# Mathematical Literacy Grade 10 P1 2017 QP (Afr)

> Grade 10 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/wisk-geletterdheid-vraestel-1-gr10-afrik-final-copy/6b4db327-717a-40ac-9e75-34f424045c99
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 10 P1 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/wisk-geletterdheid-vraestel-1-gr10-afrik-final-copy/6b4db327-717a-40ac-9e75-34f424045c99)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 10 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 10

                              NOVEMBER 2017

              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

PUNTE:         75

TYD:         1½ uur

                                   *XMLITA1*

       Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye insluitende ŉ 2-bladsy bylae en ŉ
                                1-bladsy-antwoordblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                      WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                            (EC/NOVEMBER 2017)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.

    2.    Beantwoord AL die vrae.

    3.    Gebruik die BYLAES om die volgende vrae te beantwoord:

          BYLAE A vir VRAAG 2
          BYLAE B vir VRAAG 4
          ANTWOORDBLAD 1 vir VRAAG 5.2
          Skryf jou NAAM en GRAAD in die spasie voorsien op die
          ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in.

    4.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
          gebruik word.

    5.    Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

    6.    Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy
          anders vermeld.

    7.    Toon meeteenhede, waar van toepassing.

    8.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

    9.    ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.

    10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                                    3

 VRAAG 1

 1.1    Die twee grafieke hieronder toon die verhouding tussen twee hoeveelhede.
        GRAFIEK A toon die aantal grassnyers en die tyd wat dit neem om gras te sny en
        GRAFIEK B toon die hoeveelheid voedsel wat benodig word om ’n sekere
        hoeveelheid visse te voed. Bestudeer die grafieke om die vrae hieronder te
        beantwoord.

                                    GRAFIEK A                                                   GRAFIEK B
                     20                                                                 40
                                                                                        36
                     16                                                                 32

                                                                    Visvoedsel (gram)
                                                                                        28
                     12
                                                                                        24

         Tyd (Ure)
                      8                                                                 20
                                                                                        16
                      4                                                                 12
                                                                                         8
                      0                                                                  4
                          0     4    8   12   16   20   24   28
                                                                                         0
                               Aantal grassnyers                                             0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
                                                                                                  Aantal visse

        1.1.1                 GRAFIEK A toon die proporsie grassnyers in verhouding tot die tyd wat
                              dit neem om die gras te sny. Watter tipe proporsie word deur GRAFIEK A
                              getoon?                                                                                       (2)

        1.1.2                 Volgens GRAFIEK B is die verhouding visvoedsel tot aantal visse 40 : 10.
                              Vereenvoudig die gegewe verhouding.                                                           (2)

        1.1.3                 Watter tipe proporsie word deur GRAFIEK B getoon?                                             (2)

 1.2    Austin is ŉ graad 9-leerder aan die Masizakhe Sekondêre Skool. Hy besluit om
        penne te verkoop om ekstra sakgeld te verdien.

        1.2.1                 Indien die totale koste vir ŉ pakkie van 12 penne R42,00 is, wat is die
                              koste van elke pen?                                                                           (2)

        1.2.2                 Hy besluit om elke pen vir R5,00 te verkoop. Bereken die persentasie wins
                              wat hy sal maak.

                              Jy kan die volgende formule gebruik:

                                         𝑉𝑒𝑟𝑘𝑜𝑜𝑝𝑝𝑟𝑦𝑠−𝐾𝑜𝑠𝑝𝑟𝑦𝑠
                              % wins =                            × 100%
                                               𝐾𝑜𝑠𝑝𝑟𝑦𝑠
                                                                                                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                              (EC/NOVEMBER 2017)

 1.3   Mev. Bales het besluit om ŉ nuwe stoof te koop om haar kook en bak te
       vergemaklik. Sy het pryse vergelyk en ’n vierplaat-stoof soos hieronder getoon,
       gevind.

          Kontantprys: R4 999

           Rekening: 10% deposito en
                 R369, 89 per maand
                  Terme: 24 maande

       1.3.1 Skryf die kontantprys in woorde neer.                                              (2)

       1.3.2 Bereken die deposito wat benodig word indien sy besluit om die stoof op
             rekening te koop.                                                                  (2)

       1.3.3 Bereken die totale bedrag wat sy vir die stoof sal betaal indien op rekening
             gekoop word.                                                                        (3)
                                                                                                [18]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                       5

 VRAAG 2

 Mnr. V. Manga is ŉ huiseienaar en ontvang maandeliks rekeningstate vanaf die
 munisipaliteit vir tariewe en dienste. BYLAE A verwys na die munisipale rekeningstaat wat
 hy ontvang het. Bestudeer die rekening en beantwoord die vrae wat volg.

 2.1    Dui die naam aan van die munisipaliteit wat die rekeningstaat uitgereik het.              (2)

 2.2    Skryf die datum neer waarop die rekening uitgereik is.
        .                                                                                         (2)
 2.3    Verduidelik wat die bedrag -R800,00 in BYLAE A beteken.                                   (2)

 2.4    Toon aan hoe die BTW-koste van R25,79 op ‘huishoudelike vullis’ bereken is.               (2)

 2.5    Mnr. V. Manga het gemiddeld 13 kl water in Junie gebruik. Gebruik die gegewe
        watertarief-koste in BYLAE A om die totale bedrag betaalbaar vir waterkoste te
        bepaal.                                                                                   (3)

 2.6    Bereken die waarde van A.                                                                 (3)
                                                                                                 [14]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                            (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 3

 3.1   Nosizwe beplan om ŉ besigheid te begin om kolwyntjies (‘cupcakes’) te verkoop en
       sy wil graag haar ouma se resep gebruik. Hieronder is ŉ lys van die bestanddele wat
       benodig word vir die maak van 8 kolwyntjies (‘cupcakes’). Bestudeer die inligting
       hieronder om die vrae te beantwoord.

                               BESTANDDELE (8 KOLWYNTJIES)

                               100 ml margarien
                               125 ml strooisuiker
                               1       eier
                               1ml vanieljegeursel
                               250 ml koekmeel
                               7 ml bakpoeier
                               40 ml water
                               40 ml melk
                               8      papiervormpies vir kolwyntjies

                               BESTANDDELE: BOTTERVERSIERING

                               40 ml sagte margarien
                               190 ml versiersuiker, gesif
                               7 ml kookwater

                               LET WEL: aanbevole meetapparaat wat in
                               meeste huishoudings beskikbaar behoort te
                               wees

                                      1 koppie = 250 ml
                                      1 lepel = 10 ml
                                      1 teelepel = 5 ml

       3.1.1 Identifiseer die aanbevole meetapparaat wat geskik sal wees om water af te
             meet.                                                                              (2)

       3.1.2 Hoeveel milliliters bakpoeier kan gebruik word om 24 kolwyntjies
             (‘cupcakes’) te maak?                                                              (3)

       3.1.3 Nosizwe voorverhit die oond tot 356 ℉. Herlei die voorverhitte temperatuur
             na grade Celsius (℃).
             .

                     Die volgende formule kan gebruik word:

                                   (℉−𝟑𝟐°)
                             ℃=                                                                 (3)
                                      𝟏,𝟖

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                  7

 3.2    Sy sal ŉ skinkbord benodig sodat die kolwyntjies (‘cupcakes’) by haar kliënte
        afgelewer kan word. Hieronder is ŉ skinkbord met die volgende afmetings wat sy
        kan gebruik: lengte = 40 cm, wydte = 20 cm en hoogte = 6 cm.

                                                                          6 cm

                                                                      20 cm

                                        40 cm

               LET WEL: Diagram nie volgens skaal geteken nie.

               Jy kan die volgende formules gebruik:

                        Omtrek = 2 (l + w)

                        Volume = l × w × h

        3.2.1 Verduidelik wat die term omtrek beteken.                                        (2)

        3.2.2 Bereken die volume van die skinkbord.                                            (2)
                                                                                              [12]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                 (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 4

 Die Jason-familie het ŉ nuwe huis gekoop. Die vloerplan van die huis word in BYLAE B
 getoon. Bestudeer die vloerplan in BYLAE B en beantwoord die vrae wat volg.

 4.1   Wat is die kompasrigting van slaapkamer 3 vanaf die sitkamer?                                (2)

 4.2   Hoeveel vensters word op die vloerplan getoon?                                               (2)

 4.3   Hoeveel binnedeure word op die vloerplan getoon?                                             (2)

 4.4   Gebruik jou liniaal en bepaal die afmetings van slaapkamer 1 op die vloerplan.               (2)

 4.5   Gebruik die gegewe skaal. Bereken die werklike oppervlakte van slaapkamer 1 in
       vierkante meters (m2).

       Jy kan die volgende formule gebruik:

       Oppervlakte van reghoek = lengte × breedte                                                    (3)
                                                                                                    [11]

 VRAAG 5

 5.1   Die data hieronder verteenwoordig die Graad 10 Wiskundige Geletterdheid
       toetspersentasies vir leerders van die Masiqinise Sekondêre Skool.

       45       47        34       48         47        42      39   22        54         17

       32       67        25       39         34        64      47   50        62

       5.1.1         Rangskik die waardes in stygende orde.                                          (2)

       5.1.2         Verwys na die data hierbo getoon en bepaal die mediaan.                         (2)

       5.1.3         Bepaal die modus van die data wat hierbo verteenwoordig word.                   (2)

       5.1.4         Bewys deur berekeninge dat die omvang 50% is.                                   (2)

       5.1.5         Bereken die gemiddelde persentasie van hierdie Graad-10-klas.                   (3)

       5.1.6         Gebaseer op die data hierbo verteenwoordig, bepaal die waarskynlikheid
                     dat ŉ leerder van hierdie klas ŉ persentasie minder as 30% in die toets
                     behaal. Skryf jou antwoord tot die naaste persentasiewaarde.                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                      9

 5.2    Voltooi die frekwensietabel vir die Wiskundige Geletterdheid toetspersentasies
        hierbo getoon in VRAAG 5.1. Gebruik die tabel op ANTWOORDBLAD 1 om
        hierdie vraag te beantwoord.

        Interval               Telling                     Frekwensie
        0–29
        30–39
        40–49
        50–59
        60–69
        Totaal                                                                                   (5)
                                                                                                [20]

                                                                                 TOTAAL:         75

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                                      (EC/NOVEMBER 2017)

BYLAE A VIR VRAAG 2

                                                       BELASTINGFAKTUUR
                                             BCMM BTW- Registrasie no.           4240193492
                                             Rekeningnommer                      10144653
                                             Kliënt BTW Reg. No.
                                             Datum van staat                     2017/05/19
                                             Datum Verskuldig                    2017/06/15
                          Naam            V. Manga
  V. MANGA                Woonadres       Zone 2 NU 03079/00              Woonbuurt        MDANTSAN
  NU 2 3079                                                                                E ZONE 2
                          Erfno.          NUR01345       Porsie   00000   Oppervlak        355
  MDANTSANE               Eenheidno.      0800002307900000000
  5219                    Markwaarde      R267 000       Korting  R15 000 Tarief Waarde    R252 000

  Datum        Dienste    Besonderhede                                  Bedrag           BTW       Koste
                                                                        (BTW                       (BTW
                                                                        uitgesluit)                ingesluit)
  22/04/17                SALDO OORGEDRA                                                           R1 433.18

  24/04/17                CC – DANKIE                                   -R800,00         R0,00     -R800,00

  20/05/17                SUBTOTAAL                                     R633,18          R0,00     R633,18

  20/05/17                BRAND HUISHOUDELIKE HEFFING                   R39,47           R5,53     R45,00

  20/05/17                ERFBELASTING- WOONGEBIED                      R216,40          R0,00     R216,40

  20/05/17                MARKWAARDE - KORTING                          -R12,15          R0,00     -R12,15

  20/04/17                HUISHOUDELIKE VULLIS                          R184,21          R25,79    R210,00

                          METER-NO 54121 WATER : TARIEF
                          HUISHOUDELIK                                   R120,11         R16,82    R136,93
                          INTERN 10 Kl

                          BASIESE HUISHOUDELIKE RIOOL 366 M2            R104,76          R14,67    R119,43
                          TOTAAL HUIDIGE HEFFING 716.41

  Huidig       30 Dae     60 Dae       90 Dae    90 Dae +               Totale Koste     Totaal    Totale
                                                                        (BTW             BTW       Koste (BTW
                                                                        uitgesluit)                ingesluit )
  R715,61      R633,18    R0,00        R0,00     R0,00                  R1 285,98        R62,81         A
         ELEKTRISITEIT               WATERTARIEF
                          6 kl @ 11.917550                              Die verskaffing van dienste mag
                          4 kl @ 12.151250                              moontlik beëindig word indien enige
                          10 kl @ 16.876510                             bedrag onbetaald of agterstallig word
                          10 kl @ 21.876960                             na die vervaldatum en die deposito
                          30+ kl @ 27.454360                            kan gevolglik hersien word.

                                           DIREKTE DEPOSITO/ OTM/ INTERNETBANK-
                                                         DIENSTE
                                          Bank                                ABSA
                                          Takno.                              632005
                                          Bankrekening No.                    4080 090 388
                                          Jou Munisipale Rekening No.         10144653

                                                                [Aangepas uit: www.buffalocity.docview.co.za]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)        WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1                     11

 ANTWOORDBLAD 1

 VRAAG 5.2

 NAAM: …………………………………………                          GRAAD: ……………………..

 Interval                 Telling        Frekwensie
 0–29
 30–39
 40–49
 50–59
 60–69
 Totaal

Kopiereg voorbehou                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
BYLAE B VIR VRAAG 4

                                                    Sleutel tot
                                                    simbole:

                                                    Deur

                                                    Venster

Kopiereg voorbehou

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [WISK GELETTERDHEID VRAESTEL 1 GR10 AFRIK.FINAL COPY](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-mathematical-literacy-2017-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/18fb64da-8e7d-4781-89ce-37f8c5e4802c) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr10-qp-nov2018-afrikaans/09530ac1-b740-4c9e-916e-06b0dfc01b25) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Afr
- [MATHS LIT P1 QP GR10 NOVEMBER 2017 ENG FINAL COPY](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-qp-gr10-november-2017-eng-final-copy/1e884d1d-fef5-40f9-b78e-b35ed44d2945) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Eng
- [MATHS LIT P1 GR10 MEMO FINAL NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr10-memo-final-nov2019-afrikaans/e9d09bdf-b9fc-4676-8907-be1ce7c7c03a) — Mathematical Literacy · Memo · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr10-memo-nov2018-afrikaans/b9c2357f-ce6f-4853-b054-a802f19d1ff6) — Mathematical Literacy · Memo · 2018 · Afr
- [MATHS LIT P1 MEMO GR10 NOVEMBER 2017 ENG FINAL COPY](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-memo-gr10-november-2017-eng-final-copy/e2b6ba2b-93b7-4fab-9c8f-a2bea2495b46) — Mathematical Literacy · Memo · 2017 · Eng

## More from Grade 10 Mathematical Literacy

- [Gr 10 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-maths-lit-atp-2023-24/92fc8f30-3078-45c6-9017-a138e224b210) — ATP
- [LP Maths Literacy Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade-10-june-2025-p1-and-memo/e7f8c3eb-2e73-4c9d-b508-ed762eaa72d4) — QP + Memo · 2025
- [LP Maths Literacy Grade 10 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade-10-june-2025-p2-and-memo/95ca14e5-487a-4c97-83d6-6e6e30c152af) — QP + Memo · 2025
- [LP Maths Literacy Grade10 Investigation 2023 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade10-investigation-2023-and-memo/37fef4c0-533b-4ec3-b610-056aec18b472) — Memo · 2023
- [LP Maths Literacy Grade10 Investigation 2023 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-maths-literacy-grade10-investigation-2023-and-memo/4571ed98-7174-46df-9c42-d7f868eaf408) — Memo · 2023
- [Maths Literacy Grade 10 June 2022 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/maths-literacy-grade-10-june-2022-qp-and-memo/4f85eb02-4cf2-422e-9d22-6b0ee1c1aa60) — QP + Memo · 2022

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
