Skip to content

Business Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paperBusiness StudiesGrade 12202110 pages

Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 BESIGHEIDSTUDIES V2 VOORBEREIDENDE 2021 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. *busta2* Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 2 DBE/November 2020 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die eerste EEN vraag in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord. AFDELING VRAAG PUNTE TYD (minute) A: Objektiewe tipe vrae 1 30 30 VERPLIGTEND B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 30 vrae 3 40 30 KEUSE: 4 40 30 Beantwoord enige TWEE. C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 KEUSE: 6 40 30 Beantwoord enige EEN. TOTAAL 150 120 minute 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 3 DBE/November 2020 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 Die direkteure van Bob Bpk. het … aandele aan hulle aandeelhouers uitgereik as vergoeding vir onbetaalde dividende. A stigters- B aflosbare C gewone D bonus- 1.1.2 Emma se persoonlike bates kan as betaling vir haar besigheid se skuld opgeëis word. Dit is 'n voorbeeld van … aanspreeklikheid. A publieke B onbeperkte C persoonlike D beperkte 1.1.3 Hierdie aspek moet in ag geneem word wanneer 'n multimedia- aanbieding ontwerp word: A Kies 'n donker agtergrond om sigbaarheid te verbeter B Gebruik 'n baie klein skrifgrootte om gedetailleerde inligting op elke skyfie in te sluit C Maak seker dat 'n prentjie by elke skyfie ingesluit is D Struktureer inligting in 'n logiese volgorde 1.1.4 Die aanmeld van onveilige werksomstandighede by bestuur is die verantwoordelikheid van die … A werknemer. B vakbond. C produksiebestuurder. D werkgewer. 1.1.5 Johnny se Verfwinkel het die … tegniek toegepas toe hulle 'n paneel kundiges versoek het om 'n stel vraelyste te voltooi om oplossings te kry. A leë-stoel- B kragveld-ontleding- C Delphi- D nominale-groep- (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 4 DBE/November 2020 NSS 1.2. Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. publiek; nieversekerbare; korporatiewe maatskaplike investering; leier; inligting; lede; versekerbare; korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid; bestuurder; privaatheid 1.2.1 SB Tekstiele word deur modeveranderings geaffekteer. Dit is 'n voorbeeld van … risiko. 1.2.2 Zulu Bpk. kan kapitaal bekom deur aandele aan die … uit te reik. 1.2.3 Estelle is 'n goeie … want sy administreer planne en dwing reëls af om gestelde doelwitte te bereik. 1.2.4 Die interne beleid van Kopano (Edms.) Bpk. sluit aandeelhouers se belange en omgewingskwessies in as deel van hulle … -programme. 1.2.5 Corbett Vervaardigers respekteer die reg van die werknemers tot … deur hulle persoonlike inligting vertroulik te hou. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 5 DBE/November 2020 NSS 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Kapitaalwins A vereis dat besighede op mense, wins en die planeet fokus 1.3.2 Aweryklousule B besighede stel slegs mense uit voorheen 1.3.3 Inklusiwiteit benadeelde gemeenskappe aan 1.3.4 Besluitneming C van toepassing wanneer 'n eiendom vir meer as die markwaarde daarvan verseker 1.3.5 Drievoudige word sleutelaspekte D die opbrengs op 'n belegging in vaste bates E 'n groep mense genereer alternatiewe oplossings en evalueer dit krities F die opbrengs op 'n belegging in aandele G besighede stel mense uit verskillende agtergronde, geslag en ouderdomme aan H van toepassing wanneer eiendom vir minder as die markwaarde verseker word I 'n bestuurder neem alle alternatiewe in ag voordat die beste oplossing gekies word J vereis dat besighede op prosesse, wins en die planeet fokus (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 6 DBE/November 2020 NSS AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 2.1 Noem VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer 'n beleggings- besluit geneem word. (4) 2.2 Beskryf kortliks die faktore wat in ag geneem moet word wanneer 'n aanbieding voorberei word. (6) 2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TOMELO HANDELAARS (TH) Tomelo Handelaars is bekend vir die verkoop van gehalteprodukte. Tomela, die eienaar, het sy besigheidseiendom teen brand en diefstal verseker. Hy het alle relevante inligting wat die mate van die risiko kan beïnvloed aan die versekeringmaatskappy geopenbaar. 2.3.1 Identifiseer TWEE beginsels van versekering wat op TH van toepassing is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 2.3.1 te beantwoord. BEGINSELS VAN VERSEKERING MOTIVERINGS 1. 2. (6) 2.3.2 Gee die bestuur van TH raad oor die voordele van versekering vir besighede. (6) 2.4 Verduidelik hoe bestuur tot die sukses en/of mislukking van 'n vennootskap kan bydra. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 7 DBE/November 2020 NSS 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KONSULTASIEDIENSTE (KD) Ayanda, die eienaar van Konsultasiedienste, het R8 000 vir drie jaar by Wonderbank belê. Die bank het haar 'n rentekoers van 10% per jaar aangebied. Die rente word bereken op die oorspronklike bedrag plus rente. 2.5.1 Identifiseer die tipe rente waarvolgens Ayanda se belegging bereken sal word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) 2.5.2 Bereken die rentebedrag wat Ayanda na drie jaar sal ontvang deur die tipe rente wat in VRAAG 2.5.1 geïdentifiseer is, te gebruik. Toon ALLE berekenings. (5) 2.6 Evalueer die impak van die regering/RSA se kleinhandelspaareffekte as 'n beleggingsvorm. (6) [40] VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE 3.1 Noem enige DRIE stadiums van spanontwikkeling. (3) 3.2 Beskryf kortliks die rolle van die gesondheid- en veiligheidsverteenwoordigers in die beskerming van die werksomgewing. (6) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MANDY HANDELAARS (MH) Mandy Handelaars is in 'n gebied geleë waar baie mense as gevolg van 'n tekort aan vaardighede sukkel om werk te kry. Die meerderheid is nie in staat om in hulle basiese behoeftes te voorsien nie en daarom ontvang hulle kospakkies by nie-regeringsorganisasies. 3.3.1 Identifiseer TWEE sosio-ekonomiese kwessies wat 'n uitdaging vir MH is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.3.1 te beantwoord. SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES MOTIVERINGS 1. 2. (6) 3.3.2 Verduidelik hoe MH se bestuur MIV/Vigs as 'n sosio-ekonomiese kwessie kan hanteer. (4) 3.4 Bespreek die oorsake van konflik in die werkplek. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 8 DBE/November 2020 NSS 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SEBASTIAN OUDITEURE (SO) Sebastian Ouditeure stel werkers uit diverse agtergronde aan. 'n Vertaler is aangestel om seker te maak dat alle werknemers verstaan wat tydens vergaderings bespreek word. 3.5.1 Identifiseer die diversiteitskwessie wat SO hanteer het. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) 3.5.2 Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek. (6) 3.6 Analiseer die impak van 'n dinkskrum as 'n probleemoplossingstegniek. (6) [40] VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSGELEENTHEDE 4.1 Gee TWEE voorbeelde van nieverbale aanbiedings. (2) 4.2 Beskryf kortliks die kenmerke van 'n privaat maatskappy. (6) 4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUPERIOR KONSTRUKSIE (SK) Superior Konstruksie het 'n groot aantal werkers op hul konstruksieterreine in diens. SK dra tot die Werkloosheidsversekeringsfonds en die Vergoedingsfonds vir Beroepsbeserings en -siektes by. Hulle neem ook lewensversekering vir sleutelpersoneel uit. 4.3.1 Haal TWEE soorte verpligte versekering uit die scenario hierbo aan. (2) 4.3.2 Verduidelik EEN soort verpligte versekering wat in VRAAG 4.3.1 aangehaal is. (4) 4.4 Gee aanbieders raad oor hoe hulle na die afloop van 'n aanbieding terugvoering op 'n nie-aggressiewe en professionele wyse kan hanteer. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 9 DBE/November 2020 NSS BESIGHEIDSROLLE 4.5 Beskryf kortliks die korrekte prosedure om griewe by die werkplek te hanteer. (6) 4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MOHAMMED ADVERTEERDERS (MA) Mohammed Adverteerders het gesukkel om 'n nuwe advertensieveldtog te ontwerp om meer kliënte te lok. MA het besluit om hulle werknemers op te lei oor hoe om innoverende tegnieke te gebruik. Die werknemers is ook versoek om enige nuwe idees in voorstelhouers te plaas. 4.6.1 Haal TWEE maniere uit die scenario hierbo aan waarop MA 'n omgewing geskep het wat kreatiewe denke bevorder het. (2) 4.6.2 Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (6) 4.7 Evalueer die impak van korporatiewe maatskaplike/sosiale verantwoordelikheid (KMV/KSV) op gemeenskappe. (6) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies/V2 10 DBE/November 2020 NSS AFDELING C Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BESTUUR EN LEIERSKAP) Suksesvolle leiers weet dat 'n positiewe houding hulle in staat stel om besigheidsdoelwitte te bereik. Die situasionele leierskapsteorie gee besighede riglyne oor die bestuur van mense. Sommige leiers glo in die doeltreffendheid van die charismatiese en transaksionele leierskapstyle, terwyl ander die outokratiese leierskapstyl verkies. Skryf 'n opstel oor leierskap waarin jy die volgende aspekte bespreek:  Beskryf kortliks die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap.  Verduidelik die situasionele leierskapsteorie.  Bespreek die impak van die volgende leierskapstyle op besighede: o Charismaties o Transaksioneel  Beveel situasies aan waarin die outokratiese leierskapstyl in die werkplek toegepas kan word. [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (ETIEK EN PROFFESIONALISME) Die King-kode-beginsels verskaf riglyne oor die toepassing van etiese en professionele sakepraktyke. Besighede moet onprofessionele gedrag identifiseer wat uitdagings vir hulle bedrywighede inhou en strategieë ontwikkel om dit te hanteer. Skryf 'n opstel oor etiese en professionele gedrag waarin jy die volgende aspekte bespreek:  Beskryf kortliks die verskille tussen etiese en professionele gedrag.  Verduidelik hoe besighede die King-kode-beginsels van verantwoordbaarheid en deursigtigheid vir goeie korporatiewe bestuur kan toepas.  Beskryf hoe die volgende onprofessionele sakepraktyke 'n uitdaging vir besighede inhou: o Misbruik van werktyd o Ongemagtigde gebruik van werkplekfondse en -hulpbronne  Beveel maniere aan waarop besighede ELK van die onprofessionele sakepraktyke hierbo kan hanteer. [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Business Studies

View all