JUNIE EKSAMEN
GRAAD 12
2025
NASIENRIGLYNE
BESIGHEIDSTUDIES
(VRAESTEL 1)
32 bladsye
Skip to contentAll 2025 papers %20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)

%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)


View all





Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 1 memorandum from the Gauteng June Exam 2025 (Afrikaans), 32 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 32 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 32
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 32
This exam
Gauteng June Exam 2025
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
NOTAS AAN NASIENERS
INLEIDING
Die notas aan nasieners word voorsien vir gehalteversekeringsdoeleindes om die volgende
te verseker:
(a) Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid van die nasienstandaard
(b) Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
(c) Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum nasieners oor
die hele provinsie
(d) Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak by
skole/onderwysinstellings
1. Vir nasien- en modereringsdoeleindes word die volgende kleure aanbeveel:
Nasiener: Rooi
Deptartementshoof: Groen
Distriksmoderator: Oranje
Provinsiale Moderator: Pienk
DBE-Moderator: Turkoois
2. Kandidate se antwoorde vir AFDELINGS B en C moet in volsinne wees. Dit sal egter
van die aard van die vraag afhang.
3. Omvattende nasienriglyne word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
Behoorlike oorweging moet gegee word aan ʼn antwoord wat korrek is, maar:
• ʼn Ander uitdrukkingswyse gebruik as wat in die nasienriglyne gegee word
• Uit ʼn ander bron kom
• Oorspronklik is
• ʼn Ander benadering gebruik
LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.
4. Neem kennis van ander verwante antwoorde wat deur kandidate verskaf word en ken
punte dienooreenkomstig toe. (In die geval waar die antwoord onduidelik is of ʼn mate
van begrip aandui, moet deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een punt in plaas van
die maksimum van twee punte.)
5. Die woorde 'Submaks' word gebruik om die toekenning van punte binne ʼn vraag of
subvraag te vergemaklik.
6. Die doel daarvan om punte (gelei deur 'maks' in die uiteensetting van die punte) aan
die regterkant te omkring is om konsekwentheid en akkuraatheid te verseker met die
nasien van die skrifte asook met berekeninge en die modereringsproses.
2
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
7. Subtotale van vrae moet in die regterkanttlyn geskryf word. Omkring die subtotale,
soos aangedui by die toekenning van punte wat aan die einde van elke vraag
verskyn. Dit moet deur 'maks' in die nasienriglyne van punte gelei word. Slegs die
totaal vir elke antwoord moet binne die linkerkantlyn langs die toepaslike
vraagnommer verskyn.
8. In ʼn indirekte vraag moet die teorie sowel as die antwoord relevant wees en verband
hou met die vraag.
9. Korrekte nommering van antwoorde van vrae of subvrae in AFDELING A en B word
sterk aanbeveel. Indien die nommering verkeerd is, volg die volgorde van die
kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word, indien laasgenoemde nie
duidelik is nie.
10. Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui aan met
ʼn 'H'.
11. Die verskil tussen 'evalueer' en 'kritiese evaluering' kan soos volg verduidelik word:
11.1 Wanneer 'evalueer' gevra word, word daar van kandidate verwag om te
antwoord op óf ʼn positiewe/negatiewe manier óf om ʼn neutrale (positiewe en
negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: 'COIDA verminder tyd en koste
wat spandeer word op lang siviele hofgedinge.
11.2 Wanneer 'kritiese evaluering' gevra word, word daar van kandidate verwag om
te antwoord op óf ʼn positiewe/negatiewe manier óf om ʼn neutrale (positiewe
en negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie geval word van kandidate ook
verder verwag om hulle antwoorde te ondersteun met dieper insig, bv. 'COIDA
verminder tyd en koste wat spandeer word op lang siviele hofgedinge, want
die werkgewer sal nie verantwoordelik wees om vergoeding aan die
werknemer te betaal as beserings opgedoen is tydens werksure nie, solank
die besigheid kan bewys dat daar nie agterlosigheid was nie. '
LET WEL: 1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op 'analiseer'.
2. Let op die plasing van die merkie ( ) in die toekenning van punte.
12. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag, die kognitiewe
werkwoord wat gebruik is, die puntetoekenning in die nasienriglyn en die konteks van
elke vraag.
Kognitiewe werkwoorde, soos:
12.1 Adviseer, noem, beskryf in breë trekke, motiveer, beveel aan, stel voor, (lys
nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte in kandidate se antwoorde
nie. Die uiteensetting van punte vir elke stelling/antwoord sal dus aan die
einde daarvan verskyn.
3
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
12.2 Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei/toon verskille,
differensieer, vergelyk, tabuleer, regverdig, ontwerp, analiseer, evalueer,
evalueer krities (lys nie volledig nie) vereis meer diepgaande begrip,
toepassing en beredenering. Die punte moet dus meer objektief toegeken
word om te verseker dat assessering volgens die vasgestelde norme geskied,
sodat eenvormigheid, konsekwentheid en regverdigheid behaal kan word.
13. Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord in
AFDELING B en C gee waar slegs een antwoord gevra word.
14. AFDELING B
14.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE VYF
antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui aan deur ʼn lyn deur die
ongemerkte gedeelte te trek.
LET WEL: 1. Dit is slegs van toepassing waar die getal feite gespesifiseer word.
2. Die bogenoemde is ook van toepassing op antwoorde in
AFDELING C (waar van toepassing).
14.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, ken die VOLLE krediet aan die kandidaat
toe. Punt 14.1 hierbo geld steeds.
14.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde/menings te gee,
beredeneer dit by die NSV om alternatiewe antwoorde te finaliseer.
14.4 Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:
14.4.1 Waar die getal feite gespesifiseer word, vrae wat vereis dat kandidate moet
'beskryf/verduidelik kan dit soos volg nagesien word:
• Feit: 2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyne)
• Verduideliking: 1 punt (twee punte sal in Afdeling C toegeken word)
Die 'feit' en 'verduideliking' word apart in die nasienriglyne gegee om die
toekenning van punte te vergemaklik.
14.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet die puntetoekenning
gelei word deur die aard van die vraag en die maksimumpunte in die
nasienriglyne toegeken.
14.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te herroep, wat
een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal word uit ʼn
scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing op AFDELING B EN C
(waar van toepassing).
4
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
15. AFDELING C
15.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:
Inleiding
Maksimum:
Inhoud
32
Gevolgtrekking/Slot
Insig 8
TOTAAL 40
15.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:
Struktuur/Uitleg Is daar ʼn inleiding, liggaam en ʼn gevolgtrekking? 2
Ontleding en Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub-opskrifte
Interpretasie te ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip van wat gevra
word, getoon word?
2
Punte toegeken volgens die gids hieronder:
Alle opskrifte aangespreek: 1(EEN 'A')
Interpretasie (16 tot 32 punte): 1(EEN 'A')
Sintese Is daar relevante besluite/feite/antwoorde geneem op grond van 2
die vrae?
Opsie 1: Slegs relevante feite: 2 punte (Geen '-S')
Waar ʼn kandidaat 50% of meer (twee tot vier
subvrae) van die vraag slegs met relevante feite
beantwoord; geen '-S' verskyn in die linkerkantlyn
nie. Ken die maksimum van TWEE (2) punte vir
sintese toe.
Opsie 2: ʼn Paar relevante feite: 1 punt (Een '-S')
Waar ʼn kandidaat minder as 50% (slegs een
subvraag) van die vraag beantwoord met slegs OF
ʼn paar relevante feite; een '-S' verskyn in die
linkerkantlyn. Ken ʼn maksimum van EEN (1) punt
vir sintese toe.
Opsie 3: ʼn Paar relevante feite: 1 punt (Een '-S')
Waar ʼn kandidaat VIER subvrae beantwoord, maar
een subvraag van die vraag sonder relevante feite;
een '-S' verskyn in die linkerkantlyn. Ken ʼn
maksimum van EEN (1) punt vir sintese toe.
Opsie 4: Geen relevante feite nie: 0 punt (Twee '-S')
Waar ʼn kandidaat minder as 50% (slegs een
subvraag) van die vraag sonder relevante feite
beantwoord; twee '-S' verskyn in die linkerkantlyn.
Ken ʼn NUL-punt vir sintese toe.
Oorspronklikheid Is daar bewyse van een of twee voorbeelde, nie ouer as twee (2) 2
jaar nie, wat op aktuele inligting, huidige neigings en ontwikkelings
gebaseer is?
TOTAAL VIR INSIG: 8
TOTAAL VIR FEITE: 32
TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40
5
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
LET WEL: 1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal word uit die
inleiding en gevolgtrekking nie.
2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie voorkom nie.
3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte
INLEIDING en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur ʼn
verduideliking ondersteun word nie.
15.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met ʼn simbool, bv. ('S, A, -S en/of O').
15.4 Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde antwoord/
nasienriglyne vir elke vraag aangedui.
15.5 Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS punte vir elke onder-
afdeling behaal is. Skryf 'SUBMAKS'/'MAKS' nadat maksimum punte behaal is,
maar lees verder vir oorspronklikheid “O”.
15.6 Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en punte vir
insig soos volg aan: (S – Struktuur, A – Ontleding, S – Sintese, O – Oorspronk-
likheid) soos in die tabel hieronder aangedui.
INHOUD PUNTE
Feite 32 (maks.)
S 2
A 2
S 2
O 2
TOTAAL 40
15.7 Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die submaksimum wat
aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde subopskrifte gebruik nie.
Onthou opskrifte en subopskrifte word aangemoedig en dra by tot insig
(struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui duidelikheid van denke aan. (Sien
PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)
15.8 Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/vertolk, kry hy/sy steeds
punte vir uitleg/struktuur.
15.9 Indien ʼn ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat
antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die puntetoekenning/
subopskrifte soos aangedui in die nasienriglyne.
6
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
15.10 15.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir
frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.
15.10.2 Met ingang van November 2015, sal die TWEE punte nie noodwendig
aan die einde van elke voltooide sin getoon word nie. Punte ( ) sal
geskei word en langs elke feit aangedui word, bv. 'Produkontwikkeling
is ʼn groeistrategie waar ondernemings poog om nuwe produkte in
bestaande markte bekend te stel.'
Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, gelei word.
15.11 Met ingang van November 2017 sal die maksimum van TWEE (2) punte vir feite
in die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke vraag geld nie.
Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.
7
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 1.1.1 B
1.1.2 A
1.1.3 C
1.1.4 B
1.1.5 D
(5 x 2) (10)
1.2 1.2.1 Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging
1.2.2 Nasionale Verbruikerskommissie
1.2.3 induksie
1.2.4 produksie
1.2.5 byvoordele
(5 x 2) (10)
1.3 1.3.1 E
1.3.2 A
1.3.3 G
1.3.4 J
1.3.5 B
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 1 PUNTE
1.1 10
1.2 10
1.3 10
TOTAAL 30
8
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
AFDELING B
Sien slegs die antwoorde op die EERSTE TWEE vrae na.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Pilare van BBSEB
- Bestuursbeheer
- Eienaarskap
- Ondernemings- en verskaffersontwikkeling/(OVO)
- Vaardigheidsontwikkeling
- Sosio-ekonomiese ontwikkeling/Sosiale verantwoordelikheid
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na. (4 x 1) (4)
2.2 Regte van werknemers in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge/WAV
- Werknemers kan aan ʼn vakbond van hul keuse behoort.
- Wettige stakings loods as ʼn oplossing vir griewe.
- Verwys onopgeloste werkplekgeskille/dispute na die KVBA.
- Verwys onopgeloste KVBA-geskille/dispute na die arbeidshof op appèl.
- Versoek vakbondverteenwoordigers om werknemers by te staan/te
verteenwoordig in griewe-/dissiplinêre verhore.
- Vakbondverteenwoordigers kan redelike tyd met betaling van die werk af neem
om vakbond-verwante verpligtinge aan te spreek.
- ʼn Werkplekforum te stig waar ʼn besigheid 100 of meer werknemers het om
werkverwante kwessies op te los/aan te spreek.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die regte van werknemers in
terme van die WAV.
Maks. (6)
9
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
2.3 Wet op Vaardigheidsontwikkeling
2.3.1 Voldoening aan die Wet op Vaardigheidsontwikkeling vanuit die
scenario
- ZV moedig werknemers aan om hul vaardighede te verbeter en aktief by
leerlingskappe betrokke te raak.
- Hulle assesseer ook die vaardighede van werknemers om die areas te
bepaal waarin vaardigheidsontwikkeling nodig is.
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
2. Ken slegs punte toe vir antwoorde wat uit die
scenario aangehaal word. (2 x 1) (2)
2.3.2 Bevondsing van SOOO’s (‘SETA’s’)
- Vaardigheidsontwikkelingsheffings word deur werkgewers aan SAID
betaal as ʼn invorderingsagentskap vir die regering.
- Werkgewers met ʼn salarisrekening wat R500 000 per jaar oorskry, moet
een persent (1%) van hul jaarlikse salarisse as ʼn heffing betaal.
- Die onderskeie SETAs ontvang tagtig persent (80%) van die heffing vir
organisatoriese-uitgawes en die oorblywende twintig persent 20% word
aan die Nasionale Vaardigheidsfonds betaal.
- Skenkings/Toelaes ontvang van die publiek/besighede/KMI-programme.
- Surplusfondse van staatsinstellings.
- Fondse ontvang uit die lewering van hul dienste.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die bevondsing van
SOOO’s (‘SETAs’). Maks. (4)
2.4 Soorte intensiewe strategieë
Markpenetrasie/Markbinnedringing/Markindrining
- Nuwe produkte word in ‘n huidige mark ingedring teen ‘n lae prys tot dit goed
bekend is aan klante en dan word die pryse verhoog
- Besighede fokus daarop om bestaande produkte in ‘n bestaande mark te verkoop
om hul markaandeel te vergroot.
- Besighede gebruik marknavorsing oor huidige klante, om te besluit hoe om hulle
bemarkingsmengsel te verbeter.
- Aggressiewe bemarkingsveldtogte soos verlaging/vermindering van pryse word
gebruik om potensiële klante/bestaande kliënte te lok.
- Besighede wysig/modifiseer nie bestaande/huidige produkte of stel nuwe
produkte bekend tydens mark penetrasie nie.
- Pas’n intensiewe adverterinsveldtog toe om bewusmaking van die produkte en
klantelojaliteit te verhoog.
- Neem meer verkoopspersoneel in diens om verkope/dienste te verbeter.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met markpenetrasie/-
binnedringing/-indringing as ʼn intensiewe strategie.
Strategie (2)
Bespreking (1)
Submaks (3)
10
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
Markontwikkeling
- Dis ʼn groeistrategie, waarmee besighede poog om hul bestaande produkte in nuwe
markte te verkoop.
- Besighede teiken verbruikers in ʼn potensiële mark wat buite sy gewone teikenmark
val.
- Toename in verkope van bestaande produkte deur die ontwikkeling van nuwe
markte.
- Pryse word herstruktureer/hersien om voorsiening te maak vir kliënte/verbruikers
van alle inkomstevlakke.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met markontwikkeling as ʼn
intensiewe strategie.
Strategie (2)
Bespreking (1)
Submaks (3)
Produkontwikkeling
- Dis ʼn groeistrategie waar besighede poog om nuwe produkte in bestaande mark
bekend te stel/wysiging van bestaande produk(te).
- Besighede ontwikkel nuwe idees/ontwikkel nuwe produkte/dienste.
- Besighede voer toetsbemarking/marknavorsing uit om te bepaal of nuwe produkte
deur die bestaande kliënte aanvaar sal word.
- Nuwe produkte kan verskillend/van ʼn beter gehalte as dié van mededingers
wees.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met produkontwikkeling as ʼn
intensiewe strategie.
Strategie (2)
Bespreking (1)
Submaks (3)
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
Maks. (6)
2.5 2.5.1 Porter se Vyf Kragte-model
Porter se Vyf Kragte-model vanuit die scenario
PORTER SE VYF KRAGTE- MOTIVERINGS
MODEL
1. Onderhandelingskrag van Hulle het ʼn opname gemaak van hoe
kopers/krag van kopers groot korporatiewe kliënte kan
onderhandel vir laer
sagtewarelisensiefooie.
2. Bedreiging van substitusie/ Hulle het ook geëvalueer of hul
plaasvervangers tegnologie-oplossings maklik met
meer bekostigbare alternatiewe
vervang kan word.
Submaks (4) Submaks (2)
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
2. Ken punte toe vir Porter se Vyf Kragte-model selfs al is
die aanhaling onvolledig.
3. Moenie punte vir die motivering toeken as die Porter se
Vyf Kragte-model verkeerd geïdentifiseer is nie.
Maks. (6)
11
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
2.5.2 Strategiese bestuursproses
OPSIE 1
- Moet ʼn duidelike visie/missiestelling/meetbare/realistiese doelwit
instel.
- Identifiseer geleenthede/swakhede/sterkpunte/bedreigings deur ʼn
omgewings/situasionele-analise te doen.
- Instrumente beskikbaar vir omgewingsanalise kan ʼn SSGB-analise/
Porter se Vyf Kragte-model/PESTWO analise/nywerheidsanalise-
instrument insluit.
- Formuleer alternatiewe strategieë om op die uitdagings te reageer.
- Ontwikkel (ʼn) plan(ne) van aksie, van die take om te doen/spertye wat
gehaal moet word/bronne wat bekom moet word, insluit.
- Implementeer geselekteerde strategieë deur dit aan alle
belanghebbendes te kommunikeer/organiseer
besigheidshulpbronne/motiveer personeel.
- Voordurende evaluering/monitering/meet van strategieë om
regstellende stappe te onderneem.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die strategiese
bestuursproses.
OF
OPSIE 2
- Hersien/analiseer/ herondersoek hulle visie-/missiestelling.
- Doen ʼn omgewingsontleding deur gebruik te maak van modelle soos
SSGB/PESTWO/ Porter se Vyf Kragte -model.
- Formuleer ʼn strategie, soos ʼn defensiewe/afleggingstrategie.
- Implementeer ʼn strategie met gebruik van ʼn templaat soos ʼn
aksieplan.
- Beheer/Evalueer/Monitor die geïmplementeerde strategie om
gapings/afwykings in die implementering te identifiseer.
- Neem regstellende stappe om te verseker dat doelwitte/doelstellings
behaal word.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die strategiese
bestuursproses.
Maks. (4)
2.6 Verbod op indiensneming van kinder- en dwangarbeid as ʼn bepaling van die
Wet op Basiese Diensvoorwaardes
- Dit is onwettig om ʼn kind jonger as 15 in diens te neem.
- Dit is ook onwettig om iemand te dwing om te werk.
- Besighede mag kinders bo die ouderdom van 15 in diens neem indien
indiensneming nie skadelik is vir hul welstand/gesondheid/opvoeding/morele en
maatskaplike ontwikkeling nie.
- Minderjariges/Kinders onder die ouderdom van 18 mag nie betrokke raak by
gevaarlike werk/werk wat vir ʼn volwassene bedoel is nie.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die verbod op indiensneming
van kinder- en dwangarbeid as ʼn bepaling van die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes. Maks. (4)
12
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
2.7 Optredes wat as nie-nakoming beskou word van die Wet op Gelyke
Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998).
- Om mense toegang tot die werkplek te weier, gebaseer op enige vorm van
diskriminasie soos geslag, ras, kultuur, geloof, taal en geslag.
- Die onregverdige behandeling van werkers en die verkeerdelike bevordering van
regstellende aksie in die werkplek.
- Die weiering om jong vroue in diens te neem omdat hulle in die toekoms sou kies
om kinders te hê.
- Die uitvoering van MIV-toetse tensy die toetsing deur die Arbeidshof geregverdig
word.
- Die weiering om ʼn persoon in diens te neem as gevolg van sterk godsdienstige of
kulturele oortuigings, of as gevolg van ʼn gestremdheid.
- Die teistering en viktimisering van ʼn werknemer in enige vorm word volgens die
WGI as diskriminerend beskou.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met optredes wat as oortreding an
die WGI beskou word Maks. (4)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 2 PUNTE
2.1 4
2.2 6
2.3.1 2
2.3.2 4
2.4 6
2.5.1 6
2.5.2 4
2.6 4
2.7 4
TOTAAL 40
13
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
3.1 Voorbeelde van voordele vir werknemers in die werkplek
- Mediese Hulpfonds/Gesondheidsversekeringsfonds
- Pensioenfonds
- Voorsorgfonds
- Begrafnisvoordele
- Motor/Reis/Behuising/Selfoon/Kleretoelae
- Prestasiegebaseerde aansporings
- Uitreiking van bonusaandele
- Personeelafslag/Gratis of laekoste etes/Kantiengeriewe
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met voorbeelde van voordele vir
werknemers in die werkplek.
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na. (4 x 1) (4)
3.2 Keuringsprosedure as ʼn menslike hulpbronaktiwiteit
OPSIE 1
- Bepaal regverdige assesseringskriteria waarop keuring gebaseer sal word.
- Aansoekers moet die aansoekvorms/curriculum vitae en gesertifiseerde
persoonlike dokumente/ID's/bewyse van kwalifikasies inhandig.
- Sorteer dokumente/CV's ontvang volgens die assesserings-/keuringskriteria.
- Keur/Bepaal watter aansoeke aan die minimum posvereistes voldoen en skei dit
van die res van die aansoeke.
- Voorlopige onderhoude word gevoer as baie geskikte aansoeke ontvang was om
geskikte kandidate te identifiseer.
- Referentekontroles/Keuringsproses moet gevolg word om die
werksondervinding/kriminele-/kredietrekords/kwalifikasies op die CV's te
verifieer.
- Stel ʼn kortlys saam van potensiële geïdentifiseerde kandidate.
- Kandidate op kortlys kan aan verskillende tipes keuringstoetse onderwerp word
soos vaardigheidstoetse.
- Nooi aansoekers/kandidate wat gekortlys is vir ʼn onderhoud.
- ʼn Geskrewe aanbod word aan die gekose kandidaat gemaak.
- Lig onsuksesvolle kandidate in oor die uitkoms van die aansoek. /Sommige
advertensies dui die spertyd aan vir aankondiging van slegs suksesvolle
kandidate.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die keuringsprosedure as ʼn
menslike hulpbronaktiwiteit.
OF
14
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
OPSIE 2
- Ontvang dokumentasie soos aansoekvorms en sorteer dit volgens die kriteria
van die pos.
- Evalueer CV's en skep ʼn kortlys/Doen voorafkeurings van aansoekers.
- Gaan inligting op CV's na en kontak die referente.
- Doen voorlopige siftingsonderhoude om aansoekers te identifiseer wat nie vir die
werk geskik is nie, alhoewel hulle aan al die vereistes voldoen.
- Assesseer/Toets kandidate wat vir senior posisies aansoek gedoen het/om te
verseker dat die beste kandidaat gekies word.
- Hou onderhoude met kandidate op die kortlys.
- Bied indiensneming aan die gekeurde kandidate op.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die keuringsprosedure as ʼn
menslikehulpbronaktiwiteit.
LET WEL: Prosedure kan in enige volgorde wees. Maks. (6)
3.3 Wetlike vereistes van ʼn dienskontrak
3.3.1 Wetlike vereistes van ʼn dienskontrak vanuit die scenario
- Die kontrak sluit ʼn gedragskode en etiese kode in.
- CV het verduidelik dat die dienskontrak in die loop van diens
heronderhandel kan word.
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
2. Ken slegs punte toe vir antwoorde wat uit die scenario
aangehaal word. (2 x 1) (2)
3.3.2 Ander wetlike vereistes van ʼn dienskontrak
- Die werkgewer en werknemer moet instem tot enige veranderinge aan
die kontrak.
- Geen party mag aspekte van die indiensnemingskontrak eensydig
verander nie.
- Die werkgewer en die nuwe werknemer moet albei die kontrak
onderteken.
- Die werkgewer moet die bepalings en voorwaardes van die
dienskontrak aan die werknemer verduidelik.
- Dit mag geen vereistes bevat wat teenstrydig is met en nie aan die
WBDV voldoen nie.
- Diensvoorwaardes/pligte/verantwoordelikhede/rolle van die
werknemers ✓ moet duidelik uiteengesit word.
- Die vergoedingspakket, insluitend voordele moet duidelik aangedui
word.
- Alle besigheidsbeleide, prosedures en dissiplinêre kodes/reëls kan
deel uit maak van die dienskontrak.
- Die werkgewer moet die werknemer toelaat om die kontrak deeglik deur
te lees voordat dit onderteken word.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met ander wetlike
vereistes van die dienskontrak.
LET WEL: Moenie punte toeken vir antwoorde wat in VRAAG 3.3.1
aangehaal is nie. Maks. (4)
15
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
3.4 Die rol van die onderhoudvoerder tydens die onderhoud
- Ken dieselfde hoeveelheid tyd aan elke kandidaat toe.
- Stel lede van die onderhoudspaneel aan elke kandidaat/onderhoudvoerder voor.
- Laat die werkaansoeker op sy gemak voel.
- Verduidelik die doel van die onderhoud aan die paneel en die
werkaansoeker.
- Skryf die antwoorde van die kandidaat/aansoeker neer op vir toekomstige
verwysing.
- Moenie die aansoeker verkeerd inlig/mislei nie.
- Gee geleentheid vir die aansoeker om vrae te vra.
- Sluit die onderhoud af deur die kandidaat te bedank vir die bywoning van die
onderhoud.
- Stel dieselfde stel vrae aan alle kandidate.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van die
onderhoudvoerder tydens die onderhoud. Maks. (4)
3.5 Verskil tussen gehaltebeheer en gehalteversekering
GEHALTEBEHEER GEHALTEVERSEKERING
- Stelsel wat verseker dat die verlangde -
Kontroles uitgevoer gedurende en
gehalte verkry word deur die finale na afloop van die
produk te inspekteer. produksieproses.
- Verseker dat die finale produk aan die- Verseker dat die vereiste
vereiste standaarde voldoen. standaarde behaal word tydens
elke fase van die proses.
- Proses wat verseker dat produkte - Prosesse wat in plek gestel word
deurlopend volgens hoë standaarde om te verseker dat die gehalte van
vervaardig word. produkte/dienste/stelsels voldoen
aan voorafbepaalde standaarde
met minimale defekte/ vertragings/
tekortkominge.
- Kontrolering van grondstowwe/ - Verseker dat elke proses daarop
werknemers/masjinerie/werkmanskap/ gemik is om die produk die eerste
produkte om te verseker dat hoë keer reg te kry en voorkom dat
standaarde gehandhaaf word. foute herhaal word.
- Behels die daarstelling van - Het te doen met die 'inbou' van
teikens/meting van prestasie en die kwaliteit in teenstelling met die
neem van regstellende maatreëls. nagaan van kwaliteit.
Enige ander relevante antwoord wat Enige ander relevante antwoord wat
verband hou met gehaltebeheer. verband hou met gehalteversekering.
Submaks. (2) Submaks. (2)
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
2. Die verskil hoef nie verbind te wees nie, maar moet duidelik
wees.
3. Ken ʼn maksimum van TWEE (2) punte toe, indien die verskil nie
duidelik is nie/Sien slegs óf gehaltebeheer óf
gehalteversekering na. Maks. (4)
16
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
3.6 TGB elemente
3.6.1 TGB elemente van toepassing op VET vanuit die scenario
Voldoende finansiering en kapasiteit Maks. (2)
3.6.2 Ander voordele van voldoende finansiering en kapasiteit
- Groot besighede het voldoende finansiering om alles te toets voor
implementering.
- Hulle kan bekostig om stelsels in plek te hê om foute in
prosesse/defekte in grondstowwe/produkte te voorkom.
- Groot besighede kan hoogsbetaalde spesialiste bekostig om
gevorderde opleiding met werknemers te doen.
- Kan bekostig om kwaliteit grondstowwe en toerusting aan te koop.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
voldoende finansiering en kapasiteit as ʼn TQM-element op groot besighede.
