Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2018
GRAAD 11
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
VRAESTEL 1
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
15 bladsye + 2 inligtingsblaaie en 1 antwoordblad
b.o.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 




%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--85f5dc70-575b-4fed-ae0f-6dde380d4f9f/v1-2ec07097d0d1a8a6582c/card.webp)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--67aec3a4-b25d-4e19-8631-45a2fa617cde/v1-ab8c57be1ee208a8ddf0/card.webp)
View all


Gr11 Phy P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Physical Sciences · Grade 11 · Gauteng June · 2018 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 1
- Pages
- 18
- File size
- 1.2 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 18
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
2
(Vraestel 1)
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
(Vraestel 1)
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING:
1 Skryf jou NAAM op die ANTWOORDBOEK wat voorsien is.
2 Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord ALLE vrae in
die ANTWOORDBOEK behalwe VRAAG 7.4 wat op die grafiekpapier
wat verskaf is beantwoord moet word. Vul jou naam in die
aangeduide spasie bo-aan die grafiekpapier in.
3 Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.
4 Nommer die antwoorde presies volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word.
5 Los EEN lyn oop tussen twee opeenvolgende vrae, byvoorbeeld
tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.
6 ʼn Nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
7 Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8 JY WORD STERK AANGERAAI OM DIE AANGEHEGTE
INLIGTINGSBLAAIE TE GEBRUIK.
9 Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.
10 Rond alle numeriese antwoorde af tot ʼn minimum van TWEE
desimale plekke.
11 Gee slegs kort (bondige) motiverings of besprekings waar nodig.
12 Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
3
(Vraestel 1)
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D)
langs die vraagnommer (1.1 – 1.10) in die ANTWOORDBOEK neer,
byvoorbeeld 1.11 D.
1.1 Watter EEN van Newton se wette sal in beheer wees wanneer ʼn
ruimtetuig deur die ruimte beweeg sonder die gebruik van
brandstof?
A Newton se Eerste Wet
B Newton se Tweede Wet
C Newton se Derde Wet
D Newton se Wet van Universele Gravitasie (2)
1.2 ʼn Speelgoedmotortjie met ʼn gewig van 30 N beweeg teen ʼn
konstante snelheid, op ʼn reguit, gelyke pad met ʼn rowwe oppervlak.
Die enjin oefen ʼn krag van 50 N op die motor uit. Watter een van die
volgende gee die resulterende krag op die motor?
A 50 N na regs
B 50 N na links
C 0N
D 30 N (2)
1.3 Die beste definisie vir weerkaatsing is …
A die verandering van rigting wanneer ʼn grens oorgesteek word.
B die verandering in spoed by die grens.
C die oorsteek kruising van ʼn grens
D die bons van ʼn grens. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
4
(Vraestel 1)
1.4 ʼn Motor, massa m, bots kop-aan-kop met ʼn vragmotor met ʼn massa
van 2 m. Indien die motor ʼn krag met ʼn grootte F, op die vragmotor uit-
oefen gedurende die botsing, sal die grootte van die krag wat die trok
op die motor uitgeoefen is, … wees.
A ½F
B F
C 2 F
D 4 F (2)
1.5 Twee kragte werk in op ʼn krat om dit na links te trek. Die krat lê op ʼn
wrywinglose oppervlak, soos aangetoon in die diagram.
Watter vektordiagram toon die korrekte wyse aan, waarop die
resulterende krag R, wat op die krat inwerk, bepaal kan word?
A
B
C
D
(2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
5
(Vraestel 1)
1.6 Die gravitasiekrag F, wat twee identiese metaalsfere, elk met massa M
en afstand x uitmekaar is, word deur die volgende diagram voorgestel.
Twee ander metaalsfere met massas van onderskeidelik, M en 3M is ʼn
afstand ½ x uitmekaar.
Watter EEN van die volgende diagramme verteenwoordig die nuwe
kragte wat die laaste twee sfere op mekaar sal uitoefen?
A
B
C
D
(2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
6
(Vraestel 1)
1.7 ʼn Krat beweeg teen ʼn konstante snelheid v oor ʼn horisontale
oppervlak AB, waarna dit teen ʼn helling BC afgly. Die koëffisiënt van
kinetiese wrywing is dieselfde vir beide oppervlaktes AB en BC.
Watter EEN van die volgende stellings is korrek?
A fk(helling) < fk(horisontaal)
B fk(helling) > fk(horisontaal)
C fk(helling) = fk(horisontaal)
D µkN(helling) > µkN(horisontaal) (2)
1.8 ʼn Meisie, massa 50 kg, staan op ʼn badkamerskaal in ʼn hysbak. Die
lesing op die skaal is 560 N, dus …
A beweeg die hysbak opwaarts met ʼn konstante snelheid.
B beweeg die hysbak opwaarts met ʼn konstante versnelling.
C beweeg die hysbak afwaarts met ʼn konstante snelheid.
D beweeg die hysbak afwaarts met ʼn konstante versnelling. (2)
1.9 Die gegewe grafiek toon die
verwantskap tussen die gravitasiekrag en
die massa van ʼn voorwerp naby aan die
oppervlak van die aarde.
Massa kg
Die gradiënt van die grafiek verteenwoordig die ...
A massa van die aarde.
B radius van die aarde.
C gravitasie versnelling van die aarde.
D gewig van die voorwerp. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
7
(Vraestel 1)
1.10 Wanneer ʼn ligstraal beweeg vanaf sirkoon (n = 1,923) na fluoriet
(n = 1,434) met ʼn invalshoek van 60˚, is die pad wat dit volg …
fluoriet
A parallel aan die normale.
B intern gereflekteer in die sirkoon.
C gebreek na die normaal toe.
D gebreek weg van die normaal af. (2)
TOTAAL AFDELING A: (10x2) [20]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
8
(Vraestel 1)
AFDELING B
VRAAG 2: (BEGIN OP ’N NUWE BLADSY)
Oppad huis toe na skool is ʼn leerder deur swaar reën oorval. By die huis
aangekom, maak hy sy rugsak leeg en hang dit aan ʼn wasgoeddraad tussen
twee vertikale pale. Die sak bly in ewewig. Hy sien dat die hoek tussen die
wasgoedlyn en paal B 50˚ is. Met verdere ondersoek vind hy dat die krag in
die wasgoeddraad tussen paal A en sy rugsak 7,51 N is, soos aangetoon in
die diagram hieronder:
2.1 Teken ʼn vektordiagram van al die kragte wat op die rugsak inwerk en
toon ten minste een hoek aan. (4)
2.2 Skryf die grootte van die resulterende krag wat op die rugsak inwerk
neer. (2)
2.3 Noem en verduidelik die beginsel wat jy gebruik het om vraag 2.2 te
beantwoord. (2)
2.4 Bereken die massa van die “nat rugsak” as die krag tussen die sak en
wasgoedpaal A 7,51 N is. (5)
2.5 Wanneer die sak heeltemal droog is, trek die wasgoedlyn styf (raak
meer horisontaal) Hoe sal die grootte van die krag in FB verander?
Beantwoord slegs GROTER AS, GELYK AAN of KLEINER AS. (2)
[15]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
9
(Vraestel 1)
VRAAG 3: (BEGIN OP ’N NUWE BLADSY)
Die Nasionale Bouregulasies beveel aan dat die spesifikasies vir trollie en
rolstoel opritte ʼn minimum van 6 m in lengte en ʼn hoek van 4,76° moet
hê. Die gesamentlike massa van die trollie en die inhoud daarvan is
80 kg. Die koëffisiënt van statiese wrywing tussen die wiele van die trollie en
die oprit is 0,1 wat daal tot 0,09 sodra die trollie begin beweeg.
4.76°
3.1 Definieer die term statiese wrywing. (2)
3.2 Teken ʼn vryliggaamdiagram van al die kragte wat op die trollie inwerk. (3)
3.3 Terwyl die trollie bo-aan die oprit is:
3.3.1 Bereken die normale krag. (3)
3.3.2 Bereken die maksimum krag van die statiese wrywing. (2)
3.3.3 Verduidelik met behulp van ʼn berekening, of die trollie vanself
teen die helling sal afbeweeg. (4)
3.4 As die oprit langer as 6 m is, word ʼn minder steil helling vereis. Vir ʼn
oprit met ʼn minder steil helling, sê of die volgende sal toeneem,
afneem of dieselfde bly.
