NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
BESIGHEIDSTUDIES V1
NOVEMBER 2024
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 28 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 




%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--68f42440-ea0f-45e4-8c44-74ac14795fd5/v1-61951a0dfdf6d9fbca29/card.webp)
View all

%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)



Business Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC Memo (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 1 memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 28
- File size
- 431.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 28
This exam
November NSC 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Besigheidstudies/V1 2 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
NOTAS AAN NASIENERS
INLEIDING
Die notas aan nasieners word voorsien vir gehalteversekeringsdoeleindes om die volgende te
verseker:
(a) Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die nasienstandaard
(b) Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
(c) Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum nasieners oor die
hele land
(d) Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak by
skole/onderwysinstellings
1. Vir nasien- en modereringsdoeleindes word die volgende kleure aanbeveel:
Nasiener: Rooi
Senior Nasiener: Groen
Adjunkhoofnasiener: Oranje
Hoofnasiener: Pienk
Interne moderator: Swart/Blou
DBE-moderator: Turkoois
2. Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal
egter van die aard van die vraag afhang.
3. Omvattende nasienriglyn word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
Behoorlike oorweging moet gegee word aan 'n antwoord wat korrek is, maar:
• 'n Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyn gegee word
• Uit 'n ander betroubare bron kom
• Oorspronklik is
• 'n Ander benadering gebruik
LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.
4. Neem kennis van ander verwante antwoorde deur kandidate verskaf, wat
verband hou met 'n spesifieke vraag en ken punte dienooreenkomstig toe. (In
die geval waar die antwoord onduidelik is of 'n mate van begrip aandui, moet
deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een punt in plaas van die maksimum van
twee punte.)
5. Die woord 'Submaks' word gebruik om die toekenning van punte binne 'n vraag
of subvraag te vergemaklik.
6. Die doel daarvan om punte aan die regterkant te omkring (gelei deur 'maks' in
die uiteensetting van die punte) is om konsekwentheid en akkuraatheid te
verseker met die nasien van die skrifte, as ook vir berekening en die
modereringsproses.
7. Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die
subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte. Dit moet deur 'maks' in
die nasienriglyn van punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet in
die linkerkantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.
8. In 'n indirekte vraag moet die teorie en die antwoorde relevant en met die vraag
verband hou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 3 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
9. Korrekte nommering van antwoorde van vrae of subvrae in AFDELING A en B
word sterk aanbeveel. Indien die nommering verkeerd is, volg die volgorde van
die kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word, indien
laasgenoemde nie duidelik is nie.
10. Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui aan
met 'n 'H'.
11. Die verskil tussen 'evalueer' en 'kritiese evaluering' kan soos volg verduidelik
word:
11.1 Wanneer 'evalueer' gevra word, word daar van kandidate verwag om te
antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n neutrale
(positiewe en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: 'COIDA
verminder tyd en koste wat spandeer word √ op lang siviele
hofgedinge. √
11.2 Wanneer 'kritiese evaluering' gevra word, word daar van kandidate
verwag om te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n
neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie geval
word van kandidate ook verder verwag om hulle antwoorde te
ondersteun met dieper insig, bv. 'COIDA verminder tyd en koste√ wat
spandeer word op lang siviele hofgedinge√, want die werkgewer sal nie
verantwoordelik wees om vergoeding aan die werknemer te betaal as
beserings opgedoen is tydens werksure nie, solank as wat die besigheid
kan bewys dat hy nie nalatig was nie. '√
LET 1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op 'analiseer'.
WEL: 2. Let op die plasing van die merkie (√) in die toekenning van punte.
12. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag, kognitiewe
werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyn en die konteks van
elke vraag.
Kognitiewe werkwoorde, soos:
12.1 Gee, noem, beskryf kortliks, haal aan, identifiseer, motiveer, aanbeveel,
stel voor, adviseer (lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte
in kandidate se antwoorde nie. Die uiteensetting van punte vir elke
stelling/antwoord sal dus aan die einde daarvan verskyn.
12.2 Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei, toon
verskille/differensieer, vergelyk, tabuleer, analiseer, evalueer, evalueer
krities (lys nie volledig nie) vereis meer diepgaande begrip, toepassing
en beredenering. Die punte moet dus meer objektief toegeken word om
te verseker dat assessering volgens die vasgestelde norme geskied,
sodat eenvormigheid, konsekwentheid en regverdigheid behaal kan
word.
13. Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord in
AFDELING B en C gee waar slegs een antwoord gevra word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 4 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
14. AFDELING B
14.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE VYF
antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui dit aan deur 'n lyn deur
die nie-nagesiende gedeelte te trek.
LET WEL: 1. Dit is slegs van toepassing waar die getal feite gespesifiseer
word.
2. Die bostaande is ook van toepassing op antwoorde in
AFDELING C (waar van toepassing).
14.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die kandidaat.
Punt 14.1 geld steeds.
14.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde/menings te gee,
beredeneer dit by die nasiensentrum en verwys dit na die DBE interne moderator
om die alternatiewe antwoorde in oorleg met die UMALUSI eksterne moderatrors
te finaliseer.
14.4 Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:
14.4.1 Waar die getal feite gespesifiseer word, vrae wat vereis dat kandidate
moet 'beskryf/bespreek/verduidelik', kan dit soos volg nagesien word:
• Feit 2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyn)
• Verduideliking 1 punt (twee punte sal in Afdeling C toegeken word)
Die 'feit' en 'verduideliking' word apart in die nasienriglyn gegee om die
toekenning van punte te vergemaklik.
14.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet puntetoekenning
gelei word deur die aard van die vraag en die maksimum punte in die
nasienriglyn toegeken.
14.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te herroep,
wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal word uit 'n
scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing op AFDELING B en
C (waar van toepassing).
15. AFDELING C
15.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:
Inleiding
Maksimum:
Inhoud
32
Gevolgtrekking
Insig 8
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 5 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
15.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:
Struktuur/Uitleg Is daar 'n inleiding, paragrawe en 'n gevolgtrekking? 2
Analise en Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub- 2
interpretasie opskrifte te ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip van
wat gevra word, getoon word?
Punte toegeken volgens die gids hieronder:
Alle opskrifte aangespreek: 1 (Een 'A')
Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een 'A')
Sintese Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat op 2
die vrae gebaseer is?
Punte toegeken volgens die gids hieronder:
Opsie 1: Slegs relevante feite: 2 punte (Geen '-S')
Waar 'n kandidaat 50% of meer (twee tot vier
subvrae) van die vraag met slegs relevante
feite beantwoord het, verskyn geen '-S' in die
linkerkantlyn nie. Ken die maksimum van
TWEE (2) punte vir sintese toe.
Opsie 2: 'n Paar relevante feite: 1 punt (Een '-S')
Waar 'n kandidaat minder as 50% (slegs een
subvraag) van die vraag met slegs/'n paar
relevante feite beantwoord het, verskyn een
'-S' in die linkerkantlyn. Ken 'n maksimum van
EEN (1) punt vir sintese toe.
Opsie 3: 'n Paar relevante feite: 1 punt (Een '-S')
Waar 'n kandidaat VIER subvrae
beantwoord, maar een/twee/drie subvrae met
irrelevante feite; verskyn een '-S' in die
linkerkantlyn. Ken 'n maksimum van EEN (1)
punt vir sintese toe.
Opsie 4: Geen relevante feite: 0 punte (Twee '-S')
Waar 'n kandidaat minder as 50% (slegs een
sub-vraag) van die vraag met irrelevante feite
beantwoord het nie, verskyn twee '-S' in die
linkerkantlyn. Ken 'n NULPUNT vir sintese
toe.
Oorspronklikheid Is daar bewyse van een voorbeeld in enige TWEE van die 2
vier subvrae, nie ouer as twee (2) jaar nie, wat op aktuele
inligting, huidige neigings en ontwikkelings gebaseer is?
TOTAAL VIR INSIG: 8
TOTALE PUNTE VIR FEITE: 32
TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40
LET 1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal word
WEL: uit die inleiding en gevolgtrekking nie.
2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie voorkom nie.
3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte
INLEIDING en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur 'n
verduideliking ondersteun word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 6 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
15.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met 'n simbool, bv. ('S, A, -S en/
of O').
15.4 Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde antwoord/
nasienriglyn vir elke vraag aangedui.
15.5 Sien ALLE relevante feite/antwoorde na totdat die SUBMAKS/MAKS punte in
ELK van die vier onder-afdeling behaal is. Skryf 'SUBMAKS'/'MAKS' nadat
maksimum punte behaal is, maar lees verder vir oorspronklikheid 'O'.
15.6 Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en punte
vir insig soos volg aan: (S – Struktuur, A – Analise, S – Sintese, O –
Oorspronklikheid) soos in die tabel hieronder aangedui.
INHOUD PUNTE
Feite 32 (Maks.)
S 2
A 2
S 2
O 2
TOTAAL 40
15.7 Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die submaksimum
wat aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde subopskrifte gebruik nie.
Onthou opskrifte en subopskrifte word aangemoedig en dra by tot insig
(struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui duidelikheid van denke aan.
(Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)
15.8 Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/interpreteer, kry hy/sy
steeds punte vir die struktuur.
15.9 Indien 'n ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat
antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die puntetoekenning/
subopskrifte soos aangedui in die nasienriglyne.
15.10 15.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir
frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.
15.10.2 Met ingang van November 2015 sal die TWEE punte nie noodwendig
aan die einde van elke voltooide sin getoon word nie. Punte (√) sal
geskei wees en langs elke feit aangedui word, bv.
'Produkontwikkeling is 'n groeistrategie, √ waar ondernemings poog
om nuwe produkte in bestaande markte bekend te stel.'√
Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, gelei word.
15.11 Met ingang van November 2017 sal die maksimum van TWEE (2) punte vir
feite in die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke vraag
geld nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 7 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 1.1.1 B √√
1.1.2 A √√
1.1.3 C √√
1.1.4 D √√
1.1.5 B √√
(5 x 2) (10)
1.2 1.2.1 werknemer √√
1.2.2 terugwaartse vertikale √√
1.2.3 tersiêre √√
1.2.4 plasing √√
1.2.5 handel √√
(5 x 2) (10)
1.3 1.3.1 E √√
1.3.2 D √√
1.3.3 A √√
1.3.4 J √√
1.3.5 I √√
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 1 PUNTE
1.1 10
1.2 10
1.3 10
TOTAAL 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 8 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
AFDELING B
Sien slegs die EERSTE TWEE antwoorde na.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Soorte diversifikasiestrategieë
- Konsentriese diversifikasie √
- Horisontale diversifikasie √
- Konglomerasiediversifikasie √
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE(2) na.
(2 x 1) (2)
2.2 Voordele van intensiewe strategieë
- Toename in verkope/inkomste/winsgewendheid as gevolg van 'n verskeidenheid
reklameveldtogte. √√
- Gereelde verkope aan bestaande klante kan toeneem. √√
- Verkry kliënte lojaliteit deur doeltreffende promosieveldtogte. √√
- Verbeterde dienslewering kan verkope positief beïnvloed/laat toeneem. √√
- Elimineer mededingers en domineer markpryse. √√
- Verlaging in prys kan klante beïnvloed om meer produkte te koop. √√
- Besighede kan meer beheer hê oor die pryse van produkte/dienste. √√
- Stel die besigheid in staat om te fokus op markte/goed nagevorste
gehalteprodukte wat aan die behoeftes van verbruikers voldoen. √√
- Verhoogde markaandeel verklein die besigheid se weerbaarheid ten opsigte
van die optrede van mededingers. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
intensiewe strategieë.
Maks (6)
2.3 PESTWO-faktor
2.3.1 PESTWO-faktor vanuit die scenario
Omgewings √√ (2)
2.3.2 Maniere waarop MV die uitdagings gestel deur die omgewingsfaktore kan
hanteer
- Chemikalieë/Bestanddele moet duidelik op etikette/verpakking voorkom om
klante oor moontlike newe-effekte/korrekte gebruik van produkte in te lig. √√
- MV/Besighede implementeer kostedoeltreffende maatreëls om van afval
ontslae te raak. √√
- Implementeer herwinningsmaatreëls om besoedeling van die omgewing te
voorkom/Gebruik verpakking wat weer gebruik/herwinbaar is. √√
- Raak betrokke by volhoubare omgewingspraktyke soos die
beskerming/bewaring van natuurlike hulpbronne. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop MV die
uitdagings gestel deur die omgewing as 'n PESTWO-faktor kan hanteer.
LET WEL: Aanvaar relevante feite selfs as die PESTWO-faktor wat in
VRAAG 2.3.1 as antwoord geïdentifiseer is, verkeerd was.
Maks (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 9 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
2.4 Soorte defensiewe strategieë
2.4.1 Vervreemding/Ontbondeling √√
- Sommige bates/afdelings, wat nie meer winsgewend/produktief is nie, van die
hand sit/te verkoop. √
- Verkoop van afdelings/produklyne wat stadige groeipotensiaal toon. √
- Vermindering van die aantal aandeelhouers deur eienaarskap te verkoop. √
- Skuld af te betaal deur onproduktiewe bates te verkoop. √
- Onttrekking/Afstand doen van beleggingsaandeel in ander besigheid. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met vervreemding/
ontbondeling as 'n soort defensiewe strategie.
Strategie (2)
Bespreking (1)
Submaks (3)
2.4.2 Aflegging √√
- Beëindiging van dienskontrakte/Ontslaan van werknemers vir bedryfredes om
koste/uitgawes te verminder. √
- Vermindering van aantal produklyne/sluit van sekere afdelings kan veroorsaak
dat sommige werkers oortollig word. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met aflegging as 'n soort
defensiewe strategie.
Strategie (2)
Bespreking (1)
Submaks (3)
2.4.3 Likwidasie √√
- Alle bates te verkoop/Die besigheidsaktiwiteite tot ‘n einde te bring om
krediteure te betaal weens 'n gebrek aan kapitaal. √
- Verkoop die hele besigheid om aandeelhouers 'n regverdige prys vir hulle
aandele te betaal. √
- Laat krediteure toe om vir gedwonge likwidasie aansoek te doen om hulle eise
af te handel. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met likwidasie as 'n soort
defensiewe strategie.
Strategie (2)
Bespreking (1)
Submaks (3)
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
Maks (6)
2.5 Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging/BBSEB
2.5.1 BBSEB-pilaar vanuit scenario
Bestuursbeheer √√ (2)
2.5.2 Doel van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging/BBSEB
- Wet op BBSEB stel welvaart in staat √ om wyer oor alle bevolkingsgroepe
versprei word. √
- Gee in hooftrekke areas wat die regering 'n platform sal gee √ om billike
verspreiding van rykdom teweeg te bring. √
- Laat die ontwikkeling √ van goeie praktykkodes toe. √
- Gee die minister die mag om goeie praktykkodes uit te reik √ en om
transformasie-handveste te publiseer. √
- Stig die Adviesraad vir Swart Ekonomiese Bemagtiging, √ wat sake wat met
swart bemagtiging te doen het, hanteer √
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 10 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
- Skep kapasiteit binne die breë ekonomiese landskap op alle vlakke √ deur die
implementering van die BBSEB-pilare. √
- Wet op BBSEB is gemik op die teiken van ongelykheid √ in die Suid-Afrikaanse
ekonomie. √
- Vermeerder die aantal swart mense √ wat Suid-Afrikaanse besighede bestuur/
beheer. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die doel van die Wet op
BBSEB.
