Skip to content
Question paper

Business Studies Grade 12 P2 NSC November 2025 Question Paper

Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Business StudiesGrade 1220259 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 BESIGHEIDSTUDIES V2 NOVEMBER 2025 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 2 DBE/November 2025 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B en die antwoord op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord. AFDELING VRAAG PUNTE TYD (minute) A: Objektiewe tipe vrae 1 30 20 VERPLIGTEND B: DRIE direkte/indirekte tipe 2 40 vrae 3 40 70 KEUSE: Beantwoord enige TWEE. 4 40 C: TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 KEUSE: Beantwoord enige EEN. 6 40 TOTAAL 150 120 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 3 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING A (VERPLIGTEND) 2025 VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 Adriaan het … rente verdien toe hy 'n bedrag van R30 000 in 'n vaste deposito vir drie jaar, teen 12% enkelvoudige rente per jaar, by Axis Bank belê het. A R40 800 B R44 691 C R10 800 D R14 691 1.1.2 Die term 'onbeperkte aanspreeklikheid' beteken dat die eienaar se … A verliese beperk word tot die bedrag wat in die besigheid belê is. B persoonlike bates teen die skuld van die besigheid beskerm word. C persoonlike skuld deur die besigheid vervang moet word. D persoonlike bates in beslag geneem kan word om die skuld van die besigheid te betaal. 1.1.3 Jobe Boekhouers het hulle personeel oor die impak van bedrog opgelei wanneer hulle … as 'n tipe onprofessionele sakepraktyk hanteer. A die ongemagtigde gebruik van werkplekfondse en hulpbronne B die misbruik van werktyd C onbillike advertensies D seksuele teistering 1.1.4 Spanlede ervaar dikwels magstryde vir die posisie van spanleier gedurende die …-stadium van spanontwikkeling. A vorming B bestorming C werksverrigting D ontbinding 1.1.5 Catherine Tekstiele hanteer MIV/Vigs as 'n sosio-ekonomiese kwessie deur … A die beste vrywilligersprogramme aan te bied om potensiële werknemers te identifiseer en te lok. B armoedeverligtingsprogramme te ondersteun wat deur die regering aangebied word. C antiretrovirale behandelingsprogramme vir alle besmette werknemers te ontplooi. D werksgeleenthede vir werklose gemeenskapslede te skep. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 4 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. kragveldontleding; niewinsgewende; situasionele; blaaiborde; planeet; transformasie; Delphi-tegniek; plakkate; staatsbeheerde; persone 1.2.1 Willem pas verskillende leierskapstyle toe wat op verskillende omstandighede gebaseer is. Dit staan as die … leierskapsteorie bekend. 1.2.2 'n … maatskappy skep werksgeleenthede en bied noodsaaklike dienste aan die meerderheid van burgers. 1.2.3 Qama Elektronika plaas … strategies in die besigheid as 'n visuele hulpmiddel om klante te lok. 1.2.4 Besighede implementeer die nodige veranderinge nadat die aandrywings- en beperkingsaspekte oorweeg is. Dit verwys na … as 'n probleemoplossingstegniek. 1.2.5 Highway Winkels fokus op … as 'n drievoudige sleutel-element wanneer hulle ekovriendelike produksiemetodes ondersteun. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 5 DBE/November 2025 NSS Vertroulik 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Eenmansaak A vind plaas wanneer werknemers klagtes by die bestuur in die 1.3.2 Kumulatiewe werkplek indien voorkeuraandele B is van toepassing wanneer bates vir 1.3.3 Aweryklousule meer as hulle markwaarde verseker word 1.3.4 Professionele gedrag C fokus op die ontwikkeling van 'n 1.3.5 Griewe morele kompas vir besluitneming D het beperkte kontinuïteit want die besigheid hou op bestaan sodra die eienaar bedank E vind plaas wanneer daar 'n botsing van menings tussen twee of meer partye in die werkplek is F fokus op die