Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2017
GRAAD 11
FISIESE WETENSKAPPE
VRAESTEL 1
(FISIKA)
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
14 bladsye + 2 inligtingsblaaie + 1 antwoordblad
b.o.
Skip to contentAll 2017 papers %20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--14dc2ba3-3d16-418a-a9c0-5897316247be/v1-6ad58d4b5151f8d3de39/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8646331c-0677-446b-8291-49286f718e69/v1-590693500e5b175f70e0/card.webp)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7dd664eb-b758-4f97-a529-32c91e5a9888/v1-767cd827ce0348ffa67a/card.webp)
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--67aec3a4-b25d-4e19-8631-45a2fa617cde/v1-ab8c57be1ee208a8ddf0/card.webp)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--fd9f92c8-f4d1-4104-926b-48e832bea015/v1-78099937dba38121cd43/card.webp)
%20June%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--91bc2d21-0fb6-44a8-8053-f5fcb970d501/v1-1d784eaec15fe575fedb/card.webp)
View all





Physical Sciences Grade 11 P1 Gauteng June 2017 QP (Afr)
Grade 11 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng June 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Physical Sciences · Grade 11 · Gauteng June · 2017 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng June
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 1017.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Gauteng June 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
2
(Fisika) GRAAD 11
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
(Fisika)
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou NAAM op die ANTWOORDBOEK.
2 Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord ALLE vrae in die
ANTWOORDBOEK behalwe Vraag 4.3 wat op die ANTWOORDBLAD
beantwoord moet word. Vul jou naam in die aangeduide spasie bo-aan die
ANTWOORDBLAD.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.
4. Nommer die antwoorde presies volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Los EEN lyn oop tussen twee opeenvolgende vrae, byvoorbeeld tussen
Vraag 2.1 en Vraag 2.2.
6. ʼn Nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Jy word sterk aangeraai om die aangehegte inligtingsblaaie te gebruik.
9. Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.
10. Rond alle FINALE numeriese antwoorde af tot ʼn minimum van TWEE
desimale plekke.
11. Gee slegs kort (bondige) motiverings of besprekings waar nodig.
12. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
3
(Fisika) GRAAD 11
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1 – 1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E.
1.1 Watter EEN van die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn nie-kontak krag?
A Wrywingskrag
B Gravitasiekrag
C Spanningskrag
D Normale krag (2)
1.2 Wanneer ʼn bus wegtrek van die bushalte af, beweeg die staande passassiers
agtertoe as gevolg van een van Newton se wette. Watter een?
A Newton se Eerste wet
B Newton se Tweede wet
C Newton se Derde wet
D Newton se wet van Universele Gravitasie (2)
1.3 Die grenshoek tussen lug en water is 49°. Dit dui aan dat die brekingshoek … is
A 35°
B 49°
C 55°
D 90° (2)
1.4 ʼn Endoskoop word deur dokters gebruik om, sonder ʼn groot operasie, binne die
liggaam van ʼn pasiënt te kyk. Die beginsel waarvolgens ʼn endoskoop werk
berus op die verskynsel van ...
A diffraksie.
B refraksie.
C totale interne weerkaatsing.
D absorpsie. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
4
(Fisika) GRAAD 11
1.5 Twee kragte van groottes 10 N en 6 N werk in op ʼn boks. Die boks rus op ʼn
wrywingslose horisontale oppervlak.
6N
ɵ 10 N
Verskaf die hoek θ tussen die twee kragte aan wat die maksimum resultant sal
gee.
A 0°
B 60°
C 120°
D 180° (2)
1.6 ʼn Voorwerp word vanaf ʼn hoogte van 1 km bo die oppervlakte van die aarde laat
val. As lugweerstand geïgnoreer word, sal die versnelling van die voorwerp
slegs afhanklik wees van die …
A massa van die voorwerp.
B afstand vanaf die middelpunt van die aarde.
C die rotasiespoed van die aarde.
D massa van die aarde. (2)
1.7 ʼn Satelliet ervaar ʼn gravitasiekrag van grootte F op die oppervlak van die aarde,
met ʼn radius R. Die satelliet word in ʼn wentelbaan, met ʼn onbekende afstand bo
die oppervlak van die aarde geplaas en ervaar nou ʼn gravitasiekrag van F.
Die onbekende afstand is …
A R.
B 2 R.
C 3 R.
D 4 R. (2)
1.8 ʼn Vrou stoot ʼn winkeltrollie met ʼn horisontale krag van 70 N. Gedurende die
beweging werk daar ook ʼn wrywingskrag van 25 N op die trollie in.
70N
25N
Die grootte van die krag wat die trollie op die vrou uitoefen is ...
A 45 N.
B 25 N.
C 70 N.
D 95 N. (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
5
(Fisika) GRAAD 11
1.9 Twee identiese kandelare hang vanaf die plafon aan ʼn kabel. E is direk aan die
plafon gekoppel, terwyl F met ʼn kabel aan E gekoppel is, soos aangetoon in die
diagram hier onder.
Watter EEN van die volgende verwantskappe tussen die spanning in die kabel,
TE, in die kabel E en die spanning in, TF, kabel F is korrek?
A TE > TF
B TE < TF
C TE = TF ≠ 0 N
D TE = TF = 0 N (2)
1.10 ʼn Trollie B, op ʼn wrywingslose oppervlak, versnel na links as gevolg van die
effek van gravitasie wat op massa A inwerk. A en B word aan mekaar verbind
met behulp van ʼn ligte, nie rekbare tou oor ʼn wrywingslose katrol. Die
versnelling van die sisteem kan gehalveer word deur ...
B
A
A die massa van die trollie te verdubbel na 2B.
B die massa van A te halveer na A/2.
C die massa van A te halveer na A/2 en die massa van B te vermeerder
met A/2.
D die massa van trollie, B te verdubbel en die massa van A te halveer. (2)
(10x2) [20]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
6
(Fisika) GRAAD 11
VRAAG 2 (BEGIN OP ʼn NUWE BLADSY.)
Die diagram hieronder toon VIER kragte van 9 N, 8 N, 6 N en 2 N wat op dieselfde vlak
op ʼn voorwerp inwerk.
9N
2N 8N
550
6N
2.1 Definieer die term Resultante / Netto krag. (2)
2.2 Bereken
2.2.1 die grootte van die resultant van AL die kragte wat op die voorwerp
inwerk. (7)
2.2.2 die rigting van die resultante krag. (3)
[12]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
7
(Fisika) GRAAD 11
VRAAG 3 (BEGIN OP ʼn NUWE BLADSY.)
ʼn Groot verwoestingsbal (“wrecking ball”) word in plek gehou met behulp van twee ligte
staalkabels. Die massa, m, van die verwoestingsbal is 1620 kg.
26°
TA
1620
kg
TB
3.1 Verduidelik die konsep Kragte in Ewewig. (2)
3.2 Teken ʼn driehoek van kragte in ewewig en dui ten minste een hoek aan. (4)
3.3 Bereken
3.3.1 die grootte van die spanning, TA in die kabel wat ʼn hoek van 26° met
die vertikaal maak. (3)
3.3.2 die grootte van die spanning, TB in die horisontale kabel. (3)
[12]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
8
(Fisika) GRAAD 11
VRAAG 4 (BEGIN OP ʼn NUWE BLADSY.)
Die oorlading van motorvoertuie is een van die hoofoorsake van padongelukke op ons
land se paaie. ʼn Fisiese Wetenskappe klas ondersoek die verwantskap tussen krag,
massa en versnelling. Verskillende groepe ondersoek verskillende verwantskappe van
die formule: Fnet = m x a.
Een groep leerders het die volgende ondersoek gedoen.
Hierdie leerders het die volgende apparaat vir hulle ondersoek gebruik:
• Vier trollies
• ʼn Tydtikker
• Vier lengtes tydtikkerlint
• ʼn Skuinsvlak (Spoor)
• ʼn Onelastiese toutjie
• ʼn katrol
• ʼn 250 g massastuk
Hulle het die apparaat volgens die skets hieronder opgestel:
250 g
Die spoor word effens gelig om vir wrywing te kompenseer. Die massastuk versnel die
trollie teen die helling af. Die helling is konstant gehou gedurende die eksperiment.
Die massa van die trollie is vemeerder deur nog ʼn trollie bo-op die ander te stapel na
elke lesing. Die volgende resultate is verkry nadat die tydtikkerlinte ontleed is:
KRAG Massa VERSNELLING 1
(N) (Trollie (m.s-2) MASSA
Eenhede)
2,5 1 4,4
2,5 2 2,8
2,5 3 2,3
2,5 4 1,9
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
9
(Fisika) GRAAD 11
4.1 Identifiseer
4.1.1 die afhanklike veranderlike,
4.1.2 die onafhanklike veranderlike en
4.1.3 die gekontroleerde veranderlike. (3)
4.2 Formuleer ʼn ondersoekende vraag vir hierdie ondersoek. (2)
4.3 Op bladsy 17, voltooi die tabel en trek ʼn grafiek op die aangehegte
ANTWOORDBLAD. (4)
4.4 Deur die grafiek te gebruik, maak ʼn gevolgtrekking. (2)
4.5 Gee ʼn moontlike rede waarom die eerste punt op die grafiek NIE op die lyn lê NIE. (2)
4.6 Gebruik jou gevolgtrekking in VRAAG 4.4 om aan motoriste te verduidelik waarom
die oorlading van voertuie gevaarlik is. (2)
[15]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
10
(Fisika) GRAAD 11
VRAAG 5 (BEGIN OP ʼn NUWE BLADSY.)
Twee blokke met massas van onderskeidelik 7 kg en 5 kg word aanmekaar verbind deur
ʼn ligte, nie-rekbare tou wat oor ʼn wrywinglose katrol hardloop soos aangetoon in die
diagram hieronder. Die 7 kg blok word na links getrek met ʼn krag van 68 N teen ʼn hoek
van 12° met die horisontaal. Die 7 kg blok ondervind ʼn wrywingskrag van 6 N. Die
kinetiese wrywingskoëffisiënt tussen die 5 kg blok en die skuinsvlak is 0,18.
T
5.1 Definieer die term Normale krag. (2)
5.2 Teken ʼn benoemde, vryliggaam diagram en toon AL die kragte wat op die 5 kg
voorwerp inwerk. (4)
5.3 Onderskei tussen statiese wrywing en kinetiese wrywing. (4)
5.4 Bereken
5.4.1 die wrywingskrag tussen die 5 kg blok en die oppervlak van die
skuinsvlak. (4)
5.4.2 die versnelling van die 7 kg blok. (7)
5.4.3 die grootte van die spanning T in die tou tussen die blokke. (3)
[24]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
11
(Fisika) GRAAD 11
VRAAG 6 (BEGIN OP ʼn NUWE BLADSY.)
Ongelukke van passassiersvliegtuie raak al hoe meer algemeen. In ʼn onlangse ongeluk
is ʼn “Airbus”, met ʼn massa van 30 000 kg die laaste keer gesien op die radar op ʼn
hoogte van 3500 m bo die oppervlak van die aarde voordat dit in die see neergestort
het. Dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar sommige verslae
beweer dat die vliegtuig ontplof het voordat dit die oppervlak van die see getref het.
6.1 Noem en stel die wet wat die interaktiewe krag, tussen die vliegtuig en die aarde,
op ʼn hoogte van 3 500 m bo die oppervlak van die aarde beskryf. (3)
6.2 Hoe vergelyk die grootte van die krag wat deur die vliegtuig ondervind word
teenoor die krag wat die aarde ondervind as gevolg van die vliegtuig? Beantwoord
slegs GROTER AS, GELYK AAN of KLEINER AS. (2)
6.3 Verduidelik waarom daar slegs gesien kan word dat die vliegtuig na die aarde toe
beweeg en nie anders om nie. (2)
6.4 Bereken die krag wat die aarde op die vliegtuig uitoefen op ʼn hoogte van 3 500 m. (5)
6.5 Met watter faktor sal die krag (F) waarmee die vliegtuig die oppervlak van die
water sal tref verander as die vliegtuig op ʼn planeet met dubbel die massa van die
aarde en ʼn derde van die totale afstand vanaf die aarde af sal val? Toon
berekeninge. (3)
[15]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
12
(Fisika) GRAAD 11
VRAAG 7 (BEGIN OP ʼn NUWE BLADSY.)
Wanneer ʼn monochromatiese rooi lig deur ʼn nou spleet op ʼn skerm skyn, word die
volgende patroon waargeneem.
(maksimum)
7.1 Benoem die verskynsel wat op die skerm waargeneem word. (2)
7.2 Noem en stel die beginsel wat gebruik word om die verskynsel in jou antwoord
van Vraag 7.1 te verklaar. (4)
7.3 Beskryf die patroon wat op die skerm waargeneem word. (3)
7.4 Verskaf die term wat verduidelik hoe die donker bande op die skerm gevorm
word. (2)
7.5 Watter effek sal elk van die volgende veranderinge hê op die wydte van die
sentrale kleurband (A – B) indien …
7.5.1 die opening van die spleet verklein word? Beantwoord: VERGROOT,
VERKLEIN of BLY DIESELFDE en verduidelik dan jou antwoord. (3)
7.5.2 die rooi lig met ʼn blou lig vervang word? Beantwoord: VERGROOT,
VERKLEIN of BLY DIESELFDE en verduidelik dan jou antwoord. (3)
[17]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
13
(Fisika) GRAAD 11
VRAAG 8 (BEGIN OP ʼn NUWE BLADSY.)
8.1 Bestudeer die volgende diagram van ʼn potlood in ʼn glas water en beantwoord
dan die vrae wat daarop volg.
potlood
8.1.1 Benoem die verskynsel wat aangetoon word in die diagram. (2)
8.1.2 Verduidelik waarom dit lyk asof die potlood opbuig van die oppervlak
van die water. (3)
8.2 Beskou die volgende diagram van ʼn ligstraal wat inval op die grensvlak tussen
lug en water. Die hoek wat die ligstraal maak met die oppervlak van die water is
51°, soos aangetoon in die diagram.
nlug = 1,00
nwater = 1,33
8.2.1 Benoem die lyn AB. (2)
8.2.2 Bereken die brekingshoek van die ligstraal soos dit beweeg van lug na
water. (4)
8.2.3 Teken die skets hierbo, in jou ANTWOORDBOEK oor en toon die pad
van die ligstraal soos dit beweeg van lug na water en waar dit aan die
ander kant uitbeweeg. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
14
(Fisika) GRAAD 11
8.3 Wat gebeur met die spoed waarteen die ligstraal beweeg, wanneer dit van lug
na water beweeg? Antwoord slegs: NEEM TOE, NEEM AF of BLY KONSTANT. (2)
8.4 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 8.3. (2)
[19]
VRAAG 9 (BEGIN OP ʼn NUWE BLADSY.)
9.1 Noem TWEE toestande wat nodig is vir totale interne weerkaatsing om plaas te
vind. (4)
9.2 Definieer die term kritieke grenshoek van ʼn medium. (2)
9.3 Gedoteerde silika het ʼn baie hoë brekingsindeks (n = 1,45). Die diagram
hieronder toon ʼn dun laag suiwer silikon bo-op ʼn laag gedoteerde silika.
Suiwer silika
Gedoteerde silika
Bereken
9.3.1 die kritiese grenshoek van die gedoteerde silika – suiwer silika grens.
Die suiwer silika het ʼn brekingsindeks van n =1,40 . (4)
9.3.2 die spoed van lig in die gedoteerde silika. (4)
9.4 Verduidelik waarom telekommunikasiemaatskappye optiese vesel-kabels
verkies bo koperkabels. (2)
[16]
TOTAAL: 150
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
15
(Fisika) GRAAD 11
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Gravitational constant
G 6,67 x 10-11 N⋅m2⋅kg-2
Swaartekragkonstante
Radius of Earth
RE 6,38 x 106 m
Straal van Aarde
Coulomb's constant
K 9,0 x 109 N⋅m2·C-2
Coulomb se konstante
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in ʼn vakuum
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Mass of the earth
M 5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
v f = v i + a ∆t ∆x = v i ∆t + 21 a∆t 2
v + vi
v f = v i + 2a∆x
2 2
∆x = f ∆t
2
FORCE/KRAG
Fnet = ma w = mg
Gm1m 2 fs
F= μs = (max / maks)
r2 N
f
µk = k
N
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
16
(Fisika) GRAAD 11
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
v=fλ T=
f
ni sin θi = nr sin θr c
n=
v
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
kQ 1Q 2 F
F= (k = 9,0 x 109 N⋅m2·C-2) E=
r2 q
kQ W
E= 2 (k = 9,0 x 109 N⋅m2·C-2) V=
r Q
ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME
∆Φ
ε=−N Φ = BA cos θ
∆t
CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT
Q V
I= R=
∆t I
1 1 1 1
= + + + ... R = r1 + r2 + r3 + ...
R r1 r2 r3
W = Vq W
P=
Δt
W = VI ∆ t
P = VI
W= I2R ∆ t
P = I 2R
V Δt
2
W= V2
R P=
R
Downloaded from hlayiso.com
FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
17
(Fisika) GRAAD 11
KRAG Massa VERSNELLING 1
VRAAG 4.3
(N) (Trollie (m.s-2) MASSA
NAAM VAN LEERDER: eenhede)
2,5 1 4,4
___________________
2.5 2 2.8
___________________ 2,5 3 2,3
2,5 4 1,9
5
4
(m.s-2)
Versnelling
3
2
1
0
0,2 0,4 0,6 0,8 1,0
__1__
Massa ( per trollie eenhede)
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--14dc2ba3-3d16-418a-a9c0-5897316247be/v1-6ad58d4b5151f8d3de39/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 11 P2 Gauteng June 2017 QP (Afr)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--8646331c-0677-446b-8291-49286f718e69/v1-590693500e5b175f70e0/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 11 P1 Gauteng June 2018 QP (Afr)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7dd664eb-b758-4f97-a529-32c91e5a9888/v1-767cd827ce0348ffa67a/card.webp)
Memorandum
Physical Sciences Grade 11 Paper 1 Gauteng June 2017 Memo
%20June%202019%20Question%20Paper_hlayiso.com_--67aec3a4-b25d-4e19-8631-45a2fa617cde/v1-ab8c57be1ee208a8ddf0/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 11 P2 Gauteng June 2019 QP (Afr)
%20June%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--fd9f92c8-f4d1-4104-926b-48e832bea015/v1-78099937dba38121cd43/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 11 P2 Gauteng June 2018 QP (Afr)
%20June%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--91bc2d21-0fb6-44a8-8053-f5fcb970d501/v1-1d784eaec15fe575fedb/card.webp)
Question paper
Physical Sciences Grade 11 P2 Gauteng June 2016 QP (Afr)
More from Grade 11 Physical Sciences

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 11 P1 KZN November 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 11 P2 KZN November 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 11 P2 Limpopo June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Physical Sciences Grade 11 P1 Mpumalanga June 2025 QP & Memo

Memorandum
Physical Sciences Grade 11 P2 2024 Memo

Memorandum