Skip to content

Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2024 QP (Afr)

Question paperBusiness StudiesGrade 12202410 pages

Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com JUNIE EKSAMEN GRAAD 12 2024 BESIGHEIDSTUDIES (VRAESTEL 1) TYD: 2 uur PUNTE: 150 10 bladsye Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 2 (VRAESTEL 1) GR12 0624 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en die aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn vir punt- en tydtoewysing wanneer jy elke vraag beantwoord. TYD AFDELING VRAAG PUNTE (minute) A: Objektiewe tipe vrae 1 30 20 VERPLIGTEND 2 40 B: DRIE direkte/indirekte-tipe vrae 3 40 70 KEUSE: Beantwoord enige TWEE. 4 40 C: TWEE opstel-tipe vrae 5 40 30 KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord van ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 op ’n nuwe bladsy, VRAAG 2 op ’n nuwe bladsy. 8. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 3 (VRAESTEL 1) GR12 0624 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 Hierdie Wet verduidelik die oordrag van dienskontrakte tussen bestaande en nuwe werkgewers: A Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) B Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtigingswet (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) C Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) D Vaardigheidsontwikkelingswet (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) 1.1.2 Handelsooreenkomste het verhoed dat Ashkara (Edms) Bpk sekere produkte van ander lande invoer. Dit is ʼn uitdaging in die … omgewing. A tegnologiese B politieke C sosiale D ekonomiese 1.1.3 Hanna Vervaardigers produseer gehalte meubels in die … sektor. A primêre B tersiêre C sosiale D sekondêre 1.1.4 Besighede mag … gebruik as ʼn bron vir interne werwing om beskikbare vakatures te adverteer. A die intranet B werwingsagentskappe C advertensieborde D die gedrukte media 1.1.5 Blue Sky Bouers het ʼn Menslikehulpbronafdeling wat toegewy word aan vaardigheidsopleiding en -ontwikkeling. Dit is ʼn voorbeeld van ... as ʼn element van totale gehaltebestuur. A voldoende finansiering en kapasiteit B deurlopende vaardigheidsontwikkeling C monitering en evaluering van gehalteprosesse D deurlopende verbetering van prosesse en stelsels (5 x 2) (10) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 4 (VRAESTEL 1) GR12 0624 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDBOEK neer. ombudsman; beheer; werkloosheidsversekering; een en ʼn half; plasing; dubbel; skuldberaders; induksie; mediese hulp; versekering 1.2.1 Die werknemers van Senzo Verskaffers wat op openbare vakansiedae werk, sal … van hul normale tarief betaal word. 1.2.2 Die Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) (NKW) verseker dat … geregistreer is om verbruikersuitbuiting te vermy. 1.2.3 Impala Inc. gebruik die … -prosedure wanneer hulle ʼn spesifieke pos aan ʼn geselekteerde kandidaat toewys. 1.2.4 Gehalte- … kan verkry word as daar in elke stadium van die proses aan vereiste standaarde voldoen is. 1.2.5 Die … -fonds is ʼn verpligte voordeel wat korttermyn finansiële bystand bied aan werkers wat hul werk weens siekte verloor. (5 x 2) (10) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 5 (VRAESTEL 1) GR12 0624 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Posbeskrywing A die aantal goedere wat die behoeftes van kliënte bevredig 1.3.2 Gehalte B ʼn besigheid kombineer met of neem sy verspreiders oor 1.3.3 WVBBS/ C moedig besighede aan om die eise (COIDA) vir regstelling direk in die werkplek aan te spreek 1.3.4 Voorwaartse vertikale D vermoë van goedere om aan die integrasie spesifieke behoeftes van kliënte te voldoen 1.3.5 BBSEB E beskryf die pligte en verantwoordelikhede van ʼn spesifieke werk F ʼn besigheid kombineer met of neem sy verskaffers oor G bevorder kollektiewe bedinging in die werkplek H moedig konsultasie tussen werkgewers en werknemers aan I beskryf die minimum aanvaarbare persoonlike eienskappe/vaardighede/ kwalifikasies wat nodig is vir ʼn werk J bevorder veiligheid in die werkplek (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 6 (VRAESTEL 1) GR12 0624 AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING 2.1 Noem enige TWEE soorte intensiewe strategieë. (2) 2.2 Beskryf in breë trekke die strategiese bestuurproses. (6) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NOLOTHANDU ONDERNEMINGS (NO) Noluthandu Ondernemings bied verskeie produkte aan voornemende kliënte. Hulle sukkel om hul lening aan die bank af te betaal weens die voortdurende styging in rentekoerse. Die bestuur het opgemerk dat hul missiestelling redelik oud is en opgedateer moet word. 2.3.1 Haal TWEE uitdagings vir NO uit die scenario hierbo aan. (2) 2.3.2 Klassifiseer NO se uitdagings volgens die besigheidsomgewings. (2) Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 2.3.1 en 2.3.2 te beantwoord. UITDAGINGS OMGEWING 2.3.1 2.3.2 a) b) 2.4 Verduidelik die regte van werkgewers volgens die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995). (6) 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ISAAC VERVAARDIGERS (IV) Isaac Vervaardigers pas voortdurend die pilare van BBSEB in die werkplek toe. IV verseker dat transformasie op alle vlakke geïmplementeer word. Hierdie uitkoms laat hulle ʼn goeie SEB-gradering kry, wat die beeld van die besigheid verbeter. 2.5.1 Identifiseer die BBSEB-pilaar wat in die scenario hierbo toegepas word. (2) 2.5.2 Bespreek ander maniere waarop IV die pilaar wat in VRAAG 2.5.1 geïdentifiseer is, kan toepas. (6) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 7 (VRAESTEL 1) GR12 0624 2.6 Beskryf hoe die volgende PESTWO-faktore ʼn uitdaging vir besighede stel: 2.6.1 Wetlik (4) 2.6.2 Sosiaal (4) 2.7 Gee besighede raad oor die stappe in strategie-evaluering. (6) [40] VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 3.1 Noem TWEE salarisbepalingsmetodes wat besighede kan toepas om hul werknemers te vergoed. (2) 3.2 Bespreek kortliks die keuringsprosedure as ʼn menslike hulpbronaktiwiteit. (6) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. EUGENE OPLOSSINGS (EO) Eugene, die bestuurder van EO sal onderhoude voer vir ʼn vakante pos. Hy het ʼn stel vrae voorberei wat tydens die onderhoude gevra sal word. Eugene sal daarna streef om die kandidate op hul gemak te laat voel. Hy het ook ʼn geskikte plek vir die onderhoude bespreek. 3.3.1 Haal TWEE rolle van Eugene, as die onderhoudvoerder, voor die onderhoud aan, uit die scenario hierbo. (2) 3.3.2 Verduidelik die doel van ʼn onderhoud as ʼn menslikehulpbronaktiwiteit. (4) 3.4 Brei uit oor die betekenis van totale gehaltebeheer (TGB). (4) 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VLOER FINESSE SKRYNWERK (VFS) VFS verseker dat alle departemente saamwerk om dieselfde gehaltestandaarde te verkry. Die bestuurder van VFS gebruik verskeie tegnieke om die kwaliteit van hul produkte te verbeter. Identifiseer TWEE gehaltekonsepte wat op VFS van toepassing is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as ʼn RIGLYN om VRAAG 3.5 te beantwoord. GEHALTEKONSEPTE MOTIVERINGS 3.5.1 3.5.2 (6) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 8 (VRAESTEL 1) GR12 0624 3.6 Beskryf hoe besighede die BDKH-model/stappe kan toepas om die gehalte van produkte te verbeter. (6) 3.7 Bespreek die gehalte-aanwysers van die finansiële funksie. (4) 3.8 Gee besighede raad oor die impak van byvoordele. (6) [40] VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWING 4.1 Noem enige VIER van Porter se Vyf Kragte-model wat gebruik word om die posisie in die mark te ontleed. (4) 4.2 Identifiseer die diversifikasiestrategie van toepassing op Morris Vervaardigers in ELKE stelling hieronder. 4.2.1 Morris Vervaardigers het die produkte verder uitgebrei as die mark waarin hy tans bedrywig is. (2) 4.2.2 Hulle het nuwe produkte bygevoeg wat nie verband hou met bestaande produkte nie, en wat aanklank gevind het by ʼn nuwe groep kliënte. (2) 4.3 Verduidelik optredes wat deur die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) as nie-nakoming beskou word. (6) 4.4 Beveel maniere aan waarop besighede die reg op regverdige en eerlike handeling kan bevorder soos uiteengesit in die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008). (6) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 4.5 Noem enige VIER aspekte wat in ʼn dienskontrak ingesluit moet word. (4) 4.6 Verduidelik die redes vir die beëindiging van ʼn dienskontrak. (6) Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 9 (VRAESTEL 1) GR12 0624 4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GROEN SKOENE (GS) GS is ʼn maatskappy wat deurlopend hul prosesse en stelsels verbeter. Die bestuur van GS het gehaltesirkels versoek om probleme wat verband hou met produkte van swak gehalte te ondersoek. GS gebruik gehalte om die doeltreffendheid van sy stelsels te evalueer. Hulle verhoog ook produktiwiteit deur gereelde hersiening van hul kwaliteit prosesse. 4.7.1 Haal TWEE rolle van gehaltesirkels aan as deel van die deurlopende verbetering van prosesse en stelsels in die scenario hierbo. (2) 4.7.2 Bespreek ander rolle van gehaltesirkels as deel van die deurlopende verbetering van prosesse en stelsels. (4) 4.8 Gee besighede raad oor die voordele van ʼn goeie gehaltebestuurstelsel. (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 10 (VRAESTEL 1) GR12 0624 AFDELING C Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op die vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ʼn NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING) Die Sektoronderwys- en Opleidingsowerhede (SOOO’s/’SETAs’) is gestig om die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) te help implementeer. ʼn Begrip van WVO is nodig om die Nasionale Vaardigheids- ontwikkelingstrategie (NVOS) effektief te implementeer. Besighede het behoorlike riglyne oor hoe om aan hierdie Wet te voldoen. Skryf ʼn opstel oor die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO) waarby jy die volgende aspekte insluit:  Bespreek in breë trekke die rol van SOOO’s (‘SETAs’).  Verduidelik die doel van die Nasionale Vaardigheids-ontwikkelingstrategie (NVOS).  Bespreek die impak van die WVO op besighede.  Stel maniere voor waarop besighede aan die WVO kan voldoen. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRONFUNKSIE) Besighede moet bewus wees van die korrekte werwingsprosedures om geskikte kandidate te vind. Baie besighede verkies om van eksterne werwing gebruik te maak om vakatures te adverteer. Die nodige opleiding en deeglike induksie moet deur die menslikehulpbronfunksie verskaf word. Skryf ʼn opstel oor die menslikehulpbronfunksie waarin jy die volgende aspekte bespreek:  Bespreek in breë trekke die werwingsprosedure.  Verduidelik die impak van eksterne werwing op besighede.  Bespreek die belangrikheid van opleiding in die menslikehulpbronomgewing.  Gee besighede raad oor die voordele van induksie. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Business Studies

View all