LET WEL: Moenie punte toeken vir ‘n antwoord wat uit die scenario
aangehaal is nie.
Maks. (4)
3.7 Voordele van ʼn goeie gehalte bestuurstelsel
- Effektiewe kliëntediens word gelewer, wat lei tot verhoogde kliënte
tevredenheid.
- Tyd en hulpbronne word doeltreffend gebruik.
- Produktiwiteit neem toe deur behoorlike tydsbestuur/die gebruik van
hulpbronne van hoë gehalte.
- Produkte/Dienste word voortdurend verbeter, wat tot verhoogde vlakke
van klant tevredenheid lei.
- Visie/Missie/Besigheidsdoelwitte kan bereik word.
- Besigheid het ʼn mededingende voordeel bo sy mededingers.
- Gereelde opleiding sal deurlopend die gehalte van werknemers se
vaardighede/kennis verbeter.
- Werkgewers en werknemers sal ʼn gesonde werksverhouding hê wat
gelukkige/produktiewe werkers tot gevolg sal hê.
- Verhoogde markaandeel/finansiële stabiliteit want meer kliënte verbeter
winsgewendheid.
- Verbeter besigheid se beeld aangesien daar minder
gebreke/terugsendings is.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van ʼn goeie
gehalte bestuurstelsel. Maks. (6)
17
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
3.8 Rolle van gehaltesirkels as deel van die deurlopende verbetering van prosesse
en stelsels
- Los probleme op ten opsigte van kwaliteit en implementeer verbeterings.
- Ondersoek probleme en stel oplossings aan bestuur voor.
- Verseker dat daar geen duplisering van aktiwiteite/take in die werkplek is
nie.
- Maak voorstelle vir die verbetering van prosesse en stelsels in die
werkplek.
- Verbeter die gehalte van produkte/dienste/produktiwiteit deur gereelde
hersiening van gehalteprosesse.
- Monitor/Versterk strategieë sodat die besigheid se bedrywighede glad
verloop.
- Verhoog werknemers se moraal/motivering om spangees te bevorder in die
bereiking van organisasie-doelwitte
- Dra by tot die verbetering en ontwikkeling van die organisasie.
- Verminder die oortolligheidkoste/verkwiste pogings op die lang termyn.
- Verhoog die aanvraag vir die goedere/dienste van die besigheid.
- Skep harmonie en hoё werkverrigting in die werkplek.
- Bou ʼn gesonde werksverhouding tussen die werkgewer en die werknemer.
- Verbeter werknemerslojaliteit en toewyding tot die besigheidsdoelwitte.
- Verbeter werknemerskommunikasie op alle vlakke van die besigheid.
- Ontwikkel ʼn positiewe houding/gevoel van betrokkenheid in
besluitnemingsprossese van dienste aangebied.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van gehaltesirkels as
deel van die deurlopende verbetering van prosesse en stelsels. Maks. (4)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 3 PUNTE
3.1 4
3.2 6
3.3.1 2
3.3.2 4
3.4 4
3.5 4
3.6.1 2
3.6.2 4
3.7 6
3.8 4
TOTAAL 40
18
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Verbruikersregte soos in die Wet op Verbruikersbeskerming/WVB gestipuleer
- Reg om te kies
- Reg op privaatheid
- Reg op regverdige en billike handelspraktyke
- Reg op inligting oor produkte en ooreenkomste/Reg op openbaarmaking en
inligting
- Reg op billike en verantwoordelike bemarking
- Reg op billike waarde/goeie gehalte en veiligheid
- Reg op aanspreeklikheid deur verskaffers
- Reg op eerlike/billike en redelike bepalings en voorwaardes
- Reg op gelykheid in die verbruikersmark
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na. (4 x 1) (4)
4.2 Soorte defensiewe strategieë
Vervreemding/Ontbondeling
- Van die hand sit/Verkoop van bates/afdelings wat nie meer winsgewend/produktief
is nie.
- Verkoop van afdelings/produklyne wat stadige groeipotensiaal toon.
- Vermindering van die aantal aandeelhouers deur eienaarskap te verkoop.
- Afbetaling van skuld deur verkoop van onproduktiewe bates.
- Onttrekking/Afstand doen van beleggingsaandeel in ʼn ander besigheid.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met vervreemding/ontbondeling as
ʼn soort defensiewe strategie.
Strategie (2)
Beskrywing (1)
Submaks (3)
Aflegging
- Beëindiging van die indiensnemingskontrakte/werknemers laat gaan vir bedryfs
redes/om kostes te verminder/uitgawes.
- Vermindering van die aantal produklyne/sluiting van sekere afdelings kan
veroorsaak dat sommige werkers oortollig word.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met aflegging as ʼn soort
defensiewe strategie.
Strategie (2)
Beskrywing (1)
Submaks (3)
19
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
Likwidasie
- Verkoop alle bates/Bring besigheids aktiwiteite tot ‘n einde om krediteure te betaal
weens ʼn gebrek aan kapitaal
- Verkoop van die hele besigheid om aandeelhouers ʼn billike prys vir hul aandele te
betaal.
- Laat krediteure toe om aansoek te doen vir gedwonge likwidasie om hul eise te
laat afhandel.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met likwidasie as ʼn soort
defensiewe strategie.
Strategie (2)
Beskrywing (1)
Submaks (3)
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na. Maks. (6)
4.3 Uitdagings in die besigheidsomgewings
UITDAGINGS OMGEWING
(4.3.1) (4.3.2)
1. Onlangs het hul werknemers begin staak rakende Mikro
meningsverskille oor die jaarlikse prestasiebonus.
2. BB moet vroeër op Vrydae sluit weens die stygende Makro
misdaadsyfer.
3. ʼn Nuwe mededinger, Petals & Posies, het goedkoper Mark
blommerangskikkings begin aanbied.
Maks. (3) Maks. (3)
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
2. Moenie punte toeken vir uitdagings wat nie volledig uit die
scenario aangehaal word nie.
3. Moenie punte toeken vir die besigheidsomgewing as dit nie
gekoppel is aan die uitdaging nie.
Maks. (6)
20
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
4.4 Optredes wat as oortreding van die WGI beskou word
- Die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) kan die besigheid beboet vir oortreding
van die wet.
- Besighede/kredietverskaffers mag geen addisionele koste of rente hef op
onwettige kredietooreekomste wat tot stand gekom het nie.
- Die hof kan die toestaan van krediet deur die besigheid as roekeloos verklaar, en
kan verbruikers beveel om nie die krediet/of deel daarvan aan die besigheid
terug te betaal nie.
- Besighede mag nie betaling eis, dagvaar of beslag lê op die kliënte/verbruiker se
salarisse/bates om skuld terug te betaal nie.
- Die kredietverskaffer moet alle koste dra om die negatiewe inligting van
verbruikers te verwyder wat as gevolg van die roekelose toestaan van krediet op
die swartlys geplaas is.
- Die besigheidslisensie kan teruggetrek word vir die roekelose toestaan van
krediet en growwe oortredings van die NKW.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die optredes wat as oortreding
van die WGI beskou word.
