Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
BESIGHEIDSTUDIES V1
NOVEMBER 2024
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 


%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--68f42440-ea0f-45e4-8c44-74ac14795fd5/v1-61951a0dfdf6d9fbca29/card.webp)


View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 274.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
November NSC 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Besigheidstudies/V1 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
wat vereis word.
Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in
AFDELING B en die antwoord op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C
nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
elke vraag beantwoord.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40
KEUSE: 70
3 40
Beantwoord enige TWEE. 4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40
30
KEUSE:
6 40
Beantwoord enige EEN.
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. Nov
1.1.1 Hierdie Wet voorkom diskriminasie op grond van ras, geslag en
gestremdheid in die werkplek:
A Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008)
B Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
C Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75
van 1997)
D Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
1.1.2 Niemand Handelaars ondervind 'n hoë werknemer-omset. Dit word
as 'n … in die SSGB-ontleding geklassifiseer.
A swak punt
B bedreiging
C geleentheid
D sterk punt
1.1.3 Mabasa Ondernemings het … beheer oor verskaffers wat die pryse
van hulle produkte verhoog (nie).
A volle
B geen
C beperkte
D totale
1.1.4 Die rol van die aansoeker tydens 'n onderhoud is om …
A die onderhoudvoerder gemaklik te laat voel.
B die doel van die onderhoud aan die paneel te verduidelik.
C antwoorde op moontlike vrae voor te berei.
D vrae te vra om duidelikheid oor die pos te kry.
1.1.5 Besighede gebruik masjinerie en toerusting optimaal gedurende
die …-funksie.
A aankoop
B produksie
C bemarkings
D administrasie (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
werkgewer; sekondêre; plasing; terugwaartse vertikale; beplan;
keuring; voorwaartse vertikale; handel; werknemer; tersiêre
1.2.1 Die … het die reg om 'n wettige staking te onderneem as 'n
regstelling vir griewe.
1.2.2 Sizwe Bakkery het die …-integrasiestrategie toegepas toe hulle 'n
koringplaas gekoop het.
1.2.3 Fazzel Haarsalon word in die … sektor bedryf aangesien hulle in die
verkoop van haarprodukte spesialiseer.
1.2.4 Die werknemer se kwalifikasies en vaardighede word gedurende die
…-prosedure by die vereistes van die pos gepas.
1.2.5 Monwa Plastiek hersien voortdurend hulle prosesse om die gehalte
van hulle produkte te verbeter. Dit staan as die …-stap in die
BDKH-model bekend. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Leerlingskap A proses om potensiële kandidate vir
beskikbare vakante poste te vind
1.3.2 Wysigingswet op
Vergoeding vir B groot besighede kan as gevolg van
Beroepsbeserings en swak kommunikasie doeltreffende
-siektes, 1997 (Wet 61 opleiding voorkom
van 1997)
C verseker dat die eienskappe van
1.3.3 Werwing goedere 'n spesifieke behoefte
bevredig
1.3.4 Gehaltebeheer
D beskerm werknemers wat as
1.3.5 Voldoende finansiering gevolg van 'n werkplekongeluk
en kapasiteit arbeidsongeskik raak
E praktiese opleidingsgeleenthede
wat tot 'n erkende kwalifikasie lei
F proses om 'n kandidaat se
geskiktheid vir die pos te bepaal
G beskerm werknemers wat onbillik
by die werkplek afgedank word
H praktiese opleidingsgeleenthede
vir deurlopende professionele
ontwikkeling
I groot besighede kan bekostig om
stelsels in te stel om defekte in
produkte te voorkom
J verseker dat klaarprodukte aan die
vereiste standaarde voldoen
(5 x 2) (10)
TOTAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv.
VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem enige TWEE soorte diversifikasiestrategieë. (2)
2.2 Beskryf kortliks die voordele van intensiewe strategieë. (6)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MONDO VERVAARDIGERS (MV)
Mondo Vervaardigers spesialiseer in die produksie van winterkomberse.
MV stort hulle chemiese afval van die vervaardigingsproses in die plaaslike
rivier om koste te bespaar.
2.3.1 Noem die PESTWO-faktor wat in die scenario hierbo op MV van
toepassing is. (2)
2.3.2 Beveel maniere aan waarop MV die uitdagings, gestel deur die
PESTWO-faktor wat in VRAAG 2.3.1 genoem is, kan hanteer. (4)
2.4 Bespreek enige TWEE soorte defensiewe strategieë. (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LASS VERSKAFFERS (LV)
Lass Verskaffers het die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging
(BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) toegepas. Hulle het Sandile tot 'n senior
uitvoerende pos bevorder om op hulle direksie te dien.
2.5.1 Noem die pilaar van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese
Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) wat LV in die
scenario hierbo toegepas het. (2)
2.5.2 Beskryf die doel van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese
Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003). (4)
2.6 Verduidelik maniere waarop besighede aan die Wet op Verbruikers-
beskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) kan voldoen. (4)
2.7 Bespreek die impak van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995
(Wet 66 van 1995) op besighede. (6)
2.8 Gee besighede raad oor die strategiese bestuursproses. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Noem enige VIER bronne van interne werwing. (4)
3.2 Beskryf kortliks die rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud. (4)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TOBBI LOGISTIEK (TL)
Tobbi Logistiek het 'n indiensnemingskontrak vir Thabo, 'n pas aangestelde
vervoertoesighouer, opgestel. Bestuur het die bepalings en voorwaardes
van die indiensnemingskontrak aan hom verduidelik. Thabo het die
geleentheid gekry om die kontrak te lees voordat hy dit geteken het. TL het
ook die redes beklemtoon waarom 'n indiensnemingskontrak beëindig kon
word.
3.3.1 Haal TWEE regsvereistes van 'n indiensnemingskontrak uit die
scenario hierbo aan. (2)
3.3.2 Gee besighede raad oor die redes vir die beëindiging van 'n
indiensnemingskontrak. (4)
3.4 Bespreek die implikasies van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998
(Wet 55 van 1998) op die menslikehulpbron-funksie. (6)
3.5 Beskryf kortliks die voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel. (4)
3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MOOSA BEPERK (MB)
Moosa Beperk verkoop bergingshouers aan klein besighede.
MB hou hulle boekhoudingsrekords deurlopend op datum om te verseker
dat hulle belastingbetaling aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID)
betyds en akkuraat is.
3.6.1 Identifiseer die besigheidsfunksie wat op MB in die scenario hierbo
van toepassing is. (2)
3.6.2 Verduidelik ander gehalteaanwysers van die besigheidsfunksie wat
in VRAAG 3.6.1 geïdentifiseer is. (4)
3.7 Bespreek die impak van totale klante-/kliënte-tevredenheid as 'n element
van totale gehaltebestuur (TGB) op groot besighede. (6)
3.8 Beveel maniere aan waarop totale gehaltebestuur (TGB) die koste van
gehalte kan verminder. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Noem enige VIER bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
(WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997). (4)
4.2 Beskryf kortliks die regte van verbruikers ten opsigte van die Nasionale
Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005). (6)
4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SKOENBOETIEK (SB)
Skoenboetiek het 'n strategie ingestel wat daarop gemik was om hulle
kliëntediens te verbeter as gevolg van 'n afname in verkope. Die bestuur van
SB het die doeltreffendheid van hulle strategie geëvalueer. SB het dwarsdeur
die implementeringsproses die onderliggende basis van hulle strategie
bestudeer. Hulle het ook die impak van die geïmplementeerde strategie op
hulle interne en eksterne omgewings geanaliseer.
4.3.1 Haal TWEE stappe in strategie-evaluering wat deur SB
geïmplementeer is, uit die scenario hierbo aan. (2)
4.3.2 Verduidelik ander stappe in strategie-evaluering. (4)
4.4 Gee besighede raad oor hoe hulle die mag van verskaffers as 'n krag van
Porter se Vyf Kragte-model kan toepas om hulle posisie in die markomgewing
te analiseer. (4)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5 Noem enige VIER aspekte wat by 'n indiensnemingskontrak ingesluit moet word. (4)
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
MPHEMBA KONSTRUKSIE (MK)
Mphemba Konstruksie het 'n posontleding vir die vakante pos van 'n
projekbestuurder opgestel. MK het aangedui dat aansoekers 'n diploma in
konstruksie moes hê. Die suksesvolle kandidaat sal vorderingsverslae oor
aangewese projekte opstel.
Identifiseer TWEE komponente van 'n posontleding wat deur MK gebruik is.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.6 te beantwoord.
KOMPONENTE VAN 'N POSONTLEDING MOTIVERINGS
1.
2. (6)
4.7 Verduidelik die rol van gehaltesirkels as deel van deurlopende verbetering van
prosesse en stelsels. (6)
4.8 Gee besighede raad oor die gehalteaanwysers van die algemene bestuurs-
funksie. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
Die basiese doelwit van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97
van 1998) is om die kennis en vermoëns van die arbeidsmag uit te brei. SOOO's is
gestig om die implementering van die WVO te fasiliteer. Daar word van besighede
verwag om aan hierdie Wet te voldoen en ten volle vertroud met die vereistes daarvan
te wees.
Skryf 'n opstel oor die Wet op Vaardigheidsontwikkeling waarby jy die volgende
aspekte insluit:
Beskryf kortliks die rol van SOOO's in die ondersteuning van die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling.
Verduidelik die doel van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling.
Bespreek die impak van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling op besighede.
Beveel maniere aan waarop besighede aan hierdie Wet kan voldoen. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRON-FUNKSIE)
Besighede wat die korrekte keuringsprosedures volg, is in staat om geskikte en
gekwalifiseerde kandidate vir vakante poste te identifiseer. Hulle gebruik ook
verskillende salarisbepalingsmetodes om te verseker dat hulle werknemers korrek
vergoed word. Besighede wat byvoordele en induksie vir nuwe werknemers aanbied,
sal meer waarskynlik 'n produktiewe arbeidsmag hê.
Skryf 'n opstel oor die menslikehulpbron-funksie waarby jy die volgende aspekte
insluit:
Beskryf kortliks die keuringsprosedure as 'n menslikehulpbron-aktiwiteit.
Verduidelik die TWEE salarisbepalingsmetodes.
Bespreek die impak van byvoordele op besighede.
Gee besighede raad oor die voordele van induksie. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC Memo (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--68f42440-ea0f-45e4-8c44-74ac14795fd5/v1-61951a0dfdf6d9fbca29/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 North West June 2024 QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2024 Memo
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum