Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
BESIGHEIDSTUDIES V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 24 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers %202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)





View all
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)

Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 Memo
Grade 12 Business Studies Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 464.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
NOTAS AAN NASIENERS
INLEIDING
1. Die notas aan nasieners word voorsien vir gehalteversekeringsdoeleindes om die
volgende te verseker:
(a) Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die standaard van
nasien
(b) Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
(c) Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum
nasieners oor die hele land
(d) Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van
die vak by skole/onderwysinstellings
2. Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal egter
van die aard van die vraag afhang.
3. Omvattende nasienriglyn word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
Behoorlike oorweging moet gegee word aan 'n antwoord wat korrek is, maar:
'n Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyn gegee word
Uit 'n ander betroubare bron kom
Oorspronklik is
'n Ander benadering gebruik
LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.
4. Neem kennis van ander verwante antwoorde wat deur kandidate verskaf word en
ken punte dienooreenkomstig toe. (In die geval waar die antwoord onduidelik is
of 'n mate van begrip aandui, moet deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een
punt in plaas van die maksimum van twee punte.)
5. Die woord 'Sub-maks.' word gebruik om die toekenning van punte binne 'n vraag
of subvraag te vergemaklik.
6. Die doel daarvan om punte aan die regterkant te omkring (gelei deur 'maks' in die
uiteensetting van die punte) is om konsekwentheid en akkuraatheid te verseker
met die nasien van die skrifte en modereringsproses.
7. Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die subtotale,
soos aangedui by die toekenning van punte. Dit moet deur 'maks' in die
nasienriglyn van punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet in die
linkerkantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.
8. In 'n indirekte vraag moet die teorie en die antwoorde relevant en met die vraag
verband hou.
9. Korrekte nommering van antwoorde van vrae of subvrae in AFDELING A en B
word sterk aanbeveel. Indien die nommering verkeerd is, volg die volgorde van die
kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word, indien laasgenoemde
nie duidelik is nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 3
10. Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui
aan met 'n 'H' of 'R'.
11. Die verskil tussen 'evalueer' en 'kritiese evaluering' kan soos volg verduidelik
word:
11.1 Wanneer 'evalueer' gevra word, word daar van kandidate verwag om te
antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n neutrale
(positiewe en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: 'COIDA
verminder tyd en koste wat spandeer word √ op lang siviele
hofgedinge.√
11.2 Wanneer 'kritiese evaluering' gevra word, word daar van kandidate
verwag om te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n
neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie geval
word van kandidate ook verder verwag om hulle antwoorde te
ondersteun met dieper insig, bv. 'COIDA verminder tyd en koste√ wat
spandeer word op lang siviele hofgedinge√, want die werkgewer sal nie
verantwoordelik wees om vergoeding aan die werknemer te betaal as
beserings opgedoen is tydens werksure nie, solank as wat die besigheid
kan bewys dat hy nie agterlosig was nie. '√
LET WEL: 1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op 'analiseer'.
2. Let op die plasing van die merkie (√) in die toekenning van
punte.
12. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag,
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyn en die
konteks van elke vraag.
Kognitiewe werkwoorde, soos:
12.1 Adviseer, noem, beskryf in breë trekke, motiveer, aanbeveel, stel voor,
(lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte in kandidate se
antwoorde nie. Die uiteensetting van punte vir elke stelling/antwoord sal
dus aan die einde daarvan verskyn.
12.2 Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei/ toon
verskille, differensieer, vergelyk, tabuleer, regverdig, ontwerp, analiseer,
evalueer, evalueer krities (lys nie volledig nie) vereis meer diepgaande
begrip, toepassing en beredenering. Die punte moet dus meer objektief
toegeken word om te verseker dat assessering volgens die vasgestelde
norme geskied, sodat eenvormigheid, konsekwentheid en regverdigheid
behaal kan word.
13. Merk slegs die EERSTE antwoord waar kandidate meer as een antwoord in
AFDELING B en C gee waar slegs een antwoord gevra word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
14. AFDELING B
14.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE
VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui dit aan deur 'n
lyn deur die nie-nagesiende gedeelte te trek of gebruik die woord 'Kanselleer'.
LET WEL: Dit is slegs van toepassing waar die getal feite gespesifiseer word.
14.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die kandidaat.
Punt 14.1 geld steeds.
14.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde/menings te gee,
beredeneer dit by die nasiensentrum ten einde die alternatiewe antwoorde te
finaliseer.
14.4 Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:
14.4.1 Waar die getal feite gespesifiseer word, vrae wat vereis dat kandidate
moet 'beskryf/bespreek/verduidelik', kan dit soos volg nagesien word:
Feit 2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyn)
Verduideliking 1 punt (twee punte sal in Afdeling C toegeken word)
Die 'feit' en 'verduideliking' word apart in die nasienriglyn gegee om die
toekenning van punte te vergemaklik.
14.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet puntetoekenning
gelei word deur die aard van die vraag en die maksimum punte in die
nasienriglyn toegeken.
14.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te herroep,
wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal word uit 'n
scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing op AFDELING B EN
C (waar van toepassing).
15. AFDELING C
15.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:
Inleiding
Maksimum:
Inhoud
32
Gevolgtrekking
Insig 8
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 5
15.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:
Struktuur/Uitleg Is daar 'n inleiding, inhoud en 'n gevolgtrekking? 2
Ontleding en Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub- 2
vertolking opskrifte te ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip van
wat gevra word, getoon word?
Punte toegeken volgens die gids hieronder:
Alle opskrifte aangespreek: 1 (Een 'A')
Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een 'A')
Sintese Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat op 2
die vrae gebaseer is?
Punte toegeken volgens die gids hieronder:
Geen relevante feite: 0 (Twee '-S')
'n Paar relevante feite: 1 (Een '-S')
Slegs relevante feite: 2 (Geen '-S')
Opsie 1: Waar 'n kandidaat 50% of meer van die vraag
met slegs relevante feite beantwoord het,
verskyn geen '-S' in die linkerkantlyn nie. Ken
die maksimum van TWEE (2) punte vir
sintese toe.
Opsie 2: Waar 'n kandidaat minder as 50% van die
vraag met slegs OF 'n paar relevante feite
beantwoord het, verskyn een '-S' in die
linkerkantlyn. Ken 'n maksimum van EEN (1)
punt vir sintese toe.
Opsie 3: Waar 'n kandidaat minder as 50% van die
vraag met geen relevante feite beantwoord
het, verskyn twee '-S' in die linkerkantlyn. Ken
'n NULPUNT toe vir sintese.
Oorspronklikheid Is daar bewyse van voorbeelde gebaseer op aktuele 2
inligting, huidige neigings en ontwikkelings?
TOTAAL VIR INSIG: 8
TOTALE PUNTE VIR FEITE: 32
TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40
LET WEL: 1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal
word uit die inleiding en gevolgtrekking nie.
2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie voorkom nie.
3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte
INLEIDING en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur 'n
verduideliking ondersteun word nie.
15.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met 'n simbool, bv. ('S, A, -S en/of O').
15.4 Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde antwoord/
nasienriglyn vir elke vraag aangedui.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
15.5 Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS punte vir elke onder-
afdeling behaal is. Skryf 'SUBMAKS'/'MAKS' nadat maksimum punte behaal
is, maar lees verder vir oorspronlikheid “O”.
15.6 Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en punte
vir insig soos volg aan: (S – Struktuur, A – Ontleding, S – Sintese, O –
Oorspronklikheid) soos in die tabel hieronder aangedui.
INHOUD PUNTE
Feite 32 (maks.)
S 2
A 2
S 2
O 2
TOTAAL 40
15.7 Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die submaksimum
wat aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde subopskrifte gebruik nie.
Onthou opskrifte en subopskrifte word aangemoedig en dra by tot insig
(struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui duidelikheid van denke aan.
(Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)
15.8 Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/vertolk, kry hy/sy steeds
punte vir uitleg/struktuur.
15.9 Indien 'n ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat
antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die puntetoekenning/
subopskrifte soos aangedui in die nasienriglyne.
15.10 15.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir
frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.
15.10.2 Met ingang November 2015, sal die TWEE punte nie noodwendig
aan die einde van elke voltooide sin getoon word nie. Punte (√) sal
geskei wees en langs elke feit aangedui word, bv.
'Produkontwikkeling is 'n groeistrategie √, waar ondernemings poog
om nuwe produkte in bestaande markte bekend te stel.'√
Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, gelei word.
15.11 Met ingang November 2017, sal die maksimum van TWEE (2) punte vir feite in
die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke vraag geld nie.
Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 7
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 D √√
1.1.2 B √√
1.1.3 B √√
1.1.4 A √√
1.1.5 C √√
(5 x 2) (10)
1.2 1.2.1 tersiêre √√
1.2.2 Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes √√
1.2.3 bestuur en beheer √√
1.2.4 posontleding √√
1.2.5 gehalteversekering √√
(5 x 2) (10)
1.3 1.3.1 F √√
1.3.2 E √√
1.3.3 J √√
1.3.4 A √√
1.3.5 I √√
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 1 PUNTE
1.1 10
1.2 10
1.3 10
TOTAAL 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
AFDELING B
Sien SLEGS die EERSTE TWEE antwoorde na.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Soorte defensiewe strategieë
- Aflegging √
- Ontbondeling √
- Likwidasie √
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na. (2 x 1) (2)
2.2 Rol van SOOO's (SETAs)
- Ontwikkel sektorvaardigheidsplanne binne die raamwerk van die
Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie. √√
- Stel vaardigheidsontwikkelingsplanne op vir hul spesifieke ekonomiese
sektore. √√
- Keur vaardigheidsplanne en jaarlikse opleidingsverslae goed. √√
- Ken toelaes toe aan werkgewers, onderwys- en opleidingverskaffers. √√
- Betaal toelaes uit aan maatskappye wat voldoen aan die vereistes van
die Wet op Vaardigheidsontwikkeling. √√
- Monitor/Evalueer werklike opleiding deur diensverskaffers. √√
- Bevorder en vestig leerderskappe. √√
- Registreer leerderskap-ooreenkomste/leerprogramme. √√
- Voorsien opleidingsmateriaal/-programme vir vaardigheidsontwik-
kelingsfasiliteerders. √√
- Voorsien akkreditasie vir vaardigheidsontwikkelingsfasiliteerders. √√
- Hou toesig oor opleiding in verskillende sektore van die Suid-
Afrikaanse ekonomie. √√
- Bevorder leerderskappe en opleidingsprogramme deur gepaste
werksplekke vir praktiese werksondervinding te identifiseer. √√
- Vorder heffings in en betaal toelaes uit soos benodig. √√
- Doen verslag aan die Direkteur-Generaal. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van
SOOO's/SETAs in die ondersteuning van die WVO.
Maks. (8)
2.3 Ontwikkeling van ʼn strategie
STAPPE IN DIE ONTWIKKELING MOTIVERING
VAN ʼn STRATEGIE
1. Formulering van strategieë √√ Die bestuur van SS het ʼn strategie
ontwikkel wat hulle sal help om op
hierdie uitdaging te reageer. √
2. Implementering van strategieë √√ Daarna het hulle die strategie in
werking gestel deur aksieplanne te
gebruik. √
Submaks. (4) Submaks. (2)
LET WEL: 1. Ken punte toe vir die stappe in die ontwikkeling van
ʼn strategie selfs as die aanhaling onvolledig is.
2. Geen punte word vir die motivering toegeken indien
die stappe in die ontwikkeling van ʼn strategie
verkeerd geïdentifiseer is nie.
Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 9
2.4 Positiewe impak van BBSEB op besighede
- Besighede wat voldoen aan BBSEB ten opsigte van die pilare √ sal
hoog aangeslaan word op die SEB-telkaart/kan regeringstenders
kry/kan ander BBSEB besigheidsvennote/verskaffers lok. √
- Moedig besighede aan om die eise van regstelling √ en gelykheid direk
aan te spreek. √
- Voorsien 'n verskeidenheid sakekodes √ om indiensnemingsgelykheid
te verbeter. √
- Maak voorsiening vir menslikehulpbron-ontwikkeling √ deur opleiding
en ontwikkeling. √
- Bevorder sake-ontwikkeling, √ deur entrepreneursvaardighede van
voorheen benadeelde/aangewese mense te ontwikkel sodat hulle hul
eie besighede kan begin. √
- Besighede sal 'n goeie oorsig kry van hul eie prestasie √ in vergelyking
met ander besighede in die res van die land. √
- ʼn Goeie BBSEB-telling √ sal die besigheid se beeld verbeter. √
- Deur te fokus op BBSEB, toon die besigheid toewyding √ jeens die
maatskaplike/sosiale/opvoedkundige/ekonomiese ontwikkeling in
gemeenskappe/land. √
- As die besigheid een keer bepunt is, sal hulle verstaan hoe om
BBSEB-strategieë te ontwikkel √ wat hul BBSEB-tellings op 'n jaarlikse
basis sal verbeter. √
- Frontering ('Fronting') word ontmoedig √, omdat dit kan lei tot die
diskwalifikasie van 'n besigheid se totale telkaart/BBSEB-status. √
- Besighede wat voldoen aan BBSEB se aandeelpryse kan moontlik
styg, √ want hulle kan meer besigheid lok/kry. √
- Besighede wat Klein, Mikro, Medium Ondernemings (KMMO's)
ondersteun, √ kan hul eie SEB-gradering verbeter. √
- Deur te voldoen aan BBSE- vereistes kry besighede ondervinding/
blootstelling √ om sodoende beter werksgeleenthede/
personeelontwikkeling te skep. √
- Enige ander relevante antwoord wat met die positiewe impak van
BBSEB op besighede verband hou.
Maks. (6)
2.5 Bepalings van WBDV
2.5.1 Werksure
- Werkers mag nie meer as 45 uur √ per week werk nie. √
- Werkers mag nege uur per dag werk √ indien hulle vyf of minder dae
per week werk √ /agt uur per dag √ indien hulle meer as vyf dae ʼn
week werk. √
- Nagwerk, wat na 18:00 en voor 6:00 die volgende dag per ooreenkoms
uitgevoer word, √ moet deur 'n toelaag/vermindering van werksure
vergoed word. √
- Gewone werksure kan per ooreenkoms verleng word √ met ʼn
maksimum van 15 minute per dag/maksimum van sestig minute per
week om die pligte vir diens aan die publiek, te voltooi. √
- Gewone werksure mag verminder word √ tot 'n maksimum van 40 uur
per week/8 uur per dag. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met werksure as ʼn
bepaling van die WBDV.
Maks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.5.2 Oortyd
- Werkers mag instem/ooreenkom √ om oortyd te werk. √
- Werkers kan nie meer as √ drie uur oortyd per dag/10 uur oortyd per
week werk nie. √
- Oortyd moet soos volg vergoed word:
o Een en ʼn half keer die normale daaglikse tarief √ vir oortyd op
weeksdae en Saterdae gewerk. √
o Dubbel die normale daaglikse tarief √ vir oortyd op Sondae en
publieke vakansiedae gewerk. √
- Oortyd moet betaal word volgens die bepaalde oortydtarief √ of ʼn
werker kan instem om betaalde tyd af te kry. √
- Die Minister van Arbeid mag die maksimum toegelate werksure,
insluitend oortyd, √ vir gesondheids- en veiligheidsredes vir 'n sekere
kategorie van werk, voorskryf. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met oortyd as ʼn
bepaling van die WBDV.
Maks. (4)
2.6 Wet op Gelyke Indiensneming
2.6.1 Maniere van nie-voldoening aan die WGI
- Die bestuur van Blou Bessie Plaas neem nie jong vroue op die plaas in
diens nie. √
- Hulle stel ook nie mense met gestremdhede aan nie. √
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na. (2 x 1) (2)
2.6.2 Maniere waarop besighede aan die WGI kan voldoen
- BBP/ ʼn Besigheid moet waak teen diskriminerende aanstellings. √√
- Assesseer die rassesamestelling van alle werknemers, insluitend
senior bestuur. √√
- Verseker dat daar gelyke verteenwoordiging van alle rassegroepe op
elke vlak van indiensneming is. √√
- Bevorder gelyke geleenthede en regverdige behandeling. √√
- Definieer die aanstellingsproses duidelik, sodat alle partye goed ingelig
is. √√
- Maak gebruik van gesertifiseerde psigometriese toetse om
kandidate/werknemers te assesseer en te verseker dat die geskikte
kandidaat aangestel word. √√
- Verseker dat diversiteit/inklusiwiteit in die werksplek bereik word. √√
- Implementeer regstellende aksie-maatreëls om nadele wat aangewese
groepe ervaar het, reg te stel. √√
- Berei ʼn gelyke indiensnemingsplan voor, met konsultasie van die
werknemers. √√
- Implementeer ʼn gelyke indiensnemingsplan. √√
- Dien die gelyke indiensnemingsplan by die Departement van Arbeid
in. √√
- Benoem een of meer senior bestuurders wat sal verseker dat gelyke
indiensnemingsplanne geïmplementeer/gereeld gemonitor sal word. √√
- Elimineer versperrings wat ʼn negatiewe impak op aangewese groepe
het. √√
- BBP/ʼn Besigheid moet mense van verskillende aangewese groepe
akkommodeer. √√
- Behou/Ontwikkel/Gee opleiding aan aangewese groepe deur
vaardigheidsontwikkeling. √√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 11
- Rapporteer gereeld aan die Departement van Arbeid oor die vordering
in die implementering van die plan. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met praktiese
maniere waarop besighede aan die WGI kan voldoen.
Maks. (8)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 2 PUNTE
2.1 2
2.2 8
2.3 6
2.4 6
2.5 8
2.6.1 2
2.6.2 8
TOTAAL 40
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Voorbeelde van byvoordele vir werknemers
- Mediese fonds/Mediese versekering √
- Pensioenfonds √
- Voorsorgfonds √
- Begrafnisvoordele √
- Motor-/Reis-/Behuising-/Selfoon-/Kleretoelae √
- Prestasiegerigte byvoordele √
- Uitreiking van bonusaandele √
- Personeelafslag/Gratis of goedkoop maaltye/Kantiengeriewe √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met voorbeelde van
byvoordele vir werknemers.
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na.
(4 x 1) (4)
3.2 Tipes salarisbepalingsmetodes
WERKNEMER TIPE SALARIS- MOTIVERING
BEPALINGS-
METODE
1. Mandisa Stukwerk √√ Mandisa kry R600 vir elke deur
wat sy voltooi. √
2. Suki Tydverwante √√ Suki, die skoonmaker, word
R40/uur vir die uitvoering van
haar pligte betaal. √
Submaks. (4) Submaks. (2)
LET WEL: 1. Ken punte toe vir tipe salarisbepalingsmetode selfs as die
aanhaling onvolledig is.
2. Geen punte word vir die motivering toegeken indien die tipe
salarisbepalingsmetode verkeerd geïdentifiseer is nie.
Maks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
3.3 Verband tussen salarisbepaling en die WBDV
- WBDV bevat wetlike voorskrifte vir die inhoud van die indiensnemings-
kontrak, √ wat salarisvasstelling kan affekteer. √
- Betaling van salarisse moet gebaseer wees op of 'n werknemer
permanent √ of op 'n vaste kontrak in diens geneem is. √
- Die WBDV stel die voorwaardes vas √ wat regverdige arbeids- en
menslike-hulpbronpraktyke verseker. √
- Volgens die WBDV kan besighede verskillende vergoedingsmetodes
gebruik √ om hul werknemers te betaal. √
- Besighede is veronderstel om inkomstebelasting (LBS) √ van die
werknemer se belasbare salaris af te trek. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die verband
tussen salarisbepaling en die WBDV.
Maks. (4)
3.4 Voordele van eksterne werwing as ʼn metode van werwing
- Nuwe kandidate bring √ nuwe talente/idees/insig/ondervinding na die
besigheid. √
- Dit kan besighede help om regstellende aksie √ en BBSEB-teikens te
bereik. √
- Daar is meer kandidate √ om van te kies. √
- Kanse is beter om 'n geskikte kandidaat te vind met die verlangde
vaardighede/ kwalifikasies/kundigheid √ wat nie veel opleiding/ontwikkeling
nodig het nie wat koste verminder. √
- Voorkom ongelukkigheid/konflik tussen huidige werknemers √ wat ook vir
die pos aansoek gedoen het. √
- Enige ander relevant antwoord wat verband hou met die voordele van
eksterne werwing as ʼn metode van werwing.
Maks. (4)
3.5 Elemente van TGB
3.5.1 Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/Onderwys en opleiding √√ (2)
3.5.2 Totale kliënte-/klante-tevredenheid √√ (2)
3.6 Betekenis van totale gehaltebestuur
- TGB is 'n geïntegreerde stelsel/metodologie wat regdeur die
organisasie toegepas word, √ om te help om gehalteprodukte/-dienste
te ontwerp/produseer/voorsien aan klante. √
- Dis 'n denkrevolusie in bestuur, √ waar die hele besigheid as klant-
geöriënteerd in alle besigheidsbedrywighede bedryf word. √
- TGB maak dit vir besighede moontlik om voortdurend op die lewering
van produkte/dienste te verbeter √ om sodoende klante se behoeftes te
bevredig. √
- Bestuur verseker dat elke werknemer verantwoordelik is √ vir die
gehalte van sy/haar werk/optrede/aksies. √
- Enige ander relevant antwoord wat verband hou met die betekenis van
totale gehaltebestuur.
Maks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 13
3.7 Voordele van ʼn goeie gehaltebestuurstelsel
- Doeltreffende diens aan klante kan gelewer word, √ wat lei tot verhoogde
klante-tevredendheid. √
- Tyd en hulpbronne √ word doeltreffend benut. √
- Produktiwiteit verhoog √ as gevolg van behoorlike tydsbestuur/gebruik van
hoë gehalte hulpbronne. √
- Produkte/Dienste word deurlopend verbeter, √ wat tot groter klante-
tevredenheid lei. √
- Visie en missie/Ondernemingsdoelwitte √ kan bereik word. √
- Die onderneming kan 'n mededingende voordeel √ bo sy
mededingers kry. √
- Deurlopende opleiding sal die gehalte van werknemers se
vaardighede/kennis √ voortdurend verbeter. √
- Werkgewers en werknemers sal 'n gesonde werksverhouding hê √ wat
gelukkige/ produktiewe werkers tot gevolg het. √
- Groter markaandeel/Meer klante √ verbeter winsgewendheid. √
- Verbeter die onderneming se beeld √, want daar is minder foutiewe
produkte/ terugsendings. √
- Enige ander relevant antwoord wat verband hou met die voordele van ʼn
goeie gehaltebestuurstelsel.
Maks. (6)
3.8 Maniere voor waarop TGB die koste van gehalte kan verminder
- Stel gehaltesirkels in plek om maniere te bespreek om sodoende die
gehalte van vakmanskap te verbeter. √√
- Skeduleer aktiwiteite om duplisering van take uit te skakel. √√
- Verdeel verantwoordelikheid vir gehalte-uitsette tussen bestuur en
werknemers. √√
- Lei werknemers op alle vlakke op sodat elkeen sy/haar rol in
gehaltebestuur verstaan. √√
- Ontwikkel werkstelsels wat werknemers bemagtig om nuwe maniere vir
gehalte-verbetering te vind. √√
- Werk baie nou saam met verskaffers om die gehalte van
grondstowwe/insette te verbeter. √√
- Verbeter kommunikasie rondom gehalte uitdagings/afwykings, sodat
elkeen uit ondervinding kan leer. √√
- Verminder belegging in duur, maar ondoeltreffende inspeksieprosedures in
die produksieproses. √√
- Implementeer pro-aktiewe onderhoudsprogramme vir toerusting/
masjinerie om produksieonderbrekings te verminder/uit te skakel. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die maniere waarop
TGB die koste van gehalte kan verminder.
Maks. (8)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 3 PUNTE
3.1 4
3.2 6
3.3 4
3.4 4
3.5 4
3.6 4
3.7 6
3.8 8
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Besigheidsomgewings en mate van beheer
BESIGHEIDSOMGEWINGS MATE VAN BEHEER
1. Mikro-omgewing √ Volle beheer √
2. Markomgewing √ Gedeeltelike/Sommige/Beperkte/
Min beheer √
3. Makro-omgewing √ Geen beheer √
Submaks. (3) Submaks. (3)
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
2. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
3. Ken punte toe vir die besigheidsomgewing al is die
mate van beheer nie aangedui nie/verkeerd.
4. Die mate van beheer moet aan ʼn
besigheidsomgewing gekoppel wees.
Maks. (6)
4.2 Regte van werknemers ten opsigte WAV
- Werknemers kan aan ʼn vakunie van hul keuse behoort. √√
- Versoek vakunieverteenwoordigers om bystand te verleen/werknemers
te verteenwoordig in griewe-/dissiplinêre verhore. √√
- Vakunieverteenwoordigers kan 'n redelike tyd by die werk afkry, teen
betaling, om aan vakuniepligte aandag te gee. √√
- Mag wettiglik staak as 'n teenmiddel vir griewe. √√
- Kan onopgeloste werkplekdispute na die KVBA verwys. √√
- Verwys onopgeloste KVBA-dispute na die Arbeidshof op appél. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die regte van
werknemers ten opsigte van die WAV.
Maks. (6)
4.3 Porter se Vyf Kragte-model
4.3.1 Krag/Mag/Bedingingsmag van verskaffers
- Verskaffers wat produkte van goeie gehalte bied √ het beheer oor die
besigheid. √
- ʼn Besigheid moet die krag van verskaffers √ om pryse te beïnvloed
assesseer/bepaal. √
- Hoe magtiger die verskaffers, √ hoe minder beheer het die besigheid
oor hulle. √
- Hoe minder die aantal verskaffers, √ hoe sterker beheer het hulle omdat
die keuse van verskaffers, beperk word. √
- Die onderneming moet die soort mag identifiseer wat sy verskaffers
het √ ten opsigte van die kwaliteit van produkte/dienste/ betroubaarheid/
vermoë om vinnige aflewerings te maak. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe besighede
die krag/mag/bedingingsmag van verskaffers kan toepas om die
markomgewing te analiseer.
Maks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 15
4.3.2 Krag/Mag van mededingers/Mededingende wedywering
- Mededingers wat dieselfde/soortgelyke produkte/dienste verkoop/
verskaf √ mag ʼn groter impak op die mark van die besigheid hê. √
- As mededingers ʼn unieke produk/diens verskaf, √ sal hulle groter mag
hê. √
- 'n Besigheid met baie mededingers in dieselfde mark √ het baie min
mag in hul mark. √
- Besighede moet ʼn mededingersprofiel van elke mededinger opstel √
sodat hulle hul eie sterk punte sowel as dié van mededingers kan
bepaal. √
- Sommige mededingers het die nodige hulpbronne om ʼn prysoorlog te
begin √ en voort te gaan om produkte teen verliese te verkoop totdat
ander mededingers die mark verlaat. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe besighede
die krag/mag van mededingers/mededingende wedywering kan toepas
om die markomgewing te analiseer. Maks. (4)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.4 Bronne van interne werwing
- Interne e-posse/Intranet/webblad aan personeel √
- Mededeling (‘Word-of-mouth’) √
- Besigheidsnuusbriewe/omsendbriewe(‘circulars) √
- Interne/bestuurverwysings √
- Kennisgewingsborde van die besigheid √
- Interne bulletins √
- Aanbevelings van huidige werknemers √
- 'Head hunting' binne die besigheid/organisasie se databasis √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die bronne van
interne werwing.
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na. (4 x 1) (4)
4.5 Redes vir die beeïndiging van ʼn dienskontrak
- Die werkgewer kan werknemers ontslaan vir geldige rede(s) √, bv.
onbevredigende werksprestasie/onbehoorlike gedrag. √
- Werkgewer het nie langer werk vir oortollige werknemers nie √ /kan nie die
kontrak nakom nie/is besig met herstrukturering. √
- Werkgewer kan sommige werknemers aflê √ as gevolg van
insolvensie/kan nie meer die werknemers betaal nie. √
- Werknemers het besluit om te gaan √ en bedank vrywilliglik. √
- 'n Werknemer het sy/haar voorafooreengekome aftree-ouderdom √
bereik. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die redes vir die
beeïndiging van ʼn dienskontrak. Maks. (6)
4.6.1 Rol van gehaltesirkels as deel van die deurlopende verbetering van
prosesse en stelsels
- Die werknemers van Williams Motorvervaardigers ontmoet gereeld om
probleme te ondersoek en oplossings aan die bestuur voor te stel. √
- Hulle monitor ook strategieë om die gladde verloop van
besigheidsbedrywighede te verbeter. √
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
4.6.2 Toepassing van die BDKH('PDCA')-model/siklus in verbetering van
gehalte van produkte
- Beplan
o Williams Motorvervaardigers/WM behoort die probleem te
identifiseer en 'n plan vir die verbetering van prosesse en stelsels te
ontwikkel. √√
o Beantwoord vrae soos 'Wat om te doen'/'Hoe om dit te doen'. √√
o Beplan die metode en benadering om sodoende die kwaliteit van
hulle produkte te verbeter. √√
Submaks. (2)
- Doen
o WM kan die verandering op 'n klein skaal implementeer. √√
o Implementeer die prosesse en stelsels soos beplan. √√
Submaks. (2)
- Kontroleer/Analiseer/Ontleed
o Gebruik data om resultate van verandering te analiseer/ontleed. √√
o Bepaal of dit 'n verskil gemaak het en wat verbeter moet word. √√
o Kontroleer/Moniteer of die prosesse doeltreffend werk. √√
o WM kan assesseer/toets om vas te stel of dit werk/of dinge volgens
plan verloop. √√
Submaks. (2)
- Handel/Tree op soos nodig
o Stel die verbetering in werking om die besigheid se behoeftes te
bevredig. √√
o Ontwikkel strategieë om deurlopend te verbeter. √√
o Indien die verandering suksesvol was, implementeer dit op 'n groter
skaal. √√
o WM moet die proses deurlopend hersien totdat hulle dit die eerste
keer regkry. √√
Submaks. (2)
- Enige ander relevante antwoord wat verband met hoe WM die BDKH
model/siklus kan toepas in die verbetering van die gehalte van
produkte.
LET WEL: 1. Die stappe kan in die toepassing geïntegreer wees.
2. Ken ʼn maksimum van VIER (4) punte toe indien slegs
die stappe van die BDKH-model genoem is.
Maks. (8)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 4 PUNTE
4.1 6
4.2 6
4.3 8
4.4 4
4.5 6
4.6.1 2
4.6.2 8
TOTAAL 40
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 17
AFDELING C
Sien SLEGS die EERSTE antwoord na.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS
5.1 Inleiding
- Besighede moet altyd die strategiese bestuursproses uitvoer aangesien
hul werk in 'n dinamiese omgewing wat baie uitdagings oplewer. √
- Die implementering van besigheidstrategieë maak dit moontlik vir
besighede om te reageer op uitdagings van die besigheidsomgewings. √
- Diversifikasie en intensiewe strategieë maak dit moontlik vir besighede om
volboubaar in die mark-omgewings te bly. √
- Die PESTWO-analise word gebruik om die faktore in die eksterne
omgewing wat die besigheid kan beïnvloed, te identifiseer en te evalueer. √
- Die PESTWO-analise maak dit vir die besigheid moontlik om die eksterne
omgewing en die industrie waarin hulle meeding, beter te verstaan. √
- Die doeltreffendheid van besigheidstrategieë moet geëvalueer word sodat
die beste strategieë gebruik word om die uitdagings te oorkom. √
- Enige ander relevante inleiding wat verband hou met intensiewe
strategieë/diversifikasie strategieë/PESTWO/strategie evaluering.
Enige (2 x 1) (2)
5.2 Tipes intensiewe strategieë
Markpenetrasie/Markindringing √√
- Nuwe produkte penetreer ʼn bestaande mark teen ʼn lae prys √, totdat dit
aan die verbruikers bekend is en dan word die pryse verhoog. √
- Dit is ʼn groeistrategie waar besighede fokus op die verkoop van bestaande
produkte √ in bestaande markte. √
- Fokus om markaandeel te verhoog √ deur pryse te verlaag om verkope te
verhoog/verhoogde reklame en promosie. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband met markpenetrasie as ʼn
tipe intensiewe strategie.
Tipe (2)
Beskrywing (2)
Submaks. (4)
Markontwikkeling √√
- ʼn Proses van verkenning/vind/soek van nuwe markte √ vir bestaande
produkte. √
- Besighede verkoop hul bestaande produkte √ aan nuwe markte√ /
Besighede teiken die verbruikers in 'n potensiële mark √ wat buite sy
gewone teikenmark val. √
- Besighede moet navorsing doen oor die mark √ wat hul wil betree. √
- Hulle verander die manier waarop hulle produkte versprei √ om ʼn ander
teikenmark te bereik. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband met markontwikkeling as ʼn
tipe intensiewe strategie.
Tipe (2)
Beskrywing (2)
Submaks. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
Produkontwikkeling √√
- Besighede genereer nuwe ideas √ en ontwikkel ʼn nuwe produk of
diens. √
- Die bekendstelling van ʼn nuwe produk of diens √ in bestaande markte. √
- ʼn Besigheid mag dalk nuwe tegnologie bekom √ om nuwe produkte te
ontwikkel. √
- Hulle verbeter/verander die verpakking van bestaande produkte √ sodat
hul anders lyk en vertoon en aanklank by die mark kry/vind. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband met produkontwikkeling as
ʼn tipe intensiewe strategie.
Tipe (2)
Beskrywing (2)
Submaks. (4)
LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
(3 x 4) (12)
5.3 Voordele van diversifikasiestrategieë
- Verhoog verkope √ en besigheidsgroei.√
- Verbeter die besigheid se handelsmerk √ en die beeld van die besigheid.√
- Verminder die risiko √ om slegs op een produk staat te maak. √
- Meer produkte kan aan bestaande verbruikers verkoop word √ en meer
addisionele nuwe market kan gestig word. √
- Besighede bekom meer tegnologiese vermoëns √ deur produk-
aanpassing. √
- Diversifikasie in ʼn aantal industrieë of produklyne √ kan ʼn balans help
skep tydens ekonomiese skommelinge. √
- Besigheid produseer meer uitsette met minder insette √ omdat een fabriek
gebuik kan word om meer produkte te vervaardig.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
diversifikasiestrategieë.
Maks. (8)
5.4 PESTWO-elemente/faktore wat ʼn uitdaging vir besighede kan inhou
Sosiaal/Maatskaplik
- Klante kan moontlik nie die produkte bekostig nie √ as gevolg van lae
inkomstevlakke/werkloosheid. √
- Besighede is dalk nie bekend/vertroud √ met die plaaslike taal van hul klante
nie. √
- Sommige verbruikers verkies om hul geld op mediese uitgawes √ vir die
behandeling van kroniese siektes te spandeer. √
- Hoë misdaadsyfer beïnvloed besigheidsure √ wat ʼn afname in wins tot gevolg
het. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe die maatskaplike
faktor as ʼn element van PESTWO ʼn uitdaging vir besighede kan inhou.
Submaks. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 19
Tegnologies
- Besighede kan nie tred hou/bewus wees √ van die nuutste tegnologie nie.√
- Werknemers mag nie die nodige vaardighede hê √ om die nuwe tegnologie/
toerusting te gebruik/in stand te hou nie. √
- Besighede kan nie die nuwe tegnologie √ bekostig nie. √
- Kan nie voorsiening maak/bekostig √ om aanlyntransaksies/e-handel te
verskaf nie. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe die tegnologiese
faktor as ʼn element van PESTWO ʼn uitdaging vir besighede kan inhou.
Submaks. (6)
Wetlik
- Sekere wette kan ʼn direkte impak √ op ʼn besigheid hê, bv. die
WVB/WBDV. √
- Wetlike/Regsvereistes vir die bedryf van sekere tipes besighede √ is
tydrowend. √
- Hoë regskostes betrokke by die verkryging van ʼn lisensie/handelsmerk/
patent √ mag sommige stigtings voorkom. √
- Regsaspekte van besigheidskontrakte √ kan besigheidsbedrywighede
beperk. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe die wetlike faktor
as ʼn element van PESTWO ʼn uitdaging vir besighede kan inhou.