3.4.1 Die hoek van die oprit (1)
3.4.2 Die koëffisiënt van wrywing (1)
3.4.3 Die kinetiese wrywingskrag (1)
3.4.4 Verwys na ʼn geskikte Fisika-beginsel, wet of vergelyking(s) om
jou antwoord in Vraag 3.4.3 te verduidelik. (2)
[19]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
10
(Vraestel 1)
VRAAG 4: (BEGIN OP ’N NUWE BLADSY)
Twee identiese houtkratte van gelyke massas, A en B word deur middel van
ʼn tou aanmekaar gebind en word gebruik om wortels op ʼn plaas te oes en
na die stoor te neem. Elke krat het ʼn massa van 15 kg en hulle word
gesleep oor ʼn growwe oppervlak met ʼn krag van 250 N op krat B wat ʼn hoek
van 25˚ met die horisontaal vorm. Daar is ʼn wrywingskrag van 11 N wat
inwerk op elke krat.
50 N
A B
25º
15 kg 15 kg
4.1 Skryf Newton se tweede wet van beweging in woorde neer. (2)
4.2 Bereken die …
4.2.1 grootte van die spanning in die tou. (8)
4.2.2 koëffisiënt van kinetiese wrywing op krat B. (4)
4.3 As ʼn 2 kg sak wortels op krat B gelaai word sonder dat enige ander
verandering aangebring word, verduidelik wat met die sisteem gaan
gebeur. (3)
[17]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
11
(Vraestel 1)
VRAAG 5: (BEGIN OP ’N NUWE BLADSY)
Die akteur, Christian Bale, het sy gevaarlikste waagtoertjie in die fliek, “Rescue
Dawn” uitgevoer. Bale moes onderaan ʼn helikopter, massa 2 ton, hang terwyl
hy opgehys word vanaf ʼn oop ruimte in die bos. Die stelsel, wat bestaan uit die
helikopter en Bale wat bewegingloos hang, word hieronder voorgestel:
Die massa van Bale is 80 kg. Tou A verbind Bale aan die helikopter en daar is
ʼn spanning van 920 N in die tou. Die tou kan nie rek nie en die massa van die
tou kan geïgnoreer word.
5.1 Teken ʼn vryliggaamdiagram van al die kragte wat op Bale inwerk. (3)
5.2 Hoe is dit moontlik dat Bale op een plek kan bly hang ten spyte van die
spanning in die tou wat groter is as sy gewig? (2)
Nadat hulle uit die bos uit beweeg het, word Bale met behulp van ʼn
wenas (winch) binne die helikopter, laat sak in ʼn boot in. Bale beweeg
afwaarts met ʼn versnelling van 0,18 ms⁻² terwyl die helikopter in posisie
bly, met die rotorlemme wat steeds teen dieselfde spoed beweeg.
5.3 Bereken die spanning in die tou terwyl Bale laat sak word. (5)
5.4 Stel Newton se derde wet van beweging. (2)
5.5 Identifiseer ʼn aksie-reaksie kragte paar op Bale. (2)
5.5 Dui die krag van Bale op die tou aan. (1)
[15]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
12
(Vraestel 1)
VRAAG 6: (BEGIN OP ’N NUWE BLADSY)
Apollo 11, 300 kg, was die eerste bemande ruimtetuig om na die maan
te reis en op die maan te land. Die Aarde het ʼn massa van 6,0 × 1024 kg
terwyl die massa van die Maan 7,3 × 1022 kg is.
6.1 Definieer Newton se Universele Wet van Gravitasie. (2)
6.2 Op ʼn sekere posisie tussen die Aarde en die Maan sal Apollo 11 ʼn zero
resulterende krag ondervind. Verduidelik hoe dit moontlik is. (2)
6.3 Bereken die grootte van die gravitasiekrag wat Apollo 11 by punt B, soos
hierbo in die skets, sal ondervind. (5)
6.4 ʼn Ruimtevaarder moet op ʼn ruimtewandeling gaan om herstelwerk te
doen. Waarom lyk dit of hy gewigloos is? (2)
Curiosity is ʼn robottuig van min of meer
dieselfde grootte as ʼn motor wat die Gale-krater
op Mars verken as deel van NASA se Mars
navorsingslaboratorium-missie. Die tuig is eers
op die maan getoets.
Curiosity het ʼn massa van 899 kg wat omtrent
80 kg se wetenskaplike instrumente insluit. Die
tuig is 2.9 m lank, 2.7 m wyd en 2.2 m hoog.
6.5 As die maan ʼn massa van 600 x 1021 kilogram en ʼn radius van
1 737 km kilometres het, wat is die gewig (gravitasiekrag) wat Curiosity
op die oppervlak van die maan sal ondervind? (4)
6.6 Hoe sal die gravitasiekrag op Curiosity verander op ʼn planeet met die
helfte van die massa van die maan en ʼn radius drie maal groter as die
van die maan? (2)
[17]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
13
(Vraestel 1)
VRAAG 7: (BEGIN OP ’N NUWE BLADSY)
Wanneer wit lig op ʼn reghoekige prisma inskyn, gebeur die volgende:
A
1 B
510 2
,
C
7.1 Definieer ligbreking. (2)
7.2 Benoem die byskrifte A, B en C. (3)
In ʼn eksperiment om Snell se wet te verifieer, het ʼn leerder die
invalshoek i en die brekingshoek r vir ʼn ligstraal wat op die blok inval
gemeet. Die eksperiment is ʼn paar keer herhaal en die volgende
verskillende invalshoeke en data is verkry.
i (˚) 30 40 50 55 60 65 70
sin i 0,50 0,64 0,77 0,82 0,87 0,91 0,94
r (˚) 19 26 30 33 36 38 40
sin r 0,33 0,44 0,50 0,54 0 59 0,62 0,64
7.3 Verduidelik waarom dit nodig was om die eksperiment soveel keer te
herhaal. (2)
7.4 Teken ʼn grafiek van sin i teenoor sin r op die grafiekpapier wat voorsien
is. (5)
7.5 Verduidelik hoe die grafiek Snell se wet verifieer. (3)
7.6 Vanaf die grafiek bereken die brekingsindeks van die stof.
(4)
[19]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
14
(Vraestel 1)
VRAAG 8: (BEGIN OP ’N NUWE BLADSY)
ʼn Ligstraal beweeg vanaf lug in ʼn optiese vesel met ʼn brekingsindeks van 1,44
in.
8.1 In watter rigting sal die ligstraal gebreek word? (2)
8.2 As die invalshoek op die punt van die optiese vesel 22º is, wat sal die
brekingshoek binne-in die vesel by punt A wees? (4)
8.3 Teken die diagram hierbo getoon, oor en skets die pad wat die ligstraal
sal volg soos dit in die optiese vesel in beweeg by punt A. (3)
Die definisie van ʼn optiese vesel is ʼn dun buigbare kabel met ʼn glaskern
waardeur ligstraalseine gestuur kan word met byna geen verlies aan sterkte
nie.
Bekleding
Kern
Bekleding
8.4 Definieer die term Totale Interne Weerkaatsing. (2)
8.5 Bereken die grenshoek van ʼn optiese vesel …
8.5.1 sonder die bekleding as die glas ʼn brekingsindeks van 1.56 het. (3)
8.5.2 wanneer bekleding met ʼn brekingsindeks van n = 1.49 gebruik
word. (2)
8.6 Watter voordele het die gebruik van bekleding van ʼn optiese vesel op
die spoed van lig in die optiese vesel. (2)
[18]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
15
(Vraestel 1)
VRAAG 9: (BEGIN OP ʼn NUWE BLADSY)
9.1 Gee Huygen se beginsel. (2)
9.2 Beskryf hoe ʼn transversale golf met ʼn reguit golffront in ʼn dam of
swembad voortgebring kan word. (2)
9.3 Verduidelik hoe die golflengte van ʼn golf verkort kan word. (2)
Die volgende diagram toon reguit watergolwe in ʼn golftenk wat ʼn klein gaping
in ʼn versperring nader. Die grootte van die opening is min of meer dieselfde as
die golflengte van die golwe.
