Skip to content

Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paperBusiness StudiesGrade 1220228 pages

Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2022 BESIGHEIDSTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord. TYD AFDELING VRAAG PUNTE (minute) A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 30 20 B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 vrae KEUSE: 3 40 70 Beantwoord enige TWEE. 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 KEUSE: 30 Beantwoord enige EEN. 6 40 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1 Hierdie Wet reguleer die implementering van regstellende aksie wanneer besighede nuwe aanstellings maak: A Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008) B Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998) C Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003 (Wet 53 van 2003) D Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995) 1.1.2 Tau, ʼn veeboer, het die ... integrasiestrategie geïmplementeer toe hy Kagiso Slaghuis gekoop het. A voorwaartse vertikale B terugwaartse vertikale C intensiewe D horisontale 1.1.3 Dit is maklik vir Krag Elektries om pryse te beïnvloed aangesien daar beperkte besighede is wat elektrisiteit voorsien. Dit verwys na die … as ʼn element van Porter se Vyf Kagte-model. A bedreiging/hindernisse vir nuwe toetreders tot die mark B bedreiging van substitusie/plaasvervangers C krag van kopers D krag van verskaffers 1.1.4 Dit is verpligtend vir besighede om ... vir hul werknemers as ʼn voordeel aan te bied. A behuisingstoelae B motortoelae C Werkloosheidsversekeringsfonds D bonusse 1.1.5 Die ...-funksie is verantwoordelik om te verseker dat effektiewe strategiese planne gemonitor word. A administrasie B algemene bestuurs C menslikehulpbron D finansiële (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. versekering; aftrede; privaatheid; sekondêre; beskrywing; promosie; beheer; bedanking; spesifikasie; tersiêre 1.2.1 Verbruikers kan beswaar maak teen ongewenste promosie e-posse. Dit word na verwys as ʼn reg op ... 1.2.2 Kus Meubels word in die … -sektor bedryf aangesien hulle spesialiseer in die vervaardiging van houtmeubels. 1.2.3 Kern Ondernemings het die voornemende kandidaat se pligte en verantwoordelikhede in hul posadvertensie gespesifiseer. Dit is ʼn voorbeeld van pos-... 1.2.4 Nande, het besluit om Grand Handelaars te verlaat nadat sy ʼn beter werksgeleentheid aangebied is. Dit staan as … bekend. 1.2.5 Gehalte-… verwys na kontroles wat gedurende en na afloop van die produksieproses uitgevoer word. (5 x 2) (10) 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 SOOO’s A ten doel om die besigheidswinste te vermeerder 1.3.2 Ontbondeling B maak betroubare inligting betyds aan bestuur beskikbaar 1.3.3 Tydsverwante C verskaf werksgeleenthede 1.3.4 BDKH-siklus D die verkoop van alle bates om krediteure te betaal 1.3.5 Administrasie- E werkers word betaal volgens die aantal items funksie wat vervaardig word F verskaf akkreditasie vir vaardigheidsontwikke- lingsfasiliteerders G ten doel om voortdurende verbeteringe aan prosesse en stelsels H werkers word betaal volgens die aantal ure wat aan ʼn taak spandeer word I maak veranderinge aan produkte gebaseer op terugvoering van kliënte J die verkoop van sommige bates wat nie meer winsgewend is nie (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V1 5 AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem enige TWEE soorte intensiewe strategieë. (2) 2.2 Beskryf kortliks die regte van die werkgewers in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995). (4) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TECH WÊRELD (TW) Tech Wêreld is landswyd bekend vir die verkoop van hoë gehalte rekenaars. Hulle het onlangs selfone en bykomstighede aan verskeie kliënte begin verkoop. 2.3.1 Identifiseer die soort diversifikasiestrategie wat deur TW toegepas word in die scenario hierbo. (2) 2.3.2 Verduidelik TWEE ander soorte diversifikasiestrategieë. (6) 2.4 Bespreek die voordele van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) vir besighede. (6) 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. MOODLEY VERVAARDIGERS (MV) Moodley Vervaardigers spesialiseer in die produksie van winterbaadjies. Werknemers by MV word slegs toegelaat om 'n bykomende drie uur per dag buite hul normale werksure te werk. MV verseker ook dat kinders ouer as 15 jaar nie werk doen wat skadelik vir hul gesondheid is nie. Identifiseer TWEE bepalings soos gestipuleer in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) waaraan MV voldoen het. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 2.5. te beantwoord. BEPALINGS MOTIVERINGS 1. 2. (6) 2.6 Verduidelik hoe die volgende PESTWO-faktore uitdagings vir besighede inhou: 2.6.1 Wetlik (4) 2.6.2 Omgewing (4) 2.7 Stel maniere voor waarop besighede die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) kan nakom. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 3.1 Noem enige VIER aspekte wat by ʼn induksieprogram ingesluit moet word. (4) 3.2 Beskryf kortliks enige TWEE regsvereistes van ʼn indiensnemingskontrak. (4) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. LIFE HANDELAARS (LH) Life Handelaars het ʼn vakante pos vir ʼn administrasie-klerk. Die menslikehulpbronbestuurder het ʼn posontleding voorberei om die werwingsbehoeftes van die besigheid te identifiseer. LH het ook ʼn kortlys van kandidate saamgestel. Die vakante pos is intern geadverteer per interne e- pos. Die bestuur van LH het onderhoude gevoer om die bevoegdheid van geselekteerde kandidate te assesseer. 3.3.1 Haal TWEE stappe van die werwingsprosedure aan wat LH in die scenario hierbo toegepas het. (2) 3.3.2 Verduidelik die rol van die onderhoudvoerder tydens die onderhoud. (6) 3.4 Gee besighede raad oor die voordele van induksie. (4) 3.5 Beskryf kortliks die gehalteaanwysers van die bemarkingsfunksie. (4) 3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. AUTO MOTORS BEPERK (AMB) Auto Motors Beperk is ʼn groot besigheid wat spesialiseer in die produksie van sportmotors. AMB versoek altyd hul kliënte om terugvoering te gee oor die gehalte van hul produkte. AMB kan bekostig om marknavorsers te betaal om inligting in te samel. Identifiseer TWEE elemente van totale gehaltebestuur (TGB) wat deur AMB toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 3.6. te beantwoord. TGB-ELEMENTE MOTIVERINGS 1. 2. (6) 3.7 Verduidelik die voordele van ʼn goeie gehaltebestuurstelsel. (6) 3.8 Gee besighede raad oor die rol van gehaltesirkels as deel van deurlopende verbetering van prosesse en stelsels. (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2022) BESIGHEIDSTUDIES V1 7 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 4.1 Definieer die betekenis van leerlingskap. (2) 4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. HENNIE KONSTRUKSIE (HK) Hennie Konstruksie spesialiseer in die bou van laekostebehuising. Die verskaffers van HK lewer nie altyd materiaal betyds af nie. Die onlangse styging in die brandstofprys raak hul verkope. Die bestuur van HK het nie die nodige vaardighede om die besigheid suksesvol te bestuur nie. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 4.2.1. en 4.2.2 te beantwoord. UITDAGINGS BESIGHEIDSOMGEWINGS (4.2.1) (4.2.2) 1. 2. 3. 4.2.1 Haal DRIE uitdagings vir HK uit die scenario hierbo aan. (3) 4.2.2 Klassifiseer HK se uitdagings volgens die DRIE besigheidsomgewings. (3) 4.3 Verduidelik die proses van strategiese bestuur. (6) 4.4 Evalueer die impak van die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (WVBS), 1997 (Wet 61 van 1997) op besighede. (6) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 4.5 Noem VIER bronne van eksterne werwing. (4) 4.6 Beskryf kortliks die keuringsprosedure as ʼn menslikehulpbron-aktiwiteit. (6) 4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DUMI BELIGTING (DB) Dumi Beligting spesialiseer in die verkoop van beligtingsbenodighede. DB plaas bestellings betyds en volg op 'n gereelde basis op om te verseker dat goedere betyds afgelewer word. 4.7.1 Noem die besigheidsfunksie wat op die scenario hierbo van toepassing is. (2) 4.7.2. Verduidelik ander gehalteaanwysers van die besigheidsfunksie wat in VRAAG 4.7.1 genoem was. (4) 4.8 Gee besighede raad oor die impak van totale gehaltebestuur (TGB) indien besighede dit swak implementeer. (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2022) AFDELING C Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING) Die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) bevorder die sosiale en ekonomiese welsyn van verbruikers in Suid-Afrika. Die verbruikersregte gestipuleer in die WVB beskerm verbruikers teen onbillike sakepraktyke. Besighede kan boetes in die gesig staar vir nie-nakoming van die WVB. Skryf ʼn opstel oor die Wet op Verbruikersbeskerming waarin jy die volgende aspekte insluit: • Beskryf kortliks die doel van die Wet op Verbruikersbeskerming. • Verduidelik die volgende verbruikersregte soos in die WVB gestipuleer: o Reg om te kies o Reg tot inligting rakende produkte en ooreenkomste/Reg op openbaarmaking en inligting o Reg op gelykheid in die verbruikersmark • Bespreek die impak van die WVB op besighede. • Gee besighede raad oor die strafmaatreëls wat hulle in die gesig kan staar indien hulle nie die Wet nakom nie. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (GEHALTE VAN PRESTASIE) Die produksiefunksie speel ʼn belangrike rol om te verseker dat besighede produktief en volhoubaar bly. Baie besighede besef die belangrikheid van gehaltebestuur en gehalteprestasie om hul doelwitte te bereik. Hulle implementeer ook deurlopende vaardigheidsontwikkeling en monitering en evaluering van gehalteprosesse as deel van totale gehaltebestuur (TGB)-elemente. Groot besighede stem saam dat TGB die koste van gehalte verlaag. Skryf ʼn opstel oor gehalte van prestasie waarin jy die volgende aspekte bespreek: • Beskryf kortliks die gehalteaanwysers van die produksiefunksie. • Verduidelik die verskille tussen gehaltebestuur en gehalteprestasie. • Bespreek die impak van die volgende TGB-elemente op groot besighede: o Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/Onderwys en opleiding o Monitering en evaluering van gehalteprosesse • Stel maniere voor waarop TGB die koste van gehalte kan verminder. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Business Studies

View all