Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
BESIGHEIDSTUDIES V1
NOVEMBER 2022
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)





Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)
Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Business Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 346.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
NSC November Exam 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 2 DBE/November 2022
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in
AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C
nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van
'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
elke vraag beantwoord.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40
KEUSE: 70
3 40
Beantwoord enige TWEE. 4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40
30
KEUSE: 6 40
Beantwoord enige EEN.
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 3 DBE/November 2022
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Hierdie Wet skep 'n raamwerk vir aanvaarbare
indiensnemingspraktyke en veiligheidsregulasies in die werkplek:
A Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van
1997)
B Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes
('COIDA'), 1997 (Wet 61 van 1997)
C Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008)
D Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB),
2003 (Wet 53 van 2003)
1.1.2 Bavaro Beperk het … as 'n BBSEB-pilaar gebruik toe hulle hulle swart
werknemers versoek het om aan die besluitnemingsproses deel te
neem.
A eienaarskap
B ondernemings- en verskaffersontwikkeling
C vaardigheidsontwikkeling
D bestuursbeheer
1.1.3 Dyna AutoMotors word in die … sektor bedryf omdat hulle luukse
motors vervaardig.
A ekonomiese
B sekondêre
C primêre
D tersiêre
1.1.4 Die proses om 'n werknemer se vaardighede en vermoëns by die
vereistes van 'n pos te pas:
A Werwing
B Keuring
C Plasing
D Induksie
1.1.5 Die … funksie is daarvoor verantwoordelik om dokumente ordelik en
op 'n veilige plek te hou.
A administratiewe
B aankoop-
C algemenebestuurs-
D openbarebetrekkinge- (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 4 DBE/November 2022
NSS
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
billike en eerlike transaksies; beskrywing; prestasie;
SSGB ('SWOT'); voorwaartse vertikale; PESTWO; spesifikasie;
kies; bestuur; terugwaartse vertikale
1.2.1 Ann het haar reg om te … uitgeoefen, soos in die Wet op
Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) gestipuleer,
toe sy 'n geskrewe kwotasie by Tido Handelaars aangevra het.
1.2.2 ZZ Slaghuis het Mike Veeplaas gekoop om groter beheer oor
die verskaffing van vleisprodukte te hê. Dit staan as die …
integrasiestrategie bekend.
1.2.3 Vally Handelaars het 'n …-analise saamgestel om goeie praktyke en
uitdagings binne die besigheid te identifiseer.
1.2.4 Die pos-… beskryf kortliks die minimum aanvaarbare kwalifikasies en
vaardighede wat vir die pos nodig is.
1.2.5 Gehalte-… kan bereik word indien al die departemente vir dieselfde
gehaltestandaard saamwerk. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 5 DBE/November 2022
NSS
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Swart Ekonomiese A werknemers word vir die aantal items
Bemagtiging wat in 'n maand vervaardig is, betaal
1.3.2 Strategiese B verskaf gereelde en positiewe
bestuursproses persverklarings
1.3.3 Tydverwant C kandidate wat vir 'n pos aansoek
gedoen het, word almal na die
1.3.4 Sifting onderhoud uitgenooi
1.3.5 Openbarebetrekkinge- D het slegs 'n paar voorheen
funksie benadeelde mense bevoordeel
E ontwikkel 'n aksieplan wat take insluit
wat gedoen moet word
F werknemers word vir die aantal ure
gewerk, betaal
G kandidate wat aan die minimum
vereistes voldoen, word van die
ander geskei
H het 'n breër basis van voorheen
benadeelde mense bevoordeel
I ontwikkel 'n aksieplan om met
mededingers te deel
J gebruik prystegnieke om 'n
mededingende voordeel te verseker
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 6 DBE/November 2022
NSS
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin,
bv. VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem enige TWEE soorte defensiewe strategieë. (2)
2.2 Beskryf kortliks die voordele van diversifikasiestrategieë. (6)
2.3 Identifiseer die PESTWO-elemente wat 'n uitdaging vir Simmy Handelaars in
ELK van die volgende stellings inhou:
2.3.1 Baie klante kan as gevolg van lae inkomstevlakke nie hulle produkte
bekostig nie, wat 'n afname in verkope tot gevolg het.
2.3.2 Hulle het nie internetfasiliteite om vir klante wat verkies om aanlyn
aankope te doen, voorsiening te maak nie.
2.3.3 Simmy Handelaars kan nie meer bekostig om goedere af te lewer nie
as gevolg van die styging in die brandstofprys. (6)
2.4 Verduidelik die stappe in strategie-evaluering. (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
EXCEL BANK (EB)
Excel Bank bied verskillende finansiële produkte aan voornemende kliënte. Die
bank voer 'n bekostigbaarheidsassessering uit voordat krediet toegestaan
word. EB verseker dat hulle kliënte inligting in 'n verstaanbare taal ontvang.
Hulle laat kliënte ook toe om toegang tot hulle kredietrekords te hê en dit te
bevraagteken.
2.5.1 Haal TWEE verbruikersregte ingevolge die Nasionale Kredietwet
(NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) uit die scenario hierbo aan. (2)
2.5.2 Bespreek die impak van die Nasionale Kredietwet op besighede. (6)
2.6 Verduidelik oortyd as een van die bepalings van die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997). (4)
2.7 Gee besighede raad oor hoe hulle die volgende kragte van Porter se Vyf
Kragte-model moet toepas om hulle posisie in die markomgewing te analiseer:
2.7.1 Krag van kopers (4)
2.7.2 Bedreiging/Hindernisse vir nuwe toetreders tot die mark (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 7 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Noem enige DRIE voorbeelde van byvoordele. (3)
3.2 Beskryf kortliks die rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud. (4)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MAPS REKENAARS (MR)
Maps Rekenaars spesialiseer in die vervaardiging van rekenaars. MR het 'n
vakante pos vir 'n projekbestuurder op hulle besigheid se kennisgewingbord
geadverteer.
3.3.1 Identifiseer die werwingsmetode wat deur MR gebruik is. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
3.3.2 Verduidelik die voordele van die werwingsmetode wat in
VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is vir 'n besigheid. (4)
3.4 Bespreek die redes vir die beëindiging van 'n indiensnemingskontrak. (6)
3.5 Bespreek kortliks die gehalteaanwysers van die finansiële funksie. (4)
3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RASHID VERVAARDIGERS (RV)
Rashid Vervaardigers implementeer totale gehaltebestuur (TGB) om die koste
van gehalte te verminder. Die werknemers van RV woon gereelde opleiding-
sessies by om hulle rol in gehaltebestuur te verstaan. RV deel goeie praktyke
met sakevennote. Hulle werk ook nou met verskaffers saam om die gehalte
van hulle grondstowwe te verbeter.
3.6.1 Haal TWEE maniere waarop TGB die koste van gehalte verminder uit
die scenario hierbo aan. (2)
3.6.2 Verduidelik ander maniere waarop TGB die koste van gehalte kan
verminder. (4)
3.7 Bespreek die impak van totale gehaltebestuur (TGB) indien besighede dit swak
implementeer. (4)
3.8 Gee groot besighede raad oor die voordele van voldoende finansiering en
kapasiteit as 'n element van totale gehaltebestuur (TGB). (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 8 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Noem enige TWEE tipes besigheidsomgewings en noem die mate van beheer
wat besighede oor ELKE besigheidsomgewing het.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.1 te beantwoord.
BESIGHEIDSOMGEWINGS MATE VAN BEHEER
1.
2. (4)
4.2 Beskryf kortliks die rol van SOOO's in hulle ondersteuning van die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998). (4)
4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TOM HANDELSONDERNEMING (THO)
Tom Handelsonderneming wou die verkope van hulle produkte verhoog.
THO het addisionele verkoopsverteenwoordigers aangestel om hulle produkte
na ander provinsies te versprei.
4.3.1 Identifiseer die soort intensiewe strategie wat deur THO in die
scenario hierbo gebruik is. (2)
4.3.2 Verduidelik TWEE ander soorte intensiewe strategieë. (6)
4.4 Stel maniere voor waarop besighede aan die Wet op Gelyke Indiensneming
(WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) kan voldoen. (4)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5 Noem VIER aspekte wat by 'n indiensnemingskontrak ingesluit moet word. (4)
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TUMISHO KONSULTANTE (TK)
Tumisho Konsultante het onlangs vir Mandy as 'n senior kassiere aangestel.
Die bestuur van TK het ingestem dat Mandy indiensopleiding sal ontvang om
haar vaardighede te verbeter. TK het 'n program opgestel om te verseker dat
die induksieproses glad verloop. Mandy sal die geleentheid kry om al die
verskillende departemente te ervaar.
4.6.1 Haal TWEE doelwitte van induksie uit die scenario hierbo aan. (2)
4.6.2 Beskryf die voordele van induksie vir besighede. (4)
4.7 Verduidelik hoe besighede enige TWEE stappe van die BDKH-model kan
toepas om die gehalte van hulle produkte te verbeter. (6)
4.8 Gee aan besighede raad oor die gehalte-aanwysers van die aankoopfunksie. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V1 9 DBE/November 2022
NSS
AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995) maak voorsiening vir
die regte van werknemers in die werkplek. Daar word van besighede verwag om 'n
deeglike kennis van hierdie Wet vir effektiewe implementering te hê. Baie besighede
implementeer regsadvies om strafmaatreëls vir nienakoming van die WAV te voorkom.
Skryf 'n opstel oor die Wet op Arbeidsverhoudinge waarby jy die volgende aspekte
insluit:
Beskryf kortliks die regte van werknemers ingevolge die Wet op
Arbeidsverhoudinge.
Verduidelik die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge.
Bespreek die impak van die Wet op Arbeidsverhoudinge op besighede.
Gee besighede raad oor strafmaatreëls vir nienakoming van hierdie Wet waarvoor
hulle te staan kan kom. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (GEHALTEPRESTASIE)
Besighede implementeer gehaltebeheer- en gehalteversekeringsprosesse om produkte
van 'n hoë kwaliteit te vervaardig. Hulle geniet ook die voordele van 'n hoë gehalte-
bestuurstelsel. Deurlopende vaardigheidsontwikkeling en totale kliëntetevredenheid dra
tot die effektiewe implementering van totale gehaltebestuur (TGB) by. Ander besighede
verkies om die dienste van gehaltesirkels te gebruik om die verlangde uitkoms te
bereik.
Skryf 'n opstel oor gehalteprestasie waarby jy die volgende aspekte insluit:
Beskryf kortliks die verskille tussen gehaltebeheer en gehalteversekering.
Verduidelik die voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel.
Bespreek die impak van die volgende TGB-elemente op groot besighede:
o Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/Onderwys en opleiding
o Totale kliënte-/klantetevredenheid
Gee besighede raad oor die rol van gehaltesirkels as deel van deurlopende
verbetering van prosesse en stelsels. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 EC June 2022 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Eng)

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2022 Memo
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum