Skip to content

Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paperBusiness StudiesGrade 1220209 pages

Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2020 BESIGHEIDSTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoof- onderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. VRAAG PUNTE TYD AFDELING (minute) A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 30 20 B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 35 vrae KEUSE: 3 40 35 Beantwoord enige TWEE. 4 40 35 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40 30 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1 Hierdie Wet gee verbruikers toegang tot skuldberading: A Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) B Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) C Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) D Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) 1.1.2 Andile Leersakke gee ʼn geskrewe waarborg vir duursame produkte. Dié verbruikersreg word na verwys as die reg op … A billike/eerlike onderhandelinge/transaksies. B billike waarde/goeie gehalte en veiligheid. C billike/regverdige/redelike bepalings en voorwaardes. D aanspreeklikheid van verskaffers. 1.1.3 Hierdie vertikale integrasiestrategie word gebruik as besighede met hul verskaffers kombineer: A Voorwaartse B Terugwaartse C Horisontale D Konsentriese 1.1.4 Die proses om 'n nuwe werknemer se vaardighede en vermoëns by die vereistes van 'n pos te pas, staan as ... bekend. A plasing B werwing C opleiding D keuring 1.1.5 Die …-funksie verseker dat alle departemente hul spertye bereik. A bemarkings B aankoop C algemene bestuurs D produksie (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. gehalteversekering; Verbruikersbeskerming; bestuur en beheer; tersiêre; Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes; posontleding; sekondêre; gehaltebeheer; eienaarskap; menslikehulpbronnefunksie 1.2.1 Mandy se Afleweringsdienste is in die … sektor werksaam omdat hulle in die lewering van vervoerdienste aan ander besighede en individue spesialiseer. 1.2.2 Die Wet op … dwing besighede om maandeliks tot die Vergoedingsfonds by te dra. 1.2.3 Epic Handelaars stel swart mense in senior uitvoerende posisies aan. Hiermee pas hulle die … pilaar van die Wet op BBSEB toe. 1.2.4 Die … verwys na die komponente van die posbeskrywing en die posspesifikasie van ʼn posisie. 1.2.5 Walter Klerevervaardigers gebruik … wanneer inspeksie gedurende en na die produksieproses uitgevoer word om te verseker dat die vereiste standaarde in elke stadium van die proses nagekom word. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 5 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 BBSEB A ʼn ooreenkoms tussen die werkgewer en werknemer wat wetlik bindend is 1.3.2 Nasionale B die proses waardeur ʼn besigheid die Vaardigheids- aansoekdokumente met die vereistes van die ontwikkeling- pos vergelyk strategie 1.3.3 Werwing C ʼn beleid wat slegs ʼn paar voorheen benadeelde mense in die ekonomie bevoordeel 1.3.4 Dienskontrak D die vermoë om die gespesifiseerde standaarde van elke department te meet 1.3.5 Gehalte E verskaf toegang tot opleidingsprogramme F ʼn Wet wat afdwingbaar is en ʼn wyer groep voorheen benadeelde mense aanmoedig om aan die ekonomie deel te neem G verskaf opleidingsmateriaal vir fasiliteerders H ʼn ooreenkoms tussen die werkgewer, werknemer en vakbond wat wetlik bindend is I die vermoë van goedere/dienste om die spesifieke behoeftes van verbruikers te bevredig J die proses waardeur ʼn besigheid ʼn vakature identifiseer en geskikte kandidate vir die posisie lok (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020) AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem enige TWEE soorte defensiewe strategieë. (2) 2.2 Beskryf kortliks die rol van SOOO's ('SETAs') in die ondersteuning van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998). (8) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. SUPER SKOENVERVAARDIGERS (SS) Super Skoenvervaardigers sukkel om hul skoene te verkoop omdat hulle in ʼn gebied met hoë misdaad geleë is. Die bestuur van SS het ʼn strategie ontwikkel wat hulle sal help om op hierdie uitdaging te reageer. Daarna het hulle die strategie in werking gestel deur aksieplanne te gebruik. Identifiseer die TWEE stappe in die ontwikkeling van ʼn strategie wat deur SS gebruik word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 2.3 te beantwoord. STAPPE IN DIE MOTIVERING ONTWIKKELING VAN ʼn STRATEGIE 1. 2. (6) 2.4 Verduidelik die positiewe impak van die Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (Wet 53 van 2003) (BBSEB) op besighede. (6) 2.5 Bespreek die volgende bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997): 2.5.1 Werksure (4) 2.5.2 Oortyd (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 7 2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BLOU BESSIE PLAAS (BBP) Die bestuur van Blou Bessie Plaas neem nie jong vroue op die plaas in diens nie. Hulle stel ook nie mense met gestremdhede aan nie. 2.6.1 Haal TWEE maniere aan waarop Blou Bessie Plaas nie aan die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) voldoen nie. (2) 2.6.2 Beveel praktiese maniere aan waarop BBP aan die WGI kan voldoen. (8) [40] VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 3.1 Gee enige VIER voorbeelde van byvoordele vir werknemers. (4) 3.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. KHAN DEURE (KD) Khan Deure spesialiseer in die vervaardiging van houtdeure. Mandisa kry R600 vir elke deur wat sy voltooi. Suki, die skoonmaker, word R40/uur vir die uitvoering van haar pligte betaal. Identifiseer TWEE tipes salarisbepalingsmetodes wat deur Khan Deure gebruik word, wat van toepassing is op Mandisa en Suki. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.2 te beantwoord. WERKNEMER TIPE SALARIS- MOTIVERING BEPALINGSMETODE 1. Mandisa 2. Suki (6) 3.3 Verduidelik die verband tussen salarisbepaling en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997). (4) 3.4 Bespreek die voordele van eksterne werwing as ʼn metode van werwing. (4) 3.5 Identifiseer die elemente van totale gehaltebestuur (TGB) wat Johan Handelaars in ELKE geval hieronder toegepas het: 3.5.1 Die werknemers woon gereeld opleidingskursusse oor dienslewering by. (2) 3.5.2 Die bestuur van Johan Handelaars versoek altyd hulle kopers om 'n vraelys oor die gehalte van hulle produkte en dienste in te vul. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 3.6 Brei uit oor die betekenis van totale gehaltebestuur (TGB). (4) 3.7 Bespreek die voordele van ʼn goeie gehaltebestuurstelsel. (6) 3.8 Stel maniere voor waarop TGB die koste van gehalte kan verminder. (8) [40] VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 4.1 Noem DRIE tipes besigheidsomgewings en noem die mate waartoe ʼn besigheid ELK van hierdie omgewings kan beheer. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 4.1 te beantwoord. BESIGHEIDSOMGEWINGS MATE VAN BEHEER 1. 2. 3. (6) 4.2 Beskryf kortliks die regte van werknemers ten opsigte van die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995). (6) 4.3 Verduidelik hoe besighede die volgende kragte van die Porter se Vyf Kragte-model kan toepas om hul posisie in die mark te bepaal: 4.3.1 Krag/Mag/Bedingingsmag van verskaffers (4) 4.3.2 Krag/Mag van mededingers/Mededingende wedywering (4) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 4.4 Noem enige VIER bronne van interne werwing. (4) 4.5 Bespreek redes vir die beëindiging van ʼn dienskontrak. (6) 4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WILLIAMS MOTORVERVAARDIGERS (WM) Die werknemers van Williams Motorvervaardigers ontmoet gereeld om probleme te ondersoek en oplossings aan die bestuur voor te stel. Hulle monitor ook strategieë om die gladde verloop van besigheidsbedrywighede te verbeter. 4.6.1 Haal TWEE rolle van gehalte-sirkels aan as deel van die deurlopende verbetering van prosesse en stelsels om die gehalte van produkte by WM te verbeter. (2) 4.6.2 Gee WM raad oor hoe om die 'BDKH'-model/siklus toe te pas om die gehalte van produkte te verbeter. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 9 AFDELING C Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (STRATEGIEË) Die besigheidsomgewings hou baie uitdagings in vir besigheidsbedrywighede; dit is dus belangrik vir besighede om strategieë te gebruik om hierdie uitdagings te oorkom. Besighede kan ook die PESTWO (‘PESTLE’)-analise gebruik om hierdie uitdagings beter te verstaan en om maniere te vind waarop besighede hulle kan hanteer. Die evaluering van hierdie strategieë vorm ʼn noodsaaklike deel van die proses van strategiese bestuur. Skryf ʼn opstel oor besigheidstrategieë waarby jy die volgende aspekte insluit:  Beskryf die DRIE tipes intensiewe strategieë wat besighede kan gebruik om uitdagings in die makro-omgewing te hanteer.  Bespreek die voordele van diversifikasiestrategieë.  Verduidelik hoe die volgende PESTWO ('PESTLE')-faktore 'n uitdaging vir besighede kan inhou: o Sosiaal/Maatskaplik o Tegnologies o Wetlik  Gee besighede raad oor die stappe wat hulle moet oorweeg wanneer hulle strategieë evalueer. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE) Mega Konsultante (MK) verseker dat hul keuringsproses goed gestruktureer is. Die menslikehulpbronbestuurder speel ʼn belangrike rol ter voorbereiding van die onderhoude van kandidate. MK bied ʼn omvattende induksieprogram en byvoordele aan nuwe werknemers wat ʼn impak op die besigheid het. Skryf 'n opstel oor menslike hulpbronne waarby jy die volgende aspekte insluit:  Beskryf kortliks die keuringsprosedure as ʼn menslikehulpbron-aktiwiteit.  Verduidelik die rol van die onderhoudvoeder voor die onderhoud.  Bespreek die voordele van induksie vir besighede.  Evalueer die impak van byvoordele op besighede. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Business Studies

View all