Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
BESIGHEIDSTUDIES V2
NOVEMBER 2024
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--796a645e-d833-46c0-ab8a-10ce7d6f9e8c/v1-ea69884a8c9f6933b537/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--49c7d55b-6c2c-436c-811b-0cf03cc1d777/v1-24536a5817d2f19214de/card.webp)


View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 352.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
November NSC 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Besigheidstudies/V2 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
wat vereis word.
Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in
AFDELING B en die antwoord op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C
nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
elke vraag beantwoord.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40
KEUSE: 70
3 40
Beantwoord enige TWEE. 4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30
KEUSE:
Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. Nov
1.1.1 Die leierskapstyl waar ondergeskiktes deskundiges is en volle
verantwoordelikheid vir hulle aksies neem:
A Transaksioneel
B Demokraties
C Laissez-faire
D Charismaties
1.1.2 Die hoofdoelwit van 'n … is om wedersydse voordeel vir hulle lede
te skep.
A vennootskap
B koöperasie
C maatskappy in staatsbesit
D private maatskappy
1.1.3 Chidere Ondernemings gebruik fynskrif om misleidende inligting te
versteek wanneer hulle hulle produkte bevorder. Dit staan as …,
'n tipe onetiese sakepraktyk, bekend.
A belasting
B prysbepaling van goedere in landelike gebiede
C billike advertering
D onbillike advertering
1.1.4 Die rol van gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers is om …
A seker te maak dat beskermende klere beskikbaar is.
B veiligheidsklere aan werknemers te verskaf.
C voorgeskrewe veiligheidstoerusting te gebruik.
D toerusting gereeld in stand te hou.
1.1.5 Amajuba-spanlede implementeer … as 'n kriterium vir suksesvolle
spanprestasie deur ooreen te kom oor metodes om die werk gedoen
te kry, sonder om tyd te mors op konflikoplossing.
A gedeelde waardes
B kommunikasie
C samewerking
D interpersoonlike gesindhede en gedrag (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
bonus-; beperkte; konflik; kulturele; plakkate; grief; sosiale;
uitdeelstukke; onbeperkte; stigters-
1.2.1 Visco Beperk het … aandele aan die promotors van die maatskappy
uitgereik.
1.2.2 Ben het aan die begin van die aanbieding … versprei om die gehoor
se aandag te trek.
1.2.3 Die aandeelhouers van Blake Bpk. het … aanspreeklikheid en kan
slegs die bedrag wat hulle in die maatskappy belê het, verloor.
1.2.4 'n Meningsverskil tussen twee of meer partye by die werkplek staan
as 'n … bekend.
1.2.5 Werknemers by Mawethu Handelaars mag gedurende hulle
etenspouses hulle eie taal gebruik; dit bevorder hulle … reg in die
werkplek. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Sekuriteitstelling A laat werknemers toe om in stilte, op
hulle eie, baie idees te genereer
1.3.2 Aflosbare
voorkeuraandele B bestuurders moet hulle feite ken
wanneer hulle met hierdie tipe
1.3.3 Nominale groeptegniek persoonlikheid te doen het
1.3.4 Aanspreeklikheid C besigheidsbesluite moet vir alle
belanghebbendes duidelik wees
1.3.5 Kundige
D op die beginsel van indemnifikasie
gebaseer
E kan volgens die keuse van die
uitreikingsmaatskappy teruggekoop
word
F bestuurders moet die tyd van die
bespreking beperk wanneer hulle
met hierdie tipe persoonlikheid te
doen het
G op die beginsel van sekerheid
gebaseer
H laat werknemers toe om lukraak
voorstelle hardop te genereer
I besigheid moet verantwoordelikheid
vir hulle besluite neem
J kan slegs teruggekoop word
wanneer die maatskappy toemaak
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv.
VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Noem enige VIER tipes beleggingsgeleenthede. (4)
2.2 Beskryf kortliks die voordele van 'n maatskappy in staatsbesit. (6)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
AKHONA HANDELAARS (AH)
Akhona Handelaars het voorraad ter waarde van R400 000 gekoop, maar dit
vir slegs R200 000 verseker. 'n Brand het in die pakhuis ontstaan en voorraad
ter waarde van R80 000 vernietig.
2.3.1 Noem die versekeringsklousule wat in die scenario hierbo op AH van
toepassing is. (2)
2.3.2 Bereken die bedrag wat AH as vergoeding van die versekeraar sal
ontvang. Toon ALLE berekeninge. (4)
2.4 Verduidelik aspekte wat in ag geneem moet word wanneer 'n multimedia-
aanbieding ontwerp word. (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
EXCLUSIVE ARGITEKTE (EA)
Exclusive Argitekte werk in 'n mededingende omgewing en moes die
ontwerpe van hulle behuisingsplanne verbeter. Die bestuur van EA verskaf
emosionele ondersteuning aan werknemers deur berading sodat hulle hulle
idees meer vrylik kan deel.
2.5.1 Identifiseer die leierskapteorie wat EA gebruik. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
2.5.2 Verduidelik EEN ander leierskapsteorie. (3)
2.6 Bespreek die impak van die outokratiese leierskapstyl op besighede. (6)
2.7 Beveel maniere aan waarop aanbieders op 'n nie-aggressiewe en
professionele wyse terugvoering kan hanteer. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Noem enige TWEE fokusareas van korporatiewe maatskaplike investering
(KMI). (2)
3.2 Beskryf kortliks die verantwoordelikhede van werkers om menslike
gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder. (6)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TORNADO MEUBELS (TM)
Tornado Meubels spesialiseer in die vervaardiging van sitkamerstelle. Hulle
monitor hulle werknemers uurliks om te verseker dat take betyds voltooi word.
Die bestuur laat slegs sekere werknemers toe om toegang tot die
besigheidsfondse te hê. TM versterk ook die spangees onder die werknemers
sodat hulle verantwoordelik voel vir dit wat bereik moet word.
3.3.1 Haal TWEE maniere uit die scenario hierbo aan waarop TM die
misbruik van werkstyd as 'n tipe onprofessionele sakepraktyk
hanteer. (2)
3.3.2 Verduidelik ander maniere waarop TM die misbruik van werkstyd as
'n tipe onprofessionele sakepraktyk in die werkplek kan hanteer. (4)
3.4 Beveel maniere aan waarop besighede 'n omgewing kan skep wat kreatiewe
denke in die werkplek bevorder. (6)
3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MEDAL ONTWERPERS (MO)
Medal Ontwerpers het aan Pumla die verantwoordelikheid gegee om 'n span
ervare en hoogs bekwame lede te bestuur. Spanlede kan die
besluitnemingsproses hanteer sonder dat Pumla oor hulle toesig hou. Hulle is
ook bewus van die belangrikheid van spandinamika-teorieë om spanprestasie
te verbeter.
3.5.1 Noem die stadium van spanontwikkeling wat in die scenario hierbo
van toepassing is. (2)
3.5.2 Bespreek die belangrikheid van spandinamika-teorieë in die
verbetering van spanprestasie. (6)
3.6 Verduidelik hoe besighede konflik in die werkplek moet hanteer. (6)
3.7 Stel maniere voor waarop besighede geslag as 'n diversiteitskwessie in die
werkplek kan hanteer. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Noem enige TWEE soorte verpligte versekering. (2)
4.2 Beskryf kortliks die voordele van versekering vir besighede. (6)
4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ELANGE BEPERK (EB)
Die bestuur van Elange Beperk het hulle toekomsplanne vir uitbreiding aan
die aandeelhouers aangebied. Hulle het PowerPoint, slimpenne en blaaiborde
gebruik om hulle aanbieding interessant te maak. Bestuur het ook
kommentaar van die aandeelhouers in ag geneem om hulle volgende
aanbieding te verbeter.
4.3.1 Noem TWEE visuele hulpmiddele wat EB in die scenario hierbo
gebruik het. (2)
4.3.2 Stel die areas van verbetering voor wat die bestuur vir hulle
volgende aanbieding in ag moet neem. (4)
4.4 Verduidelik hoe kapitaal as 'n kriterium tot die sukses en/of mislukking van 'n
private maatskappy kan bydra. (6)
BESIGHEIDSROLLE
4.5 Noem enige VIER probleemoplossingstappe. (4)
4.6 Verduidelik maniere waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die
welstand van werknemers te bevorder. (6)
4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
BARROWS HANDELAARS (BH)
Barrows Handelaars verkoop fietse aan verskeie afsetpunte. Hulle behandel
alle werknemers met respek, ongeag hulle sosio-ekonomiese status. Die
bestuur van BH moedig oop kommunikasiekanale tussen hulle en
werknemers aan.
Identifiseer TWEE menseregte wat deur BH bevorder word. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.7 te beantwoord.
MENSEREGTE MOTIVERINGS
1.
2. (6)
4.8 Beveel maniere aan waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
effektiewe sakepraktyk deur besighede uitgevoer moet word. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: SEKURITEITE)
Beleggers kan aandele bekom van maatskappye wat op die Johannesburgse
Sekuriteitebeurs (JSE) genoteer is. Hulle neem verskillende faktore in ag wanneer
beleggingsbesluite geneem word om die beste opsie te kies. Besighede verkies om in
effektetrusts te belê en hulle vergelyk ook enkelvoudige en saamgestelde rente wat
deur finansiële instellings aangebied word.
Skryf 'n opstel oor beleggingsekuriteite waarby jy die volgende aspekte insluit:
Beskryf kortliks die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE).
Verduidelik enige VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer
beleggingsbesluite geneem word.
Bespreek die impak van effektetrusts as 'n beleggingsvorm.
Gee besighede raad oor die verskille tussen enkelvoudige rente en saamgestelde
rente. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID EN
KORPORATIEWE MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID/
KORPORATIEWE MAATSKAPLIKE INVESTERING)
Korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en korporatiewe maatskaplike
investering stel besighede in staat om aktief betrokke te wees by die projekte wat die
gemeenskap positief bevoordeel. Suksesvolle besighede streef daarna om die
verhouding tussen maatskaplike verantwoordelikheid en drievoudige sleutelaspekte te
handhaaf en om maniere te vind om werkloosheid as 'n sosio-ekonomiese kwessie
te hanteer.
Skryf 'n opstel oor maatskaplike verantwoordelikheid en korporatiewe maatskaplike
verantwoordelikheid waarby jy die volgende aspekte insluit:
Beskryf kortliks die doel van korporatiewe maatskaplike investering (KMI).
Bespreek die impak van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV) op
gemeenskappe.
Verduidelik die verhouding tussen maatskaplike verantwoordelikheid en
drievoudige sleutelaspekte.
Stel maniere voor waarop besighede werkloosheid as 'n sosio-ekonomiese kwessie
kan hanteer. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--796a645e-d833-46c0-ab8a-10ce7d6f9e8c/v1-ea69884a8c9f6933b537/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2024 QP (Eng)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--49c7d55b-6c2c-436c-811b-0cf03cc1d777/v1-24536a5817d2f19214de/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 NSC June 2024 QP (Eng)

Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2024 Memo
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum