You're offline
Skip to content
Question paper

PHYSICAL Sc. P2 QP GR11 NOV 2024 mod 2 AFR D_watermark.pdf

Subject: Physical SciencesGrade 11202424 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2024 FISIESE WETENSKAPPE V2 (CHEMIE) PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IPHSCA2* Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitend 4 gegewensblaaie. Hosted by www.ecexams.co.za.
2 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Skryf jou naam en van in die toepaslike spasies op die ANTWOORDEBOEK. 2. Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2. 6. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik. 8. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge. 9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ʼn minimum van TWEE desimale plekke af. 10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig. 11. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik. 12. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) FISIESE WETENSKAPPE V2 3 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D. 1.1 Watter EEN van die volgende bindings sal die hoogste bindingsenergie hê? A H–H B C–H C C=C D C≡C (2) 1.2 Beskou die volgende verbindings en hul onderskeie kookpunte. VERBINDING KOOKPUNT (°C) He -268,9 HBr -66 HF 19,5 Die korrekte rangskikking vir die afnemende sterkte van die intermolekulêre kragte in die gegewe verbindings is... A HF, He, HBr. B HBr, He, HF. C HF, HBr, He. D He, HBr, HF. (2) 1.3 Watter EEN van die volgende is NIE ʼn eienskap van die ideale gas NIE? A Daar is geen aantrekkingskragte tussen die molekules nie. B Die botsings tussen molekules is elasties. C Die volume wat deur die gas beset word is gelyk aan die totale volume van die gasmolekules. D Dit het ʼn lae digtheid. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
4 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2024) 1.4 Die molêre massa van gehidreerde oksaalsuur (COOH)2·xH2O is 126 g·mol-1. Die aantal watermolekules (x) teenwoordig in die gehidreerde verbinding is ... A 1. B 2. C 3. D 4. (2) 1.5 10 mol sink (Zn) word toegelaat om met 5 mol soutsuur (HCℓ) in ʼn proefbuis volgens die gebalanseerde vergelyking, te reageer: Zn + 2 HCℓ → ZnCℓ2 + H2 Hoeveel mol soutsuur (HCℓ) en sinkchloried (ZnCℓ2) is in die proefbuis na die voltooiing van die reaksie? HCℓ ZnCℓ2 A 2,5 2,5 B 0 2,5 C 5 10 D 0 10 (2) 1.6 Watter EEN van die volgende is die gekonjugeerde suur van HPO42–? A PO43– B H2PO4– C H3PO4 D H2PO42– (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) FISIESE WETENSKAPPE V2 5 1.7 Beskou die potensiële energie teenoor afstand-kurwe hieronder. Potensiële energie (kJ·mol-1) A B Afstand (pm) D C (I) By punt A is die afstootkragte sterker as aantrekkingskragte (II) Punt B verteenwoordig bindingslengte (III) By punt C is netto aantrekkings- en afstootkragte nul Watter van die stelling(s) hierbo met betrekking tot die kurwe hierbo is KORREK? A Slegs I en II B Slegs I en III C Slegs II en III D I, II en III (2) 1.8 Watter EEN van die volgende dui die KORREKTE kleur van fenolftaleïen in HCℓ en NaOH aan? HCℓ NaOH A Geel Blou B Kleurloos Pienk C Pienk Kleurloos D Blou Geel (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
6 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2024) 1.9 Watter EEN van die volgende oplossings sal die laagste pH hê as al die oplossings DIESELFDE konsentrasie het? A H2SO4 (aq) B HCℓ (aq) C NaOH (aq) D Ba(OH)2 (aq) (2) 1.10 Beskou die volgende stellings rondom ʼn REDUSEERMIDDEL: (I) Die stof wat reduksie veroorsaak. (II) Die stof wat gereduseer word. (III) Die stof wat geoksideer word. Watter van die stelling(s) hierbo met betrekking tot die reduseermiddel is KORREK? A Slegs I B Slegs I en II C Slegs II en III D Slegs I en III (2) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) FISIESE WETENSKAPPE V2 7 VRAAG 2 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Beskou die volgende verbindings. I2 HOCℓ NH3 H2S KBr 2.1 Definieer kovalente binding. (2) 2.2 Skryf die formule van die verbinding neer vanaf die gegewe lys wat: 2.2.1 Nie-polêr is (1) 2.2.2 ʼn Binding as gevolg van die oordrag van elektrone vorm (1) 2.2.3 Een leenpaar elektrone het (1) 2.2.4 ʼn Suiwer kovalente binding het (1) 2.3 Teken die Lewisstruktuur van die volgende verbindings: 2.3.1 HOCℓ (2) 2.3.2 H2S (2) 2.4 Die ammoniumioon (NH4+) word uit ammoniak (NH3) gevorm. 2.4.1 Identifiseer die binding wat vir die vorming van NH4+ verantwoordelik is. (1) 2.4.2 Gebruik die Lewisstruktuur om die vorming van NH4+ vanaf NH3 te toon. (4) 2.5 Skryf die molekulêre vorm neer van: 2.5.1 HOCℓ (1) 2.5.2 NH3 (1) 2.6 Sal I2 oplosbaar wees in CCℓ4? Skryf slegs JA of NEE neer. (1) 2.7 Verduidelik die antwoord op VRAAG 2.6 deur na die molekulêre polariteit en intermolekulêre kragte betrokke by die verbindings te verwys. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
8 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2024) 2.8 Die volgende tabel toon die gemiddelde bindingsenergieë van atome wat aan die waterstofatoom verbind is. GEMIDDELDE BINDINGS BINDINGSENERGIE (kJ·mol-1) C–H 413 O–H 463 F–H 565 2.8.1 Definieer die term bindingsenergie. (2) 2.8.2 Verduidelik die tendens wat waargeneem word in die bindingsenergie in die tabel hierbo. (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) FISIESE WETENSKAPPE V2 9 VRAAG 3 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Leerders het die kookpunte van die verbindings in die tabel hieronder ondersoek. Verbinding Kookpunt (°C) A CH4 -161,5 B SiH4 -111,8 C GeH4 - 88,6 D SnH4 -52 3.1 Definieer kookpunt. (2) 3.2 Is die ʼn regverdige ondersoek? Skryf slegs JA of NEE. Gee ʼn rede vir die antwoord. (2) 3.3 Skryf die fase van die bogenoemde verbindings by kamertemperatuur neer. (1) 3.4 Verduidelik die tendens waargeneem in kookpunte van die verbindings in die tabel hierbo deur na die molekulêre massa, intermolekulêre kragte en energie betrokke te verwys. (3) 3.5 Watter verbinding in die tabel hierbo het die hoogste dampdruk by ʼn gegewe temperatuur? Verduidelik die antwoord deur na die data in die tabel hierbo te verwys. (2) 3.6 Die kookpunt van HF en HCℓ word vergelyk. Verbinding Kookpunt (°C) E HF 19,5 F HCℓ X 3.6.1 Sal die waarde van X HOËR AS, LAER AS of GELYK AAN 19,5 °C wees? (1) 3.6.2 Verduidelik die antwoord op VRAAG 3.6.1 volledig. (4) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
10 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2024) VRAAG 4 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Leerders het die verwantskap tussen druk en volume van ʼn gas ondersoek. Die grafiek hieronder toon die resultate wat tydens die ondersoek verkry is. DRUK TEENOOR VOLUME 20 18 16 14 Volume (cm3) 12 10 8 6 4 2 0 0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 100 110 120 130 140 150 160 170 180 Druk (x103 Pa) 4.1 Noem en stel die wet waarop die eksperiment gebaseer is. (3) 4.2 Skryf ʼn hipotese vir die ondersoek neer. (2) 4.3 Lees en skryf die druk vanaf die grafiek neer wanneer die volume 12 cm 3 is. (1) 4.4 Bereken die volume by 