Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2017
GRAAD 11
FISIESE WETENSKAPPE
VRAESTEL 2
CHEMIE
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
14 bladsye + 2 datablaaie
b.o.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 



%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--67aec3a4-b25d-4e19-8631-45a2fa617cde/v1-ab8c57be1ee208a8ddf0/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8646331c-0677-446b-8291-49286f718e69/v1-590693500e5b175f70e0/card.webp)
View all


Gr11 Phy P2 (Afrikaans) June 2017 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Physical Sciences · Grade 11 · Gauteng June · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 2
- Pages
- 16
- File size
- 1.2 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 2
Vraestel 2 CHEMIE GRAAD 11
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
FISIESE WETENSKAPPE
Vraestel 2: CHEMIE
TYD : 3 uur
PUNTE : 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou NAAM in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDBOEK.
2. Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord ALLE vrae in jou
ANTWOORDBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.
4. Nommer die antwoorde presies volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik word.
5. Los EEN lyn oop tussen twee opeenvolgende vrae, byvoorbeeld tussen
VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.
6. ʼn Nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Jy word sterk aangeraai om die aangehegte inligtings-blaaie te gebruik.
9. Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.
10. Rond alle numeriese antwoorde af tot ʼn minimum van TWEE desimale
plekke.
11. Gee slegs kort (bondige) motiverings of besprekings ens. waar nodig.
12. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 3
Vraestel 2 CHEMIE GRAAD 11
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1 – 1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E.
1.1 Watter van die volgende is NIE waar ten opsigte van waterstofbindings NIE?
A. Vorm tussen waterstofatome in verskillende molekules
B. Is sterk intramolekulêre kragte
C Hou watermolekules bymekaar
D Is aantrekkingskragte tussen twee (2) elektronegatiewe atome (2)
1.2 Watter EEN van die volgende beskryf die binding wat tussen die H+ ioon en
die ammoniakmolekule vorm die beste?
A Ioonbinding
B Datiefkovalente binding
C Kovalente binding
D Metaalbinding (2)
1.3 Wanneer water in sy vloeistofvorm verhit word, word meeste van die
aanvanklike energie wat geabsorbeer word, gebruik om die
A temperatuur van die water te verhoog.
B kovalente bindings tussen die waterstof- en suurstofatome in die
watermolekule te breek.
C water te kook.
D waterstofbindings tussen die watermolekules te breek. (2)
1.4 Die korrekte rangskikking van intermolekulêre kragte van swakste na die
sterkste is:
A dipool-dipool, London / dispersie, ioniese, en waterstofbindings
B London / dispersie, ioniese, dipool-dipool, en waterstofbindings
C London / dispersie, dipool-dipool, waterstof en ioniese bindings
D Waterstof, dipool-dipool, London / dispersie en ioniese bindings (2)
1.5 Die volgende gas het polêr-kovalente bindings tussen sy atome, maar die
molekule in geheel is nie-polêr nie.
A CO2 (g)
B CCℓ4 (g)
C HCℓ (g)
D NH3 (g) (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 4
Vraestel 2 CHEMIE GRAAD 11
1.6 As die druk op ʼn 100 g stikstofgas in ʼn geslote houer verdubbel word terwyl
die temperatuur konstant gehou word, sal die gemiddelde spoed van die
stikstofgas se molekules ...
A verdubbel.
B vier keer groter wees.
C vier keer kleiner wees.
D dieselfde bly. (2)
1.7 Twee gasspuite, A en B, bevat elkeen dieselfde gas by STP. Die volume van
spuit A is 15 cm3 en dié van spuit B is 25 cm3 soos hieronder aangetoon.
Aanvaar ideale gas-gedrag.
Watter EEN van die volgende stellings is KORREK?
A Die gemiddelde kinetiese energie van die molekules in A is minder as
die van die molekules in B.
B Die totale kinetiese energie van die molekules in A is meer as die van
die molekules in B.
C Die aantal gasmolekules in A is gelyk aan die aantal gasmolekules in B.
D Die produk van pV in A is gelyk aan die produk van pV in B. (2)
1.8 0,3 mol koolstofdioksied (CO2) gas en 0,3 mol metaan (CH4) gas by STP het
I dieselfde hoeveelheid deeltjies.
II dieselfde volume.
III dieselfde massa.
A Slegs (I) is waar
B I, II en III is waar
C Slegs I en II is waar
D Slegs I en III is waar (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 5
Vraestel 2 CHEMIE GRAAD 11
