JUNIE EKSAMEN
GRAAD 12
2025
NASIENRIGLYNE
BESIGHEIDSTUDIES
(VRAESTEL 2)
30 bladsye
You're offline
Skip to contentQuestion paper %20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)





View all





Business Studies P2 (Afrikaans) June 2025 Possible Asnwers.pdf
Business Studies · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 33 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 33
- File size
- 1.3 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 33
Document textSearch extracted text and jump to a page.
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
NOTAS AAN NASIENERS
INLEIDING
Die notas aan nasieners word verskaf vir gehalteversekeringsdoeleindes om die
volgende te verseker:
(a) Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die standaard van
nasien
(b) Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
(c) Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum van
provinsiale nasieners
(d) Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering
van die vak by skole/instellings vir leer
1. Vir nasien- en modereringsdoeleindes word die volgende kleure aanbeveel:
Opvoeder: Rooi
HOD/HD: Groen
Distrik Moderator: Oranje
2. Kandidate se antwoorde moet in volsinne vir AFDELINGS B en C wees. Dit sou egter
van die aard van die vraag afhang.
3. Alhoewel omvattende nasienriglyne verskaf word, dit geensins volledig nie.
Behoorlike oorweging moet geskenk word aan ʼn antwoord wat korrek is, maar:
• ʼn Ander uitdrukking gebruik as dit wat in die nasienriglyne verskyn
• Uit ʼn ander geloofwaardige bron afkomstig is
• Oorspronklik is
• ʼn Ander benadering gebruik
LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.
4. Neem kennis van ander relevante antwoorde wat deur kandidate verskaf word en
ken punte dienooreenkomstig toe. (In gevalle waar die antwoord onduidelik is of ʼn
mate van begrip aandui, moet deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een punt in
plaas van die maksimum van twee punte.)
5. Die woord ‘Sub-maks’ word gebruik om die toekenning van punte binne ʼn vraag of
subvraag te vergemaklik.
6. Die doel daarvan om punte aan die regterkant te omkring (gelei deur ‘maksimum’ in
die uiteensetting van punte) is om konsekwentheid en akkuraatheid in die nasien te
verseker, asook vir berekenings- en modereringsdoeleindes.
2
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
7. Subtotale van vrae moet in die regterkantse kantlyn geskryf word. Omkring die
subtotale soos aangedui deur die toekenning van punte. Dit moet gelei word deur
‘maksimum’ in die nasienriglyne. Slegs die totaal vir elke vraag moet in die
linkerkantse kantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.
8. By ʼn indirekte vraag moet die teorie sowel as die antwoord relevant wees en
verband hou met die vraag.
9. Korrekte nommering van antwoorde op vrae of subvrae word in AFDELINGS A en -
B aanbeveel. Indien die nommering verkeerd is, volg die volgorde van die
kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word indien die volgorde nie
duidelik is nie.
10. Geen bykomende krediet moet gegee word vir die herhaling van feite nie. Dui aan
met ʼn ‘H’.
11. Die onderskeid tussen ‘evalueer’ en ‘krities evalueer’ kan soos volg verduidelik
word:
11.1 Wanneer ‘evalueer’ gebruik word, word daar van kandidate verwag om op ʼn
positiewe/negatiewe wyse te reageer of ʼn neutrale (nie positiewe of
negatiewe) standpunt in te neem, byvoorbeeld Positief: ‘Die outokratiese
leierskapstyl bied sterk leierskap wat nuwe werknemers selfversekerd en
veilig laat voel’. .
11.2 Wanneer ‘krities geëvalueer’ gebruik word, word daar van kandidate verwag
om op ʼn positiewe/negatiewe wyse te reageer of ʼn neutrale (nie positiewe of
negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie geval word daar ook van
kandidate verwag om hul antwoorde te ondersteun met dieper insig,
byvoorbeeld ‘Die outokratiese leierskapstyl bied sterk leierskap wat nuwe
werknemers selfversekerd en veilig laat voel , aangesien verwagtinge/rolle
duidelik uiteengesit word om verwarring te voorkom’.
LET WEL: 1. Bogenoemde kan ook op ‘analiseer’ van toepassing wees.
2. Let op die plasing van die merkie () by die toekenning van
punte.
12. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag, die
kognitiewe werkwoord wat gebruik word, puntetoekenning in die nasienriglyn en
die konteks van elke vraag.
Kognitiewe werkwoorde, soos:
‘ 12.1 Adviseer, noem, stel, sit uiteen, motiveer, aanbeveel, stel voor, (lys nie
volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte van kandidate se antwoorde
nie. Daarom verskyn die puntetoekenning vir elke stelling/antwoord aan die
einde.
3
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
12.2 Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei, vergelyk,
tabuleer, ontleed, evalueer, krities evalueer (lys nie volledig nie) vereis ʼn
meer diepte van begrip, toepassing en redenasie. Daarom moet die punte
meer objektief toegeken word om te verseker dat assessering volgens
gevestigde norme geskied sodat eenvormigheid, konsekwentheid en
billikheid geskied.
13. Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord in
AFDELING B en C-gee waar slegs een antwoord gevra word.
14. AFDELING B
14.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE
VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui aan deur ʼn
lyn oor die ongemerkte gedeelte te trek.
LET WEL: 1. Dit geld slegs vir vrae waar die aantal feite
gespesifiseer word.
2. Bogenoemde is ook van toepassing op antwoorde in
AFDELING C (waar van toepassing)
14.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, ken die VOLLE krediet aan die
kandidaat toe. Punt 14.1 hierbo geld steeds.
14.3 Indien daar van kandidate verwag word om hul eie voorbeelde/sienings te
verskaf, beredeneer dit tydens die nasienriglyne bespreking om alternatiewe
antwoorde te finaliseer en met die Interne Moderator.
14.4 Gebruik van die kognitiewe werkwoorde en die toekenning van punte:
14.4.1 Indien die aantal feite gespesifiseer word, vrae wat vereis dat
kandidate ‘beskryf/bespreek/verduidelik’ soos volg nagesien word:
• Feit 2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyne)
• Verduideliking 1 punt (twee punte sal in AFDELING C
toegeken word)
Die ‘feit’ en ‘verduideliking’ word afsonderlik in die nasienriglyne
gegee om die toekenning van punte te vergemaklik.
14.4.2 As die aantal feite wat vereis word nie gespesifiseer word nie,
moet die puntetoekenning gelei word deur die aard van die vraag
en die maksimum punte wat in die nasienriglyne aangedui word.
14.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te onthou,
eenwoord-antwoorde vereis of direk uit ʼn scenario/gevallestudie
aangehaal word. Dit geld veral vir AFDELINGS B en -C (waar van
toepassing).
4
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
15. AFDELING C
15.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:
Inleiding
Maksimum:
Inhoud
32
Gevolgtrekking
Insig 8
TOTAAL 40
15.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:
Uitleg/Struktuur Is daar ʼn inleiding, paragrawe en ʼn gevolgtrekking? 2
Analise en Is die kandidaat in staat daartoe om die vraag in
Interpretasie opskrifte/subopskrifte te ontleed/korrek te interpreteer om
begrip te toon van wat gevra word? 2
Punte moet volgens hierdie riglyn toegeken word:
Alle opskrifte aangespreek: 1 (Een ‘A’)
Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een ‘A’)
Sintese Is daar relevante besluite/feite/antwoorde geneem op grond 2
van die vrae?
