You're offline
Skip to content
Question paper

BSTD P1 QP AFR JUNE 2024

Subject: Business StudiesGrade 12202410 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 12 BESIGHEIDSTUDIES V1 JUNIE 2024 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 2 NW/Junie 2024 Graad 12 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord. AFDELING VRAAG PUNTE TYD (minute) A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 30 20 B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 vrae 3 40 70 KEUSE: Beantwoord enige TWEE. 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 KEUSE: 30 6 40 Beantwoord enige EEN. TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 3 NW/Junie 2024 Graad 12 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 MT Handelaars het voldoen aan die … toe hy die werksplek ongelukke aangemeld het. A Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) B Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en –siektes ('COIDA'), 1997 (Wet 61 van 1997) C Wet op Vaardigheidsontwikkeling, (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) D Wet op Basiese Diensvoorwaardes, (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) 1.1.2 Maatskappye met 'n salarisrekening van meer as … per jaar kan die vaardigheidsontwikkelingsheffing eis. A R 500, 00 B R 50, 00 C R 500 000, 00 D R 5000, 00 1.1.3 Ora Beperk het die makro-omgewing geskandeer met die nywerheids- instrument: A PESTWO- analise B Porter se Vyf Kragte Model C Strategie D Strategiese Bestuursproses 1.1.4 Besigheid gebruik … as ‘n bron van eksterne werwing. A interneverwysings B interne e-posse C personeelvergaderings D gedrukte media 1.1.5 Vinnige en betroubare datavaslegging is ‘n gehalte-aanwyser van die … funksie. A menslikehulpbron B administrasie- C aankoop- D openbare betrekkinge- (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 4 NW/Junie 2024 Graad 12 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. sosiale; aflê; Nasionale Vaardigheids; NKW; aankope; WVB; Menslikehulpbron; wetlike; afdank; bemarking 1.2.1 Die doel van … is om die ekonomiese belange van verbruikers te beskerm deur toegang tot inligting te verskaf. 1.2.2 Die … Ontwikkelingstrategie bevorder maatskaplike ontwikkeling en help om armoede te verlig. 1.2.3 Jomo Bpk kon nie hul produk verkoop nie weens die taal hindernisse in die gemeenskap. Hierdie faktor staan bekend as … in die PESTWO- analise. 1.2.4 Dazi Konstruksie moes werknemers … weens insolvensie. 1.2.5 Die … funksie is verantwoordelik om klante te wen deur hul behoeftes te bevredig. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 5 NW/Junie 2024 Graad 12 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Wet op Gelyke A hanteer die ontginning van rou Indiensneming (WGI), 1998 materiaal en natuurlike (Wet 55 van 1998) hulpbronne 1.3.2 Primêre sektor B prestasie van elke afdeling word gemeet teen gespesifiseerde 1.3.3 Likwidasie standaarde Beskerm werk 1.3.4 Posbeskrywing C beskryf die pligte en verantwoordelikhede van 'n 1.3.5 Gehaltebestuur spesifieke pos D beskerm werkgewers teen viktimisering as hulle hul regte uitoefen E verkoop onproduktiewe bates om skuld te vereffen F tegnieke wat gebruik word om die gehalte van produkte te verbeter Beskryf die m G beskerm werknemers teen viktimisering as hulle hul regte uitoefen H verwerk rou materiaal in finale produk Beskryf die pl I beskryf die minimum aanvaarbare persoonlike kwaliteite benodig vir die pos J verkoop die hele besigheid om alle laste te vereffen Totale prestas (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 6 NW/Junie 2024 Graad 12 AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem enige VIER bepalings van Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997). (4) 2.2 Beskryf kortliks die regte van werkgewers ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995). (4) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BOTSHELO KONSULTANTE (BK) Botshelo Konsultante het versuim om die jaarlikse gelykheidsplan by die Departement van Arbeid in te dien. Die arbeidsinspekteur het 'n boete aan BK uitgereik omdat hul nie 'n gelykheidsplan ingedien het nie. BK is ook verhoed om sake met die regering te doen. 2.3.1 Haal TWEE strafmaatreëls wat opgelê is aan BK vir nienakoming aan die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) uit die scenario hierbo aan. (2) 2.3.2 Verduidelik die positiewe impak van die Wet op Gelyke Indiensneming op besighede. (4) 2.4 Brei uit oor die betekenis van leerlingskappe. (4) 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SOSO WINKEL (SW) Soso Winkel wou hul verkope verhoog deur voorraad van oorsese markte te koop. SW kon nie aanlyntransaksies gebruik om te betaal vir die voorraad wat nodig was nie. Die werknemers kon nie die nuwe toerusting gebruik nie weens 'n gebrek aan vaardighede. 2.5.1 Identifiseer die PESTWO-faktor wat 'n uitdaging vir SW inhou in die scenario hierbo. (2) 2.5.2 Stel maniere voor waarop SW die uitdagings kan hanteer wat die PESTWO-faktor wat in VRAAG 2.5.1 geïdentifiseer is, bied. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 7 NW/Junie 2024 Graad 12 2.6 Verduidelik enige TWEE integrasie strategieë wat deur besighede gebruik kan word. (6) 2.7 Bespreek die voordele van intensiewe strategieë. (6) 2.8 Gee besighede raad oor die stappe in strategie-evaluering. (4) [40] VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 3.1 Noem enige VIER voorbeelde van werknemer byvoordele. (4) 3.2 Beskryf kortliks die keuringsprosedure. (4) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ZUNATE VERVAARDIGERS (ZV) Zunate Vervaardigers het vakante pos vir 'n rekenmeester. ZV het die vakature op die intranet van die besigheid geadverteer. Hulle het kandidate op die kortlys vir 'n onderhoud genooi. 3.3.1 Identifiseer die metode van werwing gebruik deur ZV in die scenario hierbo. (2) 3.3.2 Verduidelik die rol van die onderhoudvoerder tydens die onderhoud. (6) 3.4 Bespreek die voordele van induksie vir besighede. (4) 3.5 Verduidelik die verskil tussen gehaltebeheer en gehalteversekering. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.5 te beantwoord. GEHALTEBEHEER GEHALTEVERSEKERING (4) 3.6 Bespreek hoe die gehalte van prestasie van die aankoopfunksie tot die sukses van die besigheid kan bydra. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 8 NW/Junie 2024 Graad 12 3.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DOSI ELEKTRONIKA (DE) Dosi Elektronika wou die prosesse en stelsels verbeter om die gehalte van hul produkte te verhoog. DE het die probleme geïdentifiseer en het 'n plan ontwikkel om die prosesse en stelsels te verbeter. Hulle het data gebruik om die resultate van verandering te ontleed. Identifiseer TWEE stappe van die BDKH-model wat DE toegepas het. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.7 te beantwoord. STAPPE VAN DIE BDKH-MODEL MOTIVERINGS 1. 2. (6) 3.8 Gee besighede raad oor die rol van gehaltesirkels as deel van deurlopende verbetering van prosesse en stelsels. (6) [40] VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 4.1 Noem enige TWEE tipes besigheidsomgewings. (2) 4.2 Identifiseer die volgende pilare van BBSEB geïmplementeer deur Kite Myne in ELK van die stellings hieronder: 4.2.1 Kite Myne moet hul aandele uitreik aan die swart werknemers wat vir die maatskappy werk. (2) 4.2.2 Die myn het Mev Finky bevorder om deel te wees van die senior bestuurders in die produksie afdeling. (2) 4.3 Verduidelik die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie. (4) 4.4 Bespreek enige TWEE soorte diversifikasiestrategieë. (6) 4.5 Stel maniere voor waarop besighede aan die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) kan voldoen. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 9 NW/Junie 2024 Graad 12 BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 4.6 Beskryf kortliks die plasingsprosedure. (6) 4.7 Brei uit oor die betekenis van induksie. (4) 4.8 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MOUNTAIN VIEW GASTEHUIS (MG) Mountain View Gastehuis spesialiseer in verblyf en spa-dienste. Hulle kan dit bekostig om verouderde toerusting van die spa te vervang. Hulle is in staat om prestasie te verbeter en hoë gehaltestandaarde in hul besigheid te handhaaf. Identifiseer TWEE Totale Gehaltebestuur (TGB) elemente toegepas deur MG. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.8 te beantwoord. TGB ELEMENTE MOTIVERINGS 1. 2. (6) 4.9 Stel maniere voor waarop totale gehaltebestuur (TGB) die koste van gehalte kan verminder. (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 10 NW/Junie 2024 Graad 12 AFDELING C Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL : Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING) Die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) verskaf 'n raamwerk om die kredietmark te reguleer. Dit beskerm die regte van verbruikers en verskaf riglyne oor hoe besighede hierdie Wet moet nakom. Besighede kan strafmaatreëls in die gesig staar indien hulle nie die Nasionale Kredietwet nakom nie. Skryf 'n opstel oor die Nasionale Kredietwet waarby jy die volgende aspekte insluit:  Beskryf kortliks die regte van verbruikers ten opsigte van die Nasionale Kredietwet.  Verduidelik maniere waarop besighede die NKW kan nakom.  Bespreek die impak van die NKW op besighede.  Gee besighede raad oor die strafmaatreëls wat hulle in die gesig kan staar indien hulle nie die Wet nakom nie. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRONFUNKSIE) Die menslikehulpbronbestuurder is verantwoordelik vir die werwing van hardwerkende kandidate. Geskikte kandidate kan ekstern gewerf word deur verskeie werwingsbronne te gebruik. Dit is belangrik vir die MH-afdeling om onderhoude te voer om die inligting te verifieer. Opleiding van werknemers sal die prestasie van die onderneming verbeter. Skryf 'n opstel oor die menslikehulpbronfunksie waarby jy die volgende aspekte insluit:  Beskryf kortliks die werwingsprosedure.  Verduidelik die impak van eksterne werwing op ‘n besigheid.  Bespreek die doel van 'n onderhoud.  Gee besighede raad oor die belangrikheid van opleiding/ vaardigheidsontwikkeling in menslikehulpbron. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Business Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all