Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
2019
GRAAD 11
FISIESE WETENSKAPPE
VRAESTEL 2
CHEMIE
NAAM VAN LEERDER: ___________________________________________
GRAAD: _________
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
15 bladsye
You're offline
Skip to contentQuestion paper 



%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--14dc2ba3-3d16-418a-a9c0-5897316247be/v1-6ad58d4b5151f8d3de39/card.webp)

%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8646331c-0677-446b-8291-49286f718e69/v1-590693500e5b175f70e0/card.webp)
View all


Gr11 Phy P2 (Afrikaans) June 2019 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Physical Sciences · Grade 11 · Gauteng June · 2019 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 2
- Pages
- 15
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 2
Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 11
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
FISIESE WETENSKAPPE
Vraestel 2 (CHEMIE)
PUNTE : 150
TYD : 3 uur
INSTRUKSIES EN INLIGTING:
1. Skryf jou NAAM op die ANTWOORDBOEK wat voorsien is.
2. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord ALLE vrae in
die ANTWOORDBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.
4. Nommer die antwoorde presies volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word.
5. Los EEN lyn oop tussen twee opeenvolgende vrae, byvoorbeeld
tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.
6. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. JY WORD STERK AANGERAAI OM DIE AANGEHEGDE
INLIGTINGSBLAAIE TE GEBRUIK.
9. Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.
10. Rond alle FINALE numeriese antwoorde af tot ʼn minimum van
TWEE desimale plekke.
11. Gee slegs kort (bondige) motiverings of besprekings waar nodig.
12. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 3
Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 11
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke
vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die
vraagnommer (1.1 – 1.10) in die ANTWOORDBOEK neer.
1.1 Watter een van die volgende is NIE ʼn intermolekulêre krag nie?
A Kovalente binding
B Waterstofbindings
C London / geïnduseerde kragte
D Dipool – dipoolkragte (2)
1.2 Londonkragte word gevind tussen …
A twee polêre molekules.
B twee nie-polêre molekules.
C ʼn Polêre molekule en ʼn nie-polêre molekule.
D ʼn Polêre molekule en ʼn ioon. (2)
1.3 Watter van die volgende molekules het ʼn trigonaal-bipiramidale vorm?
A CH4
B PCℓ5
C SF6
D BF3 (2)
1.4 Watter van die volgende het dieselfde molekulêre vorms?
CO2, H2O, BeCl2 en N2O
A CO2, BeCl2 en N2O
B Slegs H2O en N2O
C H2O, BeCl2 en CO2
D Slegs CO2 en N2O (2)
1.5 By watter van die volgende temperature en druk sal waterstofgas se gedrag
ooreenstem met dié van ʼn edelgas?
TEMPERATUUR DRUK
5
A 273 K 1 x 10 Pa
B 10 K 1 x 102 Pa
C 273 K 1 x 102 Pa
D 10 K 1 x 105 Pa (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 4
Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 11
1.6 Die volume van ʼn ingeslote gas is 200 cm3. Die druk op die gas word
verdriedubbel en die temperatuur word verdubbel, die nuwe volume is
nou …
A 1200,33 cm3.
B 800,33 cm3.
C 300,33 cm3.
D 133,33 cm3. (2)
1.7 Charles se Wet kan wiskundig as volg voorgestel word, …
A V ∝ T.
1
B V∝ .
T
C pV ∝ T.
D VT = k. (2)
1.8 Beskou gelyke massas van die vier verskillende gasse hieronder gegee.
Die gasse is almal by dieselfde temperatuur en druk. Die gas wat die
grootste volume sal opneem is …
A Helium.
B Chloor.
C Waterstof.
D Swaeldioksied. (2)
1.9 18,25 g HCℓ word opgelos in 250 cm3 gedistilleerde water. Die
konsentrasie van die oplossing is …
A 0,073 mol.dm-3.
B 73 mol.dm-3.
C 0,002 mol.dm-3.
D 2 mol.dm-3. (2)
1.10 Hoeveel molekules is daar in 1,5 mol waterstofsulfied?
A 1,51 x 1024 molekules
B 9,03 x 1023 molekules
C 3,01 x 1023 molekules
D 4,21 x 1023 molekules (2)
[20]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 5
Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 11
VRAAG 2: (BEGIN OP ’N NUWE BLADSY)
Die grafiek hieronder toon die verandering in potensiële energie van twee
waterstofatome soos die afstand tussen hulle verander.
Potensiële
Dit is moontlik om die grootte van die bindingsenergie en die bindingslengte van
die waterstofmolekule te bepaal.
2.1 Definieer die term bindingsenergie. (2)
2.2 Vanaf die grafiek, gee die bindingsenergie van die waterstofmolekule. (1)
2.3 Definieer die term bindingslengte. (2)
2.4 Vanaf die grafiek, gee die bindingslengte van die waterstofmolekule. (1)
2.5 Verduidelik in jou eie woorde waarom die molekules meer stabiel is by
punt 3 as by punt 4 soos aangetoon op die grafiek. (4)
[10]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 6
Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 11
VRAAG 3: (BEGIN OP ’N NUWE BLADSY)
ʼn Chemiese binding word gedefinieër as die wederkerige aantrekkingskrag
tussen twee atome wat die resultaat is van die gelyktydige aantrekking tussen
hulle kerne en die buitenste elektrone van die ander atoom. Beantwoord die
volgende vrae oor chemiese bindings.
3.1 Definieer die term elektronegatiwiteit. (2)
3.2 Maak gebruik van elektronegatiwiteit om te verduidelik watter van die
volgende atome heel waarskynlik ʼn negatiewe ioon sal vorm: Al of S. (2)
3.3 Toon aan, met behulp van elektronegatiwiteit, watter tipe binding tussen
die elemente van die volgende voorbeelde sal vorm.
3.3.1 MgO (2)
3.3.2 HCℓ (2)
3.3.3 PH3 (2)
3.4 Die valensieskil-elektronpaar-afstotingsteorie (VSEPA) word gebruik om
die geometrie (vorm) van molekules te voorspel.
Definieer die term Valenselektrone. (2)
3.5 Teken Lewisstrukture vir elk van die volgende.
3.5.1 Die suurstofatoom (2)
3.5.2 P (2)
3.5.3 Cℓ-1 (2)
3.5.4 HOCℓ (2)
3.6 Hoeveel pare bindingselektrone is daar in ʼn trigonaal planêre molekule? (2)
3.7 Toon die VSEPA vorm van elk van die volgende molekules aan.
3.7.1 CCℓ4 (2)
3.7.2 BF3 (2)
3.7.3 SO2 (2)
3.8 Die hidroniumioon (H3O+) word gevorm wanneer ʼn suur in water ioniseer.
3.8.1 Watter tipe binding vorm tussen die H+ ioon en die
watermolekule? (2)
3.8.2 Maak gebruik van Lewis diagramme om die vorming van die
hidronium ioon aan te toon. (3)
[33]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 7
Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 11
VRAAG 4: (BEGIN OP ’N NUWE BLADSY)
4.1 ʼn Groep Graad 11 leerders ondersoek die effek van intermolekulêre kragte
op die smelt- en kookpunte van verskillende stowwe.
Hulle verkry die volgende resultate:
Smeltpunt Kookpunt
Naam Formule Diagram
(oC) (oC)
Water H2O 0,0 100,0
Asynsuur CH3COOH 17,0 118,1
Bensien C6H6 5,5 80,2
Chloroform CHCl3 -63,5 61.2
4.1.1 Definieer die term kookpunt. (2)
4.1.2 Verduidelik waarom water ʼn hoër kookpunt as chloroform het. (3)
4.1.3 Bestudeer die molekulêre diagramme hierbo en verduidelik
waarom chloroform ʼn laer kookpunt het as benseen. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 8
Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 11
4.2 Bestudeer die volgende stowwe:
HCℓ, Cℓ2, H2O, CO2, HF, MgCℓ2
Watter een van die bogenoemde stowwe sal ... hê?
4.2.1 die hoogste kookpunt (1)
4.2.2 Londonkragte (2)
4.2.3 waterstofbindings (2)
4.2.4 dipool – dipoolkragte (1)
4.2.5 ioniese bindings (1)
4.3 Dui aan of die volgende molekules polêr of nie-polêr is.
4.3.1 O2 (2)
4.3.2 NH3 (2)
4.3.3 CO2 (2)
4.4 Die molekules van NH3 en PH3 het ʼn soortgelyke vorm, tog het PH3 ʼn baie
hoër dampdruk by STD as NH3.
4.4.1 Definieer die term dampdruk. (2)
4.4.2 Verduidelik die verskille in dampdruk van bogenoemde
molekules, deur te verwys na die tipe en sterkte van die
intermolekulêre kragte in elkeen. (4)
[26]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 9
Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 11
VRAAG 5: (BEGIN OP ’N NUWE BLADSY)
Die volgende diagram toon ʼn skeidingstregter met olyfolie en water in.
5.1 Gee TWEE redes waarom olyfolie en water nie meng nie. (2)
5.2 Definieer digtheid in woorde. (2)
5.3 Kaliumpermanganaat (KMnO4) en jodiumkristalle (I2) word laat val in die
tregter.
5.3.1 Watter tipe kragte bestaan tussen die jodiumkristalle? (2)
5.3.2 Watter tipe kragte bestaan tussen die KMnO4 kristalle? (2)
5.3.3 Watter laag sal pers verkleur? (2)
5.3.4 Verduidelik jou antwoord in vraag 5.3.3 deur te verwys na die tipe
intermolekulêre kragte in beide die oplosmiddel en die opgeloste
stof. (4)
[14]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 10
Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 11
VRAAG 6: (BEGIN OP ’N NUWE BLADSY)
6.1 Waterstof en helium is baie naby aan ideale gasse.
6.1.1 Gee DRIE eienskappe van ʼn ideale gas. (3)
6.1.2 Onder watter toestande van temperatuur en druk sal regte
gasse soos waterstof en helium, optree soos ideale gasse? (2)
6.2 ʼn Groep leerders het die volgende apparaat opgestel gedurende ʼn ondersoek
na die verwantskap tussen die druk en die volume van ʼn spesifieke
hoeveelheid gas.
6.2.1 Benoem die apparaat hierbo aangetoon. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 11
Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 11
Die leerders maak gebruik van die pomp om die druk wat op die gas
uitgeoefen word te verander. Hulle het die volgende grafiek vanuit hulle
resultate verkry.
Grafiek van Druk teenoor Volume
Volume (cm )
3
Druk (kPa)
6.2.2 Formuleer Boyle se wet in woorde. (2)
6.2.3 Identifiseer die volgende veranderlikes:
6.2.3.1 Onafhanklike veranderlike (1)
6.2.3.2 Afhanklike veranderlike (1)
6.2.3.3 Gekontroleerde veranderlikes (2)
6.2.4 Maak gebruik van die grafiek en gee die druk van die gas
wanneer die volume 4 cm3 is. (2)
6.2.5 Beskryf hoe die vorm van die grafiek sal verander, indien die
eksperiment teen ʼn hoër temperatuur plaasvind. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 12
Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 11
6.3 Veiligheid tydens skubaduik is van uiterste belang. Om die gaswette te
verontagsaam mag fataal wees.
Druk Volume
Die volume van ʼn skubaduiker se longe is ongeveer 6 ℓ, by ʼn druk van een
atmosfeer en ʼn temperatuur van 295 K.
6.3.1 Bepaal die volume van die gas by ʼn druk van 120 kPa en ʼn
temperatuur van 282 K. (5)
6.3.2 Skakel 282 K om na oC. (2)
6.3.3 Verduidelik wat sal gebeur met die duiker se longe as hy te
vinnig na die oppervlak beweeg en waarom dit sal gebeur. (3)
[26]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 13
Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 11
VRAAG 7: (BEGIN OP ’N NUWE BLADSY)
7.1 Aluminiumhidroksied word algemeen gebruik as ʼn teensuurmiddel,
sowel as in deodorant. Terwyl waterstofsulfied gebruik word om die
element swael te vorm wat op sy beurt weer gebruik word in die
produksie van swaelsuur. Beide hierdie stowwe kan vervaardig word
met behulp van die volgende reaksie.
H2O + Aℓ2S3 H2S + Aℓ(OH)3
7.1.1 Skryf die reaksie oor en balanseer dit. (3)
7.1.2 As 10 g aluminiumhidroksied vervaardig word, bereken die
massa van die aluminiumsulfied wat by ʼn oormaat water
gevoeg moet word om dit te kan produseer. (4)
7.1.3 Bereken die persentasie suurstof in Aℓ(OH)3. (3)
7.2 Wanneer soutsuur met kalsiumkarbonaat reageer, vervaardig dit
kalsiumchloried en koolsuur, volgens die gebalanseerde reaksie:
2HCℓ(aq) + CaCO3(s) CaCℓ2(aq) + H2CO3(aq)
400 cm3 soutsuur met ʼn konsentrasie van 0,2 mol.dm-3 word by 20 g
kalsiumkarbonaat gevoeg.
7.2.1 Bepaal watter reaktant in oormaat is. (6)
7.2.2 Bereken die massa van die CaCℓ2 vervaardig. (3)
7.2.3 As slegs 4 g van die CaCℓ2 vervaardig is, bereken die
persentasie opbrengs van die reaksie. (2)
[21]
TOTAAL: 150
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 14
Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 11
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11
PAPER 2 (CHEMISTRY)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11
VRAESTEL 2 (CHEMIE)
TABLE / TABEL 1: PHYSICAL CONSTANTS / TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME / NAAM SYMBOL / SIMBOOL VALUE / WAARDE
Avogadro's constant
Avogadro-konstante NA 6,02 x 1023 mol-1
Molar gas constant
Molêre gaskonstante R 8,31 J∙K-1∙mol-1
Standard pressure
Standaarddruk p 1,013 x 105 Pa
Molar gas volume at STP
Molêre gasvolume by STD Vm 22,4 dm3∙mol-1
Standard temperature
Standaardtemperatuur T 273 K
TABLE / TABEL 2: FORMULAE / TABEL 2: FORMULES
p1V1 p 2 V2
pV nRT
T1 T2
m N
n n
M NA
V n m
n c OR/OF c
Vm V MV
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 15
Vraestel 2 (CHEMIE) GRAAD 11
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS / TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18
(I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII)
1 Atomic number 2
KEY/SLEUTEL Atoomgetal
2,1 H He
1 4
3 4 29 5 6 7 8 9 10
Electronegativity Symbol
1,0 Li 1,5 Be Elektronegatiwiteit 1,9 Cu Simbool 2,0 B 2,5 C 3,0 N 3,5 O 4,0 F Ne
7 9 63,5 11 12 14 16 19 20
11 12 13 14 15 16 17 18
0,9 Na 1,2 Mg Approximate relative atomic mass 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar
23 24 Benaderde relatiewe atoommassa 27 28 31 32 35,5 40
19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36
0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5 Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5
Mn Fe 1,8 1,8 Co 1,8 Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr
39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84
37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54
0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4 Zr Nb 1,8 Mo Tc 1,9 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe
86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131
55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86
0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6 Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn
133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209
87 88 89
0,7 Fr 0,9 Ra Ac 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71
226
Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu
140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175
90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103
Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr
232 238
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
PHYSICAL SC P1 QP GR11 NOV 2025 AFRIK_watermark.pdf

Question paper
PHYS SCIENCES P1 QP GR11 NOV 2024 AFR D_watermark.pdf
Question paper
PHYSICAL Sc. P2 QP GR11 NOV 2024 mod 2 AFR D_watermark.pdf

Question paper
Physical-Sciences-Physics-P1-QP-May-June-2024-KZN_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Physical-Sciences-Physics-NSC-P2-QP-May-June-2024-KZN_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Physical-Sciences-Physics-P2-QP-May-June-2024-Limpopo_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Gr11 Phy P2 (Afrikaans) June 2018 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--14dc2ba3-3d16-418a-a9c0-5897316247be/v1-6ad58d4b5151f8d3de39/card.webp)
Question paper
Gr11 Phy P2 (Afrikaans) June 2017 Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Question paper
PHYS SCIENCES P1 QP GR11 NOV2019_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8646331c-0677-446b-8291-49286f718e69/v1-590693500e5b175f70e0/card.webp)
Question paper
Gr11 Phy P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr11 Phy P1 (Afrikaans) June 2016 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
PHYSC SCIENCES P2 GR11 QP NOV2016 Afrikaans 2016_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 Physical Sciences
Explore more published documents in this catalogue.
Question paper and memo
FS-Physical-Sciences-Grade-11-June-2025-QP-and-Memo.pdf

Question paper and memo
KZN-Physical-Sciences-Grade-11-November-2025-P1-and-Memo.pdf
Question paper and memo
KZN-Physical-Sciences-Grade-11-November-2025-P2-and-Memo.pdf

Question paper and memo
KZN-Physical-Sciences-Grade-11-September-2025-QP-and-Memo.pdf
Question paper and memo
LP-Physical-Sciences-Grade-11-June-2025-P2-and-Memo.pdf

Question paper and memo