Maks (4)
2.6 Maniere waarop besighede aan die Wet op Verbruikerbeskerming/WVB kan
voldoen
- Maak pryse bekend √ van alle produkte wat verkoop word. √
- Verskaf/Doen voldoende opleiding √ aan personeel/belanghebbendes oor die
WVB. √
- Alle ooreenkomste moet 'n afkoeltydperk √ van vyf dae toelaat. √
- Maak seker dat goedere/dienste aangebied √ gestandaardiseer/van dieselfde
gehalte is. √
- Voldoen aan die vereistes √ oor promosiekompetisies. √
- Voldoen aan vereistes oor die vertoon van inligting √ op etikette/verpakking. √
- Vertoon die naam van die besigheid √ op alle besigheidsdokumentes, soos
fakture/kontrakte. √
- Bondeling van goedere/dienste √ behoort verbruikers te bevoordeel, soos die
aanbied van 'n selfoon of tablet teen 'n spesiale prys. √
- Implementeer maatreëls wat klagtes sal vergemaklik √ deur voorstelhouers te
gebruik. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop
besighede aan die WVB kan voldoen.
Maks (4)
2.7 Impak van die Wet op Arbeidsverhoudinge/WAV
Positiewe/Voordele
- Bevorder ‘n gesonde verhouding √ tussen die werkgewer en werknemers. √
- Beskerm die regte van besighede √ in arbeidsverhoudingkwessies. √
- Arbeidsgeskille word vinniger besleg √ en is goedkoper. √
- Werkplekforums kan waarde by besighede voeg √ as dit behoorlik
funksioneer. √
- Beskerm werkgewers wat wettige uitsluitings toepas √ wanneer
onderhandelings tussen partye misluk. √
- WAV voorsien die beginsels van kollektiewe bedinging √ en stel strukture in plek
sodat geskille in die werkplek besleg kan word. √
- Verskaf gesonde geskilbeslegtingsprosesse √ deur konsensus tussen
georganiseerde arbeid, besigheid en die staat. √
- Verskaf spesifieke riglyne aan werkgewers √ oor korrekte en regverdige
dissiplinêre prosedures. √
- Werkgewers en werknemers het riglyne √ oor korrekte en regverdige
afdankingsprosedures. √
- Verskaf 'n meganisme/raamwerk √ soos statutêre rade/kollektiewe bedinging/
KVBA. √
- Werkgewers is geregtig op vergoeding van die Arbeidshof √ indien hulle skade
gelei het as gevolg van onbeskermde stakings. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe
impak/voordele van die WAV vir besighede.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 11 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Verminderde wêreldwye mededingendheid √ as gevolg van laer produktiwiteit. √
- Produktiwiteit kan afneem √ as werknemers toegelaat word om gedurende
werkstyd aan die aktiwiteite van vakbonde deel te neem. √
- Koste van arbeid verhoog √ as gevolg van wettige stakings. √
- Werkgewers kry moontlik nie 'n hofinterdik √ om 'n staking te stop nie. √
- Werkgewers mag dalk inligting oor werkplekkwessies aan vakbond-
verteenwoordigers bekend maak √ wat die kern van hulle mededingende
voordeel kan wees. √
- Werkgewers mag nie werknemers na goeddunke/willekeur afdank nie, √
aangesien prosedures gevolg moet word. √
- Baie werknemers maak misbruik van die reg om te staak √ sonder om hulle
verantwoordelikhede te erken/in ag te neem. √
- Baie werknemers en werkgewers √ verstaan/respekteer nie die Wet op
Arbeidsverhoudinge nie. √
- Stakingaksies lei altyd tot 'n produksieverlies √ waarvoor werkgewers nie mag
eis nie. √
- Sommige vakbonde bevorder nie hulle lede se mandaat nie, √ maar onderneem
nywerheidsoptrede wat nadelig/skadelik vir arbeidverhoudinge tussen
werkgewers en werknemers is. √
- Sommige besighede voel dalk dat die WAV werknemers te veel mag gee √ want
dit skep lang prosedures soos onderhandelinge met werkplekforums. √
- Arbeidsgeskille en bedingingsraad prosesse raak ontwrigtend/tydrowend √ en
kan lei tot 'n afname in produktiwiteit/winsgewendheid in besighede. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe impak/
nadele van die WAV op besighede.
Maks (6)
2.8 Strategiese bestuursproses
OPSIE 1
- Moet 'n duidelike visie/missiestelling/meetbare/realistiese doelstelling instel. √√
- Identifiseer geleenthede/swak punte/sterk punte/bedreigings deur
omgewingsanalise/situasionele analise te doen. √√
- Instrumente beskikbaar vir omgewingsanalise kan 'n SSGB-analise/Porter se
Vyf Kragte-model/PESTWO-analise/nywerheidsanalise-instrumente insluit. √√
- Formuleer alternatiewe strategieë om op uitdagings te reageer. √√
- Ontwikkel ('n) plan(ne) van aksie, wat die take om te doen/spertye wat gehaal
moet word/hulpbronne wat bekom moet word, insluit. √√
- Implementeer geselekteerde strategieë deur dit aan alle belanghebbendes te
kommunikeer/organiseer besigheidshulpbronne/motiveer personeel. √√
- Voortdurende evaluering/monitering/meet van strategieë om regstellende
stappe te doen. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die strategiese
bestuursproses.
OF
OPSIE 2
- Hersien/Analiseer/Herondersoek hulle visie-/missiestelling. √√
- Doen 'n omgewingsanalise met gebruik van modelle soos SSGB/PESTWO/
Porter se Vyf Kragte-model. √√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 12 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
- Formuleer 'n strategie, soos defensiewe/afleggingstrategie. √√
- Implementeer 'n strategie, met gebruik van 'n templaat soos 'n aksieplan. √√
- Beheer/Evalueer/Monitor die geïmplementeerde strategie om gapings/
afwykings in implementering te identifiseer. √√
- Neem korrektiewe aksie om te verseker dat doelwitte/doelstellings behaal
word. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die strategiese
bestuursproses.
Maks (4)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 2 PUNTE
2.1 2
2.2 6
2.3.1 2
2.3.2 4
2.4 6
2.5.1 2
2.5.2 4
2.6 4
2.7 6
2.8 4
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 13 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
VRAAG 3: BESIGHEIDBEDRYWIGHEDE
3.1 Bronne van interne werwing
- Interne e-posse/Intranet/webtuistes vir personeel. √
- Mondelings/Personeelvergaderings. √
- Besigheidsnuusbriewe/Omsendbriewe aan personeel. √
- Interne/bestuursverwysings. √
- Kennisgewingbord van die besigheid. √
- Interne bulletins. √
- Aanbeveling van huidige werknemers. √
- Roofwerwing in die besigheid self/organisatoriese databasis. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met bronne of interne
werwing.
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na.
