# Mathematical Literacy Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012, 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/wisk-gelett-v1-qp-gr12-sept-2012/3f85d973-153f-419d-8b70-12359bc1ee86
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/wisk-gelett-v1-qp-gr12-sept-2012/3f85d973-153f-419d-8b70-12359bc1ee86)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Provinsie van die
                  Oos-Kaap
                  ONDERWYS

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2012

         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                              *MLITA1*

           Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, insluitende 2 bylae.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                   (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat jy die vrae beantwoord:

1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.    VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.1 moet onderskeidelik op die aangehegte
      BYLAES A en B beantwoord word. Skryf jou naam in die spasie wat
      voorsien is en handig die bylae saam met jou ANTWOORDEBOEK in.

3.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel op die vraestel.

4.    `ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) mag
      gebruik word, tensy anders aangedui.

5.    ALLE berekeninge moet duidelik gewys word.

6.    ALLE finale antwoorde moet tot TWEE desimale plekke afgerond word,
      tensy anders aangedui.

7.    Begin ELKE vraag op `ŉ NUWE bladsy.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                    3

 VRAAG 1

 Jy en jou Engelse neef, John is albei in matriek hierdie jaar en julle het julle laaste
 3 Wiskundige Geletterdheid take vergelyk.

 1.1    Jou punte was soos volg:

           ;        en

        1.1.1      Herlei hierdie punte na persentasies.
                   (Rond al jou antwoorde af tot die naaste persentasie.)                  (3)

        1.1.2      Bereken die gemiddelde persentasie van jou punte.                       (3)

 1.2    John se punte was soos volg:

           ;       en

        1.2.1      Herlei hierdie punte na persentasies.
                   (Rond al jou antwoorde af tot die naaste persentasie.)                  (3)

        1.2.2      Bereken John se gemiddelde persentasie van sy punte.                    (3)

        1.2.3      Wie het die beste gevaar in hulle werk?                                 (1)

 1.3    Jy beplan om met vakansie te gaan en om jou familie oor die Kersseisoen
        te besoek. Jou tante het jou gevra om jou ma se resep vir haar
        melktertvulsel saam te bring, want sy wil dit graag maak vir die familietee
        op Kersdag.

        Jou ma het die resep gegee en die volgende is die bestanddele wat
        benodig word:

        MELKTERTVULSEL

        540 mℓ melk
        85 g meel
        1 knippie sout
        30 g margarien
        100 g suiker
        Kaneelsuiker na smaak

        Ma se wenk –
        Geheim om dit reg te laat stol, lê in die bak!

        Bak teen 220 ℃ vir 20 minute en verlaag dan na 200 ℃ vir die laaste 10
        minute.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                    (SEPTEMBER 2012)

Die resep van jou ma is in metrieke afmetings en jou tante is gewoond daaraan
om imperiale afmetings te gebruik. Jy sal die resep moet verander voordat jy met
vakansie gaan. Voor in die resepteboek word die volgende tabel gegee:

                                           Massa
       Onse na gram                       1 ons (oz)              25 gram (g)
       Pond na gram                       1 pond (lb)             400 gram (g)
                                           Volume
       Pint na milliliter                    1 pint                  560 ml
       Eetlepel na milliliter              1 eetlepel                12,5 ml
       Teelepel na milliliter              1 teelepel                5ml

      1.3.1   Verander die hoeveelhede benodig vir die melk, meel, margarien
              en suiker na imperiale afmetings deur die tabel hierbo te gebruik.
                                                                           (4 x 2)        (8)

      1.3.2   Verander die grade Celsius na Fahrenheit deur die volgende
              formule te gebruik;
              ℉ = (9/5 x ℃) + 32                                         (2 x 2)          (4)

1.4   Om met vakansie te gaan, sal dit nodig wees dat jy spaar om vir jou
      vliegkaartjie te betaal en om genoeg sakgeld te hê terwyl jy oorsee is.

      Jou retoervliegkaartjie kos R6 573,00. Die reisagent wat jy gebruik, gaan
      jou toelaat om hulle “Vlieg nou, Betaal later” skema te gebruik.
      Dit beteken dat jy ŉ deposito van 10% moet betaal en die res moet
      maandeliks afbetaal word oor 2 jaar teen 15% enkelvoudige rente.

      Gebruik die formule; A = P (1 + rt)                        A = toekomstige
                              OF                                       waarde
                           A = P + (P x r x t) waar              P = beginwaarde
                                                                 r = rentekoers
                                                                 t = tyd in jare

      1.4.1   Bereken hoeveel jy as deposito moet betaal.                                 (3)

      1.4.2   Bereken hoeveel jy vir jou vliegkaartjie oor 2 jaar sal terugbetaal.        (4)

      1.4.3   Bereken wat jou maandelikse betaling sal wees.                              (3)

      1.4.4   Hoe anders kan jy vir jou vliegkaartjie betaal?                             (1)

1.5   Jy het sakgeld nodig vir jou vakansie. Jy het besluit om £500 te spandeer.
      Die wisselkoers is £1 = R 12,56.
      Bereken hoeveel geld jy moet spaar om £500 te hê.                                   (2)
                                                                                         [38]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                 5

 VRAAG 2

 Sivu koop krale in grootmaat en maak gekraalde juweliersware en tradisionele
 kleredrag wat sy by ŉ uitstalmark verkoop. Die volgende faktuur toon aan wat
 sy op ŉ dag gekoop het.

 KRALE PARADYS: vir al die krale, string en materiaal wat jy nodig sal hê.
 Faktuurno. 23521                                    Datum: 18/3/12
 Hoeveelheid           Beskrywing        Eenheidprys             Bedrag
 6 kg               Glaskrale            R56,00/kg
 100                Kleikrale            R1,80 elk     100 x 1,80   R 180,00
 150                Houtkrale            R1,85 elk
 175                Koperkrale           R2,50 elk
 2 Rolle            String               R45,00/rol    2 x 45       R 90,00
 20 meter           Linne                R57,00/m
                    Ditjies en Datjies   R48,00        1 x 48       R 48,00
                                             Subtotaal
                                             14% BTW
                                                Totaal

 2.1    Gebruik BYLAAG A en voltooi die Bedragkolom vir die tabel hierbo.
        Onthou om die 14% BTW uit te werk en by te tel voordat die totaal van
        die faktuur bereken word.                                                        (10)

 2.2    Sivu het vaste maandelikse onkoste van R375. Haar ander uitgawes is
        vir die materiaal wat sy gebruik vir haar gekraalde juweliersware en
        tradisionele kleredrag.
        Een maand het sy besluit om ŉ opname te maak van al haar uitgawes en
        inkomste van die items om te sien hoe haar besigheid vaar.

        Aantal items        0       10     20      30      40      100     150     200
        verkoop
        Uitgawes           375    425    475      525     575      875 1 125 1 375
        Inkomste            0     150    300      450     600     1 500 2 250 3 000

        2.2.1      Gebruik die inligting vanaf die tabel en trek ŉ lyngrafiek wat Sivu
                   se uitgawes wys sowel as ŉ grafiek wat sy inkomste wys op
                   dieselfde assestelsel. Gebruik BYLAAG B om jou grafieke te
                   teken.                                                                 (7)

        2.2.2      Gebruik jou grafiek om uit te werk hoeveel Sivu moet verkoop om
                   gelyk te breek.                                                        (2)

        2.2.3      Bereken hoeveel wins Sivu in hierdie maand gemaak het, as sy
                   200 items verkoop het.                                                 (2)

        2.2.4      Met die gebruik van die grafiek, bepaal hoeveel items sy moet
                   verkoop om ŉ inkomste van R1 800 vir die maand te hê.                  (2)

        2.2.5      Met die gebruik van die grafiek, bepaal wat Sivu se totale
                   uitgawes sal wees indien sy 180 items maak.                            (2)
                                                                                         [25]

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                         (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 3

Statistiek Suid-Afrika het die volgende inligting op hulle webtuiste gepubliseer:

    Elektrisiteitsverbruik deur elke provinsie gedurende 2010 [in gigawatt uur(GWh)]

Wes-        Oos-        Noord-     Vrystaat    KwaZulu-   Noord-       Gauteng     Mpuma-    Limpopo
Kaap        Kaap        Kaap                   Natal      wes                      langa
25 983      9 449       4 724      10 054      47 243     25 984       66 140      35 432    11 811

ŉ Sirkelgrafiek om die inligting te illustreer word hieronder gegee:

           Elektrisiteitsverbruik in 2010 per provinsie

                                                   Wes-Kaap
                                                      11%
                                        Limpopo                    Oos-Kaap
                                          5%                          4%
                     Mpumalanga
                        15%                                        Noord-Kaap
                                                                      2%

                                                               Vrystaat
                                                                  4%

                    Gauteng
                      28%                                          Kwazulu-Natal
                                                                      20%

                                              Noordwes
                                                11%

3.1      Skryf die elektrisiteitsverbruik van die Oos-Kaap neer, afgerond tot die
         naaste duisend.                                                                           (1)

3.2      3.2.1     Watter provinsie het die meeste elektrisiteit gebruik gedurende
                   2010?                                                                           (1)

         3.2.2     Watter persentasie elektrisiteit het hierdie provinsie gebruik?                 (1)

3.3      Watter provinsie(s) het 2% elektrisiteit gebruik gedurende 2010?                          (2)

3.4      Bereken die totale gigawatt uur elektrisiteit wat deur die hele Suid-Afrika in
         2010 gebruik was.                                                                         (2)

3.5      Wat is die verskil in die aantal gigawatt uur wat deur die Wes-Kaap en
         Kwazulu-Natal gebruik word?                                                               (2)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                   7

 3.6   Waarom dink jy is daar ŉ groter verskil in die verbruik van elektrisiteit
       tussen Gauteng en die Oos-Kaap? Gee TWEE geldige redes.                          (2)

 3.7   Die tabel hieronder toon die ESKOM HUISKRAG, nie-plaaslike owerhede
       tariewe wat gebruik word om mense te belas vir elektrisiteit wanneer hulle
       buite die plaaslike munisipaliteite woon.

                                            Energie belas      Omgewingsheffing-
                                            Sent per kWh            koste
                                                                 Rand per dag
        Blok 1            ≤ 50 kWh              60,80                2,28
        Blok 2          51 – 350 kWh            64,39                2,28
        Blok 3         351 – 600 kWh            84,76                2,28
        Blok 4             >600 kWh             93,18                2,28

       3.7.1       Indien Oakleyplaas 49,5 kWh elektrisiteit verlede maand (30 dae)
                   gebruik het, hoeveel het hulle vir elektrisiteit betaal?
                   (Veronderstel die maand het 30 dae.)                                (3)

       3.7.2       Die volgende maand het Oakleyplaas 65,75 kWh elektrisiteit
                   gebruik (31 dae). Hoeveel sal hulle hierdie maand moet betaal?      (4)

       3.7.3       Wat dink jy waarvoor word die omgewingsheffingkoste betaal?         (1)
                                                                                      [19]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                       (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 4

Mnr. Tsabalala was gevra om ŉ kwotasie te oorhandig vir die werk wat Mev.
Smith aan haar nuwe huis vereis, voordat die werk kan begin.

Die sitkamer het die volgende vorm:

                                      6m

                                             10                        ( )
                  4m

4.1   Wat is die lengte van ( )?                                                         (1)

4.2   Wat is die omtrek van die sitkamer?                                                (4)

      Gebruik die formule: Omtrek =
      Gebruik = 3,14                                                                     (4)

4.3   Wat is die vloeroppervlak van die sitkamer?
      Gebruik die formule: Oppervlak =
      Gebruik π = 3,14                                                                   (4)

4.4   Indien die hout vir die vloer, afskuring en vernissing (varnishing) R265/m2
      kos, hoeveel sal dit kos om die sitkamervloer te lê, af te skuur en te
      vernis?                                                                            (2)

4.5   Die vloerlys (skirting board) rondom die omtrek moet vervang word.
      Hoeveel sal dit kos as die hout R55/m kos (afgeskuur en vernis)?                   (2)

4.6   Mnr. Tshabala weet met 3 werkers sal dit 15 ure neem om die werk te
      doen. Die werkers word elk R65 per uur betaal.
      Hoeveel sal die arbeidskoste wees om die werk te doen?                             (3)

4.7   Wat sal die totale koste aan mnr. Tsabalala wees?                                  (4)

4.8   Mnr. Tshabala voeg 65% by die koste om sy besigheidskoste te dek en vir
      sy besigheid ŉ wins te maak. Bereken hierdie wins.                                 (2)

4.9   Wat is die totale koste vir die kwotasie aan Mev. Smith?                          (3)
                                                                                       [25]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                                     9

 VRAAG 5

 Onlangs is ŉ opname gedoen in twee klein besighede in die dorp. Een van die
 goed wat aangeteken was, was die maandelikse salarisse van die persone in
 diens.

                   Maandelikse salarisse van die persone in diens (in Rand)
 Joe se      2 200     2 400   2 400   2 600   2 800   2 800   2 600   2 200   2 300   2 500     2 500   2 700
 Modes
 Mpho se     2 300     3 500   1 900   2 200   2 600   3 100   2 800   2 700   3 000   1 500     2 000   2 400
 Fabriek

 5.1    Bereken die gemiddelde salarisse vir beide besighede.                                  (2 x 3)     (6)

 5.2    Wat is omvang (variasiewydte) van elke besigheid?                                      (2 x 2)     (4)

 5.3    Bereken die mediaan vir beide besighede.                                               (2 x 2)     (4)

 5.4    Bereken die modus vir beide besighede.                                                 (2 x 2)     (4)

 5.5    Beide besighede beweer dat hulle die beste salaris betalers is. Watter
        besigheid dink jy betaal die beste salaris? Gebruik die berekeninge wat jy
        pas gedoen het om jou antwoord te ondersteun.                                                      (3)

 5.6    By watter besigheid sou jy verkies om te werk as jy ‘onder begin’ en ŉ
        minimum salaris sal ontvang? Verduidelik jou keuse.                                                (2)

 5.7    In watter besigheid sou jy verkies om te werk as jy die bestuurder is en ŉ
        salaris naaste aan die maksimum verdien? Verduidelik jou keuse.                                   (2)
                                                                                                         [25]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                    (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 6

Mpho se Fabriek het besluit om beton vullisdromme vir die Munisipaliteit te
vervaardig. Hieronder is ŉ skaaltekening van die vullisdrom en die werklike
afmetings word gegee.

Buitenste hoogte = 1 m
Buitenste lengte = 1 m
Buitenste breedte = 50 cm

6.1   Meet die buitenste hoogte van die vullisdrom in die tekening.                (1)

6.2   Skryf neer die skaal van die tekening van die vullisdrom.                    (3)

6.3   Die vullisdrom is gemaak van beton wat al in die rondte 5 cm dik is. Dit
      beteken dat die binneste afmetings soos volg is:

      Binneste hoogte = 95 cm
      Binneste lengte = 90 cm
      Binneste breedte = 40 cm

      Bereken die binneste volume van die vullisdrom.
      Gee jou antwoord in    .

      Gebruik die formule: Volume =                                                (3)

6.4   Bereken die volume beton wat benodig word om EEN vullisdrom te
      maak. Gee jou antwoord in
      (Leidraad: Bereken die volume van die hele vullisdrom en trek die
      binneste volume daarvan af.)                                                 (5)

6.5   Indien beton R255,50 per      kos, hoeveel sal dit kos om EEN
      vullisdrom te maak?                                                          (3)

6.6   Beton is swaar daarom het die munisipaliteit gevra dat die maatskappy
      plastiek vullisdromme in dieselfde vorm en grootte moet vervaardig
      soos die beton vullisdromme. Indien die plastiek wat gebruik word
      R185,95 per       kos, hoeveel sal dit kos om EEN plastiek vullisdrom te
      maak?                                                                       (3)
                                                                                 [18]

                                                                      TOTAAL:     150

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                           11

 BYLAAG A

 VRAAG 2.1

 NAAM: _______________________________________________________

 KRALE PARADYS: vir al die krale, string en materiaal wat jy nodig sal hê.
 Faktuurno. 23521                                      Datum: 18/3/12

  Hoeveelheid         Beskrywing       Eenheidprys                  Bedrag

 6kg                Glaskrale         R56,00/kg

 100                Kleikrale         R1,80 elk        100 x 1,80       R 180,00

 150                Houtkrale         R1,85 elk

 175                Koperkrale        R2,50 elk.

 2 Rolle            String            R45,00/rol       2 x 45           R 90,00

 20 meter           Linne             R57,00/m

                    Ditjies en Datjies R48,00          1 x 48           R 48,00

                                           Subtotaal

                                           14% BTW

 Totaal

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1   (SEPTEMBER 2012)

BYLAAG B

VRAAG 2.2.1

NAAm: __________________________________________________________

                                   SIVU SE SAKE

 Uitgawes / Inkomste

                                      Aantal items

## Related documents

- [MLIT P2 S12 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p2-s12-qp-afr/ed954fca-c22c-420f-a511-16c18bf9d581) — Mathematical Literacy · QP · 2012 · Afr
- [WISK GELETT P1 GR12 MEMO SEPT 2012](https://www.hlayiso.com/library/wisk-gelett-p1-gr12-memo-sept-2012/bd795a8e-650f-4fb2-ad05-a688e0caf805) — Mathematical Literacy · Memo · 2012
- [MLIT P2 S12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p2-s12-memo-afr/53f28de3-650f-48c0-bda2-10fb7f1dd25e) — Mathematical Literacy · Memo · 2012 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 QP GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-sept-2023-english/f2531ae8-7751-4b26-9fdc-2c577eac4b74) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Eng
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept-2023-english/6db29d67-251d-4ade-ab45-b41f079fc0a3) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Mathematical Literacy P1 (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p1-english-june-2025-possible-answers/b592d0c3-9486-4357-be22-a8e995043cee) — Memo · 2025 · Eng
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