Submaks. (6)
Maks. (16)
5.4 Stappe in evaluering van ʼn strategie
- Ondersoek die onderliggende basis van ʼn besigheidstrategie. √√
- Kyk vorentoe en agtertoe in die implementeringsproses. √√
- Vergelyk die verwagte prestasie met die werklike prestasie. √√
- Meet die besigheid se prestasie om sodoende die redes vir afwykings te
bepaal en te ontleed. √√
- Neem korrektiewe aksie sodat die afwykings reggestel kan word. √√
- Stel spesifieke datums vir beheer en opvolging. √√
- Stel ʼn tabel op van die voor- en nadele van ʼn strategie. √√
- Besluit op die verlangde uitkoms. √√
- Oorweeg die impak van die strategiese implementering in die interne en
eksterne omgewings van die besigheid. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die stappe wat
besighede moet oorweeg wanneer hulle strategieë evalueer.
LET WEL: Aanvaar stappe in enige volgorde.
Maks. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
5.6 Gevolgtrekking
- Die strategiese bestuursproses maak dit moontlik vir besighede om by te
bly met hul mededingers en hul markaandeel te vergroot. √√
- Besighede moet strategieë ontwikkel/formuleer of hul huidige strategieë
verander om kompeterend te wees. √√
- Besighede wat die PESTWO-analise toepas kan vinnig op eksterne druk
reageer en daarby aanpas. √√
- Die implementering van diversifikasie en intensiewe strategieë help
besighede om van onstabiele ekonomiese omstandighede te herstel. √√
- Strategie-evaluering maak dit vir besighede moontlik om op datum te bly
met veranderinge in die besigheidsomgewing. √√
- Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met intensiewe
strategieë/diversifikasie strategieë/PESTWO/strategie evaluering.
Enige (1 x 2) (2)
[40]
VRAAG 5: UITEENSETTING VAN PUNTE
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Tipes intensiewe strategieë 12
Voordele van diversifikasiestrategieë 8 Maks.
PESTWO-elemente/faktore wat ʼn 32
uitdaging vir besighede kan inhou:
o Sosiaal/Maatskaplik 16
o Tegnologies
o Wetlik
Stappe in evaluering van ʼn strategie 10
Gevolgtrekking 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2
Sintese 2 8
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
*SASO – vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 21
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
6.1 Inleiding
- Die menslikehulpbronnebestuurder (MHB) is verantwoordelik vir die
keuring en aanstelling van bekwame en vaardige werknemers. √
- Die MHB kan die beste kandidaat aanstel, as keurings- en
onderhoudvoeringprosedure deeglik toegepas is. √
- Die doel van induksie is om die nuwe werker bekend te stel aan die
pos/die nuwe werksomgewing. √
- Sommige besighede bied byvoordele bykomend tot die salarisse aan
werknemers. √
- Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die
keuringsprosedure/rol van die onderhoudvoerder tydens die
voorbereiding van ʼn onderhoud/voordele van induksie/impak van
byvoordele. Enige (2 x 1) (2)
6.2 Keuringsprosedure
OPSIE 1
- Besighede moet regverdige assesseringskriteria bepaal waarop keuring
gebaseer sal word. √√
- Gebruik die assesseringskriteria om alle CV's/aansoekvorms wat
gedurende werwing ontvang is na te gaan/Voorlopige sifting word
gedoen deur aansoeke te sorteer volgens die kriteria vir die pos. √√
- Kontroleer dat aansoekers nie vervalste dokumente, soos bv. vervalste
sertifikate/grade indien nie. √√
- Maak 'n voorlopige lys van aansoekers wat vir die pos kwalifiseer. √√
- Besighede moet referente nagaan, bv. kontroleer kriminele
rekords/krediet-agtergrond/sosiale media √√, ens.
- Hou voorlopige onderhoude om geskikte aansoekers te identifiseer. √√
- Stel alle aansoekers in kennis van die uitslag van hul aansoek. √√
- Stel ʼn kortlys van ongeveer vyf mense saam. √√
- Nooi aansoekers/kandidate wat op die kortlys is, vir ʼn onderhoud. √√
- Kandidate wat op die kortlys is, kan aan verskeie soorte toetse
onderwerp word, bv. vaardigheidstoetse √√, ens.
- ʼn Geskrewe aanbod word aan die gekose/gekeurde kandidaat gemaak. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
keuringsproses/-stappe as ʼn menslikehulpbron-aktiwiteit.
OF
OPSIE 2
- Besighede behoort dokumentasie te ontvang, bv. aansoekvorms en dit
volgens die kriteria van die pos te sorteer. √√
- Evalueer CV's en stel 'n kortlys saam/Sif aansoekers. √√
- Gaan inligting in die CV's na en kontak verwysings. √√
- Hou voorlopige siftingsonderhoude om kandidate wat nie geskik is vir
die pos nie te identifiseer – al voldoen hul aan al die vereistes. √√
- Assesseer/toets die kandidate wat vir senior posisies aansoek gedoen
het, om te verseker dat die beste kandidaat gekies word. √√
- Hou onderhoude met die kandidate wat gekortlys is. √√
- Bied werksaanbod skriftelik aan gekeurde kandidate. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
keuringsproses/-stappe as ʼn menslikehulpbron-aktiwiteit.
LET WEL: Prosedure kan in enige volgorde wees. Maks. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
6.3 Rol van die onderhoudvoerder voor ʼn onderhoud/ter voorbereiding
van ʼn onderhoud
- Die onderhoudvoerder behoort 'n kernstel vrae √, gebaseer op die
vaardighede/kennis/vermoëns wat vereis word, op te stel. √
- Behoort elke kandidaat se aansoekvorm na te gaan/CV’s te verifieer √
vir enige inligting wat meer verduideliking mag vereis. √
- Bespreek en berei die lokaal √ vir die onderhoude voor. √
- Stel die onderhoudsdatum vas √/Verseker dat alle onderhoude, sover
moontlik, op dieselfde datum plaasvind. √
- Stel al die gekortlyste kandidate in kennis van die datum √ en plek van
die onderhoud. √
- Stel die paneellede, wat die onderhoude gaan voer, √ in kennis van die
datum en plek van onderhoude. √
- Ken dieselfde hoeveelheid tyd (‘allocate’) toe √ vir elke onderhoud op
die program. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van die
onderhoudvoerder voor die onderhoud.
Maks. (12)
6.4 Voordele van induksieprogramme vir besighede
- Verhoog die gehalte √ van prestasie/produktiwiteit. √
- Help nuwe werknemers om vinniger in te skakel √ en doeltreffend te
werk. √
- Verseker dat nuwe werknemers reëls/beperkinge √ in die besigheid
verstaan. √
- Nuwe werkers kan verhoudinge met kollegas √ op verskillende vlakke
vestig. √
- Werknemers sal weet hoe lyk die organisasiestrukture, √ bv. wie is
toesighouers/laevlak-bestuurders. √
- Laat nuwe werkers meer op hul gemak in die werkplek voel, √ wat
stres/ onsekerheid/ angstigheid verminder. √
- Nuwe werkers sal hul rol/verantwoordelikhede √ rondom
veiligheidsmaatreëls beter verstaan. √
- Verminder/Beperk die behoefte √ vir deurlopende opleiding en
ontwikkeling. √
- Resultate verkry gedurende induksie, √ vorm die basis vir gefokusde
opleiding. √
- Geleenthede word vir nuwe werknemers geskep √ om die verskillende
departemente te ondersoek/ervaar. √
- Nuwe werkers sal die uitleg van die geboue/fabriek/kantore leer
ken/weet waar alles is, √ wat produksietyd kan spaar. √
- Leer meer oor die besigheid, √ sodat nuwe werknemers hul
rolle/verantwoordelikhede beter verstaan en meer doeltreffend kan
wees. √
- Maatskappybeleid, ten opsigte van gedrag en prosedures/veiligheid en
sekuriteit/indiensnemingskontrak/diensvoorwaardes/werksure/verlof √
word oorgedra. √
- Realistiese verwagtings van nuwe werknemers √ sowel as vir die
besigheid word geskep. √
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V1 23
- Nuwe werknemers kan deel van die span voel √ wat lei tot ʼn positiewe
moraal en motivering. √
- Werknemers kan ʼn beter begrip kry van besigheidsbeleid √ ten opsigte
van etiese/ professionele optrede/prosedures/KMV, √ ens.
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
induksie vir besighede.
Maks. (14)
6.5 Impak van byvoordele op besighede
Positiewe/Voordele
- Aanloklike byvoordeelpakkette √ kan lei tot hoër werknemerretensie/
verminder werknemeromset. √
- Lok gekwalifiseerde/vaardige/ervare werknemers √ wat positief kan
bydra tot die besigheid se doelstellings/doelwitte. √
- Dit verhoog werknemertevredenheid/lojaliteit √ omdat hulle bereid is om
die ekstra myl te loop. √
- Verbeter produktiwiteit √ wat lei tot hoër winsgewendheid. √
- Besighede spaar geld √ omdat byvoordele van belasting afgetrek kan
word. √
- Byvoordele kan 'n sterk faktor wees √ tydens salarisonderhandelinge. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe
impak/voordele van byvoordele.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Byvoordele is bykomende koste √ wat kan lei tot kontantvloei-
probleme. √
- Administratiewe koste verhoog √ omdat byvoordele korrek opgeteken
moet word vir belastingdoeleindes. √
- Verminder besigheidswins, √ omdat byvoordele-/pakket-/vergoedings-
koste hoër is. √
- Dit kan lei tot konflik/korrupsie √ indien dit onbillik/onregverdig toegewys
word. √
- Werknemers bly slegs by die besigheid ter wille van die byvoordele, √
en is nie altyd toegewyd /lojaal aan die taak/besigheid nie. √
- Besighede wat verskillende byvoordeelplanne bied kan ongelukkigheid
veroorsaak by diegene wat minder voordele ontvang, √ wat kan lei tot laer
produktiwiteit. √
- Besighede wat nie byvoordele kan aanbied nie √ kan nie altyd vaardige
werknemers aanlok nie. √
- Besighede moet adviseurs/regsgeleerdes betaal √ om hulle te help om
byvoordeelplanne saam te stel wat aan wetgewing voldoen. √
- Foute in voordeelplanne √ kan tot baie duur hofsake/hoë boetes lei. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe
impak/ voordele van byvoordele.
Maks. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 BESIGHEIDSTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
6.6 Gevolgtrekking
- Die doelstellings en doelwitte van besighede kan kan nie bereik word
sonder gekwalifiseerde en vaardige werknemers nie. √√
- Besighede moet geskikte/doeltreffende keuringsprosedure in plek
hê. √√
- Werknemers is die belangrikste bron in enige besigheid en hul sukses
word sterk beïnvloed deur 'n goeie seleksieproses en ʼn goed beplande
onderhoud. √√
- ʼn Goed beplande en georganiseerde onderhoudproses sal lei tot die
identifisering en aanstelling van die mees geskikte en verdienstelike
kandidaat. √√
- ʼn Goeie induksieprogram stel nuwe werknemers in staat om ʼn basiese
begrip te hê van wat in die nuwe pos/posisie verwag word. √√
- Besighede moet byvoordele versigtig beplan sodat potensiële
kandidate die voordele en nadele van aansluiting by die besigheid kan
oorweeg. √√
- Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met die
keuringsprosedure/rol van die onderhoudvoerder tydens die
voorbereiding van ʼn onderhoud/voordele van induksie/impak van
byvoordele.
Enige (1 x 2) (2)
[40]
VRAAG 6: UITEENSETTING VAN PUNTE
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Keuringsprosedure 10
Rol van die onderhoudvoerder voor die
12
onderhoud Maks.
Voordele van induksieprogramme vir 32
14
besighede
Impak van byvoordele op besighede 10
Gevolgtrekking 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2
8
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
* SASO – Vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Memo (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Memo
More from Grade 12 Business Studies

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Free State Mock 2025 QP
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)

Memorandum