(4 x 1) (4)
3.2 Rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud
- Bespreek en berei die lokaal vir die onderhoud voor. √√
- Lig alle kandidate op die kortlys oor die datum en plek van die onderhoud in. √√
- Stel die onderhouddatum vas en maak seker dat alle onderhoude, indien
moontlik, op dieselfde datum plaasvind. √√
- Stel alle lede van die paneel wat die onderhoud moet voer oor die datum en
plek van die onderhoud in kennis. √√
- Die onderhoudvoerder moet 'n stel kernvrae, gebaseer op die vaardighede/
kennis/vermoë benodig, opstel. √√
- Kontroleer/Lees die aansoek/verifieer die CV van elke kandidaat vir enigiets
wat verduidelik moet word. √√
- Beplan die program vir die onderhoud en bepaal die tyd wat aan elke kandidaat
toegestaan moet word. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van die
onderhoudvoerder voor die onderhoud.
Maks (4)
3.3 Indiensnemingskontrak
3.3.1 Regsvereistes van 'n indiensnemingskontrak vanuit die scenario
- Bestuur het die bepalings en voorwaardes van die indiensnemingskontrak aan
hom verduidelik. √
- Thabo het die geleentheid gekry om die kontrak te lees voordat hy dit geteken
het. √
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
2. Ken slegs punte toe vir antwoorde wat uit die scenario
aangehaal is.
(2 x 1) (2)
3.3.2 Redes vir die beëindiging van 'n indiensnemingskontrak
- Die werkgewer kan 'n werknemer afdank vir 'n geldige rede(s) soos
onbevredigende werksprestasie/wangedrag. √√
- Werkgewer het moontlik nie meer werk vir oortollige werknemers nie/kan nie
die kontrak nakom nie/is besig om te herstruktureer √√
- Die werkgewer kan sommige werknemers aflê as gevolg van insolvensie/nie
meer in staat om die werknemers te betaal nie. √√
- Werknemers kan besluit om te gaan/vrywillig te bedank vir beter
werksgeleenthede. √√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 14 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
- 'n Werknemer het die voorafbepaalde ouderdom van aftrede bereik. √√
- Onvermoë van 'n werknemer om te werk as gevolg van siekte/beserings. √√
- Deur onderlinge ooreenkoms tussen die werkgewer en werknemer. √√
- Die duur van die indiensneming kontrak verval/eindig. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die redes vir die
beëindiging van 'n indiensnemingskontrak.
Maks (4)
3.4 Implikasies van die Wet op Gelyke Indiensneming/WGI op die
menslikehulpbron-funksie
- Bied gelyke betaling √ vir werk van gelyke waarde. √
- Stel indiensneming gelykheidsplanne saam √ wat aandui hoe regstellende
aksie geïmplementeer sal word. √
- Maak seker dat regstellende aksie √ diversiteit in die werk plek bevorder. √
- Die menslikehulpbronbestuurder moet werknemers regverdig behandel √ en
gelyke geleenthede in die werkplek bevorder/verskaf. √
- Aangewese groepe moet heropgelei/ontwikkel/opgelei word √ deur
vaardigheidsontwikkelingprogramme. √
- Definieer die aanstellingsproses duidelik √ om te verseker dat alle partye goed
ingelig is. √
- Vertoon 'n opsomming van die Wet √ waar werknemers dit duidelik kan
sien/daartoe toegang het. √
- Wys 'n bestuurder aan om te verseker dat die indiensneminggelykheidsplan √
geïmplementeer/gereeld gemonitor sal word. √
- Doen verslag aan die Departement van Arbeid oor die vordering √ in die
implementering van die gelykheidsplan. √
- Doen mediese/sielkundige toetse op regverdige wyse √ op werknemers/
wanneer dit nodig geag word. √
- Maak seker dat die werkplek die demografie √ van die land op alle vlakke
verteenwoordig. √
- Herstruktureer/Analiseer huidige indiensnemingsbeleide/-praktyke/-
prosedures √ om aangewese groepe te akkommodeer. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die implikasies van die
WGI op die menslikehulpbron-funksie.
Maks (6)
3.5 Voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel
- Doeltreffende kliëntedienste word gelewer, wat tot verhoogde
kliëntetevredenheid lei. √√
- Tyd en hulpbronne word doeltreffend gebruik. √√
- Produktiwiteit verhoog deur behoorlike tydsbestuur/gebruik van hoëgehalte-
hulpbronne. √√
- Produkte/Dienste verbeter voortdurend wat lei tot verhoogde vlakke van
kliëntetevredenheid. √√
- Visie-/Missie-/Besigheidsdoelstellings kan bereik word. √√
- 'n Besigheid het 'n mededingende voordeel oor hulle mededingers. √√
- Gereelde opleiding sal voortdurend die gehalte van die werknemers se
vaardighede/kennis verbeter. √√
- Werkgewers en werknemers sal 'n gesonde werksverhouding hê wat tot
gelukkige/produktiewe werkers lei. √√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 15 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
- Verhoogde markaandeel/Finansiële volhoubaarheid aangesien meer klante
winsgewendheid verbeter. √√
- Verbeter besigheid se beeld want daar is minder defekte/terugsendings. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van 'n goeie
gehaltebestuurstelsel.
Maks (4)
3.6 Gehalteaanwysers van die besigheidsfunksie
3.6.1 Finansiële funksie √√ (2)
3.6.2 Ander gehalteaanwysers van die finansiële funksie
- Bekom kapitaal √ van die mees geskikte/beskikbare/betroubare bronne. √
- Onderhandel oor beter rentekoerse √ om finansiële koste laag te hou. √
- Stel begrotings saam √ om die voldoende aanwending van monetêre
hulpbronne te verseker. √
- Analiseer strategieë √ om winsgewendheid te verhoog. √
- Belê surplusfondse √ om bronne van passiewe inkomste te skep. √
- Implementeer finansiële beheermaatreëls/-stelsels √ om bedrog te voorkom. √
- Implementeer kredietverlenings-/skuldinvorderingsbeleide √ om kontantvloei te
monitor. √
- Stel akkurate finansiële state √ betyds/gereeld op. √
- Analiseer en interpreteer √ finansiële inligting akkuraat. √
- Belê in strategieë √ wat die besigheid sal help om winsgewend te bly. √
- Vermy oor-/onderkapitalisasie √ sodat finansiële hulpbronne doeltreffend
gebruik sal word. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met ander gehalteaanwysers
van die finansiële funksie.
LET WEL: 1. Moenie punte toeken vir 'n antwoord wat uit die scenario
aangehaal is nie.
2. Aanvaar relevante feite selfs as die finansiele funksie wat in
VRAAG 3.6.2 as antwoord geidentifiseer is, verkeerd was.
Maks (4)
3.7 Impak van totale klante-/kliëntetevredenheid as 'n element van totale
gehaltebestuur/TGB op groot besighede
Positiewe/Voordele
- Groot besighede gebruik marknavorsing/kliënte-opnames √ om
kliëntetevredenheid/reaksietyd op verbruikersvraag te meet/moniteer/klante se
behoeftes te analiseer. √
- Bevorder voortdurend √ 'n positiewe beeld van die besigheid. √
- Kan 'n toestand van totale klante-/kliëntetevredenheid bereik, √ as besighede
gesonde besigheidpraktyke volg wat alle belanghebbendes insluit. √
- Streef daarna om kliënte se verwagtinge te verstaan/vervul √ deur kruis-
funksionele spanne oor kritieke prosesse in ooreenstemming te bring. √
- Maak seker dat kruis-funksionele spanne hulle kernbevoegdhede verstaan √ en
dit ontwikkel/versterk. √
- Kan lei tot hoër klanteretensie/-lojaliteit √ en besighede kan dalk hoër pryse
hef. √
- Groot besighede kan toegang kry √ tot die wêreldwye mark. √
- Kan lei tot verhoogde √ mededingendheid/winsgewendheid. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe impak/
voordele of totale klante-/kliëntetevredenheid as 'n TGB-element op groot
besighede.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 16 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Groot besighede wat selfvoldaan raak met bestaande kliëntetevredenheid/
teikenmark √ kan beperkte langtermyn groeipotensiaal ervaar. √
- Werknemers wat selde met klante kontak het, √ het dikwels nie 'n duidelike idee
van wat hulle behoeftes sal bevredig nie. √
- Monopolistiese besighede het verhoogde bedingingsmag √ sodat hulle nie
noodwendig klante hoef te bevredig nie. √
- Nie alle werknemers is dalk betrokke by/toegewyd aan √ totale klante-/kliënte-
tevredenheid nie. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe impak/
nadele van totale klante-/kliëntetevredenheid as 'n TGB-element op groot
besighede.
Maks (6)
3.8 Maniere aan waarop totale gehaltebestuur (TGB) die koste van gehalte kan
verminder
- Stel gehaltesirkels bekend om maniere te bespreek om die gehalte van hul
werk/vakmanskap te verbeter. √√
- Skeduleer aktiwiteite om duplikasie van take te elimineer. √√
- Deel verantwoordelikhede vir gehalte uitset onder bestuur en werkers. √√
- Lei werknemers op alle vlakke op, sodat elkeen sy rol in gehalte bestuur
verstaan. √√
- Ontwikkel werkstelsels wat werknemers bemagtig om nuwe maniere te vind
om gehalte te verbeter. √√
- Werk nou saam met verskaffers om die gehalte van grondstowwe/insette te
verbeter. √√
- Verbeter kommunikasie oor die gehalte uitdagings/afwykings, sodat almal uit
vorige ondervindings kan leer. √√
- Verminder beleggings op duur, maar ondoeltreffende inspeksieprosedures in
die produksieproses. √√
- Implementeer proaktiewe instandhoudingsprogramme vir toerusting/
masjinerie om onklaarrakings te verminder/voorkom. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop TGB
die koste van gehalte kan verminder.
Maks (4)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 3 PUNTE
3.1 4
3.2 4
3.3.1 2
3.3.2 4
3.4 6
3.5 4
3.6 6
3.7 6
3.8 4
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 17 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes/WBDV
- Regulering van werkstyd/Gewone werksure/oortyd/etenspouses en
rusperiodes/Sondagwerk/openbare vakansiedae. √
- Verlof/jaarlikse/siekte/gesinsverantwoordelikheids/kraam/vaderskap/ouerskap. √
- Besonderhede van indiensneming en vergoeding. √
- Beëindiging van indiensneming. √
- Verbod op indiensneming van kinders en dwangarbeid. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die bepalings van die
WBDV.
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na.
(4 x 1) (4)
4.2 Regte van verbruikers ten opsigte van die Nasionale Kredietwet/NKW
Verbruikers het die reg:
- Om vry van diskriminasie vir krediet aansoek te doen. √√
- Om redes te kry waarom krediet geweier word. √√
- Om vooraf ooreengekome dokumentasie/kredietkwotasie wat vir 7 dae geldig is,
te ontvang voordat enige krediettransaksie afgehandel word. √√
- Regverdige en verantwoordelike bemarking deur die kredietverskaffer. √√
- Om goedere terug te gee/stuur aan die kredietverskaffer om die uitstaande
bedrag/skuld te vereffen. √√
- Aansoek te doen vir skuldhersiening/berading as die verbruikers nie kan
bekostig om hulle skuld terug te betaal nie. √√
- Om inligting in eenvoudige en verstaanbare taal te ontvang. √√
- Om dokumente/state soos vereis deur die Wet te ontvang. √√
- Om toegang tot kredietrekords en inligting te bevraagteken en uit te daag. √√
- Om beskerming van hulle persoonlike inligting te kry. √√
- Om beskerming te ontvang sodat hulle nie aanspreeklik gehou word vir die
gebruik van hulle kredietfasiliteit nadat hulle die verlies/diefstal aangemeld het
nie. √√
- Om 'n kredietlimietverhoging te weier. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die regte van verbruikers
ten opsigte van die NKW.
Maks (6)
4.3 Stappe in strategie-evaluering
4.3.1 Stappe in strategie-evaluering in die scenario
- SB het dwarsdeur die implementeringsproses die onderliggende basis van hulle
strategie bestudeer. √
- Hulle het ook die impak van die geïmplementeerde strategie op hulle interne en
eksterne omgewings geanaliseer. √
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
2. Ken slegs punte toe vir antwoorde wat uit die scenario
aanhaal is.
(2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 18 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
4.3.2 Ander stappe in strategie-evaluering
- Kyk vorentoe en agtertoe √ in die implementering proses. √
- Vergelyk die verwagte prestasie √ met die werklike prestasie. √
- Bepaal die redes vir afwykings √ en analiseer hierdie redes. √
- Neem regstellende maatreëls √ sodat afwykings reggestel kan word. √
- Stel spesifieke datums vas √ vir kontrole/beheer en opvolg. √
- Trek 'n tabel √ van die voordele en nadele van 'n strategie. √
- Besluit oor die gewenste uitkoms √ soos beoog toe strategieë geïmplementeer
is. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met ander stappe in strategie-
evaluering.
LET WEL: 1. Aanvaar stappe in enige volgorde.
2. Moenie punte toeken vir antwoorde wat in VRAAG 4.3.1
aangehaal is nie.
Maks (4)
4.4 Toepassing van die mag van verskaffers as 'n krag van Porter se Vyf Kragte-
model
- Assesseer die mag van die verskaffers om pryse te beïnvloed. √√
- Verskaffers wat hoëgehalte-/unieke-/skaarsprodukte verskaf, het mag oor die
besigheid. √√
- Hoe magtiger die verskaffers, hoe minder beheer het die besigheid oor hulle. √√
- Hoe kleiner die aantal verskaffers, hoe magtiger kan hulle wees aangesien die
keuse van verskaffers beperk kan wees. √√
- Identifiseer die tipe mag wat verskaffers het ten opsigte van die gehalte van
produkte/dienste/betroubaarheid/vermoë om aflewerings betyds te maak. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe besighede die mag
van verskaffers as 'n krag van Porter se Vyf Kragte-model kan toepas om hulle
posisie in die markomgewing te analiseer.
Maks (4)
BESIGHEIDBEDRYWIGHEDE
4.5 Aspekte wat by 'n indiensnemingskontrak ingesluit moet word
- Persoonlike besonderhede van die werknemer. √
- Besonderhede van die besigheid/werkgewer soos die naam en adres. √
- Postitel/Pos. √
- Pos-/taakbeskrywing soos pligte/verantwoordelikhede en werks-
omstandighede. √
- Pos-/taakspesifikasie soos formele kwalifikasies en gewilligheid om te reis. √
- Datum van indiensneming/Aanvang van indiensneming. √
- Plek waar werknemer die meeste van sy/haar tyd gedurende werksure sal
bestee. √
- Werksure soos normale tyd en oortyd. √
- Vergoeding soos weeklikse of maandelikse betaling. √
- Voordele/Byvoordele/Toelaes. √
- Verlof soos siekte-/kraam-/jaarlikse/aannemingsverlof. √
- Werknemeraftrekkings soos verpligte/nie-verpligte. √
- Duur/Tydperk van indiensnemingskontrak/Besonderhede van
beëindiging/Sperdatum van indiensnemingskontrak. √
- Proeftydperk. √
- Handtekeninge van beide die werkgewer en werknemer. √
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 19 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
- Lys van dokumente wat deel vorm van die kontrak soos aanstellingsbrief/
gedragskode/etiek. √
- Dissiplinêre beleid soos reëls/dissiplinêre prosedure vir onaanvaarbare
gedrag. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met aspekte wat by 'n
indiensnemingskontrak ingesluit moet word.
