37d094a03e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/visuele-kunste-v1-gr12-qp-sept2012/d6bf7971-3896-42cb-91b3-2d37d094a03e)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2012

                    VISUELE KUNSTE V1

PUNTE:   100

TYD:     3 uur

                          *VISDM1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               VISUELE KUNSTE V1                        (SEPTEMBER 2012)

In hierdie eksamen sal daar van jou verwag word om die volgende te demonstreer:

     Die gebruik van korrekte kunsterminologie.
     Die gebruik en implementering van visuele analise en kritiese denke.
     Skryf- en navorsingsvaardighede binne ŉ historiese- en kulturele konteks.
     Die plasing van spesifieke voorbeelde binne ŉ kulturele-, sosiale- en
     historiese verband.
     Begrip van kenmerkende kreatiewe style.

INSTRUKSIES AAN KANDIDATE

Lees die volgende instruksies voor die besluit oor watter vrae om te beantwoord:

1.     Beantwoord enige VYF vrae vir ŉ totaal van 100 punte.

2.     Vrae en onderafdelings moet duidelik en korrek genommer word.

3.     Vrae kom op die linkerkantse bladsye voor, met visuele bronne op die
       regterkantse bladsye.

4.     Maak seker dat jy verwys na die gereproduseerde visuele bronne in kleur
       waar dit ŉ vereiste is.

5.     Inligting bespreek in een antwoord sal nie krediet ontvang indien dit in
       ander antwoorde herhaal word nie. Kruisverwysing na kunswerke is
       toelaatbaar.

6.     Benoem die kunstenaar en die titel van elke kunswerk wat jy in jou
       antwoorde bespreek. Onderstreep die titel van elke kunswerk of die naam
       van ŉ gebou.

7.     Skryf duidelik en leesbaar.

8.     Skryf in ŉ duidelike, kreatiewe en gestruktureerde wyse, met die gebruik
       van volsinne en paragrawe volgens die instruksies vir elke vraag. Lyste
       van feite/tabelle is nie aanvaarbaar nie.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                 VISUELE KUNSTE V1                                   3

 WOORDELYS

 Gebruik die volgende terme uit die woordelys om te verseker dat jy verstaan hoe
 om ŉ besondere vraag te benader:

 Estetika            Teorie van skoonheid en kuns en die begrip van
                     mooi/skone dinge.

 Analiseer           ŉ Gedetailleerde en logiese bespreking van formele
                     elemente soos lyn, kleur, toonwaardes, formaat en
                     komposisie van die kunswerk.

 Vergelyk            Wys binne dieselfde argument op ŉ geordende wyse op
                     verskille en ooreenkomste.

 Kontekstualiseer    Verwant aan of afhanklik van die raamwerk van inligting;
                     verwant aan die situasie, tyd/era of plek waarin inligting
                     gevind is.

 Bespreek            Bied jou standpunt aan en gee redes vir jou stellings.

 Evalueer            Toon insigryke en analitiese kommentaar na gelang van
                     die vergelykende waarde van ŉ kunswerk in die breër
                     wêreld-prentjie.

 Verduidelik         Klaar jou stellings op aan die hand van redes.

 Interpreteer        Analiseer en evalueer (gee ŉ ingeligte mening oor) ŉ
                     kunswerk. Kontekstualiseer dit histories, kultureel, sosiaal,
                     ens. en staaf jou bevindings met verwysing na soortgelyke
                     spesifieke voorbeelde.

 Staaf               Om met bewyse of getuienis te ondersteun/motiveer.

 Vermeld             Verskaf presiese feite en gee direk te kenne wat jy dink –
                     jou mening sowel as ŉ verduideliking.

 Visuele bronne      Die visuele afbeeldings wat in die vraestel verskaf word.

                      BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              VISUELE KUNSTE V1                         (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 1

DIE OPKOMENDE STEM VAN SWART KUNS IN DIE 1950`s EN 1960`s

“Talle Suid-Afrikaanse kunstenaars, van alle rasse, het werke gelewer wat ŉ
veranderende identiteit toon wat duidelik Afrika-gebonde is.”

1.1   Vergelyk die twee werke in FIGURE 1a en 1b. Sonder om opskrifte te
      maak, gebruik die onderstaande gidsriglyne om jou in jou beplanning te
      ondersteun:

          Visuele beeldwerk en boodskappe
          Kleurgebruik en die emosionele impak daarvan
          Gebruik van Media in beide. Verduidelik ook hoe media die
          ontluikende Suid-Afrikaanse stem aandui al dan nie.                     (10)

1.2   Kies TWEE werke deur kunstenaars wat ontluikende Afrika-stemme
      getoon het. Jou keuse mag twee werke van dieselfde kunstenaar wees,
      of deur twee verskillende kunstenaars. Bespreek die werke in ŉ opstel
      van minstens EEN BLADSY. Sluit in:

          Naam/Name van kunstenaar/s
          Titels van kunswerke
          Inspirasies en invloede op die werk
          Formele elemente in die gebruikte werk
          Temas en boodskappe                                                     (10)
                                                                                  [20]

Woordelys:

iBhutho = ŉ Zoeloe-woord wat dui op ŉ groep mans wat gereedmaak om
          oorlog toe te gaan.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                  VISUELE KUNSTE V1                           5

        FIGUUR 1a: M. Modisakeng. iBhutho. Installasie en gebeure. Verfilm.
        2008

             FIGUUR 1b: Cyprian Shilakoe. Ons wil hulle nie sien nie. 1971.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              VISUELE KUNSTE V1                         (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 2

SOEKE NA ’N AFRIKA-IDENTITEIT IN SUID-AFRIKAANSE KUNS SEDERT 1950.

2.1   Omskryf duidelik, met verwysing na FIGUUR 2a, waarom jy dink hierdie
      werk as ŉ Suid-Afrikaanse stuk herken kan word.                              (3)

2.2   Definieer die atmosfeer van hierdie werk, met redes vir jou antwoord.        (3)

2.3   Deur die ontleding van komposisionele struktuur EN afbeelding, sê watter
      boodskappe in FIGUUR 2a geïnterpreteer mag word.                             (5)

2.4   Verwys na FIGUUR 2b. Wat is die sosiale boodskap van hierdie werk?
      Bespreek die wyses waarop die kunstenaar dit weergegee het.                  (4)

2.5   Selekteer EEN werk wat jy bestudeer het, wat jy glo die beste Afrika-
      voorkoms en betekenis weergee. Benoem die werk en dui bondig aan
      waarom dit Afrika-kwaliteite toon. Evalueer die sukses van hierdie werk
      aan die hand van wêreldstandaarde. Verwys na kunselemente,
      kleurgebruik en styl.                                                        (5)
                                                                                  [20]

Woordelys:

Wêreldstandaarde =      Dat ŉ werk opweeg teenoor die beste vlak van kuns in
                        die hele wêreld.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                 VISUELE KUNSTE V1                                7

         FIGUUR 2a: Tommy Motswai. Die Teeparty. Oliepastel op papier. 1987.

        FIGUUR 2b: Brett Bailey. Groot Dada, Staan op en Val. Installasie. 2001

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               VISUELE KUNSTE V1                          (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 3

KUNS EN POLITIEK: WEERSTANDSKUNS IN SUID-AFRIKA EN DIE RES
VAN DIE WÊRELD

Die Franse Rewolusie het in 1789 begin. Die dood van die Franse opstandeling,
Marat, deur die aristokraat Charlotte Corday, is uitgebeeld in ŉ ikoniese skildery
in 1793. Dit was vergelyk in belangrikheid met die Piëta van Michelangelo. Dit
toon Marat in sy slaapkamer, in ŉ kalmerende bad, as gevolg van ŉ ernstige
veltoestand, wyl hy besig was om aan sy volksgenote ŉ brief te skryf. Hy is in
hierdie ruimte vermoor en dit het natuurlik ŉ geweldige impak op die kyker.

3.1   Verwys na FIGURE 3a en 3b. Doen ŉ analitiese vergelyking tussen die
      twee werke, met verklaring van die gesinspeelde boodskappe van die
      twee afgebeelde werke. Ondersteun jou stellings met verwysing na
      vorms, kleure, patrone en uitleg.                                              (10)

3.2   Aan die hand van redes, sê watter een is volgens jou mening die
      kragtigste.                                                                    (2)

3.3   “Kunstenaars het nie alleenlik werke oor politieke aangeleenthede gedoen
      nie. Daar was vele sosiale ongeregtighede in ons wêreld, wat hulle rede
      tot protes deur middel van hul kuns verskaf het.”

      Deur die bespreking van enige ander werk/e deur ŉ ander kunstenaar of
      kunstenaars, dui aan hoe internasionale of Suid-Afrikaanse kwessies in
      die samelewing, buiten die politieke, aangespreek is. Gebruik die werk
      deur Penny Siopis in FIGUUR 3c as ŉ beginpunt vir jou opstel.

      Verwys na die volgende:

         Kunselemente
         Styl
         Betekenisse en boodskappe                                                    (8)
                                                                                     [20]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                VISUELE KUNSTE V1                           9

        FIGUUR 3a en 3b: Links: Jaques Louis David. Dood van Marat. 1793.
        Regs: Andre Clements. Malema soos David se Dood van Marat.
        Olieverf. 2009

         FIGUUR 3c: Penny Siopis. Geduld op ŉ Monument. Gemengde media.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             VISUELE KUNSTE V1                        (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 4

VLYT EN TOEGEPASTE KUNS

4.1   Bespreek en vergelyk die twee voorbeelde van vlyt in FIGURE 4a en 4b.
      Verwys na toepaslike kunselemente.                                          (6)

4.2   Lewer kommentaar op die materiale, die skeppingsmetodes en die
      bemarkbaarheid van die werk deur Buthelezi in FIGUUR 4c.                    (5)

4.3   Kies EEN voorbeeld van ŉ suksesvolle tradisionele vlytwerk deur ŉ
      vlytkunstenaar, wat in hout of plastiek of gevonde materiaal werk.
      Benoem die kunstenaar en sê waarom jy dink sy/haar werk suksesvol is.
      Verwys na vorms, patrone, materiaal en funksionaliteit om jou aansprake
      te regverdig.                                                               (6)

4.4   Verduidelik hoe die Bauhaus Skool van Kuns en Argitektuur vlyte in die
      wêreld van vandag beïnvloed het.                                            (3)
                                                                                 [20]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                 VISUELE KUNSTE V1                          11

        FIGUUR 4a:                         FIGUUR 4b: Montebello Vlyt- en
        Volstruiseierdopkrale.             Ontwerpsentrum, Kaapstad.
                                           Stoel gemaak van indringer-
                                           plantegroei.

             FIGUUR 4c: M. Buthelezi. Handsak gemaak van plastieksakke.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             VISUELE KUNSTE V1                           (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 5

KUNS EN MAG – GEDENKGEBOUE, GEDENKTEKENS EN KUNSWERKE

5.1   Verwys na FIGUUR 5a. Bespreek hoe hierdie kolossale beeldhouwerk
      van die Amerikaanse Presidente kommentaar gelewer het op die
      Amerikaanse geskiedenis en nasie.                                              (4)

5.2   Vergelyk, deur middel van die gebruik van paragrawe, FIGURE 5a en 5b.
      Verwys na kunselemente, materiale en toepaslike beginsels in beeldhou.         (8)

5.3   Kies die werk van enige EEN ander kunstenaar wat gedenkgeboue en
      gedenktekens gemaak het ter ere van beroemde mense of gebeure.
      Beskryf en bespreek een of meer werke deur die kunstenaar. Gee
      aandag aan materiale, vorms en tegniese besonderhede wat die
      boodskap affekteer, asook enige ander opmerklike besonderhede.                 (8)
                                                                                    [20]

Woordelys:

Kolossaal =   so indrukwekkend in grootte of impak, dat dit verwondering
              aanwakker.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                VISUELE KUNSTE V1                      13

        FIGUUR 5a: Gutzon Borglum en Lincoln Borglum. Amerikaanse
        Presidente. Rushmore-berg, Suid-Dakota, VSA. 1930’s.

        FIGUUR 5b: Claudette Schreuders. Standbeelde op Nobel-Plein.
        Kaapstad, Brons. 2008.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             VISUELE KUNSTE V1                             (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 6

ROL VAN FORMELE- EN INFORMELE KUNSSENTRUMS IN DIE OPLEIDING
VAN KUNSTENAARS IN SUID-AFRIKA GEDURENDE EN NA APARTHEID.

6.1   Noem TWEE punte, met redes, waarom die werk deur Sihlali in FIGUUR
      6a, as ŉ werk van Pollystraat Informele Skool beskryf kan word. Staaf
      jou antwoord duidelik.                                                           (4)

6.2   Vergelyk die twee kunswerke in FIGURE 6b en 6c, in terme van die
      volgende kriteria:

         Komposisionele rangskikkings.
         Liniêre kwaliteite en hoe dit die waarde van die werke beinvloed.
         Hoe afbeeldings ŉ verskil in tydperke aandui van 6b tot 6c.                   (6)

6.3   Al die informele skole sedert die 1940’s, het ŉ enorme rol gespeel in die
      ontwaking van talent van Swart Suid-Afrikaners. Kies TWEE werke, deur
      enige kunstenaar/s wat jy bestudeer het van enige van hierdie informele
      skole, en evalueer die werke. Gee aandag aan die volgende:

         Toepaslike kunselemente
         Hoe komposisionele rangskikking spreek van moderniteit al dan nie.
         Watter boodskappe vanuit die afbeeldings geinterpreteer kan word             (10)
                                                                                      [20]

      N.B. AS JY POLLYSTRAAT KIES, VERSEKER DAT JY ANDER
      KUNSTENAARS EN WERKE KIES AS DIE WAT GEÏLLUSTREER IS VIR
      HIERDIE VRAAG. JY MAG NIE DIE TWEE WERKE IN FIGURE 6a, 6b
      oF 6c HERHAAL NIE..

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                                              VISUELE KUNSTE V1                                       15

                                          Durant Sihlali Street vendors, Kliptown 1980
                                               watercolour on card 51 x 73 cm

                    FIGUUR 6a: Durant Sihlali. Straatsmouse, Kliptown. 1980

                           Azaria Mbatha Jesus after Death                        Azaria Mbatha Modern Times c.1990
                   linocut on paper 32.2 x 56.1 cm (edition 33/100)                      Linocut 45.5 x 59.5 cm

       FIGUUR 6b and 6c: Azaria Mbatha. Links: Jesus na die dood. Geen datum.
       Regs: Moderne Tye. Beide is Linosnee. 1990..

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                             VISUELE KUNSTE V1                         (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 7

MULTI-MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE
KUNSVORMS

7.1   Verwys na FIGUUR 7a. Duchamp se Dada-geinspireerde werk, soos
      geillustreer, was innoverend vir sy tyd. Verduidelik die simboliek van
      die welbekende meesterstuk.                                                  (3)

7.2   Bespreek hoe die media in beide die werke van FIGURE 7a en 7b,
      kreatiewe en insigryke boodskap skep.                                        (4)

7.3   Verwys na FIGURE 7c en 7d. Vergelyk hierdie twee werke, met
      beklemtoning van veral die ooreenkomste. Gebruik die punte
      hieronder om jou in jou beplanning te ondersteun:

         Die sosiale- en geskiedkundige verband van elke werk.
         Hoe die verskillende media betekenisse aandui.
         Die struktuur van elk en die boodskappe hierin vervat.                    (6)

7.4   Analiseer en evalueer EEN werk deur enige kontemporêre
      kunstenaar wat multi-media in sy of haar werk gebruik.                       (7)
                                                                                  [20]

Woordelys:

innoverend = bevat nuwe gedagte; nuut vir die tyd; toon verandering.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                VISUELE KUNSTE V1                           17

        FIGUUR 7a: Marcel Duchamp.          FIGUUR 7b: Andrew Putter.
        Bruid Kaalgestroop deur haar        Bessie. Gemengde Media. 2009
        Oujongkerels Selfs. Gemengde
        media. 1915.

        FIGUUR 7c: Sue Williamson.          FIGUUR 7d: Barthelemey Toguo.
        Uit die As. Gemengde media. 1994.   Pad vir ballingskap. Gemengde
                                            media. 2009.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                              VISUELE KUNSTE V1                         (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 8

KUNS EN DIE SPIRITUELE RYK – KWESSIES IN KUNS RAKENDE
GELOOFSISTEME EN DIE HEILIGE

8.1   Bestudeer die visuele bronne wat verskaf is in FIGURE 8a en 8b.
      Definieer duidelik jou reaksie tot beide kunswerke. Verwys veral na
      afbeelding, maar jy mag ook na ander kriteria verwys. Sê waarom jy dink
      dit spirituele werk is, al dan nie.                                           (5)

8.2   Analiseer die werk deur Bill Viola in FIGURE 8c, krities. Verwys na die
      volgende om jou te ondersteun:

         Komposisie
         Gebruik van die liggaam en objekte
         Fotografiehoek en beligting                                                (6)

8.3   Verwys na FIGUUR 8d. Op watter wyse/s het Tracy Rose die Adam en
      Eva anders uitgebeeld in die Verdrywing-uit-Eden-verhaal, as ander
      kunstenaars in die geskiedenis? Verwys na spesifieke gedeeltes van
      hierdie werk. Jy mag ook verwys na een of twee ander kunstenaars wat
      in die verlede hierdie tema aangedurf het.                                    (4)

8.4   Kies enige ander werk van spirituele aard wat jy bestudeer het. Benoem
      die kunstenaar en die werk, en beskryf dit versigtig.                         (5)
                                                                                   [20]

Woordelys:

Chimera = ŉ visioen; iets nie van hierdie materiële fisiese wêreld nie.

Yves = die naam van ŉ manlike persoon.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                 VISUELE KUNSTE V1                         19

        FIGUUR 8a: Deborah Bell.            FIGUUR 8b: Deborah Bell.
                                            Chimera. 2009

        FIGUUR 8c: Bill Viola. Suiwering.   FIGUUR 8d: Tracy Rose.
        Fotografie op twee skerms.          Adam en Yves. Fotografie met
        2005.                               digitale deklae

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                               VISUELE KUNSTE V1                           (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 9

GESLAGSKWESSIES

      Manlikes en vroulikes is in vele gestereotipeerde cliche-rolle
                                 geplaas.

   “Lisa Brice, ŉ Suid-Afrikaanse kunstenaar as voorbeeld, was geskok deur die
 uitbuitende situasie in ŉ kroeg in Thailand, waar “elke tweede vroulike ŉ skamel-
       geklede prostituut was. Vele was jong meisies en was deur hul ouers
  verkwansel vir items soos TV-stelle. Degraderende kentekens in hierdie kroeg
 het vroue gereduseer tot vroulike fratse om die konstante vloei van uitlanders te
                            vermaak op sekspakettoere.”

                [Aanhaling vryelik vertaal uit die boek van Sue Williamson’s, The
                Future Present.]

9.1    Met verwysing na FIGUUR 9a, definieer duidelik hoe afbeelding, kleure en
       uitleg die inhoud van die bogaande stelling beklemtoon.                         (6)

9.2    Verwys na FIGURE 9b en 9c. Evalueer die werke deur Wilma Cruise en
       Trevor Makhoba. Verwys veral na die sosiale boodskappe van beide. Jy
       mag kies om enige van die kunselemente en -beginsels te gebruik om jou
       opmerkings te staaf. Hierdie antwoord moet nie langer as een tot een en
       ŉ halwe bladsye wees nie.                                                       (9)

9.3    Kies EEN werk deur ŉ ander kunstenaar wat ŉ belangrike boodskap lewer
       oor geslagskwessies en beantwoord die volgende vraag in verband met
       jou gekose werk:

          Die titel van die werk en die naam van die kunstenaar.
          ŉ Definisie van die boodskap van hierdie kunswerk, soos jy dit sien..
          ŉ Kommentaar oor hoe die kunstenaar sy voorgenome betekenisse
          bereik het.                                                                  (5)
                                                                                      [20]

Woordelys:

Uitbuitend =       Misbruik van ŉ ander persoon vir eie gewin of voordeel.

Geslagsherpes      = ŉ Siekte van die geslagsdele gekenmerk deur blase op die
                   vel of slymvliese. Dit word veroorsaak deur
                   onoordeelkundige omgang met vele seksmaats.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                     VISUELE KUNSTE V1                     21

             FIGUUR 9a: Lisa Brice. Sekskatjie, Geslagsherpes Gaan voort
                        Maak my dag. Gemengde media. 2003

          FIGUUR 9b:

          Wilma Cruise
          Drie Skakerings Bulle-
          bakseuns I, II en III.
          Keramiek en gegote
          metaal op beton basisse.
          1993

         FIGUUR 9c:

         Trevor Makhoba
         ŉ Harde Hou in Beijing.
         Olieverf

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                             VISUELE KUNSTE V1                         (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 10

KONTEMPORÊRE ARGITEKTUUR

10.1 Verwys na FIGURE 10a en 10b. Waarom het argitekte, volgens jou
     opinie, begin om hierdie tipe “geboue” te ontwerp en op te rig? Staaf jou
     antwoord met spesifieke verwysings na hierdie twee strukture.                 (2)

10.2 Verwys na FIGUUR 10b. Peter Rich het `ŉ internasionale toekenning
     gewen vir die Mapungubwe-kompleks. Gee TWEE redes, met stawing,
     waarom jy dink dit so uitsonderlik is. Jy mag na ander gedeeltes van
     hierdie kompleks verwys as stawing.                                           (4)

10.3 Verwys na FIGURE 10c en 10d. Skryf ŉ analiserende opstel van een
     bladsy oor die twee geboue. Gebruik die onderstaande punte as jou
     aanwysers:

          Naam van die styl van argitektuur
          ŉ Analise van TWEE fasette van elke gebou, om jou punte te staaf.
          Hoe die eksterne materiaal bydra tot, of afbreek doen aan die
          stadsomgewing..                                                          (7)

10.4 Kies EEN gebou wat jy bestudeer het en evalueer die elemente van die
     argitektuur van hierdie gebou in die lig van kontemporêre wêreldstyle.
     Jou antwoord moet jou kennis en insig toon van kontemporêre
     wêreldstyle.                                                                  (7)
                                                                                  [20]

WOORDELYS:

Faset =   ŉ gedeelte van ŉ geheel; ŉ klein, eenvoudige oppervlak, soos die
          faset van ŉ diamant of ŉ gebou.

                                                                     TOTAAL:       100

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                VISUELE KUNSTE V1                          23

        FIGUUR 10a: Wilg- en Esdoring- FIGUUR 10b: Peter Rich.
        boompies. Wisconsin, Amerika.  Mapungubwe Erfenis en Kongres-
        2004.                          sentrum. Limpopo. 2009.

        FIGUUR10c: Coop Himmelbau         FIGUUR 10d: Shaun Killa. Suid-
        Una Palast Rolprentteater. 1998   Afrikaans. Bahrain Wêreld
                                          Handelsentrum.

## Related documents

- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT2012](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept2012/0dd6273b-d159-4c4b-8ef0-b0d160551416) — Visual Arts · QP · 2012
- [VISUELE KUNSTE V1 G12 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/visuele-kunste-v1-g12-memo/b2ac551c-386e-4c48-8262-1d90528cb5dd) — Visual Arts · Memo · 2012
- [VISUAL ARTS P1 G12 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-g12-memo-eng/8aac6f96-9b1a-4088-9ab2-bc6d6443814d) — Visual Arts · Memo · 2012 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2012 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2012-afr/b8528ac4-89bc-4562-ae87-af539f239f84) — Visual Arts · QP · 2012 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2012-eng/29a19ed0-ad22-49a4-9d60-ba2dde0f633b) — Visual Arts · QP · 2012 · Eng
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 AFR](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-afr/ef088a2d-fd90-4fce-839b-acb3874ab33f) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
