Downloaded from hlayiso.com
JUNIE EKSAMEN
GRAAD 12
2024
BESIGHEIDSTUDIES
(VRAESTEL 2)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
9 bladsye
Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers %202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)




View all





Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 783.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Gauteng June Exam 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 2
(VRAESTEL 2) GR12 0624
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
Let daarop dat SLEGS die antwoorde tot die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
en die EERSTE antwoord gekies in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir punt- en tydstoewysing wanneer jy elke
vraag beantwoord.
TYD
AFDELING VRAAG PUNTE
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte-tipe vrae 2 40
KEUSE: 3 40 70
(Antwoord enige TWEE.) 4 40
C: TWEE opstel-tipe vrae 5 40
KEUSE: 30
(Beantwoord enige een.) 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord van ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 op ’n nuwe
bladsy, VRAAG 2 op ’n nuwe bladsy, ensovoorts.
8. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 3
(VRAESTEL 2) GR12 0624
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.
1.1.1 Mike, die bestuurder van Star Traders, pas die ... leierskapstyl toe as hy
take aan sy volgelinge delegeer wat sonder toesig gedoen moet word.
A laissez-faire
B transaksionele
C demokratiese
D charismatiese
1.1.2 Die hoofsom sluit alle rente in wat gedurende vorige tydperke opgehoop is,
wanneer die verdiende ... bereken word.
A enkelvoudige rente
B kapitaalwins
C saamgestelde rente
D vaste rente
1.1.3 Besighede hanteer belastingontduiking as onetiese besigheidspraktyk
deur ...
A ʼn raamwerk vir regstellende aksie te verskaf.
B die werksure te verleng.
C werknemers op te voed oor die nagevolge van bedrog.
D akkurate rekords van inkomstestate en finansiële transaksies te hou.
1.1.4 Oorweeg die voor- en nadele van elke alternatiewe oplossing. Die
probleemoplossingsstap staan bekend as ...
A die definisie van die probleem.
B die evaluering van alternatiewe oplossings.
C die implementering van die beste oplossing.
D die identifisering van alternatiewe oplossings.
1.1.5 VC Motors pas die ... tegniek toe wanneer hulle vraelyste aan ʼn paneel
kundiges versprei om ʼn oplossing vir hul besigheidsprobleem te vind.
A kragveldanalise
B nominale groep
C leë stoel
D Delphi
(5 x 2) (10)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 4
(VRAESTEL 2) GR12 0624
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDBOEK neer.
leierskap; dinkskrum; aandele; onbillike advertensies; deursigtigheid;
nominale groeptegniek; bestuur; sosiale verantwoordelikheid;
belastingontduiking; skuldbriewe
1.2.1 Die proses om dinge gedoen te kry deur verantwoordelikheid te beoefen,
staan bekend as ...
1.2.2 Sand Beperk het … uitgereik om geleende kapitaal by die publiek in te
samel.
1.2.3 Die gebruik van fyndruk om belangrike inligting te verberg, staan bekend
as ʼn voorbeeld van ... as ʼn onetiese sakepraktyk.
1.2.4 Die King Kode-beginsel wat die ontwikkeling en implementering van
programme wat daarop gemik is op die beskerming van gemeenskappe
waarin hulle werk, staan bekend as ...
1.2.5 Alle lede van die groep maak lukraak voorstelle tydens die ...
probleemoplossingstegniek.
(5 x 2) (10)
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 5
(VRAESTEL 2) GR12 0624
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A – J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK
neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Demokratiese leierskapstyl A uitgereik as vergoeding vir
onbetaalde dividende
1.3.2 Dividende B spanlede word aangemoedig om
probleme deur konstruktiewe
probleemoplossing te konfronteer
1.3.3 Bonusaandele C die leier fokus daarop om volgelinge
te motiveer deur middel van ʼn
beloningstelsel
1.3.4 Nominale groeptegniek D handhawing van die gedragskode
van ʼn spesifieke beroep
1.3.5 Etiese gedrag E spanlede word gemotiveer omdat
hulle toegelaat word om by te dra tot
probleemoplossing
F die opbrengs op belegging in aandele
wat deur ʼn maatskappy aan sy
aandeelhouers betaal word
G die leier nooi groeplede uit om idees
by te dra en aan die besluitneming
deel te neem
H die handhawing van morele
standaarde wanneer sake gedoen
word
I die opbrengs op vaste bates wat in
waarde toegeneem het
J uitgereik aan die stigters en
inkorporeerders van die maatskappy
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 6
(VRAESTEL 2) GR12 0624
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2
op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: SAKE-ONDERNEMINGS
2.1 Noem enige VIER tipes voorkeuraandele. (4)
2.2 Beskryf in breë trekke die voordele van die charismatiese leierskapstyl. (4)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JOZI KONSULTANTE (JK)
Jozi-Konsultante wil R10 000 teen 8% p.j. in ʼn vaste deposito vir twee jaar by
Gous Bank belê. JK het ook gesamentlike fondse geïdentifiseer as die beste
beleggingsgeleentheid om hul besigheid uit te brei.
2.3.1 Bereken die rente op die vaste deposito wat JK na twee jaar sal ontvang. (4)
2.3.2 Verduidelik gesamentlike fondse as ʼn tipe beleggingsgeleentheid. (4)
2.4 Bespreek die impak van die Regering/RSA Kleinhandel Spaareffekte as ʼn vorm
van belegging. (6)
2.5 Beskryf die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap. (6)
2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MDODO SPORTDRAG (MS)
Mdodo Sportdrag het kleinhandelwinkels regoor die land. Die bestuur van MS
neem vinnige besluite sonder om met hul werknemers te konsulteer.
2.6.1 Identifiseer die leierskapstyl wat MS toepas in die scenario hierbo. (2)
2.6.2 Bespreek ander voordele van die leierskapstyl geïdentifiseer in
VRAAG 2.6.1. (4)
2.7 Stel situasies voor waarin die transaksionele leierskapstyl in die werkplek
toegepas kan word. (6)
[40]
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 7
(VRAESTEL 2) GR12 0624
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Gee enige VIER voorbeelde van etiese gedrag in die werkplek. (4)
3.2 Identifiseer die tipes onprofessionele sakepraktyke getoon deur die werknemers
van Galaxy Handel in ELKE stelling hieronder:
3.2.1 Werknemers maak persoonlike oproepe gedurende werksure. (2)
3.2.2 Werknemers laai films af deur gebruik te maak van die onderneming se
hulpbronne. (2)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PLAAS TOT TAFEL BEPERK (PTB)
Peter is aangestel as ʼn nuwe uitvoerende hoof by Plaas tot Tafel Beperk. Hy
moes ʼn paar veranderinge by die besigheid aanbring en moes ʼn paar belangrike
besluite neem. Sommige aandeelhouers was nie bewus van hierdie
veranderinge en besluite nie.
3.3.1 Identifiseer die King Kode-beginsel wat deur PTB toegepas word. (2)
3.3.2 Verduidelik ander maniere waarop PTB die King Kode-beginsel wat in
VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is, kan toepas. (4)
3.4 Beskryf maniere waarop ondernemings seksuele teistering as ʼn soort
onprofessionele sakepraktyk kan hanteer. (6)
3.5 Definieer kreatiewe denke. (4)
3.6 Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (6)
3.7 Bespreek die volgende probleemoplossingstappe:
3.7.1 Identifiseer die probleem (2)
3.7.2 Ontwikkel ʼn aksieplan (2)
3.8 Evalueer die positiewe impak van kragveldanalise as ʼn
probleemoplossingstegniek. (6)
[40]
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 8
(VRAESTEL 2) GR12 0624
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
SAKE-ONDERNEMINGS
4.1 Brei uit oor die betekenis van leierskap. (4)
4.2 Verduidelik die situasieleierskapteorie. (4)
4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
VERO VERVAARDIGERS (VV)
Vero Vervaardigers wil hul ekstra wins belê. Hulle oorweeg dit om in ʼn tipe belegging
te belê wat maklik in kontant omgeskakel kan word. Die bestuur van VV is bewus
daarvan dat die tydsduur van die belegging die opbrengs op belegging kan beïnvloed.
Identifiseer TWEE beleggingbesluitfaktore wat van toepassing is op VV. Motiveer
jou antwoord deur aan te haal uit die scenario hierbo.
Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 4.3 te beantwoord.
BELEGGINGSBESLUITFAKTORE MOTIVERINGS
1.
2. (6)
4.4 Evalueer die impak van ʼn vaste deposito as ʼn vorm van belegging. (6)
BESIGHEIDSROLLE
4.5 Definieer professionele gedrag. (4)
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NIMROD-VERWE (NV)
Nimrod-Verwe is gekonfronteer met ʼn komplekse sakeprobleem wat opgelos moes
word. Die bestuur het werknemers aangemoedig om idees in groot groepe voor te
stel. Werknemers word ook geïnspireer om elke voorstel te gebruik om nuwe idees
te genereer.
4.6.1 Noem die probleemoplossingstegniek wat deur Nimrod-Verwe gebruik
word. (2)
4.6.2 Bespreek die voordele van die probleemoplossingstegniek wat in
VRAAG 4.6.1 geïdentifiseer is. (4)
4.7 Verduidelik hoe onbillike advertensies as ʼn onetiese sakepraktyk uitdagings vir
besighede inhou. (6)
4.8 Beveel maniere aan waarop professionele, etiese en effektiewe sakepraktyke
uitgevoer moet word. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES 9
(VRAESTEL 2) GR12 0624
AFDELING C
Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: SEKURITEITE)
Die meeste besighede oorweeg dit om hul surplusfondse te belê in aandele wat op
die JSE genoteer is en deur effektetrusts. Hulle moet goed ingelig wees oor die
impak van effektetrusts voordat hulle belê. Besighede moet ook bewus wees van
faktore soos risiko en opbrengs op belegging wanneer hulle ʼn beleggingsbesluit
neem.
Skryf ʼn opstel oor beleggingseffekte waarin jy die volgende aspekte insluit:
Beskryf in breë trekke die regte van gewone aandeelhouers.
Verduidelik die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs/JSE.
Bespreek die impak van effektetrusts as ʼn vorm van belegging.
Adviseer besighede oor die volgende faktore wat in ag geneem moet word
wanneer beleggingsbesluite geneem word:
o Risiko
o Opbrengs op belegging [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (KREATIEWE DENKE EN
PROBLEEMOPLOSSING)
Probleemoplossings- en besluitnemingsvaardighede is albei belangrik omdat dit
kan help om uitdagende situasies in die werkplek te hanteer. Sommige besighede
pas die kragveldanalise en nominale groeptegniek toe om komplekse
besigheidsprobleme op te los. Ander glo dat die Delphi-tegniek die geskikste
probleemoplossingstegniek is om te gebruik. Besighede belê in die opstel van die
regte werksomgewing om kreatiwiteit en innovasie te stimuleer.
Skryf ʼn opstel oor kreatiewe denke en probleemoplossing waarin jy die volgende
aspekte insluit:
Beskryf in breë trekke die verskille tussen probleemoplossing en besluitneming.
Verduidelik hoe besighede die kragveldanalise en nominale groeptegniek in die
werkplek moet toepas.
Bespreek die impak van die Delphi-tegniek as ʼn probleemoplossingstegniek.
Beveel maniere aan waarop besighede ʼn omgewing kan skep wat kreatiewe
denke in die werkplek bevorder. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21/v1-c9ca7e0ece876c8b71ba/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2024 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Limpopo June 2024 Memo

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Business Studies

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 North West Mock 2025 Memo

Memorandum