Opsie 1: Slegs relevante feite: 2 punte (Geen ‘-S’)
Waar ʼn kandidaat 50% of meer (twee tot vier
subvrae) van die vraag beantwoord met slegs
relevante feite verskyn; geen ‘-S’ in die
linkerkantlyn nie. Ken die maksimum van TWEE (2)
punte toe vir sintese.
Opsie 2: ʼn Paar relevante feite: 1 punt (Een ‘-S’)
Waar ʼn kandidaat minder as 50% (slegs een
subvraag) van die vraag beantwoord met slegs OF
enkele relevante feite verskyn een ‘-S’ in die
linkerkantlyn. Ken ʼn maksimum van EEN (1) punt
toe vir sintese.
Opsie 3: ʼn Paar relevante feite: 1 punt (Een ‘-S’)
Waar ʼn kandidaat VIER subvrae beantwoord, maar
een/twee/drie subvrae sonder relevante feite
verskyn een ‘-S’ verskyn in die linkerkantlyn. Ken ʼn
maksimum van EEN (1) punt toe vir sintese.
Opsie 4: Geen relevante feite nie: 0 punte (Twee ‘-S’)
Waar ʼn kandidaat minder as 50% (slegs een
subvraag) van die vrae beantwoord sonder
relevante feite verskyn twee ‘-S’ in die
linkerkantlyn. Ken ʼn NUL-punt vir sintese toe.
Oorspronklikheid Is daar bewyse van een voorbeeld in enige TWEE van die vier 2
subvrae, nie ouer as twee (2) jaar nie wat op onlangse inligting,
huidige tendense en ontwikkelings gebaseer is?
TOTAAL VIR INSIG: 8
TOTALE PUNTE VIR FEITE: 32
TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40
5
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
LET WEL: 1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat uit die inleiding
en slot herhaal word nie.
2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie vermeld word nie.
3. Geen punte sal vir die uitleg toegeken word indien die
opskrifte INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie deur ʼn
verduideliking ondersteun word nie.
15.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met ʼn simbool bv. (‘L, A, -S en/of O’).
15.4 Die uiteensetting van punte word aan die einde van die voorgestelde antwoord/
nasienriglyne op elke vraag aangedui.
15.5 Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS-punt in ʼn onderafdeling
bereik is. Skryf SUBMAKS/MAKS nadat maksimumpunte behaal is, maar lees
verder vir oorspronklikheid "O".
15.6 Aan die einde van elke opstel, moet die toekenning van punte vir feite en punte
vir insig soos volg aangedui word: (L – Uitleg, A – Analise, S – Struktuur,
O – Oorspronklikheid) soos in die tabel hieronder.
INHOUD PUNTE
Feite 32 (maksimum.)
S 2
A 2
S 2
O 2
TOTAAL 40
15.7 Wanneer punte vir feite toegeken word, let op die submaksimum wat aangedui
word, veral as kandidate nie van dieselfde subopskrifte gebruik maak nie.
Onthou, opskrifte en subopskrifte word aangemoedig en dra by tot insig
(strukturering/logiese vloei/volgordebepaling) en dui helderheid van denke aan.
(Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)
15.8 As die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/interpreteer, kan hy/sy
steeds punte vir uitleg kry.
15.9 Indien ʼn ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat die
antwoorde geassesseer word volgens die puntetoekenning/subopskrifte soos
aangedui in die nasienriglyne.
6
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
15.10 15.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir frases,
onvolledige sinne en vae antwoorde.
15.10.2 Met ingang van November 2015 sal die TWEE punte nie noodwendig
aan die einde van elke voltooide sin verskyn nie. Punte () sal langs
elke feit geskei en aangedui word, bv. ‘Inflasiekoers verwys na die
algemene verhoging in die prys van goedere en dienste oor ʼn
tydperk, wat ʼn verlaging in die waarde van geld meebring.’
Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, asook die kognitiewe
werkwoord wat gebruik, gelei word.
15.11 Met ingang van November 2017 sal die maksimum van TWEE (2) punte vir
feite wat as opskrifte in die nasienriglyne aangedui word, nie noodwendig op
elke vraag van toepassing wees nie. Dit sou ook afhang van die aard van die
vraag.
7
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 B
1.1.2 D
1.1.3 A
1.1.4 B
1.1.5 C
(5 x 2) (10)
1.2 1.2.1 saamgestelde
1.2.2 nie-versekerbaar(e)
1.2.3 RSA Kleinhandel-spaareffekte
1.2.4 onprofessioneel(e)
1.2.5 probleemoplossing
(5 x 2) (10)
1.3 1.3.1 E
1.3.2 G
1.3.3 H
1.3.4 B
1.3.5 F
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 1 PUNTE
1.1 10
1.2 10
1.3 10
TOTAAL 30
8
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
AFDELING B
Sien slegs die antwoorde op die EERSTE TWEE vrae na.
VRAAG 2: SAKE-ONDERNEMINGS
2.1 Faktore wat in ag geneem moet word wanneer beleggingsbesluite geneem
word
- Opbrengs op belegging/(OOB)
- Risiko
- Beleggingstermyn/tydperk
- Inflasiekoers
- Belasting
- Likiditeit
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na. (4 x 1) (4)
2.2 Rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap
- ʼn Positiewe houding stel leierskappotensiaal vry vir persoonlike groei.
- 'n Leier se goeie houding kan die sukses van die besigheid beïnvloed.
- Leiers moet hul sterk- en swakpunte ken om hul leierskapstyle effektief toe te
pas.
- Leiers moet die gedrag modelleer wat hulle by spanlede wil sien.
- Goeie leiers verstaan dat die regte gesindheid die regte atmosfeer sal
skep.
- Leiers se houding kan werknemers/spanne se gedagtes/gedrag beïnvloed.
- Suksesvolle leiers oorweeg die vermoëns/vaardighede van spanlede om
take/rolle effektief toe te ken.
- Entoesiasme skep vertroue in 'n leier en inspireer hulle om nog harder te
werk.
- 'n Positiewe houding is van kritieke belang vir goeie leierskap, want goeie leiers
sal die taak voltooi ongeag probleme/uitdagings.
- Suksesvolle werknemers en leiers het 'n konstante begeerte om te werk en
persoonlike/professionele sukses te behaal.
- Leiers met 'n positiewe houding weet dat daar altyd meer is om te leer/ruimte
om te groei.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van persoonlike
houding in effektiewe leierskap. Maks. (6)
9
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
2.3 Leierskapstyle
2.3.1 Transaksionele leierskapstyl. (2)
2.3.2 Situasies waartydens die transaksionele leierskapstyl in die werkplek
toegepas kan word
- Die leier wil hê werknemers moet teikens oorskry.
- Die besigheid wil werknemerprestasie maksimaliseer.
- Sperdatums moet nagekom word op kort kennisgewing/onder druk.
- Werknemers het 'n lae moraal.
- Die strategieë/besigheidstrukture is duidelik en hoef nie te verander
nie.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met situasies waarin die
transaksionele leierskapstyl toegepas kan word.
LET WEL: Aanvaar relevante feite indien die leierskapstyl verkeerd
geïdentifiseer as 'n antwoord in VRAAG 2.3.1. (4)
2.4 Impak van aandele
Positiewe/voordele
- 'n Aandeelhouer sal geregtig wees op dividendbetalings , gebaseer op die
hoeveelheid aandele wat gekoop is.
- Die aandele kan vrylik verkoop/oorgedra/verhandel word op die JSE.
- Aandeelhouers se aanspreeklikheid teenoor die skuld van die maatskappy is
beperk tot wat belê is. /Aandeelhouers het beperkte aanspreeklikheid vir
die maatskappy se skuld.
- Die beleggers het stemreg by die algemene jaarvergaderings van openbare
maatskappye.
- Die beleggers belê in aandele as verskansing teen stygings in die algemene
prysvlakke van goedere en dienste.
- Die groei in die waarde van aandele kan die beleggers 'n goeie opbrengs van
beleggings bied oor 'n langer tydperk.
- Belegging in aandele bied beskerming teen inflasie.
- Belegging in aandele kan stewige opbrengste lewer op aftree-ouderdom.
- Opbrengskoers op belegging (OOB) is gekoppel aan die prestasie van die
maatskappy.
- Gewone aandele is gewoonlik goedkoper as voorkeuraandele op die ope
mark.
- Om 'n groter aantal aandele te hou kan lei tot hoër proporsionele dividende-
uitbetaling.
EN/OF
10
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
Negatiewe/nadele
- Aandeelhouers kan minder dividende/geen dividende ontvang wanneer die
maatskappy se winste laag is.
- Maatskappye het geen wetlike verpligting om dividende te betaal aan
aandeelhouers nie.
- Risiko kan hoog wees, aangesien belegging verlore kan gaan wanneer
maatskappye gelikwideer word.
- Dividende wat verklaar word, kan deur die bestuur/direkteure van die
maatskappy/besigheid bepaal word.
- Dividende betaalbaar aan aandeelhouers is afhanklik daarvan dat die
maatskappy 'n dividend verklaar gebaseer op die wins wat gemaak is, indien
enige.
- Beleggers moet staatmaak op die welwillendheid van die maatskappy om 'n
dividend te verklaar.
- Aandeelhouers kan hul belegging verloor indien die maatskappy insolvent
verklaar word, wat die risiko hoog maak.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die impak van aandele.
Maks. (6)
2.5 Versekering
2.5.1 Gemiddelde klousule/Awery klousule (2)
2.5.2 Berekening van gemiddelde klousule
Versekerde bedrag x Verlies/Skade
Markwaarde/Waarde van versekerde item 1
R500 000 x R300 000
R800 000 1
= R187 500
LET WEL: 1. Ken die volle punte toe (4) indien die antwoord
korrek is en geen bewerking getoon word nie.
2. As die formule en werking korrek gewys is, maar die
finale antwoord verkeerd is, ken 'n maksimum van
DRIE (3) punte toe.
3. As die antwoord en bewerking verkeerd is, ken 'n
maksimum van EEN punt vir die formule toe. (4)
11
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
2.6 Bybetaling
- 'n Gedeelte van die versekeringseis wat die versekerde sal moet betaal √vir die
koste vir die vervanging/herstel van die goedere/eiendom wat betrokke is.
- Dit word nie aan die versekerde uitbetaal wanneer 'n eis afgehandel word
nie.
- Bybetalings beskerm die versekeraar teen bedrieglike eise aangesien die
versekerde minder geneig is om 'n vals eise in te dien/wanneer hy/sy die bedrag
vooraf moet betaal.
- Bybetalings hou versekeringspremies laer en ontmoedig bedrog.
- Dit is die bedrag wat aan die versekeraar betaal word wanneer 'n eis vir
skadevergoeding ingedien word/in die geval van 'n eis.
- Bybetalings verhoed dat die versekerde vir geringe skade eis.
- Die bedrag/grootte van die bybetaling word in die versekeringspolis bepaal.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met bybetaling. Maks. (6)
Skuldbriewe
- Skuldbriewe word uitgereik om geleende kapitaal van die publiek in te samel.
- Die lener/skuldbriefhouer stem in om geld aan die maatskappy te leen op sekere
voorwaardes vir 'n sekere tydperk.
- Skuldbriefhouers is krediteure, aangesien die maatskappy aanspreeklik is om die
bedrag van die skuldbriewe terug te betaal.
- Die meeste soorte skuldbriewe kan op die JSE verhandel word.
- Skuldbriefhouers ontvang jaarlikse rentebetalings gebaseer op die bepalings/
terme/aantal skuldbriewe wat gehou word.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met skuldbriewe. Maks. (6)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 2 PUNTE
2.1 4
2.2 6
2.3.1 2
2.3.2 4
2.4 6
2.5.1 2
2.5.2 4
2.6 6
2.7 6
TOTAAL 40
12
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Stappe om probleme op te los
- Identifiseer die probleem.
- Definieer die probleem.
- Identifiseer moontlike oplossings vir die probleem.
- Evalueer alternatiewe oplossings.
- Kies die mees geskikte alternatief/oplossing.
- Ontwikkel 'n aksieplan.
- Implementeer die voorgestelde oplossing/aksieplan.
- Monitor die implementering van die oplossing/aksieplan.
- Evalueer die geïmplementeerde oplossing.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die stappe in pobleemoplossing.
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste VIER (4).
2. Aanvaar stappe in enige volgorde.
(4 x 1) (4)
3.2 Betekenis van professionele gedrag
- Professionele gedrag is ʼn sekere standaard van gedrag/'n spesifieke vlak van
bevoegdheid en die nakoming van 'n etiese kode.
- Sluit riglyne oor werknemers se voorkoms/kommunikasie/verantwoordelikheid in.
- Vermoë/Vaardighede wat van ʼn persoon verwag word wat ʼn werk doen. / Dit
is die tipe gedrag wat geskik is vir 'n werk/beroep wat vir betaling gedoen word.
- Fokus op die handhawing van die reputasie van 'n besigheid/beroep
- Verwys na die beginsels van reg en verkeerd/aanvaarbare gedrag in die
besighede.
- Die toepassing van die gedragskode van daardie beroep/besigheid.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die betekenis van
professionele gedrag. Maks. (6)
3.3 Tipes onetiese sakepraktyke uit die gegewe stellings
3.3.1 Belasting/belastingontduiking
3.3.2 Onbillike advertensies
3.3.3 Prysbepaling van goedere in landelike gebiede
(2 x 3) (6)
13
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
3.4 Impak van die Delphi-tegniek in die oplossing van komplekse
besigheidsprobleme.
Positiewe aspekte/Voordele
- Besighede kan 'n groep kundiges gebruik sonder om hulle bymekaar te bring.
- Die kundiges sal die besigheid duidelike idees/oplossings gee oor hoe om
produktiwiteit/winsgewendheid te verbeter.
- Inligting wat van kundiges ontvang word, kan gebruik word om komplekse
besigheidsprobleme op te los.
- Kenners kan eerlike/geloofwaardige menings gee aangesien hulle nie 'n
direkte/persoonlike belang in die besigheid het nie.
- Konflik kan vermy word veral as alle kundiges kundig en goed gekwalifiseerd
is.
