You're offline
Skip to content
Question paper

Business Studies P1 Nov 2025 Afr

Subject: Business StudiesGrade 12202510 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 BESIGHEIDSTUDIES V1 NOVEMBER 2025 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 2 DBE/November 2025 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B en die antwoord op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord. AFDELING VRAAG PUNTE TYD (minute) A: Objektiewe tipe vrae 1 30 20 VERPLIGTEND B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 KEUSE: 70 3 40 Beantwoord enige TWEE. 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 KEUSE: 6 40 Beantwoord enige EEN. TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 3 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING A (VERPLIGTEND) 2025 VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 Hierdie Wet vereis dat besighede inligting van hulle produkte op verpakking vertoon: A Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) B Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) C Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) D Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) 1.1.2 Smith Handelaars gebruik verouderde rekenaars wat toegang tot aanlyn transaksies verhinder. Hierdie uitdaging word as 'n … faktor van die PESTWO-analise geklassifiseer. A tegnologiese B politiese C wetlike D sosiale 1.1.3 Hoofweg Vervaardiging is werksaam in die … sektor aangesien hulle kantoorstoele uit hout en staal vervaardig. A tersiêre B primêre C ekonomiese D sekondêre 1.1.4 Die rol van die onderhoudvoerder tydens 'n onderhoud is om … A die aansoeker gemaklik te laat voel. B vrae te vra om duidelikheid oor die posisie te verkry. C kandidate by te staan met die beantwoording van vrae. D ondersoekend te wees en belangstelling in die besigheid te toon. 1.1.5 Top Beperk het die …-stap van die BDKH-model geïmplementeer deur die monitering van prosesse om te bepaal of hulle effektief funksioneer. A doen B kontroleer C beplan D handel (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 4 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. keuring; posspesifikasie; Nasionale Vaardigheid; bestuur; bedreiging; plasing; swak punt; prestasie; posbeskrywing; Menslikehulpbron 1.2.1 Die …-ontwikkelingstrategie beoog om toegang tot programme wat mense oplei, te verhoog. 1.2.2 Eezy Elektronika verloor kliënte as gevolg van die hoë misdaadkoers in die omgewing. Dit word as 'n … in die SSGB-analise geklassifiseer. 1.2.3 Die komponent van die posontleding wat die pligte en verantwoordelikhede van die posisie uiteensit, staan as … bekend. 1.2.4 Themba, die menslikehulpbronbestuurder, voer gedurende die …-prosedure agtergrondkontroles uit van die aansoekers wat vir die pos kwalifiseer. 1.2.5 Blou Vervaardiger het nuwe metodes en tegnieke ontwikkel om die gehalte van hulle produkte te verbeter. Dit staan as gehalte-… bekend. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 5 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Swart Ekonomiese A 'n ooreenkoms tussen die Bemagtiging werkgewer en die werknemer wat wetlik bindend is 1.3.2 Horisontale integrasie B verantwoordelik vir die 1.3.3 Indiensnemingskontrak produksie van goedere teen die laagste moontlike koste 1.3.4 Aankoopfunksie C fokus op die vermoë van 'n 1.3.5 Totale gehaltebestuur produk om die behoeftes van kliënte te bevredig D versprei die rykdom van die land na 'n paar voorheen benadeelde individue E beoog om die besigheid se afhanklikheid van verskaffers te verminder F 'n ooreenkoms tussen die werkgewer en die vakbond wat wetlik bindend is G verantwoordelik vir die koop van grondstowwe by die groot maat teen laer pryse H fokus op die bereiking van kliëntetevredenheid en voortdurende verbetering in alle besigheidsprosesse I versprei die rykdom van die land oor 'n breër spektrum van die samelewing J beoog om die bedreiging van mededinging te verminder (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 6 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem enige VIER tipes verlofbepalings soos in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) voorgeskryf. (4) 2.2 Beskryf kortliks die rol van SOOO's in die ondersteuning van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998). (4) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BONA RAME (BR) Bona Rame is bekend vir hulle gehalte-sonbrille en -leesbrille. BR se verkope het gedaal aangesien Helder Oogprodukte unieke sonbrille teen billike pryse verkoop. 2.3.1 Identifiseer die krag van Porter se Vyf Kragte-model wat op BR van toepassing is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) 2.3.2 Beskryf hoe besighede EEN ander krag van Porter se Vyf Kragte- model kan toepas om hulle posisie in die markomgewing te analiseer. (3) 2.4 Verduidelik die stappe in strategie-evaluering. (4) 2.5 Bespreek enige TWEE tipes intensiewe strategieë. (6) 2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MEYER MEUBELS (MM) Meyer Meubels verskaf fasiliteite aan klante om goedere op krediet te koop. MM voer kredietwaardigheidskontroles met die kredietburo uit voordat krediet toegestaan word. Hulle laat 'n afkoelperiode van vyf dae toe vir klante om goedere terug te stuur. MM verseker ook dat hulle prosedures aan die bepalings van die Wet op Finansiële Intelligensiesentrum (WFIS) voldoen. 2.6.1 Haal TWEE maniere uit die scenario hierbo aan waarop MM aan die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) voldoen. (2) 2.6.2 Beveel ander maniere aan waarop besighede aan die Nasionale Kredietwet kan voldoen. (4) 2.7 Verduidelik maniere waarop besighede eienaarskap as 'n pilaar van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) kan toepas. (6) 2.8 Gee besighede raad oor die voordele van diversifikasiestrategieë. (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 7 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 3.1 Noem enige VIER voorbeelde van byvoordele. (4) 3.2 Beskryf kortliks die plasingsprosedure as 'n menslikehulpbron-aktiwiteit. (6) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MATERIAAL GROOTHANDELAARS (MG) Materiaal Groothandelaars verkoop verskillende tipes materiaal. MG betaal hulle werknemers volgens die aantal rolle materiaal wat hulle verkoop. Hulle het goeie kennis van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) en die implikasies daarvan op die menslikehulpbronfunksie. 3.3.1 Noem die salarisbepalingsmetode wat deur MG in die scenario hierbo toegepas word. (2) 3.3.2 Verduidelik die implikasies van die Wet op Arbeidsverhoudinge op die menslikehulpbronfunksie. (4) 3.4 Gee besighede raad oor die redes vir die beëindiging van 'n indiensnemingskontrak. (4) 3.5 Beskryf kortliks die verskil tussen gehaltebeheer en gehalteversekering. (4) 3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BILON VERVAARDIGERS (BV) Bilon Vervaardigers vervaardig sportmotors. BV skeduleer hulle aktiwiteite om die duplisering van take te vermy. Die bestuur van BV deel die verantwoordelikheid vir gehalte-uitsette met werknemers. BV is ook bewus van die impak van totale gehaltebestuur (TGB) indien dit swak geïmplementeer word. 3.6.1 Haal TWEE maniere uit die scenario hierbo aan waarop BV totale gehaltebestuur (TGB) toepas om die koste van gehalte te verminder. (2) 3.6.2 Bespreek die impak van totale gehaltebestuur (TGB) indien besighede dit swak implementeer. (4) 3.7 Beskryf die voordele van monitering en evaluering van gehalteprosesse as 'n totale gehaltebestuur(TGB)-element vir groot besighede. (6) 3.8 Gee besighede raad oor die gehalte-aanwysers van die openbarebetrekkinge- funksie. (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 8 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 4.1 Noem enige TWEE tipes defensiewe strategieë. (2) 4.2 Beskryf kortliks die strategiese bestuursproses. (4) 4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GLOBALE BOERDERYE (GB) Globale Boerderye versprei hulle vrugte plaaslik en internasionaal. Hulle uitvoere neem af as gevolg van ongunstige wisselkoerse. Die werkers van GB behaal ook nie hulle spertye nie aangesien hulle gereeld laat is vir werk. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.3.1 en 4.3.2 te beantwoord. UITDAGINGS BESIGHEIDSOMGEWINGS (4.3.1) (4.3.2) 1. 2. 4.3.1 Haal TWEE uitdagings vir GB uit die scenario hierbo aan. (2) 4.3.2 Klassifiseer GB se uitdagings volgens die besigheidsomgewings. (2) 4.4 Bespreek die impak van die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (WVBBS), 1997 (Wet 61 van 1997) op besighede. (6) 4.5 Beveel maniere aan waarop besighede die uitdagings wat deur die sosiale faktor van die PESTWO-analise gestel word, kan hanteer. (4) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 4.6 Beskryf kortliks die doel van induksie. (4) 4.7 Verduidelik die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) as 'n voordeel wat deur die Wet vereis word. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 9 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 4.8 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. FIBERNET BEPERK (FB) Fibernet Beperk verskaf Wi-Fi-roeteerders aan besighede en hulle pas totale gehaltebestuur (TGB) in hulle bedrywighede toe. FB kan bekostig om navorsing te doen om inligting oor die gehalte van hulle produkte te verkry. Hulle trek ook voordeel uit 'n goeie gehaltebestuurstelsel. 4.8.1 Noem die totale gehaltebestuur(TGB)-element wat deur FB in die scenario hierbo toegepas word. (2) 4.8.2 Verduidelik die voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel. (4) 4.9 Gee besighede raad oor die rol van gehaltesirkels as deel van deurlopende verbetering van prosesse en stelsels. (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 10 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING C Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING) Die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) is ingestel om die transformasieproses in die werksplek te fasiliteer. Die implementering van die WGI kan 'n impak op besigheidsbedrywighede hê. Besighede is verplig om aan die vereistes van hierdie Wet te voldoen om strafmaatreëls vir nienakoming te vermy. Skryf 'n opstel oor die Wet op Gelyke Indiensneming waarby jy die volgende aspekte insluit: • Beskryf kortliks die doel van die Wet op Gelyke Indiensneming. • Bespreek die impak van die Wet op Gelyke Indiensneming op besighede. • Verduidelik maniere waarop besighede aan die Wet op Gelyke Indiensneming kan voldoen. • Gee besighede raad oor die strafmaatreëls wat hulle in die gesig kan staar vir nienakoming van hierdie Wet. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRONFUNKSIE) Besighede wat die korrekte werwingsprosedures volg, sal die beste aansoekers lok. Die menslikehulpbronbestuurder kan die interne werwingsmetode gebruik om die beskikbare vakatures te vul. Die onderhoudvoerder moet goed voorbereid wees voordat die onderhoud gevoer word. Beide werkgewers en werknemers moet van die regsvereistes van 'n indiensnemingskontrak bewus wees. Skryf 'n opstel oor die menslikehulpbronfunksie waarby jy die volgende aspekte insluit: • Beskryf kortliks die werwingsprosedure as 'n menslikehulpbron-aktiwiteit. • Bespreek die impak van interne werwing op besighede. • Verduidelik die rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud. • Gee besighede raad oor die regsvereistes van 'n indiensnemingskontrak. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Business Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all