Skip to content

Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paperBusiness StudiesGrade 12202116 pages

Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2021 BESIGHEIDSTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur *BUSTA1* Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2021) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. VRAAG PUNTE TYD AFDELING (minute) A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 30 30 B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 30 vrae KEUSE: 3 40 30 Beantwoord enige TWEE. 4 40 30 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40 30 TOTAAL 150 120 minute 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1 Hierdie Wet maak voorsiening vir die totstandkoming van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA): A Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) B Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) C Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) D Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) 1.1.2 Diep Myn is in die … sektor werksaam omdat hulle in die ontginning van goud spesialiseer. A sekondêre B tersiêre C ekonomiese D primêre 1.1.3 Ntando Braai bied ʼn unieke diens en sal groter mag in die mark hê. Dit verwys na die ... as ʼn element van Porter se Vyf Kragte-model. A mededingende wedywering B krag van verskaffers C bedreiging van substitusie/substitute D markstrategie 1.1.4 Okuhle het die … -prosedure gevolg toe hulle vyf kandidate op die kortlys vir ʼn onderhoud uitgenooi het. A werwing B indiensneming C keuring D plasing 1.1.5 Die …-funksie verseker dat die relevante inligting tot die bestuur se beskikking vir besluitneming is. A administrasie B openbare betrekkinge C algemene bestuur D produksie (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. voorwaartse; bestuur; Nasionale Kredietreguleerder; horisontale; vyf-en-veertig; aansoeker; prestasie; skuldberader; veertig; onderhoudvoerder 1.2.1 Die … hou oor die nakoming van die Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) toesig. 1.2.2 Werkers mag nie meer as … ure ʼn week werk nie. 1.2.3 Buhle Slaghuis het … integrasie toegepas toe hulle Thomas Slaghuis oorgeneem het om die bedryging van mededinging te verminder. 1.2.4 Gedurende die onderhoud is dit die rol van die … om duidelikheid te verkry deur vrae te vra. 1.2.5 Besighede maak gebruik van gehalte-… om te verseker dat die gehalte van goedere en dienste konsekwent is. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 5 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 SSGB (SWOT)- A verskaf riglyne oor hoe besighede hul analise prosesse en stelsels moet verbeter 1.3.2 Likwidasie B beëindiging van ʼn dienskontrak as gevolg van herstrukturering 1.3.3 Ontslag C identifisering van uitdagings slegs van die eksterne omgewing 1.3.4 BDKH (PDCA)- D inspekteer die produk na afloop van die siklus produksieproses 1.3.5 Gehalte- E verskaf riglyne oor hoe die produksiefunksie versekering die gehalte van produkte moet verbeter F die proses waardeur ʼn besigheid werksaamhede beëindig en alle bates verkoop om skuld af te betaal G inspekteer die produk gedurende en na afloop van die produksieproses H beëindiging van ʼn dienskontrak as gevolg van wangedrag I die proses waardeur ʼn besigheid sommige bates verkoop wat nie meer winsgewend is nie J identifisering van uitdagings van die interne en eksterne omgewings (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2021) AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem DRIE tipes diversifikasiestrategieë. (3) 2.2 Beskryf kortliks die doel van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998). (6) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. PAUL MEUBELS (PM) Paul Meubels verloor sommige van hul kliënte, aangesien die besigheid nie aanlyn transaksiefasiliteite het nie. Hulle ervaar ʼn afname in verkope as gevolg van die hoë werkloosheidsyfer. Die verpakkingsmateriaal wat PM gebruik is nie herwinbaar nie. 2.3.1 Identifiseer DRIE faktore van die PESTWO (‘PESTLE’)-analise wat uitdagings vir PM inhou. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 2.3.1 te beantwoord. PESTWO (‘PESTLE’) MOTIVERINGS FAKTORE 1. 2. 3. (9) 2.4 Verduidelik hoe SOOO’s (‘SETAs’) befonds word. (4) 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MANGO HANDELAARS (MH) Mango Handelaars spesialiseer in die vervaardiging van ʼn verskeidenheid somerklere. MH openbaar die prys van hul produkte wat te koop is. 2.5.1 Identifiseer die Wet waaraan MH in die scenario hierbo voldoen. (2) 2.5.2 Verduidelik die voordele van die Wet geïdentifiseer in VRAAG 2.5.1 vir MH as ʼn besigheid. (4) 2.6 Bespreek enige TWEE tipes intensiewe strategieë. (6) 2.7 Gee besighede raad oor die stappe wat hulle moet oorweeg wanneer hulle ʼn strategie evalueer. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 7 VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 3.1 Noem enige TWEE bronne van eksterne werwing. (2) 3.2 Beskryf die plasingsprosedure as ʼn menslikehulpbron-aktiwiteit. (4) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NKOSI VERVOER (NV) Sonika het onlangs as ʼn bestuurder by NV begin werk. Sy was versoek om sorgvuldig haar indiensnemingskontrak te lees, wat haar werksure, proeftydperk en beëindiging van kontrak ingesluit het. 3.3.1 Haal enige TWEE aspekte van die indiensnemingskontrak in die scenario hierbo aan. (2) 3.3.2 Verduidelik die wetlike vereistes van die indiensnemingskontrak. (6) 3.4 Evalueer die impak van byvoordele op besighede. (6) 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NEDLO KOELDRANK BEPERK (NSB) Nedlo Koeldrank Beperk spesialiseer in die vervaardiging van ʼn verskeidenheid van koeldranke. Jane, die aankoopbestuurder, plaas bestellings betyds en volg bestellings gereeld op om te verseker dat goedere betyds afgelewer word. Sy monitor en rapporteer ook oor minimum voorraadvlakke om te voorkom dat die voorraad opraak. 3.5.1 Haal TWEE gehalteaanwyers van die aankoopfunksie in die scenario hierbo aan. (2) 3.5.2 Beskryf ander gehalteaanwysers van die aankoopfunksie. (4) 3.6 Verduidelik die voordele van ʼn goeie gehaltebestuurstelsel. (4) 3.7 Bespreek die impak van totale gehaltebestuur (TGB) indien besighede dit swak implementeer. (4) 3.8 Gee raad aan besighede oor die voordele van monitering en evaluering van gehalteprosesse op groot besighede as ʼn element van totale gehaltebestuur (TGB). (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2021) VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 4.1 Noem enige TWEE bepalings soos in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) gestipuleer/voorgeskryf. (2) 4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ZANELE REKENAARS (ZR) Zanele Rekenaars verskaf ʼn verskeidenheid van rekenaar-sagteware dienste. ZR werk in ʼn gebied met hoë misdaad wat ʼn negatiewe impak op hul winsgewendheid het. ZR verloor hul kliënte aan Monja Rekenaars wat hul dienste teen billike pryse aanbied. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.2.1 tot 4.2.3 te beantwoord. UITDAGINGS BESIGHEIDS- MATE VAN BEHEER 4.2.1 OMGEWINGS 4.2.3 4.2.2 1. 2. 4.2.1 Haal TWEE uitdagings vir ZC uit die scenario hierbo aan. (2) 4.2.2 Klassifiseer ZC se uitdagings volgens enige TWEE van die DRIE besigheidsomgewings. (2) 4.2.3 Noem die mate van beheer wat ZC het oor ELKE besigheidsomgewing wat in VRAAG 4.2.2 genoem is. (2) 4.3 Verduidelik hoe besighede die volgende kragte van Porter se Vyf Kragte- model kan toepas om hul posisie in die mark te analiseer: 4.3.1 Bedreiging/Hindernisse van nuwe toetreders tot die mark (4) 4.3.2 Bedingingsmag van kopers/Krag van kopers (4) 4.4 Stel maniere voor waarop besighede aan die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (‘COIDA’), 1997 (Wet 61 van 1997) kan voldoen. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 9 BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 4.5 Noem enige TWEE aspekte wat by ʼn induksieprogram ingesluit moet word. (2) 4.6 Identifiseer die salarisvasstellingsmetodes wat deur Roshan Sakke in ELK van die onderstaande stellings gebruik word: 4.6.1 John, die skoonmaker, word ʼn duisend rand betaal vir die hoeveelheid ure wat hy aan ʼn taak spandeer. 4.6.2 Amla kry sestien rand vir elke sak wat sy maak. (4) 4.7 Verduidelik die voordele van induksie vir besighede. (4) 4.8 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. FUMA SKOENE BEPERK (FSB) Fuma Skoene Beperk is ʼn groot besigheid wat spesialiseer in die vervaardiging van gehalte tekkies. FSB maak gebruik van die dienste van gehalte sirkels om voor hul mededingers te bly. Hulle kan ook marknavorsers bekostig om inligting te versamel oor hulle teikenmark. 4.8.1 Identifiseer TWEE totale gehaltebestuur (TGB)-elemente wat deur FSB toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.8.1 te beantwoord. TGB-ELEMENTE MOTIVERINGS 1. 2. (6) 4.9 Stel TWEE maniere voor waarop totale gehalte bestuur (TGB) die koste van gehalte kan verminder. (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2021) AFDELING C Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING) Die regering het die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) (gewysig in 2013) ingestel om die tekortkominge van die Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) te oorkom. Die BBSEB-pilare het verskeie implikasies vir besighede aangesien hulle hierdie pilare in die werkplek moet toepas. Besighede kan strafmaatreëls in die gesig staar indien hulle nie die Wet op BBSEB nakom nie. Skryf ʼn opstel oor die Wet op BBSEB waarby jy die volgende aspekte insluit: x Onderskei tussen SEB en die Wet op BBSEB. x Verduidelik die implikasies van die volgende BBSEB-pilare op besighede: o Eienaarskap o Vaardigheidsontwikkeling x Bespreek die impak van BBSEB op besighede. x Gee raad aan besighede oor die strafmaatreëls wat hulle in die gesig staar indien hulle nie hierdie Wet nakom nie. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRONFUNKSIE) Besighede stel ʼn posontleding saam van vakante poste voordat hulle dit oorweeg om interne en eksterne werwingsmetodes te gebruik. Besighede moet vrae voorberei vir onderhoude van kandidate op die kortlys. Hulle moet ook toesien dat die menslikehulpbronbestuurder die implikasies van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling in sy/haar departement ken. Skryf ʼn opstel oor die menslikehulpbronfunksie waarby jy die volgende aspekte insluit: x Beskryf kortliks die verskille tussen posbeskrywing en posspesifikasie as komponente van ʼn posontleding. x Verduidelik die impak van interne werwing op besighede. x Bespreek die rol van die onderhoudvoerder tydens voorbereiding vir ʼn onderhoud. x Gee raad aan die menslikehulpbronbestuurder oor die implikasies van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling vir sy/haar departement. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Business Studies

View all