- Oorheersende werknemers neem nie die proses oor nie aangesien hulle nie
deel uitmaak van die probleemoplossingsproses nie.
- Dit verminder geraasvlakke in 'n kantooromgewing aangesien daar geen
groepbesprekings is nie.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe aspekte/voordele
van die Delphi-tegniek in die oplossing van komplekse besigheidsprobleme.
EN/OF
Negatiewe aspekte/Nadele
- Dit is 'n duur tegniek om te gebruik as gevolg van hoë administratiewe koste.
- Kan tydrowend/ingewikkeld wees om data wat van kundiges ontvang is, te
ontleed, en nuwe vraelyste op te stel.
- Nie alle kundiges is bereid/stel belang om terugvoer te gee/vraelyste te voltooi
nie.
- As die kundiges nie goed gekies is nie, het hulle dalk nie 'n diepgaande kennis
van sekere onderwerpe nie.
- Sommige kundiges het dalk nie ‘n diepgaande kennis van sekere onderwerpe
nie.
- Kenners se voorstelle word dalk nie deur sommige werknemers oorweeg nie so
konsensus kan nie bereik word nie.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe aspekte/nadele
van die Delphi-tegniek in die oplossing van komplekse besigheidsprobleme.
Maks. (6)
14
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
3.5 King Kode-beginsels uit die scenario
KING KODE BEGINSELS MOTIVERINGS
1. Aanspreeklikheid Mike verseker dat daar gereelde kommunikasie
tussen die direkteure en aandeelhouers is.
2. Deursigtigheid Hy doen ook transaksies openlik sodat daar
geen korrupsie is nie.
Submak (4) Submak (2)
NOTA: 1. Merk slegs die eerste TWEE (2).
2. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
3. Ken punte toe vir die King Kode beginsels, selfs al is die
aanhalings onvolledig.
4. Moenie punte toeken vir die motiverings as die beginsels
verkeerd geïdentifiseer is nie.
Maks. (6)
3.6 Voordele van kreatiewe denke
- Beter/Unieke/Onkonvensionele idees/oplossings word gegenereer.
- Kan die besigheid 'n mededingende voordeel gee indien ongewone/unieke
oplossings/idees/strategieë geïmplementeer word.
- Komplekse besigheidsprobleme kan opgelos word.
- Produktiwiteit neem toe aangesien bestuur/werknemers vinnig verskeie idees kan
genereer wat tyd/geld meer effektief benut.
- Bestuurders/werknemers het meer selfvertroue aangesien hulle hul volle
potensiaal kan uitleef.
- Bestuurders sal beter leiers wees aangesien hulle verandering(e) positief/kreatief
sal kan hanteer/bestuur.
- Bestuurders/werknemers kan 'n heeltemal nuwe uitkyk ontwikkel wat toegepas
kan word op enige taak(e) wat hulle uitvoer.
- Lei tot meer positiewe houdings aangesien bestuurders/werknemers voel dat
hulle bygedra het tot probleemoplossing.
- Verbeter motivering onder personeellede.
- Bestuurders/werknemers het 'n gevoel van prestasie en hulle weerstaan/
belemmer nie die proses as hulle 'n probleem opgelos het nie/bygedra het tot die
sukses van die besigheid nie.
- Bestuurders/werknemers kan tred hou met vinnig veranderende tegnologie.
- Stimuleer inisiatief van werknemers/bestuurders , aangesien hulle voortdurend uit
hul gemaksone gelig word.
- Kreatiwiteit kan lei tot nuwe uitvindings , wat die algemene lewenstandaard
verbeter.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van kreatiewe
denke in die werkplek. Maks. (6)
15
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
3.7 Toepassing van die dinkskrum-probleemoplossingstegniek om komplekse
besigheidsprobleme op te los
- Die besigheid moet die probleem duidelik definieer sodat alle deelnemers dit
verstaan.
- Die groep moet 'n tydsbeperking vir elke dinkskrumsessie stel.
- Lede noem moontlike oorsake van die sakeprobleme.
- Mense in die groep moet idees lukraak voorstel, en alle idees moet op 'n blaaibord
geskryf word of aanlyn gedeel word tydens 'n e-dinkskrumsessie.
- Elke voorstel moet gebruik word om nuwe gedagtes of idees by ander groeplede
te inspireer.
- Die groepleier mag niemand toelaat om enige idees te oordeel/kritiseer nie. Die
doel is om soveel idees as moontlik te genereer.
- Die groep moet dan die idees verfyn of sekere idees kombineer. Groepbespreking
moet plaasvind – indien nodig.
- Na die besprekings moet die groep idees beoordeel en die beste oplossings kies
volgens hul bruikbaarheid sowel as die moeilikheidsgraad en koste om dit te
implementeer.
- Groeplede moet dan 'n plan van aksie bespreek oor hoe om die beste idees te
implementeer.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die toepassing van die
dinkskrum-probleemoplossingstegniek om komplekse besigheidsprobleme op te los.
Maks. (6)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 3 PUNTE
3.1 4
3.2. 6
3.3. 6
3.4 6
3.5 6
3.6 6
3.7 6
TOTAAL 40
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Tipes voordele van die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)
- Werkloosheidsvoordele
- Siektevoordele/siekte/ongeskiktheidsvoordele
- Kraamvoordele
- Voordele vir aanneming
- Afhanklike se voordele
LET WEL: Sien slegs die eerste (4) na. (4 x 1) (4)
16
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
4.2 Betekenis van bestuur
- Die koördinering van beplanning, organisering, leiding en beheer van
werknemers om doelwitte te bereik.
- 'n Persoon word 'n bestuurder as gevolg van die pos waarin hy/sy aangestel
is.
- Bestuurders het mag as gevolg van die gesagsposisie waarin hulle aangestel
word.
Enige ander relevante antwoorde wat verband hou met die betekenis van bestuur.
Maks. (4)
4.3 Vorm van belegging uit die scenario
4.3.1 Vaste deposito (2)
4.3.2 Impak van vaste deposito's
Positiewe aspekte/Voordele
- Die tydperk van belegging kan oor 'n kort/medium/lang termyn wees.
- Beleggers kan die beleggingstydperk kies wat hulle pas.
- Verseker finansiële dissipline aangesien beleggers nie hul fondse kan
onttrek voor die vervaldatum nie.
- Beleggers verdien 'n beter opbrengs op hulle belegging as op 'n
gewone spaarrekening.
- Hoe hoër die hoofsom en hoe langer die beleggingstydperk is, hoe hoër
is die rentekoers wat 'n finansiële instelling bied.
- Dit het 'n lae risiko aangesien beleggers van die finale betaling
gewaarborg word.
Enige ander relevante positiewe impak/voordele van vaste deposito's as 'n
vorm van belegging.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Die belegger kan nie hul fondse onttrek voor die vervaldatum nie.
- Lae opbrengste in vergelyking met ander beleggings.
- Presteer dalk nie beter as die effek van inflasie oor die lang termyn
nie.
- Boetes kan gehef word vir vroeë onttrekking.
Enige ander relevante negatiewe impak/nadele van vaste deposito's as 'n
vorm van belegging.
LET WEL: Moenie punte toeken vir antwoorde wat in die scenario
hierbo aangehaal is nie. Maks. (4)
17
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
4.4 Situasies waarin laissez-faire-leierskapstyl toegepas kan word
- Ondergeskiktes is kundiges/ervare en weet wat hulle wil hê/wat
verantwoordelikheid kan neem vir hul optrede/wat verantwoordelike besluite
neem.
- Die leier is besig met meer belangrike aspekte van die besigheid en delegering
van take sal/die doeltreffendheid van organisasie verbeter.
- Leierskappotensiaal bestaan/spanlede moet leierskapsvaardighede
verbeter/ontwikkel.
- Geskik wanneer werknemers hoogs ervare is en meer weet van die taak/’n hoër
vlak van kennis/vaardighede as die leier het.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met situasies waarin ʼn Laissez-
faire leierskapstyl toegepas kan word. Maks. (6)
BESIGHEIDSROLLE
4.5 Voorbeelde van etiese gedrag
- Die besigheid praat die waarheid tydens ʼn openbare betrekking – krisis om die
kwessies wat hulle in die gesig staar te oorkom.
- Besighede kom beloftes aan hul werknemers, vennote en kiënte na.
- Die besigheid toon lojaliteit wanneer hulle besluite neem ook wat hul personeel,
vennote, beleggers en kliënte sal bevoordeel.
- Wanneer die besigheid sy mag regverdig uitoefen, toon dit regverdigheid teenoor
al sy belanghebbendes.
- Die besigheid funksioneer binne die wet en ander ander beperkings.
- Besighede verseker dat die omgewing nie tydens hul produksieproses besoedel
word nie.
- Besighede is nie betrokke by onwettige besigheidspraktyke soos prysvasstelling
nie.
- Besighede maak nie van kinderarbeid gebruik nie.
Enige ander antwoord relevante antwoord wat verband hou met voorbeelde van
etiese gedrag. Maks. (4)
VRAAG TOEVOEGINGS Rede
4.5 - Gebruik billike advertensies o Verskyn in die
Voorbeelde - Moenie kinderarbeid gebruik nie DBO-notas
van etiese - Behandel alle werknemers gelyk
gedrag - Betaal billike lone
- Werk binne die wet
- Saketransaksies word openlik gedoen
- Nie betrokke raak by onwettige
sakepraktyke nie
- Verseker dat die omgewing nie besoedel
word nie
- Die aanvaarding van kodes van goeie
etiese praktyk
- Die vestiging van korporatiewe
maatskaplike
verantwoordelikheidsinisiatiewe
18
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
- Moedig werknemers aan om etiese gedrag
toe te pas
- Kliënte en werknemers se inligting word nie
bekend gemaak / gebruik vir die voordeel
van die besigheid nie
- Aandeelhouers en werknemers se
persoonlike belange en sakebelange bots
nie met mekaar nie
4.6 Probleemoplossingstegniek
4.6.1 Probleemoplossingstegniek uit die scenario
Nominale groepstegniek (2)
4.6.2 Ander maniere waarop die besigheid die nominale groepstegniek kan
toepas
- Moedig die groep aan om die probleem duidelik te definieer om die
kwaliteit van hul produkte te verbeter as gevolg van verskeie klagtes
sodat al die klein groepies aan dieselfde probleem kan werk.
- As die groep te groot is moet die werknemers in kleiner groepe verdeel
word.
- Elke werknemer in die klein groepie het die geleentheid om een van
sy/haar idees/oplossings met 'n kort verduideliking aan te bied.
- Alle idees word op 'n groot vel papier geskryf/oplossings word elektronies
op die rekenaar vasgelê sodat almal dit kan sien.
- Werknemers word dan aangemoedig om vrae vir duidelikheid te vra.
- Laat elke werknemer toe om 'n tweede oplossing voor te stel totdat alle
moontlike oplossings aangeteken is.
- Ontmoedig kritiek op idees/oplossings aangesien dit ander kan
verhoed om hul oplossings te gee.
- Die besigheid moet idees uitskakel wat gedupliseer/soortgelyk is.
- Elke werknemer moet deur al die voorstelle lees en dit anoniem
beoordeel om die hoogste punte vir die beste oplossing te gee.
- Alle graderings word ingesamel en die totale punte vir elke voorstel
word bereken. /Sodra alle tellings in is, kan die groep die beste
oplossing kies.
- Klein groepe moet een oplossing aan die groot groep bied√ wat volgens
die tellings/stemme in hul klein groepies die beste geag is. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die toepassing van die
nominale groeptegniek.
LET WEL: 1. Moenie punte toeken vir antwoorde wat in VRAAG 4.6.1
aangehaal word nie.
Maks. (4)
4.7 Voordele van die kragveldanalise
- Werknemers voel ingesluit en verstaan.
- Werknemers ontwikkel en groei saam met die besigheid. (4)
19
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
- Verskaf 'n visuele opsomming van al die verskillende faktore, beide die
ondersteuning vir en die teenkanting teen 'n spesifieke idee insluit.
- Ingeligte besluite kan geneem word aangesien magte vir en teen krities
geëvalueer word.
- Stel besighede in staat om die dryfkragte te versterk en die beperkende kragte te
verswak.
- Stel besighede in staat om 'n idee te hê van die tydlyn wat benodig word en die
vereistes vir bykomende hulpbronne.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van ʼn
kragveldanalise in die oplossing van komplekse besigheidsprobleme. Maks.
4.8 Maniere waarop besighede 'n omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die
werkplek bevorder.
- Moedig alternatiewe maniere aan om dinge te doen/te werk.
- Beklemtoon die belangrikheid van kreatiewe denke om te verseker dat alle
personeel weet dat die bestuur hul idees wil hoor.
- Maak tyd vir dinkskrumsessies om nuwe idees te genereer, soos gereelde
werkswinkels, genereer meer idees/bou voort op mekaar se idees.
- Plaas voorstelbokse in die werkplek en hou kommunikasiekanale oop vir nuwe
idees.
- Lei personeel op in innoverende tegnieke soos kreatiewe probleemoplossings-
vaardighede/breinkaarte/laterale denke.
- Moedig uitruiling van posisies binne die organisasie aan/Bestudeer hoe ander
besighede dinge doen.
- Reageer entoesiasties op alle idees en laat niemand minder belangrik voel
nie.
- Beloon kreatiwiteit met beloningskemas vir spanne/individue wat met kreatiewe
idees vorendag kom.
- Verskaf 'n werksomgewing wat bevorderlik is vir kreatiwiteit, vry van
afleidings.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop besighede 'n
omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die werkplek bevorder. Maks. (6)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 4 PUNTE
4.1 4
4.2 4
4.3.1 2
4.3.2 4
4.4 6
4.5 4
4.6.1 2
4.6.2 4
4.7 4
4.8 6
TOTAAL 40
TOTAAL AFDELING B: 80
20
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
21
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
AFDELING C
Merk slegs die antwoord van die EERSTE vraag na.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING-VERSEKERING)
5.1 Inleiding
- Versekering is 'n kontrak tussen 'n persoon/besighede/versekerde wat
versekeringsdekking benodig en die versekeringsmaatskappy/versekeraar wat
die finansiële risiko dra.
- Besigheid moet onderskei tussen versekering en assuransie om gesonde
finansiële besluite te neem.
- Versekering kan voordelig wees vir besighede wanneer 'n onverwagte
gebeurtenis plaasvind.
- Die beginsels van versekering bied 'n raamwerk vir 'n goeie versekerings-
kontrak.
- POV/POVS verlig besighede se finansiële las deur hul werknemers te vergoed
vir beserings wat deur voertuigongelukke opgedoen is.
Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die verskille tussen versekering
en assuransie/voordele van versekering vir besighede/beginsels van versekering/
Padongelukkefonds (POV). Enige (2 x 1) (2)
5.2 Verskille tussen versekering en assuransie
Versekering Assuranie
- Gebaseer op die beginsel van - Gebaseer op die beginsel van
vrywaring sekuriteit/sekerheid
- Die versekerde dra die koste van - Die versekeraar onderneem om 'n
potensiële verlies teen 'n premie ooreengekome bedrag geld te betaal
aan die versekeraar oor. nadat 'n sekere tydperk verstryk het/by
die dood van die versekerde persoon,
wat ook al eerste plaasgevind het
- Dit dek 'n spesifieke gebeurtenis - Die gespesifiseerde gebeurtenis is
wat moontlik kan voorkom. seker, maar die tyd van die gebeurtenis
is onseker.
- Van toepassing op - Van toepassing op
korttermynversekering. langtermynversekering.
Voorbeelde Voorbeelde
- Eiendomsversekering/geld in - Lewensversekering/uitkeerpolisse/aftree-
transito/diefstal/inbraak/ annuïteite. √√
brand.
Submaks (4) Submaks (4)
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
2. Die verskille hoef nie te skakel nie, maar moet duidelik
wees.
3. Ken 'n maksimum van VIER (4) punte toe indien die verskil
nie duidelik is nie/merk slegs versekering of assuransie.
22
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
Maks. (8)
5.3 Voordele van versekering vir besighede
- Dra die risiko oor van die besigheid/versekerde na versekeringsmaatskappy/
versekeraar.
- Die oordrag van die risiko is onderhewig aan die bepalings en voorwaardes
van die versekeringskontrak.
- Beskerm besighede teen diefstal/verlies van voorraad en/of skade veroorsaak
deur natuurrampe soos vloede/stormskade.
- Die besigheid sal vergoed word vir versekerbare verliese, soos vernietiging
van eiendom deur brand.
- Besigheidsbates soos voertuie/toerusting/geboue moet verseker word teen
skade en/of diefstal.
- Besighede word beskerm teen die verlies van verdienste, soos stakings deur
werknemers wat verliese ter waarde van miljoene tot gevolg kan hê.
- Beskerm besighede√ teen oneerlike werknemers.
- Lewensversekering kan op die lewe van vennote in 'n vennootskap geneem
word om onverwagte verlies aan kapitaal te voorkom.
- Indien die dienste van sleutelpersoneel weens ongelukke/dood verlore gaan,
kan die opbrengs van 'n versekeringspolis aan die besigheid/begunstigdes
uitbetaal word.
- Vervangingskoste vir beskadigde masjinerie/toerusting is baie hoog, daarom
kan versekering sulke koste verminder/dek.
- Beskerm besighede teen eise wat deur lede van die publiek gemaak word vir
skade waarvoor besighede verantwoordelik is.
- Beskerm besighede teen verliese as gevolg van die dood van 'n skuldenaar.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van versekering
vir besighede. Maks. (14)
5.4 Beginsels van versekering
5.4.1 Vrywaring/Skadeloosstelling
- Is gewoonlik van toepassing op korttermynversekering , aangesien die
versekerde vergoed word vir gespesifiseerde/bewese skade/verlies.
- Versekeraar stem in om die versekerde te vergoed vir skade/verliese wat
in die versekeringskontrak gespesifiseer word in ruil vir premies wat die
versekerde aan die versekeraar betaal.
- Beskerm die versekerde teen 'n spesifieke gebeurtenis wat mag
voorkom.
- Uitbetalings van die versekeraar sal slegs gemaak word, indien die
versekerde die bedrag van die verlies/skade kan bewys/indien daar bewys is
dat die gespesifiseerde gebeurtenis plaasgevind het.
- Die bedrag van vergoeding is beperk tot die bedrag van bewysbare
verlies/skade , selfs al is die bedrag in die polis/versekeringskontrak
hoër.
- Die versekerde moet in dieselfde posisie geplaas word as voor die
verlies/skade. /Die versekerde mag nie voordeel trek uit die
versekering nie.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met vrywaring/vrywaring as
'n beginsel van versekering. (6)
23
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
24
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
5.4.2 Uiterste goeie trou
- Versekerde moet eerlik wees in die verskaffing van besonderhede
wanneer hy 'n versekeringskontrak uitneem.
- Beide partye/versekeraar en versekerde moet alle relevante feite
bekend maak.
- Versekerde moet alles openbaar wat die omvang van die risiko kan
beïnvloed.
- Besonderhede/inligting wat verskaf word wanneer jy eis moet akkuraat/
waar wees.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met uiterste goeie trou as 'n
beginsel van versekering. Submaks (6)
Maks. (12)
5.5 Padongelukkefonds (POV)/Padongelukkevoordeelskema (POVS) as 'n tipe
verpligte versekering.
- POV verseker padgebruikers teen die nalatigheid van ander padgebruikers.
- Die POV/POVS verskaf verpligte dekking vir alle padgebruikers in Suid-Afrika,
wat Suid-Afrikaanse besighede insluit.
- Bestuurders van sakevoertuie word vrygestel teen eise deur persone wat in
voertuigongelukke beseer is.
- POV/POVS word gefinansier deur 'n heffing op die verkoop van brandstof/diesel/
petrol.
- Die bedrag wat vir verlies aan inkomste geëis kan word, word deur wetgewing
beperk.
- Die naasbestaandes van werkers/broodwinners wat in padongelukke beseer is,
kan direk by die POV/POVS eis.
- Beseerde partye en nalatige bestuurders word albei deur die POV gedek.
- Die beseerde party sal vergoed word, ongeag of die nalatige bestuurder ryk/arm/
versekerd/onverseker is.
- POVS poog om 'n voordeelskema te verskaf wat
redelik/billik/bekostigbaar/volhoubaar is, ens.
- POVS poog om die eisproses te vereenvoudig/bespoedig aangesien slagoffers
van padongelukke nie meer hoef te bewys wie die ongeluk veroorsaak het
nie.
- POVS stel padongelukslagoffers in staat om spoedige toegang tot mediese sorg
te kry, aangesien vertragings weens die ondersoek na ongelukke tot die
minimum beperk is.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die Padongelukkefonds (POV)/
Padongelukke-voordeleskema (POVS) as 'n tipe verpligte versekering. Maks. (12)
25
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
5.6 Gevolgtrekking
- Versekering stel besighede in staat om finansiële dekking te bied wat vergoeding
bied vir 'n gebeurtenis wat sekerlik sal plaasvind.
- Dit is belangrik dat alle besighede maatskappybates beskerm aangesien verliese
tydens normale bedrywighede kan voorkom.
- Versekering stel besighede in staat om te herstel van verliese wat gely is nadat
onvoorsiene omstandighede plaasgevind het.
- Die beginsels van versekering stel besighede in staat om die belangrikheid van
eerlikheid te verstaan om te verhoed dat eise afgekeur word.
- POV/POVS verseker dat die korrekte eisprosedures en -maatreëls getref moet
word vir werkgewers en werknemers om vergoed te word vir ongelukke wat op
Suid-Afrikaanse paaie gely word.
Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met die verskille tussen
versekering en assuransie/voordele van versekering vir
besighede/Padongelukkefonds (POV). Enige (1 x 2) (2)
[40]
VRAAG 5: UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Verskille tussen versekering en
8
assuransie
Voordele van versekering vir besighede 14
Beginsels van versekering vir besighede 12
Padongelukkefondse (RAF)/ Maks.
Padongelukkeskema (RABS) as 'n tipe 12 32
verpligte versekering
Gevolgtrekking 2
INSIG
Uitleg 2
Analise, interpretasie 2
Sintese 2 8
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
LASO - Vir elke komponent:
Ken 2 punte toe as aan alle vereistes voldoen word.
Ken 1 punt toe as slegs aan sommige van die vereistes voldoen word.
Ken 0 punte toe waar daar glad nie aan vereistes voldoen word nie.
26
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
VRAAG 6: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: VERSEKERING)
6.1 Inleiding
- Die doel van etiese gedrag is om 'n kode vir etiese en effektiewe leierskap deur
die bestuur van 'n maatskappy op te stel.
- Etiese gedrag aan die kant van die maatskappy en sy bestuur skep 'n situasie
waar werknemers trots voel op hul maatskappy, sy produk of diens en hul rol
daarin.
- Alhoewel besighede 'n keuse het oor hoe hulle hul sakepraktyke sal uitvoer,
moet hulle kies om professioneel, verantwoordelik, eties en effektief te wees om
oor 'n lang tydperk winsgewend en volhoubaar te bly.
- Onprofessionele gedrag is skadelik vir die beeld van die besigheid en belemmer
die besigheid se groei.
- Daar word van werknemers verwag om 'n professionele beeld te projekteer deur
die beginsels van professionaliteit toe te pas.
- Die besigheid moet waardes en strategieë vassstel wat gebruik sal word om
onprofessionele sakepraktyke in al hul bedrywighede te hanteer.
Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die betekenis van etiese
gedrag/maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
sakepraktyke uitgevoer moet word/hoe onprofessionele sakepraktyke uitdagings vir
besighede inhou/maniere waarop besighede die tipes onprofessionele sakepraktyke
kan hanteer. Enige (2 x 1) (2)
6.2 Die betekenis van etiese gedrag
- Om volgens 'n stel waardes op te tree wat moreel aanvaarbaar is in die
samelewing.
- Dit beteken dat besighede die verantwoordelikheid het om morele kodes te
gebruik wat hulle lei om tussen reg en verkeerd te kies.
- Verwys na optrede op maniere wat ooreenstem met wat die samelewing en
individue dink goeie waardes is.
- Etiese gedrag word verwag van elke werknemer in die besigheid.
- Dit beteken dat die hoogste wetlike en morele standaarde gehandhaaf word
wanneer met belanghebbendes onderhandel word.
- Besighede het die verantwoordelikheid om die regte dinge te doen en dinge
reg te doen.
- Etiek vorm deel van die gedragskode van 'n besigheid.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die betekenis van etiese
gedrag. Maks. (8)
27
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
6.3 Maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
sakepraktyke uitgevoer moet word
- Missiestelling moet die waardes van gelykheid/respek insluit.
- Besighede moet programme ontwikkel/strategieë bevorder om te verseker dat
alle werknemers gelyk behandel word, ongeag status/rang/mag.
- Behandel werkers met respek/waardigheid deur erkenning te gee aan werk
wat goed gedoen is/die waarde van menslike kapitaal.
- Beplan behoorlik en stel voorkomende maatreëls in.
- Betaal billike lone/salarisse wat in ooreenstemming is met die minimum
vereistes van die WBDV./Vergoed werknemers vir oortyd/gedurende openbare
vakansiedae.
- Raak betrokke by omgewingsbewusmakingsprogramme. /Moenie die
omgewing besoedel nie. Raak op ‘n wettige manier ontslae van giftige afval.
- Weerhou jou daarvan om 'n onderneming te begin deur ander besighede se
idees te gebruik wat deur die wet beskerm word.
- Besigheidsbesluite en -aksies moet duidelik/deursigtig wees vir alle
belanghebbendes.
- Besighede moet aanspreeklik/verantwoordelik wees vir hul besluite en
optrede/patentregte.
- Huur eerlike/betroubare rekenmeesters/finansiële beamptes met goeie
getuigskrifte.
- Gereelde/tydige betaling van belasting.
- Alle werkers moet toegang hê tot gelyke geleenthede/posisies/hulpbronne.
- Maak seker dat werknemers in 'n werksomgewing werk wat bevorderlik is vir
veiligheid/regverdig is/vry van verleentheid is.
- Werkgewers en werknemers moet aan wetgewing voldoen rakende gelyke
geleenthede/menseregte in die werkplek.
- Opleidings-/inligtings-/besigheidsbeleide moet kwessies soos
diversiteit/diskriminasie/teistering insluit.
- Werkgewers moet vinnig en regverdig reageer op aangemelde voorvalle van
diskriminasie in die werkplek.
- Bestellings/take moet met respek opgedra word en die ontvanger/werknemer
toelaat om 'n sê te hê oor die manier waarop daardie taak uitgevoer moet word
- Stel 'n etiese kode/gedragskode op.
- Deurlopende ontwikkeling en opleiding vir alle werknemers.
- Prestasiebestuurstelsels/beoordelingsmetodes moet in plek wees nie.
- Voldoende interne kontroles/monitering/evaluering.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop professionele,
verantwoordelike etiese en effektiewe sakepraktyke uitgevoer moet word. Maks. (14)
28
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
6.4 Uitdagings wat deur onprofessionele sakepraktyke gestel word
Seksuele teistering
- Die betrokke party is gewoonlik huiwerig om die voorval aan te meld weens die
vrees vir viktimisasie.
- Die besigheid kan werkers verloor omdat hulle nie meer veilig in die besigheid
voel nie.
- Seksuele teistering veroorsaak ongemak/vernedering en belemmer die vermoë
van die slagoffer om toegewysde werkstake te voltooi.
- 'n Slagoffer kan ernstig getraumatiseer word en dit kan ander werknemers
emosioneel raak.
- Soms verkies die slagoffer om weg te bly van die werk en verloor die
onderneming produktiwiteit.
- Seksuele teistering veroorsaak emosionele trauma en die slagoffer se houding
sal negatief word in die werkplek.
Enige ander relevante antwoord hou verband met die uitdaging wat seksuele
teistering as 'n onprofessionele sakepraktyk inhou.
Uitdaging (2)
Verduideliking (2)
Submaks (4)
Ongemagtigde gebruik van werkplekfondse en -hulpbronne
- Bedrog verhoog die koste om sake te doen en ondermyn die mededingendheid
van 'n besigheid.
- Dit kan die mededingendheid van die besigheid beinvloed.
- Dit kan kliënte ontmoedig wanneer pryse verhoog word om die verliese te
absorbeer.
- Dit kan beleggers ontmoedig wanneer die besigheid slegte publisiteit van
regsgedinge ontvang.
- Die besigheid kan aansienlike verlies ervaar as dit ongekontroleerd bly.
Enige ander relevante antwoord hou verband met die uitdaging wat die
ongemagtigde gebruik van werkplekfondse en -hulpbronne as 'n onprofessionele
sakepraktyk vir besighede inhou.
Uitdaging (2)
Verduideliking (2)
Submaks (4)
Misbruik van werktyd
- Dit kan daartoe lei dat werknemers dikwels werktyd misbruik.
- Misbruik van werktyd kan daartoe lei dat kliënte verloor word of sperdatums nie
nagekom word nie.
- Om tyd te mors kos die besigheid geld en beïnvloed produktiwiteit.
- Misbruik van werktyd lei tot 'n afname in winste wat die finansies van die
besigheid kan benadeel.
- Effektiewe kliëntediens word dalk nie gelewer nie, wat 'n negatiewe beeld van die
besigheid tot gevolg het .
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die uitdaging wat misbruik van
werktyd as 'n onprofessionele besigheidspraktyk vir besighede inhou.
Uitdaging (2)
Verduideliking (2)
Submaks (4)
Maks. (12)
29
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
30
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
6.5 Maniere waarop besighede om onprofessionele sakepraktyke kan hanteer
Seksuele teistering
- Voorsien 'n raamwerk vir regstellende aksie.
- Voed werknemers op oor seksuele teistering.
- Formuleer 'n beleid oor seksuele teistering.
- Besighede moet interne klagtes en dissiplinêre prosedures implementeer.
- Verseker nakoming van die wet/besigheid se gedragskode.
- Maak seker dat alle werknemers vertroud is met die etiese kode van seksuele
teistering.
- Hulle moet 'n goeie werksomgewing skep waar alle werknemers se regte en
waardigheid gerespekteer word.
- 'n Interne ondersoek moet gedoen word om die erns van die teistering te
bepaal.
- Ernstige gevalle/sake van seksuele teistering moet by die toepaslike instansies
soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aangemeld word.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere/strategieë waarop
besighede seksuele teistering as 'n onprofessionele sakepraktyk in die besigheid
moet hanteer. Submaks (4)
Ongemagtigde gebruik van werkplekfondse en -hulpbronne
- Die besigheid moet gereelde oudits doen.
- Identifiseer hoë risiko-areas/kwesbare gebiede identifiseer.
- Die besigheid moet werknemers opvoed oor die impak van bedrog .
- Die besigheid moet strategieë vir die voorkoming van bedrog
implementeer/bekendstel.
- Hulle moet die aantal werknemers wat toegang tot die besigheid se fondse/bates
het, beperk.
- Voorkoming van bedrog moet die kollektiewe verantwoordelikheid van besighede
en werknemers wees.
- Duidelike beleide moet in plek wees sodat werknemers bewus is van wat bedrog
behels.
- Die besigheid moet stelsels in die organisasie opstel vir die aanmelding van
bedrog en korrupsie.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop besighede die
ongemagtigde gebruik van werkplekfondse en -hulpbronne as 'n onprofessionele
sakepraktyk in die besigheid moet hanteer. Submaks (4)
31
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
Misbruik van werktyd
- Spreek die werkers wat werktyd misbruik direk aan.
- Monitor werknemers om te verseker dat take betyds voltooi word.
- Herinner werknemers daaraan dat wins sal afneem, wat minder aansporings/
bonusbetalings tot gevolg sal hê.
- Die gedragskode/etiek moet duidelike reëls oor die misbruik van werktyd
bevat.
- Besighede moet opleiding doen oor die inhoud van die gedragskode/etiek.
- Die gedragskode/etiek moet deur alle werknemers onderteken word sodat hulle
bewus is van die inhoud daarvan.
- Besighede moet werksure so struktureer dat werknemers vrye/buigsame tyd het
vir persoonlike sake.
- Besighede moet 'n kultuur van verantwoordelikheid skep/spangees versterk vir
alle werknemers om verantwoordelik te voel vir wat bereik moet word.
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere/strategieë waarop
besighede die misbruik van werktyd as 'n onprofessionele sakepraktyk in die
besigheid kan hanteer.
Submaks (4)
Maks. (12)
6.6 Gevolgtrekking
- 'n Besigheid se etiese kode behoort verhoudings te verbeter en onetiese
sakepraktyke uit te skakel.
- Werknemers wat nie aan die gedragskode voldoen nie, moet dissiplinêre stappe
in die gesig staar.
- Besighede kan van goeie korporatiewe bestuur gebruik maak om kwessies aan
te spreek wat professionaliteit en etiek in die werkplek verander.
- Onprofessionele gedrag deur medewerknemers, veral as dit ongestraf bly of deur
die bestuur goedgekeur word, verhoed samewerking en vertroue onder
werknemers, wat ook lae moraal skep.
- Besighede moet 'n duidelike gedragskode ontwikkel wat maklik in die werkplek
geïmplementeer kan word om die tipe onprofessionele sakepraktyke te
hanteer.
Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met die betekenis van etiese
gedrag/maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
sakepraktyke uitgevoer moet word/hoe onprofessionele sakepraktyke uitdagings vir
besighede inhou/maniere waarop besighede die tipes onprofessionele sakepraktyke
kan hanteer. Enige (1 x 2) (2)
32
BESIGHEIDSTUDIES
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 2) GR12 0625
VRAAG 6: UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Betekenis van etiese gedrag. 8
Maniere waarop professionele, verantwoordelike,
etiese en effektiewe sakepraktyke uitgevoer moet 14
word. Maks
DRIE tipes onprofessionele sakepraktyke hou 32
uitdagings vir besighede in. 12
Maniere waarop besighede die tipe
onprofessionele sakepraktyke kan hanteer. 12
Gevolgtrekking 2
INSIG
Uitleg 2
Analise, interpretasie 2
Sintese 2 8
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTAAL 40
LASO – Vir elke komponent:
Ken 2 punte toe as aan alle vereistes voldoen word.
Ken 1 punt toe as slegs aan sommige van die vereistes voldoen word.
Ken 0 punte toe waar daar glad nie aan vereistes voldoen word nie.
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
33
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
Business-Studies-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Free-State.pdf
Question paper
Business-Studies-Grade-12-NSC-P2-QP-September-2025-KZN.pdf
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper
Gr 12 Business Studies P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Business Studies P1 Nov 2024 Eng.pdf

Question paper
Business Studies P1 Nov 2024 MG Afr.pdf

Question paper
Business Studies P2 Nov 2024 MG Afr.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Grade 12 NSC Business Studies P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Gr12 Business Studies P2 (Afrikaans) SEP 2022 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Grade 12 NSC Business Studies Afrikaans 2018 Prepartory Possible Answer_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-Mpumalanga.pdf
Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-North-West.pdf

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Business Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-MEMO-March-2025-KZN.pdf

Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-P1-MEMO-September-2025-KZN.pdf

Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-P1-MEMO-September-2025-Mpumalanga.pdf

Memorandum
KZN-Business-Studies-Grade-12-September-2024-P2-and-Memo_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Business-Studies-NSC-P1-MEMO-May-June-2024-Limpopo_hlayiso.com_.pdf

Memorandum