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na.
(4 x 1) (4)
4.6 Komponente van 'n posontleding vanuit die scenario
KOMPONENTE VAN 'N MOTIVERINGS
POSONTLEDING
1. Pos-/taakspesifikasie √√ MK het aangedui dat aansoekers 'n diploma
in konstruksie moes hê. √
2. Pos-/taakbeskrywing √√ Die suksesvolle kandidaat sal
vorderingsverslae oor aangewese projekte
opstel. √
Submaks (4) Submaks (2)
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
2. Ken punte toe vir komponente van posontleding selfs
as die motiverings onvolledig is.
3. Moenie punte toeken vir motiverings as die komponente
van posontleding verkeerd geïdentifiseer is nie.
4. Aanvaar antwoorde in enige volgorde.
Maks (6)
4.7 Rol van gehaltesirkels as deel van voortdurende verbetering van prosesse en
stelsels
- Los probleme in verband met gehalte op √ en implementeer verbeterings. √
- Ondersoek probleme √ en stel oplossings aan bestuur voor. √
- Maak seker daar is geen duplisering √ van aktiwiteite/take in die werkplek nie. √
- Maak voorstelle vir die verbetering van prosesse √ en stelsels in die werkplek. √
- Verbeter die gehalte van produkte/dienste/produktiwiteit √ deur gereelde
hersiening van gehalteprosesse. √
- Monitor/Versterk strategieë √ om gladde verloop van besigheidbedrywighede te
verbeter. √
- Verhoog werknemers se moraal/motivering √ om spangees te versterk om
organisatoriese doelstellings te bereik. √
- Dra by tot die verbetering √ en ontwikkeling van die organisasie. √
- Verminder die koste van oortolligheid √ en verkwistende pogings op die lang
termyn. √
- Verhoog die vraag √ na produkte/dienste van die besigheid. √
- Skep harmonie √ en hoë prestasie in die werkplek. √
- Bou ‘n gesonde werkplekverhouding √ tussen die werkgewer en werknemer. √
- Verbeter werknemers se lojaliteit/toegewydheid √ aan die organisatoriese
doelstellings. √
- Verbeter werknemers se kommunikasie √ op alle vlakke van die besigheid. √
- Ontwikkel 'n positiewe houding/gevoel van betrokkenheid √ by
besluitnemingsprosesse van die dienste aangebied. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van gehaltesirkels
as deel van voortdurende verbetering van prosesse en stelsels.
Maks (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 20 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
4.8 Gehalte-aanwysers van die algemene bestuursfunksie
- Ontwikkel/Implementeer/Monitor doeltreffende strategiese planne. √√
- Doeltreffende organisasie/toekenning van besigheidshulpbronne te voorsien vir
die suksesvolle bereiking van kort- en langtermynplanne. √√
- Gestruktureerde standaarde en norme moet ingestel word sodat kontrole-
meganismes geïmplementeer kan word. √√
- Leer oor/Verstaan veranderinge in die besigheidsomgewing op 'n deurlopende
basis. √√
- Kommunikeer gedeelde visie, missie en waardes op 'n doeltreffende wyse. √√
- Bepaal die rigting van hulle besigheid en stel die prioriteite vas. √√
- Wees voorbereid om 'n voorbeeld te stel vir die tipe gedrag wat van
werknemers verwag word ten opsigte van etiek asook produktiwiteit. √√
- Wees proaktief en soek altyd maniere om die mededingende voordeel oor
mededingers te verbeter. √√
- Maak seker dat alle afdelings/die besigheid hulle spertye/teikens behaal. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die gehalte-aanwysers
van die algemene bestuursfunksie.
Maks (4)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 4 PUNTE
4.1 4
4.2 6
4.3.1 2
4.3.2 4
4.4 4
4.5 4
4.6 6
4.7 6
4.8 4
TOTAAL 40
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 21 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
AFDELING C
Sien slegs die antwoorde van die EERSTE vraag na.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
5.1 Inleiding
- 'n SOOO is 'n beroepsvaardigheid-opleidingsorganisasie wat 'n tekort aan
vaardighede, wat in verskillende nywerhede benodig word, identifiseer. √
- Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling is ingestel om die wanbalans van die verlede
reg te stel. √
- Die WVO stel Suid-Afrikaners in staat om toegang tot vaardigheidopleidings-
geleenthede te kry wat langtermynvoordele inhou. √
- Besighede wat aan die WVO voldoen, kan 'n goeie openbare beeld skep en
vaardigheidstekorte in die Suid-Afrikaanse werkplek hanteer. √
- Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die rol van SOOO's in die
ondersteuning van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling/doel van die WVO/impak
van die WVO op besighede/maniere waarop besighede aan die WVO kan voldoen.
Enige (2 x 1) (2)
5.2 Rol van SOOO's in die ondersteuning van die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling/ WVO
- Rapporteer aan die direkteur-generaal. √√
- Bevorder en stig leerlingskappe. √√
- Heffings in te vorder en toelaes te betaal soos vereis. √√
- Verskaf akkreditasie vir vaardigheidsontwikkeling-fasiliteerders. √√
- Registreer leerlingskapooreenkomste/leerlingskapprogramme. √√
- Goedkeuring van werkplekvaardigheidsplanne en jaarlikse opleidingsverslae. √√
- Monitor/Evalueer die werklike opleiding deur diensverskaffers. √√
- Toeken van toelaes aan werkgewers/onderwys-/opleidingverskaffers. √√
- Hou toesig oor opleiding in verskillende sektore van die Suid-Afrikaanse
ekonomie. √√
- Ontwikkel sektorvaardigheidsplanne wat in ooreenstemming met die Nasionale
Vaardigheidsontwikkelingstrategie is. √√
- Stel vaardigheidsontwikkelingplanne vir spesifieke ekonomiese sektore op. √√
- Verskaf opleidingsmateriaal/programme vir vaardigheidsontwikkeling-
fasiliteerders. √√
- Betaal toelaes aan besighede wat aan die vereistes van die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling voldoen. √√
- Identifiseer geskikte werkplekke vir praktiese werkondervinding. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van SOOO's in die
ondersteuning van die WVO.
Maks (12)
5.3 Doel van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling/WVO
- Ontwikkel die vaardighede van die mense in Suid-Afrika √ om produktiwiteit te
verbeter. √
- Belê in onderwys en opleiding √ van die Suid-Afrikaanse arbeidsmag. √
- Verbeter die kanse om werk te kry √ vir voorheen benadeelde mense. √
- Moedig werkers aan √ om aan leerlingskapprogramme deel te neem. √
- Regstel van wanbalanse van die verlede √ deur onderwys en opleiding. √
- Moedig besighede aan om die vaardighede te verbeter √ van hulle werkers. √
- Verskaf die stelselmatige implementering van strategieë √ op 'n nasionale, sektor-
en werkplekbasis. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die doel van die WVO.
Maks (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 22 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
5.4 Impak van Wet op Vaardigheidsontwikkeling/WVO op besighede
Positiewe/Voordele
- Verhoog die aantal vaardige werknemers √ in areas waar hierdie vaardighede
skaars is. √
- Lei werknemers op √ om produktiwiteit in die werkplek te verbeter. √
- Besighede kan wêreldwyd √ meer mededingend word. √
- Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/leer/verkryging van nuwe vaardighede
word aangemoedig √ om die verbetering van vaardigheidsontwikkeling te
onderhou. √
- Verhoog belegging in onderwys en opleiding √ in die arbeidsmark. √
- Verhoog die winsgewendheid op die belegging √ in onderwys en opleiding. √
- Verbeter indiensnemingsgeleenthede √ en beweging van arbeid. √
- Selfindiensneming √ en entrepreneurskap word bevorder. √
- Werkplekdiskriminasie √ kan deur opleiding hanteer word. √
- Werkplek word gebruik as 'n aktiewe leeromgewing √ waar werknemers
praktiese werkondervinding kan opdoen. √
- Besighede kan sommige van die koste van opleiding terugeis √ as 'n
terugbetaling van relevante SOOO's. √
- Verbeter gehalte van produkte/dienslewering √ want die besigheid neem meer
vaardige werkers in diens. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe impak/
voordele van die WVO op besighede.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Die WVO-proses is voorskrywend/vereis 'n groot hoeveelheid papierwerk/
administrasie, √ wat tyd/geld kan kos. √
- Vaardigheidsontwikkeling-heffing kan 'n ekstra las wees √ vir besighede wat
finansieel sukkel. √
- Dit kan deur regeringsdepartement gemoniteer/beheer word √ wat nie
onderwys/opleiding as hulle sleutelprioriteite het nie. √
- Baie kursusse wat deur maatskappye aangebied word, het, het nie
eenheidstandaarde √ wat met die kursusinhoud verband hou nie. √
- Vaardigheidsprogramme kan nie altyd die opleidingsbehoeftes √ van
werknemeners aanspreek nie. √
- Baie diensverskaffers wat opleidingsdienste aanbied √ is nie SAKO
geakkrediteerd nie. √
- Baie besighede ondersteun moontlik nie √ hierdie regeringsinisiatief nie. √
- Implementering van die WVO kan moeilik wees √ om te monitor en te beheer. √
- Daar word van werknemers verwag om leerlingskappe gedurende werksure by
te woon √ wat die produksieproses/produktiwiteit kan beïnvloed. √
- Duur vir besighede om 'n persoon in diens te neem √ om leerlingskappe te
implementeer/bestuur/beheer. √
- Die tyd/geld spandeer op die verbetering van werknemervaardighede word
vermors √ as hulle die besigheid verlaat. √
- Slegs maatskappye met 'n personeelbetaalstaat van meer as R500 000 per
jaar √ kan die Vaardigheidsontwikkelingsheffing eis. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe impak/
nadele van die WVO op besighede.
Maks (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 23 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
5.5 Maniere waarop besighede aan die Wet op Vaardigheidsontwikkeling/WVO
kan voldoen
- Besighede/Werkgewers wat LBS invorder moet by die relevante SOOO’s
registreer. √√
- Een persent (1%) van 'n werkgewer se betaalstaat moet deur die SAID aan die
SOOO oorbetaal word. √√
- Besighede moet by SAID registreer in die area waarin hulle besigheid
geklassifiseer is (ten opsigte van die SOOO). √√
- Werkgewers moet 'n werkplekvaardigheidsplan voorlê en bewyse verskaf dat dit
geïmplementeer is. √√
- Besighede met meer as 50 werknemers moet 'n vaardigheidsontwikkeling-
fasiliteerder aanstel. √√
- Assesseer die vaardighede van werknemers om gebiede waar vaardigheids-
ontwikkeling nodig is, te bepaal. √√
- Moedig werknemers aan om aan leerlingskappe en ander opleidings-
programme deel te neem. √√
- Gee alle werknemers die geleentheid om hulle vaardighede te verbeter. √√
- Vertoon 'n opsomming van die WVO in die besigheid waar dit vir alle
werknemers sigbaar is. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere waarop
besighede aan die WVO kan voldoen.
Maks (12)
5.6 Gevolgtrekking
- Besighede moet registreer by die SOOO's vir opleidingsprogramme wat by die
Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAKO) geakkrediteer is. √√
- Die WVO maak voorsiening vir die stigting en die doeltreffende funksionering
van SOOO's. √√
- Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling speel 'n belangrike rol om te verseker dat
die Suid-Afrikaanse arbeidsmag vaardig is en moedig werknemerdeelname aan
lewenslange aan. √√
- Besighede word aangemoedig om aan hierdie Wet te voldoen om boetes te
vermy en om 'n verhoogde finansiële las op besighede te wees. √√
- Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met die rol van SOOO's
in die ondersteuning van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling/doel van die
WVO/impak van die WVO op besighede/maniere waarop besighede aan die
WVO kan voldoen.
Enige (1 x 2) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 24 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
VRAAG 5: UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Rol van SOOO's in ondersteuning
van die Wet op 12
Vaardigheidsontwikkeling
Maks
Doel van die WVO 10
32
Impak van die WVO op besighede 12
Maniere waarop besighede aan
12
die WVO kan voldoen
Gevolgtrekking 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2 8
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
SASO – vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 25 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRON-FUNKSIE)
6.1 Inleiding
- Die menslikehulpbronbestuurder is verantwoordelik vir keuring en aanstelling
van gekwalifiseerde en bekwame werknemers om vrugtelose uitgawes te
vermy. √
- Besighede gebruik verskillende salarisbepalingsmetodes om hulle werknemers
volgens die tipe werk gedoen of die take uitgevoer, toepaslik te vergoed. √
- Werknemers ontvang byvoordele bo en behalwe hulle normale salarisse en
lone, wat dikwels hulle algemene werkstevredenheid verbeter. √
- Die induksie van nuwe werknemers in die werksomgewing verskaf inleidende
opleiding om toe te laat vir gladde oorgang in die nuwe werksomgewing. √
- Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die keuringsprosedure/
salarisbepalingsmetodes/impak van byvoordele op besighede/voordele van
induksie vir besighede.
Enige (2 x 1) (2)
6.2 Keuringsprosedure
OPSIE 1
- Bepaal regverdige assesseringskriteria waarop keuring gebaseer sal word. √√
- Aansoekers moet die aansoekvorms/curriculum vitae en gesertifiseerde kopieë
van persoonlike dokumente/ID'e/bewys van kwalifikasies indien. √√
- Sorteer die dokumente wat ontvang is/CV's volgens die assesserings-
/keuringskriteria. √√
- Doen voorafkeuring/Bepaal watter aansoeke aan die minimum posvereistes
voldoen en skei dit van die res. √√
- Voorlopige onderhoude word gehou indien baie geskikte aansoeke ontvang
is/om geskikte aansoekers te identifiseer. √√
- Referentekontroles/Keuringsproses moet gevolg word om werksondervinding/
kriminele rekords/kredietrekords/kwalifikasies op die CV te verifieer. √√
- Stel kortlys saam van potensiële kandidate geïdentifiseer. √√
- Kandidate gekortlys kan aan verskillende tipes keuringstoetse onderwerp word,
soos vaardigheidstoetse. √√
- Nooi gekortlyste kandidate vir 'n onderhoud. √√
- 'n Geskrewe aanbod word aan die gekose kandidaat gemaak. √√
- Lig onsuksesvolle aansoekers in oor die uitkoms van hulle aansoek/Sommige
advertensies dui die spertyd aan vir die inlig van slegs suksesvolle
kandidate. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die keuringsprosedure as
'n menslikehulpbron-aktiwiteit.
OF
OPSIE 2
- Ontvang dokumentasie soos aansoekvorms en sorteer dit volgens die kriteria
van die pos/werk. √√
- Evalueer CV's en skep 'n kortlys/Voorafkeuring van aansoekers. √√
- Gaan inligting in die CV's na en kontak referente. √√
- Doen voorafsiftingsonderhoude om aansoekers te identifiseer wat nie vir die
werk geskik is nie, alhoewel hulle aan alle vereistes voldoen. √√
- Assesseer/Toets kandidate wat vir senior poste aansoek gedoen het/om te
verseker dat die beste kandidaat gekies word. √√
- Hou onderhoude met kandidate op die kortlys. √√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 26 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
- Bied indiensneming aan die gekeurde kandidaat (kandidate) op skrif. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die keuringsprosedure as
'n menslikehulpbron-aktiwiteit.
LET WEL: Die prosedure kan in enige volgorde wees.
Maks (12)
6.3 Salarisbepalingsmetodes
6.3.1 Stukwerk √√
- Werkers word vergoed volgens die aantal √ items/eenhede geproduseer/aksie
uitgevoer. √
- Werkers word nie vergoed vir die aantal ure gewerk nie, √ ongeag hoe lank dit
hulle neem om die items te maak nie. √
- Meestal in fabrieke gebruik √ veral in die tekstiel-/tegnologiebedrywe. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met stukwerk as 'n salaris-
bepalingsmetode.
Metode (2)
Verduideliking (4)
Submaks (6)
6.3.2 Tydverwante √√
- Werkers word betaal volgens die hoeveelheid tyd/aantal ure √ wat hulle by die
werk/op 'n taak bestee. √
- Werkers met dieselfde ondervinding/kwalifikasies √ word volgens salarisskale
betaal ongeag die hoeveelheid werk gedoen. √
- Baie private en openbaresektor-besighede √ gebruik hierdie metode. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met tydverwante as 'n
salarisbepalingsmetode.
Metode (2)
Verduideliking (4)
Submaks (6)
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
Maks (12)
6.4 Impak van byvoordele
Positiewe/Voordele
- Aanloklike byvoordeelpakkette √ kan tot hoër werknemerbehoud lei/
verminder/verlaag werknemeromset. √
- Lok gekwalifiseerde/vaardige werknemers met ondervinding √ wat positief tot die
besigheid se doelwitte/doelstellings kan bydra. √
- Verbeter produktiwiteit √ wat lei tot hoër winsgewendheid. √
- Dit verhoog werknemertevredenheid/lojaliteit √ aangesien hulle dalk bereid is om
ekstra myl te loop. √
- Besighede spaar geld √ want voordele is aftrekbaar vir belasting. √
- Byvoordele kan as hefboom √ vir salarisonderhandelinge gebruik word. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe impak/
voordele van byvoordele op besighede.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Besighede wat nie byvoordele kan aanbied nie √ slaag nie daarin om vaardige
werkers te lok nie. √
- Besighede wat werknemers verskillende voordeelplanne aanbied √ kan diegene
wat minder ontvang grief wat kan lei tot laer produktiwiteit. √
- Dit kan konflik skep/lei tot korrupsie √ as dit onregverdig toegewys word. √
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 27 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyn
- Byvoordele is addisionele koste √ wat in kontantvloeiprobleme kan ontaard. √
- Afname in besigheidswinste √ want aansporing-/pakket-/vergoedingskoste is
hoër. √
- Administratiewe koste verhoog √ want voordele moet korrek aangeteken word
vir belastingdoeleindes. √
- Werkers bly slegs by die besigheid vir byvoordele, √ en is dalk nie
toegewyd/lojaal aan die take/besigheid nie. √
- Besighede moet adviseurs/prokureurs betaal √ om hulle te help om
voordeelplanne te skep wat aan wetgewing voldoen. √
- Foute in voordeelplanne √ kan tot duur hofsake/regulasieboetes lei. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe impak/
nadele van byvoordele vir besighede.
Maks (12)
6.5 Voordele van induksie
- Laat nuwe werknemers toe om vinnig aan te pas en doeltreffend te werk. √√
- Maak seker dat nuwe werknemers reëls en beperkings in die besigheid
verstaan. √√
- Nuwe werknemers kan verhouding met medewerknemers op verskillende
vlakke vestig. √√
- Laat nuwe werknemers gemaklik voel in die werkplek, wat angstigheid/
onsekerheid/vrees verminder. √√
- Die resultate wat gedurende die induksie/oriënteringsproses behaal word,
verskaf 'n basis vir gefokusde opleiding. √√
- Verhoog gehalte van prestasie/produktiwiteit wat die effektiewe gebruik van die
werksmetodes/-bronne bevorder. √√
- Minimaliseer die behoefte aan deurlopende opleiding en ontwikkeling. √√
- Werknemers sal vertroud wees met organisatoriese strukture, soos wie hulle
toesighouers/laevlakbestuurders is. √√
- Geleenthede word vir nuwe werknemers geskep om verskillende afdelings te
ondervind/ondersoek. √√
- Nuwe werknemers sal hulle rolle/verantwoordelikhede oor veiligheidsregulasies
en -reëls verstaan. √√
- Nuwe werknemers sal die uitleg van die gebou/kantore ken wat produksietyd
sal spaar. √√
- Leer meer oor die besigheid sodat nuwe werknemers hulle rolle/
verantwoordelikhede verstaan om meer doeltreffend te wees. √√
- Maatskappybeleide oor optrede en prosedures/veiligheid en sekuriteit/
indiensnemingskontrak/voorwaardes van indiensneming/werksure/verlof word
gekommunikeer. √√
- Realistiese verwagtinge vir nuwe werknemers asook die besigheid word
geskep. √√
- Nuwe werknemers voel deel van die span wat lei tot positiewe moraal en
motivering. √√
- Werknemers kan 'n beter begrip van besigheidsbeleide oor etiese/professionele
gedrag/prosedures/KSV hê. √√
- Verlaag personeelomset want nuwe werknemers is behoorlik oriënteer. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
induksie vir besighede.
Maks (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 28 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
6.6 Gevolgtrekking
- Vaardige/Bekwame werknemers wat met gebruik van voorgeskrewe vereistes
en kriteria gekeur is, sal waarde by besighede voeg. √√
- Besighede kan onnodige geskille vermy deur die werknemers volgens die
toepaslike salarisbepalingsmetodes te betaal. √√
- Aanloklike byvoordele moedig werknemers aan om tot die bereiking van
besigheidsdoelstellings te werk. √√
- 'n Goed ontwerpte induksie program stel nuwe werknemers in staat om 'n beter
begrip van die vereistes van die nuwe werk te kry. √√
- Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met die
keuringsprosedure/salarisbepalingsmetodes/impak van byvoordele op
besighede/voordele van induksie vir besighede.
Enige (1 x 2) (2)
[40]
VRAAG 6: UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Keuringsprosedure 12
Salarisbepalingsmetodes 12 Maks
Impak van byvoordele op besighede 12 32
Voordele van induksie vir besighede 10
Gevolgtrekking 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2 8
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
SASO – vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Limpopo June 2024 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Western Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Business Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Eng)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--68f42440-ea0f-45e4-8c44-74ac14795fd5/v1-61951a0dfdf6d9fbca29/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Eng)
More from Grade 12 Business Studies

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Free State Mock 2025 QP
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC June 2025 QP (Eng)

Question paper