200 kPa. (4) 4.5 Teken die grafiek hierbo oor en benoem dit A. Teken die grafiek op dieselfde assestelsel om te wys hoe ʼn werklike gas by ʼn hoë druk sal afwyk. Benoem hierdie grafiek as B. (2) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) FISIESE WETENSKAPPE V2 11 VRAAG 5 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) Beskou die ontbindingsreaksie van distikstof pentoksied: 2 N2 O5(g) → 2 N2O4(g) + O2(g) Die tabel hieronder toon die verskillende energieë vir die reaksie hierbo. Hitte van reaktanse (Hr) 26,6 kJ·mol-1 Aktiveringsenergie (Ea) 6,73 kJ·mol-1 Reaksiewarmte (ΔH) - 7,28 kJ·mol-1 5.1 Definieer die term aktiveringsenergie. (2) 5.2 Is die reaksie hierbo ENDOTERMIES of EKSOTERMIES? Gee ʼn rede vir die antwoord. (2) 5.3 Bereken die hitte van die produkte. (2) 5.4 Teken die potensiële-energie teenoor die verloop van reaksie-grafiek vir reaksie hierbo. Dui die waardes op die grafiek vir die volgende aan: x Hitte van reaktanse (Hreaktanse) x Hitte van produkte (Hprodukte) x Energie by die geaktiveerde kompleks x Reaksiewarmte (ΔH) (5) 5.5 Op dieselfde grafiek wat in VRAAG 5.4 geteken is, gebruik ʼn stippellyn en teken die vorm van die grafiek wanneer ʼn katalisator by die oorspronklike reaksie bygevoeg word. (2) [13] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
12 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2024) VRAAG 6 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 6.1 Verbinding Q (CXHY) reageer met suurstof volgens die gebalanseerde vergelyking: P CXHY + 13 O2 → 8 CO2 + 10 H2O Die molêre massa van verbinding Q is 58 g·mol-1. 6.1.1 Definieer empiriese formule. (2) 6.1.2 Gebruik die beginsel van behoud van massa en bepaal die waarde P. (3) Die persentasie samestelling van verbinding Q is: Koolstof Waterstof 82,76% 17,24% 6.1.3 Bepaal die molekulêre formule van verbinding Q. (5) 6.2 5 g natriumkarbonaat (Na2CO3) reageer met 250 cm3 soutsuur (HCℓ). Na2CO3(s) + 2 HCℓ(aq) → 2 NaCℓ(aq) + H2O(ℓ) + CO2(g) Die persentasie soutsuur (HCℓ) wat met natriumkarbonaat (Na 2CO3) gereageer het, is 76%. 6.2.1 Definieer die term beperkende reagens. (2) Bereken die: 6.2.2 Hoeveelheid soutsuur wat met natriumkarbonaat gereageer het. (4) 6.2.3 Volume koolstofdioksied wat geproduseer is. Neem die molêre volume by kamertemperatuur as 24,45 dm 3. (4) 6.2.4 Die soutsuur wat gebruik was tydens die reaksie is verkry deur 100 cm3 HCℓ tot 250 cm3 soutsuur (HCℓ) oplossing te verdun. Bereken die konsentrasie van die gekonsentreerde soutsuur (HCℓ). (4) [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) FISIESE WETENSKAPPE V2 13 VRAAG 7 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 7.1 Koolsuur ioniseer in water volgens die volgende gebalanseerde vergelyking: H2CO3 (aq) + H2O(ℓ) ⇌ HCO3–(aq) + H3O+(aq) 7.1.1 Definieer ʼn suur volgens die Arrhenius-teorie. (2) Skryf neer die: 7.1.2 FORMULES van die TWEE stowwe wat as ʼn amfoliet kan optree (2) 7.1.3 FORMULES van TWEE sure uit die reaksie (2) 7.1.4 Gebalanseerde vergelyking tussen koolsuur en natriumhidroksied (NaOH) (3) 7.2 2 g NaOH word in water opgelos om ʼn 100 cm3 oplossing te maak. Bereken die: 7.2.1 Konsentrasie van NaOH (3) 7.2.2 pH van NaOH (4) 7.3 5 g onsuiwer magnesiumkarbonaat (MgCO3) word by 9,033 x 1022 soutsuur (HCℓ) molekules gevoeg. Die gebalanseerde vergelyking vir die reaksie wat plaasvind, word hieronder gegee: MgCO3(s) + 2 HCℓ (aq) → MgCℓ2 (aq) + CO2(g) + H2O(ℓ) Die reaksie word toegelaat om voort te gaan totdat al die suiwer magnesiumkarbonaat volledig reageer het. Die oormaat soutsuur word geneutraliseer deur 55 cm3 natriumhidroksiedoplossing met konsentrasie 0,8 mol·dm-3 by te voeg. Die gebalanseerde vergelyking vir die neutralisasiereaksie is: HCℓ (aq) + NaOH (aq) → NaCℓ (aq) + H2O (ℓ) Bereken die: 7.3.1 Aanvanklike aantal mol van soutsuur (3) 7.3.2 Persentasie suiwerheid van magnesiumkarbonaat (8) [27] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
14 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2024) VRAAG 8 (Begin op ʼn nuwe bladsy.) 8.1 ʼn Oplossing van nikkel (II) nitraat word in ʼn sinkhouer geplaas. Daar word na ʼn sekere tyd waargeneem dat ʼn chemiese reaksie plaasgevind het. Die netto ioniese vergelyking is: Zn (s) + Ni2+(aq) ⇌ Zn2+ (aq) + Ni (s) 8.1.1 Verduidelik die term redoksreaksie. (2) 8.1.2 Watter EEN van Zn of Ni2+ is die oksideermiddel? Verduidelik die antwoord deur na die oksidasiegetalle te verwys. (3) 8.1.3 Gee ʼn rede waarom die nitraatioon (NO3–) nie in die netto ioniese vergelyking hierbo geskryf is nie. (1) 8.2 Die reaksie tussen dichromaatione (Cr2O72–) en tin (II) ione (Sn2+) in ʼn suurmedium word hieronder gegee. Cr2O72– + Sn2+ + H+ → Cr3+ + Sn4+ + H2O (ℓ) 8.2.1 Bepaal die oksidasiegetal van Cr in Cr2O72–. (2) 8.2.2 Skryf die reduksiehalfreaksie neer. (2) 8.2.3 Gebruik die Tabel van Standaard Reduksiepotensiale en skryf die gebalanseerde netto ioniese reaksie neer. (4) [14] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) FISIESE WETENSKAPPE V2 15 DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11 PAPER 2 (CHEMISTRY) GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11 VRAESTEL 2 (CHEMIE) TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE Standard pressure Standaarddruk pT 1,013 x 105 Pa Molar gas volume at STP Molêre gasvolume teen STD Vm 22,4 dm3∙mol-1 Standard temperature Standaardtemperatuur Tθ 273 K Charge on electron Lading op elektron e -1,6 x 10-19 C Avogadro’s constant NA 6,02 x 1023 mol-1 Avogadro se konstante TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES m n m n= M OR/OF c = V or/of c = MV pH= -log[H3O+] N ca Va na Kw = [H3O+][OH-] = 1x10-14 n= OR/OF = NA cb V b n b at/by 298 K V n= V m Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Hosted by www.ecexams.co.za.
16 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2024) TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 (I) (II) KEY/ SLEUTEL Atoomgetal (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII) Atomic number 1 2 2,1 H He 1 29 4 Elektronegatiwiteit Simbool 3 4 1,9 5 6 7 8 9 10 1,0 Li 1,5 Be Electronegativity Cu Symbol 2,0 B 2,5 C 3,0 N 3,5 O 4,0 F Ne 7 9 11 12 14 16 19 20 11 12 13 14 15 16 17 18 0,9 Na 1,2 Mg Benaderde relatiewe atoommassa 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar Approximate relative atomic mass 23 24 27 28 31 32 35,5 40 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr 39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh Pd 2,2 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe 86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131 55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn 133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209 87 88 89 0,7 Fr 0,9 Ra Ac 226 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hosted by www.ecexams.co.za. 140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr 232 238 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2024) FISIESE WETENSKAPPE V2 17 TABLE 4A: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4A: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE Half-reactions/Halfreaksies ' Ƌ (V) F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87 Co 3+ +e  ⇌ Co2+ + 1,81 H2O2 + 2H+ +2e ⇌ 2H2O +1,77  MnO 4 + 8H+ + 5e ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51 Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36 2 Cr2O 7 + 14H+ + 6e ⇌ 2Cr3+ + 7H2O + 1,33 O2(g) + 4H + 4e +  ⇌ 2H2O + 1,23 MnO2 + 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23 Pt2+ + 2e ⇌ Pt + 1,20 Br2(ℓ) + 2e  ⇌ 2Br  + 1,07  NO 3 + 4H+ + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96 Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë Hg 2+ + 2e  ⇌ Hg(ℓ) + 0,85 Ag+ + e ⇌ Ag + 0,80  NO 3 + 2H+ + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80 Fe3+ + e ⇌ Fe2+ + 0,77 O2(g) + 2H + 2e +  ⇌ H2O2 + 0,68 I2 + 2e ⇌ 2I + 0,54 Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52 SO2 + 4H + 4e +  ⇌ S + 2H2O + 0,45 2H2O + O2 + 4e  ⇌ 4OH  + 0,40 Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34 2 SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17 Cu2+ + e ⇌ Cu + + 0,16 Sn 4+ + 2e  ⇌ Sn 2+ + 0,15 S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14 2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00 Fe3+ + 3e ⇌ Fe  0,06 Pb 2+ + 2e  ⇌ Pb  0,13 Sn2+ + 2e ⇌ Sn  0,14 Ni2+ + 2e ⇌ Ni  0,27 Co2+ + 2e ⇌ Co  0,28 Cd 2+ + 2e  ⇌ Cd  0,40 Cr3+ + e ⇌ Cr2+  0,41 Fe2+ + 2e ⇌ Fe  0,44 Cr 3+ + 3e  ⇌ Cr  0,74 Zn2+ + 2e ⇌ Zn  0,76 2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH  0,83 Cr2+ + 2e ⇌ Cr  0,91 Mn 2+ + 2e  ⇌ Mn  1,18 Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ  1,66 Mg2+ + 2e ⇌ Mg  2,36 Na+ + e ⇌ Na  2,71 Ca 2+ + 2e  ⇌ Ca  2,87 Sr2+ + 2e ⇌ Sr  2,89 Ba2+ + 2e ⇌ Ba  2,90 Cs+ + e- ⇌ Cs - 2,92 + K +e  ⇌ K  2,93 Li+ + e ⇌ Li  3,05 Kopiereg voorbehou Hosted by www.ecexams.co.za. Blaai om asseblief
18 FISIESE WETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2024) TABLE 4B: STANDARD REDUCTION POTENTIALS TABEL 4B: STANDAARD REDUKSIEPOTENSIALE Half-reactions/Halfreaksies ' Ƌ (V) Li+ + e ⇌ Li  3,05 + K +e  ⇌ K  2,93 Cs+ + e ⇌ Cs  2,92 Ba2+ + 2e ⇌ Ba  2,90 Sr2+ + 2e ⇌ Sr  2,89 Ca2+ + 2e ⇌ Ca  2,87 Na+ + e ⇌ Na  2,71 2+ Mg + 2e  ⇌ Mg  2,36 Aℓ3+ + 3e ⇌ Aℓ  1,66 Mn2+ + 2e ⇌ Mn  1,18 Cr2+ + 2e ⇌  0,91 Increasing reducing ability/Toenemende reduserende vermoë Cr 2H2O + 2e ⇌ H2(g) + 2OH  0,83 Increasing oxidising ability/Toenemende oksiderende vermoë Zn2+ + 2e ⇌ Zn  0,76 Cr3+ + 3e ⇌ Cr  0,74 Fe2+ + 2e ⇌ Fe  0,44 3+ Cr + e  ⇌ Cr 2+  0,41 Cd2+ + 2e ⇌ Cd  0,40 Co2+ + 2e ⇌ Co  0,28 Ni2+ + 2e ⇌ Ni  0,27 Sn2+ + 2e ⇌ Sn  0,14 2+ Pb + 2e  ⇌ Pb  0,13 Fe3+ + 3e ⇌ Fe  0,06 2H+ + 2e ⇌ H2(g) 0,00 S + 2H+ + 2e ⇌ H2S(g) + 0,14 Sn4+ + 2e ⇌ Sn2+ + 0,15 2+ Cu + e  ⇌ Cu + + 0,16 2 SO 4 + 4H+ + 2e ⇌ SO2(g) + 2H2O + 0,17 Cu2+ + 2e ⇌ Cu + 0,34 2H2O + O2 + 4e ⇌ 4OH + 0,40 SO2 + 4H+ + 4e ⇌ S + 2H2O + 0,45 Cu+ + e ⇌ Cu + 0,52 I2 + 2e  ⇌ 2I  + 0,54 O2(g) + 2H+ + 2e ⇌ H2O2 + 0,68 Fe3+ + e ⇌ Fe2+ + 0,77  NO 3 + 2H+ + e ⇌ NO2(g) + H2O + 0,80 + Ag + e  ⇌ Ag + 0,80 Hg2+ + 2e ⇌ Hg(ℓ) + 0,85  NO 3 + 4H+ + 3e ⇌ NO(g) + 2H2O + 0,96 Br2(ℓ) + 2e ⇌ 2Br + 1,07 2+ Pt + 2 e  ⇌ Pt + 1,20 MnO2 + 4H+ + 2e ⇌ Mn2+ + 2H2O + 1,23 O2(g) + 4H+ + 4e ⇌ 2H2O + 1,23 2 Cr2O 7 + 14H+ + 6e ⇌ 3+ 2Cr + 7H2O + 1,33 Cℓ2(g) + 2e ⇌ 2Cℓ + 1,36  MnO 4 + 8H+ + 5e ⇌ Mn2+ + 4H2O + 1,51 H2O2 + 2H+ +2 e ⇌ 2H2O +1,77 3+ Co + e  ⇌ Co 2+ + 1,81 F2(g) + 2e ⇌ 2F + 2,87 Kopiereg voorbehou Hosted by www.ecexams.co.za. Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 Physical Sciences

Explore more published documents in this catalogue.

View all