Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE
OPSIONELE SPOED-/AKKURAATHEIDSVRAAG
NOVEMBER 2013
PUNTE: Nie van toepassing nie
TYD: 5 minute leestyd PLUS 10 minute insleuteltyd PLUS druktyd
Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 











View all





Computer Applications Technology Grade 12 NSC November 2013 QP
Grade 12 Computer Applications Technology question paper from the NSC November Exam 2013, 5 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 5 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 5
- File size
- 242.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 5
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/Opsionele Spoedvraag 2 DBE/November 2013
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Tyd: VYF MINUTE sal vir die LEES van die spoed-/akkuraatheidsteks toegelaat
word.
TIEN MINUTE sal vir die INSLEUTEL van die teks toegelaat word.
2. Verstekstellings ('Default settings'):
TAAL Afrikaans
MEETEENHEDE Sentimeter (cm)
INLYNSTELLING Links
FONT EN FONTGROOTTE Courier New 12 of Courier 12
KANTLYNE 2.54 cm
BLADSYBOSKRIF ('HEADER')/
BLADSYONDERSKRIF ('FOOTER') 1.27 cm
REËLAFSTAND 1½- ('1.5 lines') of dubbelreëlafstand
3. Voeg 'n bladsyboskrif in wat die volgende inligting bevat:
RTT Spoed November 2013 (Links in lyn/linksgerig)
Eksamennommer (Regs in lyn/regsgerig)
4. Voorsiening is gemaak vir spoed tot 70 woorde per minuut.
5. Voeg 'n ekstra reëlspasie voor die begin van 'n nuwe paragraaf in.
6. Jy mag nie jou antwoord redigeer nadat die 10-minute-insleuteltyd verstreke is
nie.
7. Gebruik jou eksamennommer as die lêernaam om jou dokument te stoor. Stoor
die lêer as 'Rich Text Fomat', soos hieronder getoon. Maak 'n drukstuk van jou
antwoord en lewer dit by die toesighouer in. Jy mag slegs EEN drukstuk van
hierdie vraag inlewer.
LET WEL: Toesighouers moet seker maak dat al die kandidate se opsionele
spoedvrae op CD vir nasiendoeleindes gestoor word.
Drukstukke moet saam met die elektroniese kopieë op die CD
ingelewer word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/Opsionele Spoedvraag 3 DBE/November 2013
NSS
Sleutel die paragrawe wat volg so vinnig en akkuraat as wat jy kan, in.
[Verwerk en vertaal uit die artikel 'Safe and Responsible Social Networking' from the Cyberbullying
Research Center at www.cyberbullying.us]
Sosiale netwerkwebtuistes soos MySpace en Facebook is nuttige
Internethulpmiddels om in aanraking te bly met vriende en familie.
Hierdie webtuistes kan gebruik word om nuwe mense met soortgelyke
belangstellings te ontmoet. Sosiale netwerke het baie gewild
geword onder tieners van vandag aangesien hulle daarna streef om
hulself te ontdek of te definieer wie hulle is, deur kontak te
maak met ander soos hulself.
Indien dit verantwoordelik gebruik word, kan hierdie webtuistes
positief en voordelig vir jong mense wees. Te dikwels, egter,
sluit adolessente te veel persoonlike inligting in en bespreek
hulle onvanpaste gedrag wat hulle in die moeilikheid kan laat kom.
Of hulle stel hulself in gevaar deur wat hulle in hul
aanlynprofiele deel. Ons het 'n aantal stories van jong mense
gehoor wat die slagoffers van kuberafknouery geword het omdat
ander die inligting wat hulle op sosiale netwerkwebtuistes geplaas
het, gebruik.
20 w.p.m.
In die paragrawe wat volg, sal jy 'n paar riglyne vind oor hoe om
sosiale netwerkwebtuistes veilig en verantwoordelik te gebruik.
Jy moet aanneem dat almal toegang het tot jou profiel; dit sluit
ouers, onderwysers, toekomstige werkgewers en geregsdienaars in.
Selfs al is jou profiel beperk tot 'slegs vriende', moet jy niks
bespreek wat jy nie wil hê hulle moet weet nie. Moenie enige taal
gebruik wat jy nie voor jou ouers of onderwysers sal gebruik nie.
Dit is 'n baie goeie idee om jou profiel op privaat te stel sodat
jy beheer kan uitoefen oor wie maklik toegang tot jou inligting
het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/Opsionele Spoedvraag 4 DBE/November 2013
NSS
Gebruik goeie oordeel wanneer jy foto's of enige ander inhoud op
jou profiel plaas. Jou vriende mag dink dat 'n foto van jou lawwe
optrede by gisteraand se partytjie snaaks is, maar dink aan hoe
jou ouers of 'n potensiële werkgewer sal reageer. Onthou ook dat
wanneer jou vriend, of 'n vreemdeling, jou foto neem, dit op sy of
haar profiel kan beland vir almal om te sien.
Jy moet aanneem dat mense die inligting op jou profiel sal gebruik
om jou skade te berokken. Moenie enigiets aanlyn plaas waarvan jy
nie wil hê jou ergste vyand moet weet nie. Dink oor wie jy as
vriende byvoeg. Moenie mense byvoeg as jy hulle nie in die
werklike lewe ken nie. Wees skepties, selfs al dink jy dat jy
hulle goed ken. Tieners dink dikwels dat dit koel is om vriende
te versamel en duisende vriende te hê. Onthou net dat hierdie
mense maklike toegang tot al jou gepubliseerde inhoud en inligting
het.
Neem aan dat daar skurke daar buite is wat jou wil vind, gebaseer
op die inligting wat jy in jou profiel verskaf. Dink soos 'n
skurk. Dink oor watter inligting identifiseer wie jy is, waar jy
uithang en waar jy woon. Moet nooit hierdie tipe inligting op
enige plek aanlyn publiseer nie. Jou vriende sal weet hoe en waar
om jou te kry.
Jy kan verantwoordelik gehou word vir onvanpaste inhoud op jou
profiel wat die diensvoorwaardes of Aanvaarbaregebruiksbeleid van
die Internetdiensverskaffer of die webtuistes wat jy gebruik,
oortree. Verder is skooldistrikte regoor die land besig om hulle
beleid te hersien om hulle toe te laat om leerders vir
aanlyngedrag, wat aan 'n ontwrigting in die klasomgewing gekoppel
kan word, te dissiplineer. Jy behoort te weet dat jy vir
wangedrag gedissiplineer kan word, selfs al het jy die inhoud van
die huis af op jou eie rekenaar gepos.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/Opsionele Spoedvraag 5 DBE/November 2013
NSS
Laastens moet ouers die verantwoordelike gebruik van tegnologie
deur hulle kinders aanmoedig. Ouers moet hul bes doen om by te
bly met
EINDE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Computer Applications Technology notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Computer Applications Technology questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Computer Applications Technology quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Computer Applications Technology past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Computer Applications Technology and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 November 2024 NSC QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP
Related documents

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2013 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC November 2013 QP

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 NSC November 2013 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2013 Memo

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2013 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2023 QP
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 QP

Question paper