Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
BESIGHEIDSTUDIES V2
2023
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 

%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)





%20QP_hlayiso.com_--4f7ee7eb-503c-461a-b9cf-1ad5eaec2063/v1-9d83b873a40e70b4fb27/card.webp)
_hlayiso.com_--49d5890f-b29e-4314-a58d-5d1c0b7bc56c/v1-e5ddf3a23ad8981a3296/card.webp)
_hlayiso.com_--c8a11f64-5441-42dc-91c1-2bd60d8dc47a/v1-783676a52303a24fe3a2/card.webp)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--49c7d55b-6c2c-436c-811b-0cf03cc1d777/v1-24536a5817d2f19214de/card.webp)
View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Business Studies Grade 12 Paper 2 NSC June 2023 Question Paper
Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Business Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 575.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 2 DBE/2023
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie
afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
wat vereis word.
Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in
AFDELING B en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C
nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy
elke vraag beantwoord.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
(minute)
A: Objektiewe tipe vrae
1 30 20
VERPLIGTEND
B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40
KEUSE: 3 40 70
Beantwoord enige TWEE. 4 40
C: TWEE opsteltipe vrae 5 40
KEUSE: 30
Beantwoord enige EEN. 6 40
TOTAAL 150 120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 3 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Emmah sal 'n voorafbepaalde bedrag ontvang wat in 'n … belê is
wanneer sy 'n bepaalde ouderdom bereik.
A vaste deposito
B stokvel
C aftreeannuïteit
D bestuurde portefeulje
1.1.2 Maatskappye sonder winsoogmerk kan deur verskillende donasies
geld verkry. Dit verwys na … as 'n maatstaf wat tot die sukses van
'n besigheid bydra.
A belasting
B kapitaal
C verdeling van winste
D wetgewing
1.1.3 Aanbieders gebruik … as 'n visuele hulpmiddel om groot
illustrasies van produkte te vertoon om die kernboodskap van hulle
aanbieding te ondersteun.
A 'n oorhoofse projektor
B 'n dataprojektor
C flitskaarte
D plakkate
1.1.4 Chiliza Handelaars het vals opgawes aan die SAID voorgelê. Dit
staan bekend as …, 'n tipe onetiese sakepraktyk.
A belastingontduiking
B onbillike advertering
C belastingontwyking
D misbruik van werktyd
1.1.5 Spanleiers implementeer … as 'n maatstaf vir suksesvolle
spanprestasie deur gereelde terugvoering aan hul lede te verskaf.
A samewerking
B kommunikasie
C gedeelde waardes
D interpersoonlike gesindheid en gedrag (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 4 DBE/2023
SS/NSS
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te
gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
sosiale; stigters; situasionele; besluitneming; ekonomiese;
probleemoplossing; onbeperkte; transformasie-; bonus; beperkte
1.2.1 Maatskappye reik …-aandele uit as vergoeding vir onbetaalde
dividende.
1.2.2 Kulsum Onderneming implementeer die ... leierskapsteorie
aangesien die besigheid in 'n dinamiese omgewing, wat deur
konstante verandering gekenmerk word, bedryf word.
1.2.3 Die persoonlike bates van vennote kan verkoop word om die skuld
van die vennootskap weens bankrotskap te delg. Dit verwys na …
aanspreeklikheid.
1.2.4 Bravo Adverteerders het die … proses geïmplementeer toe hul
situasies geanaliseer het om strategieë wat vir verandering
nodig is, te identifiseer.
1.2.5 Besighede bevorder … regte deur skoon water en gesondheids-
dienste aan hulle werknemers te voorsien. (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 5 DBE/2023
SS/NSS
1.3. Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 RSA-kleinhandelspaareffekte A besighede bestee tyd en moeite
om winsgewendheid vir hul
1.3.2 Bybetaling beleggers te verbeter
1.3.3 Maatskaplike B kom voor wanneer twee
verantwoordelikheid werknemers in die werkplek 'n
meningsverskil het
1.3.4 Grief
C verseker dat persoonlike
1.3.5 Gesondheids- en beskermende drag vir alle
veiligheidsverteenwoordigers werknemers beskikbaar is
D betaal deur die versekerde
wanneer 'n versekeringskontrak
gekanselleer word
E beleggers ontvang jaarliks rente
F kom voor wanneer 'n werknemer
'n klagte in die werkplek het
G betaal deur die versekerde
wanneer 'n eis ingedien word
H verskaf persoonlike beskermende
drag aan werknemers
I beleggers ontvang twee keer per
jaar rente
J besighede bestee tyd en moeite
om die welstand van hul
gemeenskappe te bevorder
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 6 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv.
VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Noem VIER soorte voorkeuraandele. (4)
2.2 Beskryf kortliks die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE). (6)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VENUS ONDERNEMINGS (VO)
Venus Ondernemings het Mabel, die bemarkingsbestuurder, versoek om
hulle bemarkingsplan aan belanghebbendes voor te lê. Mabel het gedurende
haar aanbieding PowerPoint, prente en blaaiborde gebruik. Sy kon ook ná
haar aanbieding terugvoering op 'n nie-aggressiewe en professionele wyse
hanteer.
2.3.1 Noem TWEE voorbeelde van nieverbale aanbiedinge in die
scenario hierbo. (2)
2.3.2 Stel maniere voor waarop Mabel ná haar aanbieding terugvoering
op 'n nie-aggressiewe en professionele wyse kan hanteer. (6)
2.4 Bespreek die rol van persoonlike houding by suksesvolle leierskap. (6)
2.5 Brei uit oor die betekenis van opbrengs van die belegging (OB) as 'n faktor
wat in ag geneem moet word wanneer beleggingsbesluite geneem word. (4)
2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FORESTER HANDELAARS (FH)
Helen, 'n bestuurder by Forester Handelaars, pas die outokratiese
leierskapstyl toe om werknemers te lei en te bestuur. Sy neem vinnige
besluite sonder om werknemers te raadpleeg. Sy bied belonings aan vir
werknemers wat hul daaglikse doelwitte behaal. Helen se direkte toesig
verseker dat hoë gehalte dienste gelewer word.
2.6.1 Haal TWEE voordele van die outokratiese leierskapstyl aan wat
deur Helen toegepas word uit die scenario hierbo. (2)
2.6.2 Verduidelik ander voordele van die outokratiese leierskapstyl. (4)
2.7 Gee besighede raad oor die kenmerke van 'n publieke maatskappy. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 7 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Noem VIER menseregte in die werkplek. (4)
3.2 Beskryf kortliks die oorsake van konflik in die werkplek. (4)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
NALEDI KONSULTASIE (NK)
Naledi Konsultasie het 'n paneel kundiges versoek om hul komplekse
besigheidsprobleem op te los deur 'n vraelys te voltooi. NK het ook besluit dat
elke werknemer stilweg idees moet ontwikkel voordat hulle dit met hul
kollegas deel.
Identifiseer TWEE probleemoplossingstegnieke wat deur NK toegepas word.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 3.3 te beantwoord.
PROBLEEMOPLOSSINGSTEGNIEKE MOTIVERINGS
1.
2. (6)
3.4 Bespreek die voordele van kreatiewe denke in die werkplek. (6)
3.5 Verduidelik maniere waarop besighede moeilike werknemers in die werkplek
kan hanteer. (4)
3.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PROTEA LANDSKAPBEPLANNERS (PL)
Protea Landskapbeplanners wil hul surpluswins in korporatiewe maatskaplike
investering(KMI)-projekte belê. Die bestuur van PL is gretig om hul
werknemers ter wille van persoonlike groei te ontwikkel. Hulle wil ook
landelike ontwikkeling 'n prioriteit maak sodat die uittog van mense na stede
beperk word.
3.6.1 Noem TWEE fokusareas van korporatiewe maatskaplike
investering wat op PL in die scenario hierbo van toepassing is. (2)
3.6.2 Bespreek die impak van KMI op gemeenskappe. (6)
3.7 Stel maniere voor waarop besighede die volgende onprofessionele
sakepraktyke kan hanteer:
3.7.1 Seksuele teistering (4)
3.7.2 Ongemagtigde gebruik van werkplekfondse en hulpbronne (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 8 DBE/2023
SS/NSS
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Noem VIER voorbeelde van nieversekerbare risiko's. (4)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Greenview Kleinhandelaars het 'n bedrag van R20 000 teen 16%
enkelvoudige rente vir 'n tydperk van twee jaar in 'n vaste deposito by Unity
Bank belê.
4.2.1 Bereken die rente wat Greenview Kleinhandelaars na twee jaar sal
ontvang. Toon ALLE berekeninge. (4)
4.2.2 Bespreek die voordele van vaste deposito's as 'n beleggingsvorm. (4)
4.3 Verduidelik hoe bestuur as 'n maatstaf tot die sukses en/of mislukking van 'n
vennootskap kan bydra. (4)
4.4 Gee aanbieders raad oor die aspekte wat in ag geneem moet word wanneer
'n multimedia-aanbieding ontwerp word. (4)
BESIGHEIDSROLLE
4.5 Noem TWEE elemente van die drievoudige sleutelaspekte. (2)
4.6 Verduidelik maniere waarop besighede 'n omgewing kan skep wat kreatiewe
denke in die werkplek bevorder. (4)
4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
SPAN VUKA (SV)
Span Vuka spesialiseer in beplanning en organisering van sosiale
geleenthede vir verskillende kliënte. SV se lede kritiseer mekaar se idees
aangesien hulle almal vir die posisie as spanleier meeding. Uiteindelik
waardeer spanlede mekaar se verskille en is in staat om onafhanklik te werk.
Identifiseer TWEE stadiums van spanontwikkeling wat op SV van toepassing
is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.7 te beantwoord.
STADIUMS VAN SPANONTWIKKELING MOTIVERINGS
1.
2. (6)
4.8 Verduidelik hoe besighede deursigtigheid as 'n King-kode-beginsel vir goeie
korporatiewe bestuur kan toepas. (4)
4.9 Stel maniere voor waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die
welstand van werknemers te bevorder. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies/V2 9 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op die vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op
'n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op 'n NUWE bladsy.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: VERSEKERING)
Besighede geniet die voordele van verskillende tipes versekering. Sommige
besighede oorverseker terwyl ander besighede hulle eiendom onderverseker. Hulle
hou ook vol dat werknemers voordele wat deur die Werkloosheidsversekeringsfonds
(WVF) aangebied word, moet ontvang. Die beginsel van skadeloosstelling/
indemnifikasie moedig besighede ook aan om hulle verskillende besigheidsbates te
verseker.
Skryf 'n opstel oor versekering waarby jy die volgende aspekte insluit:
Beskryf kortliks die voordele van versekering vir besighede.
Onderskei tussen oorversekering en onderversekering.
Bespreek enige VIER soorte voordele wat deur die Werkloosheidsversekerings-
fonds uitbetaal word.
Gee besighede raad oor skadeloosstelling/indemnifikasie as 'n beginsel van
versekering. [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (MENSEREGTE, INKLUSIWITEIT EN
OMGEWINGSKWESSIES)
Besighede stel mense vanuit diverse agtergronde aan wat na hulle eie gesondheid en
veiligheid in die werkplek omsien. Besighede hanteer verskillende diversiteitskwessies
sodat hulle die voordele van 'n diverse arbeidsmag kan geniet. Hulle moet ook die
kulturele regte van hulle werknemers in die werkplek bevorder.
Skryf 'n opstel oor menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies waarby jy die
volgende aspekte insluit:
Beskryf kortliks die verantwoordelikhede van werknemers om mense se
gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder.
Verduidelik maniere waarop besighede enige DRIE diversiteitskwessies in die
werkplek kan hanteer, kultuur en geloof uitgesluit.
Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek.
Beveel maniere aan waarop besighede kulturele regte in die werkplek kan
bevorder. [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Business Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Business Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Business Studies quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Business Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Business Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Eng)
Related documents

Question paper
Business Studies Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper
%20QP_hlayiso.com_--4f7ee7eb-503c-461a-b9cf-1ad5eaec2063/v1-9d83b873a40e70b4fb27/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 GP Prelim 2023 Question Paper (Eng)
_hlayiso.com_--49d5890f-b29e-4314-a58d-5d1c0b7bc56c/v1-e5ddf3a23ad8981a3296/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper
_hlayiso.com_--c8a11f64-5441-42dc-91c1-2bd60d8dc47a/v1-783676a52303a24fe3a2/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--49c7d55b-6c2c-436c-811b-0cf03cc1d777/v1-24536a5817d2f19214de/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper