Skip to content
Question paper

Business Studies Grade 12 P2 North West June 2024 QP (Afr)

Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Business StudiesGrade 1220249 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 12 BESIGHEIDSTUDIES V2 JUNIE 2024 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 2 NW/Junie 2024 Graad 12 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B en die EERSTE antwoord op die vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ‘n antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ‘n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord. AFDELING VRAAG PUNTE TYD (minute) A: Objektiewe tipe vrae 1 30 20 VERPLIGTEND B: DRIE direkte/indirekte 2 40 ………tipe vrae 3 40 KEUSE: 70 Beantwoord enige TWEE. 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 KEUSE: 30 Beantwoord enige EEN. 6 40 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 3 NW/Junie 2024 Graad 12 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 Die … leierskapteorie moedig volgelinge aan om verandering in die werkplek te aanvaar. A situasionele B transformasie C leiers en volgelinge D charismatiese 1.1.2 ‘n Minimum van ... moet in die RSA kleinhandelspaareffekte belê word. A R 1 000 B R 5 000 C R 500 D R 600 1.1.3 Meuler Handelaars het ... as ‘n moeilike persoonlikheid hanteer toe hulle na Janes se kritiek geluister het sonder om met hom saam te stem. A aggressie B kundigheid C besluiteloosheid D klaers 1.1.4 Oordryf van die meriete van ‘n produk/vals beloftes. A Pryse van goedere in landelike gebiede B Billike advertensies C Onbillike advertensies D Belasting 1.1.5 EEN van die stappe wat besighede kan oorweeg in probleem- oplossing in die werkplek: A Identifiseer moontlike oplossings vir die probleem B Verskaf ontspanningsgeriewe C Bied ondersteuning D Implementeer dissiplinêre maatreëls (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 4 NW/Junie 2024 Graad 12 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Saamgestelde rente; besluitneming; leierskap, Onderversekering; storm; Enkelvoudige rente; normering; ..Probleemoplossing; ..bestuur; Oorversekering 1.2.1 ... is die proses om ‘n situasie te ontleed om strategieë te identifiseer om verandering teweeg te bring. 1.2.2 Spanlede maak oop teenoor mekaar en bevraagteken mekaar se idees/perspektiewe. 1.2.3 … beteken dat die ekstra geld wat aan premies betaal word, nie uitbetaal sal word aan die versekeraar, indien daar ‘n eis vir ‘n verlies is. 1.2.4 Die beheer van stelsels en prosedures om die werk gedoen te kry, staan bekend as ... 1.2.5 Rente word op die hoër hoofsombedrag bereken en weer daarby gevoeg. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 5 NW/Junie 2024 Graad 12 1.3 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer bv. 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Nominale groep A die koopkrag van geld neem af tegniek 1.3.2 Samewerking B hierdie bepaling is van toepassing wanneer eiendom/goedere oorverseker is 1.3.3 Likiditeit C die opbrengs op belegging in aandele wat gereeld deur ‘n maatskappy aan sy aandeelhouers betaal word 1.3.4 Kapitaalwins D bereidwilligheid om as ‘n eenheid saam te werk om spandoelwitte te bereik 1.3.5 Herinbesitstelling E tegniek om onderwerping aan groep te voorkom F die opbrengs op belegging op vaste bates/eiendom/beleggings G ‘n bepaling wat deur die versekeraar gestel is wat van toepassing is wanneer goedere/eiendom onderverseker is/vir minder as die markwaarde verseker is H toon respek vir die kennis/vaardighede van ander lede I mense verkry idees van ander en bou daarop J dit word gebruik om die gemak en spoed waarmee beleggers ‘n belegging in kontant kan omskep te beskryf. (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 6 NW/Junie 2024 Graad 12 AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op ‘n nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ‘n NUWE bladsy, VRAAG 3 op ‘n NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 2.1 Noem enige VIER tipes voorkeuraandele. (4) 2.2 Beskryf kortliks die regte van gewone aandeelhouers. (6) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KALUDI DEKOR EN AFLEWERING (KDA) Kaludi DA verskaf dienste soos dekor en aflewerings. Die werknemers van KDA neem deel aan sakebesluite. Werknemers ervaar persoonlike groei/ontwikkeling aangesien hulle toegelaat word om besluite op hul eie te neem. Verkeerde besluite kan deur onervare personeellede geneem word. 2.3.1 Haal TWEE impakte aan van die demokratiese leierskapstyl wat deur KDA in die scenario hierbo toegepas word. (2) 2.3.2 Verduidelik ander impakte van die demokratiese leierskapstyl. (6) 2.4 Bespreek die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap. (6) 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WIGZIZ VERSEKERINGSKORPORASIE(WVK) Wigziz-versekeringskorporasie lewer dienste aan maatskappye tydens moeilike tye. Hulle moedig besighede aan om alle inligting bekend te maak wat die omvang van die risiko kan beïnvloed. WVK se doel is om finansiële sekuriteit te bied aan versekerdes tydens aftrede/die afhanklikes van die oorledene. Identifiseer TWEE beginsels van versekering wat deur WVK aangespreek word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 2.5 te beantwoord. BEGINSEL VAN VERSEKERING MOTIVERING 1. 2. (6) 2.6 Bespreek bybetaling as ‘n konsep van versekering. (6) 2.7 Adviseer besighede oor die funksies van die Johannesburgse Effektebeurs. (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 7 NW/Junie 2024 Graad 12 VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE 3.1 Noem enige DRIE tipes onprofessionele sakepraktyke. (3) 3.2 Beskryf kortliks hoe belasting as ‘n tipe onetiese sakepraktyk uitdagings aan besighede stel. (6) Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 3.3 GEHARD LOGISTIEKE (GL) Gehard Logistieke spesialiseer in vervoerdienste met bestuurders met ‘n hoë spangees. Verskille tussen lede by GL word waardeer en gebruik om die span se prestasie te verbeter. 3.3.1 Identifiseer die stadium van spanontwikkeling wat deur GL toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) 3.3.2 Verduidelik die betekenis van die stadium van spanontwikkeling wat (4) in VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is. 3.4 Bespreek die belangrikheid van spandinamikateorieë. (6) 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GLYSKOENGALERY (GSG) Die bestuur van GSG oorweeg die moontlikheid om 'n nuwe mark vir hul produkte te ontwikkel. GSG moet na beide die voor- en nadele kyk voordat 'n ander fabriek gestig word. 3.5.1 Noem die probleemoplossingstegniek wat deur GSG in die scenario hierbo gebruik word. (2) 3.5.2 Beskryf die impak van die probleemoplossingstegniek wat in VRAAG 3.5.1 geïdentifiseer is. (6) 3.6 Verduidelik hoe besighede die dinkskrum-tegniek kan toepas om komplekse sakeprobleme op te los. (4) 3.7 Adviseer besighede oor konflikhantering in die werkplek. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 8 NW/Junie 2024 Graad 12 VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSGELEENTHEDE 4.1 Noem enige VIER tipes versekerbare risiko’s. (4) 4.2 Beskryf kortliks die verskille tussen versekering en assuransie. (4) 4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KAZAN FIETSRYERS KORPORASIE Katlego besit 'n vinnig groeiende fietsmaatskappy. Sy moedig werknemers aan om hard te werk omdat hulle belonings sal ontvang. 4.3.1 Identifiseer die leierskapstyl wat deur Katlego in die scenario hierbo toegepas word. (2) 4.3.2 Verduidelik die toepassing van die leierskapstyl wat in VRAAG 4.3.1 geïdentifiseer is. (4) 4.4 Adviseer besighede oor die impak van aandele as ‘n vorm van belegging. (6) BESIGHEIDSROLLE 4.5 Beskryf kortliks die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (4) 4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MAPS HANDEL LTD Maps is 'n toonaangewende vervaardiger van elektriese motors en sy ervaar 'n groot aanvraag vir haar produkte. Daar heers 'n klimaat van respek, vertroue en eerlikheid in haar teenwoordigheid. Alle take moet voltooi word voordat die span uiteindelik ontbind. Spanne waardeer die bydraes van individuele lede en bereik konsensus oor verskille. 4.6.1 Haal TWEE kenmerke van suksesvolle spanne uit die scenario hierbo aan. (2) 4.6.2 Verduidelik ander kenmerke van suksesvolle spanne. (4) 4.7 Bespreek hoe seksuele teistering, as ‘n tipe onprofessionele sakepraktyk, uitdagings aan besighede stel. (6) 4.8 Beveel maniere aan waarop besighede moeilike werknemers in die werkplek (4) kan hanteer. [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 9 NW/Junie 2024 Graad 12 AFDELING C Beantwoord ENIGE EEN vraag in die afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op ‘n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ‘n nuwe bladsy OF VRAAG 6 op ‘n NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGINGS VERSEKERING) Sommige besighede is nie goed vertroud met die verskille tussen verpligte en nie- verpligte versekering nie. Die meeste maatskappye is bewus van voordele wat betaal moet word wanneer padgebruikers verongeluk of beseer word. Ander maatskappye geniet die voordele van versekering. Baie besighede beskou die registrasie van werknemers by die Vergoedingsfonds/WVBBS as 'n administratiewe las. Skryf ‘n opstel oor versekering waarin jy die volgende aspekte insluit:  Beskryf kortliks die verskille tussen verpligte en nie verpligte versekering.  Verduidelik die Padongelukkefonds.  Bespreek die voordele van versekering vir besighede.  Adviseer besighede oor die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes as ‘n tipe verpligte versekering. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (ETIEK EN PROFESSIONALISME) Professionele gedrag vorm deel van effektiewe sakepraktyk wat werknemers se gedrag in die werkplek rig. Suksesvolle besighede pas die King Kode-beginsels toe. Baie besighede stem saam dat onbillike pryse in landelike gebiede en belasting 'n negatiewe impak op hul bedrywighede het. Besighede moet ook bewus wees van maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe sakepraktyke uitgevoer behoort te word. Skryf ‘n opstel oor etiek en professionalisme waarin jy die volgende aspekte insluit:  Beskryf kortliks die verskille tussen etiese en professionele gedrag.  Verduidelik hoe die King Kode beginsels toegepas kan word in besighede.  Bespreek maniere waarop besighede die pryse van goedere in landelike gebiede en belasting/belastingontduiking kan hanteer.  Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en doeltreffende sakepraktyke uitgevoer moet word. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Business Studies

View all