Downloaded from hlayiso.com
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2020
NASIENRIGLYNE
BESIGHEIDSTUDIES VRAESTEL 1 (10721)
28 pages
1
You're offline
Skip to contentMemorandum 







View all%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)


Grade 12 NSC Business Studies P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers_hlayiso.com_.pdf
Business Studies · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 28 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 28
- File size
- 370.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 28
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
NOTAS AAN NASIENERS
INLEIDING
Die notas aan nasieners word voorsien vir gehalteversekeringsdoeleindes om die volgende te
verseker:
(a) Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die standaard van nasien
(b) Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
(c) Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum nasieners oor die
hele provinsie
(d) Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak by
skole/onderwysinstellings
1. Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal
egter van die aard van die vraag afhang.
2. Omvattende nasienriglyne word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
Behoorlike oorweging moet gegee word aan ʼn antwoord wat korrek is, maar:
• ʼn Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyne gegee word
• Uit ʼn ander bron kom
• Oorspronklik is
• ʼn Ander benadering gebruik
LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.
3. Neem kennis van ander verwante antwoorde wat deur kandidate verskaf word
en ken punte dienooreenkomstig toe. (In die geval waar die antwoord
onduidelik is of ʼn mate van begrip aandui, moet deelpunte toegeken word,
byvoorbeeld een punt in plaas van die maksimum van twee punte.)
4. Die woorde 'subtotaal' of 'submaks' word gebruik om die toekenning van punte
binne ʼn vraag of subvraag te vergemaklik.
5. Die doel daarvan om punte (gelei deur 'maks' in die uiteensetting van die punte)
aan die regterkant te omkring is om konsekwentheid en akkuraatheid te
verseker met die nasien van die skrifte asook met berekeninge/moderering.
6. Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die
subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte wat aan die einde van
elke vraag verskyn. Dit moet deur 'maks' in die nasienriglyne/uiteensetting van
punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet BINNE die
linkerkantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.
7. In ʼn indirekte vraag moet die teorie sowel as die antwoord tersaaklik wees en
verband hou met die vraag.
8. Foutiewe nommering van antwoorde in Afdeling A en B sal streng gepenaliseer
word, daarom word korrekte nommering in alle afdelings sterk aanbeveel.
9. Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui
aan met ʼn 'H' of 'R'.
10. Die verskil tussen 'evalueer' en 'kritiese evaluering' kan soos volg verduidelik
word:
2
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
10.1 Wanneer 'evalueer' gevra word, word daar van kandidate verwag om
te antwoord op óf ʼn positiewe/negatiewe manier óf om ʼn neutrale
(positiewe en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: 'COIDA
verminder tyd en koste wat spandeer word √ op lang siviele
hofgedinge.'√
10.2 Wanneer 'kritiese evaluering' gevra word, word daar van kandidate
verwag om te antwoord op óf ʼn positiewe/negatiewe manier óf om ʼn
neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie
geval word van kandidate ook verder verwag om hulle antwoorde te
ondersteun met dieper insig, bv. 'COIDA verminder tyd en koste wat
spandeer word√ op lang siviele hofgedinge√, want die werkgewer sal
nie verantwoordelik wees om vergoeding aan die werknemer te
betaal as beserings opgedoen is tydens werksure nie, solank as wat
die besigheid kan bewys dat hy nie agterlosig was nie.'√
LET WEL: 1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op 'ontleed'.
2. Let op die plasing van die merkie(√) in die toekenning van
punte.
11. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag,
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyne en
die konteks van elke vraag.
Kognitiewe werkwoorde, soos:
11.1 Adviseer, noem, beskryf in breë trekke, motiveer, aanbeveel, stel
voor, (lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte in
kandidate se antwoorde nie. Die uiteensetting van punte vir elke
stelling/antwoord sal dus aan die einde daarvan verskyn.
11.2 Beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, vergelyk, onderskei/toon
verskille/differensieer, regverdig, ontwerp, ontwikkel, ontleed,
evalueer, evalueer krities (lys nie volledig nie) vereis meer
diepgaande begrip, toepassing en beredenering. Die punte moet dus
meer objektief toegeken word om te verseker dat assessering
volgens die vasgestelde norme geskied, sodat eenvormigheid,
konsekwentheid en regverdigheid behaal kan word.
12. Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord
aangebied het in AFDELING B en C vrae wat een antwoord vereis.
3
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
13. AFDELING B
13.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE
VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui dit aan deur ʼn
lyn deur die onnagesiende gedeelte te trek en gebruik die woord 'MAKS'.
LET WEL: Dit is slegs van toepassing waar die getal feite gespesifiseer word.
13.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die
kandidaat. Punt 13.1 geld steeds.
13.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde/menings te
gee, beredeneer dit by die nasiensentrum ten einde die alternatiewe antwoorde
te finaliseer.
13.4 Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:
13.4.1 Waar die getal feite wat vereis dat kandidate moet
'verduidelik/bespreek/beskryf', gespesifiseer is, sal dit soos volg
nagesien word:
• Feit 2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyne)
• Verduideliking 1 punt
Die 'feit' en 'verduideliking' word apart in die nasienriglyne gegee om
die toekenning van punte te vergemaklik.
13.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet
puntetoekenning gelei word deur die aard van die vraag en die
maksimum punte in die nasienriglyne toegeken.
13.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te herroep,
wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal word uit ʼn
scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing op AFDELING B en
C (waar van toepassing).
14. AFDELING C
14.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:
Inleiding
Maksimum:
Inhoud
32
Slot
Insig 8
TOTAAL 40
4
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
14.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:
Struktuur/Uitleg Is daar ʼn inleiding, inhoud en ʼn gevolgtrekking? 2
Ontleding en Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub- 2
vertolking opskrifte te ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip van
wat gevra word, getoon word?
Sintese Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat op die 2
vrae gebaseer is?
Punte toegeken volgens die onderstaande gids:
Geen relevante feite: 0 (Twee '-S')
ʼn Paar relevante feite: 1 (Een '-S')
Slegs relevante feite: 2 (Geen '-S')
Opsie 1: Waar ʼn kandidaat 50% of meer van die vraag met
slegs relevante feite beantwoord het, verskyn geen
'-S' in die linkerkantlyn nie. Ken die maksimum van
TWEE (2) punte vir sintese toe.
Opsie 2: Waar ʼn kandidaat minder as 50% van die vraag
met slegs OF ʼn paar relevante feite beantwoord
het, verskyn een “-S' in die linkerkantlyn. Ken ʼn
maksimum van EEN (1) punt vir sintese toe.
Opsie 3:Waar ʼn kandidaat minder as 50% van die vraag
met geen relevante feite beantwoord het, verskyn
twee '-S' in die linkerkantlyn. Ken ʼn NULPUNT toe
vir sintese.
Oorspronklikheid Is daar bewyse van voorbeelde, aktuele inligting, huidige 2
neigings en ontwikkelings?
TOTAAL VIR INSIG: 8
TOTAAL VIR FEITE:
TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 32
40
LET WEL: 1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal word
uit die inleiding en gevolgtrekking nie.
2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie voorkom nie.
3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte
INLEIDING en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur ʼn
verduideliking ondersteun word nie.
14.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met ʼn simbool, bv. ('S, A, -S en/of O').
5
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
14.4 Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde
antwoord/nasienriglyne vir elke vraag aangedui.
14.5 Sien alle relevante feite na totdat die SUB-MAKS/MAKS punte vir elke onder-
afdeling behaal is. Skryf 'SUB-MAKS'/'MAKS' nadat maksimum punte behaal
is.
14.6 Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en punte
vir insig soos volg aan: S – Struktuur, A – Analise, S – Sintese, O –
Oorspronklikheid.
Soos in die tabel hieronder aangedui.
INHOUD PUNTE
Feite 32 (maks.)
S 2
A 2
S 2
O 2
TOTAAL 40
14.7 Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die submaksimum
wat aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde subopskrifte gebruik nie.
Onthou opskrifte en subopskrifte word aangemoedig en dra by tot insig
(struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui duidelikheid van denke aan.
(Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)
14.8 Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/vertolk, kry hy/sy
steeds punte vir uitleg/struktuur.
14.9 Indien ʼn ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat
antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die
puntetoekenning/subopskrifte soos aangedui in die nasienriglyne.
14.10 14.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir
frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.
14.10.2 Met ingang November 2015, sal die TWEE punte nie noodwendig
aan die einde van elke voltooide sin getoon word nie. Punte (√) sal
geskei wees en langs elke feit aangedui word, bv.
'Produkontwikkeling is ʼn groeistrategie/waar ondernemings poog
om nuwe produkte√ in bestaande markte bekend te stel.' √
Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, gelei word.
14.11 Met ingang November 2017, sal die maksimum van TWEE (2) punte vir feite
in die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke vraag geld
nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.
6
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 C√√
1.1.2 D√√
1.1.3 B√√
1.1.4 A√√
1.1.5 D√√
(5 x 2) (10)
1.2 1.2.1 Regstellende Aksie√√
1.2.2 Frontering√√
1.2.3 Werwing √√
1.2.4 Bestuur √√
1.2.5 Stukwerk √√
(5 x 2) (10)
1.3 1.3.1 G√√
1.3.2 J√√
1.3.3 A√√
1.3.4 C√√
1.3.5 I√√
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG PUNTE
1.1 10
1.2 10
1.3 10
TOTAAL 30
7
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
AFDELING B
Merk slegs die EERSTE TWEE vrae.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Pilare van BBSEB
- Bestuurbeheer√
- Eienaarskap√
- Verskaffer en onderneming ontwikkeling√
- Vaardigheidsontwikkeling√
- Sosio-ekonomiese ontwikkeling/sosiale verantwoordelikheid √ (5 x 1) (5)
LET WEL: Merk slegs die eerste VYF (5).
2.2 Soorte diversifikasie strategieë
- Konsentries√
- Horisontale√
- Konglomoraat√ (3 x 1) (3)
LET WEL: Merk slegs die eerste DRIE (3)
2.3 Wetgewing
2.3.1 Diskriminerende optredes volgens die WOBD vanuit die
scenario
- Guan, die bestuurder, het slegs ʼn geldige mediese
sertifikaat aanvaar van Gail af, een van die werknemers wat
af siek was. √
- Jane was ook af siek maar haar geldige mediese sertifikaat
was nie aanvaar nie. √
- Guan het ook verhoed dat van die werknemers toegang het
tot hul indiensnemings kontrakte. √
LET WEL: 1 Ken slegs punte toe vir antwoorde wat
uit die scenario aangehaal is
2 Merk slegs die eerste TWEE (2) (2 x 1) (2)
2.3.2 Maniere waarop besighede kan voldoen aan die WBD
- Werkers moet slegs 9 uur per dag √ werk in ʼn 5 dae
werksweek. √/8 uur per dag √ in ʼn 6 dae werksweek.
√/Oortyd moet nie meer as 10 uur √ per week wees nie. √
- Werkers kan tot ses weke betaalde siekverlof kry √
gedurende ʼn siklus van 36 maande. √
- Werkers moet dubbel kry √ as hulle werk tydens openbare
vakansiedae/Sondag. √
- Hulle moet ʼn breek van 60 minute hê na vyf ure se werk. √
- Besighede moet nie kinders onder die ouderdom van 16 √
in diens neem nie. √
Enige ander relevante antwoord wat met hoe die bestuur van
NS die WBDV kan nakom Maks
(6)
8
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
2.4 Porter se Vyf Magte
2.4.1 Mag van mededingers
- Indien mededingers unieke produkte/dienste lewer√, sal
hulle ʼn groter mag hê.√
- ʼn Besigheid met baie mededingers in dieselfde mark√ het
baie min mag/krag in sy mark √
- Besighede moet ʼn mededingersprofiel saamstel√, om hul
eie mag/krag en dié van die mededingers te kan bepaal.√
- Sommige mededingers het genoeg hulpmiddele om
prysoorloë te begin√ en kan aanhou om teen ʼn verlies te
verkoop totdat ander mededingers die mark verlaat het.√
Enige ander relevante antwoord wat met die mag/krag van
mededingende wedywering/mededingers verband hou
Maks (4)
2.4.2 Bedreiging van substitusie
- Indien die besigheid se produkte maklik vervangbaar is√,
sal dit die besigheid se posisie in die mark
verswak/verminder.√
- Besighede behoort vas te stel of die verkopers van
substituutprodukte dit verbeter het√ of laer gehalte produkte
teen laer pryse verkoop.√
- Unieke produkte√ sal nie bedreig word deur
substituutprodukte nie.√
- Besighede moet vasstel√ of klante redes het om
substituutprodukte/-dienste te gebruik.√
Enige ander relevante antwoord wat met die
bedreiging/bedingingsmag van substitute/alternatiewe
verband hou Maks (4)
2.5 Besigheids strategieë
2.5.1 Mark penetrasie√√ (2)
2.5.2 Voordele van intensiewe strategieë
- Verhoging in verkope/inkomste√ en winsgewendheid√
- Gereelde verkope aan bestaande klante√ kan verhoog.√
- Verkry klante se lojaliteit√ deur effektiewe
promosieveldtogte.√
- Beter dienslewering√ kan lei tot ʼn positiewe impak
op/verhoging in verkope.√
- Vermindering in pryse kan klante beïnvloed om meer
produkte te koop.√
- Besighede kan meer beheer hê√ oor die pryse van
produkte/dienste.√
Enige ander relevante antwoord wat met die voordele van
intensiewe strategieë verband hou Maks (6)
9
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
2.6 Toepassing van die strategiese bestuursproses
Opsie 1
₋ ʼn Duidelike visie, missieverklaring en meetbare/realistiese doelwitte in ple
te hê.√√
- Identifiseer geleenthede/swakpunte/sterkpunte/bedreigings deur
omgewingsverkenning/situasionele analise te doen. √√
- Hulpbronne/Middele beskikbaar vir omgewingsverkenning kan ʼn SWOT
analise/Porter se vyf magte (kragte) model/PESTLE analise/industriële
analise gereedskap insluit. √√
- Formuleer alternatiewe strategieë om op die uitdagings te reageer.√√
- Ontwikkel (ʼn) aksieplan(ne) wat die take wat gedoen moet word/spertye
wat behaal moet word/hulpbronne wat verkry moet word, ens. insluit.√√
- Implementeer die gekose strategieë deur dit aan alle die belanghebbendes
te kommunikeer/organiseer die besigheid se hulpbronne/motiveer die
personeel.√√
- Evalueer/monitor/meet strategieë deurgans ten einde regstellende aksie te
neem√√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die uitvoering van
die strategiese bestuurproses.
OF
Opsie 2
- Hersien die visieverklaring.√√
- Ontleed/Hersien die missieverklaring.√√
- Doen ʼn omgewewings skandering deur gebruik te maak van modelle soos
PESTWO/PORTER/SSGB. √√
- Formuleer ʼn strategie, soos ʼn verdedigende/afleggingstrategie.√√
- Implementeer ʼn strategie, deur ʼn templaat soos ʼn aksieplan te gebruik.√√
- Beheer/Evalueer/Moniteer die geïmplementeerde strategie om
gapings/afwykings in die implementering te identifiseer.√√
- Neem regstellende stappe om te verseker dat doelstellings/doelwitte bereik
word.√√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die toepassing van
die strategiese bestuurproses
LET WEL: Die stappe mag in enige volgorde wees. Maks (8)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG PUNTE
2.1 5
2.2 3
2.3.1 2
2.3.2 6
2.4.1 4
2.4.2 4
2.5.1 2
2.5.2 6
2.6. 8
TOTAAL 40
10
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Voorbeelde van byvoordele
₋ Mediese Fonds/Gesondheidsversekeringsfonds√
₋ Pensioen fonds√
₋ Voorsorgfonds√
₋ Begrafnisvoordele√
₋ Motor/Reis/Behuising/Selfoon/Klere toelae√
₋ Prestasiegebaseerde aansporings√
₋ Uitreiking van bonus aandele√
₋ Personeel afslag/Gratis of lae koste maaltyd/Kantien fasiliteite√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met voorbeelde van
byvoordele
LET WEL: merk sleg die eerste DRIE (3). (3 x 1) (3)
3.2 Werwings metode vanuit die scenario
3.2.1 Interne werwing √√ (2)
Motivering: Value Handelaars het ʼn vakante pos geadverteer
vir ʼn administratiewe assistant op hul kennisgewing borde.√ (1)
LET WEL: Ken geen punte toe vir die motivering as die
werwings metode verkeerd geïdentifiseer is
nie. Maks (3)
3.2.2 Voorbeelde van posbeskrywing en posspesifikasie
aangehaal vanuit die scenario
POSBESKRYWING POSSPESIFIKASIE
1. Bestuur en verspreiding van 1. Uitstekende rekenaar vaardighede
informasie √
√
2. Fone te beantwoord en die neem van 2. Goeie interpersoonlike
notules√ verhoudinge√
Submaks (2) Submaks (2)
LET WEL: 1 Die voorbeelde moet duidelik verband hou
met posbeskrywing en pos spesifikasie.
2 Die voorbeelde kan in enige orde wees
solank hul verband hou met die regte konsep
3 Ken slegs punte toe vir antwoorde wat vanuit
die scenario aangehaal is. Maks (4)
11
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
3.3 Rol van die onderhoudvoerder voor die voorbereiding vir ʼn
onderhoud
₋ Bespreek en berei die lokaal√ vir die onderhoude voor.√
₋ Stel al die gekortlyste kandidate in kennis√ van die datum en plek
van die onderhoud.√
₋ Stel die onderhoudsdatum vas√ en verseker dat alle onderhoude,
sover moontlik, op dieselfde datum plaasvind.√
₋ Stel die paneellede, wat die onderhoude gaan voer, in kennis√ van
die datum en plek van onderhoude.√
₋ Die onderhoudvoerder behoort ʼn kernstel vrae√, gebaseer op die
vaardighede/kennis/vermoëns wat vereis word, op te stel.√
₋ Sy behoort elke kandidaat se aansoekvorm na te gaan/lees om CVs
te verifieer√ vir enige inligting wat meer verduideliking mag vereis.√
₋ Beplan die program vir die onderhoud√ en bepaal die tyd wat aan
elke kandidaat toegewys moet word.√
₋ Allokeur dieselfde tyd in die onderhoud aan elke kandidaat √ wat op
die program is. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van die
onderhoudvoerder wanneer vir die onderhoud voorberei word
Maks (4)
3.4 Voordele van induksie vir die besigheid
- Verhoog die kwaliteit √van prestasie/produktiwiteit. √
- Laat nuwe werknemers toe om vinnig te vestig√ en effektief te
werk. √
- Verseker dat nuwe werknemers reëls en beperkings√ in die
besigheid ken. √
- Nuwe werknemers kan verhoudings√ met mede-werknemers op
verskillende vlakke vestig.√
- Werknemers sal vertroud wees met organisatoriese strukture, √ bv.
