Business Studies Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Memo (English)
Grade 12 Business Studies Paper 1 memorandum from the Gauteng Prelim Exam 2024 (English), 31 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
NOTAS AAN NASIENERS
INLEIDING
Die notas aan nasieners word verskaf vir gehalteversekeringsdoeleindes om:
(a) Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die standaard van nasien
te verseker
(b) Die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke te fasiliteer
(c) Die nasienproses met inagneming van die breë spektrum van nasieners regoor
die distrikte te vereenvoudig
(d) Toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak by
skole/instellings vir leer te implementeer
1. Vir nasien- en modereringsdoeleindes word die volgende kleure aanbeveel:
Nasiener: Rooi
DH: Groen
Distrikmoderator: Orange
Provinsiale moderator: Pienk
2. Kandidate se antwoorde AFDELINGS B en C moet in volsinne vir wees. Dit sou egter
afhang van die aard van die vraag.
3. ʼn Omvattende nasienriglyn is verskaf, maar dit is geensins volledig nie. Behoorlike
oorweging moet geskenk word aan ʼn antwoord wat korrek is, maar:
• ʼn Ander uitdrukkingswyse het as wat in die nasienriglyne gebruik word
• Kom uit ʼn ander geloofwaardige bron
• Oorspronklik is
• Ander benadering gebruik
LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.
4. Neem kennis van ander relevante antwoorde wat deur kandidate verskaf word en
ken punte dienooreenkomstig toe. (In gevalle waar die antwoord onduidelik is of ʼn
mate van begrip aandui, moet deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een punt in
plaas van die maksimum van twee punte.)
5. Die woord ‘Submaks’ word gebruik om die toekenning van punte binne ʼn vraag of
subvraag te vergemaklik.
6. Die doel daarvan om punte aan die regterkant te omkring (gelei deur ‘maksimum’ in
die uiteensetting van die punte) is om konsekwentheid en akkuraatheid in die nasien
van skrifte sowel as vir berekenings- en modereringsdoeleindes te verseker.
7. Subtotale van vrae moet in die regterkantse kantlyn geskryf word. Omkring die
subtotale soos aangedui deur die toekenning van punte. Dit moet deur ‘maksimum’
in die nasienriglyne gelei word. Slegs die totaal vir elke vraag moet in die
linkerkantse kantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.
2
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
8. In ʼn indirekte vraag moet die teorie sowel as die antwoord relevant wees en verband
hou met die vraag.
9. Korrekte nommering van antwoorde op vrae of subvrae word in AFDELINGS A en B
aanbeveel. As die nommering egter verkeerd is, volg die volgorde van die kandidaat
se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word indien laasgenoemde nie duidelik is
nie.
10. Geen bykomende krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui aan
met ʼn ‘H’.
11. Die onderskeid tussen ‘evalueer’ en ‘krities evalueer’ kan soos volg verduidelik
word:
11.1 Wanneer ‘evalueer’ gebruik word, word daar van kandidate verwag om op ʼn
positiewe/negatiewe wyse te reageer óf om ʼn neutrale (positiewe en
negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: ‘COIDA elimineer tyd en koste
wat spandeer word aan lang siviele hofverrigtinge.’
11.2 Wanneer ‘krities geëvalueer’ gebruik word, word daar van kandidate verwag
om op ʼn positiewe/negatiewe wyse te reageer óf ʼn neutrale (positiewe en
negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie geval word daar ook van
kandidate verwag om hul antwoorde met meer diepte te ondersteun, bv.
‘COIDA elimineer tyd en koste bestee aan lang siviele hofverrigtinge,
want die werkgewer sal nie aanspreeklik wees vir vergoeding aan die
werknemer vir beserings wat gedurende werksure opgedoen is nie, solank
bewys kan word dat die besigheid nie nalatig was nie.’
LET WEL: 1. Bogenoemde kan ook van toepassing op ‘analiseer’ wees.
2. Let op die plasing van die regmerkie () in die toekenning van
punte.
12. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag, die
kognitiewe werkwoord wat gebruik word, die puntetoekenning in die nasienriglyn en
die konteks van elke vraag.
Kognitiewe werkwoorde, soos:
12.1 Gee raad, noem, stel, bespreek in breë trekke, motiveer, aanbeveel, stel
voor, (lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte in kandidate se
antwoorde nie. Die puntetoekenning vir elke stelling/antwoord sal dus aan die
einde verskyn.
12.2 Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei, differensieer
vergelyk, tabuleer, ontleed, evalueer, evalueer krities (lys nie volledig nie)
vereis meer diepgaande begrip, toepassing en beredenering. Die punte moet
dus meer objektief toegeken word om te verseker dat assessering volgens
gevestigde norme geskied, sodat eenvormigheid, konsekwentheid en
billikheid behaal word.
3
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
13. Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord bied in
AFDELINGS B en C-vrae waar slegs een antwoord vereis word.
14. AFDELING B
14.1 Indien byvoorbeeld VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE
VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui dit aan deur ʼn
lyn deur die gedeelte te trek wat nie nagesien is nie.
NOTA: 1. Dit geld slegs vir vrae waar die aantal feite gespesifiseer word.
2. Die bostaande is ook van toepassing op antwoorde in
AFDELING C (waar van toepassing).
14.2 As twee feite in een sin geskryf word, ken VOLLE krediet toe aan die
kandidaat. Punt 14.1 hierbo geld steeds.
14.3 Indien daar van kandidate verwag word om hul eie voorbeelde/sienings te
verskaf, bespreek die moontlike alternatiewe antwoorde en konsulteer met
die Interne Moderator.
14.4 Gebruik van die kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:
14.4.1 Indien die aantal feite gespesifiseer word, kan vrae wat vereis dat
kandidate ‘beskryf/bespreek/verduidelik’ soos volg nagesien word:
• Feit: 2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyne)
• Verduideliking: 1 punt (twee punte sal in Afdeling C toegeken
word)
Die ‘feit’ en ‘verduideliking’ word afsonderlik in die nasienriglyn
gegee om die toekenning van punte te vergemaklik.
14.4.2 As die aantal feite wat vereis word nie gespesifiseer word nie, moet
die toekenning van punte gelei word deur die aard van die vraag en
die maksimum punt wat in die nasienriglyne toegeken word.
14.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te herroep,
wat een woord as antwoord vereis of wat direk uit ʼn scenario/gevalle-
studie aangehaal word. Dit geld veral vir AFDELINGS B en C (waar van
toepassing).
15. AFDELING C
15.1 Die uiteensetting van die puntetoekenning vir die opsteltipe is soos volg:
Inleiding
Maksimum:
Inhoud
32
Gevolgtrekking
Insig 8
TOTALE 40
4
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
15.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:
Uitleg/struktuur Is daar ʼn inleiding, paragrawe en ʼn gevolgtrekking? 2
Analise en Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/ 2
interpretasie subopskrifte op te deel/dit korrek te interpreteer om begrip
te toon van wat gevra word?
Punte toegeken volgens hierdie gids:
Alle opskrifte aangespreek: 1 (Een ‘A’)
Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een ‘A’)
Sintese Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat op 2
die vrae gebaseer is?
Opsie 1: Slegs relevante feite: 2 punte (Geen ‘-S’)
Waar ʼn kandidaat 50% of meer (twee tot vier
subvrae) van die vraag met slegs relevante
feite beantwoord; verskyn geen ‘-S’ in die
linkerkantlyn nie. Ken die maksimum van
TWEE (2) punte vir sintese toe.