9.4 Teken die diagram oor en skets die diffraksiepatroon van die watergolwe
wat deur die opening beweeg. (2)
9.5 Beskryf hoe die diffraksie patroon van die golwe wat deur die opening
beweeg sal verander as die opening merkbaar vergroot word. Gebruik
slegs: VERGROOT, VERMINDER en BLY DIESELFDE. (2)
[10]
TOTAAL AFDELING B 80
TOTAAL: 150
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
16
(Vraestel 1)
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS / TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Gravitational constant
G 6,67 x 10-11 Nm2kg-2
Swaartekragkonstante
Radius of Earth
RE 6,38 x 106 m
Straal van Aarde
Coulomb's constant
K 9,0 x 109 Nm2·C-2
Coulomb se konstante
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in ʼn vakuum
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Mass of the earth
M 5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
TABLE 2: FORMULAE / TABEL 2: FORMULES
MOTION / BEWEGING
v f v i a t x v i t 21 at 2
v vi
v f v i 2ax
2 2
x f t
2
FORCE / KRAG
Fnet = ma w = mg
Gm1m 2 fs (max)
F s
r2 N
f
k k
N
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
17
(Vraestel 1)
WAVES, SOUND AND LIGHT / GOLWE, KLANK EN LIG
1
vf T
f
ni sini nr sinr c
n
v
ELECTROSTATICS / ELEKTROSTATIKA
kQ1Q 2 F
F= (k = 9,0 x 109 Nm2·C-2) E=
r2 q
kQ W
E 2 (k = 9,0 x 109 Nm2·C-2) V=
r Q
ELECTROMAGNETISM / ELEKTROMAGNETISME
N BA cos
t
CURRENT ELECTRICITY / STROOMELEKTRISITEIT
Q V
I R
t I
1 1 1 1
... R r1 r2 r3 ...
R r1 r2 r3
W = Vq W
P
Δt
W = VI t
P = VI
W= I2R t
P = I2R
V Δt
2
W= V2
R P
R
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA
18
(Vraestel 1)
VRAAG 7.4:
NAAM VAN LEERDER:________________________
sin i
0
sin r
EINDE
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
PHYSICAL SC P1 QP GR11 NOV 2025 AFRIK_watermark.pdf

Question paper
PHYS SCIENCES P1 QP GR11 NOV 2024 AFR D_watermark.pdf
Question paper
PHYSICAL Sc. P2 QP GR11 NOV 2024 mod 2 AFR D_watermark.pdf

Question paper
Physical-Sciences-Physics-P1-QP-May-June-2024-KZN_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Physical-Sciences-Physics-NSC-P2-QP-May-June-2024-KZN_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Physical-Sciences-Physics-P2-QP-May-June-2024-Limpopo_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Gr11 Phy P2 (Afrikaans) June 2018 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr11 Phy P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr11 Phy P1 (Afrikaans) June 2016 Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Gr11 Phy P1 June 2018 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--85f5dc70-575b-4fed-ae0f-6dde380d4f9f/v1-2ec07097d0d1a8a6582c/card.webp)
Memorandum
Gr11 Phy P1 (Bilingual) June 2018 Possible Answers_hlayiso.com_.pdf
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--67aec3a4-b25d-4e19-8631-45a2fa617cde/v1-ab8c57be1ee208a8ddf0/card.webp)
Question paper
Gr11 Phy P2 (Afrikaans) June 2019 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 Physical Sciences
Explore more published documents in this catalogue.
Question paper and memo
FS-Physical-Sciences-Grade-11-June-2025-QP-and-Memo.pdf

Question paper and memo
KZN-Physical-Sciences-Grade-11-November-2025-P1-and-Memo.pdf
Question paper and memo
KZN-Physical-Sciences-Grade-11-November-2025-P2-and-Memo.pdf

Question paper and memo
KZN-Physical-Sciences-Grade-11-September-2025-QP-and-Memo.pdf
Question paper and memo
LP-Physical-Sciences-Grade-11-June-2025-P2-and-Memo.pdf

Question paper and memo