wie is hulle toesighouers.√
- Maak nuwe werknemers gemaklik in die werkplek, √ wat
angs/onsekerheid/vrees verminder.√
- Nuwe werknemers sal hul rol/verantwoordelikhede√ rakende
veiligheid verstaan regulasies en reëls.√
- Beperk die behoefte aan deurlopende opleiding √en ontwikkeling.√
- Die resultate wat tydens die induksieproses verkry word, √ bied ʼn
basis vir gefokusde opleiding. √
- Geleenthede word geskep vir nuwe werknemers om ander te
ervaar√/om departemente te verken√
- Nuwe werknemers sal die uitleg van die gebou/fabriek/kantore/ken
waar alles is,√ wat spaar produksietyd.√
- Leer meer oor die besigheid sodat nuwe werknemers hul rolle
verstaan/verantwoordelikhede√ om doeltreffender te wees.√
- Maatskappybeleid word gekommunikeer√ ten opsigte van gedrag en
prosedures/veiligheid en sekuriteits-/dienskontrak/diensvoorwaardes/
werksure/verlof.√
- Realistiese verwagtinge vir nuwe werknemers sowel as die
besigheid√ word geskep. √
- Nuwe werknemers mag deel van die span voel√ wat positiewe
moraal en motivering.√
- Werknemers kan ʼn beter begrip hê van besigheidsbeleid√ ten opsigte
van etiese/professionele gedrag/prosedures.√
12
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
induksie Maks (6)
3.5 Gehaltesirkels
3.5.1 Die rol van gehaltesirkels vanuit die scenario
- Hulle het gehalte sirkels versoek om idees voor te stel oor
hoe hul die gehalte van hul produkte kan verbeter.
- Daar word ook van gehalte sirkels verwag om probleme te
ondersoek en oplossings aan bestuur voor te stel.
LET WEL: 1 Ken sleg punte toe vir antwoorde
aangehaal vanuit die scenario.
2 Merk slegs die eerste TWEE (2). (2 x 1) (2)
3.5.2 Ander rolle van gehalte sirkels in die verbetering van
gehalte van produkte
- Los probleme op wat verband hou met gehalte/kwaliteit en
implementering van verbeteringe.√√
- Verseker dat daar geen duplisering van aktiwiteite/take in
die werkplek plaasvind nie.√√
- Verbeter die kwaliteit van produkte/dienste/produktiwiteit
deur gereelde hersiening van kwaliteitsprosesse.√√
- Moniteer/versterk strategieë om die goeie bedryf van
besigheidsaktiwiteite te verbeter. √√
- Verminder koste van ontslag op die langtermyn. √√
- Verhoog werknemers se moraal/motivering. √√
- Gehalte/Kwaliteit sirkels bespreek maniere om die gehalte
van werk/vakmanskap te verbeter. √√
- Dra by tot die verbetering en ontwikkeling van die
organisasie. √√
- Verminder koste/verkwistende pogings in die
langtermyn. √√
- Verhoog die vraag na produkte/dienste van die
onderneming. √
- Skep harmonie en hoë prestasie in die werkplek. √√
- Bou ʼn gesonde werkplekverhouding√ tussen die werkgewer
en werknemer. √√
- Verbeter die werknemers se lojaliteit en toewyding aan die
organisasie en sy doelwitte. √√
- Verbeter werknemers se kommunikasie op alle vlakke van
die besigheid. √√
- Ontwikkel ʼn positiewe houding/gevoel van betrokkenheid by
besluitnemingsprosesse van die dienste aangebied. √√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol
van gehaltesirkels in die verbetering van gehalte van produkte.Maks
(6)
13
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
3.6 Gehalte/Kwaliteit aanwysers van die produksie funksie
- Verskaf hoë kwaliteit dienste/produkte√ volgens spesifikasies.√
- Die produksie-/bedryfsprosesse van ʼn onderneming moet korrek
gedoen word√ deur behoorlike produksie beplanning en beheer.√
- Produkte en dienste moet teen die laagste moontlike koste
vervaardig word√ om winsmaksimering moontlik te maak.√
- Besighede moet die rolle en verantwoordelikhede√ duidelik aan die
produksiewerkers kommunikeer.√
- Produkte moet aan kliënte se vereistes voldoen√ deur veilig,
betroubaar en duursaam te wees.√
- Besighede moet goeie na-verkope dienste√ en waarborge hê.√
- Bemagtig werkers sodat hulle trots kan wees√ op hul vakmanskap.√
- Kry akkreditasie van die SABS/ISO 9001√ om te verseker dat
gehalteprodukte geproduseer word.√
- Spesifiseer die produk- of diensstandaarde√ en let op die faktore wat
verbruikers gebruik om gehalte te beoordeel.√
- Monitor prosesse√ en vind die oorsake van produksieprobleme.√
- Implementeer gehaltebeheerstelsels√ om te verseker dat kwaliteit
vervaardigde produkte konsekwent vervaardig word.√
- Gebruik masjiene en toerusting√ optimaal.√
- Bereken die produksiekoste√ akkuraat. √
- Kies die toepaslike produksiestelse√l bv. massa/lot/stukwerk. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die gehalte
aanwysers van die produksie funksie Maks (6)
3.7 Impak van TGB indien swak geïmplementeer deur besighede
- Stel onrealistiese sperdatums√ wat nie bereik kan word nie. √
- Werknemers mag nie voldoende opgelei word nie√, wat lei tot swak
kwaliteit produkte. √
- Afname in produktiwiteit√ as gevolg van stilstand. √
- Besighede kan dalk nie die nodige veranderinge van
produkte/dienste maak om aan die behoeftes van kliënte te voldoen
nie.
- Besigheids reputasie/beeld mag daaronder ly√ as gevolg van swak
gehalte/gebrekkige goedere. √
- Kliënte sal baie alternatiewe hê om van te kies√ en die impak kan vir
besighede verwoestend wees. √
- Beleggers kan belegging onttrek, √ indien daar ʼn afname in winste is.
√
- Afname in verkope omdat meer goedere deur ongelukkige kliënte
terugbesorg word. √
- Hoë personeelomset, √ as gevolg van swak
vaardigheidsontwikkeling. √
- Ongedokumenteerde/onbeheerde kwaliteitskontrole
stelsels/prosesse kan lei tot foute/afwykings√ van voorafbepaalde
gehaltestandaarde. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die Impak van TGB
indien swak geïmplementeer deur besighede Maks (6)
[40]
14
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 3 PUNTE
3.1 3
3.2.1 3
3.2.2 4
3.3 4
3.4 6
3.5.1 2
3.5.2 6
3.6 6
3.7 6
TOTAAL 40
15
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Besigheidsomgewing en mate van beheer
BESIGHEIDSOMGEWING MATE VAN BEHEER
Mikro√ Volle beheer√
Mark√ Beperkte beheer/min invloed√
Makro√ Geen beheer√
Submaks (2) Submaks (2)
LET WEL: 1 Merk slegs die eerste TWEE (2)
2 Die antwoord hoef nie in tabelvorm te wees nie.
3 Gee punte vir die besigheidsomgewing al die die
mate van beheer nie aangedui nie.
4 Die mate van beheer moet met die
besigheidsomgewing verband hou. Maks (4)
4.2 Uitdagings met betrekking tot ekonomiese en sosiale faktore
FAKTOR UITDAGING
Ekonomiese - Inflasie/Rentekoerse kan ʼn negatiewe uitwerking √ op besigheid
faktore hê. √
- Lenings kan duur wees √ as gevolg van hoë rentekoerse. √
- Skommelinge in buitelandse valuta √ kan invoer beperk. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die uitdagings
van ekonomiese omgewings faktore
OF
Sosiale - Kliënte kan dalk nie produkte bekostig nie√ as gevolg van lae
faktore inkomstevlakke. √
- Besighede kan nie vertroud wees met die plaaslike taal√ van hul
kliënte nie. √
- Sommige kliënte verkies om hul geld te spandeer op mediese
uitgawes√ vir die behandeling van kroniese siektes.
- Hoë misdaad syfers mag die handelsure van die besigheid
beïnvloed√ wat laer wins beteken. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die uitdagings
van sosiale omgewings faktore
Maks (4)
LET WEL: Moenie punte toeken vir voorbeelde van ekonomiese en sosiale faktore as
dit nie gebruik word om te verduidelik hoe dit as uitdagings vir die besigheid
is nie.
16
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
4.3 Soorte integrasie strategieë
Voorwaartse vertikale integrasie√√
- Die besigheid kombineer besigheid met of neem sy
verspreiders/tussengangers oor. √
- Behels uitbreiding van besigheidsaktiwiteite om beheer oor die direkte
verspreiding van die produkte te verkry. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met voorwaartse integrasie
strategie
Strategie (2)
Beskrywing (1)
Submaks (3)
Terugwaartse vertikale integrasie√√
- Die besigheid kombineer besigheid met of neem sy verskaffers oor. √
- Die doel is om die besigheid se afhanklikheid van die verskaffer te
verminder√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met terugwaardse integrasie
strategie
Strategie (2)
Beskrywing (1)
Submaks (3)
Horisontale integrasie√√
- ʼn Besigheid neem beheer van/inkorporeer ander besighede in dieselfde
bedryf/wat dieselfde goedere/dienste produseer/verkoop. √
- Die doel is om die bedreiging van mededinging/plaasvervangerprodukte/
dienste te verminder. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met horisontale integrasie
strategie
Strategie (2)
Beskrywing (1)
Submaks (3)
LET WEL: Merk slegs die eerste TWEE (2) Maks (6)
4.4 Rol van SOOOs (SETAs)
₋ Doen verslag aan die Direkteur-Generaal.√√
- Bevorder en vestig leerderskappe.√√
- Vorder heffings in en betaal toelaes uit soos benodig.√√
- Voorsien akkreditasie vir vaardigheidsontwikkelingsfasiliteerders.√√
- Registreer leerderskap-ooreenkomste/leerprogramme.√√
- Keur vaardigheidsplanne en jaarlikse opleidingsverslae goed.√√
- Monitor/Evalueer werklike opleiding deur diensverskaffers.√√
- Ken toelaes toe aan werkgewers, onderwys- en opleidingverskaffers.√√
- Hou toesig oor opleiding in verskillende sektore in SA se ekonomie.√√
- Ontwikkel sektor vaardigheidsplanne binne die raamwerk van die Nasionale
Vaardigheidsontwikkelingstrategie.√√
- Stel vaardigheidsontwikkelingsplanne op vir hul spesifieke ekonomiese
sektore.√√
- Voorsien opleidingsmateriaal/-programme vir
Vaardigheidsontwikkelingsfasiliteerders.√√
- Betaal toelaes uit aan maatskappye wat voldoen aan die vereistes van die
WVO.√√
- Bevorder leerderskappe en leerprogramme deur gepaste werksplekke vir
praktiese werksondervinding te identifiseer.√√
Enige ander relevante antwoord wat met die rol van SOOO's/SETAs in die
17
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
ondersteuning van die Vaardigheidsontwikkelings Wet verband hou
LET WEL: Merk slegs die eerste DRIE (3). (3 x 2) (6)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5 Indiensnemingskontrak
4.5.1 Aspekte van indiensnemingskontrak aangehaal vanuit die
scenario
₋ Vergoeding√
₋ Werksure√
₋ Verlof√
₋ Proef tydperk √
LET WEL: Merk slegs die eerste VIER (4). (4 x 1) (4)
4.5.2 Regsvereistes van die dienskontrak
- Die werkgewer en werknemer moet albei√ die kontrak
onderteken.√
- Werkgewer en werknemer moet instem√ tot enige
veranderinge aan die kontrak.√
- Geen party mag aspekte van die dienskontrak√ eensydig
verander nie.√
- Die vergoedingspakket/insluitende voordele moet duidelik
aangedui word.
- Dit mag nie enige vereistes bevat wat in stryd is√ met die
WBDV nie.√
- Die dienskontrak moet ʼn gedragskode√ en etiese kode
insluit.√
- Aspekte van die dienskontrak kan in die loop van die jaar
heronderhandel √word tydens indiensneming.√
- Die werkgewer moet die bepalings en voorwaardes√ van
die dienskontrak verduidelik aan die werknemer.√
- Diensvoorwaardes/pligte/verantwoordelikhede van die
werknemers√ moet duidelik gestel wees.√
- Alle besigheidsbeleide, prosedures en dissiplinêre
kodes/reëls√ kan deel vorm van die dienskontrak.√
- Die werkgewer moet die werknemer in staat stel om deeglik
deur die kontrak te gaan√ voordat dit onderteken is.√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
regsvereistes van die indiensnemingskontrak Maks (6)
18
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
4.6 Verskille tussen gehaltebeheer en gehalteversekering
Gehaltebeheer Gehalteversekering
- Stelsel wat verseker dat die verlangde - Kontroles uitgevoer gedurende√ en na
gehalte verkry word√ deur die finale afloop van die produksieproses.√
produk te inspekteer√
- Verseker dat voltooide produk√ aan die
- Verseker dat die vereiste standaard√ by
vereiste standaarde voldoen.√ elke stadium van die proses bereik is.√
- Proses wat verseker dat produkte - Prosesse wat in plek gestel word om te
deurlopend/konsekwent√ teen hoë verseker dat die gehalte van produkte/
standaarde vervaardig word.√ dienste/stelsels voldoen aan
voorafbepaalde standaarde√ met
minimale defekte/vertragings/
tekortkominge.√
- Kontrolering van grondstowwe/ - Verseker dat elke proses daarop gemik
werknemers/masjinerie/werkmanskap/ is om die produk die eerste keer reg te
produkte√ om te verseker dat hoë kry√ en voorkom dat foute weer
standaarde gehandhaaf word.√ gemaak word.√
Enige ander relevante antwoord wat verband Enige ander relevante antwoord wat
hou met gehaltebeheer verband hou met gehalteversekering
Submaks (2) Submaks (2)
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
2. Die onderskeid hoef nie gekoppel te word nie maar
moet duidelik wees.
3. Ken ʼn maksimum van TWEE (2) punte toe indien die
verskil nie duidelik is nie/Merk slegs gehaltebeheer of
gehalteversekering. Maks (4)
19
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
4.7 Toepassing van die BDKH model/siklus om gehalte van produkte te
verbeter
Beplan√
- Identifiseer die probleem.√
- Ontwikkel ʼn plan vir die verbetering van prosesse en stelsels.√
- Beantwoord vrae soos 'wat om te doen' en 'hoe om dit te doen'.√
- Beplan die metode en benadering.√ Submaks (2)
Doen√
- Implementeer die verandering op ʼn klein skaal.√
- Implementeer die prosesse en stelsels.√ Submaks (2)
Kontroleer/Analiseer/Ontleed√
- Gebruik data om resultate van verandering te analiseer/ontleed.√
- Bepaal of dit ʼn verskil gemaak het.√
- Kontroleer of die prosesse doeltreffend werk.√
- Assesseer/Toets, beplan en bepaal of dit werk/of dinge volgens plan
verloop.√ Submaks (2) (2)
Handel/Tree op soos nodig√
- Stel die verbetering in werking.√
- Ontwerp strategieë vir deurlopende verbetering.√
- Indien die verandering suksesvol was, implementeer dit op ʼn groter
skaal.√
- Hersien die proses op ʼn deurlopende basis.√ Submaks (2) (2)
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe die
deurlopende verbetering van prosesse en stelsels-siklus die gehalte van
produkte kan verbeter.
LET WEL: Merk slegs die eerste DRIE (3). (3 x 2) (6)
[40]
VRAAG 4 PUNTE
4.1 4
4.2. 4
4.3 6
4.4 6
4.5.1 4
4.5.2 6
4.6 4
4.7 6
TOTAAL 40
20
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
AFDELING C
Merk slegs die EERSTE vraag in die afdeling.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (IMPAK VAN ONLANGSE WETGEWING)
5.1 Inleiding
- Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) reguleer die verhouding
tussen werknemers en hul vakunies/werkgewers en hul
organisasies.√
- Die Wet kan wysigings insluit/wette herroep wat op
arbeidsverhoudinge betrekking het om gesonde arbeidsbetrekkinge
te bevorder.√
- Die Wet bevorder indiensnemingsgelykheid en demokrasie in die
werkplek deur die voorkoming van onbillike arbeidspraktyke.√
- Die regte van werkgewers en werknemers word in terme van die Wet
beskerm.√
- Besighede moet goed vertroud wees met die Wet sodat dit effektief
geïmplementeer kan word in die werkplek.√
Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die WAV (2 x 1) (2)
5.2 Die regte van werkgewers en werknemers volgens WAV
5.2.1 Regte van werkgewers
Werkgewers het die reg om:
- Vorm werkgewersorganisasies. √√
- Vorm ʼn bedingingsraad vir kollektiewe
bedingingsdoeleindes √√
- Werkgewers het die reg om werknemers uit te sluit wat
onbeskermde/onwettige staking/arbeid aksie aangaan. √√
- Ontslaan werknemers wat betrokke is by ʼn onbeskermde
staking/wangedrag soos intimidasie/geweld tydens ʼn
staking √√
- Reg om nie ʼn werknemer te betaal wat aan ʼn beskermde
staking deelgeneem het vir dienste/werk wat hulle nie
tydens die staking gedoen het nie. √√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die regte
van werkgewers WAV Sub maks (6)
5.2.2 Regte van werknemers
Werknemers het die reg om:
- Werknemers mag by ʼn vakbond van hul keuse aansluit. √√
- Begin wettige stakings as ʼn oplossing vir griewe √√
- Verwys onopgeloste werkplek geskille na die KVBA √√
- Verwys onopgeloste KVBA geskille na die Arbeidshof op
appèl √√
- Versoek vakbondverteenwoordigers om werknemers by te
staan in die grief/dissiplinêre verhoor √√
- Vakbondverteenwoordigers kan redelike tyd af met werk
betaal, om vakbondpligte by te woon. √√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die regte
van werknemers WAV Sub maks (6)
Maks (12)
21
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
5.3 Doel van WAV
- Bevorder/Fasiliteer kollektiewe bedinging√ by die werkplek√
- Vestig Arbeidshowe√ en Arbeidsappèlhowe√
- Bevorder billike arbeidspraktyke√ tussen werkgewers en
werknemers√
- Bevorder werkplekforums√ om werknemers in besluitneming te
akkommodeer√
- Verskaf die reg op uitsluiting deur die werkgewer√ as ʼn reaksie op
lang, uitgerekte stakings√
- Bevorder eenvoudige prosedures vir die registrasie van vakbonde√
en werkgewer-organisasies√
- Voorsien vir die vestiging van die Kommissie vir Versoening,
Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) √ om dispute te besleg/Maak
voorsiening vir beslegting van arbeidsgeskille √
- Voorsien ʼn raamwerk/struktuur vir arbeidsverhoudinge√ tussen
werkgewers/werknemers/vakbonde/werkgewerorganisasies√
- Gee duidelikheid aan die oordrag van indiensnemingskontrakte√
tussen huidige en nuwe werkgewers√
- Bevorder ekonomiese ontwikkeling/maatskaplike
geregtigheid/arbeidsvrede√ om te verseker dat die werkplek die
basiese regte van werknemers sal handhaaf√
Enige ander relevante antwoord wat met die doel van die WAV verband
hou Maks (12)
5.4 Impak van WAV op besighede
Positiewe/Voordele
₋ Bevorder ʼn gesonde verhouding√ tussen die werkgewer en
werknemers√
₋ Beskerm die regte/belange van besighede√ in arbeidsverwante
kwessies√
₋ Arbeidsgeskille word gouer opgelos√ en is goedkoper.√
₋ Werkplekforums kan waarde toevoeg tot besighede√ as dit behoorlik
funksioneer. √
₋ Beskerm werkgewers wat wettige uitsluiting uitroep√ wanneer
onderhandelinge tussen partye misluk.√
₋ WAV maak voorsiening vir die beginsels van kollektiewe bedinging√
en stel strukture in plek waarmee geskille in die werkplek afgehandel
kan word. √
₋ Voorsien spesifieke riglyne vir werkgewers √ oor korrekte en billike
