Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
WISKUNDE V2
MODEL 2012
PUNTE: 100
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 1 diagramvel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper %20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f7a97f78-e0a1-47a0-9585-d048fbb9a0b0/v1-8ef0aabcd419be82000a/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3793ce3-e07c-4539-b525-ae281a304900/v1-f9dda09e80a82534f423/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b92d4e62-fb6d-4b45-9798-0ce101056196/v1-e6a52eb9c121f3b86e15/card.webp)









View all





Mathematics P2 GR 10 Exemplar 2012 Afr hlayiso.com
Mathematics · Grade 10 · National Exemplar Exam · 2012. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mathematics
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- National Exemplar Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 11
- File size
- 473.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 11
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Wiskunde/V2 2 DBE/2012
NSC – Graad 10 Model
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit 9 vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Dui ALLE berekeninge, diagramme, grafieke, ensovoorts wat jy in die bepaling van
jou antwoorde gebruik het, duidelik aan.
4. Volpunte sal NIE noodwendig aan antwoorde alleen toegeken word NIE.
5. Jy mag 'n goedgekeurde wetenskaplike sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-
grafies) gebruik, tensy anders vermeld.
6. Indien nodig, rond antwoorde af tot TWEE desimale plekke, tensy anders vermeld.
7. Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.
8. EEN diagramvel vir die beantwoording van VRAAG 6.1.1 en VRAAG 9 is aan die
einde van hierdie vraestel aangeheg. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer
op hierdie bladsy in die ruimtes voorsien en plaas die bladsy agterin jou
ANTWOORDEBOEK.
9. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskunde/V2 3 DBE/2012
NSC – Graad 10 Model
VRAAG 1
'n Bakker hou rekord van die getal botterbroodjies wat hy elke dag verkoop. Die data vir 19 dae
word hieronder aangedui.
31 36 62 74 65 63 60 34 46 56
37 46 40 52 48 39 43 31 66
1.1 Bepaal die gemiddeld van die gegewe data. (2)
1.2 Herrangskik die data in stygende orde en bepaal dan die mediaan. (2)
1.3 Bepaal die onderste en boonste kwartiele van die data. (2)
1.4 Teken 'n mond-en-snordiagram om die data voor te stel. (2)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskunde/V2 4 DBE/2012
NSC – Graad 10 Model
VRAAG 2
Die verkeersafdeling is bekommerd dat swaarvoertuie (trokke) baie keer oorlaai is. Ten einde
hierdie probleem te hanteer, is 'n aantal weegbrûe langs die hoofroetes in Suid-Afrika gebou.
Die bruto (totale) voertuigmassa word by hierdie weegbrûe gemeet. Die histogram hieronder
dui die data vir 'n maand aan wat by 'n weegbrug versamel is.
Histogram wat Bruto Voertuigmassa aandui
103
99
85
77
70
Frekwensie
19
Massa van Voertuie (in kg)
2.1 Skryf die modale klas van die data neer. (1)
2.2 Skat die gemiddede bruto voertuigmassa vir die maand. (5)
2.3 Watter maatstaf van sentrale verspreiding, die modale klas of die geskatte
gemiddelde, sal die beste beskrywing van die gegewe data gee? Verduidelik jou
keuse. (1)
[7]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskunde/V2 5 DBE/2012
NSC – Graad 10 Model
VRAAG 3
3.1 In die diagram hieronder is D(–3 ; 3), E(3 ; –5) en F(–1 ; k) drie punte in die
Cartesiese vlak.
yy
D(–3 ; 3)
xx
E(3 ; –5)
F(–1 ; k)
3.1.1 Bereken die lengte van DE. (2)
3.1.2 Bereken die gradiënt van DE. (2)
3.1.3 Bepaal die waarde van k indien DEˆ F = 90° . (4)
3.1.4 Indien k = –8, bepaal die koӧrdinate van M, die middelpunt van DF. (2)
3.1.5 Bepaal die koӧrdinate van punt G sodanig dat die vierhoek DEFG 'n
reghoek sal wees. (4)
3.2 C is die punt (1 ; –2). Die punt D lê in die tweede kwadrant en die koӧrdinate van D is
(x ; 5). Indien die lengte van CD gegee word as 53 eenhede, bereken die waarde
van x. (4)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskunde/V2 6 DBE/2012
NSC – Graad 10 Model
VRAAG 4
4.1 In die diagram hieronder is ∆ABC met 'n regte hoek by B.
A
B C
Voltooi die volgende stellings:
AB
4.1.1 sin C = (1)
AB
4.1.2 A = (1)
BC
sin 60°. tan 30°
4.2 Sonder die gebruik van 'n sakrekenaar, bepaal die waarde van: (4)
sec 45°
4.3 In die diagram is P( –5 ; 12) 'n punt in die Cartesiese vlak en RÔP = θ .
y
P(–5 ; 12)
•
θ
x
•
O R
Bepaal die waarde van:
4.3.1 cos θ (3)
4.3.2 cosec 2θ + 1 (3)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskunde/V2 7 DBE/2012
NSC – Graad 10 Model
VRAAG 5
5.1 Los op vir x, korrek tot EEN desimale plek, in elk van die volgende vrae waar
0o ≤ x ≤ 90o.
5.1.1 5 cos x = 3 (2)
5.1.2 tan 2 x = 1,19 (3)
5.1.3 4 sec x - 3 = 5 (4)
5.2 'n Vliegtuig by J vlieg op 'n hoogte van 5 kilometer direk oor 'n punt D op die grond.
Die vliegtuig is oppad om by punt K te land. Die dieptehoek van J na K is 8°. S is 'n
punt langs die pad van D na K.
J
8°
5 km
D S K
5.2.1 ˆ D neer.
Skryf die grootte van JK (1)
5.2.2 Bereken die afstand DK, korrek tot die naaste meter. (3)
5.2.3 Indien die afstand SK, 8 kilometer is, bepaal die afstand DS. (1)
5.2.4 Bereken die hoogtehoek van punt S na J, korrek tot EEN desimale plek. (2)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskunde/V2 8 DBE/2012
NSC – Graad 10 Model
VRAAG 6
6.1 Beskou die funksie y = 2 tan x .
6.1.1 Maak 'n netjiese skets van y = 2 tan x vir 0° ≤ x ≤ 360° op die assestelsel
wat op DIAGRAMVEL 1 voorsien is. Dui duidelik op jou skets die
snypunte met die asse en die asimptote aan. (4)
6.1.2 Indien die grafiek van y = 2 tan x gereflekteer word in die x-as, skryf die
vergelyking van die nuwe grafiek neer wat as gevolg van hierdie refleksie
verkry word. (1)
6.2 Die diagram hieronder dui die grafiek van g ( x) = a sin x vir 0° ≤ x ≤ 360° aan.
y
4
3
g
2
1
x
0 90° 180° 270° 360°
-1
-2
-3
-4
6.2.1 Bepaal die waarde van a. (1)
6.2.2 Indien die grafiek van g opwaarts met 2 eenhede getransleer word om 'n
nuwe grafiek h te verkry, gee die waarde-versameling van h. (2)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskunde/V2 9 DBE/2012
NSC – Graad 10 Model
VRAAG 7
7.1 Die dak van 'n seiltent is in die vorm van 'n regte piramide op 'n vierkantige basis, met
'n loodregte hoogte van 0,8 meter. Die lengte van een sy van die basis is 3 meter.
A
0,8 m
B
H
G C
D
F 3m E
7.1.1 Bepaal die lengte van AH. (2)
7.1.2 Bereken die buite-oppervlakte van die dak. (2)
7.1.3 Indien die hoogte van die mure van die tent 2,1 meter is, bereken die
totale hoeveelheid seil benodig om die tent te maak indien die vloer nie
ingesluit is nie. (2)
7.2 'n Metaalbal het 'n radius van 8 millimeter.
7.2.1 Bereken die volume metaal gebruik om hierdie bal te maak, korrek tot
TWEE desimale plekke. (2)
7.2.2 Indien die radius van die bal verdubbel word, gee die verhouding van:
die nuwe volume : die oorspronklike volume. (2)
7.2.3 Jy wil graag hierdie bal met silwer plateer tot 'n dikte van 1 millimeter.
Watter volume silwer word benodig? Gee jou antwoord korrek tot TWEE
desimale plekke. (2)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Wiskunde/V2 10 DBE/2012
NSC – Graad 10 Model
Gee redes vir jou stellings in die antwoorde op VRAAG 8 en 9.
VRAAG 8
PQRS is 'n vlieër sodanig dat die diagonale mekaar by O sny.
OS = 2 cm en OPˆ S = 20° .
Q
O
P R
20°
2 cm
S
8.1 Skryf die lengte van OQ neer. (2)
8.2 ˆ Q neer.
Skryf die grootte van PO (2)
(2)
8.3 Skryf die grootte van QP̂S neer.
[6]
VRAAG 9
In die diagram is BCDE en AODE parallelogramme.
A
B E
F
O
C D
9.1 Bewys dat OF || AB. (4)
9.2 Bewys dat ABOE 'n parallelogram is. (4)
9.3 Bewys dat ∆ABO ≡ ∆EOD. (5)
[13]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Wiskunde/V2 DBE/2012
NSC – Graad 10 Model
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
DIAGRAMVEL 1
VRAAG 6.1.1
y
6
5
4
3
2
1
x
90 180 270 360
-1
-2
-3
-4
-5
-6
VRAAG 9
A
B E
F
O
C D
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f7a97f78-e0a1-47a0-9585-d048fbb9a0b0/v1-8ef0aabcd419be82000a/card.webp)
Question paper
Gr 10 Mathematics P1 (Afrikaans) June 2024 Question Paper hlayiso.com
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3793ce3-e07c-4539-b525-ae281a304900/v1-f9dda09e80a82534f423/card.webp)
Question paper
Gr 10 Mathematics P1 (English) June 2024 Question Paper hlayiso.com
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b92d4e62-fb6d-4b45-9798-0ce101056196/v1-e6a52eb9c121f3b86e15/card.webp)
Question paper
Gr 10 Mathematics P2 (English) June 2024 Question Paper hlayiso.com

Question paper
GR10 MATHEMATICS MG AFR

Question paper
R10 MATHEMATICS P1 MG ENG AFR

Question paper
GR10 MATHEMATICS P1 QP AFR
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Mathematics P2 GR 10 Exemplar 2012 Eng hlayiso.com

Memorandum
Mathematics P2 GR 10 Exemplar 2012 Memo Afr hlayiso.com

Question paper
Mathematics P1 GR 10 Exemplar 2012 Eng hlayiso.com

Question paper
Mathematics P1 GR 10 Exemplar 2012 Afr hlayiso.com

Question paper
G10 Maths Paper 2 2012 Exemplar Generic hlayiso.com

Memorandum
Mathematics P1 GR 10 Exemplar 2012 Memo Afr hlayiso.com
More from Grade 10 Mathematics
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 10 Maths ATP 2023 24

Question paper and memo
KZN Maths Grade 10 June 2025 P1 and Memo

Question paper and memo
KZN Maths Grade 10 March 2025 QP and Memo

Question paper and memo
KZN Maths Grade 10 November 2025 P1 and Memo

Question paper and memo
KZN Maths Grade 10 November 2025 P2 and Memo

Memorandum