Skip to content

Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paperBusiness StudiesGrade 1220209 pages

Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2020 BESIGHEIDSTUDIES V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE van die hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. TYD AFDELING VRAAG PUNTE (minute) A: Objektiewe tipe vrae 1 30 30 VERPLIGTEND B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 30 KEUSE: 3 40 30 Beantwoord enige TWEE. 4 40 30 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40 30 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1 Werkers met ʼn lae moraal kan deur die insig en persoonlikheid van … leiers geïnspireer word. A demokratiese B outokratiese C laissez-faire/vrye-teuels D charismatiese 1.1.2 ʼn Visuele aanbieding van ʼn stel verkoopsyfers wat as ʼn reeks reghoeke voorgestel word: A Lyngrafiek B Staafgrafiek C Tabel D Diagram 1.1.3 Salon Mandy se werknemers het van die …-fonds tydens die Covid-19 vlak 5-inperking geëis. A Werkloosheidsversekerings B Vergoeding vir beserings en siektes C Padongelukke D Vergoedings 1.1.4 Samewerking beteken dat die spanlede … A nie op mekaar staatmaak nie. B werk doeltreffend op hulle eie. C bereidwillig is om in die span saam te werk om doelwitte te bereik. D aanspreeklik vir hul optrede gehou word. 1.1.5 Die beginsel van die King-kode waar daar gereelde kommunikasie tussen bestuur en die belanghebbers moet wees, word na as … verwys. A deursigtigheid B verantwoordbaarheid C verantwoordelikheid D dissipline (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2020) 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. diskriminasie; nominale groep; dividende; konflik; subrogasie; bybetaling; kapitaalwins; leë stoel; inklusiwiteit; grief 1.2.1 Die gedeelte van ʼn versekeringseis wat Donald Handelaars moet betaal wanneer die besigheid die eis indien, word na as … verwys. 1.2.2 Pablo het aandele teen R10 elk van Caller Mobile twee jaar gelede gekoop. Die aandele is nou R20 werd. Hierdie opbrengs op belegging staan as … bekend. 1.2.3 Die …-tegniek verskaf bestuurders tyd om oor die vraag in stilte na te dink voordat hulle reageer. 1.2.4 Lunga kan ʼn ... aanmeld wanneer hy nie met die resolusie wat deur die senior bestuur geneem is, saamstem nie. 1.2.5 Indiensneming van mense van verskillende agtergronde, staan as … bekend. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 5 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Leierskap A werknemers maak oop teenoor mekaar en konfronteer mekaar se idees 1.3.2 Likiditeit B alternatiewe oplossings word gegenereer en krities geëvalueer 1.3.3 Herinbesitstelling C werknemers kom tot ʼn ooreenkoms en bereik konsensus 1.3.4 Besluitneming D van toepassing wanneer eiendom/ goedere onderverseker is 1.3.5 Bestorming E beheer sisteme en stelsels om die taak afgehandel te kry F alternatiewe word oorweeg voordat die beste een gekies word G bates word verkoop om krediteure te betaal as gevolg van ʼn kapitaaltekort of ʼn kontantvloeiprobleem H van toepassing wanneer eiendom/ goedere oorverseker is I inspireer personeel om mekaar te vertrou en te ondersteun J bate of sekuriteit kan vinnig gekoop of verkoop word en maklik in kontant omskep word (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2020) AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 2.1 Noem enige TWEE faktore wat in ag geneem moet word wanneer beleggingsbesluite geneem word. (2) 2.2 Identifiseer die leierskapstyl toegepas deur Mpilo (Edms.) Bpk. in ELKE geval hieronder. 2.2.1 Mpilo verseker dat werknemers versoek word om insette tydens beplanningsessies lewer. (2) 2.2.2 Werknemers word toegelaat om hul eie besluite te neem solank hulle nie die besigheid se beleid skade aandoen nie. (2) 2.2.3 Werknemers word beloon om hul teikens te bereik en gestraf indien hul nie by spertye hou nie. (2) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Mzimasi het ʼn besigheidsperseel ter waarde van R500 000 gekoop en het dit vir R200 000 verseker. ʼn Brand het ʼn gedeelte van die eiendom ter waarde van R50 000 verwoes. 2.3.1 Noem die versekeringsklousule wat op die scenario hierbo van toepassing is. (2) 2.3.2 Bereken die bedrag wat Mzimasi van die versekeraar as vergoeding sal ontvang. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.4 Verduidelik TWEE soorte voorkeuraandele. (6) 2.5 Bespreek die belangrikheid van versekering aan besighede. (6) 2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Lynnette het R50 000 van haar oorlede moeder se boedel geërf. Sy het besluit om die geld in ʼn vaste deposito by Safe Bank teen 12% saamgestelde jaarlikse rente oor ʼn tydperk van twee jaar te belê. 2.6.1 Definieer ʼn vaste deposito as ʼn tipe belegging. (2) 2.6.2 Bereken die bedrag rente wat Lynnette na twee jaar sal ontvang. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.7 Stel ʼn situasie in die werkplek voor waar die outokratiese leierskapstyl toegepas kan word. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 7 VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE 3.1 Noem VIER komponente van Korporatiewe Maatskaplike/Sosiale Verantwoordelikheid (KMV/KSV). (4) 3.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KONING SAAGMEULE (KSM) Koning Saagmeule vervaardig huishoudelike en industriële hout. KSM het 50 werknemers in diens en gereelde mediese ondersoeke word uitgevoer. Daar word op ʼn daaglikse basis na die gesondheid van werknemers omgesien. KSM verskaf ook veiligheidsopleiding aan werknemers om ongelukke te voorkom. 3.2.1 Identifiseer TWEE rolle van die gesondheids- en veiligheids- verteenwoordigers vanuit die bostaande scenario. (2) 3.2.2 Verduidelik die verantwoordelikhede van werknemers om menslike gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder. (6) 3.3 Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek. (6) 3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MOZE & JOE ONTGINNING (MJO) ʼn Tender is aan Moze en Joe toegeken vir die ontginning van natuurlike gasse langs die suidoos-kus en die Karoo. Moze stel daarin belang om ʼn paneel van deskundiges uit te nooi om die impak van die projek op die omgewing te evalueer, terwyl Joe al die dryf- en remkragte wil lys. 3.4.1 Identifiseer TWEE probleemoplossingstegnieke wat deur MJO toegepas is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 3.4.1 te beantwoord. PROBLEEMOPLOSSINGSTEGNIEK MOTIVERING 1. 2. (6) 3.4.2 Bespreek die voordele van EEN van die probleemoplossings- tegnieke in VRAAG 3.4.1 geïdentifiseer. (4) 3.5 Beskryf hoe besighede die dinkskrumtegniek kan toepas om komplekse sakeprobleme op te los. (4) 3.6 Stel maniere voor waarop besighede moeilike werknemers in die werkplek kan hanteer. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 BESIGHEIDSTUDIES V2 (EC/SEPTEMBER 2020) VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSGELEENTHEDE 4.1 Gee enige TWEE voorbeelde van nieverbale aanbiedinge. (2) 4.2 Identifiseer die tipe belegging wat deur GG Ingenieurs in elke stelling hieronder beskryf, gebruik is. 4.2.1 GG Ingenieurs het ʼn minimum van R1 000 teen ʼn vaste koers in die fonds met gewaarborgde opbrengste, geen risiko verbonde, belê. 4.2.2 GG Ingenieurs het in ʼn kombinasie van verskillende aandele en sekuriteite belê wat deur ʼn fondsbestuurder bestuur word. (4) 4.3 Beskryf kortliks die funksies van die Johannesburg Sekuriteit/Effektebeurs (JSE). (4) 4.4 Bespreek die volgende beginsels van versekering: 4.4.1 Skadeloosstelling/Indemnifikasie (4) 4.4.2 Sekuriteitstelling/Sekerheid (4) BESIGHEIDSROLLE 4.5 Klassifiseer ELKE geval hieronder of dit ʼn onetiese of onprofessionele sakepraktyk voorstel. 4.5.1 Die verkoopsverteenwoordiger van Queen Holdings speel rekenaarspeletjies tydens werkstyd. (2) 4.5.2 Power Wiele adverteer tweedehandse bande as nuut. (2) 4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. EKHAYA BOS SAFARI’S (EBS) Vusi is die menslike-hulpbronnebestuurder van Ekhaya Bos Safari’s. EBS het Kate, Judy en Simon as kelners in diens geneem. Vusi hou nie van Simon nie en behandel hom anders as die twee vroulike werknemers. Hy ontmoet selde met sy werknemers om terugvoering te gee. Simon is ongelukkig en is van voorneme om te bedank. 4.6.1 Haal TWEE oorsake van konflik uit die scenario hierbo aan. (2) 4.6.2 Gee EBS raad oor hoe hulle konflik in die werkplek moet hanteer. (8) 4.7 Verduidelik die implikasies van gelykheid, respek en waardigheid op besighede. (4) 4.8 Bespreek die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) BESIGHEIDSTUDIES V2 9 AFDELING C Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op die vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy of VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (AANBIEDING) Lindy, Hoof Uitvoerende Beampte (CEO) van Afrika Minerale Bpk., beplan om ʼn aanbieding by ʼn besigheidskonferensie te maak. Sy berei PowerPoint-skyfies en inligtingstukke voor om haar aanbieding te ondersteun. Sy is nie iemand wat daarvan hou om in die openbaar te praat nie en het ʼn gebrek aan selfvertroue in die beantwoording van vrae wat deur die gehoor gestel word. Met verwysing na die scenario hierbo, skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte:  Beskryf kortliks die aspekte wat Lindy met die ontwerp van ʼn multimedia aanbieding moet oorweeg.  Verduidelik die faktore wat Lindy tydens die aanbieding in ag moet neem.  Bespreek die voordele van PowerPoint-skyfies en inligtingstukke as tipes visuele hulpmiddels.  Gee Lindy raad oor hoe om na ʼn aanbieding op vrae te reageer. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID, KMV EN KMI) Suid-Afrika beleef talle sosio-ekonomiese kwessies wat al sy burgers raak. Baie besighede probeer hierdie uitdagings oplos deur hul tyd, geld en vaardighede in sosiale programme te belê deur korporatiewe maatskaplike/sosiale investering (KMI/KSI). Korporatiewe maatskaplike/sosiale verantwoordelikheid moedig besighede aan om aan die vereistes van drievoudige sleutelaspekte (‘triple bottom line’) te voldoen. Hou die stelling hierbo in gedagte en skryf 'n opstel oor die volgende aspekte:  Beskryf kortliks die doel van KMI/KSI.  Verduidelik die verband tussen maatskaplike/sosiale verantwoordelikheid en drievoudige sleutelaspekte (‘triple bottom line’).  Evalueer die impak van KMI/KSI op besighede.  Stel maniere voor waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die welstand van werknemers te bevorder. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Business Studies

View all