Opsie 2: ʼn Paar relevante feite: 1 punt (Een ‘-S’)
Waar ʼn kandidaat minder as 50% (slegs een
subvraag) van die vraag met slegs OF ʼn paar
relevante feite beantwoord het; verskyn
een ‘-S’in die linkerkantlyn. Ken ʼn maksimum
van EEN (1) punt vir sintese toe.
Opsie 3: ʼn Paar relevante feite: 1 punt (Een ‘-S’)
Waar ʼn kandidaat VIER subvrae beantwoord,
maar een/twee/drie subvrae sonder relevante
feite; verskyn een ‘-S’ in die linkerkantlyn. Ken
ʼn maksimum van EEN (1) punt vir sintese toe.
Opsie 4: Geen relevante feite nie: 0 punt (Twee ‘-S’)
Waar ʼn kandidaat minder as 50% (slegs een
subvraag) van die vrae sonder relevante feite
beantwoord het; verskyn twee ‘-S’ in die
linkerkantlyn. Ken ʼn NUL-punt vir sintese toe.
Oorspronklikheid Is daar bewyse van een of twee voorbeelde, nie ouer as 2
twee (2) jaar nie wat op onlangse inligting, huidige
tendense en ontwikkelings gebaseer is?
TOTAAL VIR INSIG: 8
TOTALE PUNTE VIR FEITE: 32
TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40
LET WEL: 1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat uit die inleiding en
slot herhaal word nie.
2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie vermeld word nie.
3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg indien die opskrifte
INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie deur ʼn verduideliking
ondersteun word nie.
5
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
15.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met ʼn simbool bv (‘L, A, -S en/of O’).
15.4 Die uiteensetting van punte word aan die einde van die voorgestelde antwoord/
nasienriglyne op elke vraag aangedui.
15.5 Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS-punt in ʼn onderafdeling
behaal is. Skryf SUBMAKS/MAKS nadat maksimum punte behaal is, maar lees
verder vir oorspronklikheid “O”.
15.6 Dui aan die einde van elke opstel die toekenning van punte vir feite en punte vir
insig soos volg aan: (L – Uitleg, A – Analise, S – Sintese, O – Oorspronklikheid)
soos in die tabel hieronder.
INHOUD PUNTE
Feite 32 (maks.)
L 2
A 2
S 2
O 2
TOTALE 40
15.7 Wanneer punte vir feite toegeken word, let op die submaks wat aangedui word,
veral as kandidate nie van dieselfde subopskrifte gebruik maak nie. Onthou,
opskrifte en subopskrifte word aangemoedig en dra by tot insig (strukturering/
logiese vloei/volgordebepaling) en dui helderheid van denke aan. (Sien PUNTE-
UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)
15.8 Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/interpreteer, kan hy/sy
steeds punte vir uitleg kry.
15.9 Indien ʼn ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat die
antwoorde geassesseer word volgens die puntetoekenning/subopskrifte soos
aangedui in die nasienriglyne.
15.10 15.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir frases,
onvolledige sinne en vae antwoorde.
15.10.2 Met ingang van November 2015 sal die TWEE punte nie noodwendig
aan die einde van elke voltooide sin verskyn nie. Die regmerke () sal
geskei word en langs elke feit aangedui word, bv. “Produk-ontwikkeling
is ʼn groeistrategie, waar besighede poog om nuwe produkte in
bestaande markte bekend te stel.”
Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, asook die kognitiewe
werkwoord wat gebruik is, gelei word.
15.11 Met ingang van November 2017 sal die maksimum van TWEE (2) punte vir feite
wat as opskrifte in die nasienriglyne aangedui word, nie noodwendig op elke
vraag van toepassing wees nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.
6
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 1.1.1 C
1.1.2 B
1.1.3 D
1.1.4 A
1.1.5 C (5 x 2) (10)
1.2 1.2.1 Omgewing
1.2.2 Menslike hulpbronontwikkeling
1.2.3 Werkloosheidsversekeringsfonds
1.2.4 bestuur
1.2.5 STUKWERK (5 x 2) (10)
1.3 1.3.1 G
1.3.2 I
1.3.3 A
1.3.4 H
1.3.5 C (5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 1 PUNTE
1.1 10
1.2 10
1.3 10
TOTAAL 30
7
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
AFDELING B
Sien slegs die antwoorde van die EERSTE TWEE vrae na.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 BBSEB pilare
- Bestuursbeheer
- Vaardigheidsontwikkeling
- Eienaarskap
- Ondernemings- en verskaffersontwikkeling/OVO
- Sosio-ekonomiese ontwikkeling/Sosiale verantwoordelikheid
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na. (4 x 1) (4)
2.2 Rol van SOOO’s in die ondersteuning van die Wet op Vaardigheids-
ontwikkeling/WVO
- Rapporteer aan die direkteur-generaal.
- Bevorder en vestig leerderskappe.
- Vorder heffings in en betaal toelaes uit soos benodig.
- Verskaf akkreditasie vir vaardigheidsontwikkelingsfasiliteerders.
- Registreer leerderskapooreenkomste/leerprogramme.
- Keur werkplekvaardigheidsplanne en jaarlikse opleidingsverslae goed.
- Monitor/evalueer die werklike opleiding deur diensverskaffers.
- Ken toelaes toe aan werkgewers/onderwys-/opleidingsverskaffers.
- Hou toesig oor opleiding in verskillende sektore van die Suid-Afrikaanse
ekonomie.
- Ontwikkel sektorvaardigheidsplanne in ooreenstemming met die Nasionale
Vaardigheidsontwikkelingstrategie/vir verskeie ekonomiese sektore.
- Stel vaardigheidsontwikkelingsplanne vir spesifieke ekonomiese sektore
op.
- Voorsien opleidingsmateriaal/programme vir vaardigheidsontwikkelings-
fasiliteerders.
- Betaal toelaes uit aan besighede wat aan die vereistes van die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling voldoen.
- Bevorder leerprogramme deur geskikte werkplekke vir praktiese werkervaring
te identifiseer.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van SOOO’s in die
ondersteuning van die WVO. Maks. (6)
8
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
2.3 Tipes verdedigingstrategieë uit stellings
2.3.1 Aflegging
2.3.2 Ontbondeling/Vervreemding (2 x 2) (4)
LET WEL: Moenie "Disinvestering" aanvaar nie soos in die 2023 Nationale
Diagnostiese verslag oor leerderprestasie.
2.4 Voordele van intensiewe strategieë
- Verhoging in verkope/inkomste en winsgewendheid as gevolg van
aggressiewe advertensieveldtog/meer produkte/dienste word verkoop.
- Gereelde verkope aan bestaande kliënte kan toeneem.
- Verkry kliëntelojaliteit deur effektiewe promosieveldtogte.
- Verbeterde dienslewering kan verkope positief beïnvloed/verhoog.
- Elimineer mededingers en oorheers markpryse.
- Afname in pryse kan kliënte beïnvloed om meer produkte te koop.
- Besighede kan meer beheer hê oor die pryse van produkte/dienste.
- Stel die onderneming in staat om op markte/goed nagevorsde kwaliteit
produkte wat aan die behoeftes van verbruikers voldoen te fokus.
- Verhoogde markaandeel verminder die besigheid se kwesbaarheid as
gevolg van die optrede van mededingers.
- Verhoog die beheer oor die pryse wat gehef word vir produkte/dienste.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van intensiewe
strategieë. Maks. (6)
2.5 Porter se Vyf Kragte-model uit die scenario
PORTER SE VYF KRAGTE-MODEL MOTIVERINGS
1. Krag van mededingers/mededingende Neo Smooth Fries verkoop vis en
wedywering skyfies teen ʼn laer prys om FF uit
die mark te dryf.
2. Krag van kopers Sommige van FF se kliënte koop in
grootmaat om die pryse in hul guns
te bepaal.
Submaks. (4) Submaks. (2)
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
2. Ken punte toe vir Porter se Vyf Kragte-model, selfs al is die
aanhalings onvolledig.
3. Moenie punte vir die motivering toeken as die Porter se Vyf
Kragte-model verkeerd geïdentifiseer is nie.
4. Aanvaar antwoorde in enige volgorde.
Maks. (6)
9
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
2.6 Regte van werknemers ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge/WAV
- Werknemers kan by ʼn vakbond van hul keuse aansluit.
- Mag wettige stakings begin as ʼn remedie vir griewe.
- Onopgeloste werkplekgeskille word na die KVBA verwys.
- Onopgeloste KVBA-geskille word op appèl na die arbeidshowe verwys.
- Vakbondverteenwoordigers kan versoek word om werknemers in ʼn
grief/dissiplinêre verhoor by te staan/te verteenwoordig.
- Vakbondverteenwoordigers kan redelike tyd van die werk af neem met
betaling , om aandag aan vakbondpligte te gee.
- ʼn Werkplekforum stig waar ʼn onderneming 100 of meer werknemers het
om werkverwante probleme op te los.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die regte van werknemers
in terme van die WAV. Maks. (4)
2.7 Strafmaatreëls vir die nie-nakoming van die Wysigingswet op Vergoeding
vir Beroepsbeserings en -siektes/COIDA
- Besighede wat nie aan WVBBS voldoen nie, kan ʼn nakomingsbeval van die
Arbeidshof ontvang, wat die besigheid dwing om aan die WVBBS te
voldoen.
- Besighede kan gedwing word om groot betalings te maak as die nodige
voorsorgmaatreëls volgens die Wet nie geneem is nie.
- Besighede kan gedwing word om enige herstelkoste te betaal wat deur die
Vergoedingsfonds vereis word.
- Die werknemer kan die besigheid hof toe neem omdat hy/sy nie by die
Kommissaris van die Vergoedingsfonds geregistreer is nie.
- Besighede wat nalaat om aan die WVBBS te voldoen, kan groot boetes kry
omdat hulle weier om eise in te dien en kan selfs tronkstraf opgelê word,
afhangend van die erns van die oortreding.
- Besighed kan gedwing word om groot betalings te maak as hulle nie die
nodige voorsorgmaatreëls geïmplementeer het om ongelukke/sterftes te
verminder nie, en ook nie die gesondheid en veiligheid in die werksplek te
bevorder nie.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die gevolge wat
ondernemings in die gesig staar vir nie-nakoming van COIDA. Maks. (4)
10
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
2.8 Strategiese bestuursproses
OPSIE 1
- Besighede moet ʼn duidelike visie, missiestelling/meetbare/realistiese doelwit
in plek hê.
- Identifiseer geleenthede/swakhede/sterkpunte/bedreigings deur
omgewingsskandering/situasionele analise uit te voer.
- Gereedskap wat beskikbaar word vir omgewingsskandering kan ʼn SSGB-
analise/Porter se Vyf Kragte-model/PESTWO-analise/industriële analise-
instrumente insluit.
- Formuleer alternatiewe strategieë om op die uitdagings te reageer.
- Ontwikkel (ʼn) aksieplan/ne, insluitend die take wat gedoen moet word/
sperdatums waaraan voldoen moet word/hulpbronne wat verkry moet
word.
- Implementeer geselekteerde strategieë deur dit aan alle belanghebbendes te
kommunikeer/besigheidshulpbronne te organiseer/personeel te motiveer.
- Evalueer/monitor/meet strategieë deurlopend om regstellende stappe te
doen.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die strategiese bestuursproses.
OF
OPSIE 2
- Besighede moet hul visie/missiestelling hersien/ontleed/herondersoek.
- Doen ʼn omgewingsanalise met behulp van modelle soos SSGB/PESTWO/
Porter se Vyf Kragte-model.
- Formuleer ʼn strategie, soos ʼn defensiewe/afleggingstrategie.
- Implementeer ʼn strategie deur ʼn templaat soos ʼn aksieplan te gebruik.
- Beheer/Evalueer/Monitor die geïmplementeerde strategie om leemtes/
afwykings in implementering te identifiseer.
- Neem regstellende stappe om te verseker dat doelwitte bereik word.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die strategiese
bestuursproses. Maks. (6)
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 2 PUNTE
2.1 4
2.2 6
2.3 4
2.4 6
2.5 6
2.6 4
2.7 4
2.8 6
TOTAAL 40
11
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Aspekte wat in ʼn dienskontrak ingesluit moet word
- Persoonlike besonderhede van die werknemer.
- Besonderhede van die besigheid/werkgewer soos die naam en adres.
- Postitel/Posisie.
- Posbeskrywing soos pligte/verantwoordelikhede en werksomstandighede.
- Posspesifikasie soos formele kwalifikasies en bereidwilligheid om te reis.
- Datum van indiensneming/Aanvang van indiensneming.
- Plek waar werknemer die meeste van sy/haar werktyd sal deurbring.
- Werksure soos normale tyd en oortyd.
- Vergoeding soos weeklikse of maandelikse betaling.
- Voordele/Byvoordele/Toelaes.
- Verlof soos siek/kraam/jaarlikse/aannemingsverlof.
- Werknemeraftrekking (verpligte/nie-verpligte).
- Duur/Tydperk van dienskontrak/Besonderhede van beëindiging/Vervaldatum
van dienskontrak.
- Proeftydperk.
- Handtekeninge van beide die werkgewer en werknemer.
- Lys van dokumente wat deel vorm van die kontrak soos aanstellingsbrief/
gedragskode/etiese kode.
- Dissiplinêre beleid soos reëls/dissiplinêre prosedures vir onaanvaarbare gedrag.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met aspekte wat by ʼn dienskontrak
ingesluit moet word.
LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na. (3 x 1) (3)
3.2 Betekenis van plasing as ʼn menslike hulpbronaktiwiteit
- Geselekteerde kandidate word geplaas waar hulle optimaal sal funksioneer
en waarde tot die onderneming sal toevoeg.
- ʼn Spesifieke taak word aan die geselekteerde kandidaat toegeken.
- Die kwalifikasies/vaardighede/persoonlikheid van die gekose kandidaat word
vergelyk met die vereistes van die pos.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die betekenis van plasing as
ʼn menslike hulpbronaktiwiteit.
LET WEL: Geen punte mag vir die plasingsprosedure toegeken word nie.
Maks. (4)
12
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
3.3 Werwingsmetodes
3.3.1 Werwingsmetode uit die scenario
Eksterne werwing (2)
Motivering
TM adverteer ʼn vakature vir ʼn produksiebestuurder in koerante. (1)
LET WEL: Moenie punte toeken vir die motivering indien eksterne werwing
verkeerd geïdentifiseer is nie. Maks. (3)
3.3.2 Voordele van die eksterne werwing
- Nuwe kandidate bring nuwe talente/idees/ervarings/vaardighede na
die besigheid.
- Daar is ʼn groter poel kandidate om van te kies.
- Dit kan die onderneming help om regstellende aksie/WGI en
BBSEB-teikens te bereik.
