Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2020
10722
BESIGHEIDSTUDIES
VRAESTEL 2
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
10 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2020 papers %202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)


_hlayiso.com_--10a36d86-fe0f-4bff-a3ec-ec22a272ef6c/v1-0f7c30d7d37453bd1092/card.webp)


View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 279.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Gauteng Mock Exam 2020
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 2
(Vraestel 2) 10722/20
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae wat in AFDELING B beantwoord is en
die EERSTE vraag wat in AFDELING C beantwoord is, sal gemerk word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van
ʼn antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke
vraag beantwoord.
AFDELING VRAAG PUNTE Tyd (min.)
A: Objektiewe tipe vrae
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 35
KEUSE: 3 40 35
Beantwoord enige TWEE. 4 40 35
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30
KEUSE:
6 40 30
Beantwoord enige EEN.
TOTAAL 150 120 minute
7. Begin die antwoord vir ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens.
8. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 3
(Vraestel 2) 10722/20
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Lewensversekering vorm deel van … versekering.
A. nie-verpligte
B. verpligte
C. brand
D. nie- en verpligte versekering
1.1.2 Piet het die … leierskapstyl toegepas deur sy werknemers aan
besluitneming te laat deelneem.
A. transaksionele
B. demokratiese
C. outokraties
D. laissez-faire-/vryeteuels
1.1.3 … fokus op die instandhouding van die besigheid se reputasie.
A. Etiese gedrag
B. Korporatiewe bestuur
C. Dissiplinêre aksie
D. Professionalisme
1.1.4 Watter van die volgende stellings is nie ʼn strategie om moeilike
werkers te hanteer nie?
A. Vra iemand met gesag vir hul insette in die situasie.
B. Moenie die persoon oordeel nie.
C. Instruksies moet gegee word.
D. Hanteer mense met respek.
1.1.5 Gelyke betaling vir werk van gelyke waarde is ʼn voorbeeld van
die … regte van werknemers.
A. kulturele
B. sosiale
C. mense
D. ekonomiese
(5 x 2) (10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 4
(Vraestel 2) 10722/20
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te
gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5)
in die ANTWOORDBOEK neer.
vaste deposito’s; belasting ontduiking; besluitneming; Johannesburgse
sekuriteitebeurs; prospektus; skuldbrief; belasting vermyding;
probleemoplossing; Nasionale Tesourie van Suid-Afrika; aftree annuïteite
1.2.1 Die … gee klein beleggers ʼn kans om deel te wees van die land se
ekonomie.
1.2.2 Maatskappye leen kapitaal van die publiek deur ʼn … uit te reik.
1.2.3 ʼn Belegger kan slegs geld onttrek uit ʼn … as hy/sy ʼn sekere
ouderdom bereik het.
1.2.4 Besighede wat nie al hul inkomste aan die SAID verklaar nie, met
die doel om minder belasting te betaal, kan beboet word vir …
1.2.5 ʼn Senior bestuurder oorweeg bestaande alternatiewe en besluit op
die beste oplossing. Dit is ʼn voorbeeld van …
(5 x 2) (10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 5
(Vraestel 2) 10722/20
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A – j) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK
neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Staafgrafiek A. Besighede moet omsien na die welstand van
die werkers.
1.3.2 Herinbesitstelling B. Aandeelhouers ontvang ekstra dividende vir
die maatskappy se goeie prestasie.
1.3.3 Stigtersaandele C. ʼn Stel data wat sistematies voorgestel word,
veral in kolomme.
1.3.4 Verantwoordelikheid D. Vergoedingswaarde sal hoër wees as die
markwaarde van ʼn bate wanneer ʼn eis
ingestel word.
1.3.5 Inklusiwiteit E. Aandeelhouers word vergoed vir die stigting
van die maatskappy.
F. ʼn Stel verkoopsdata wat voorgestel word as
ʼn reeks reghoeke
G. Vergoedingswaarde sal nie hoër wees as die
markwaarde van ʼn bate wanneer ʼn eis
ingestel word.
H. Besighede moet programme ontwikkel wat
daarop gerig is om gemeenskappe te
beskerm.
I. Gelyke werksgeleenthede word aan almal
gegee ongeag ras, geslag, geloof, ens.
J. Voorheen benadeelde persone ontvang
voorkeurbehandeling as hulle aansoek doen
vir werk.
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 6
(Vraestel 2) 10722/20
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2
op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Brei uit oor die betekenis van versekering. (4)
2.2 Identifiseer die leierskapstyl wat deur Vusi Handelaars in ELKE geval
hieronder toegepas word.
2.2.1 Vusi Handelaars laat hulle werknemers besluite neem oor hulle eie
werks-metodes aangesien die werkers kundiges is.
2.2.2 Belonings word gegee aan werkers wat hulle teikens bereik. (4)
2.3 Bespreek die situasionele leierskapsteorie. (4)
2.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Peter het R50 000 gespaar oor ʼn tydperk van vyf jaar. Hy wil hierdie bedrag
in ʼn veilige, lae-risiko beleggingsopsie belê met ʼn gewaarborgde opbrengs
waar geen koste, fooie of kommissie betaalbaar is nie.
2.4.1 Identifiseer die soort belegging wat aan Peter se beleggingsvereistes
sal voldoen. (2)
2.4.2 Analiseer die impak van die soort belegging wat in VRAAG 2.4.1
geïdentifiseer is op beleggers. (6)
2.5 Verduidelik die verskille tussen ʼn privaat maatskappy en ʼn publieke
maatskappy. (8)
2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Thandi het R7 000 in ʼn fleksie-depositorekening by ʼn bank vir twee jaar belê
teen 9% rente, jaarliks saamgestel.
Bereken die rentebedrag wat Thandi na 2 jaar sal ontvang.
Toon al jou berekeninge. (4)
2.7 Bespreek die volgende faktore wat oorweeg moet word wanneer
beleggingsbesluite geneem word.
2.7.1 Opbrengs op belegging (4)
2.7.2 Inflasiekoers (4)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 7
(Vraestel 2) 10722/20
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Noem enige TWEE menseregte in die werkplek. (2)
3.2 Identifiseer die stadiums van spanontwikkeling wat in ELKE stelling hieronder
van toepassing is.
3.2.1 Individue versamel inligting oor die omvang van die taak en hoe om
die taak te benader.
3.2.2 Spanlede kom tot ʼn ooreenkoms en bereik konsensus.
3.2.3 Alle take moet afgehandel word voordat die span finaal ontbind. (6)
3.3 Verduidelik die oorsake van konflik in die werkplek. (6)
3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
CLEARVIEW VERVAARDIGERS (CV)
Clearview Vervaardigers produseer persoonlike beskermingstoerusting vir
klein besighede. CV ondervind ʼn daling in verkope as gevolg van ʼn gebrek
aan toewyding van die werkers om gehalte produkte te produseer. CV het ʼn
paneel kundiges genader om hulle probleem op te los.
3.4.1 Noem die probleemoplossingstegniek wat CV in die bostaande
scenario gebruik het. (2)
3.4.2 Bespreek die voordele van die probleemoplossingstegniek soos
geïdentifiseer in VRAAG 3.4.1. (4)
3.5 Onderskei tussen korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV/KSV)
en korporatiewe maatskaplike investering (KMI/KSI). (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 8
(Vraestel 2) 10722/20
3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
EASY SKRYFBEHOEFTE VERSKAFFERS (ESV)
Easy Skryfbehoefte Verskaffers het Edith en Zama as toesighouers in
verskillende departemente aangestel. Edith weier om instruksies van senior
bestuur te aanvaar aangesien sy voel dat sy genoeg ervaring het en weet wat
van haar verwag word. Zama maak altyd beloftes wat sy nie kan nakom nie.
Identifiseer die tipes moeilike persoonlikhede wat deur Edith en Zama getoon
word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn om VRAAG 3.6. te beantwoord.
WERKNEMERS TIPE MOEILIKE PERSOONLIKHEID MOTIVERING
Edith
Zama
(6)
3.7 Stel DRIE maniere voor waarop besighede tot die welstand van werkers kan
bydra. (6)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 9
(Vraestel 2) 10722/20
VRAAG 4: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Lys DRIE tipes voordele wat deur die Werkloosheidsversekeringsfonds
(WVF) aangebied word. (3)
4.2 Bespreek in breë trekke enige TWEE faktore wat oorweeg moet word deur ʼn
aanbieder vir sy/haar volgende aanbieding . (4)
4.3 Verduidelik sekuriteitstelling/sekerheid as ʼn beginsel van versekering. (4)
4.4 Verduidelik die voordele van ʼn Maatskappy in Staatsbesit (MSB). (4)
4.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MANANA GASTEHUIS (MG)
Musa, die eienaar van Manana Gastehuis het ʼn positiewe gesindheid. Hy
weet ook dat daar altyd nog iets is om te leer.
4.5.1 Haal EEN rol van persoonlike ingesteldheid in suksesvolle leierskap
aan wat deur Musa getoon word. (1)
4.5.2 Adviseer Musa oor enige TWEE ander rolle van persoonlike
ingesteldheid in suksesvolle leierskap. (4)
BESIGHEIDSROLLE
4.6 Identifiseer die tipes onetiese en onprofessionele besigheidspraktyke wat
deur Manchester Matte gepleeg word in ELK van die stellings hieronder.
4.6.1 Werknemers laai musiek en films af op die onderneming se internet.
4.6.2 Alex, die bestuurder, belowe Elsie, een van die werknemers, ʼn
verhoging as sy instem om ʼn intieme verhouding met hom te hê.
4.6.3 Die besigheid bemark die verkoop van matte met skoonmaakmiddels.
Hierdie skoonmaakmiddels word dan uitgesluit wanneer klante die
matte koop. (6)
4.7 Verduidelik hoe die King-Kode-beginsel van verantwoordbaarheid/
aanspreeklikheid deur besighede toegepas behoort te word om goeie
korporatiewe bestuur te verseker. (4)
4.8 Beskryf die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (4)
4.9 Bespreek die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer. (6)
[40]
TOTAAL AFDELING B 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 10
(Vraestel 2) 10722/20
AFDELING C
Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op DIE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op
’n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ’n NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (AANBIEDING EN DATA-RESPONS)
Sam, die eienaar van SS Konsultasie, wil ʼn aanbieding maak van sy onderneming se
finansiële state vir potensiële beleggers. Sam het ʼn multimedia aanbieding ontwerp
deur van ʼn ‘PowerPoint’-skyfievertoning gebruik te maak en sal ook uitdeelstukke
beskikbaar stel aan die einde van sy aanbieding. Sam kon nie professioneel op vrae
reageer aan die einde van sy aanbieding nie.
Skryf ʼn opstel oor aanbieding en data-respons waarin jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf in breë trekke die aspekte wat Sam moet oorweeg wanneer ʼn multimedia-
aanbieding ontwerp word.
• Verduidelik die faktore wat Sam gedurende sy aanbieding in gedagte moet hou.
• Evalueer die impak van ‘PowerPoint’-aanbiedings en uitdeelstukke as tipes
visuele hulpmiddele.
• Gee advies aan Sam hoe om vrae op ʼn professionele en nie-aggressiewe manier
te beantwoord. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (DIVERSITEIT EN OMGEWINGSKWESSIES)
Baie ondernemings bestaan uit ʼn diverse arbeidsmag, wat vereis dat daar strategieë
ontwikkel moet word om verskillende diversiteitskwessies te hanteer. As hierdie
kwessies reg hanteer word kan besighede die voordele van ʼn diverse arbeidsmag
benut. Besighede wys gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers aan om die
omgewing en menslike gesondheid in die werkplek te beskerm.
Skryf ʼn opstel oor diversiteit en omgewingskwessies waarin die volgende aspekte
ingesluit word:
• Beskryf in breë trekke die voordele van diversiteit in die werkplek.
• Verduidelik hoe besighede die volgende diversiteitskwessies in die werkplek kan
hanteer.
o Ras
o Taal
o Ouderdom
• Beskryf maniere waarop ondernemings die omgewing kan beskerm en menslike
gesondheid kan bevorder.
• Adviseer ondernemings oor die rol van die gesondheids- en
veiligheidsverteenwoordigers om die werksomgewing te beskerm. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 Memo (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)
_hlayiso.com_--10a36d86-fe0f-4bff-a3ec-ec22a272ef6c/v1-0f7c30d7d37453bd1092/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Eng)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2020 Memo

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum