# Mathematical Literacy Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/wisk-gelet-v1-gr12-sept2016-qp-afr/633b48f4-148b-431a-87fa-6d49686cc620
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/wisk-gelet-v1-gr12-sept2016-qp-afr/633b48f4-148b-431a-87fa-6d49686cc620)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                         SEPTEMBER 2016

          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                                 *MLITA1*

          Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en ŉ addendum met bylaes.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1               (EC/SEPTEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord ALLE vrae.

 2.     2.1    Gebruik addendum met BYLAE vir die volgende vrae:
               BYLAAG A vir VRAAG 4.1
               BYLAAG B vir VRAAG 5.1

        2.2    ANTWOORDBLAD 1 vir VRAE 4.1.4 en 4.1.7
               Skryf jou GRAAD en jou NAAM in die voorsiende spasies op die
               ANTWOORDBLAD en handig dit in saam met jou
               ANTWOORDEBOEK.

 3.     Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat hierdie
        vraestel gebruik is.

 4.     Diagramme is nie noodwendig volgens skaal geteken nie.

 5.     Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die konteks wat gebruik
        is, tensy anders aangedui.

 6.     Dui meeteenhede aan waar van toepassing.

 7.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 8.     ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.

 9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                 3

VRAAG 1

1.1     Layla, ŉ 43-jarige vrou het ŉ uittree-annuïteit (UA) polis uitgeneem met ŉ
        versekeringsmaatskappy. Die uittree-annuïteit uitkeerbedrag wat uitbetaal
        word aan die polishouer sal deur die SAID (SARS) belas word. In
        November 2015 het sy ŉ staat vir hierdie uittree-annuïteit polis ontvang.

        TABEL 1:       Uittreksel van uittree-annuïteit staat soos op 3 Oktober
                       2015 vir die finansiële jaar 2014–2015.

        Polisnommer                            7 011 567 723
        Polistipe                              Flexi Pension Pure (Geen dekking)
        Beleggingsportefeulje                  Stryk Bonus Portefeulje
        Maandelikse bydrae                     R631,94
        Uitkeerwaarde                          Minimum: R104 227,00 tot
                                               Maksimum: R506 474,00
        Uitkeerdatum                           1ste AUGUSTUS 2032
        Sterftevoordeel                        R122 138,71
        Premieverhoging                        10,00% per jaar
        (vaste)
        Laaste paaiement                       1ste Julie 2032
        Die volgende staat sal uitgereik word op die 3de Oktober 2016 vir die
        finansiële jaar 2015–2016.

        Gebruik die inligting vanaf TABEL 1 om die volgende vrae te beantwoord:

        1.1.1    Skryf die afkorting SAID (SARS) voluit.                                  (2)

        1.1.2    Bepaal die periode (in maande) dat hierdie polis is geldig vanaf
                 1ste November 2016 tot die uitkeerdatum.                                 (3)

        1.1.3    Skryf die maksimum uitkeerwaarde in woorde.                              (2)

        1.1.4    Bereken die verskil tussen die sterftevoordeelbedrag en die
                 minimum uitkeerwaarde wat teen die uitkeerdatum ontvang sal
                 word.                                                                    (3)

        1.1.5    Skryf neer die verhouding van die sterftevoordeel tot die
                 maksimum uitkeerwaarde in die vorm 1 : …                                 (3)

        1.1.6    Skryf neer die maandelikse bydrae vir die 2014–2015 finansiële
                 jaar.                                                                    (2)

        1.1.7    Bereken die totale jaarlikse bydrae vir die 2013–2014 finansiële
                 periode.                                                                 (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                   (EC/SEPTEMBER 2016)

1.2    Bonny ontwerp, druk en pos verjaarsdagkoopbewyse aan verskillende
       maatskappye. Hieronder is ŉ promosie beskrywing advertensie vir 500
       koopbewyse en die koste betrokke.

                          TABEL 2: Promosie Beskrywing
                           Verjaarsdag Geskenkbewyse
        Verlossing item                      Geskenkbewys
        Begindatum                           1 April 2016
        Einddatum                            30 April 2016
        Koste van verkope %                  35%
        Aantal ontvangers                    500
        Maaltyd Koopbewys Waarde             $15,00

        Uitgawes              Verkoper             Kosteberamings (Dollars)
        Drukker               Bet Drukkers         $225
        Posgeld               Poskantoor           $200
        Grafiese Ontwerp      Premier              $175
                              Ontwerpers
        Arbeid                Binnehuisarbeid      $50
                               Totale begroting    $650
                                                      [Bron: www.restaurantowner.com]

        Wisselkoers: 1$(US dollar) = R15,409095

        Gebruik die inligting in TABEL 2 om die volgende vrae te beantwoord:

        1.2.1    Wys hoe die totale begroting van $650 bereken was.                      (2)

        1.2.2    Druk die uitgawe vir die grafiese ontwerp uit as ŉ persentasie van
                 die totale begroting. Gee jou antwoord tot die naaste
                 persentasie.                                                            (3)

        1.2.3    Bereken die totale koste (in dollars) van die maaltyd koopbewyse
                 wat gedurende hierdie maand uitgereik was.                              (3)

        1.2.4    Herlei die totale koste van die maaltyd koopbewyse wat uitgereik
                 was na Rand.                                                            (2)

        1.2.5    Bereken die posgeld van EEN geskenkbewys in dollars.                    (2)

        1.2.6    Skryf neer die promosie periode van die maaltyd koopbewyse.              (2)
                                                                                         [34]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                 5

 VRAAG 2

 2.1    Nicky is ŉ kersmaker en verkoop die kerse aan mense waar sy bly en ook
        aan die kerk.

                        PRENTE: Silindriese en reghoekige kerse

        (1 m3 = 1 000 000 cm3 en 1 liter = 1 000 cm3)
                                                      [Bron: www:all-free-download.com]

        Bestudeer die prente van die verskillende kerse hierbo en beantwoord die
        volgende vrae.

        2.1.1    Bereken die volume (in cm3) van die was (wax) wat benodig word
                 om ŉ silindriese kers te maak (Ignoreer die holte wat vir die pit
                 gemaak is).

                 Jy mag die volgende formule gebruik:

                 Volume van ŉ silindriese kers = 𝝅 × (radius)2 × hoogte
                 waar 𝝅 = 𝟑, 𝟏𝟒𝟐                                                           (4)

        2.1.2    Nicky smelt vyf liter was per dag en gooi dit in kersvorms. Bereken
                 die aantal silindriese kerse wat sy van vyf liter was kan maak.           (3)

        2.1.3    Bereken die gewig van die was in gram om ŉ silindriese kers te
                 maak. (Gee jou antwoord tot die naaste gram.)

                 Jy mag die volgende formule gebruik:

                 Kersgewig (g) = paraffienwas-digtheid x volume van een kers,
                 Waar die paraffienwas-digtheid = 0,93 g / cm3                             (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                  (EC/SEPTEMBER 2016)

        2.1.4   Bereken die totale buite-oppervlak (TBO) van ŉ reghoekige kers
                wat deur Nicky gemaak word.

                Jy mag die volgende formule gebruik:

                                    𝑻𝑩𝑶 = 2(𝑙 × 𝑏) + 2ℎ(𝑙 + 𝑏)                           (4)

        2.1.5   Bestudeer die boks hieronder wat Nicky sal gebruik om haar
                sirkelvormige kerse af te lewer en beantwoord die vrae wat volg.

                Hoogte van die boks = 26 cm
                Breedte = 15 cm
                Lengte = 15 cm

                Bereken die aantal silindriese kerse wat regop in die boks gepak
                sal word vir die eerste laag op die onderkant van die boks.              (4)

        2.1.6   Nicky gebruik ŉ termometer om die wastemperatuur na te gaan
                wanneer dit verhit word. Bestudeer die diagram wat voorsien is
                en beantwoord die vrae wat volg.

                                                 [Bron: Aangepas vanaf www.yms.co.za]

                (a)   Skryf neer die temperatuurlesing van die termometer hierbo.        (2)

                (b)   Herlei die temperatuurlesing op die termometer na grade
                      Celsius (℃).

                      Jy mag die volgende formule gebruik:

                                           ℃ = (℉ − 𝟑𝟐°) ÷ 𝟏, 𝟖                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                               7

 2.2    Nicky koop kandelaarligte by Lite City vir haar eetkamer. Die oppervlak
        van haar eetkamer se plafon is 12 m2. Die reghoekige lig is 50 cm lank
        en die hoogte is 25 cm.

        Bestudeer die diagram hieronder wat die syaansig van die eetkamer wys
        en die ligging van die lig om die vrae wat volg te beantwoord.

        2.2.1    Bereken die hoogte vanaf die vloer na die onderkant van die lig.
                 Gee jou antwoord in meter.                                            (3)

        2.2.2    Bereken die breedte van die eetkamer as die lengte 1,7 m meer
                 as die hoogte van die eetkamer is.

                 Jy mag die volgende formule gebruik:

                 Oppervlak van ŉ reghoek = lengte x breedte                             (3)
                                                                                       [29]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                (EC/SEPTEMBER 2016)

  VRAAG 3

  3.1    Graad 12 leerders gebruik plakkers met hul eksamennommers op wat
         hulle op hul lessenaars vasplak. Bestudeer die sitplekplan van die
         Graad 12 leerders hieronder tydens hulle finale eksamen van 2015 en
         beantwoord die vrae wat volg.

Vullisdrom

         3.1.1   Gee die kompasrigting van ŉ leerder met eksamennommer 008
                 vanaf ŉ leerder met eksamennommer 005.                                (2)
         3.1.2   Identifiseer die skaal van die kaart.                                 (2)
                 .
         3.1.3   Bereken die afmetings van die boekrak in meter.                       (3)
         3.1.4   Acks, ŉ leerder met eksamennommer 015 het laat gekom. Sy
                 was nie toegelaat om tussen die ander lessenaars deur te loop
                 nie. Teken die roete wat sy gebruik om haar lessenaar te bereik.      (2)
         3.1.5   Bepaal die aantal leerders wat betyds hul eksamen begin skryf het
                 indien al die lessenaars beset was.                                  (2)
         3.1.6   Bepaal die waarskynlikheid dat ŉ leerder lukraak gekies sal word
                 wie se eksamennommer ŉ ewegetal is.                                   (2)

 Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                 9

3.2     Hieronder is ŉ kaart van Glensheiling karavaanpark in KwaZulu-Natal.

                                                                 [Bron: www.glensheiling.co.za]

        Gebruik die kaart van Glensheiling karavaanpark hierbo om die volgende
        vrae te beantwoord:

        3.2.1    Bepaal die aantal kampeerterreine noord van die speelgrond.              (2)

        3.2.2    Leeckay is by ontvangs en word ingelig dat 11b aan hom
                 toegeken is. Skryf vir hom die rigtingaanwysings neer oor hoe hy
                 by sy kampeerterrein sal uitkom.                                         (3)

        3.2.3    Bepaal die aantal karavane/kajuite wat in hierdie kaartuitleg
                 getoon word.                                                             (2)

        3.2.4    Een kampeerterrein het bome en struike agter en een boom
                 langsaan. Skryf neer die nommer wat hierdie kampterrein aandui.          (2)

        3.2.5    Noem EEN ontspanningsfasiliteit naby die Foreldam.                       (2)
                                                                                         [24]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                    (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 4

4.1   Die Suid-Afrikaanse rugbyspan (Springbokke) het teen die Nieu-Seelandse
      rugbyspan (All Blacks) tydens die Wêreldbeker gespeel. Bestudeer die
      uittreksel van die Springbokke en All Blacks spelers se toets statistieke wat
      voorsien word in BYLAAG A en beantwoord die vrae wat volg.

      4.1.1   Bereken die gemiddelde gewig van die Springbokspan se spelers.              (3)

      4.1.2   Identifiseer die waarde van ŉ uitskieter vanuit die All Black spelers se
              punte.                                                                      (2)

      4.1.3   Bereken die modale hoogte vir beide spanne.                                 (2)

      4.1.4   Voltooi die frekwensietabel vir die aantal wedstryde wat deur beide
              die All Black- en Springbokspelers gespeel was.
              Gebruik die tabel hieronder in ANTWOORDBLAD 1 om hierdie vraag
              te beantwoord:

                       Interval                  Telling              Frekwensie
                        0 – 30
                       31 – 60
                       61 – 90
                       91 – 120
                      121 – 150                                                           (5)

      4.1.5   Verduidelik die betekenis van die term waarskynlikheid.                     (2)

      4.1.6   Bepaal die waarskynlikheid om ŉ speler lukraak te kies vanuit die
              Springbokke en All Blacks spelers wie se naam met ŉ J begin. Skryf
              jou antwoord as ŉ persentasie.                                              (2)

      4.1.7   Die lengte van die eerste vyf Springbokspelers is op die grafiek in
              ANTWOORDBLAD 1 afgesteek. Herhaal dit vir lengte van die eerste
              vyf All Blackspelers om ŉ saamgestelde balkgrafiek te teken. Gebruik
              die grafiek wat vir VRAAG 4.1.7 in ANTWOORDBLAD 1 voorsien is.              (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2016)             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                  11

4.1.8   Gebruik die grafiek hieronder wat die drieë aangeteken toon deur agt spelers van
        die All Blacks en Springbokke om die vrae wat volg te beantwoord.

        (a)     Bereken die mediaan drieë vir die All Blackspan.                                      (3)

        (b)     Bepaal die omvang van die drieë vir die Springbokspan.                                (3)

        (c)     Identifiseer die tipe grafiek wat deur die spelers se driee geïllustreer is.          (2)

  Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                   (EC/SEPTEMBER 2016)

4.2   Suid-Afrika is ŉ nasie van diversiteit, met ŉ wye verskeidenheid kulture, tale en
      godsdienstige oortuigings. Bestudeer die tabel wat die sensusuitslae van
      2006 en 2011 toon om die vrae wat volg te beantwoord.

      TABEL 3: SUID-AFRIKAANSE BEVOLKING – SENSUS 2006 and 2011

                                             2011                      2006
              Bevolkingsgroep Aantal            % van tot     Aantal       % van
                                                                           totaal
      1.      Swart                41 000 938       79,2      37 662 900      79,5
      2.      Blankes               4 586 838         B        4 365 300       9,2
      3.      Kleurling             4 615 401         B        4 198 800       8,9
      4.      Indiër/Asiaat         1 286 930        2,5       1 163 900       2,4
      5.      Ander                  280 454         0,5           -
                   TOTAAL               A          100%                      100%
                                                                 [Bron: www.statssa.co.za]

      4.2.1    Identifiseer die mediaan bevolkingsgroep in Suid-Afrika in 2011.               (2)

      4.2.2    Bereken die waarde van A; die totale bevolking in Suid-Afrika in 2011.         (2)

      4.2.3    Identifiseer die bevolkingsgroepe met ŉ verskil van 28 563 in getalle in
               2011.                                                                          (2)

      4.2.4    Identifiseer die bevolkingsgroep wat die minderheid is in Suid-Afrika in
               2006.                                                                          (2)

      4.2.5    Bereken die waarde van B, die persentasie van die blanke-
               bevolkingsgroep.                                                               (3)
                                                                                             [40]

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                13

VRAAG 5

5.1     Lindi ontvang ŉ rekeningstaat van ŉ mediese instelling. Mense sluit aan by
        ŉ mediese skema wat maandeliks ŉ sekere bedrag van hul salaris aftrek en
        betaal dan hul mediese rekeninge. Hulle word dan lidmate van daardie
        mediese skema. Hierdie mediese skema betaal nie vir alles nie; somtyds
        word pasiënte deur die mediese instelling gevra om ŉ sekere bedrag in te
        betaal.

        Bestudeer die rekeningstaat in BYLAAG B en beantwoord die vrae wat volg.

        5.1.1    Noem die instelling wat die rekeningstaat uitgereik het.                      (2)

        5.1.2    Bepaal die agterstallige bedrag wat op die staat aangedui is.                 (2)

        5.1.3    Bepaal die bedrag wat deur die mediese skema vir elastocrepe
                 betaal is.                                                                    (2)

        5.1.4    Identifiseer die bedrag waarvoor die pasiënt aanspreeklik gehou
                 word vir die doktersbesoek (konsultasie) op 20 November 2015.                 (2)

        5.1.5    Wys hoe die totale bedrag verskuldig bereken was.                             (2)

        5.1.6    Gee ŉ rede waarom Lindi die dokter op 20 November 2015 besoek
                 het.                                                                          (2)

        5.1.7    Bereken die prys van die urine maatstoklesing insluitende Belasting
                 op Toegevoegde waarde (BTW): BTW = 14%                                        (3)

        5.1.8    Skryf neer die aantal maande wat die uitstaande bedrag verskuldig
                 was.                                                                          (2)

5.2     Nonine het siek geword en het ŉ dokter besoek. Gebruik die tabel hieronder
        wat toon watter medikasie aan haar voorgeskryf is en beantwoord die vrae
        wat volg.

        Tabel: Gesertifiseerde doktersvoorskrif (sommige inligting is
        weggelaat)

        Tipe medikasie                                            Volume         Aantal
                                                                                  dae
        Flusin DM: Neem twee medisynemaat 10 mℓ drie               Stroop
                                                                                  10
        keer per dag                                               100 mℓ
        Ponstan 50 mg/5 mℓ: Neem drie medisynemaat 15
                                                                   200 mℓ         10
        ml vier keer per dag
        Augmentin ES 600: Neem twee medisynemaat
                                                                   100 mℓ          5
        10 mℓ twee keer per dag **voltooi die voorskrif**

        5.2.1     Bereken die aantal milliliter medisynemaat wat Nonine soggens met
                  ontbyt en saans met aandete moes neem.                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                 (EC/SEPTEMBER 2016)

        5.2.2   Bereken die oorblywende hoeveelheid Augmentin ES 600 as dit nie
                op die laaste dag geneem word nie.                                       (2)

5.3     Die Springbokke en All Blacks wedstryd statistieke word hieronder aangedui:

        TABEL 4: Wedstryd statistieke vir die All Blacks en Springbok spanne

                                   Wedstryd statistieke
        Spanne                       Springbokke                  All Blacks
        Balbesit                         40%                         60%
        Duikslae                         116                          84

        Druk die persentasie balbesit van die span met die hoogste persentasie uit
        in ŉ vereenvoudigde gewone breuk.                                                (2)
                                                                                        [23]

                                                                          TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                       15

 GRAAD 12:

 NAAM VAN
 LEERDER:

 ANTWOORDBLAD 1

 VRAAG 4.1.4

           Interval                Telling                Frekwensie
             0 – 30
            31 – 60
            61 – 90
           91 – 120
          121 – 150                                                                (5)

 VRAAG 4.1.7

                                                                                (5)

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [MATHS LIT P1 GR12 SEPT2016 QP Engl](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-sept2016-qp-engl/1a6cfa62-dc1e-4bb1-85eb-4c6c64a35eac) — Mathematical Literacy · QP · 2016
- [Gr12 MLIT P2 S16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mlit-p2-s16-qp-afr/b77325c2-3c3b-4c3c-be46-652aeb24f442) — Mathematical Literacy · QP · 2016 · Afr
- [WISK GELET V1 GR12 MEMO SEPT2016 AFR](https://www.hlayiso.com/library/wisk-gelet-v1-gr12-memo-sept2016-afr/b6cd1c34-56ed-4241-abc7-6856c765cb71) — Mathematical Literacy · Memo · 2016 · Afr
- [Mlit P2 Qp Eng](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p2-qp-eng/5112a8b0-f408-4b65-b524-01bb7fa149f3) — Mathematical Literacy · QP · 2016 · Eng
- [Grade 12 NSC Mathemetical Literacy P1 10601 Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathemetical-literacy-p1-10601-preperatory-2016-question-paper/b750a56f-881e-4e5b-a8db-41529c37069f) — Mathematical Literacy · QP · 2016
- [Mathematical Literacy P1 May June 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-may-june-2016-afr/ee3669e1-ed02-42e4-a822-afd11f990fc3) — Mathematical Literacy · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