handhawing van die reputasie van die besigheid G beleggers ontvang hoër dividende wanneer die maatskappy winste maak H is van toepassing wanneer bates vir minder as hulle markwaarde verseker word I het onbeperkte kontinuïteit want die besigheid kan ná die bedanking van die eienaar voortbestaan J beleggers ontvang betalings vir dividende wat nie in vorige jare uitbetaal is nie (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 6 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING B Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 2.1 Noem enige TWEE faktore wat in ag geneem moet word wanneer beleggingsbesluite geneem word. (2) 2.2 Brei uit oor die betekenis van bybetaling as 'n versekeringskonsep. (4) 2.3 Verduidelik die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE). (6) 2.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg. MABIZELA TEGNOLOGIEË (MT) Die bestuurders van Mabizela Tegnologieë pas verskillende leierskapstyle in die werkplek toe. Rachel neem alle besluite alleen sonder om haar personeel te raadpleeg. Zaid bied egter belonings aan hardwerkende werknemers wat tot 'n verhoging in produktiwiteit lei. Identifiseer die leierskapstyle wat op MT van toepassing is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 2.4 te beantwoord. LEIERSKAPSTYLE MOTIVERINGS 1. 2. (6) 2.5 Beskryf die rol van persoonlike houding by suksesvolle leierskap. (4) 2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. STARLIGHT BEMARKING (SB) Zintle, die finansiële bestuurder van Starlight Bemarking, het verskillende aspekte oorweeg toe sy haar multimedia-aanbieding ontwerp het. Sy het die grafieke eenvoudig gehou deur nie verskillende style te meng nie. Sy het agtergrondondersoeke op sommige van die lede van die gehoor uitgevoer. Zintle het ook sleutelwoorde gebruik om die inligting op elke skyfie te beperk. 2.6.1 Haal TWEE aspekte uit die scenario hierbo aan wat Zintle in ag geneem het toe sy haar multimedia-aanbieding ontwerp het. (2) 2.6.2 Verduidelik ander aspekte wat in ag geneem moet word wanneer 'n multimedia-aanbieding ontwerp word. (4) 2.7 Bespreek die impak van regerings-/RSA-Kleinhandelspaareffekte as 'n beleggingsvorm. (6) 2.8 Gee besighede raad oor hoe bestuur as 'n kriterium tot die sukses en/of mislukking van 'n publieke maatskappy kan bydra. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 7 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE 3.1 Noem enige VIER stappe van probleemoplossing. (4) 3.2 Beskryf kortliks die voordele van diversiteit in die werkplek. (6) 3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. JALEEL APTEEK (JA) Die direksie van Jaleel Apteek pas gereeld die beginsels van die King-kode in hulle besigheidsbedrywighede toe. JA het 'n remediërende program ontwikkel om lugbesoedelingsvlakke te verminder en om die omgewing te beskerm. 3.3.1 Identifiseer die King-kode-beginsel wat deur JA toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) 3.3.2 Beskryf enige EEN ander King-kode-beginsel wat besighede kan toepas om hulle etiese sakepraktyke te verbeter. (3) 3.4 Bespreek kommunikasie as 'n kriterium vir suksesvolle spanprestasie. (6) 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KLIPLAND HARDEWARE (KH) Klipland Hardeware ervaar konflik in die werkplek. Sommige werknemers van KH toon 'n gebrek aan samewerking wat produksievertragings veroorsaak. Die bestuur van KH stel onrealistiese spertye vas wat die stresvlakke van werknemers verhoog. Die werknemers van KH het probleme om hulle eie skuld betyds te betaal. 3.5.1 Haal TWEE oorsake van konflik by KH uit die scenario hierbo aan. (2) 3.5.2 Verduidelik hoe besighede konflik in die werkplek moet hanteer. (4) 3.6 Bespreek die voordele van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV) op besighede. (6) 3.7 Evalueer die impak van die nominale groeptegniek. (6) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 8 DBE/November 2025 NSS Vertroulik VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE BESIGHEIDSGELEENTHEDE 4.1 Gee enige TWEE voorbeelde van nieversekerbare risiko's. (2) 4.2 Identifiseer die tipe beleggingsgeleentheid wat op Platinum Bpk. (PB) in ELK van die volgende stellings van toepassing is: 4.2.1 PB het addisionele kapitaal ingesamel deur geld by die publiek te leen. (2) 4.2.2 Werknemers van PB maak maandelikse bydraes tot 'n informele besparingskema waaruit hulle toekomstige onttrekkings sal kan maak. (2) 4.3 Verduidelik die verskil tussen bestuur en leierskap. (4) 4.4 Bespreek die voordele van 'n maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid. (6) 4.5 Gee aanbieders raad oor die faktore wat hulle gedurende 'n aanbieding in ag moet neem. (4) BESIGHEIDSROLLE 4.6 Noem die VIER fokusareas van korporatiewe maatskaplike investering (KMI). (4) 4.7 Beskryf die belangrikheid van spandinamika-teorieë in die verbetering van spanprestasie. (6) 4.8 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. THANDOKAZI PROKUREURS (TP) Thandokazi Prokureurs streef daarna om kreatiewe denke in die werkplek te bevorder. Hulle maak seker dat die werkomgewing vry van hoë geraasvlakke en afleidings is. Die bestuur van TP gee werknemers minder pouses om werkplekproduktiwiteit te optimaliseer. TP moedig ook werknemers aan om met nuwe maniere vorendag te kom om hulle pligte uit te voer. 4.8.1 Haal TWEE maniere uit die scenario hierbo aan waarop TP 'n omgewing skep wat kreatiewe denke bevorder. (2) 4.8.2 Verduidelik ander maniere waarop besighede 'n omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die werkplek bevorder. (4) 4.9 Beveel maniere aan waarop besighede die prysbepaling van goedere in landelike gebiede as 'n tipe onetiese sakepraktyk in die werkplek kan hanteer. (4) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V2 9 DBE/November 2025 NSS Vertroulik AFDELING C Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op 'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy. VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: VERSEKERING) Dit word van besighede vereis om 'n duidelike onderskeid tussen versekering en assuransie vir toekomstige finansiële beplanning te tref. 'n Goeie kennis van verpligte versekering is voordelig vir besighede. Besighede ontvang die voordele van versekering wanneer hulle die versekeringsbeginsels suksesvol toepas. Skryf 'n opstel oor belegging: versekering waarby jy die volgende aspekte insluit: • Beskryf kortliks die verskille tussen versekering en assuransie. • Verduidelik die DRIE soorte verpligte versekering. • Bespreek die voordele van versekering. • Gee besighede raad oor die volgende beginsels van versekering: o Uiterste goeie trou o Versekerbare belang [40] VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (MENSEREGTE, INKLUSIWITEIT EN OMGEWINGSKWESSIES) Werkgewers is verplig om na die menslike gesondheid en veiligheid van werknemers in die werkplek om te sien. Besighede moet in staat wees om maniere te implementeer om menseregte in die werkplek te hanteer en om strategieë toe te pas om die omgewing en menslike gesondheid te beskerm. Hulle moet ook kennis van diversiteitskwessies hê om dit korrek te hanteer. Skryf 'n opstel oor menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies waarby jy die volgende aspekte insluit: • Beskryf kortliks die verantwoordelikhede van werkgewers om menslike gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder. • Verduidelik hoe besighede enige DRIE menseregte in die werkplek kan hanteer. • Bespreek strategieë wat besighede kan gebruik om die omgewing en menslike gesondheid te beskerm. • Stel maniere voor waarop besighede die volgende diversiteitskwessies kan hanteer: o Ouderdom o Gestremdheid [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Business Studies

View all