dissiplinêre prosedures. √
₋ Werkgewers en werknemers het riglyne√ ten opsigte van korrekte en
regverdige ontslagprosedures. √
₋ Voorsien meganismes√ soos statutêre rade/kollektiewe
bedinging/KVBA.√
₋ Werkgewers is geregtig op vergoeding van die Arbeidshof√ indien
hulle skade gely het as gevolg van onbeskermde stakings. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met ʼn positiewe impak
van die WAV op besighede
EN/OF
22
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
Negatiewe/Nadele
- Verminderde globale mededingendheid√ as gevolg van laer
produktiwiteit√
- Produktiwiteit kan afneem√ as werknemers tydens werksure aan die
aktiwiteite van vakbonde mag deelneem. √
- Koste van arbeid styg√ as gevolg van wettige stakings. √
- Werkgewers mag nie ʼn hofinterdik√ kry om ʼn staking te stop nie. √
- Werkgewers moet moontlik inligting oor werkplekkwessies√ aan
vakbondverteenwoordigers bekend maak wat die kern van hul
mededingende voordeel kan wees. √
- Werkgewers mag nie werknemers soos hul wil ontslaan nie√,
aangesien prosedures gevolg moet word. √
- Baie werknemers maak gebruik van die reg om te staak√ sonder om
hul verantwoordelikhede te erken. √
- Baie werknemers en werkgewers verstaan nie/respekteer√ die Wet
op Arbeidsverhoudinge. √
- Stakingsaksies lei altyd tot verlies van produksie√ waarvoor
werkgewers nie mag eis nie. √
- Sommige vakbonde mag nie die mandaat van hul lede bevorder nie,
√ maar hulle begin met bedryfsaksies wat skadelike is vir
arbeidsverhoudinge tussen werkgewers en werknemers. √
- Sommige besighede kan voel dat die WAV werknemers te veel mag
gee, √ aangesien dit lang prosedures skep, bv. konsultasie met
werkplekforums. √
- Arbeidsgeskille en bedingingsraadsprosesse word
ontwrigtend/tydrowend√ en kan lei tot ʼn afname in produktiwiteit in
besighede. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met ʼn negatiewe impak
van die WAV op besighede Maks (14)
5.5 Maniere waarop ondernemings aan die WAV kan voldoen
- Werknemers moet nie onbillik/onwettig ontslaan word nie. √√
- Toestaan/ondersteun die vestiging van werkplekforums. √√
- Werkgewers moet nie enige kollektiewe ooreenkoms oortree/ignoreer
nie. √√
- Besighede moet werknemers toelaat om vakbonde te vorm/deel te
neem aan vakbondaktiwiteite/regstaking. √√
- Open alle relevante inligting wat deur vakbondverteenwoordigers
benodig word om hul werk effektief te doen. √√
Enige ander relevante antwoord wat met nakoming van die WAV verband
hou Maks (8)
23
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
5.6 Gevolgtrekking/Slot
- WAV maak voorsiening vir konflikoplossingsmeganismes in die
werkplek.√√
- Billike arbeidspraktyke in die werkplek kan lei tot doeltreffende
besigheidsbedrywighede met die minimum onderbrekings.√√
- Besighede moet die Wet nakom om gesonde werks/werksplek
verhoudings te bevorder.√√
- Besighede en werknemers moet hul regte ken volgens die Wet.√√
Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met die WAV Maks
(2)
[40]
VRAAG 5: UITEENSETTING VAN PUNTE
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Werkgewers en werknemers se regte volgens WAV 12
Doel van WAV 12
Maks 32
Impak van WAV op besighede 14
Maniere hoe die besigheid WAV kan nakom 8
Gevolgtrekking/Slot 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2 8
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
SASO – vir elke komponent.
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is. Gee 0 punte
waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
24
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (GEHALTE VAN PRESTASIE)
6.1 Inleiding
- Gehaltebestuur moet nie slegs ʼn inspeksieproses wees nie, maar
moet deel word van die kultuur van die besigheid.√
- Besighede moet altyd werknemers geleenthede verskaf om hul
kennis en vaardighede te verbeter deur opleidingsprogramme by
te woon.√
- TGB verseker dat almal sisteme in plek kan bekostig om defekte in
produkte te verhoed.√
- Onderhoud progamme vir toerusting moet geïmplementeer word
om gebroke toerusting te verminder.√
Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die betekenis
van TGB/voordele van ʼn goeie gehaltebestuur/deurlopende
vaardigheidsontwikkeling/voldoende finansiering en kapasiteit/TGB
vermindering in die koste van gehalte (2 x 1) (2)
6.2 Beskrywing van totale gehaltebeheer (TGB)
- TGB is ʼn geïntegreerde stelsel/metodologie wat regdeur die
organisasie toegepas word√, om te help om gehalteprodukte/-dienste
te ontwerp/produseer/voorsien aan klante.√
- Dis ʼn denkrevolusie in bestuur√, waar die hele besigheid as klant-
geöriënteerd in alle besigheidsbedrywighede bedryf word.√
- TGB maak dit vir besighede moontlik om voortdurend op die lewering
van produkte/dienste te verbeter√ om sodoende klante se behoeftes
te bevredig.√
- Bestuur verseker dat elke werknemer verantwoordelik is√ vir die
gehalte van sy/haar werk/optrede/aksies.√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die beskrywing van
totale gehaltebeheer (TGB) Maks (6)
6.3 Voordele van ʼn goeie gehaltebestuurstelsel
₋ Doeltreffende diens aan klante kan gelewer word,√ wat lei tot
verhoogde klante- tevredendheid.√
₋ Tyd en hulpbronne√ word doeltreffend benut.√
₋ Produktiwiteit verhoog as gevolg van behoorlike tydsbestuur√ by die
gebruik van hoë gehalte hulpbronne.√
₋ Produkte en dienste word deurlopend verbeter,√ wat lei tot groter
verbruikers tevredenheid.
₋ Visie en missie/Ondernemingsdoelwitte√ kan bereik word.√
₋ Die onderneming kan ʼn mededingende voordeel kry√ bo sy
mededingers.√
₋ Deurlopende opleiding√ sal die gehalte van werknemers se
vaardighede en kennis gereeld verbeter.√
₋ Werkgewers en werknemers sal ʼn gesonde werksverhouding hê√
wat lei tot gelukkige werknemers.√
₋ Verhoogde markaandeel√ en winsgewendheid.√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
goeie gehaltebestuurstelsels. Maks (10)
25
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
6.4 Impak van TGB elemente: Deurlopende vaardigheidsontwikkeling en
voldoende finansiering en kapasiteit op groot besighede
6.4.1 Impak van deurlopende vaardigheidsontwikkeling
Positiewe/Voordele
- Groot besighede het ʼn menslikehulpbron-afdelings√ wat
hulle toespits op vaardigheidsopleiding en ontwikkeling.√
- Menslike hulpbron-deskundiges√ verseker dat
opleidingsprogramme relevant/gefokus is op verhoogde
klante-tevredenheid.√
- Besit finansiële vermoë√ om gespesialiseerde/vaardige
werknemers te bekostig.√ - Kan vaardigheidsoudits doen√
om die vaardigheids-/onderwysvlakke van personeel te
bepaal√
- Kan gekwalifiseerde opleiers gebruik√ om werknemers op ʼn
gereelde basis op te lei.√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
positiewe/voordele van deurlopende vaardigheidsontwikkeling
as ʼn TGB-element vir groot besighede
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Swak kommunikasiestelsels√ kan doeltreffende opleiding
verhinder.√
- Opgeleide werknemers kan die onderneming verlaat vir
beter poste√ nadat hulle meer vaardighede bekom het.√
- Min/Geen erkenning vir opleiding√ lei tot ongemotiveerde
werknemers.√
- Werknemers wat spesialiseer in eng gedefinieerde poste√
kan gefrustreerd/ongemotiveerd raak.√
- Werknemers is dalk nie bewus van die vaardigheidsvlak wat
hulle moet hê√ om hul teikens te bereik nie.√
- Dit kan moeilik wees om die doeltreffendheid van die
opleiding√ te monitor/evalueer.√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
negatiewe/nadele van deurlopende vaardigheidsontwikkeling as
ʼn TGB-element vir groot besighede Submaks (10)
26
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
6.4.2 Impak van voldoende finansiering en kapasiteit op groot
ondernemings
Positiewe/Voordele
- Groot ondernemings het genoegsame finansiering√ om
alles te toets voor implementering. √
- Hulle kan bekostig om stelsels in plek te hê√ om foute in
prosesse/defekte in grondstowwe/produkte te voorkom. √
- Kan produknavorsing/marknavorsers√ bekostig om inligting
te versamel. √
- Kan bekostig om kwaliteit grondstowwe√ en toerusting aan
te koop. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
voordele van voldoende finansiering en kapasiteit op groot
ondernemings
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- As die vraag na die maatskappy se produk toeneem, begin
die bestellings vinniger as wat verwag word, √ en die
maatskappy het nie die kapitaal wat benodig word om die
voorraad te finansier om die bestellings te vul nie. √
- Hierdie vinnig groeiende maatskappye kan groot
hoeveelhede kapitaal verbruik √ as hulle probeer om
normale bedrywighede en uitbreiding te balanseer. √
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die
nadele van voldoende finansiering en kapasiteit op groot
ondernemings
Submaks (10)
Maks (20)
6.5 Maniere hoe TGB die koste van kwaliteit kan verlaag
₋ Stel gehaltesirkels/klein groepe van vyf of tien werkers in plek, wat
gereeld bymekaarkom om metodes, waarop hulle hul werk kan
verbeter, te bespreek.√√
₋ Skeduleer aktiwiteite om duplisering van take uit te skakel.√√
₋ Deel verantwoordelikheid vir gehalte-uitsette tussen bestuur en
werknemers.√√
₋ Lei werknemers op alle vlakke op, sodat elkeen sy/haar rol in
gehaltebestuur verstaan.√√
₋ Ontwikkel werkstelsels wat werknemers bemagtig om nuwe maniere
vir gehalte-verbetering te vind.√√
₋ Werk baie nou saam met verskaffers om die gehalte van
grondstowwe/insette te verbeter.√√
₋ Verbeter kommunikasie rondom gehalte uitdagings/afwykings, sodat
elkeen uit ondervinding kan leer.√√
₋ Verminder belegging in duur, maar ondoeltreffende
inspeksieprosedures in die produksieproses.√√
₋ Implementeer proaktiewe onderhoudsprogramme vir
toerusting/masjinerie om produksieonderbrekings te verminder/uit te
skakel.√√
Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere hoe TGB
die koste van kwaliteit kan verlaag Maks (10)
27
Downloaded from hlayiso.com
10721/20
6.6 Gevolgtrekking/Slot
- Groot besighede is meer geneig om ʼn meer formele
gehaltebeheer/bestuur stelsels in plek te hê wat goed funksioneer. √√
- Besighede moet verseker dat hul voldoende kapitaal het om dinge reg
te kry die eerste keer. √√
- Alle werknemers kan verbind wees om masjinerie en toerusting
optimaal te gebruik om kostes te verminder. √√
Enige ander relevante gevolgtrekking/slot wat verband hou met die
gehalte van prestasie Max (2)
[40]
VRAAG 6: UITEENSETTING VAN PUNTE
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Beskrywing van TGB 6
Voordele van ʼn goeie gehaltebestuurstelsel 10
Impak van deurlopende vaardigheidsontwikkeling en voldoende Maks
finansiering en kapasiteit 20 32
Vermindering van koste van gehalte deur TGB 10
Gevolgtrekking 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2 8
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
SASO – vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is. Gee 0 punte
waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
28
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-MEMO-March-2025-KZN.pdf

Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-P1-MEMO-September-2025-KZN.pdf

Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-P1-MEMO-September-2025-Mpumalanga.pdf
Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-Mpumalanga.pdf
Memorandum
Business-Studies-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-North-West.pdf

Memorandum
KZN-Business-Studies-Grade-12-September-2024-P2-and-Memo_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Grade 12 NSC Business Studies P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Question paper
BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Gr12 Business Studies P2 (Afrikaans) SEP 2022 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Grade 12 NSC Business Studies Afrikaans 2018 Prepartory Possible Answer_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
2020 KZN Prelim P1 Memo_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Business Studies P1 Nov 2020 Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Business Studies
Explore more published documents in this catalogue.
Question paper
Business-Studies-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Free-State.pdf
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies P2 (Afrikaans) June 2025 Possible Asnwers.pdf
Question paper
Business-Studies-Grade-12-NSC-P2-QP-September-2025-KZN.pdf
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper
Gr 12 Business Studies P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
Business-Studies-NSC-P1-MEMO-May-June-2024-Limpopo_hlayiso.com_.pdf

Memorandum