- Minimaliseer ongelukkigheid/konflik tussen huidige werknemers wat
moontlik vir die pos aansoek gedoen het.
- Daar is ʼn beter kans om ʼn geskikte kandidaat met die nodige
vaardighede/kwalifikasies/bevoegdhede te kry wat nie veel
opleiding/ontwikkeling nodig het nie, wat koste verminder.
- Nuwe werknemers kan waarde toevoeg tot die algehele
doeltreffendheid/produktiwiteit van die besigheid.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
eksterne werwing. Maks. (4)
3.4 Redes vir die beëindiging van ʼn dienskontrak
- Die werkgewer kan ʼn werknemer ontslaan vir (ʼn) geldige rede(s), soos
onbevredigende werksprestasie en wangedrag.
- Werkgewers mag dalk nie meer werk vir oortollige werknemers hê nie/kan nie
die kontrak nakom nie/daar is herstrukturering.
- Die werkgewer kan sommige werknemers aflê weens insolvensie/kan nie die
werknemers betaal nie.
- Werknemers besluit om te vertrek en bedank vrywillig vir beter
werksgeleenthede.
- ʼn Werknemer het moontlik die voorafbepaalde ouderdom vir aftrede
bereik.
- Ongeskiktheid om te werk as gevolg van siekte/beserings.
- Deur onderlinge ooreenkoms tussen die werkgewer en werknemer.
- Die duur van die dienskontrak verstryk/kom tot ʼn einde.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die redes vir die beëindiging
van die dienskontrak. Maks. (6)
NOTA: Ken 'n maksimum van TWEE (2) punte toe as slegs die redes te genoem
is.
13
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
3.5 Verskil tussen gehaltebeheer en gehalteversekering
GEHALTEBEHEER GEHALTEVERSEKERING
- Stelsel wat die gewenste gehalte - Kontroles uitgevoer tydens en na die
verseker, word nagekom deur die produksieproses.
finale produk te inspekteer.
- Maak seker dat finale produkte aan - Maak seker dat daar in elke stadium
die vereiste standaarde voldoen. van die proses aan die vereiste
standaarde voldoen is.
- Proses om te verseker dat produkte - Prosesse wat in plek gestel word
konsekwent volgens hoë standaarde om te verseker dat die gehalte van
vervaardig word. produkte/dienste/stelsels voldoen
aan voorafbepaalde standaarde
met minimale gebreke/vertragings/
tekortkominge.
- Kontroleer grondstowwe/werknemers/ - Verseker dat elke proses daarop
masjinerie/vakmanskap/produkte om gemik is om die produk ‘die eerste
te verseker dat hoë standaarde keer reg’ te kry en te voorkom dat
gehandhaaf word. foute gemaak word.
- Sluit die stel van teikens/meting van - Die ‘inbou’ van kwaliteit in
prestasie en die neem van teenstelling met ‘kontrolering van’
regstellende maatreëls in. kwaliteit.
Enige ander relevante antwoord wat Enige ander relevante antwoord wat
verband hou met gehaltebeheer. verband hou met gehalteversekering.
Submaks. (2) Submaks. (2)
NOTA: 1. Die antwoord hoef nie in ʼn tabelformaat te wees nie.
2. Die verskille hoef nie te skakel nie, maar moet duidelik wees.
3. Ken ʼn maksimum van TWEE (2) punte toe indien die verskil nie
duidelik is nie/Sien slegs gehaltebeheer of gehalteversekering
na.
Maks. (4)
14
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
3.6 Voordele van ʼn goeie gehaltebestuurstelsel
- Effektiewe kliëntediens word gelewer, wat lei tot verhoogde
kliëntetevredenheid.
- Tyd en hulpbronne word doeltreffend gebruik.
- Produktiwiteit neem toe deur behoorlike tydsbestuur /die gebruik van
hulpbronne van hoë gehalte.
- Produkte/Dienste word voortdurend verbeter wat lei tot verhoogde vlakke
van klanttevredenheid.
- Visie/Missie/Besigheid se doelwitte kan bereik word.
- Die besigheid het ʼn mededingende voordeel bo sy mededingers.
- Gereelde opleiding sal deurlopend plaasvind en die gehalte van werknemers
se vaardighede/kennis verbeter.
- Werkgewers en werknemers sal ʼn gesonde werksverhouding hê wat
gelukkige/produktiewe werkers tot gevolg sal hê.
- Verhoogde markaandeel/meer kliënte verbeter winsgewendheid/finansiële
volhoudbaarheid.
- Verbeter die besigheid se beeld aangesien daar minder gebreke/
terugsendings is.
- Verbeter die finansiële volhoubaarheid van die besigheid namate kliënte
behou word.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van ʼn goeie
gehaltebestuurstelsel. Maks. (6)
3.7 Impak van TGB indien besighede dit swak implementeer
3.7.1 Impak van TGB indien besighede dit swak implementeer uit die
scenario
- Die bestuur by TE stel onrealistiese sperdatums wat moontlik nie
bereik kan word nie.
- Beleggers het hul belegging onttrek weens ʼn afname in winste.
LET WEL: Ken slegs punte toe vir antwoorde wat uit die scenario
aangehaal is. (2 x 1) (2)
3.7.2 Ander impak van TGB as dit swak geïmplementeer word deur
besighede
- Werknemers word nie voldoende opgelei nie wat lei tot produkte van
swak gehalte.
- Afname in produktiwiteit , as gevolg van onderbrekings.
- Besighede sal moontlik nie die nodige veranderinge aan
produkte/dienste kan aanbring om aan die behoeftes van kliënte te
voldoen nie.
- Besighede se reputasie/beeld kan daaronder ly as gevolg van swak
gehalte/gebrekkige goedere.
- Kliënte sal baie alternatiewe hê om van te kies en die impak kan
verwoestend wees vir besighede.
- Afname in verkope aangesien meer goedere deur ongelukkige
kliënte teruggegee word.
15
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
- Hoë personeelomset , as gevolg van swak vaardigheids-
ontwikkeling.
- Ongedokumenteerde/Onbeheerde gehaltebeheerprosesse/-stelsels
kan lei tot foute/afwykings van voorafbepaalde gehaltestandaarde.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met ander impak van TGB
as dit swak deur besighede geïmplementeer word.
LET WEL: Moenie punte toeken vir antwoorde wat in VRAAG 3.7.1
aangehaal is nie. Maks. (4)
3.8 Voordele van voldoende finansiering en kapasiteit
- Groot ondernemings het voldoende finansiering om alles te toets voordat dit
geïmplementeer word.
- Hulle kan dit bekostig om stelsels in plek te hê om foute in prosesse/defekte in
grondstowwe/produkte te voorkom.
- Is in staat om produknavorsing/marknavorsers te bekostig om inligting oor
produkte/kliënte in te samel.
- Groot ondernemings kan programme finansier wat daarop gemik is om
kwaliteitsprosesse te verbeter.
- Kan dit bekostig om kwaliteit grondstowwe en toerusting aan te koop.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van voldoende
finansiering en kapasiteit as ʼn TGB element op groot ondernemings. Maks. (4)
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 3 PUNTE
3.1 3
3.2 4
3.3.1 3
3.3.2 4
3.4 6
3.5 4
3.6. 6
3.7.1 2
3.7.2 4
3.8 4
TOTAAL 40
16
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes/WBDV
- Bepaal werksure: gewone werksure/oortyd/maaltydintervalle en rus/
Sondagwerk/openbare vakansiedae.
- Maak voorsiening vir verskeie tipes verlof/jaarliks/siek/
gesinsverantwoordelikheid/kraam/vaderskap/ouer.
- Bepaal die terme en voorwaardes van diens en vergoeding.
- Beskerm werknemers se regte.
- Verbied die indiensneming van kinders en dwangarbeid.
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na. (4 x 1) (4)
4.2 Uitdagings van besigheidsomgewings en die mate van beheer
UITDAGINGS BESIGHEIDS- MATE VAN BEHEER
4.2.1 OMGEWINGS 4.2.3
4.2.2
1. ATE ontvang altyd voorraad laat Mark Gedeeltelik/Sommige/
van Freddie-groothandelaars. Beperkte/Minder/Min
beheer
2. ATE ervaar ʼn afname in verkope Mikro Volle beheer
as gevolg van onproduktiewe
werknemers.
Maks. (2) Maks. (2) Maks. (2)
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste uitdaging vir elke omgewing na.
2. As die sake-omgewing nie aan die uitdaging gekoppel is nie,
sien slegs die uitdaging na.
3. Ken volpunte toe vir die sake-omgewing, selfs al word die
uitdaging nie aangedui/is die uitdaging verkeerd.
4. Die mate van beheer moet aan die sake-omgewing gekoppel
word.
5. Moenie punte toeken vir die mate van beheer as die sake-
omgewing nie genoem word nie.
6. Aanvaar antwoorde in enige volgorde.
17
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
4.3 Voordele van die Wet op Gelyke Indiensneming/WGI
- Moedig konsultasie aan tussen werkgewer en werknemers.
- Bevorder gelyke geleenthede en regverdige behandeling in die werkplek.
- Impak positief op SEB-graderings vir besighede.
- Die aanstellingsproses is duidelik omskryf , dus is alle partye goed ingelig.
- Motiveer werknemers want die arbeidsmag is meer divers/
verteenwoordigend/inklusief.
- Motiveer werknemers want almal het dieselfde werksgeleenthede.
- Bevorder die implementering van regstellende-aksie maatreëls om die
wanbalanse in indiensneming reg te stel.
- Bied werknemers wettige remedie as hulle van mening is dat daar onbillik
teen hulle gediskrimineer is.
- Bied aan alle werknemers ʼn gelyke geleentheid om gekies/aangestel/
bevorder te word in ʼn posisie.
- Voorkom stelselmatig onbillike diskriminasie aangesien dit verseker dat die
arbeidsmag die demografie van die land verteenwoordig.
- Skep ʼn raamwerk van aanvaarbare indiensnemingspraktyke/regstellende-
aksie maatreëls.
- Moedig diversiteit in besigheid aan deur mense van verskillende rasse-
agtergronde in diens te neem.
- Besighede is in ʼn beter posisie om kontrakte te beding met die regering.
- Gesertifiseerde psigometriese toetse kan gebruik word om aansoekers/
werknemers te assesseer om te verseker dat hulle geskik is.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van die Wet op
Gelyke Indiensneming/WGI. Maks. (6)
4.4 Stappe in strategie-evaluering
- Ondersoek die onderliggende basis van die besigheidstrategie.
- Kyk vorentoe en agtertoe na die implementeringsproses.
- Vergelyk die verwagte prestasie met die werklike prestasie.
- Meet besigheidsprestasie om die redes vir afwykings te bepaal en ontleed
hierdie redes.
- Neem regstellende stappe sodat afwykings reggestel kan word.
- Stel spesifieke datums vir beheer en opvolg.
- Stel ʼn tabel op van die voor- en nadele van ʼn strategie.
- Besluit oor die gewenste uitkoms wat sal lei tot die bereiking van
besigheidsdoelwitte / beoog wanneer strategieë geïmplementeer word.
- Oorweeg die impak van die strategiese implementering in die interne en eksterne
omgewings van die besigheid.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die stappe in strategie-
evaluering.
LET WEL: Aanvaar stappe in enige volgorde Maks. (4)
18
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
SAKEBEDRYWIGHEDE
4.5 Bronne van interne werwing
- Interne e-posse/Intranet/webwerwe aan personeel
- Mededeling/Personeelvergaderings
- Besigheidsnuusbrief/Omsendbriewe aan personeel
- Interne/bestuursverwysings
- Kantoor kennisgewingborde
- Interne bulletins
- Aanbeveling deur huidige werknemers/personeel
- Roofwerwing binne die besigheids-/organisatoriese databasis
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die bronne van interne
werwing.
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na. (4 x 1) (4)
4.6 Aspekte wat by die induksieprogram ingesluit moet word
4.6.1 Aspek wat by die induksieprogram ingesluit moet word uit die scenario
- Die program het ʼn toer deur die perseel ingesluit.
- Inligting oor die besigheid se produkte het ook deel van die program
uitgemaak.
NOTA: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
2. Ken slegs punte toe vir antwoorde wat uit die scenario
aangehaal is. (2 x 1) (2)
4.6.2 Ander aspekte wat by die induksieprogram ingesluit moet word.
- Bekendstelling aan sleutelpersoneel en onmiddellike kollegas.
- Veiligheidsregulasies en reëls.
- Bespreking van die dienskontrak en diensvoorwaardes.
- Bespreking van werknemer se voordele.
- Vergadering met senior bestuur wat die maatskappy se
visie/waardebeskrywings/daaglikse take sal verduidelik.
- Diensvoorwaardes, soos werksure/verlofaansoekproses/dissiplinêre
prosedures, ens.
- Administrasiebesonderhede oor stelsels/prosesse/logistiek.
- Bespreking van personeelbeleid, soos om privaat telefoonoproepe te
maak/die internet te gebruik, ens.
- Korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid programme.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met ander aspekte wat by
die induksieprogram ingesluit moet word.
NOTA: Moenie punte toeken vir antwoorde wat in VRAAG 4.6.1
aangehaal is nie. Maks. (4)
19
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
4.7 Gehalte aanwysers van die aankoopfunksie
- Besighede moet grondstowwe/produkte in grootmaat teen laer pryse koop.
- Kies betroubare verskaffers wat die beste gehalte grondstowwe/kapitaalgoedere
lewer teen billike pryse.
- Plaas bestellings betyds en volg gereeld op om te verseker dat goedere
betyds afgelewer word.
- Doeltreffende koördinering tussen aankoop- en produksiedepartemente sodat
aankooppersoneel die vereistes van die produksieproses verstaan.
- Vereiste hoeveelhede moet afgelewer word op die regte tyd en plek.
- Implementeer/Onderhou voorraadbeheerstelsels om die veiligheid van
voorraad te verseker.
- Handhaaf optimale voorraadvlakke om verouderde voorraad te verminder.
- Monitor en rapporteer oor minimum voorraadvlakke om voorraad tekorte te
vermy.
- Effektiewe gebruik van stoorplek en die handhawing van die kwaliteit van die
produk terwyl dit gestoor word.
- Betrek verskaffers by strategiese beplanning/produkontwerp/materiaalkeuse/
kwaliteitsbeheerproses.
- Maak seker dat daar geen onderbreking in produksie is nie as gevolg van
voorraadtekorte.
- Vestig verhoudings met verskaffers sodat dit in lyn is met die besigheid se
visie/missie/waardes.
- Daar moet ʼn deeglike begrip van voorsieningskettingbestuur wees.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die gehalteaanwysers van die
aankoopfunksie. Maks. (4)
4.8 Rol van gehaltesirkels as deel van deurlopende verbetering van prosesse en
stelsels
- Los probleme op wat verband hou met gehalte en implementeer
verbeterings.
- Ondersoek probleme en stel oplossings aan bestuur voor.
- Maak seker dat daar geen duplisering van aktiwiteite/take in die werkplek is
nie.
- Maak voorstelle vir die verbetering van stelsels en prosesse in die werkplek.
- Verbeter die kwaliteit van produkte/dienste/produktiwiteit deur die gereelde
nagaan van kwaliteitsprosesse.
- Monitor/Versterk strategieë om die gladde verloop van sakebedrywighede te
verbeter.
- Verhoog werknemers se moraal/motivering om die spangees ʼn hupstoot te gee
in die bereiking van organisatoriese doelwitte.
- Dra by tot die verbetering en ontwikkeling van die organisasie.
- Verminder die koste van oortolligheid en verkwistende pogings op die lang
duur.
- Verhoog die vraag na produkte/dienste van die onderneming.
- Skep harmonie en hoë prestasie in die werkplek.
- Bou ʼn gesonde werkplekverhouding tussen die werkgewer en werknemer.
20
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
- Verbeter werknemers se lojaliteit/verbintenis tot die organisatoriese
doelwitte.
- Verbeter werknemers se kommunikasie op alle vlakke van die onderneming.
- Ontwikkel ʼn positiewe houding/gevoel van betrokkenheid by
besluitnemingsprosesse van die dienste wat aangebied word.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van kwaliteitskringe as
deel van deurlopende verbetering van prosesse en stelsels. Maks. (6)
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 4 PUNTE
4.1 4
4.2.1 2
4.2.2 2
4.2.3 2
4.3. 6
4.4 4
4.5 4
4.6.1. 2
4.6.2 4
4.7 4
4.8 6
TOTAAL 40
TOTAAL AFDELING B: 80
21
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
AFDELING C
Sien slegs die antwoord van die EERSTE vraag na.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
5.1 Inleiding
- Die daarstel van die WVB het gelei tot die beskerming van die regte van
verbruikers.
- Die WVB dwing beide besighede en verbruikers om verantwoordelik op te tree
wanneer hulle sakebedrywighede doen.
- Die WVB is van toepassing op alle besighede wat betrokke is by die koop en
verkoop van goedere en dienste in Suid-Afrika.
- Besighede moet aan die WVB voldoen om boetes en die opskort van die
besigheid se aktiwiteite vir nie-nakoming van die wet te vermy.
Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die doel van die WVB/regte
van verbruikers in terme van die WVB/impak van die WVB op besighede/maniere
waarop besighede aan die WVB kan voldoen. Enige (2 x 1) (2)
5.2 Doel van die Wet op Verbruikersbeskerming/WVB
- Bevorder regverdige/toeganklike en volhoubare plekke vir mense om hul
produkte te verkoop.
- Stel nasionale standaarde vas om verbruikers te beskerm, ongeag hulle
ekonomiese status.
- Verskaf riglyne vir beter verbruikersinligting en om onbillike sakepraktyke te
verbied.
- Bevorder verantwoordelike verbruikersgedrag onder verbruikers.
- Bevorder konsekwente wette met betrekking tot verbruikerstransaksies en -
ooreenkomste.
- Stig ʼn Nasionale Verbruikerskommissie (NVK).
- Verseker dat verbruikers toegang het tot inligting wat hulle nodig het om
ingeligte keuses te maak.
- Bevorder die regte en volle deelname van histories benadeelde individue as
verbruikers in die ekonomie.
- Verseker dat verbruikers nie deur verskaffers van goedere/dienste mislei word
nie.
- Bevorder verbruikersveiligheid deur hulle teen gevaarlike produkte/dienste te
beskerm.
- Versterk ʼn kultuur van verbruikersregte en -verantwoordelikhede.
- Bemagtig verbruikers om regstappe te neem indien hul regte nie gehandhaaf
word nie.
- Beskerm verbruikers teen kontrakte wat onbillike bepalings insluit wat die
aanspreeklikheid van verskaffers beperk.
- Beskerm verbruikers teen gewetenlose besighede soos “fly by night”
franchisegewers.
- Maak voorsiening vir verbruikers en besighede om geskille regverdig/effektief op
te los.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die doel van die Wet op
Verbruikersbeskerming. Maks. (10)
22
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
5.3 Regte van verbruikers in terme van die WVB
5.3.1 Reg om te kies
Verbruikers het die reg om:
- verskaffers en goedere te kies.
- rond te soek vir die beste pryse.
- goedere terug te gee wat onveilig/gebrekkig is vir volle
terugbetaling.
- goedere te verwerp wat nie dieselfde is as die monster wat bemark
word nie.
- kanselleer/hernu vastetermynooreenkomste.
- skriftelike kwotasies en kosteberamings te versoek.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die reg om te kies
volgens die WVB.
Reg (2)
Verduideliking (2)
Submaks. (4)
5.3.2 Reg op privaatheid
- Verbruikers het die reg om ongewenste direkte bemarking te stop/
beperk
- Beswaar te maak teen ongewenste promosie-e-posse en
televerkope.
- Het die reg om te klagtes in te dien/die besighgeid te stop om hul
persoonlike besonderhede te deel.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die reg op privaatheid
volgens die WVB.
Reg (2)
Verduideliking (2)
Submaks. (4)
5.3.3 Reg op regverdige en eerlike handelinge
- Verskaffers mag nie fisiese geweld gebruik/kliënte teister om
produkte te koop nie.
- Verskaffers mag nie misleidende/vals inligting gee nie.
- Besighede mag nie piramideskemas en kettingbriefskemas bevorder
nie.
- Besighede mag nie goedere/dienste oorboek/oorverkoop nie en dan
nie die ooreenkoms eerbiedig nie.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die reg op billike en
eerlike transaksies volgens die WVB.
Reg (2)
Verduideliking (2)
Submaks. (4)
23
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
5.3.4 Reg op openbaarmaking en inligting
- Kontrakte/Ooreenkomste moet in gewone taal wees en maklik om te
verstaan.
- Besighede moet pryse vertoon wat ten volle inklusief is/alle koste
bekend maak.
- Verbruikers kan die eenheid/grootmaatprys van dieselfde produk
aanvra.
- As twee pryse vir dieselfde produk vertoon word , moet verbruikers die
laer prys betaal.
- Besighede moet produkte en handelsbeskrywings korrek etiketteer.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die reg op
openbaarmaking en inligting volgens die WVB.
Reg (2)
Verduideliking (2)
Submaks. (4)
5.3.5 Reg op billike en verantwoordelike bemarking
- Besighede moet nie verbruikers mislei oor pryse, voordele/ gebruike
van goedere nie.
- Verbruikers kan aankope wat deur direkte bemarking gedoen word
binne vyf werksdae/afkoelperiode kanselleer.
- Alle inligting wat verband hou met die land van herkoms ,
vervaldatums/bestanddele van die produkte moet bekend gemaak
word.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die reg op billike en
verantwoordelike bemarking volgens die WVB.
Reg (2)
Verduideliking (2)
Submaks. (4)
5.3.6 Reg op billike waarde, goeie gehalte en veiligheid
- Verbruikers het die reg om aan te dring op kwaliteit dienste of
goedere.
- Hulle het die reg om foutiewe items terug te stuur indien die fout
binne ses maande na die aankoop van die item plaasvind.
- Verbruikers kan ʼn skriftelike waarborg ontvang.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die reg op billike
waarde, goeie gehalte en veiligheid volgens die WVB.
Reg (2)
Verduideliking (2)
Submaks. (4)
24
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
5.3.7 Reg op aanspreeklikheid deur verskaffers
- Verbruikers het die reg om beskerm te word in bêre -ooreenkomste.
- Besighede moet kredietbewyse en voorafbetaalde dienste
eerbiedig.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die reg op
aanspreeklikheid deur verskaffers volgens die WVB.
Reg (2)
Verduideliking (2)
Submaks. (4)
5.3.8 Reg op billike/regverdige en redelike bepalings en voorwaardes
- Besighede moet verbruikers skriftelike kennisgewings van klousules
gee wat verbruikersregte kan beperk.
- Beskerm verbruikers teen onbillike en onredelike/onregverdige
kontrakvoorwaardes.
- Besighede mag nie goedere teen onbillike pryse bemark/verkoop
nie.
- Kan die hof nader om billike en regverdige gedrag/bepalings en
voorwaardes te verseker.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die reg op billike/
regverdige en redelike bepalings en voorwaardes volgens die WVB.
Reg (2)
Verduideliking (2)
Submaks. (4)
5.3.9 Reg op gelykheid in die verbruikersmark
- Besighede moet nie toegang tot goedere en dienste in die
verbruikersmark beperk nie.
- Besighede mag nie die kwaliteit van hul goedere laat verskil vir
verskillende verbruikers nie.
- Besighede mag nie verskillende pryse hef vir dieselfde goedere/
dienste nie.
- Besighede moet nie diskrimineer wanneer hulle hul produkte en
dienste op verskillende gebiede bemark nie.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die reg op gelykheid
in die verbruikersmark volgens die WVB.
Reg (2)
Verduideliking (2)
Submaks. (4)
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na. Maks. (16)
25
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
5.4 Impak van WVB op besighede
Positiewe/Voordele
- Stel besighede in staat om geskille regverdig op te los deur die Nasionale
Verbruikerskommissie/Verbruikershof/Industriële ombudsman.
- Besighede kan ʼn goeie beeld bou wanneer hulle verseker dat
verbruikersregte nie geskend word nie.
- Kan verbruikerslojaliteit/verbeterde wins verkry , indien hulle aan WVB
voldoen.
- Besighede is minder geneig om hofsake teen hulle te kry vir skending van
verbruikersregte.
- Besighede kan beskerm word indien hulle as verbruikers beskou word.
- Hulle kan beskerm word teen oneerlike mededingers.
- Verhoed dat groter ondernemings kleiner ondernemings ondermyn.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe impak/voordele
van die WVB op besighede.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Besighede moet foutiewe items vervang/herstel/die geld terugbetaal indien
die fout binne ses maande na aankoop plaasvind.
- Vertroulike besigheidsinligting kan beskikbaar wees vir mededingers.
- Verbruikers kan voordeel trek uit besighede en goedere teruggee wanneer dit
nie nodig is nie.
- Prosesse en prosedures wat deur WVB vereis word, kan duur en tydrowend
wees.
- Besighede kan onnodig belas voel deur regsprosesse.
- Boetes vir nie-nakoming kan baie hoog wees.
- Personeel moet opgelei word/Regskenners moet geraadpleeg word , wat
kostes kan verhoog.
- Baie besigheidsdokumente moet teen ekstra koste vereenvoudig/opgeknap
word aangesien verbruikers die reg het om kontrakte in eenvoudige/
verstaanbare taal te ontvang.
- Administrasiekoste styg , aangesien regskontrakte in gewone taal bewoord
moet word/op die vlak van die verbruiker aangebied moet word.
- Besighede mag versekering nodig hê teen eise van verbruikers /Bepalings
in die Wet verhoog die risiko’s vir onvoorsiene eise en regsgedinge.
- Voorsieningskettingbestuur in voorraadvlakke sal moet verander , aangesien
gebrekkige goedere binne ses maande op versoek van die kliënt vervang moet
word.
- Inligtingstegnologiestelsels moet verbeter word aangesien die kleinhandelaar
meer gedetailleerde rekords van interaksies met verbruikers moet hou/aan die
Nasionale Verbruikerskommissie moet kan rapporteer.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe impak/nadele
van die WVB op besighede. Maks. (12)
26
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
5.5 Maniere waarop ondernemings aan die WVB kan voldoen
- Vertoon die besigheid se naam op alle besigheidsdokumentasie, byvoorbeeld
briefhoofde/fakture/kontrakte.
- Laat verbruikers ʼn afkoelperiode van vyf dae in die verkoopsooreenkoms
toe.
- Openbaar die pryse van alle produkte wat te koop is.
- Verseker dat die gehalte van die goedere en dienste gestandaardiseerd en
identies is vir alle verbruikers.
- Voldoen aan vereistes rakende die vertoon van inligting op etikette/verpakking,
bv. rook is gevaarlik vir swanger vroue.
- Doen opleiding met alle personeellede/belanghebbendes oor die WVB.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop
ondernemings aan die WVB kan voldoen. Maks. (8)
5.6 Gevolgtrekking
- Die WVB bevorder goeie sakepraktyke tussen verskaffers van goedere en
dienste en verbruikers van hierdie goedere en dienste.
- Besighede moet bewustheid/nakoming van die verbruikersregte bevorder soos
bepaal in die WVB.
- Besighede moet kennis dra van die impak van die WVB om onnodige litigasies
en ʼn negatiewe openbare beeld te vermy.
- Verbruikersregte stel besighede in staat om teen die skending van hierdie regte
te waak.
Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met die doel van die
WVB/regte van verbruikers in terme van die WVB/impak van die WVB op
besighede/maniere waarop besighede aan die WVB kan voldoen. Enige (1 x 2) (2)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTALE
Inleiding 2
Doel van die WVB 10
Regte van verbruikers in terme van die WVB 16
Max. 32
Impak van die WVB op besighede 12
Maniere waarop ondernemings aan die WVB kan voldoen 8
Gevolgtrekking 2
INSIG
Uitleg 2
Analise/interpretasie 2 8
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
LASO – Vir elke komponent:
Ken 2 punte toe indien aan alle vereistes voldoen word.
Ken 1 punt toe indien slegs aan sommige van die vereistes
voldoen word.
Ken 0 punte toe waar daar glad nie aan vereistes voldoen word
nie.
27
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
VRAAG 6: BESIGHEIDBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE)
6.1 Inleiding
- Die keuringsprosedure behels ʼn reeks stappe wat gevolg moet word om die
nodige inligting in te samel om aanstellingsbesluite te neem.
- Die onderhoudvoerder moet goed vertroud wees met die posontleding om
relevante vrae vir die onderhoud te ontwikkel.
- Byvoordele word aan werknemers gebied ongeag gewone lone/salarisse/ekstra
vergoeding bo en behalwe gewone salarisse.
- Die wetlike vereistes van die dienskontrak verskaf riglyne oor die inhoud wat by
die kontrak ingesluit moet word.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die keuringsprosedure as ʼn
menslike hulpbronaktiwiteit/rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud/impak
van byvoordele op besighede/wetlike vereistes van die dienskontrak. Enige (2 x 1) (2)
6.2 Keuringsprosedure
OPSIE 1
- Bepaal billike assesseringskriteria waarop keuring gebaseer sal word.
- Voer voorlopige onderhoude om geskikte aansoekers te identifiseer.
- Aansoekers moet die aansoekvorms/curriculum vitae en gesertifiseerde
afskrifte van persoonlike dokumente/ID’s/bewys van kwalifikasies indien.
- Sorteer die ontvangde dokumente/CV’s volgens die assesserings-/
keuringskriteria.
- Sif/Bepaal watter aansoeke aan die minimum posvereistes voldoen en skei
hulle van die res.
- Voorlopige onderhoude word gevoer indien daar baie geskikte aansoeke
ontvang is/om geskikte aansoekers te identifiseer.
- Verwysingskontroles moet gemaak/gevolg word om werkservaring/kriminele
rekords/kredietrekords/kwalifikasies op die CV te verifieer.
- Stel ʼn kortlys saam van potensiële kandidate wat geïdentifiseer is.
- Kandidate op die kortlys kan aan verskillende soorte keuringstoetse
onderwerp word, soos vaardigheidstoetse.
- Nooi kandidate op die kortlys vir ʼn onderhoud.
- ʼn Skriftelike aanbod word aan die gekose kandidaat gerig.
- Lig onsuksesvolle aansoekers in oor die uitslag van hul aansoek./Sommige
advertensies dui die sperdatum aan om slegs suksesvolle kandidate in kennis
te stel.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die keuringsprosedure as ʼn
menslike hulpbronaktiwiteit.
OF
28
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
OPSIE 2
- Ontvang dokumentasie soos aansoekvorms en sorteer dit volgens die kriteria
van die pos.
- Evalueer CV’s en skep ʼn kortlys/sif die aansoekers.
- Gaan inligting in die CV’s en kontakverwysings na.
- Voer voorlopige siftingsonderhoude om aansoekers te identifiseer wat nie
geskik is vir die werk nie, hoewel hulle aan alle vereistes voldoen.
- Assesseer/Toets kandidate wat vir senior poste aansoek gedoen het/om te
verseker dat die beste kandidaat gekies word.
- Voer onderhoude met kandidate op die kortlys.
- Bied skriftelike aanbod aan die gekose kandidaat.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die keuringsprosedure as ʼn
menslike hulpbronaktiwiteit. Maks. (12)
6.3 Rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud
- Bespreek en berei die lokaal vir die onderhoud voor.
- Lig alle kandidate op die kortlys in oor die datum en plek van die
onderhoud.
- Stel die onderhoudsdatum vas en maak seker dat alle onderhoude op
dieselfde datum plaasvind, indien moontlik.
- Stel alle paneellede wat die onderhoud gaan voer in kennis van die datum en
plek van die onderhoud.
- Die onderhoudvoerder moet ʼn kern stel vrae ontwikkel gebaseer op die
vaardighede/kennis/vermoë wat vereis word.
- Kontroleer die aansoek/verifieer die CV van elke kandidaat vir enigiets wat
moontlik verduidelik moet word.
- Beplan die program vir die onderhoud en bepaal die tyd wat aan elke
kandidaat toegeken moet word.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van die onderhoud-
voerder voor die onderhoud. Maks. (12)
6.4 Impak van byvoordele op besighede
Positiewe/Voordele
- Aantreklike byvoordeelpakkette kan lei tot hoër werknemerbehoud/verminder
werknemeromset.
- Lok gekwalifiseerde/geskoolde/ervare werknemers wat positief kan bydra tot
die besigheid se doelwitte.
- Dit verhoog werknemers se tevredenheid/lojaliteit aangesien hulle bereid is
om die ekstra myl te loop.
- Verbeter produktiwiteit wat lei tot hoër winsgewendheid.
- Besighede spaar geld aangesien voordele belastingaftrekbaar is.
- Byvoordele kan as ʼn hefboom gebruik word vir salarisonderhandelinge.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe impak/voordele
van byvoordele op besighede.
EN/OF
29
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
Negatiewe/Nadele
- Byvoordele is bykomende koste wat kontantvloeiprobleme tot gevolg kan
hê.
- Administratiewe koste styg aangesien voordele korrek aangeteken moet word
vir belastingdoeleindes.
- Verlaag besigheid se wins , aangesien aansporings/pakket/vergoedingskoste
hoër is.
- Dit kan konflik skep/tot korrupsie lei indien dit onregverdig toegeken word.
- Werkers bly slegs by die besigheid vir byvoordele , en mag nie
toegewyd/lojaal aan die take/besigheid wees nie.
- Besighede wat werknemers verskillende voordeelplanne bied, kan ʼn wrok
skep vir diegene wat minder voordele ontvang, wat lei tot laer
produktiwiteit.
- Besighede wat nie byvoordele kan bied nie versuim om geskoolde werkers te
lok.
- Besighede moet adviseurs/prokureurs betaal om hulle te help om
voordeelplanne op te stel wat aan die wet voldoen.
- Foute in voordeelplanne kan lei tot duur regsgedinge/regulatoriese boetes.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe impak/nadele
van byvoordele op besighede. Maks. (12)
6.5 Wetlike vereistes van die dienskontrak
- Die werkgewer en werknemer/Albei partye moet die kontrak onderteken.
- Werkgewer en werknemer moet instem tot enige veranderinge aan die
kontrak.
- Geen party mag aspekte van die dienskontrak eensydig verander nie.
- Die vergoedingspakket/insluitende voordele moet duidelik aangedui word.
- Die dienskontrak mag geen vereistes bevat wat strydig met die WBDV is
nie.
- Aspekte van die dienskontrak kan in die loop van diens heronderhandel
word.
- Die werkgewer moet die bepalings en voorwaardes van die dienskontrak aan
die werknemer verduidelik.
- Diensvoorwaardes/pligte/verantwoordelikhede van die werknemers moet
duidelik bepaal word.
- Alle besigheidsbeleide, prosedures en dissiplinêre kodes/reëls kan deel vorm
van die dienskontrak.
- Die werkgewer moet die werknemer toelaat om die kontrak deeglik deur te lees
voordat dit onderteken word.
- Die dienskontrak moet ʼn gedragskode en etiese kode insluit.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die wetlike vereistes van die
dienskontrak. Maks. (10)
30
Downloaded from hlayiso.com
10721/24
6.6 Gevolgtrekking
- Die keuringsprosedure dien as ʼn riglyn oor hoe om ongeskikte kandidate uit te
skakel en bevoegde kandidate vir beskikbare poste aan te stel.
- ʼn Goed voorbereide onderhoudvoerder moet navorsing doen oor relevante vrae
wat tydens die onderhoud gevra moet word.
- Die aanbied van byvoordele is ʼn uitstekende manier om werknemers te
motiveer om hard te werk om besigheidsdoelwitte te bereik.
- Besighede moet die dienskontrak volgens die vereistes van die WBDV belyn om
onnodige regsaksies te vermy.
Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met keuringsprosedure/rol
van die onderhoudvoerder voor die onderhoud/impak van byvoordele/wetlike
vereistes van die dienskontrak. Enige (1 x 2) (2)
[40]
VRAAG 6: UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Keuringsprosedure as ʼn menslike hulpbronaktiwiteit 12
Rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud 12
Maks. 32
Impak van byvoordele op besighede 12
Wetlike vereistes van die dienskontrak 10
Gevolgtrekking 2
INSIG
Uitleg 2
Analise/interpretasie 2 8
Sintese 2
Oorspronklikheid/voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
LASO – Vir elke komponent:
Ken 2 punte toe indien aan alle vereistes voldoen word.
Ken 1 punt toe indien slegs aan sommige van die
vereistes voldoen word.
Ken 0 punte toe waar daar glad nie aan vereistes
voldoen word nie.
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
31
Matching paper and memo
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.