1.9 Die massa van 4,48 dm3 suurstof (O2 gas) by STP is ...
A 6,4 g.
B 3,2 g.
C 4,48 g.
D 0,8 g. (2)
1.10 ʼn Sekere vastestof het die volgende eienskappe:
• Baie hoë smeltpunt
• Oplosbaar in ʼn polêre oplosmiddel
• Gelei elektrisiteit slegs in die gesmelte vorm
Die vastestof is waarskynlik ...
A jodium.
B kaliumchloried.
C loodsulfied.
D grafiet. (2)
[20]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 6
Vraestel 2 CHEMIE GRAAD 11
VRAAG 2 (Begin op ’n nuwe bladsy.)
In die tabel hieronder word die smeltpunte en kookpunte van verskillende stowwe
aangetoon. Gebruik die inligting in die tabel om die vrae wat daarop volg te
beantwoord.
Stof /Molekule Smeltpunt in C° Kookpunt in C°
CCℓ4 -23 77
CH4 -18 -162
He -272 -269
NaCℓ 800 1413
NH3 −77.73 −33.34
HCℓ -114.9 -85.06
2.1. Definieer die term kookpunt. (2)
2.2 Watter stof ...
2.2.1 het die swakste intermolekulêre kragte? (1)
2.2.2 het waterstofbindings tussen die molekules? (1)
2.2.3 benodig die meeste energie om ʼn faseverandering te ondergaan? (1)
2.2.4 is ʼn vloeistof by kamertemperatuur? (1)
2.3 Noem die tipe kragte wat tussen die volgende molekules bestaan:
2.3.1 CH4 (2)
2.3.2 HCℓ (2)
2.3.3 NaCℓ (2)
[12]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 7
Vraestel 2 CHEMIE GRAAD 11
VRAAG 3 (Begin op ’n nuwe bladsy.)
Suid-Afrika is onder die top 10 lande in die wêreld wat daarvan beskuldig word dat
hulle bydra tot die kweekhuis-effek. Van die hoof lugbesoedelingsgasse wat deur die
industrieë in die land geproduseer word, is die volgende:
• Koolstofdioksied,
• Metaan (CH4),
• Swaeldioksied en
• Ammoniak.
3.1 Definieër:
3.1.1 Kovalente binding (2)
3.1.2 Elektronegatiwiteit (2)
3.2 Teken ʼn Lewis-diagram om die bindings in een (1) koolstofdioksiedmolekule
aan te toon. (2)
3.3 Die chemiese binding binne die metaanmolekule is polêr en tog is die
molekule nie-polêr, verduidelik hoe dit moontlik is. (4)
3.4 Kies EEN van die kweekhuisgasse hierbo genoem, met ʼn molekule met ʼn ...
vorm.
3.4.1 piramidale (1)
3.4.2 tetrahedriese (1)
3.4.3 hoekige (1)
3.4.4 lineêre (1)
3.5 Van die bogenoemde kweekhuisgasse, kies EEN wat goed in water sal oplos.
Verskaf ʼn rede vir jou antwoord. (2)
[16]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 8
Vraestel 2 CHEMIE GRAAD 11
VRAAG 4 (Begin op ’n nuwe bladsy.)
Lewe kan nie voortbestaan sonder water nie. Al die chemiese reaksies wat lewe
onderhou, vind in ʼn wateroplossing plaas. Watermolekules is polêre molekules en is
in staat om waterstofbindings met ander polêre molekules te vorm.
4.1 Skryf die chemiese formule vir water neer. (1)
4.2 Die watermolekule is ʼn polêre molekule. Verduidelik hierdie stelling deur
gebruik te maak van die elektronegatiewe waardes van suurstof en waterstof. (2)
4.3 Teken ʼn diagram om aan te toon hoe watermolekules in water (in sy
vloeistofvorm) gerangskik is. (2)
4.4 Verduidelik die verskil in digtheid van watermolekules tussen die vloeistoffase
en die soliede fase. (2)
4.5 Water wat in plante beweeg, lyk of dit die wette van gravitasie verontagsaam.
Verduidelik hierdie stelling.
(2)
[9]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 9
Vraestel 2 CHEMIE GRAAD 11
VRAAG 5 (Begin op ’n nuwe bladsy.)
ʼn Groep leerders ondersoek die verwantskap tussen die volume, temperatuur en die
druk van ʼn vaste hoeveelheid heliumgas in ʼn geslote ballon.
5.1 Wanneer die druk in die ballon 102 kPa, die temperatuur 29 0C en die volume
31,8 cm3 is, word die ballon losgelaat om op te styg. Bereken die temperatuur
in die ballon op ʼn hoogte waar die druk val tot 75 kPa en die volume verander
na 34,5 cm3. (5)
5.2 Verduidelik, in terme van die kinetiese molekulêre teorie, die effek wat die
vermindering in die temperatuur van ʼn gas op die druk van die gas sal hê as
die volume konstant gehou word. (2)
5.3 Heliumgas kan soos ʼn ideale gas optree.
5.3.1 Definieer ideale gas. (2)
5.3.2 Lys DRIE eienskappe van ʼn ideale gas. (3)
5.3.3 Lys TWEE omstandighede waaronder ʼn ware gas soos ʼn ideale gas
sal optree. (2)
5.4 Skryf die grootte van die molêre gasvolume by STD neer. (2)
[16]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 10
Vraestel 2 CHEMIE GRAAD 11
VRAAG 6 (Begin op ’n nuwe bladsy.)
6.1 Noem en gee die gaswet wat ondersoek word in die eksperiment. (3)
6.2 Identifiseer en skryf die volgende vir die eksperiment neer:
6.2.1 Die afhanklike veranderlike (2)
6.2.2 Die onafhanklike veranderlike (2)
6.2.3 Die gekontroleerde veranderlike (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 11
Vraestel 2 CHEMIE GRAAD 11
6.3 Skryf ʼn ondersoekende vraag vir die eksperiment neer. (2)
Die leerder gebruik die resultate en teken ʼn grafiek AB (soos hieronder getoon):
6.4 Gebruik die grafiek om die verwantskap tussen die druk en die temperatuur van
ʼn gas, met ʼn spesifieke volume, af te lei. (2)
6.5 Met behulp van die grafiek bepaal die temperatuur waarteen die grafiek die x-as
sal raak. (2)
6.6 Gee die naam vir die temperatuur bepaal in Vraag 6.5. (2)
6.7 Lang ritte en oorlading van voertuie is bydraende faktore tot bande wat bars,
veral dié van vragmotors. ʼn Vragmotorbestuurder besluit om AL die bande van
sy gelaaide vragmotor, net oor ʼn rit, te pomp met ʼn banddruk van 500 kPa in
plaas van die maksimum toegelate banddruk van 600 kPa teen
kamertemperatuur (25°), aangesien hy weet dat die temperatuur van sy
bestemming gewoonlik baie hoog is.
Sal die vragmotorbestuurder sy bestemming veilig bereik, as die temperatuur
van sy bestemming 40 0C is wanneer hy arriveer? Toon alle berekeninge om jou
antwoord te motiveer. (6)
[23]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 12
Vraestel 2 CHEMIE GRAAD 11
VRAAG 7 (Begin op ’n nuwe bladsy.)
Na2CO3 is ʼn alombekende waterversagmiddel in talle huishoudings.
7.1. Verskaf die naam vir Na2CO3. (2)
7.2 Watter massa van Na2CO3 word benodig om 500 cm3 van ʼn 0,25 mol.dm-3
oplossing te vervaardig? (4)
7.3 Wat is die konsentrasie van die natruim-ione in die oplossing van Na2CO3
vervaardig in Vraag 7.2? (6)
7.4 Die Leblanc-proses sluit die volgende reaksie in.
Na2SO4 + CaCO3 + C Na2CO3 + CO2 + CaS
7.4.1 Herskryf en balanseer die vergelyking hierbo. (2)
7.4.2 Definieer die term beperkende reagens. (2)
7.4.3 In ʼn geslote houer word 52,54 g van Na2SO4 toegelaat om te
reageer met 45 g of CaCO3 in die teenwoordigheid van genoeg C.
Bepaal die beperkende reagens. (6)
7.4.4 Hoeveel gram van Na2CO3 sal gevorm word gedurende die
reaksie in VRAAG 7.4.3? (4)
[26]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 13
Vraestel 2 CHEMIE GRAAD 11
VRAAG 8 (Begin op ’n nuwe bladsy.)
Ruimtetuie stel ʼn groot hoeveelheid koolstofdioksied vry, met die
groot moontlikheid dat van die koolstofdioksied die leefarea van die
ruimtetuig se kapsule kan binnedring. Om die lug in die kapsule te
reining van koolstofdioksied word daar gebruik gemaak van soliede
litiumhidroksied. Lituimhidroksied word gebruik om met die
koolstofdioksied te reageer om litiumkarbonaat en water (ℓ) te vorm.
0,8 kg van die litiumhidroksied word in die kapsule van die
ruimtetuig geplaas vir hierdie doel.
8.1 Skryf ʼn gebalanseerde chemiese vergelyking vir die reaksie tussen
koolstofdioksied en litiumhidroksied. (4)
8.2 Bereken die aantal mol litiumhidroksied beskikbaar in die ruimteskip. (3)
8.3 Hoeveel mol CO2 word benodig om te reageer met die gegewe massa LiOH? (3)
8.4 Bereken die massa koolstofdioksied wat deur 0,8 kg LiOH geabsorbeer kan
word. Toon alle berekeninge. (4)
[14]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 14
Vraestel 2 CHEMIE GRAAD 11
VRAAG 9 (Begin op ’n nuwe bladsy.)
Aluminiumsulfaat, ook bekend as dialuminium triosulfaat, is ʼn aluminium sout wat
gebruik word in die tekstielbedryf vir die kleur van tekstiele asook in die
watersuiweringsproses. Dit is ʼn wit vastestof wanneer dit nie in kontak is met water
nie.
9.1 Hoeveel suurstofatome is teenwoordig in 12 g aluminiumsulfaat? (6)
9.2 Bewys dat die empiriese formule van aluminiumsulfied Al2S3 is deur gebruik
te maak van die volgende inligting:
36% van aluminiumsufied per massa bestaan uit aluminium. (5)
9.3 Die hidrolise van aluminiumsulfaat vorm waterstofsulfiedgas (H2S).
Herskryf die volgende reaksie en balanseer dit.
H2O + Al2S3 → H2S + Al(OH)3 (3)
[14]
TOTAAL 150
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 15
Vraestel 2 CHEMIE GRAAD 11
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11
PAPER 2 (CHEMISTRY)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11
VRAESTEL 2 (CHEMIE)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Avogadro's constant
NA 6,02 x 1023 mol-1
Avogadro-konstante
Molar gas constant
R 8,31 J∙K-1∙mol-1
Molêre gaskonstante
Standard pressure
p 1,013 x 105 Pa
Standaarddruk
Molar gas volume at STP
Vm 22,4 dm3∙mol-1
Molêre gasvolume by STD
Standard temperature
T 273 K
Standaardtemperatuur
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
p1V1 p 2 V2
pV nRT
T1 T2
m N
n n
M NA
V n m
n c OR/OF c
Vm V MV
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE 16
Vraestel 2 CHEMIE GRAAD 11
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
PHYSICAL SC P1 QP GR11 NOV 2025 AFRIK_watermark.pdf

Question paper
PHYS SCIENCES P1 QP GR11 NOV 2024 AFR D_watermark.pdf
Question paper
PHYSICAL Sc. P2 QP GR11 NOV 2024 mod 2 AFR D_watermark.pdf

Question paper
Physical-Sciences-Physics-P1-QP-May-June-2024-KZN_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Physical-Sciences-Physics-NSC-P2-QP-May-June-2024-KZN_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Physical-Sciences-Physics-P2-QP-May-June-2024-Limpopo_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--67aec3a4-b25d-4e19-8631-45a2fa617cde/v1-ab8c57be1ee208a8ddf0/card.webp)
Question paper
Gr11 Phy P2 (Afrikaans) June 2019 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr11 Phy P2 (Afrikaans) June 2018 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr11 Phy P2 June 2017 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8646331c-0677-446b-8291-49286f718e69/v1-590693500e5b175f70e0/card.webp)
Question paper
Gr11 Phy P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr11 Phy P1 (Afrikaans) June 2016 Question Paper_hlayiso.com_.pdf
Question paper
PHYSC SCIENCES P2 GR11 QP NOV2016 Afrikaans 2016_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 11 Physical Sciences
Explore more published documents in this catalogue.
Question paper and memo
FS-Physical-Sciences-Grade-11-June-2025-QP-and-Memo.pdf

Question paper and memo
KZN-Physical-Sciences-Grade-11-November-2025-P1-and-Memo.pdf
Question paper and memo
KZN-Physical-Sciences-Grade-11-November-2025-P2-and-Memo.pdf

Question paper and memo
KZN-Physical-Sciences-Grade-11-September-2025-QP-and-Memo.pdf
Question paper and memo
LP-Physical-Sciences-Grade-11-June-2025-P2-and-Memo.pdf

Question paper and memo