Maks. (4)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5 Bronne van eksterne werwing
- Gedrukte media soos koerante/strooibiljette/tydskrifte/plakkate
- Elektroniese media soos radio/TV
- Sosiale media/Sosiale netwerke/Internet/Besigheidswebwerwe
- Werwingsagentskappe
- 'Walk-ins'
- Roofwerwing
- Professionele verenigings
- Netwerke
- Opvoedkundige/Opleidingsinstansies
- 'Word-of-mouth'
- Advertensieborde
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met bronne van eksterne werwing.
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na. (4 x 1) (4)
21
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
4.6 Dienskontrak
4.6.1 Aspekte van die dienskontrak
- Werksure
- Proeftydperk
LET WEL : Ken slegs punte toe vir antwoorde uit die scenario aangehaal
(2 x 1) (2)
4.6.2 Redes vir die beëindiging van ʼn indiensnemingskontrak
- Die werkgewer kan ʼn werknemer ontslaan vir (ʼn) geldige rede(s), soos
onbevredigende werksprestasie/wangedrag.
- Werkgewer het dalk nie meer werk vir oortollige werknemers nie/kan
nie die kontrak voltrek of nakom nie/word geherstruktureer.
- Die werkgewer kan sommige werknemers aflê as gevolg van
insolvensie/is nie meer in staat om werknemers te betaal nie.
- Werknemers het besluit om te gaan/vrywilliglik te bedank vir beter
werksgeleenthede.
- ʼn Werknemer bereik die voorafbepaalde ouderdom vir aftrede.
- Onbevoegdheid van ‘n werknemer om te werk as gevolg van
beserings/siektes.
- Deur ʼn wedersydse ooreenkoms tussen werkgewer en werknemer.
- Die termyn van die indiensnemingskontrak verval/kom tot ʼn einde.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die redes vir die
beëindiging van ʼn indiensnemingskontrak. Maks. (4)
4.7 Impak van totale gehaltebestuur/TGB indien swak geïmplementeer
- Werknemers is nie voldoende opgelei nie wat tot lae gehalte produkte lei.
- Afname in produktiwiteit, as gevolg van onderbrekings.
- Besighede sal moontlik nie in staat wees om die nodige veranderinge aan
produkte/dienste aan te bring om sodoende die behoeftes van klante te
bevredig nie.
- Die besigheid se reputasie/beeld kan skade lei as gevolg van swak
kwaliteit/foutiewe produkte.
- Stel onrealistiese spertye wat nie bereik kan word nie.
- Beleggers kan hul beleggings onttrek, indien daar ʼn afname in winste is.
- Klante sal baie alternatiewe hê om van te kies en die impak kan vernietigend vir
die besigheid wees.
- Afname in verkope, omdat meer produkte deur ontevrede klante teruggestuur
word.
- Hoë personeelomset as gevolg van swak vaardigheidsontwikkeling.
- Ongedokumenteerde/Ongekontroleerde gehaltebeheerprosesse/-stelsels kan lei
tot foute/afwykings vanaf voorafbepaalde gehaltestandaarde.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die impak van TGB indien
besighede dit swak implementeer. Maks. (6)
22
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
4.8 Gehalte-aanwysers van die aankoopfunksie
- Besighede moet grondstowwe/produkte in groot hoeveelhede teen laer/
afslagpryse aankoop.
- Verseker dat daar geen onderbreking in produksie as gevolg van voorraadtekorte
is nie.
- ʼn Deeglike begrip van bestuur van die verskaffingsketting om die korrekte
verkrygingsprosedures/-prosesse toe te pas.
- Handhaaf optimale voorraadvlakke om te veel/verouderde voorraad te vermy/
verminder.
- Moniteer en rapporteer oor minimum voorraadvlakke om voorraadtekorte te
vermy.
- Verlangde hoeveelhede moet op die regte tyd en plek afgelewer word.
- Implementeer/Hou voorraadbeheerstelsels in stand om die veiligheid van die
voorraad te verseker.
- Doeltreffende gebruik van bergingsgeriewe en handhawing van die produkgehalte
terwyl dit geberg word.
- Kies betroubare verskaffers wat die beste gehalte grondstowwe/kapitaalgoedere
teen bekostigbare pryse verskaf.
- Plaas bestellings betyds en volg bestellings gereeld op om te verseker dat
goedere betyds afgelewer word.
- Doeltreffende koördinering tussen die aankope- en produksiedepartemente sodat
aankooppersoneel die produksieproses/vereistes verstaan.
- Betrek verskaffers by strategiese beplanning/produkontwerp/materiaalkeuses/
gehaltebeheerprosesse.
- Bewerkstellig verhoudings met verskaffers sodat hulle in lyn is met die besigheid
se visie/missie/waardes.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die gehalteaanwyser van die
aankoopfunksie. Maks. (4)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 4 PUNT
4.1 4
4.2 6
4.3.1 3
4.3.2 3
4.4 4
4.5 4
4.6.1 2
4.6.2 4
4.7 6
4.8 4
TOTAAL 40
TOTAAL AFDELING B: 80
23
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
AFDELING C
Sien slegs dieantwoorde op die EERSTE vraag na.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (BESIGHEIDSTRATEGIEË)
5.1 Inleiding
- Die evaluering van ʼn besigheidstrategie is van kardinale belang om die
doeltreffendheid daarvan te bepaal en tred te hou met voortdurende
veranderinge.
- Maatskappye kan groei en hul markposisie verbeter deur verskillende
integrasiestrategieë.
- Besighede ondervind uitdagings van uiteenlopende PESTWO-faktore wat
onderbrekings in hul daaglikse prosesse kan veroorsaak.
- Om hierdie uitdagings aan te spreek, moet besighede ingelig bly en volhoubare
praktyke verwelkom.
Enige ander relevante inleiding wat verband hou met stappe in strategie-evaluering/
tipes integrasiestrategieë/PESTWO-faktore wat uitdagings vir besighede inhou/
maniere waarop besighede uitdagings wat deur die PESTWO-faktore gestel word,
kan hanteer. Enige (2 x 1) (2)
5.2 Stappe in strategie-evaluering
- Ondersoek die onderliggende basis van ʼn besigheidstrategie.
- Kyk vorentoe en agtertoe in die implementeringsproses.
- Vergelyk die verwagte prestasie met die werklike prestasie.
- Bepaal die redes vir afwykings en ontleed hierdie redes.
- Neem korrektiewe aksie sodat die afwykings reggestel kan word.
- Stel spesifieke datums vir beheer en opvolging.
- Stel ʼn tabel op van die voor- en nadele van ʼn strategie.
- Besluit op die verlangde uitkoms soos in die vooruitsig gestel met die daarstelling
van die strategieë.
- Oorweeg die impak van die strategiese implementering in die interne en eksterne
omgewings van die besigheid.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die stappe in strategie-
evaluering.
LET WEL: Aanvaar stappe in enige volgorde. Maks. (10)
24
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
5.3 Soorte integrasiestrategieë
Voorwaartse vertikale integrasie
- ʼn Besigheid kombineer met of neem sy verspreiders in die verskaffingsketting/
produksieketting oor. /Die besigheid smelt saam met besighede wat eens hul
kliënte was, terwyl dit steeds beheer oor die aanvanklike/kernbesigheids-
aktiwiteite behou.
- Behels uitbreiding van besigheidsaktiwiteite om beheer oor die direkte
verspreiding van die produkte/dienste te verkry.
- Die besigheid neem die verspreidingstelsel oor en verkoop produkte/dienste
direk aan verbruikers/klante.
- Verhoog winsgewendheid omdat die tussenganger/verspreider/middelman
uitgesluit word.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met voorwaartse vertikale
integrasie.
Strategie (2)
Verduideliking (2)
Submaks (4)
Terugwaartse vertikale integrasie
- Die besigheid kombineer met/smelt saam/neem sy verskaffers in die
voorsieningsketting/produksieketting oor./Die besigheid brei sy rol uit om
aktiwiteite/take te vervul wat voorheen deur die verskaffers voorsien is.
- Gemik om die besigheid se afhanklikheid van verskaffers te verminder.
- Stel besighede in staat om kostes te sny en invloed oor die
pryse/kwaliteit/kwantiteit van grondstowwe te hê.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met terugwaartse vertikale
integrasie.
Strategie (2)
Verduideliking (2)
Submaks (4)
Horisontale integrasie
- ʼn Besigheid neem beheer van/inkorporeer ander besighede in dieselfde bedryf/
wat dieselfde/soortgelyke goedere/dienste produseer/verkoop. / Dit is die
verkryging/oorname van ʼn verwante besigheid wat op dieselfde vlak van die
voorsieningsketting in die bedryf funksioneer
- Die doel is om die bedreiging van mededinging/plaasvervangende produkte/
dienste te verminder.
- Verhoog die markaandeel/verkope/winste en verbeter produksie/verspreiding.
- Geskik vir besighede wat in verskillende geografiese areas bedryf word deur
gesamentlike ondernemings/lisiensiëring/franchising.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met horisontale integrasie.
Strategie (2)
Verduideliking (2)
Submaks (4)
Maks. (12)
25
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
5.4 PESTWO-faktore wat uitdagings vir besighede inhou
5.4.1 Wetlike
- Sekere wette kan ʼn direkte impak hê op ʼn besigheid, bv. Die
WVB/WBDV.
- Wetlike vereistes vir die bedryf van sekere soorte besighede is
tydrowend.
- Hoë regskoste verbonde aan die verkryging van ʼn lisensie/handelsmerk/
patent kan in sommige ondernemings voorkom.
- Wettigheid van besigheidskontrakte kan sakebedrywighede beperk.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe die wetlike
PESTWO-faktor uitdagings vir besighede inhou.
Submaks (4)
5.4.2 Polities
- Sommige regeringsbeleide kan besighede beïnvloed.
- Verbruikersregte-organisasies kan besighede verhoed om produkte te
verkoop as hulle nie aan sekere vereistes voldoen nie.
- Handelsooreenkomste kan besighede verhoed om sommige medisyne/
produkte in te voer.
Enige ander relevante antwoord hou verband met hoe die politieke
PESTWO-faktor uitdagings vir besighede inhou. Submaks (4)
5.4.3 Omgewing
- Chemikalieë/bestanddele in besigheidsprodukte kan skadelik wees vir
kliënte.
- Maatreëls om van besigheidsafval ontslae te raak kan duur wees.
- Verpakking van sommige produkte is dalk nie omgewingsvriendelik nie
en is dalk nie herwinbaar nie.
- Die besigheid is dalk nie bewus daarvan dat sy huidige praktyke
omgewingsonvolhoubaar is/bydra tot omgewingsagteruitgang nie.
Enige ander relevante antwoord hou verband met hoe die omgewings-
PESTWO-faktor uitdagings vir besighede inhou.
Submaks (4)
Maks. (12)
5.5 Maniere waarop besighede uitdagings wat deur die PESTWO-faktore gestel
word, kan hanteer
5.5.1 Wetlike
- Voldoen aan alle relevante wetgewing wat ʼn impak op besighede kan
hê.
- Voldoen aan die wetlike vereistes vir bedryfsondernemings, bv.
lisensie/handelsmerkregistrasie/patente.
- Begroot vir hoë regsvestigingskoste.
- Besighede moet die wetlike aspekte van besigheidskontrakte ken sodat
hulle aan al die vereistes voldoen.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die maniere waarop
besighede die uitdagings wat deur wetlike PESTWO-faktor gestel word, kan
hanteer. Submaks (4)
26
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
5.5.2 Polities
- Doen navorsing oor onlangse regeringsbeleide.
- Netwerk en steun met die NRO's en alle verbruikersregte-
organisasies.
- Handel slegs met lande wat gunstige handelsooreenkomste met die
regering het.
Enige ander relevante antwoord hou verband met die maniere waarop
besighede die uitdagings wat deur die politieke PESTWO-faktor gestel word,
kan hanteer. Submaks (4)
5.5.3 Omgewing
- Chemikalieë/bestanddele moet duidelik op etikette/verpakking aangedui
word om kliënte in te lig oor moontlike newe-effekte/korrekte gebruik van
produkte.
- Implementeer koste-effektiewe maatreëls om van mediese afval ontslae te
raak.
- Implementeer herwinningsmaatreëls om besoedeling van die omgewing te
voorkom/Gebruik verpakking wat herbruikbaar/herwinbaar is.
- Neem deel aan omgewingsvolhoubare praktyke soos die bewaring/
beskerming van natuurlike hulpbronne.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die maniere waarop
besighede die uitdagings wat deur die omgewings-PESTWO-faktor gestel
word, kan hanteer. Submaks. (4)
Maks. (12)
5.6 Gevolgtrekking
- Die evaluering van ʼn besigheidstrategie is van kardinale belang om te verseker
dat ʼn maatskappy se planne effektief en aanpasbaar bly in ʼn voortdurend
veranderende omgewing.
- Deur verskillende integrasiestrategieë te implementeer, kan besighede hul groei
verbeter en hul markposisie versterk.
- Besighede moet ook uitdagings identifiseer wat deur verskeie PESTWO-faktore
gestel word, wat bedrywighede kan ontwrig.
- Om hierdie uitdagings effektief te bestuur, moet besighede op hoogte bly van
eksterne veranderinge, volhoubare praktyke aanneem en proaktiewe strategieë
implementeer.
Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met stappe in strategie-
evaluering/tipes integrasiestrategieë/PESTWO-faktore wat uitdagings inhou/maniere
waarop besighede uitdagings wat deur die PESTWO-faktore gestel word, kan
hanteer. Enige (1 x 2) (2)
27
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
VRAAG 5: UITEENSETTING VAN PUNTE
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Stappe in strategie-evaluering. 10
Soorte integrasiestrategieë 12
PESTWO-faktore wat as uitdagings vir besighede
inhou:
o Wetlike 12 Maks. 32
o Polities
o Omgewing
Maniere waarop besighede uitdagings wat deur die
12
PESTWO-faktore gestel word, kan hanteer
Slot/Gevolgtrekking 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2 8
TOTALE PUNTE 40
SASO – vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie
28
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE FUNKSIE)
6.1 Inleiding
- Werwing stel besighede in staat om mense in diens te neem wie se
vaardighede en kwalifikasies in ooreenstemming is met die vereistes van die
werk.
- Die menslike hulpbronbestuurder moet die posontleding voorberei om geskikte
kandidate vir die pos te vind.
- Interne werwing is belangrik en elimineer die proses om ongeskikte aansoeke
en CV's na te gaan.
- Die WGI reguleer regstellende aksie en gee leiding oor die uitvoering van ʼn
billike aanstellingsproses in besighede.
Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die betekenis van werwing/
komponente van ʼn posontleding/impak van interne werwing op besighede/
implikasies van die Wet op Gelyke Indiensneming op die menslike hulpbron
funksie.
Enige (2 x 1) (2)
6.2 Betekenis van werwing
- Die proses wat deur ‘n besigheid gebruik word om sekere vakatures in die
besigheid te identifi seer en geskikte kandidate daarvoor te lok.
- Besighede kan kies om ‘n interne of eksterne metode van werwing
te gebruik.
- Die metode wat hulle kies sal afhang van die aard/vereistes van die
vakature.
- Werwing is ‘n deurlopende proses omdat werknemers hul werk verlaat vir
ander werke/bevorderings behaal/aftree/omdat nuwe tegniese/tegnologiese
vaardighede vereis word.
- Dit begin met die proses om aktief kandidate vir ‘n vakature te soek/vind, tot
die suksesvolle integrasie van die kandidaat in die besigheid.
Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die betekenis van werwings.
Maks. (10)
6.3 Komponente van ʼn posontleding
Posbeskrywing
- Beskryf die pligte/verantwoordelikhede van ʼn spesifieke pos.
- ʼn Geskrewe beskrywing van die pos en sy vereistes./ʼn Opsomming van die
aard van die pos.
- Beskryf sleutelprestasie-areas vir ʼn spesifieke pos bv.
postitel/werksomstandighede/verhouding van die pos met ander poste in die
besigheid, ens. ✓
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die posbeskrywing.
29
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
Komponent (2)
Verduideliking (4)
Submaks (6)
Posspesifikasie
- Beskryf die minimum aanvaarbare persoonlike kwaliteite/vaardighede/
kwalifikasies wat nodig is vir die pos.
- ʼn Geskrewe beskrywing van spesifieke kwalifikasies/vaardighede/
ondervinding wat nodig is vir die pos.
- Beskryf sleutelvereistes van die persoon wat die pos sal vul bv. formele
kwalifikasies/bereidwilligheid om te reis/ongereelde werksure, ens.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met posspesifikasie.
Komponent (2)
Verduideliking (4)
Submaks (6)
Maks. (12)
6.4 Impak van interne werwing op ʼn besigheid
Positiewe/Voodele
- Goedkoper/Vinniger om die pos te vul omdat die metode fokus om
bestaande werknemers te bevorder.
- Plasing is maklik aangesien die bestuur die werknemer se vaardighede/
persoonlikheid/ervaring/sterkpunte ken. .
- Verskaf geleenthede vir loopbaanrigtings ✓ binne die besigheid.
- Die werknemer verstaan alreeds hoe die besigheid bedryf word , induksie/
opleiding is nie altyd nodig nie.
- Verminder die kanse om werknemers te verloor , omdat toekomstige
loopbaangeleenthede beskikbaar is.
- Gedetailleerde, betroubare inligting oor kandidate kan by toesighouers/
werknemer rekords verkry word.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe impak/
voordele van interne werwing op ʼn besigheid.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Huidige werknemers mag dalk nie nuwe idees na die besigheid toe bring
nie.
- Bevordering van ʼn huidige werknemer kan aanstoot gee aan ander
werknemers.
- Bevordering kan besigheidsbedrywighede ontwrig omdat dit vakante poste
wat gevul moet word, skep.
- Die aantal aansoekers om van te kies is beperk slegs tot huidige
personeel.
- Werknemers wat nie regtig die vereiste vaardighede vir die nuwe pos het nie
kan bevorder word.
- Huidige werknemers mag opleiding/ontwikkeling nodig hê voordat hulle
bevorder kan word, wat duur kan wees.
- Personeel wat nie bevordering kry nie kan gedemotiveerd voel wat
produktiwiteit kan belemmer.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe
impak/nadele van interne werwing op ʼn besigheid. Maks. (16)
30
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
6.5 Implikasies van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) (Wet 55 van 1998)
op die menslike hulpbronne funksie
- Bied gelyke betaling vir werk van gelyke waarde.
- Stel indiensneminggelykheidsplanne saam wat aandui hoe regstellende
aksie geïmplementeer sal word.
- Maak seker dat regstellende aksie diversiteit in die werk plek bevorder.
- Die menslikehulpbronbestuurder moet werknemers regverdig behandel en
gelyke geleenthede in die werkplek bevorder/verskaf.
- Aangewese groepe moet heropgelei/ontwikkel/opgelei word deur
vaardigheidsontwikkelingprogramme.
- Definieer die aanstellingsproses duidelik om te verseker dat alle partye
goed ingelig is.
- Vertoon 'n opsomming van die Wet waar werknemers dit duidelik kan
sien/daartoe toegang het.
- Wys 'n bestuurder aan om te verseker dat die
indiensneminggelykheidsplan geïmplementeer/gereeld gemonitor sal
word.
- Doen verslag aan die Departement van Arbeid oor die vordering in die
- implementering van die gelykheidsplan.
- Doen mediese/sielkundige toets op regverdige wyse op werknemers/
wanneer dit nodig geag word.
- Maak seker dat die werkplek die demografie van die land op alle vlak
verteenwoordig.
- Herstruktureer/Analiseer huidige indiensnemingsbeleide/-praktyke/-
prosedures om aangewese groepe te akkommodeer.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die implikasies van die Wet
op Gelyke Indiensnemeing (WGI) op die menslike hulpbronne funksie.
Maks. (8)
6.6 Gevolgtrekking
- Die regte posontleding is belangrik om onnodige koste van die heradvertering
van ʼn vakature te vermy.
- Werknemers is die belangrikste hulpbron in enige besigheid en die sukses
daarvan word sterk beïnvloed deur ʼn goeie werwingsprosedure.
- Interne werwing stel besighede in staat om personeelomset en koste van
agtergrondondersoeke en opleiding te verminder.
- Besighede moet die dienskontrak in lyn bring volgens die vereistes van die
WGI om onnodige regstappe te vermy.
Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met die betekenis van
werwing/komponente van ʼn posontleding/impak van interne werwing op
besighede/implikasies van die Wet op Gelyke Indiensneming op die menslike
hulpbron funksie. Enige (1 x 2) (2)
[40]
31
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GR12 0625
VRAAG 6: UITEENSETTING VAN PUNTE
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Betekenis van werwing 10
Komponente van ʼn posontleding 12 Maks.
Impak van interne werwing op besighede 16 32
Implikasies van die Wet op Gelyke Indiensneming 8
Slot/Gevolgtrekking 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2
Sinstese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2 8
TOTALE PUNTE 40
SASO – vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
32
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Memo
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Memo (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 North West June 2024 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Business Studies

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Free State Mock 2025 QP

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2024 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2024 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2024 Memo

Memorandum