Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
BESIGHEIDSTUDIES V2
NOVEMBER 2022
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 

%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)









View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Business Studies Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper
Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Business Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 350.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 2 DBE/November 2022
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in
AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C
nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer
is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke
vraag beantwoord.
TYD
AFDELING VRAAG PUNTE
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40
KEUSE:
3 40 70
Beantwoord enige TWEE.
4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40
KEUSE: 30
Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 3 DBE/November 2022
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Ayisha het die … leierskapstyl toegepas toe sy haar persoonlikheid
gebruik het om haar werknemers te motiveer om hard te werk.
A demokratiese
B outokratiese
C charismatiese
D transaksionele
1.1.2 … aandele is aan die aandeelhouers van Sizwe Handelaars as
vergoeding vir onbetaalde dividende uitgereik.
A Bonus-
B Voorkeur-
C Gewone
D Stigters-
1.1.3 Die aanbieder moet … wanneer hy/sy vir 'n aanbieding voorberei.
A toepaslike gebare gebruik
B dit vermy om agter toerusting weg te kruip
C humor toepaslik gebruik
D visuele hulpmiddele ontwerp
1.1.4 Godana Doors het beide manlike en vroulike werknemers in
bestuursposisies aangestel om … as 'n diversiteitskwessie te
hanteer.
A ouderdom
B geslag
C taal
D kultuur
1.1.5 Jacky Handelaars het met 'n … as 'n tipe moeilike persoonlikheid te
doen gehad toe hulle na Trevor se kritiek geluister het sonder om
aan hom erkenning te gee.
A klaer
B kundige
C besluitlose persoon
D aggressor (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 4 DBE/November 2022
NSS
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
versekerbare; ekonomiese; etiese; aanspreeklikheid;
RSA-kleinhandelspaareffekte; nieversekerbare; sosiale; effektetrusts;
professionele; verantwoordelikheid
1.2.1 Sakkie het in … belê omdat dit hom sal toelaat om sonder boetes
kontant te onttrek wanneer hy geld nodig het.
1.2.2 Veranderinge in tegnologie kan as 'n … risiko beskou word.
1.2.3 Die werknemers van Blake Konsultante toon … gedrag omdat hul
die besigheid se gedragskode toepas wanneer hulle met kliënte
werk.
1.2.4 Die … regte van werknemers stel hulle in staat om aan 'n wettige
staking deel te neem.
1.2.5 Besighede pas … as 'n King-kode-beginsel toe wanneer hulle
eksterne ouditeure aanstel om hulle finansiële state te oudit. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 5 DBE/November 2022
NSS
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Situasionele A bevorder die beeld van die besigheid
leierskapsteorie en verhoog winste
1.3.2 Sekuriteitstelling B spanlede toon respek vir die kennis
van ander lede
1.3.3 Privaat maatskappy
C leiers vergoed die positiewe gedrag
1.3.4 Korporatiewe van hulle werknemers
maatskaplike
verantwoordelikheid D op langtermynversekering van
toepassing
1.3.5 Gedeelde waardes
E verkry kapitaal deur aandele aan die
gemeenskap te verkoop
F leiers analiseer die besigheid se
doelwitte om 'n geskikte leierskapstyl
te kies
G verkry kapitaal deur aandele aan
hulle aandeelhouers te verkoop
H op korttermynversekering van
toepassing
I bevorder die lewenstandaard van die
gemeenskap sonder opbrengs van
die belegging
J spanlede werk as 'n eenheid saam
en neem deel aan besluitneming
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 6 DBE/November 2022
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv.
VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Noem enige VIER voorbeelde van langtermynversekering. (4)
2.2 Brei uit oor die betekenis van bybetaling as 'n versekeringskonsep. (4)
2.3 Identifiseer die tipe visuele hulpmiddel wat deur Dumisani tydens sy
aanbieding gebruik is in ELKE stelling hieronder.
2.3.1 Dumisani het skyfies gebruik wat op 'n skerm geprojekteer is. (2)
2.3.2 Hy het die gehoor aan die begin van die sessie van harde kopieë
van sy aanbieding voorsien. (2)
2.4 Verduidelik die verskil tussen beperkte aanspreeklikheid en onbeperkte
aanspreeklikheid. (4)
2.5 Beskryf die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE). (6)
2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Thapelo het oor 'n tydperk van twee jaar 'n bedrag van R7 000 teen
10% enkelvoudige rente per jaar in 'n vaste deposito belê.
2.6.1 Bereken die enkelvoudige rente wat Thapelo na twee jaar sal
ontvang. Toon ALLE berekeninge. (4)
2.6.2 Bespreek die impak van vaste deposito's as 'n beleggingsvorm. (6)
2.7 Gee besighede raad oor die voordele van versekering. (4)
2.8 Stel maniere voor waarop die aanbieder ná 'n aanbieding terugvoering op 'n
nie-aggressiewe en professionele wyse kan hanteer. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 7 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Noem enige VIER menseregte in die werkplek. (4)
3.2 Beskryf kortliks die rolle van die gesondheids- en
veiligheidsverteenwoordigers om die werkplekomgewing te beskerm. (4)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TAKALANI HANDELAARS (TH)
Zuki en Jane is toesighouers by Takalani Handelaars. Hulle praat nie met
mekaar nie omdat hulle verskillende opinies het. Bestuur het voor die
onderhandelinge 'n vergadering gereël waarin Zuki en Jane afsonderlik hulle
standpunte gestel het. Hulle is die geleentheid gebied om oor die beste
oplossing saam te stem. Hulle is ook aangeraai om die saak na die KVBA te
verwys indien hulle nie gelukkig met die uitkoms sou wees nie.
3.3.1 Haal TWEE stappe in konflikhantering uit die scenario hierbo aan. (2)
3.3.2 Beskryf ander stappe in konflikhantering in die werkplek. (6)
3.4 Verduidelik maniere waarop besighede werkloosheid as 'n sosio-ekonomiese
kwessie kan hanteer. (6)
3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
TECH TAPYTE (TT)
Tech Tapyte is 'n groot besigheid wat in die vervaardiging van matte
spesialiseer. TT het nie al hulle inkomste vir die vorige finansiële jaar aan die
Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) verklaar nie. Werknemers maak
tydens werksure persoonlike oproepe. TT gebruik ook fynskrif om belangrike
inligting weg te steek wanneer hulle hulle produkte bemark.
Identifiseer TWEE tipes onetiese sakepraktyke wat op TT van toepassing is.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.5 te beantwoord.
TIPES ONETIESE SAKEPRAKTYKE MOTIVERINGS
1.
2. (6)
3.6 Bespreek die impak van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid
(KMV) op gemeenskappe. (6)
3.7 Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
effektiewe sakepraktyke uitgevoer behoort te word. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 8 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Noem enige DRIE faktore wat in ag geneem moet word wanneer
beleggingsbesluite geneem word. (3)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RAVAT HANDELAARS (RH)
Die bestuur van Ravat Handelaars verseker dat beide die besigheid en die
werknemers elk 1% van hulle lone tot die Departement van Arbeid bydra.
Die bydrae is verpligtend soos in die wetgewing gespesifiseer is.
4.2.1 Identifiseer die tipe verpligte versekering wat op die scenario hierbo
van toepassing is. (2)
4.2.2 Verduidelik EEN ander tipe verpligte versekering. (3)
4.3 Bespreek hoe die volgende kriteria tot die sukses en/of mislukking van 'n
vennootskap kan bydra:
4.3.1 Kapitaal (4)
4.3.2 Bestuur (4)
4.4 Stel situasies voor waarop die laissez-faire-/vryeteuels-leierskapstyl in die
werkplek toegepas kan word. (4)
BESIGHEIDSROLLE
4.5 Noem VIER fokusareas van korporatiewe maatskaplike investering (KMI). (4)
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
KAMPIOEN WENNERS (KW)
Ntsiki is 'n spanleier vir Kampioen Wenners wat uit hoogs opgeleide spanlede
bestaan. Al die lede het oor vooropgestelde rolle en verantwoordelikhede
ooreengekom. Hulle weet ook dat alle take voltooi moet wees voordat die
span ontbind.
Identifiseer TWEE stadiums van spanontwikkeling wat deur KW ondervind is.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.6 te beantwoord.
STADIUMS VAN SPANONTWIKKELING MOTIVERINGS
1.
2. (6)
4.7 Bespreek die impak van die nominale groeptegniek in die oplossing van
komplekse besigheidsprobleme. (6)
4.8 Gee besighede raad oor die voordele van diversiteit in die werkplek. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 9 DBE/November 2022
NSS
AFDELING C
Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op 'n
NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 5: SAKEGELEENTHEDE (BESTUUR EN LEIERSKAP)
Effektiewe bestuur en leierskap speel 'n belangrike rol om besigheidsdoelwitte te
bereik. Baie leiers volg die transformasie-leierskapsteorie as 'n riglyn om hulle
werknemers te lei. Ander gebruik die demokratiese en outokratiese leierskapstyle in die
werkplek. Sommige leiers stem saam dat die rol van persoonlike ingesteldheid vir
suksesvolle leierskap belangrik is.
Skryf 'n opstel oor bestuur en leierskap waarby jy die volgende aspekte insluit:
Beskryf kortliks die verskille tussen bestuur en leierskap.
Verduidelik die transformasie-leierskapsteorie.
Bespreek die impak van die volgende leierskapstyle op besighede:
o Demokraties
o Outokraties
Gee besighede raad oor die rol van persoonlike ingesteldheid in suksesvolle
leierskap. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (KREATIEWE DENKE EN PROBLEEMOPLOSSING)
Besighede moet probleme identifiseer wat hul bedrywighede affekteer om ingeligte
besluite te kan neem. Hulle moet ook 'n omgewing ontwikkel wat kreatiewe denke
bevorder om die voordele van kreatiwiteit in die werkplek te geniet. Die Delphi-tegniek
en die kragveldontleding stel besighede in staat om komplekse besigheidsprobleme op
te los.
Skryf 'n opstel oor kreatiewe denke en probleemoplossing waarby jy die volgende
aspekte insluit:
Beskryf kortliks die verskille tussen probleemoplossing en besluitneming.
Verduidelik maniere waarop besighede 'n omgewing kan skep wat kreatiewe denke
in die werkplek bevorder.
Bespreek die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.
Gee besighede raad oor hoe hulle die volgende probleemoplossingstegnieke kan
toepas om komplekse besigheidsprobleme op te los:
o Delphi-tegniek
o Kragveldontleding [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Business Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Business Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Business Studies quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Business Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Business Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Eng)
Related documents

Question paper
Business Studies Grade 12 P2 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 Paper 2 KZN June 2022 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2022 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper