You're offline
Skip to content
Question paper

BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2019 Afrikaans final_hlayiso.com_.pdf

Subject: Business StudiesGrade 12201916 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2019 BESIGHEIDSTUDIES PUNTE: 300 TYD: 3 uur *BUSTA* Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al VIER hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae. Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae. Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag beantwoord word. VRAAG PUNTE TYD AFDELING (minute) A: Objektiewe tipe vrae 1 40 30 VERPLIGTEND B: VYF direkte/indirekte tipe 2 60 30 vrae 3 60 30 KEUSE: 4 60 30 Beantwoord enige DRIE. 5 60 30 6 60 30 C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30 KEUSE: 8 40 30 Beantwoord enige TWEE. 9 40 30 10 40 30 TOTAAL: 300 180 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Hierdie Wet is ingestel om eenvoudige prosedures vir die beslegting van arbeidsgeskille in die werkplek te bevorder: A Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008) B Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003 (Wet 53 van 2003) C Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) D Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995) 1.1.2 Die rol van SOOO’s (SETA’s) is om … A geakkrediteerde diensverskaffers aan te stel. B diskriminasie in die werkplek uit te skakel. C werkers vir werksverwante beserings te vergoed. D werknemers op te lei. 1.1.3 PB Bank spesialiseer in die verskaffing van finansiële dienste aan individue en besighede. Hulle is in die … sektor werksaam. A primêre B sekondêre C tersiêre D openbare 1.1.4 Michelle het R30 000 vir twee jaar teen 12% saamgestelde rente per jaar in ʼn vaste deposito by ʼn finansiële instelling belê. Michelle sal … rente na twee jaar verdien. A R7 632 B R7 200 C R3 600 D R37 632 1.1.5 ʼn … leier motiveer werkers deur hulle te vertrou om dinge op hul eie/self te doen. A Burokratiese B Demokratiese C Outokratiese D Laissez-faire-/Vryeteuels- Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2019) 1.1.6 ʼn Voorbeeld van ʼn nie-versekerbare risiko: A Waarborg-/Getrouheidsversekering B Natuurrampe C Beserings op persele D Winkeldiefstal 1.1.7 Gedurende hierdie stadium van spanontwikkeling word verskille tussen spanlede waardeer en die span bereik hul doelwitte: A Vorming B Prestasiestadium C Normeringstadium D Bestorming 1.1.8 Die proses wat ʼn bestuurder gebruik om die beste oplossing te kies, staan as … bekend. A probleemoplossing B roetinedenke C besluitneming D dinkskrum 1.1.9 ʼn Deeglike begrip van die bestuur van die voorraad/verskaffings- ketting te hê is ʼn manier om die gehalteprestasie in die …-funksie te verbeter. A aankope B algemene bestuur C openbare betrekkinge D produksie 1.1.10 Mnr. Smith het besigheidsprodukte sonder toestemming geneem, daarom was die rede vir die beëindiging van sy indiensnemingskontrak dié van … A aftrede. B ontslag. C bedanking. D aflegging. (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES 5 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. videokonferensie; KMV; assosiasie; interne; Wet op Verbruikersbeskerming; eksterne; KMI; uitdrukking; Nasionale Krediet; wet geskrewe verslag 1.2.1 Die … maak voorsiening vir verbruikers om toegang tot skuldberading te kry. 1.2.2 Inligting in die vorm van ʼn … is ʼn voorbeeld van ʼn nieverbale aanbieding. 1.2.3 Die … fokus op die verbetering van die beeld sowel as die verhoging van die winste van ʼn besigheid. 1.2.4 Die reg van werknemers om by vakbonde aan te sluit, staan as vryheid van … bekend. 1.2.5 Netwerkvorming is ʼn voorbeeld van … werwing. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2019) 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Ontbondeling A ʼn inspeksie wat gedurende en na die produksieproses uitgevoer word 1.3.2 Beperkte B onderhoudvoering met applikante aanspreeklikheid 1.3.3 Konflik C ʼn werknemerklagte wat met swak werksomstandighede verband hou 1.3.4 Sifting D ʼn inspeksie van die finale produk om te verseker dat dit aan die vereiste standaarde voldoen 1.3.5 Gehalteversekering E eienaar se persoonlike bates is beskerm teen die skuld van die besigheid F wanneer besighede alle bates verkoop om hul krediteure te betaal G om agtergrond van applikante na te gaan H meningsverskil tussen twee of meer partye in die werkplek I eienaar se persoonlike bates kan gevat word om vir die skuld van die besigheid te betaal J wanneer besighede sommige bates verkoop wat nie meer winsgewend is nie (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES 7 AFDELING B Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 3 op ʼn NUWE bladsy, ens. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem die DRIE soorte verdedigingstrategieë/defensiewe strategieë. (3) 2.2 Omskryf in breë trekke enige VIER stappe in die evaluering van ʼn strategie. (8) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. PERFEKTE RAAMVERVAARDIGERS (PRV) Perfekte Raamvervaardigers neem tien werkers in diens om deurrame te vervaardig. PRV vereis dat hul vroulike werknemers onmiddellik nadat hul geboorte gegee het by die werk aanmeld. Werkers mag ook nie tyd af kry om die begrafnis van ʼn familielid by te woon nie. 2.3.1 Identifiseer TWEE bepalings van verlof soos voorgeskryf in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) waaraan PRV nie aan voldoen nie. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (6) Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn om VRAAG 2.3.1 te beantwoord. BEPALING VAN VERLOF MOTIVERING 1. 2. 2.3.2 Evalueer die impak van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) op PRV. (8) 2.4 Beskryf die doel van die Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998). (6) 2.5 Verduidelik die Menslikehulpbron-ontwikkelingstrategie. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2019) 2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KUIKEN HOENDER PLAAS (KHP) Kuiken Hoender Plaas spesialiseer in die produksie van pluimvee. Kevin, die boer, het geen kennis van pluimveeboerdery nie. KHP het meer as die helfte van hul kuikens as gevolg van ʼn swaar reënstorm verloor. Die verskaffers van hoenderkos het hulle pryse met 30% verhoog. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn om die vrae wat volg te beantwoord. UITDAGINGS BESIGHEIDSOMGEWINGS MATE VAN BEHEER (2.6.1) (2.6.2) (2.6.3) 1. 2. 3. 2.6.1 Haal DRIE uitdagings wat KHP moet hanteer uit die scenario hierbo aan. (3) 2.6.2 Klassifiseer ELKE aangehaalde uitdaging in VRAAG 2.6.1 volgens die besigheidsomgewing. (3) 2.6.3 Noem die mate van beheer wat KHP oor ELKE besigheidsomgewing het. (3) 2.7 Bespreek die voordele van intensiewe strategieë vir besighede. (6) 2.8 Gee besighede raad oor hoe die volgende magte van Porter se Vyf Kragte- model toegepas kan word: 2.8.1 Bedingingsmag van kopers/Kopersmag (4) 2.8.2 Mededingende wedywering (4) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES 9 VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 3.1 Noem enige DRIE soorte voorkeuraandele. (3) 3.2 Omskryf in breë trekke die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs Bpk. (JSE). (8) 3.3 Identifiseer die tipe beleggingsgeleentheid wat vir Fred beskikbaar is in ELKE stelling hieronder: 3.3.1 Fred sal ʼn stem ontvang en die reg om ʼn dividend te ontvang. 3.3.2 Fred koop ʼn stuk grond en ontvang huur van Eco Plase. 3.3.3 Fred se belegging word saamgevoeg met ʼn aantal beleggers en word deur ʼn fondsbestuurder bestuur. 3.3.4 Fred word uitgenooi om R500 in Masikhule Spaarskema te belê. (4 x 2) (8) 3.4 Verduidelik die belangrikheid/voordele van versekering vir besighede. (6) 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. LUKE LEER SAKKIES (LLP) Luke Leer Sakkies spesialiseer in die vervaardiging van leer selfoon- sakkies. Luke is die enigste eienaar van die besigheid en is ook aanspreeklik vir al die besigheidskuld. 3.5.1 Noem die ondernemingsvorm van LLP. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) 3.5.2 Beskryf die suksesfaktore van die ondernemingsvorm wat in VRAAG 3.5.1 geïdentifiseer is en dié van ʼn private maatskappy. Gebruik die tabel en kriteria hieronder as ʼn riglyn om VRAAG 3.5.2 te beantwoord. KRITERIA ONDERNEMINGSVORM PRIVATE GEÏDENTIFISEER MAATSKAPPY (3.5.1) (a) Bestuur (b) Wetgewing (c) Verdeling van winste (12) 3.6 Verduidelik die faktore wat ter voorbereiding van ʼn aanbieding in ag geneem moet word. (8) 3.7 Beveel TWEE situasies aan waarin ʼn demokratiese leierskapstyl in die werkplek toegepas kan word. (4) 3.8 Analiseer die impak van ʼn outokratiese leierskapstyl op ʼn besigheid. (8) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2019) VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE 4.1 Gee VIER voorbeelde van onbillike reklame. (4) 4.2 Omskryf in breë trekke die oorsake van konflik in die werkplek. (8) 4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. . MOOI MOTORS (MM) Mooi Motors wil die ontwerp van sommige van hul motors verander. Werknemers word versoek om eers hul eie idees te genereer en om dit dan met ander groepslede te deel. Die bestuur het ook ontwerpdeskundiges genader om ʼn vraelys te voltooi oor hoe om die ontwerpe te verander. 4.3.1 Identifiseer TWEE probleemoplossingstegnieke wat deur Mooi Motors gebruik word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (6) Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn om VRAAG 4.3.1 te beantwoord. PROBLEEM- MOTIVERING OPLOSSINGSTEGNIEK 1. 2. 4.3.2 Bespreek die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (8) 4.4 Verduidelik die positiewe impak van korporatiewe maatskaplike/sosiale verantwoordelikheid (KMV/KSV) op gemeenskappe. (6) 4.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. JUWEEL MYNE (JM) Juweel Myne spesialiseer in die ontginning van edelstene. Die bestuur is baie trots op die manier waarop die werknemers verantwoordelikheid neem vir hul eie veiligheid. Die werknemers rapporteer ook onveilige en ongesonde toestande aan die bestuur. 4.5.1 Haal TWEE verantwoordelikhede van werknemers om menslike gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder uit die scenario aan. (2) 4.5.2 Verduidelik ander verantwoordelikhede van werknemers om menslike gesondheid en veiligheid in die werkplek by Juweel Myne te bevorder. (6) 4.5.3 Stel strategieë voor wat Juweel Myne kan gebruik om die omgewing en menslike gesondheid in die werkplek te beskerm. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES 11 4.6 Verduidelik hoe besighede die volgende diversiteitskwessies in die werkplek kan hanteer: 4.6.1 Taal (4) 4.6.2 Ouderdom (4) 4.7 Gee besighede raad oor hoe hulle konflik by die werkplek moet hanteer. (8) [60] VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 5.1 Noem TWEE soorte salarisvasstellingsmetodes. (2) 5.2 Omskryf in breë trekke die plasingsprosedure wat besighede behoort te volg om ʼn nuwe werknemer te plaas. (6) 5.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TIER NAGKLERE (TN) Maggie is uitgenooi na ʼn onderhoud by Tier Nagklere. Tydens die onderhoud het Maggie aandagtig geluister na die vrae voor sy hulle geantwoord het. Sy het oogkontak met die onderhoudvoerder gemaak en het vrae gevra om meer duidelikheid te verkry. 5.3.1 Haal DRIE van Maggie se rolle gedurende die onderhoud aan. (3) 5.3.2 Verduidelik die rol van die onderhoudvoerder gedurende die onderhoud. (8) 5.4 Onderskei tussen posbeskrywing en posspesifikasie. (8) 5.5 Verduidelik hoe gehalte-aanwysers in die finansiële-funksie tot die onderneming se sukses kan bydra. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2019) 5.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. FAHIM SKOENE (FS) Fahim Skoene is ʼn groot besigheid wat spesialiseer in die vervaardiging van kwaliteit ontwerperskoene. Die bestuur verseker altyd dat kliënteklagtes binne ʼn kort periode gehanteer word. Die werknemers woon gereeld opleidingskursusse by. Die bestuur laat personeel ook toe om insette tydens ontwerpersessies te lewer. 5.6.1 Identifiseer DRIE totale gehaltebestuurs-elemente (TGB/‘TQM’) wat deur Fahim Skoene toegepas is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (9) Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn om VRAAG 5.6.1 te beantwoord. TGB/‘TQM’-ELEMENTE MOTIVERING 1. 2. 3. 5.6.2 Gee Fahim Skoene raad oor die voordele van ʼn goeie gehaltebestuurstelsel. (6) 5.7 Bespreek die negatiewe impak op besighede indien TGB swak geïmplementeer word. (6) 5.8 Evalueer die impak van deurlopende verbetering van prosesse en stelsels op groot besighede. (6) [60] VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 6.1 Identifiseer die betrokke pilaar van die Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) waaraan ABC Boeke Bpk. in ELKE geval hieronder voldoen het: 6.1.1 Die aankoopbestuurder gebruik Gelukkige Boek Verskaffers wat aan BBSEB voldoen. 6.1.2 ABC Boeke Bpk. skenk boeke aan ʼn plaaslike landelike skool. 6.1.3 Die bestuur reik aandele uit aan al hul langdienende werknemers. 6.1.4 Litha, ʼn storieboekskrywer, word aangemoedig om ʼn kreatiewe skryfwerkwinkel by te woon. (4 x 2) (8) 6.2 Verduidelik die verskille tussen markontwikkeling en produkontwikkeling. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES 13 BESIGHEIDSGELEENTHEDE 6.3 Identifiseer die ondernemingsvorm in ELK van die stellings hieronder geïllustreer word: 6.3.1 Khan Bpk. mag die publiek uitnooi om aandele te koop. 6.3.2 Die direkteure van Hello PAM is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die skuld van die besigheid. 6.3.3 Sout Speserye word deur Sarah en Sive besit en bestuur en hulle is persoonlik aanspreeklik vir die besigheid se skulde. (3 x 2) (6) 6.4 Beskryf die rol van persoonlike ingesteldheid/houding in suksesvolle leierskap. (8) BESIGHEIDSROLLE 6.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KRISTAL BRILLE (KB) Kristal Brille neem werkers van verskillende kulturele agtergrond en ras in diens. Die werknemers het goeie interpersoonlike verhoudings en toon wedersydse respek teenoor mekaar ten spyte van hul verskille. Die werkers ondersteun en vertrou mekaar en het eerlike besprekings wat aanleiding gee tot effektiewe oplossings van probleme. 6.5.1 Haal aan VIER karaktereienskappe van ʼn suksesvolle span wat die werkers van Kristal Brille ten toon stel. (4) 6.5.2 Bespreek die voordele daarvan dat Kristal Brille ʼn diverse werksmag het. (6) 6.6 Stel maniere voor waarop besighede die kulturele regte in die werkplek kan bevorder. (6) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 6.7 Omskryf in breë trekke die belangrikheid van gehaltesirkels. (4) 6.9 Onderskei tussen gehalteprestasie en gehaltebestuur. (4) 6.10 Gee besighede raad oor hoe totale gehaltebestuur (TGB/’TQM’) ʼn impak op die vermindering van die koste van gehalte kan hê. (6) [60] TOTAAL AFDELING B: 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2019) AFDELING C Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin, bv. VRAAG 7 op ʼn NUWE bladsy, VRAAG 8 op ʼn NUWE bladsy, ens. VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING) Die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (‘COIDA’), 1997 (Wet 61 van 1997) erken dat werkers aan gesondheidsrisiko's in die werkplek blootgestel is en dat werkplekverwante ongelukke kan plaasvind. Besighede wat nie aan hierdie Wet voldoen nie, sal gepenaliseer word. As ʼn kenner oor huidige wetgewing, skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte:  Verduidelik die doel van ‘COIDA’.  Bespreek die strafmaatreëls/gevolge wat vir nie-voldoening aan ‘COIDA’ opgelê kan word.  Analiseer die impak van ‘COIDA’ op besighede.  Beveel maniere aan waarop besighede aan ‘COIDA’ kan voldoen. [40] VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (VERSEKERING EN AANBIEDING) Me. Witbooi is die besturende direkteur van Verseker Sukses Bpk. Sy moet ʼn aanbieding oor die verskillende tipes versekering by ʼn vergadering van besigheidseienaars doen. Sy wil ʼn PowerPoint aanbieding en inligtingstukke gebruik om haar aanbieding se kwaliteit te verbeter. Sy is kundig oor versekeringsaspekte, maar sy het nie die nodige selfvertroue om die gehoor se vrae te beantwoord nie. Skryf ʼn opstel waarin jy aan die volgende aspekte aandag gee:  Onderskei tussen verpligte en nie-verpligte versekering.  Verduidelik TWEE soorte verpligte versekering behalwe COIDA.  Evalueer ʼn PowerPoints-aanbieding en inligtingstukke as visuele hulpmiddels om haar aanbieding te verbeter.  Stel maniere voor waarop me. Witbooi op ʼn professionele wyse op terugvoering kan reageer. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2019) BESIGHEIDSTUDIES 15 VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE Die uitdagings wat binne die besigheidsomgewing bestaan toets dikwels die etiese waardes en beginsels van organisasies en besigheidsmense. Die wyse waarop besighede sake doen moet professioneel, verantwoordelik en eties wees. Besighede moet die King-Kode-beginsels vir goeie korporatiewe bestuur toepas. Met verwysing na die stelling hierbo:  Onderskei tussen professionele gedrag en etiese gedrag.  Verduidelik hoe besighede die King-Kode-beginsels van deursigtigheid en verantwoordbaarheid/aanspreeklikheid moet toepas om hulle korporatiewe bestuur te verbeter.  Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe besigheidspraktyke uitgevoer behoort te word.  Beveel maniere aan waarop besighede misbruik van werktyd en prysbepaling van goedere in landelike gebiede as onetiese sakepraktyke kan aanspreek. [40] VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE BLOU BAAI VISSERYE (BBV) Blou Baai Visserye het onlangs vir Samar as hulle produksiebestuurder aangestel. Samar het ʼn indiensnemingskontrak ontvang wat byvoordele ingesluit het. Die bestuur het ook ʼn induksie-program vir Samar opgestel. Hou die scenario hierbo in gedagte en skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte:  Omskryf in breë trekke die wetlike vereistes van ʼn indiensnemingskontrak.  Bespreek die impak van byvoordele op Blou Baai Visserye.  Verduidelik die doel van induksie as ʼn menslikehulpbronne aktiwiteit.  Gee besighede raad oor die voordele van induksie. [40] TOTAAL AFDELING C: 80 GROOTTOTAAL: 300 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Business Studies

Explore more published documents in this catalogue.

View all